Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Van Jaarsveld v Minister van Veiligheid en Sekuriteit (230/05) [2006] ZANCHC 10 (24 February 2006)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the only statutory requirement for the return of seized property under section 31(1)(a) of the Criminal Procedure Act is that the person from whom it was seized may lawfully possess it, not that he must be the owner. The respondent failed to show that the applicant's possession would be unlawful under criminal law. The dispute between the applicant and Van Deventer is contractual and does not render the applicant's possession unlawful. The police acted outside the scope of the Act by handing the sheep to Van Deventer without the applicant's consent. Van Deventer was merely a temporary custodian and did not have a direct and substantial interest in the proceedings. Accordingly, the sheep must be returned to the applicant.

Court disposition

Application granted; point in limine dismissed.

Orders

  • The point in limine is dismissed.
  • An order is granted in terms of prayers 1 and 2 of the Notice of Motion, namely that the respondent is directed to return the 63 Dohne ewes and 131 Dohne merino lambs to the applicant and to pay the costs of the application.

02

Material facts

Parties

Hendrik Hermanus Jacobus van Jaarsveld

Applicant Counsel: Adv. W Coetzee

Minister van Veiligheid en Sekuriteit

Respondent Counsel: Adv. Henriques

Amounts and remedies

  • Value of Sheep: ZAR 96,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / First Instance Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contends that the police, after seizing the sheep under a warrant, unlawfully handed them to Van Deventer without his consent. He argues that, as no criminal proceedings were instituted and there is no evidence that his possession would be unlawful, the sheep must be returned to him in terms of section 31(1)(a) of the Criminal Procedure Act. The applicant further submits that Van Deventer was merely a temporary custodian and not a party with a direct and substantial interest in the proceedings.
Respondent
The respondent argues that the applicant cannot lawfully possess the sheep due to a dispute over ownership with Van Deventer. It is submitted that the court must first determine who has ownership before lawful possession can be established. The respondent also raises a point in limine, contending that Van Deventer, as the person currently in possession of the sheep, should have been joined as a respondent because he has a direct and substantial interest in the outcome.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Criminal Procedure Act 51 of 1977

    Section 31(1)(a) of the Criminal Procedure Act provides that if no criminal proceedings are instituted, seized property must be returned to the person from whom it was seized, provided that person may lawfully possess it.

  2. 02

    Minister van Wet en Orde v Datnis Motors (Midlands) (Edms) Bpk 1989 (1) SA 926 (A)

    Lawful possession for the purposes of section 31(1)(a) is determined with reference to criminal law, not civil ownership. The onus is on the State to prove that possession would be unlawful.

  3. 03

    Minister v Wet en Orde v Erasmus en 'n Ander 1992 (3) SA 819 (A)

    A person holding property for safekeeping on behalf of the police does not have a direct and substantial interest in proceedings for the return of that property.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the only statutory requirement for the return of seized property under section 31(1)(a) of the Criminal Procedure Act is that the person from whom it was seized may lawfully possess it, not that he must be the owner. The respondent failed to show that the applicant's possession would be unlawful under criminal law. The dispute between the applicant and Van Deventer is contractual and does not render the applicant's possession unlawful. The police acted outside the scope of the Act by handing the sheep to Van Deventer without the applicant's consent. Van Deventer was merely a temporary custodian and did not have a direct and substantial interest in the proceedings. Accordingly, the sheep must be returned to the applicant.

Obiter and limits

  • The court noted that the statutory scheme for seizure and return of property is designed to prevent arbitrary deprivation and to ensure that property is returned unless possession would be criminally unlawful.
  • The mere existence of a civil dispute over ownership does not justify the police retaining or transferring possession of seized property outside the statutory framework.

Court disposition

Application granted; point in limine dismissed.

