Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Van Den Heerven v Van Wyk (816/04) [2004] ZANCHC 22 (6 August 2004)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the applicant's risk of irreparable harm due to overgrazing and inability to provide for future grazing outweighs the respondent's inconvenience in moving his livestock. The respondent's prospects of success on appeal were considered slim, as there was no evidence of an agreement granting him possession of the disputed land. The correspondence between the parties' attorneys indicated ongoing opposition to the respondent's use of the land. The court concluded that it is just and equitable to grant execution of the spoliation order pending appeal, except for the costs order.

Court disposition

Application granted: the spoliation order is executed pending appeal, except for the costs order.

Orders

  • The order granted by this Court on 22 July 2004 under case number 750/2004, except for the costs order therein, is executed at 16h00 on Monday, 9 August 2004.
  • Costs of this application are costs in the appeal.

02

Material facts

Parties

Janetta D M J (Poppie) Van Den Heever

Applicant Counsel: Adv. J.G Van Niekerk

Ouss Beleggings BK

Applicant Counsel: Adv. J.G Van Niekerk

Albertus B H (Buks) Van Wyk

Respondent Counsel: Adv. W J Coetzee

Amounts and remedies

  • Number of Respondent's Cattle Currently Grazing: ZAR 30
  • Number of Respondent's Sheep Currently Grazing: ZAR 240
  • Number of Applicant's Goats Currently Grazing: ZAR 80
  • Total Area of Disputed Portion (hectares): ZAR 1,300
  • Recommended Cattle Carrying Capacity (hectares Per Unit): ZAR 45
  • Recommended Sheep Capacity Under Normal Conditions: ZAR 137
  • Recommended Sheep Capacity During Drought: ZAR 92

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Application for Execution Pending Appeal

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contends that suspending the order will result in prolonged overgrazing of the land, causing irreparable harm that will take years to recover. She relies on Department of Agriculture guidelines indicating the recommended carrying capacity for cattle and sheep, which is currently exceeded. The applicant argues that she cannot make provision for summer grazing due to the excessive number of animals, and the respondent can move his livestock with minimal inconvenience.
Respondent
The respondent does not dispute the Department of Agriculture guidelines but argues that temporary exceeding of grazing capacity is permitted for up to four months. He claims there is no current overgrazing and that moving the sheep would cause serious prejudice, as some are lambing and relocation to Boesmanland would result in losses due to distance and lack of grazing. He also asserts that the eastern part of the farm is unsuitable for small stock due to predators.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    South Cape Corporation (Pty) Ltd v Engineering Management Services (Pty) Ltd 1977 (3) SA 534 (A)

    The court has a wide discretion to grant or refuse execution pending appeal, considering what is just and equitable in the circumstances.

  2. 02

    South Cape Corporation (Pty) Ltd v Engineering Management Services (Pty) Ltd 1977 (3) SA 534 (A)

    Factors to consider include potential irreparable harm to both parties, prospects of success on appeal, and the balance of hardship.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the applicant's risk of irreparable harm due to overgrazing and inability to provide for future grazing outweighs the respondent's inconvenience in moving his livestock. The respondent's prospects of success on appeal were considered slim, as there was no evidence of an agreement granting him possession of the disputed land. The correspondence between the parties' attorneys indicated ongoing opposition to the respondent's use of the land. The court concluded that it is just and equitable to grant execution of the spoliation order pending appeal, except for the costs order.

Obiter and limits

  • Even if only the factors of harm to the applicant and respondent are weighed, the applicant's future damage would be greater if the order is not executed.
  • The respondent's opposition to the application does not appear frivolous or malicious, and a punitive costs order is premature before the appeal is heard.

Court disposition

Application granted: the spoliation order is executed pending appeal, except for the costs order.

  • The order granted by this Court on 22 July 2004 under case number 750/2004, except for the costs order therein, is executed at 16h00 on Monday, 9 August 2004.
  • Costs of this application are costs in the appeal.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2004] ZANCHC 22

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.: 816/04

DATUM: 06-08-2004

In die saak tussen:

JANETTA D M J (POPPIE) VAN DEN HEEVER 1ste Applikant

OUSS BELEGGINGS BK 2de Applikant

(Registrasie no: 1996/051329/23

teen

ALBERTUS B H (BUKS) VAN WYK Respondent

CORAM: C.C WILLIAMS R:

U

I T S P R A A K

WILLIAMS R:

Hierdie is ‘n aansoek vir die inwerkingstelling van ‘n bevel deur hierdie Hof gemaak op 22 Julie 2004 en waarteen die Respondent op 23 Julie 2004 sy Kennisgewing van Aansoek om Verlof om te Appelleer geliasseer het.

