Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Van der Merwe v S (CA & R 62/2013) [2013] ZANCHC 44 (15 November 2013)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the offences committed by the appellant were serious, involving multiple transactions over a short period and a significant value of illicit diamonds. The appellant acted as an agent for an undisclosed principal and was not induced to commit the offences by police entrapment. The appellant pleaded guilty but did not express remorse, and reoffended while awaiting trial. The trial court considered the appellant's personal circumstances, including his age, health, and financial situation, but there was no concrete evidence that he could pay a substantial fine. The court held that the sentence imposed was not shockingly inappropriate and that there was no basis for interference. The appeal was dismissed and the sentence confirmed.

Court disposition

Appeal dismissed; sentence confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The sentence imposed by the trial court is confirmed.

02

Material facts

Parties

Andre Rene van der Merwe

Appellant Counsel: A van Tonder

The State

Respondent Counsel: CG Janse van Rensburg

Amounts and remedies

  • Total Value of Diamonds Purchased: ZAR 120,326
  • Total Amount Paid for Diamonds: ZAR 69,500
  • Fine Imposed in Comparable Case (viljoen): ZAR 160,000
  • Appellant's Bail Amount: ZAR 25,000
  • Appellant's Monthly Income From Weekend Work: ZAR 3,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that his personal circumstances, including his age, lack of previous convictions, and poor health, were not adequately considered. It was submitted that the seriousness of the offences was overemphasized, and that the trial court erred by not considering a fine as an alternative to direct imprisonment. The sentence was argued to be disturbingly inappropriate given the facts.
Respondent
The respondent contended that the offences were serious, involving multiple transactions over a short period and a substantial value of illicit diamonds. The appellant acted as an agent and was not a victim of entrapment. The respondent argued that there was no evidence the appellant could pay a substantial fine and that the sentence imposed was appropriate given the gravity of the offences and the appellant's conduct, including reoffending while awaiting trial.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Mashinini and Another 2012 (1) SACR 604 (SCA) para [24]

    An appellate court will only interfere with a sentence if there has been a material misdirection or if the sentence is disturbingly inappropriate.

  2. 02

    S v Mashinini and Another 2012 (1) SACR 604 (SCA) para [24]

    A mere plea of guilty does not necessarily indicate remorse.

  3. 03

    S v Seegers 1970 (2) SA 506 (A); S v Duvenhage (unreported, Northern Cape High Court)

    The seriousness of diamond-related offences in the Northern Cape is heightened due to the economic significance of the diamond industry in the province.

  4. 04

    Diamond Act 56 of 1986, section 87(a) read with section 82(a)

    The Diamond Act provides for fines up to R250,000 depending on the facts of each case.

  5. 05

    S v Thomas and Another 1988 (1) SA 843 (NCD) at 847

    Effective imprisonment may be imposed even for first offenders in appropriate cases, especially for diamond-related offences in the Northern Cape.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the offences committed by the appellant were serious, involving multiple transactions over a short period and a significant value of illicit diamonds. The appellant acted as an agent for an undisclosed principal and was not induced to commit the offences by police entrapment. The appellant pleaded guilty but did not express remorse, and reoffended while awaiting trial. The trial court considered the appellant's personal circumstances, including his age, health, and financial situation, but there was no concrete evidence that he could pay a substantial fine. The court held that the sentence imposed was not shockingly inappropriate and that there was no basis for interference. The appeal was dismissed and the sentence confirmed.

Obiter and limits

  • Diamond-related offences are viewed with particular seriousness in the Northern Cape due to the economic reliance on the diamond industry.
  • A guilty plea alone does not necessarily demonstrate remorse, especially where overwhelming evidence exists against the accused.
  • The lack of evidence regarding the appellant's ability to pay a substantial fine justified the trial court's decision not to impose a fine as the primary sentence.
  • Effective imprisonment remains an appropriate sanction for serious diamond offences, even for first-time offenders.