  • The point in limine is dismissed.
  • An order is granted in terms of prayers 1 and 2 of the Notice of Motion, namely that the respondent is directed to return the 63 Dohne ewes and 131 Dohne merino lambs to the applicant and to pay the costs of the application.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2006] ZANCHC 10

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja /Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja /Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.: 230/05

DATUM AANGEHOOR: 16 -09-2005

DATUM VAN UITSPRAAK: 24-02-2006

In die saak tussen:

HENDRIK

HERMANUS JACOBUS VAN JAARSVELD APPLIKANT

en

DIE MINISTER VAN VEILIGHEID EN

SEKURITEIT RESPONDENT

CORAM: C.C WILLIAMS R:

U

I T S P R A A K

WILLIAMS R:

1. Die applikant doen aansoek vir ‘n bevel in terme waarvan die respondent gelas word om 63 Dohne ooie en 131 Dohne merino lammers, skape waarop beslag gelê is uit hoofde van ‘n lasbrief gedateer 7 Oktober 2004, aan die applikant terug te lewer en dat die respondent gelas word om die koste van die aansoek te betaal.

2. Die agtergrond tot hierdie aansoek word vervolgens uiteengesit.

2.1 Op 4 Oktober 2004 het die respondent, verteenwoordig deur Inspekteur Van Schalkwyk van die Veediefstaleenheid te De Aar ‘n klag van veediefstal ontvang vanaf ene Petrus Van Deventer.

2.2 Van Deventer se eedsverklaring wat hy in dié verband by die polisie afgelê het lees as volg”

“1. Op 29 September 2004 teen ±20:00 het ek die huurder van my plaas Sandgat “Middelberg” Mr. Hendrik Hermanus van Jaarsveld mondelings kennis gegee dat die huurkontrak voorwaardes nie na gekom is nie, en die huurkontrak dus gekanselleer is.

2. Op 4 Oktober 2004 teen ±10:00 het my buurman Mr. John Botes van die plaas Driefontein my geskakel en my meegedeel dat Mr. Albertus van Jaarsveld, die seun van Mr. Hendrik Hermanus van Jaarsveld, besig was om my skape bymekaar te maak. Hy Albertus van Jaarsveld sowel as sy pa het geen reg gehad om op my plaas te wees nie, aangesien die huurkontrak op 29 September 2004 verbreek was.

3. Op 4 Oktober 2004 ongeveer 15:40 het Mr. H H J van Jaarsveld die pa, geskakel en my meegedeel dat sy seun Albertus van Jaarsveld ongeveer 128 Dohne Merino ooie en 128 Dohne Merino lammers van die plaas verwyder het. Die betrokke skape is verskyf na ‘n buurplaas, die naam Spinnekopskraal van Mr. E.J.J Nel die ooie het ongeveer 12 maande wol.

4. Ek het Mr. Hendirk Hermanus Jacobus van Jaarsveld meegedeel dat hy nie geregtig is om enige van die skape van my plaas te verwyder aangesien hy kontrak gebreek het en nie geregtig op enige van die skape nie. Hy het my egter meegedeel dat hy nie die skape sal terug bring nie. Die waarde van die skape is ±R96 000,00.

5. Ek verlang verdere polisie ondersoek. Ek het niemand toestemming gegee om enige skape van my plaas te neem nie. Ek vermoed Mr. Hendrik Hermanus Jacobus van Jaarsveld en sy seun Albertus van Jaarsveld. Die huurder Mr. Hendrik Hermanus Jacobus van Jaarsveld het punt 1 van die huurkontrak verbreek wat gesluit is op 16 Januarie 2004 deurdat hy versuim het om die uitstaande R24 500 + B.T.W op 1 September te betaal soos ooreengekom tussen Mr. Hendrik Hermanus Jacobus “die huurder” en Petrus Michiel van Deventer “die eienaar”. Afdruk van huurkontrak aangeheg.”

Mnr. Hendrik Hermanus Van Jaarsveld waarna verwys word is die applikant.

2.3 Op grond van die bovermelde eedsverklaring is ‘n strafsaak geopen en het Inspekteur Van Schalkwyk ‘n visenteringslasbrief bekom om die plaas Spinnekopskraal te betree en deursoek en op die gemelde skape beslag te lê indien dit gevind word.

2.4 Op 8 Oktober 2004 het Inspekteur Van Schalkwyk tesame met Kaptein Morkel, die hoof van die eenheid, en ander lede uitvoering gegee aan die visenteringslasbrief en beslag gelê op die skape wat die onderwerp van hierdie aansoek vorm.

2.5 Die skape is op dieselfde dag deur die polisielede betrokke oorhandig aan Van Deventer. Inspekteur Van Schalkwyk wat die deponent is tot die antwoordende eedsverklaring verklaar voorts:

“I subsequently then advised Van Deventer that I was leaving the stock with him for safekeeping and that he could not alienate them in any way.”

