Download PDF

South Africa Judgment

High Courts - Gauteng

Van Eeden v Prokureursorde van die Noordelike Provinsies en 'n Ander (17108/03) [2007] ZAGPHC 145 (8 August 2007)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the applicant failed to discharge the burden of proof required for re-admission as an attorney. Despite his explanations and attached documents, the applicant did not provide proper accounting statements or expert evidence to substantiate his claim that there was no trust account deficit. The loss of records was not convincingly explained, and the applicant's narrative was insufficient to overcome the prima facie findings of previous investigations and expert reports. The court concluded that the applicant did not prove on a balance of probabilities that he is a fit and proper person to be re-admitted, nor that the trust account was free of deficits. Accordingly, the application was dismissed.

Court disposition

Application dismissed with costs on an attorney and client scale, including costs of the postponement on 24 May 2005.

Orders

  • The application is dismissed with costs on a scale as between attorney and client, including the costs of the postponement on 24 May 2005.

02

Material facts

Parties

A. J. Van Eeden

Applicant Counsel: JW Wessels & Vennote

Die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies

Respondent Counsel: Rooth & Wessels Ing

Die Getrouheidsfonds vir Prokureurs

Respondent Counsel: Rooth & Wessels Ing

Amounts and remedies

  • Trust Account Deficit (as Per Faris Report, 30 June 1995): ZAR 1,632,010.75
  • Fidelity Fund Payouts to Former Clients: ZAR 624,935.11
  • Payment to Sequestration Applicants From Trust Account: ZAR 1,398,231.88
  • Claim by DJ Joubert: ZAR 31,500

03

Procedural history

  1. Posture

    Review Application / Application for Re Admission as Attorney After Prior Striking Off

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contends that he has been rehabilitated under the Insolvency Act and that the reasons for his sequestration are no longer relevant. He argues that there was never a deficit in the firm's trust account and provides narrative explanations and supporting documents to show that trust accounts in debit should be offset against those in credit, resulting in a surplus rather than a deficit. He claims that the loss of accounting records prevents him from providing more detailed evidence and that the allegations of trust account deficits are unfounded.
Respondent
The respondents argue that the applicant has not demonstrated that he is a fit and proper person for re-admission as an attorney. They maintain that the applicant has failed to provide proper accounting records or expert evidence to refute the findings of trust account deficits. The respondents highlight that previous investigations and expert reports established a deficit and that the applicant's explanations are unsupported, speculative, and do not meet the required standard of proof. They further argue that the applicant's inability to produce records is not adequately explained and does not excuse his evidentiary shortcomings.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Ex Parte Aarons (Law Society, Transvaal intervening) 1985 (3) SA 286 (T)

    An applicant for re-admission as an attorney must prove on a balance of probabilities that the character defects leading to his striking off no longer exist and that he is now fit and proper to practice.

  2. 02

    Attorneys Act 53 of 1979, section 15(3)

    The court must be satisfied that the applicant meets the requirements of section 15(3) of the Attorneys Act, 53 of 1979, including being a fit and proper person.

  3. 03

    Judgment reasoning

    Loss of accounting records does not relieve the applicant of the burden to provide credible evidence supporting his explanations regarding trust account deficits.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the applicant failed to discharge the burden of proof required for re-admission as an attorney. Despite his explanations and attached documents, the applicant did not provide proper accounting statements or expert evidence to substantiate his claim that there was no trust account deficit. The loss of records was not convincingly explained, and the applicant's narrative was insufficient to overcome the prima facie findings of previous investigations and expert reports. The court concluded that the applicant did not prove on a balance of probabilities that he is a fit and proper person to be re-admitted, nor that the trust account was free of deficits. Accordingly, the application was dismissed.

Obiter and limits

  • The applicant's assertion that the loss of records prevented him from providing better evidence is not a complete answer to his failure to produce accounting statements.
  • It is unlikely that anyone other than the applicant and his father would benefit from the disappearance of the accounting records.
  • The fact that the Fidelity Fund paid out claims to former clients is evidence that trust money was indeed missing, regardless of the applicant's explanations.

Court disposition

Application dismissed with costs on an attorney and client scale, including costs of the postponement on 24 May 2005.

  • The application is dismissed with costs on a scale as between attorney and client, including the costs of the postponement on 24 May 2005.

