Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Van Zyl v Marx (CA&R 109/2007) [2009] ZANCHC 62 (26 June 2009)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the appellant's own use of crude language ('kak') in a business setting undermined his claim to dignity and justified the respondent's reaction in ejecting him from the office. The respondent's conduct was not unlawful or unreasonable in the circumstances, and the incident was too trivial to warrant judicial intervention (de minimis non curat lex). The statement 'if you say I lie, then I say you lie too' was found to be fair comment made in the context of a dispute and did not amount to actionable iniuria. The magistrate's award of R300 for the first claim reflected the trivial nature of the injury, and there were no grounds for appellate interference with the quantum. The appeal was dismissed on both claims, and the appellant was ordered to pay costs.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Gideon Andries Van Zyl

Appellant Counsel: JG Gilliland

Fonnie Marx

Respondent Counsel: AG Van Tonder

Amounts and remedies

  • Damages Awarded by Magistrate (first Claim): ZAR 300
  • Damages Claimed (each Claim): ZAR 25,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Magistrate's Court

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that his dignity and reputation were unlawfully infringed when the respondent ejected him from the office and later accused him of lying. He claimed that these acts amounted to iniuria or, alternatively, defamation, and sought damages of R25,000 for each claim. He contended that the respondent's conduct was not justified and that his status as a respected farmer and long-standing member of the cooperative heightened the injury to his dignity.
Respondent
The respondent raised several defences: the statements were made during a dispute (rixa); the conduct was trivial and did not warrant judicial intervention (de minimis non curat lex); there was no intention to injure; the conduct was not unlawful; the actions were in fulfilment of his duties to the cooperative; the statements constituted fair comment on matters of public interest; and the right to freedom of expression under section 16(1) of the Constitution protected his conduct.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Van der Merwe & Olivier, Die Onregmatige Daad in die Suid-Afrikaanse Reg, 6th ed. at 390

    Iniuria, as distinguished from defamation, involves the infringement of a person's dignitas (self-respect and dignity) rather than fama (reputation in the eyes of others).

  2. 02

    Ramsay v Minister van Polisie 1981 (4) SA 802 (A) at 811; Delange v Costa 1989 (2) SA 857 (A) at 862

    For iniuria, the conduct must be unlawful, determined by the criterion of reasonableness according to the boni mores of society.

  3. 03

    Minister of Police v Mbilini 1983 (3) SA 705 (A) at 716; Delange v Costa 1989 (2) SA 857 (A) at 861

    The defence of de minimis non curat lex applies where the conduct is so trivial that it does not justify judicial intervention.

  4. 04

    Marais v Richard and Another 1981 (1) SA 1157 (A) at 1167; Crawford v Albu 1917 AD 102-114

    Fair comment is a defence to iniuria or defamation if the statement is comment (not fact), is fair, based on true facts, and relates to a matter of public interest.

  5. 05

    Neethling v Du Preez and Others 1995 (1) SA 292 (A) at 301

    Damages for iniuria or defamation are primarily determined by the trial court, and appellate courts have limited power to interfere with the quantum awarded.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the appellant's own use of crude language ('kak') in a business setting undermined his claim to dignity and justified the respondent's reaction in ejecting him from the office. The respondent's conduct was not unlawful or unreasonable in the circumstances, and the incident was too trivial to warrant judicial intervention (de minimis non curat lex). The statement 'if you say I lie, then I say you lie too' was found to be fair comment made in the context of a dispute and did not amount to actionable iniuria. The magistrate's award of R300 for the first claim reflected the trivial nature of the injury, and there were no grounds for appellate interference with the quantum. The appeal was dismissed on both claims, and the appellant was ordered to pay costs.