2.5 Nadat verdere verklarings ontvang is, ook van die applikant en sy seun, is die dossier gestuur na die Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings vir beslissing ten opsigte van vervolging.

2.7 Die DOV het egter geweier om te vervolg en beide die applikant en Van Deventer is van hierdie besluit in kennis gestel deur die veediefstaleenheid per brief gedateer 15 Februarie 2005.

2.8 Tot op datum van die aanhoor van die aansoek is die skape nog steeds by Van Deventer en ondanks versoek, weier die lede van die Veediefstaleenheid om dit terug te besorg aan die applikant aangesien daar volgens hulle ‘n dispuut is oor die eienaarskap van die skape.

3. Die respondent het in limine die punt van nie-voeging geneem deurdat, so word dit aangevoer, Van Deventer, wat tans in besit is van die skape, en dus ‘n direkte en wesenlike belang het in die verrigtinge en enige bevel wat gemaak mag word, nie as ‘n respondent gevoeg is in die aansoek nie.

Doelmatigheidshalwe beoog ek om die punt in limine te behandel na aanleiding van die meriete van hierdie aansoek soos wat dit ook betoog is deur die advokate.

4. Die beslaglegging van voorwerpe en die beskikking daaroor na beslaglegging deur die respondent word gereël deur die Strafproseswet 51 van 1977 (“die Wet”) spesifiek in hierdie geval artikels 20, 30 en 31 daarvan.

Artikel 20 van die Wet lees as volg:

“20 Die Staat kan, ooreenkomstig die bepalings van hierdie Hoofstuk, op enigiets (in hierdie Hoofstuk ‘n voorwerp genoem), beslag lê-

(a) wat betrokke is by of op redelike gronde vermoed word betrokke te wees by die pleging of vermeende pleging van ‘n misdryf, hetsy binne die Republiek of elders;

(b) wat tot bewys kan strek van die pleging of vermeende pleging van ‘n misdryf, hetsy binne die Republiek of elders; of

(c) wat bestem is of op redelike gronde vermoed word bestem te wees om by die pleging van ‘n misdryf gebruik te word.”

5. Die geldigheid van die visenteringslasbrief wat gebruik is om beslag te lê op en te beskik oor die skape is nie in geskil geplaas nie.

6. Artikel 30 van die Wet wat handel met die “Beskikking oor voorwerp deur die polisiebeampte na beslaglegging” , lees as volg:

“’30 n Polisiebeampte wat ‘n in artikel 20 bedoelde voorwerp in beslag neem of aan wie so ‘n voorwerp ingevolge die bepalings van hierdie Hoofstuk oorhandig word-

(a) kan, indien die voorwerp bederfbaar is, met behoorlike inagneming van die belange van die betrokke persone, oor die voorwerp beskik op die wyse wat die omstandighede vereis, of

(b) kan, indien die voorwerp gesteelde goed of vermoedelik gesteelde goed is, met die toestemming van die persoon van wie dit in beslag geneem is, die voorwerp aan die persoon oorhandig van wie daardie voorwerp, na die oordeel van bedoelde polisiebeampte, gesteel is, en moet daardie persoon waarsku om bedoelde artikel vir voorlegging by enige gevolglike strafregtelike verrigting beskikbaar te hou, inden aangesê om dit te doen; of

(c) moet, indien die voorwerp nie ingevolge die bepalings van paragraaf(a) of (b) oor beskik of oorhandig word nie, ‘n onderskeidende uitkenningsteken daarop aanbring en dit in polisiebewaring hou of sodanige ander reëling met betrekking tot die bewaring daarvan tref as wat die omstandighede vereis.”

7. Artikel 31 van die Wet bepaal die “Beskikking oor voorwerp waar geen strafregtelikke verrigting ingestel word nie of waar dit nie vir strafregtelike verrigting nodig is nie” en lui soos volg.