Source and reliance status

High Courts - Gauteng

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

High Courts - Gauteng

Judgment

[2007] ZAGPHC 145

IN

DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ONRAPORTEERBAAR

Saaknommer: 17108/03 Datum aangehoor: 28-30 Maart 2007 Datum van uitspraak: 08/08/2007

In die saak tussen:

A. J. Van Eeden

APPLIKANT

Die Prokureursorde van die

en

Noordelike Provinsies

EERSTE

RESPONDENT

Die Getrouheidsfonds vir Prokureurs

TWEEDE

RESPONDENT

UITSPRAAK

DU PLESSIS R:

[1] Die applikant is in 1986 as 'n prokureur van hierdie hof toegelaat. Sedert

1989 het hy saam met wyle sy vader in vennootskap gepraktiseer onder die

naam Van Eedens, Die eerste respondent, toe nog bekend as die

Prokureursorde van Transvaal ("die Orde"), het klagtes van kliënte van die firma

ontvang tot die effek dat daar probleme met die firma se trustrekening is. Nadat

2

sekere ondersoeke, waarna ek later meer volledig sal verwys, gedoen is, het die

Orde op 22 September 1995 dringend by hierdie hot aansoek gedoen vir ‘n bevel

dat die applikant en sy vader uit hulle praktyk geskors word. ‘n Voorlopige bevel

met tussentydse werking is uitgereik en die twee is geskors.

[2] Nadat die keerdag van die voorlopige skorsingsbevel ‘n paar keer verleng is,

het die Orde op 4 Maart 1996 aansoek gedoen dat die voorlopige bevel opgehef

word en dat die applikant en sy vader van die rol van prokureurs geskrap word.

Die hot, per McCreath R met wie Heher R saamgestem het, het op die gemelde

datum so ‘n bevel toegestaan en die twee is van die rol geskrap.

[3] Die applikant doen nou aansoek om sy hertoelating as prokureur. Artikel

15(3) van die Wet op Prokureurs, 53 van 1979 ("die Wet") bepaal:

"’n Hot kan, op aansoek ooreenkomstig hierdie Wet gedoen, iemand wat

voorheen as prokureur toegelaat en ingeskryf was en van die rol verwyder

of geskrap is, as prokureur hertoelaat en herinskryf, indien­

(a)

hy, na goedvinde van die hot, 'n geskikte en gepaste

persoon is om aldus hertoegelaat en heringeskryf te word;

en

(b)

die hot oortuig is dat hy voldoen aan die bepalings van

subartikel (1) (b) (ii)."

3

Dit is nie in geskil dat die applikant aan die vereiste van artikel 15(3)(b) voldoen

nie. Die Orde bestry egter die applikant se aansoek op die grond dat hy nie 'n

geskikte en gepaste persoon is om hertoegelaat te word nie.

[4] Toe hierdie hof die applikant as prokureur geskrap het, was die applikant “na

goedvinde van die hof, nie 'n geskikte en gepaste persoon ... om voort te gaan

om as prokureur te praktiseer nie" (Vgl. artikel 22(1)(d) van die Wet). Gewoonlik

word dit van 'n applikant om hertoelating verwag om op 'n oorwig van

waarskynlikhede aan te toon dat daardie karakterdefekte wat tot sy skrapping

gelei het, nie meer bestaan nie. Anders gestel, so 'n applikant moet gewoonlik

aantoon dat hy sodanig hervorm het dat hy weer geskik en gepas is om as

prokureur toegelaat te word (Ex Parte Aarons (Law Society, Transvaal

intervening) 1985 (3) SA 286 (T)). Dit volg dat die uitspraak van die hof wat 'n

applikant om hertoelating geskrap het, van wesenlike belang is by oorweging van

die vraag of hy hertoegelaat moet word. Ek behandel dus nou kortliks McCreath

R se uitspraak in die aansoek om skrapping.