Obiter and limits

  • The court noted that the use of crude language in a business context can diminish a person's claim to dignity and that societal norms still regard such language as distasteful.
  • The absence of a cross-appeal limited the appellate court's ability to alter the orders made by the magistrate.
  • The court observed that disputes arising from minor incidents should not be escalated to litigation, as this burdens the judicial system with trivial matters.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

  • The appeal is dismissed with costs.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2009] ZANCHC 62

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA

[Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley]

Saakno: CA&R 109/2007

Datum verhoor: 2009-06-15

Datum gelewer: 2009-06-26

In die appél van:

GIDEON

ANDRIES VAN ZYL APPELLANT

versus

FONNIE

MARX RESPONDENT

Coram: MAJIEDT R et WILLIAMS R

UITSPRAAK

MAJIEDT R:

Twee eise vir laster, alternatiewelik iniuria, in die bedrag van R25 000.00 elk, vorm die onderwerp van hierdie appél. Die eise is ingestel deur die Appellant as eiser teen die Respondent as verweerder in die landdroshof te Calvinia. Die Appellant het geslaag in die eerste eis op die alternatiewe

grondslag van iniuria in die bedrag van R300.00 en sy tweede eis is afgewys met koste. Omrede die vonnisbedrag in Appellant se guns op die eerste eis

minder was as die bedrag van R1000,00 wat by wyse van geregtelike inbetaling deur die Respondent gemaak is ingevolge Landdroshofreël

18(2), is daar ‘n kostebevel uitgereik teen die Appellant ten aansien van die verrigtinge ná die datum van geregtelike

inbetaling. Andersyds is die Respondent gelas om die Appellant se koste op die eerste eis te betaal tot en met die datum van

geregtelike inbetaling en op die tweede eis is die Appellant se eis afgewys met koste. Die Appellant kom nou in hoër beroep teen die kwantum van skadevergoeding vasgestel by die eerste eis, te wete in die bedrag van R300,00 soos voormeld, asook teen die afwysing van sy tweede eis. ‘n Aansoek vir die kondonasie van die Appellant se nie-nakoming van die bepalings van Landdroshofreël 51(4) en vir die verlenging van die tydsgrens waarbinne die Appellant se sekerheidstelling afgelewer moes word, is nie bestry nie en is toegestaan soos aangevra.

Die oorkonde is redelik lywig, dit beslaan 7 volumes en 599 bladsye in totaal. ‘n Hele aantal getuies het getuienis gelewer tydens die verrigtinge a quo. Ek moet dadelik ter aanvang die belangrike opmerking maak dat die voorafgaande uiteensetting aangaande die omvangrykheid van die oorkonde en die aantal getuies wat getuig het, ‘n wanbeeld skep van die omvang van die geskil tussen die partye. Met die deurlees van die oorkonde het dit my dadelik opgeval dat uit hierdie twee voorvalle wat die onderwerp vorm van hierdie appél, die spreekwoordelike berg van ‘n molshoop gemaak is. Hierdie is ‘n belangrike aspek en sal ek meer volledig daarna verwys in die loop van die uitspraak. Die belang is naamlik daarin geleë dat die Respondent pertinent as een van sy verwere op beide eise dié van de minimis non curat lex geopper het. Hierdie verweer is weliswaar nie gehandhaaf deur die voorsittende landdros nie, maar vir die redes wat aanstons volg is ek die mening toegedaan dat die landdros in dié bepaalde opsig gefouteer het. Maar ten einde nie die kar voor die perde in te span nie, wend ek my eers na ‘n bondige uiteensetting van die feite, welke grootliks gemeensaak was.

3.1 Die Appellant is ‘n bekende en gerespekteerde boer in die Loeriesfontein omgewing. Hy was tydens die verhoor reeds 80 jaar oud

en was toé alreeds 50 jaar lank ‘n lid van die Loeriesfontein Landbou-koöperasie (waarna ek saaklikheidshalwe verder bloot sal verwys as “die koöperasie”). Die Respondent was te alle tersaaklike tye die bestuurder van die koöperasie en het dié pos ten tyde van die eerste voorval waarop die eerste eis gegrond is, beklee vir ‘n periode van slegs ongeveer 3 maande.

3.2 Op 11 Maart 2004 het die Appellant by die koöperasie aangedoen omdat hy sy BTW-sertifikaat moes inhandig op versoek van die Respondent. ‘n Vorige sertifikaat wat alreeds deur die Appellant aan die koöperasie voorsien is, was klaarblyklik onvoldoende, vandaar die versoek dat die Appellant ‘n verbeterde sertifikaat moes inhandig.