Court disposition

Appeal dismissed; sentence confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The sentence imposed by the trial court is confirmed.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2013] ZANCHC 44

Bladsy| 9

Rapporteerbaar JA / NEE Sirkuleer aan Regters JA / NEE Sirkuleer aan Landdroste JA / NEE Sirkuleer aan Streeklanddroste JA / NEE

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA

[NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY]

SAAKNOMMER: CA & R 62/2013

ANDRE RENE VAN DER MERWE ..............................................................APPELLANT

EN

DIE STAAT ...............................................................................................RESPONDENT

_______________

Datum aangehoor : 11 November 2013

Datum gelewer : 15 November 2013

Coram: : Lacock R et Olivier R

UITSPRAAK

OLIVIER R.

Die appellant is in die Landdroshof te Port Nolloth skuldig bevind op drie aanklagte dat hy sonder ‘n lisensie of magtiging

ongeslypte diamante gekoop het1. Die drie aanklagte is saamgeneem en die appellant is gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf, waarvan een jaar voorwaardelik opgeskort is vir ‘n periode van drie jaar. Hy kom nou met verlof van die verhoorhof in hoër beroep teen hierdie vonnis.

Mnr. Van Tonder, die prokureur wat vir die appellant verskyn het in hierdie appél, het aan die hand gedoen dat die appellant se persoonlike omstandighede en die erns van die misdrywe onderskeidelik onder– en oorbeklemtoon is, dat die verhoorhof fouteer deur nie ‘n boetevonnis te oorweeg nie en dat die vonnis alles inaggenome skokkend onvanpas is.

Dit is geykte reg dat ‘n hof van appél slegs met die vonnis van ‘n verhoorhof sal inmeng waar daar ‘n wesenlike mistasting begaan is by die oorweging daarvan of waar die vonnis skokkend onvanpas is.

Die omstandighede van die misdrywe was dat die appellant by drie verskillende geleenthede ongeslypte diamante gekoop het van ‘n agent of lokvink van die polisie.

4.1. Op 27 Mei 2009 het hy te Port Nolloth drie diamante met ‘n totale massa van 7,11 karaat en ‘n totale waarde va R41 457.00 gekoop vir R20 000.00.

4.2. Twee weke later, op 10 June 2009, en te Springbok het die appellant vier diamante met ‘n totale massa van 7,49 karaat en ‘n totale waarde van R39 799.00 gekoop vir R25 000.00.

4.3. Net minder as ses weke later, op 23 Julie 2009, en weer te Port Nolloth het hy vyf diamante met ‘n totale massa van 9,97 karaat en ‘n totale waarde van R39 070.00 gekoop vir R24 500.00.

Dit beteken dat die appellant oor ‘n bestek van net minder as twee maande in totaal twaalf diamante met ‘n totale massa van 24,57 karaat en met ‘n totale waarde van R120 326.00 gekoop het vir ‘n totale bedrag van R69 500.00.

Die appellant is egter volgens die klagstaat eers op 13 April 2010 gearresteer, klaarblyklik toe die polisie se operasie genaamd “Operasie Stonk” beëindig is. Die lokvalle of optredes waarin die appellant die diamante gekoop het, was deel van die betrokke operasie. In die operasie was betrokke ‘n totaal van 24 ongeslypte diamante met ‘n totale massa van 48,99 karaat en ‘n totale waarde van R235 532.00 wat in 8 onwettige transaksies gekoop is waarin die totale koopsom ‘n bedrag van R152 000.00 beloop het. So beskou, blyk dit dat die appellant se aandeel en die diamante daarby betrokke ‘n substantiewe deel uitgemaak het van die betrokke operasie.

Geeneen van die diamante wat die appellant gekoop het, is teruggevind nie. Daar is egter nie ‘n vergoedingsbevel2 gemaak nie, want dit blyk dat die Staat reeds ‘n aksie ingestel het teen die appellant vir skadevergoeding.