Die redes vir die skrapping

[5] Een van die gronde waarop die Orde aangevoer het dat die applikant van die

rol geskrap moet word, was dat ondersoeke na Van Eedens se rekenkundige

aantekeninge sou aangetoon het dat daar 'n wesenlike tekort op die firma se

trustrekening bestaan het. Toe die aansoek om skrapping op 4 Maart 1996 voor

4

McCreath en Heher RR gedien het, het die destydse respondente (die huidige

applikant en sy vader) se advokaat om uitstel aansoek gedoen. Die advokaat

het aangevoer dat, as hulle tyd gegun word, die applikant en sy vader die Orde

sou kon oortuig dat daar geen tekort op die trustrekening is nie. Die advokaat

het verder aangevoer dat die applikant en sy vader sou kon aantoon dat geld wat

die Getrouheidstonds vir Prokureurs intussen aan van hulle kliënte betaal het, nie

deur hulle gesteel is nie. Die hot het, vir die redes wat kortliks volg, die aansoek

om uitstel geweier. Eerstens het die hot bevind dat die Orde 'n prima facie saak

uitgemaak het dat daar 'n tekort op die firma se trustrekening is. Voorts het die

hot daarop gewys dat die applikant en sy vader sedert die voorlopige bevel in

September 1995 toegestaan is, nog geen verslag van 'n ouditeur voorgelê het

om die prima facie saak te weerlê nie. Die hot het verder bevind dat die

applikant en sy vader nie aangetoon het dat 'n uitstel enige doel sal dien nie

aangesien hulle in elk geval aangevoer het dat hulle nie in besit is van sekere

rekenkundige brondokumente nie.

[6] Die hot het toe voortgegaan en die applikant en sy vader van die rol geskrap,

eerstens omdat die Orde prima facie bewys het, en hulle nie weerlê het nie, dat

daar 'n tekort op hulle trustrekening is en tweedens omdat hulle in elk geval

intussen gesekwestreer is.

Die applikant se saak in die lig van die redes vir die skrapping

5

[7] Wat die sekwestrasie betref, wys die applikant daarop dat hy intussen

ingevolge die bepalings van die Insolvensiewet, 24 van 1936 gerehabiliteer is.

Gevolglik, voer hy aan, is sy sekwestrasie nie meer ter sake nie. Tot 'n mate is

die applikant reg, maar die redes vir sy sekwestrasie bly ter sake. Ek sal later in

meer besonderhede daarna verwys, maar die applikant in die sekwestrasie­

aansoek was 'n trustkrediteur en in die konteks van 'n ondersoek na die

beweerde trusttekort bly die sekwestrasie aansoek en die hof se uitspraak daarin

ter sake.

[8] Wat McCreath R se bevinding aangaande die trusttekort betref, het die

applikant dit op hom geneem om in hierdie aansoek te bewys dat daar inderdaad

nooit 'n tekort in Van Eedens se trustrekening was nie. Hierdie aansoek verskil

dus van die gewone in dié sin dat die applikant, wat die trusttekort betref, nie

probeer aantoon dat hy hervorm is nie, maar inderdaad dat hy nooit fouteer het

nie. Die applikant se werkswyse opper interessante vrae met betrekking tot res

judicata en estoppel, maar ek laat dit daar en oorweeg die aansoek op die

getuienis. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die applikant die bewyslas

dra om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat hy geskik en gepas is om

hertoegelaat te word. In hierdie saak beteken dit dat die applikant dit op hom

geneem het om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat daar nooit 'n

trusttekort in Van Eedens se trustrekening was nie.

6

[9] Dit is nou nodig om kortliks die gebeure rondom die applikant se destydse

skrapping uiteen te sit.

Feitelike getuienis ten aansien van gebeure kort voor die skrapping

[10]

Een van Van Eedens se grootste kliënte was Deelgroei Eiendomme

(Edms) Bpk ("Deelgroei"), 'n eiendomsontwikkelaar vir wie die firma die

akteswerk verbonde aan eiendomsontwikkelings behartig het. Permprop, later 'n

afdeling van Nedcor Propeerty Development (Edms) Bpk ("Nedcor"), was as

finansierder nou betrokke by die eiendomsontwikkelings. Teen die middel van

Augustus 1995 het Deelgroei en Perm prop die firma se mandaat beëindig en

beweer dat die firma al hoe langer neem om geld oor te betaal nadat transaksies

in die akteskantoor geregistreer is. Van Eedens het daarteenoor beweer dat

daar sowat 5 jaar se professionele fooie aan hulle verskuldig is.