Die inwerkingstelling van die bevel is dus opgeskort tensy hierdie hof op aansoek andersins gelas. Die bevel wat gemaak is op 22 Julie 2004 is een van Mandament van Spolie wat gelas onder andere dat die Respondent onverwyld die Applikant se besit van sekere kampe van die plaas bekend as “Koets” herstel en dat hy onverwyld al sy vee uit die gemelde kampe verwyder.

Op die Respondent se eie weergawe is daar tans 30 van sy beeste en 240 skaap wat met Applikant se 80 bokke die spesifieke grond bewei.

Applikant in haar eedsverklaring skat die totale opervlak van die gedeelte op 1300 hektaar. Luidens die Applikant is die aanbevole drakrag onder normale omstandighede in terme van riglyne uitgereik deur die Departement Landbou, Noord-Kaap in die Kamieskroon distrik 45 hektaar per groot-vee eenheid wat daarop neerkom dat dit nie raadsaam is om meer as 29 beeste te laat wei op 1300 hektaar grond nie. Die aanbevole drakrag onder normale omstandighede vir skape op die gedeelte is 137 skape en gedurende droogte 92 skape.

Dit is dus die Applikant se saak dat opskorting van die bevel hangende appèl langdurige oorbeweiding van die grond sal veroorsaak, wat jare sal neem om te herstel en dat sy dus onherstelbare skade sal ly indien die bevel nie verleen word nie. Hierteenoor kan die Respondent met baie min ongerief sy vee terugjaag na die oostelike gedeelte van die plaas Koets waarop hy vantevore geboer het.

Die Respondent, alhoewel hy nie die riglyne van die Departement Landbou soos uiteengesit deur die Applikant betwis nie, voer aan dat die Departement wel toelaat dat hierdie weidingskapasiteit tydelik oorskry word mits die getal kleinvee eenhede per jaar nie oorskry word nie. Volgens die Respondent kan tot 522 kleinvee eenhede aangehou word vir ‘n periode van 4 maande.

Volgens die Respondent is daar op hierdie stadium dus geen sprake van oorbeweiding nie en sal hy ernstig, benadeel word indien die bevel toegestaan word aangesien daar van die ooie is wat nog besig is om te lam en verskuiwing na Boesmanland, so 320 kilometer vêr, waar hulle oorspronklik vandaan kom, tot veeverlies kan ly. Hierbenewens is daar tans nie weiding in Boesmanland nie aangesien dit ‘n somerreënvalgebied is. Wat die oostelike gedeelte van die plaas Koets betref sê die Respondent dat hierdie gedeelte van die plaas ongeskik is vir kleinveeboerdery aangesien daar probleme is met ongediertes wat veeverliese veroorsaak.

Die doel met die opskorting van ‘n bevel wanneer appèl aangeteken word is om te verhoed dat die Appellant onherstelbare skade ly sou die appèl handhaaf word.

Die hof aan wie die aansoek gerig is vir die inwerkingstelling van die bevel het natuurlik ‘n wye diskresie om die bevel toe te staan of die aansoek van die hand te wys. Met die uitoefening van hierdie diskresie moet die hof bepaal wat is billik en regverdig in die omstandighede. In South Cape Corporation (Pty) Ltd v Engineering Management Services (Pty) Ltd 1977(3) SA 534 te 545 lys Corbett AR die volgende faktore wat onder andere in ag geneem moet word:

“1) The potentiality of irreparable harm or prejudice being sustained by the appellant on appeal (respondent in the application) if leave to execute were to be granted;

2) The potentiality of irreparable harm or prejudice being sustained by the respondent on appeal (applicant in the application) if leave to execute were to be refused;

3) The prospects of success on appeal, including more particularly the question as to whether the appeal is frivolous or vexatious or has been noted not with the bona fide intention of seeking to reverse the judgment but for some indirect purpose, e.g. to gain time or harass the other party; and

4) where there is the potentiality of irreparable harm or prejudice to both appellant and respondent, the balance of hardship or convenience, as the case may be.”

Sou ‘n mens kyk na punt 1 hierbo aangehaal – die moontlike onherstelbare skade wat die Respondent kan ly indien inwerkingstelling van die bevel toegelaat word, is daar eerstens wat die beeste betref geen rede aangevoer waarom die Respondent se beeste nie verwyder kan word van die gemelde grond nie. Wat die skape betref word aangevoer dat hulle nie vervoer kan word nie aangesien hulle besig is om te lam en ook nie aan die oostekant van die gedeelte verskuif kan word nie aangesien daar ongediertes is.