Die appellant het, klaarblyklik van meet af aan, as agent opgetree en hy het dus die diamante gekoop namens sy prinsipaal. Dit mag dus wees dat die diamante telkens aan die prinsipaal oorhandig is, maar die appellant het nooit openbaar wie die prinsipaal was nie. Dit sou dit dan in elk geval vir die Staat onmoontlik gemaak het om die diamante by die prinsipaal te kry.

Daar was geen suggestie dat die appellant werklik uitgelok is om iets te doen wat hy nie andersins, indien dit nie vir die versoeking was nie, sou gedoen het nie.

Indien die appellant reeds van die eerste transaksie af namens sy prinsipaal gekoop het, impliseer dit noodwendig dat hy oop oë en voorbereid betrokke geraak het, en dat hy nie onverhoeds versoek is en op die ingewing van die oomblik geswig het nie. Hy sou dan selfs op die stadium van die eerste transaksie alreeds vroeër ‘n mandaat aanvaar het om vir sy prinsipaal ongeslypte diamante te koop.

In betoog namens die appellant in die verhoorhof is die polisie verwyt daarvoor dat hulle agent meerdere kere diamante te koop aangebied het aan die appellant. Dit is gestel dat, indien hulle reeds ná die eerste transaksie toegeslaan het en die appellant gearresteer het, daar geen verdere aanklagte teen of misdrywe deur die appellant sou gewees het nie. Dit mag so wees, maar in dieselfde trant sou daar ook nie verdere aanklagte of misdrywe gewees het indien die appellant nie telkens weer heeltemal vrywillig en namens sy prinsipaal besluit het om te koop nie.

Dit is nie openbaar watter vergoeding die appellant gekry het vir die aankope en vir sy dienste nie. Dit wat die misdade betref.

Die appellant het skuldig gepleit op aldrie die aanklagte. Hy het egter nie, soos wat ‘n mens dikwels teëkom, in sy verklaring ingevolge art 112(2) van die Strafproseswet sy berou uitgespreek oor wat hy gedoen het nie. Hy het ook nie getuig ter strafversagting nie.

‘n Blote pleit van skuldig kan nie sondermeer gesien word as aanduidend van berou nie3. Hier het die appellant hom in die posisie bevind dat hy klaarblyklik telkens die onderwerp was van ‘n fyn beplande optrede van die polisie en dit mag wees dat die oorweldigende getuienis teen hom eintlik vir hom geen ander keuse gelaat het as om skuldig te pleit nie.

Dit sou in elk geval waarskynlik maar moeilik gewees het om aan te toon dat die appellant ware berou gehad het vir dit wat hy by daardie drie geleenthede gedoen het. Dit is aan die verhoorhof openbaar dat die appellant minder as ‘n week voor die onderhawige vonnis opgelê is, skuldig bevind is aan ‘n soortgelyke oortreding en dat hy toe gevonnis is tot ‘n boete van R10 000.00 of twee jaar gevangenisstraf, wat voorwaardelik opgeskort is. Volgens die aanklaer se mededeling tydens betoog4 sou die appellant daardie misdryf gepleeg het terwyl die onderhawige saak en aanklagte hangende was.

Die feit dat die appellant hom ná die onderhawige misdade, maar voor vonnisoplegging daarvoor, en terwyl hierdie saak reeds teen hom hangende was, weer aan so ‘n oortreding skuldig gemaak het, is ‘n faktor wat swaar teen hom weeg en wat negatief dui op sy persoonlikheid en op sy kanse om buite gevangenisverband te rehabiliteer5.

Dit moet egter tog in die appellant se guns ingedagte gehou word dat hy origens op die ouderdom van 58 jaar nog geen vorige veroordelings gehad het nie.

Die verhoorhof het ook oorweging verleen aan die appellant se ander persoonlike omstandighede, soos sy relatiewe swak gesondheid, die feit dat hy sy betrekking verloor het by ‘n onderneming wat tot ‘n einde gekom het en die feit dat ‘n eie onderneming wat die appellant toe begin het, misluk het.

Verder is in ag geneem dat die appellant tog die vooruitsig gehad het om weer in diens geneem te word. Intussen het die appellant egter R3 000.00 per maand verdien deur oor naweke in ‘n kroeg te werk. Op die een of ander wyse was die appellant egter tog in staat om ‘n bedrag van R25 000.00 te betaal as borggeld.