[11]

Op 28 Augustus 1995 het Deelgroei en Nedcor 'n hofbevel verkry wat Van

Eedens verplig het om aan hulle te verreken. Die verrekening het nie na hulle

bevrediging plaasgevind nie, en op Saterdag 2 September 1995 het die kliënte

dringend 'n voorlopige sekwestrasiebevel teen Van Eedens bekom. 'n

Prokureur, mnr C Wilsenach, is op dieselfde dag as voorlopige kurator

aangestel. Nog steeds op dieselfde dag, 2 September 1995, het Wilsenach Van

Eedens se kantore besoek en seker gemaak dat niemand toegang daartoe kon

7

verkry nie deur, ondermeer, die veiligheidsdeur met kettings en slotte te sluit1.

Wilsenach het die kantore die volgende dag besoek, en die deure was nog toe.

[12]

Op Maandagoggend 4 September het Wilsenach 'n boodskap gekry dat

die kettings aan die kantoor se deure geknip is en hy is soontoe. Daar

aangekom, het hy gevind dat die applikant, sy vader, sy broer en personeellede

in die kantoor is en dat lêers uit die kantoor uit gedra en in motorvoertuie gepak

is. Op Wilsenach se versoek is die lêers teruggebring.

[13]

Intussen het die Orde klagtes ontvang dat Van Eedens se trustrekening

nie in orde is nie. Die Orde het 'n ondersoeker, mnr AT van Rooyen, aangestel

om ondersoek in te stel. Van Rooyen is toe ook op Maandagoggend 4

September na die kantoor toe waar hy ondermeer die applikant aangetref het.

Wilsenach was ook nog teenwoordig. Volgens Van Rooyen het hy vir die

applikant gevra waar die firma se rekenkundige aantekeninge is. Die applikant

het hom meegedeel dat dit a!les in besit van die firma se ouditeur, mnr Bemont,

is2.

[14]

Na die gebeure in die oggend van 4 September het Wilsenach die kantoor

weer met die kettings en slotte gesluit en ook gereël dat 'n wag 24 uur per dag

die perseel oppas. Op 6 September is Wilsenach weer na die kantoor toe waar

1 Hierdie feite blyk uit 'n verklaring wat Wilsenach in 'n latere sekwestrasie-aansoekgemaak het. Dit vorm ook deel van die aanvanklike skrappingsaansoek. Albei die gemelde aansoeke is voor ons geplaas. 2 Hierdie bewerings blyk uit Van Rooyen se verslag en eedsverklaring wat deel van die aanvanklike skrappiingsaansoek vorm.

8

hy kliënte Iêers aan twee prokureurs oorhandig het wat in opdrag van die

betrokke kliënte die lêers moes oorneem. Behalwe vir daardie besoek, verklaar

Wilsenach, het geen persoon toegang tot die kantoor gehad totdat die sleutels

weer op 13 September 1995 aan die applikant en sy vader oorhandig is nie.

[15]

Die ouditeur Bemont het aan die einde van Augustus die vereiste

ouditeursertifikaat ingevolge reël 70 van die Orde se reëls uitgereik en dit aan die

Orde versend. Bemont het egter ook sekere oudit navrae aan Van Eedens

gerig. Op 5 September 1995 het Bemont sy ouditsertifikaat teruggetrek. In 'n

latere brief verduidelik hy dat hy die sertifikaat uitgereik het ten spyte daarvan dat

hy sekere navrae gehad het omdat hy gemeen het die navrae sou beantwoord

word. Toe hy egter van die verwikkelinge sedert die einde Augustus te hore

kom, het hy geoordeel dat die vertrouensverhouding tussen hom en Van Eedens

geskaad is, en het hy die sertifikaat teruggetrek.

[16]

Op 6 September 1995 het Van Reeyen vir Bement ontmoet wat hom

meegedeel het dat hy net 'n deel van die firma se rekenkundige aantekeninge

het. Bemont het die aantekeninge in sy besit aan Van Rooyen oorhandig. Dit is

gemeensaak dat daardie aantekeninge baie beperkte inligting bevat en dat die

volledige stand van die firma se finansiële posisie nie daaruit vasgestel kan word

nie.

9

[17]

Nadat Van Eedens R1 398231,88 uit hulle trustrekening aan die

applikante in die sekwestrasie aansoek betaal het, is die voorlopige bevel op 13

September opgehef. Dit is gemeensaak dat die eis regmatig uit die trustrekening

betaal is, maar die applikant voer aan dat die firma inderdaad te veel betaal het

en verder dat die applikante nog aan die firma geld verskuldig was ten aansien

van fooie.