31(1) (a)indien geen strafregtelike verrigtinge ingestel word in verband met ‘n in artikel 30(c) bedoelde voorwerp nie of indien dit blyk dat so ‘n voorwerp nie by die verhoor vir die doeleindes van bewyslewering of vir die doeleindes van ‘n hofbevel nodig is nie, word die voorwerp teruggegee aan die persoon van wie dit in beslag geneem is, indien so ‘n persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit, of, indien so ‘n persoon daardie voorwerp nie wettiglik mag besit nie, aan die persoon wat dit wettiglik mag besit:

(b)Indien niemand so ‘n voorwerp wettiglik mag besit nie of indien die polisiebeampte belas met die ondersoek redelikerwys nie weet van iemand wat so ‘n voorwerp wettiglik mag besit nie, word die voorwerp aan die Staat verbeur.

(2) Die persoon wat die betrokke voorwerp wettiglik mag besit, word per aangetekende pos by sy laasbekende adres in kennis gestel dat hy besit van die voorwerp mag neem, en indien so ‘n persoon versuim om die voorwerp binne dertig dae vanaf die datum van so ‘n kennisgewing af te haal, word die voorwerp aan die Staat verbeur.”

8. Mnr. Coetzee, wat namens die applikant optree, betoog dat wat die beskikking oor die skape betref na beslagglegging, die lede van die veediefstaleenheid duidelik in terme van artikel 30(c) van die Wet opgetree het. Artikel 30(a) handel met bederfbare goed, wat nie hier van toepassing is nie en artikel 30(b) vereis toestemming vanaf die persoon van wie die goed in beslag geneem is voordat dit teruggeplaas word in die besit van die persoon van wie die polisie ag dit gesteel is. Dit is gemene saak dat die applikant nie daartoe toegestem het dat die skape aan Van Deventer besorg word nie.

9. Die betoog deur Mnr. Coetzee het ongetwyfeld meriete. Daar is geen ander manier waarop respondent se optrede met die beskikking oor die skape, inaggenome die bepalings van die Wet, geregverdig kan word nie.

10. Indien daar geen strafregtelike verrigtinge ingestel word in verband met ‘n voorwerp bedoel in artikel 30(1)(c) nie (soos in die huidige geval), word die voorwerp in terme van artikel 31(1)(a) “teruggegee aan die persoon van wie dit in beslag geneem is, indien so ‘n persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit . . . ”

11. Die enigste vraag wat dus oorbly is of die applikant die skape wettiglik mag besit of nie.

12. Op hierdie punt is dit me. Henriques, wat namens die respondent verskyn, se argument dat die applikant nie die skape wettiglik kan besit in die lig van Van Deventer se botsende aanspraak op eiendomsreg nie. Die betoog is verder dat ek eers ‘n bevinding sal moet maak oor wie eiendomsreg het oor die skape alvorens wettige besit bepaal kan word.

13. Die argument hou egter nie water nie. Die enigste voorwaarde vir herinbesitstelling bepaal deur artikel 31(1)(a) is dat die persoon van wie beslag geneem is die voorwerp wettiglik mag besit en nie dat hy die eienaar moet wees nie. Die wettigheid van die besit moet strafregtelik bepaal word. In Minister v Wet en Orde v Erasmus en ‘n Ander 1992(3) SA 819 AA handel Van Heerden AR met ‘n soortgelyke betoog as dit van die respondent en het die volgende daaroor te sê te 824J-825B.

“Aanvaarding van hierdie betoog sou lei tot die absurde konsekwensie dat, onder andere, ‘n balju wat voor ‘n beslaglegging ingevolge art 20 ‘n saak in beslag geneem het, onder geen omstandighede ingevolge art 31(1)(a) in wettige herbesit van die saak gestel sou kon word nie. Die betoog is in elk geval strydig met die beslissing van hierdie Hof in Minister van Wet en Orde en ‘n ander v Datnis Motors (Midlands) (Edms) Bpk 1989(1) SA 926 (A) op 932-3. Daarvolgens moet die wettigheid van die besit van ‘n voorwerp vir die doeleindes van art 31(1)(a) met verwysing na die strafreg beoordeel word, en moet ‘n voorwerp teruggelewer word aan die persoon van wie dit in beslag geneem is tensy sy besit daarvan wederregtelik, dws strafregtelik onregmatig sal wees,”

14. Wat meer is rus die onus om te bewys dat die applikant se besit van die skape strafregtelik onregmatig is of sal wees op die respondent. In die Datnis saak (na verwys in die Erasmus saak Supra) te 935B-F word die volgende gesê:

“In eerste instansie konstitueer ‘n beslaglegging van ‘n voorwerp ingevolge art 20 van die Wet ‘n vorm van spoliasie wat statutêr gemagtig is. Die uiteindelike oogmerk van die magtiging is dat die voorwerp vir doeleindes van bewyslewering of van ‘n hofbevel beskikbaar moet wees by strafregtelike verrigtinge wat in verband met die voorwerp ingestel mag word. Indien hierdie oogmerk nie bereik kan word nie, óf omdat geen sodanige verrigtinge ingestel word nie óf omdat die voorwerp nie by die verhoor vir bogenoemde doeleindes nodig is nie, verval die raison d’ être van die beslaglegging. Prima facie is die persoon van wie die voorwerp in beslag geneem is dan geregtig op teruglewering daarvan. Die voorwerp is immers uit sy besit ontneem en die doelwit van die gemagtigde besitsontrowing kan nie bereik word nie. Anders gestel, die rede waarom hy nie vroeër teenoor die Staat aanspraak op teruglewering van die voorwerp kon gemaak het nie, bestaan nie meer nie. Artikel 31(1) bepaal dan ook dat die voorwerp aan hom teruggegee moet word onderhewig aan die kwalifikasie dat hy in wettige besit daarvan gestel kan word. Sy aanspraak op inbesitstelling van die voorwerp moet dus heel eerste oorweeg word. By onstentenis van die subartikel sou die Staat verplig gewees het om die voorwerp aan hom terug te besorg nadat behoud daarvan deur die polisie nie meer bogenoemde oogmerk kon dien nie. So gesien, is dit die reël dat hy geregtig op teruggawe van die voorwerp is, en konstitueer die kwalifikasie ‘n uitsondering op daardie reël. Dit kom my daarom voor dat die Wetgewer beoog het dat die Staat moet bewys dat die persoon wat voor die beslaglegging in ongestoorde besit van die voorwerp was vanweë die kwalifikasie nie op teruglewering daarvan geregtig is nie.”

15. In casu is die enigste rede wat die respondent aanvoer vir die weiering van teruggawe van die skape die feit dat daar ‘n dispuut is tussen die applikant en Van Deventer oor eienaarskap. Nêrens in respondent se opponerende stukke word die bewering gemaak dat die applikant die skape vanaf Van Deventer gesteel het en dit dus nie wettiglik kan besit nie. Selfs Van Deventer sê nie dat hy die eienaar is van die skape nie – dit blyk eerder vanaf die dokument dat daar ‘n kontraktuele dispuut is tussen Van Deventer en die applikant, vandaar Van Deventer se ontevredenheid met die applikant se verwydering van die skape vanaf sy perseel.

16. Daar is na my mening geen saak uitgemaak deur die respondent dat dit ‘n misdryf sou wees vir die applikant om die skape te besit nie en moet die skape in terme van artikel 31(1)(a) aan die applikant teruggelewer word.

17. Om terug te keer na die punt in limine. Toe die lede van die veediefstaleenheid die skape gehou het in terme van artikel 30(c) is Van Deventer in die posisie gestel van niks anders as tussentydse oppasser van die skape in die plek van die polisie nie. Van Schalkwyk se woorde tot die effek dat hy die skape gelaat het in die sorg van Van Deventer vir “safekeeping”, is aanduidend hiervan.

In hierdie opsig kan hy dus geag word die agent van die respondent te wees insoverre dit die bewaring van die skape aangaan en het hy geen weselike en direkte belang in die verrigtinge of enige bevel wat gemaak word nie. Dit volg dus dat die punt in limine nie kan slaag nie.

Die volgende bevele word gemaak:

1. Die punt in limine word van die hand gewys

2. ‘n Bevel word toegestaan in terme van bedes 1 en 2 van die Kennisgewing van Mosie.

________

C.C

WILLIAMS

REGTER

Nms. Applikante : Adv. W Coetzee

i.o.v. Engelsman, Magabane Ingelyf

Nms. Respondent: Adv. Henriques

i.o.v Towell Groenewaldt Prokureurs

Datum van verhoor: 16/09/2005

Datum van uitspraak: 24/02/2006

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Minister van Wet en Orde v Datnis Motors (Midlands) (Edms) Bpk 1989 (1) SA 926 (A)

Case cited

Minister v Wet en Orde v Erasmus en 'n Ander 1992 (3) SA 819 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.