Daar is verskeie ooreenkomste tussen die feite van die onderhawige geval en dié in S v Viljoen, ‘n uitspraak van my kollega Lacock R wat op 4 Mei 2012 in hierdie afdeling gelewer is6 en waarna die landdros ook verwys het7. Die vonnis daar op appèl opgelê, was ‘n boete van R160 000.00 of by wanbetaling 3 jaar gevangenisstraf, wat in geheel voorwaardelik opgeskort is, asook ‘n verdere 1 jaar onopgeskorte en effektiewe gevangenisstraf

Net soos twee van die onderhawige transaksies het aldrie die transaksies in daardie geval plaasgevind te Port Nolloth, ‘n dorp wat in S v Dos Santos8 beskryf is as “a hotbed of illicit diamond dealing and related activity”.

Die aanklagte in beide sake het voortgespruit uit optredes van die polisie wat deel gevorm het van operasies of projekte wat daarop gemik was om die onwettige handeldryf in ongeslypte diamante bloot te lê, ‘n misdaad wat baie moeilik op enige ander wyse ontbloot kan word.

In die Viljoen geval was die waarde van die diamante, wat ook verlore was, egter net ongeveer R77 000.00.

Viljoen het ‘n vorige veroordeling gehad, maar dit moet opgeweeg word teen dit wat die appellant gedoen het toe hy verhoorafwagtend was op die onderhawige saak.

Ook Viljoen was nie die onskuldige slagoffer van ‘n versoeking wat oor sy pad gekom het nie. Daar is na hom verwys as ‘n “koper” nog voor die eerste transaksie. Soos reeds gemeld moes die appellant in die onderhawige geval ook reeds voor die eerste transaksie met ‘n prinsipaal ooreengekom het om teen vergoeding die diamante te koop.

‘n Belangrike onderskeid tussen die twee gevalle is dat Viljoen ‘n hotel bedryf het, en dus klaarblyklik oor ‘n redelike inkomste beskik het. Hy het klaarblyklik oor die vermoë beskik om, indien hy die opskortingsvoorwaarde sou verbreek, ‘n boete te betaal wat sou pas by sy oortredings.

Ek moet egter sê dat daar nie tydens die onderhawige verhoor duidelike inligting voor die landdros geplaas is om ‘n saak daarvoor uit te maak dat die appellant uit nood die oortredings gepleeg het nie. Daar is volstaan met stellings, in betoog, dat die appellant maar, soos dit gestel is, liggaam en siel aan die gang gehou het; vermoedelik dan toe hy die oortredings gepleeg het. Wat presies egter sy inkomste, uitgawes en noodsaaklike behoeftes was in die periode toe die misdade gepleeg is, is nie openbaar nie.

Daar is ook nie openbaar wanneer die appellant sy werk verloor het by die onderneming wat tot ‘n einde gekom het, soos dit namens die appellant gestel is omdat dit teen die wet was, nie. Wanneer die appellant se eie onderneming toe misluk het, is ook nie openbaar nie.

Ek is nie oortuig dat daar ‘n oor- of onderbeklemtoning begaan is van die erns van die misdade of van die persoonlike omstandighede wat aan die verhoorhof voorgehou is nie.

Daar is namens die appellant aan die verhoorhof voorgehou dat hy, omdat hy borggeld betaal het, ‘n boete sou kon betaal. In repliek op die betoog van die aanklaer dat die appellant klaarblyklik nie instaat sou wees om ‘n boete te betaal wat in verhouding sou wees met die erns van die geval nie, is toe namens die appellant betoog dat “die Hof kan ook nie aflei dat hy nie geld het nie. Of edelagbare laat ek dit so stel hy sal die geld in die hande kry”.

Waar en wanneer die appellant die geld in die hande sou kry, en hoeveel geld hy so sou kon bekom, is nie openbaar nie.