[18]

Toe die voorlopige sekwestrasiebevel opgehef is, het Wilsenach op 13

September 1995 die kantoor se sleutels aan die applikant en sy vader oorhandig.

Die applikant beweer dat, toe hulle in die kantoor kom, was dit in chaos en was

daar lêers, die firma se rekenkundige aantekeninge en ander items weg. Die

applikant en sy vader het 'n klag van diefstal by die polisie gelê, maar die

ondersoek het niks opgelewer nie.

[19]

Op 15 September het Van Rooyen weer met die applikant 'n onderhoud in

die firma se kantore gehad. Hiertydens het die applikant, volgens Van Rooyen,

vir hom gesê dat die rekenkundige aantekeninge in 'n kas in sy (applikant se)

kantoor was.

[20]

Gegrond op sy ondersoek van die beperkte rekenkundige aantekeninge

tot sy beskikking, het van Rooyen tot die gevolgtrekking gekom dat Van Eedens

se rekenkundige aantekeninge in elk geval gebrekkig was en dat daar

waarskynlik 'n tekort op die trustrekening bestaan. Die Orde het toe op 22

10

September 1995 die voorlopige bevel dat die applikant en sy vader in hulle

praktyk geskors word, bekom.

[21]

Op 26 September 1995 het 'n tweede trustkrediteur, mnr DJ Joubert

aansoek gedoen vir die voorlopige sekwestrasie van Van Eedens, die applikant

en sy vader. 'n Voorlopige bevel is op 7 Oktober toegestaan en, nadat die

applikant en sy vader die aansoek bestry het, het die hof, per Daniels R, die

boedels van die firma en die vennote op 13 Desember 1995 finaal

gesekwestreer.

[22]

Die Orde het 'n tweede deskundige, mnr VJ Faris, opdrag gegee om die

firma se rekenkundige aantekeninge te ondersoek. Hy het in sy verslag van 18

Desember 1995 ook tot die gevolgtrekking gekom dat daar 'n algemene tekort op

die firma se trustrekening bestaan alhoewel hy van Van Rooyen verskil het oor

die omvang daarvan.

Die applikant se saak ten aansien van die algemene trusttekort

[23]

Onder die rekenkundige aantekeninge wat Bemont aan Van Rooyen

verskaf het was daar 'n lys van Van Eedens se trustkrediteure wat nie by name

nie, maar volgens verwysingsnommers geïdentifiseer is. Op die lys word die

saldo van elke rekening soos dit in die firma se boeke bestaan, gegee. Van

daardie rekeninge is 59 in debiet wat opsigself op onreëlmatige rekeninghouding

11

dui. Om Van Eedens se trustverpligtinge te bepaal het Van Rooyen,

verkeerdelik, die debietsaldo's by die kredietsaldo's getel. Deur die bedrag

trustgeld op hande te bepaal, het hy toe ‘n trusttekort van meer as R2 miljoen

bereken. Toe Faris later die aantekeninge nagegaan het, het hy Van Rooyen se

fout reggestel en tot die gevolgtrekking gekom dat daar sedert 31 Mei 1994 tot

30 Junie 1995 'n wisselende tekort in die firma se trustbankrekening was.

Alhoewel die tekort op stadiums gedaal het, het dit 'n algemeen stygende

tendens getoon en was die tekort op 30 Junie 1995 volgens Faris R1 632

010,75.

[24]

Nadat die applikant en sy vader geskors is, het kliënte van die firma eise

teen die Getrouheidsfonds vir Prokureurs ingestel. Na oorweging van die eise,

en op grond daarvan dat die Fonds geoordeel het dat diefstal van die betrokke

trustgeld bewys is, het die Fonds R624 935,11 aan voormalige kliënte van Van

Eedens uitbetaal.

[25]

Wat die algemene trusttekort betref, beweer die applikant in hierdie

aansoek dat die trustrekeninge wat in debiet was afgesit moet word teen van die

rekeninge wat in krediet was. Die gevolg daarvan is dan, so beweer die

applikant, dat die trustbankrekening nie 'n tekort nie, maar 'n oorskot gehad het.