Hierteenoor en by oorweging van punt 2 hierbo aangehaal erken die Respondent in wese dat daar volgens die riglyne van die Departement Landbou vir normale toestande, die weidingskapasiteit oorskry word. Alhoewel hierdie weidingskapasitiet volgens Respondent vir 4 maande oorskry kan word laat dit die vraag wat gebeur na die 4 maande wanneer daar geen weiding meer oor is nie? Dit moet ook in aggeneem word dat die Respondent alreeds sedert Junie sy vee op die gedeelte ter sprake laat wei het. Die getal skape (240) wat die Respondent op die gedeelte aangebring het sluit ook klaarblyklik nie die lammers in wat intussen gebore is en ook weiding benut nie.

Die Applikant maak die verdere bewering dat sy as gevolg van die aantal vee op die gedeelte ook nie voorsiening kan maar vir somerweiding nie.

Selfs as net hierdie twee faktore opgeweeg word is ek reeds oortuig dat die Applikant se skade nie net nou nie, maar in die toekoms veel meer sal wees as die van die Respondent sou die bevel nie inwerkinggestel word nie.

Sou daar verder gekyk word na die Respondent se kanse van sukses op appèl is ek nie so seker soos Mnr. Coetzee wat vir die Respondent optree dat daar wel ‘n redelike vooruitsig van sukses op appèl kan wees nie. Die Respondnet se gronde van appèl is die volgende.

“1. Dat die Verhoorhof fouteer het deur te bevind dat die respondent inderdaad die eerste en tweede applikant in hul besit versteur het, alternatiewelik, geregtig was op die bevel soos deur Haar Edele Regter Williams gemaak.”

In die Spoliasie aansoek was daar deur Respondent erken dat daar besitversteuring was, die enigste geskilpunt was of daar ‘n ooreenkoms was tussen die partye dat die Respondent besit verkry. Hierdie ooreenkoms volgens die Respondent word gemanifisteer deur die feit dat die Applikant sleutels tot die gedeelte aan die Respondent oorhandig het welwetend dat hy beoog het om sy vee op die gedeelte aan te bring. Nêrens in die korrespondensie tussen die partye se prokureurs wat aangeheg was tot die Respondent se Opponerende Eedsverklarings is daar sprake van so ‘n ooreenkoms nie. Inteendeel van so vroeg soos 11 Februarie 2004 het die Applikant se prokureurs alreeds gewaarsku dat ‘n hofaansoek gebring sal word en ‘n eis vir skadevergoeding ingestel sal word indien die Respondent sonder alle mede-eienaars se samewerking die grond gebruik. Op 11 Junie 2004 rig die Applikant se prokureurs ‘n skrywe aan die Respondent se prokureurs (na ontvangs van ‘n skrywe gedateer 10 June 2004 vanaf die Respondent se prokureurs dat Respondent besig is om sy vee op die gedeelte te skuiwe) dat hulle opdrag het om onmiddellik ‘n spoliasie-aansoek te bring.

Hierdie optrede is na my mening nie sprekend van ‘n ooreenkoms tussen die partye nie en is Respondent se kanse van sukses op appèl, op die gronde aangedui, wat my betref skraal.

Al hierdie omstandighede in ag geneem is ek van mening dat dit net reg en billik is dat die spoliasiebevel in werkinggestel word. Mnr. Van Niekerk wat vir die Appliakant verskyn betoog dat dit duidelik is dat die Respondent besig is met ‘n poging om tyd te wen en dat hy gepenaliseer moet word met ‘n bestrawwende koste bevel. Ek is nie oortuig dat die Respondent noodwendig beuselagtig of kwaadsugtig opgetree het deur hierdie aansoek te opponeer nie en is dit prematuur om so ‘n koste bevel te maak alvorens die aansoek om verlof om te appelleer aangehoor is.

In die omstandighede word die volgende bevel gemaak.

a) Dit word gelas dat die bevel verleen deur hierdie Hof op 22 Julie 2004 onder saaknommer 750/2004, met uitsondering van die koste bevel daarin vervat in werking gestel word teen 16h00 Maandag, 9 Augustus 2004.

b) Koste van hierdie aansoek is koste in die appèl.

_______

C.C

WILLIAMS

REGTER

Nms. Applikant : Adv. J.G Van Niekerk

i.o.v Elliot, Marris, Wilmans & Hay

Nms. Respondent: Adv W J Coetzee

i.o.v Duncan & Rothman

Datum van verhoor: 05/08/2004

Datum van uitspraak: 06/08/2004

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

South Cape Corporation (Pty) Ltd v Engineering Management Services (Pty) Ltd 1977 (3) SA 534 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.