Die wetgewer maak hier9 voorsiening vir ‘n boete van tot R250 000.00, afhangende natuurlik van die feite van elke geval.

Die boete van R160 000.00 wat, alhoewel as ‘n opgeskorte vonnis bykomstig tot direkte gevangenisstraf van 1 jaar opgelê

is in die Viljoen saak, maak dit na my oordeel baie duidelik dat ook in die onderhawige geval niks minder nie as ‘n substantiewe boete geroepe sou gewees het, veral indien dit oorweeg sou gewees het as die primêre vorm van bestrawwing en op die basis dat die appellant dan gevangenisstraf heeltemal sou vryspring.

Daar was geen konkrete of duidelik aanduiding dat die appellant ‘n boete van so ‘n omvang sou kon betaal nie. Onder andere in die lig hiervan kan ek dus nie saamstem met mnr Van Tonder se betoog dat die landdros fouteer het deur te bevind dat ‘n boetevonnis nie in hierdie geval gepas sou gewees het nie.

Mnr. Van Tonder het gesteun op S v Van Rooyen en ‘n Ander10 en op die vonnis daar opgelê op appél, naamlik R20 000.00 boete of 18 maande gevangenisstraf en ‘n verdere 18 maande gevangenisstraf wat in geheel voorwaardelik

opgeskort is. In daardie geval was daar egter slegs een transaksie, was die betrokke appellante eerste oortreders, is daar bevind dat hulle berou gehad het en was daar duidelike inligting tot die effek dat hulle daardie enkele misdryf uit geldnood gepleeg het.

Klaarblyklik is daardie misdryf ook nie in die Noord-Kaap provinsie gepleeg nie en dit is nou al meermale in howe beklemtoon dat diamantverwante misdade in hierdie provinsie in ‘n besonder ernstige lig gesien word, vanweë die feit dat diamantverwante inkomste so ‘n groot deel van die ekonomie uitmaak in hierdie area. In S v Seegers11 het die Appélhof op 511 en 512 verwys na S v Duvenhage, ‘n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof waarin na die diamantbedryf verwys is as die “lewensaar” van hierdie provinsie.

Dit is so dat in die Van Rooyen uitspraak die deur oopgelaat is vir die oplegging van ‘n boete ook in gevalle waar daar nie positiewe getuienis is dat die beskuldigde dit sal kan betaal nie. Die Appélhof het dit egter duidelik gemaak dat daar dan steeds eers gelet moet word op onder andere “die graad van sekerheid dat die beskuldigde die boete kan betaal of nie kan betaal nie” en op die “vooruitsig dat die beskuldigde later of uit ‘n ander bron of deur uitstel of deur afbetaling in paaiemente die boete kan betaal”.

Ek het reeds gewys op die karige gegewens wat in hierdie verband by die verhoor namens die appellant voorgehou is.

Daar was geen aanbod dat ‘n boete afbetaal sal word nie, laat staan nog ‘n aanduiding van wat die appellant per maand as paaiement sou kon betaal.

Daar was ook geen aanduiding van wat die appellant se verwagte inkomste sou wees uit die werk waaroor daar op daardie stadium onderhandelinge was tussen die appellant en die eienaar van ‘n firma nie.

Uit sy inkomste met sy naweekwerk sou die appellant nie ‘n haalbare afbetaling per maand kon maak op so ‘n groot boete nie; veral nie indien hy, soos sy prokureur blykbaar betoog het, selfs met daardie inkomste genoodsaak was om met diamante te smokkel om liggaam en siel bymekaar te hou nie.

Na my oordeel was die onderhawige oortredings in elke geval gesamentlik beskou net té ernstig om die oplegging te regverdig van ‘n boetevonnis op die basis dat daar dan geen effektiewe gevangenisstraf sou wees nie, en daar was geen sprake daarvan dat hy enige boete hoegenaamd sou kon betaal indien hy in elk geval eers ‘n periode van gevangenisstraf sou moes uitdien nie.