Die applikant gaan dan voort om, ten aansien van elke rekening wat in debiet is,

aan te toon waarom ander bedrae op die rekening gekrediteer moet word sodat

die debiet uitgewis word. Uit die verklaring blyk dit ook dat die applikant sy

12

verduidelikings met Faris bespreek het. Die applikant heg 'n verklaring van Faris

aan waarin hy sê dat, as die applikant se verduidelikings korrek is, dan moet die

trustposisie, soos dit in sy aanvanklike verslag weergegee is, verstel word en dat

"it may well be that no trust deficit existed".

[26]

Die applikant se gemelde verduideliking is nie in die vorm van 'n

rekenkundige staat nie, maar in verhalende trant met verwysing na lêer-

nommers. Hy verwys ook na die kliënte op wie die lêers betrekking het en ter

stawing heg hy afskrifte van die binneblad van kliënte Iêers aan. Hy heg ook

afskrifte van sekere brondokumente soos trustkwitansies aan. Waar hy die

dokumente gekry het verduidelik die applikant nie.

[27]

In 'n verdere verklaring wat by die Orde se aanvullende beantwoordende

verklaring aangeheg is, Iê Faris daarop klem dat hy nie weet of die applikant se

verduidelikings korrek is nie en dat dit ook nie uit die verduideliking self, of die

aangehegte dokumente, vasgestel kan word nie. Die werklike posisie, sê Faris,

kan slegs vasgestel word indien die rekenkundige rekords van die firma

nagegaan en 'n behoorlike oudit gedoen word.

[28]

Na my oordeel som Faris in sy tweede verklaring die posisie korrek op:

Sonder behoorlike rekenkundige state en rekords is niemand in staat om te

oordeel of die applikant se verduidelikings korrek is nie. Dit is nie eens moontlik

om die egtheid en korrektheid van stawende dokumente wat die applikant

13

aanheg te bepaal nie. Kortom, die applikant se verduideliking is slegs

bewerings. In betoog het die applikant hierdie probleem aangespreek deur aan

die hand te doen dat hy, vanweë die verlies van die firma se rekenkundige

aantekeninge, nie in staat is om beter bewyse voor te Iê dat daar geen trusttekort

was nie. Die applikant is uitgenooi om te oorweeg of die saak nie vir verhoor

verwys moet word om só die geskil te probeer oplos nie, maar hy het in

aanvullende betoogshoofde die keuse uitgeeoefen dat die saak op die stukke

beslis moet word.

[29]

Die applikant se betoog dat die verlies van die rekords hom kortwiek, is

nie 'n volledige antwoord op sy versuim om rekenkundige state voor te Iê nie. In

die eerste plek sou 'n mens verwag dat Bemont, as die firma se ouditeur, in staat

sou wees om lig op die verduidelikings te werp en om desnoods state op te stel

wat die verduideliking ten minste rekenkundig staaf. Die applikant se betoog

hieroor was dat Bemont hom om die een of ander rede vermy en nie met hom wil

praat nie. Dit is, soos die verduideliking van die trustposisie self, niks meer as 'n

bewering wat op sigwaarde aanvaar of verwerp moet word nie. Daar is uit die

getuienis geen grond af te lei waarom Bemont so sou optree nie. Daar is geen

feite wat aantoon watter stappe die applikant geneem het om Bemont se hulp te

kry en wat Bemont se reaksie was nie. Inteendeel, dit blyk uit die stukke dat

Bemont nog nadat die aansoek om skrapping gebring is, bereid was om die firma

by te staan. Verder moet in gedagte gehou word dat die applikant by herhaling,

in die skrappingsaansoek en in die sekwestrasieaansoek, daarop gewys is deur

14

deponente en deur die hof dat state noodsaaklik is. Ek gaan nietemin voort op

die basis dat die applikant se betoog dat die rekords weg is, 'n behoorlike

verduideliking gee vir gebrek aan deskundige rekenkundige getuienis.

[30]

Die probleem met die applikant se betoog is dat die verlies van die firma

se rekenkundige rekords op die beste vir die applikant, in onsekerheid gehul is.

Uit die getuienis wat ek hierbo behandel het, blyk dit dat die applikant, sy vader

en ander mense vroeg die oggend van 4 September 1995 toegang tot Van

Eedens se toegesluite kantoor verkry het. Toe Van Rooyen kort daarna vir die

applikant vra waar die firma se rekenkundige rekords is, het die applikant gesê

dit is in Bemont se besit. In sy beantwoordende verklaring in die

skrappingsaansoek ontken die applikant nie Van Rooyen se bewering nie. Hy sê

bloot dat Van Rooyen net van sommige rekenkundige aantekeninge gepraat het.

Later, toe dit geblyk het dat Bemont inderdaad nie in besit van die aantekeninge

was nie, het die applikant (op 15 September 1995) beweer dat dit in 'n kas in sy

kantoor was en daaruit gesteel is. Die bewering dat die rekords gesteel is, is na

my oordeel inherent onwaarskynlik. Daar is op die getuienis geen aanduiding

dat enige persoon, anders as die applikant en sy vader, uit die verdwyning van

die rekenkundige rekords voordeel sou kon trek nie. In elk geval onstaan die

vraag waarom die applikant nie op 4 September eenvoudig die kas oopgemaak

het en die rekenkundige rekords vir Van Rooyen gegee het nie. Dit is verder

onduidelik waar die applikant, in die lig van sy bewering dat die rekords gesteel

is, nou aan die stawende dokumente wat hy by die aansoek aanheg, kom.

15

Kortom, die applikant het nie op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys dat hy in

die voer van hierdie aansoek deur die diefstal of verlies van die rekenkundige

aantekeninge en rekords gekortwiek is nie.

[31]

Ter ondersteuning van sy betoog dat daar geen trusttekort was nie, het

die applikant aangevoer dat daar nie eise vir die beweerde tekort teen die

Getrouheidsfonds vir Prokureurs ingestel is nie. Ek het egter reeds daarop

gewys dat die Fonds meer as R600 000 aan eise uitbetaal het. Die bedrag is wel

minder as wat Faris gemeen het die tekort is, maar dit is eenvoudig nie so dat

geen kliënt na vore gekom het om te sê sy trustgeld is weg nie. Bowendien moet

in gedagte gehou word dat Faris in die berekening van die tekort moes

staatmaak op onvolledige rekords.

[32]

Wat die bedrae deur die Fonds uitbetaal betref, handel die applikant met

elke uitbetaling en voer hy ten aansien van elkeen aan dat die bedrag nie

verskuldig was nie. Ook in hierdie verband het die applikant geen behoorlike

rekenkundige state en berekenings voorgelê nie. Hy volstaan met bewerings en

argumente. Ek vind dit onnodig om met elkeen te handel, en ek volstaan deur in

meer besonderhede te handel met die eis van mnr DJ Joubert.

Die sekwestrasie

16

[33]

Die gemelde DJ Joubert, aan wie die Getrouheidsfonds later R31 500

uitbetaal het, was die applikant in die suksesvolle aansoek om Van Eedens, die

huidige applikant en sy vader te sekwestreer.

[34]

In die sekwestrasie aansoek het Joubert beweer dat die firma aan hom

R31 500 verskuldig is wat deur hulle op trust gehou moes gewees het. Die

destydse respondente (die firma, die applikant en sy vader) het nie in geskil

geplaas dat die bedrag trustgeld was nie. Hulle verweer was een van

skuldvergelyking deurdat, so is beweer, Joubert meer as R31 500 aan fooie

verskuldig was. Die geleerde regter het die verweer verwerp en daarop gewys

dat die destydse respondente geen rekenkundige rekords of state voorgelê het

as bewys van Joubert se beweerde verskuldigheid nie.

[35]

Joubert was een van 'n aantal persone wat geld op verband uitgeleen het

aan ene Booysen Oosthuizen. Van Eedens het die verband, saam met ander,

opgeroep en Oosthuizen se eiendom is in eksekusie verkoop. Die opbrengs is in

trust by Van Eedens inbetaal. Die applikant voer nou aan dat daar reeds R28

116 aan Joubert uitbetaal is maar hy Iê geen stawende dokumente vir die

bewering voor nie. Hy se trouens nie eens wanneer die bedrag betaal is nie.