Daar is al in hierdie afdeling so lank terug as in S v Thomas and Another12 gewaarsku dat eerste oortreders in gepaste gevalle effektiewe gevangenisstraf opgelê sou word vir hierdie misdaad, veral in die Noord-Kaap provinsie.

Die feit dat Speurder Adjudant-Offisier Bruwer getuig het dat, in die ander vervolgings wat voortgespruit het uit hierdie operasie en uit ander operasies van die polisie sedert 2002, direkte gevangenisstraf nie opgelê is nie, is nie van veel waarde sonder die beskikbaarheid vir oorweging van die feite en omstandighede van daardie gevalle nie.

Vergelyk ‘n mens die appellant se vonnis met dié van Viljoen is dit so dat die onopgeskorte gedeelte van 2 jaar gevangenisstraf van die appellant opsigself beskou swaarder as Viljoen se 1 jaar onopgeskorte gevangenisstraf sou wees. Dit moet egter dan in gedagte gehou word dat, waar die appellant dan nog ‘n opgeskorte vonnis van net 1 jaar gevangenisstraf sou oorhê, Viljoen benewens sy onopgeskorte gevangenisstraf nog ‘n verdere 3 jaar gevangenisstraf sou hê, weliswaar met die keuse van ‘n groot boete. By die oorweging van die gepastheid ‘n vonnis waarvan ‘n gedeelte opgeskort is, moet die geheel van die vonnis oorweeg word, ook die opgeskorte gedeelte. Dit is so omdat dit te enige tyd kan gebeur dat die opgeskorte gedeelte van die vonnis ook uitgedien moet word13. Dieselfde benadering moet dan gevolg word wanneer die appellant en Viljoen se vonnisse vergelyk sou word.

Die appellant se vonnis tref my nie as skokkend onvanpas nie. Die toets is nie hier of hierdie Hof die vonnis sou opgelê het nie en ek sien geen basis vir inmenging daarmee op enige van die regtens erkende grondslae nie.

Bygevolg maak ek die volgende bevel:

Die appél word afgewys en die vonnis word bekragtig.

____CJ

OLIVIERREGTER

Ek stem saam.

______HJ

LACOCKREGTER

Verskyning vir appellant: Mnr A van Tonder

In opdrag van: Regshulpsentrum, Kimberley

Verskyning vir respondent: Adv CG Janse van Rensburg

In opdrag van: DOV, Kimberley

1Ter oortreding van die bepalings van art 20 van die Wet op Diamante, 56 van 1986.

2Ingevolge die bepalings van artikel 300 van die Strafproseswet, 51 van 1977.

3Vergelyk S v Mashinini and Another 2012 (1) SACR 604 (SCA) para [24]

4Welke mededeling nie deur die appellant se prokureur betwis is nie.

5Vergelyk S v Theron 1986 (1) SA 884 (A) op 894

6Onder saaknommer CA & R 110/2011

7Die uitspraak is opgeneem in die webwerf SAFFLI onder die verwysing [2012] ZANCHC 10.

8 2010 (2) SACR 382 (SCA) para [1]

9Artikel 87 (a), gelees met artikel 82 (a) van die Wet op Diamante.

10 1994 (2) SACR 823 (A)

11 1970 (2) SA 506 (A)

12 1988 (1) SA 843 (NCD) op 847

13S v Mokoae 1997 (2) SASV 705 (O) op 709 f - j

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mashinini and Another 2012 (1) SACR 604 (SCA)

Case cited

S v Viljoen [2012] ZANCHC 10

Case cited

S v Dos Santos 2010 (2) SACR 382 (SCA)

Case cited

S v Van Rooyen and Another 1994 (2) SACR 823 (A)

Case cited

S v Seegers 1970 (2) SA 506 (A)

Case cited

S v Duvenhage (unreported, Northern Cape High Court)

Case cited

S v Theron 1986 (1) SA 884 (A)

Case cited

S v Thomas and Another 1988 (1) SA 843 (NCD)

Case cited

S v Mokoae 1997 (2) SASV 705 (O)

Case cited

Diamond Act 56 of 1986

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.