Die applikant voer in hierdie aansoek weer, soos in die sekwestrasie, aan dat

Joubert fooie aan die firma verskuldig was en dat, weens skuldvergelyking, die

bedrag op trust nie aan hom verskuldig was nie. Ten slotte voer hy aan dat

Joubert se eis in elk geval verjaar het. Wat laasgenoemde bewering betref, is dit

17

nie tans ter sake nie. Die vraag of 'n prokureur trustgeld onregmatig aangewend

het en dus nie geskik is om te praktiseer nie, word nie beantwoord deur die feit

dat die kliënt dalk nie tydig die geld opgeëis het nie.

[36]

Die applikant Iê nie rekenkundige aantekeninge voor wat toon dat fooie

teen Joubert se rekening gedebiteer is nie. Wat hy wel by die aansoek aanheg is

'n dokument wat hy opgestel het waaruit dit sou blyk dat, alhoewel die opbrengs

van die verkoping van Oosthuizen se eiendom R353 872,49 beloop het, Van

Eedens R546 684,19 aan koste en rente uitgegee het. Alhoewel die dokument

self aantoon dat daar nog R35 150,00 aan Joubert verskuldig is, beweer die

applikant in die eedsverklaring dat Joubert se eis deur die rente en koste

uitgewis is. Wat nóg die staat nóg die verklaring aantoon is waarom Joubert vir

die koste aanspreeklik is en watter bedrae hy presies aan rente ontvang het,

wanneer hy dit ontvang het en van wie hy dit ontvang het. Ook in verband met

Joubert se eis gaan die applikant se stukke dus mank aan behoorlike bewys van

die bewerings wa! hy maak. Soos wat Daniels R reeds in die sekwestrasie

bevind het, is dit heeltemal onwaarskynlik dat die kapitaal aan Joubert verskuldig

uitgewis kon gewees het deur rentebetalings en deur regskoste om die kapitaal

te vorder. As die applikant se aansoek in geheel gelees word, blyk dit dat hy

koste vir litigasie waarin Van Eedens betrokke was van Joubert (en ander

verbandhouers) probeer verhaal, en dit sonder om behoorlike kosterekenings

voor te Iê of selfs pro rate toedelings aan die verskillende verbandhouers te

maak.

18

[37]

Ek kom dus tot die gevolgtrekking dat die applikant nie daarin geslaag het

om te bewys dat die firma geen geld aan Joubert verskuldig was nie. Die

versuim om Joubert te betaal is opsigself prima facie bewys van ‘n trusttekort en

van wanaanwending van trustgeld.

[38]

Opsommend het die applikant dus nie daarin geslaag om te bewys dat

daar geen trusttekort in Van Eedens se trustbankrekening was nie. Hy het ook

nie daarin geslaag om te bewys dat sy vermoë om die gebrek aan ‘n trusttekort

te bewys nadelig geraak is deur die verlies van die firma se rekenkundige

rekords nie. Die aansoek kan dus nie slaag nie.

[39]

Wat koste betref, is dit gebruiklik om, waar die Orde in sy hoedanigheid as

sodanig ‘n aansoek soos hierdie met sukses bestry, te gelas dat die koste op ‘n

skaal soos tussen prokureur en kliënt betaal word. Die aansoek het op 24 Mei

2005 voor die hof gedien en is uitgestel omdat daar sekere gebreke in die

aansoek was wat die applikant moes aanspreek en ook omdat die Orde nie voor

die aansoek aangehoor is, die applikant se geskiktheid behoorlik ondersoek en

oorweeg het nie. Die koste van de uitstel is voorbehou. In die lig daarvan dat

die uitstel aan albei partye se optrede, of gebrek daaraan, te wyte was meen ek

dat die koste wat voorbehou is die uitslag van die aansoek moet volg.

Gevolglik word die volgende bevel gemaak:

19

Die aansoek word van die hand gewys met koste op 'n skaal soos tussen

prokureur en kliënt, insluitende die koste van die uitstel op 24 Mei 2005.

B. R. DU PLESSIS

Regter van die Hooggeregshof

Ek stem saam.

. Z. EBERSOHN

Waarnemende Regter van die Hooggeregshof

Prokureurs vir die Applikant:

JW Wessels & Vennote 012 343 1410

Prokureurs vir die Respondente: Rooth & Wessels Ing 0124524000

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Ex Parte Aarons (Law Society, Transvaal intervening) 1985 (3) SA 286 (T)

Case cited

Attorneys Act 53 of 1979

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Insolvency Act 24 of 1936

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.