3.3 Die Appellant het tydens hierdie besoek op 11 Maart 2004 vir die Respondent gevra dat hy (die Appellant) insae kry in die sertifikaat wat voorheen ingehandig is. By nalees van hierdie eerste sertifikaat het die Appellant die opinie gevorm dat dit alreeds voldoen aan die voorgeskrewe vereistes van die koöperasie. Hy was klaarblyklik diep ongelukkig oor dié stand van sake en ook oor die meegaande feit dat hy tot die ongerief gestel was om weer by ‘n tweede geleentheid ‘n sertifikaat in te dien. Hy het toe aan die Respondent sekere woorde toegesnou. Alhoewel daar ‘n geringe verskil bestaan aangaande die woorde wat gebesig is, kan aanvaar word dat iets in dier voege deur die Appellant aan die Respondent toegesnou was:

“Watse kak het jy my nou aangedoen?”

3.4 Die Respondent was ontevrede en ongelukkig oor die Appellant se voormelde kru taalgebruik en het die Appellant gelas om sy kantoor te verlaat aangesien hy (die Appellant) ongemanierd is. Daar het ‘n verdere woordewisselling tussen hulle twee plaasgevind, waarna die Appellant toe die Respondent se kantoor verlaat het.

3.5 Die Appellant het op dieselfde dag ene O’Kennedy raakgeloop by die poskantoor en sy ontevredenheid teenoor laasgenoemde uitgespreek aangaande die voorval wat hy ook toe aan O’Kennedy oorvertel het.

3.6 Die Appellant was ontevrede oor die feit dat hy uit die Respondent se kantoor verjaag is en het hy ‘n vergadering van die direksie van die koöperasie aangevra.

3.7 ‘n Vergadering van die direksie is toe belê vir 29 Maart 2004 op versoek van die Appellant. Dié vergadering is deur die meeste van die lede van die direksie van die koöperasie bygewoon. Ene Lambert Brandt, wat die ondervoorsitter van die direksie van die koöperasie was op daardie stadium het, sonder die kennis van die Appellant, ‘n bandopname van die vergadering se verrigtinge gemaak. Die bandopname se inhoud is nie baie duidelik nie, maar was voor die verhoorhof geplaas as bewysstuk. Brandt het by die verhoor namens die Respondent getuig.

3.8 By die voormelde vergadering was die Appellant geleentheid gebied om sy saak te stel en het hy hom bekla oor die feit dat die Respondent hom uit sy kantoor gejaag het, welke hy beweer sy eer en waardigheid gekrenk het. Ek moet daarop wys dat die Respondent toe nie op hierdie stadium aanwesig was nie. Die Appellant was in besit van ‘n skriftelike dokument met die kopskrif: “SKULDERKENNING”. Dit het ‘n apologie vanaf die Respondent vervat met sekere erkennings en het die Appellant daarop aangedring dat die Respondent

dit moes onderteken. Daar is toe konsensus bereik dat die Respondent se aanwesigheid ook by die vergadering bekom moes word, welke toe plaasgevind het.

3.9 Die Respondent het toe hy by die vergadering aangesluit en het sy weergawe van gebeure geskets. Die Appellant het op geen onduidelike wyse herhaaldelik laat blyk dat hy glad nie saamstem met dié betrokke weergawe van die Respondent nie. Hy het onder andere by meer as een geleentheid met sy hand op sy been en ook op die tafel geslaan. Hy het ook herhaaldelik die insinuasie gemaak dat die Respondent onwaarhede kwytraak. By die laaste sodanige geleentheid het die Respondent toe daarop gereageer en vir die Appellant gesê:

“As jy sê ek lieg, dan sê ek jy lieg ook”.

3.10 Die Respondent het geweier om dié sogenaamde “SKULDERKENNING” wat die Appellant laat opstel het te onderteken, omrede hy nie tevrede was met die inhoud daarvan nie. Hy het ook op sy weergawe twee keer om verskoning probeer vra, maar het die Appellant nie daarin belang gestel nie. Die Appellant, aan die ander kant, se weergawe was dat hy glad nie bewus was daarvan dat daar meer as een gepoogde verskoning was nie.

3.11 Pogings om die geskil tussen dié twee by te lê, onder andere op inisiatief van O’Kennedy, was vrugteloos en gevolglik het die Appellant dagvaarding teen die Respondent uitgereik vir skadevergoeding op grond van laster,

alternatiewelik iniuria. Die basis vir die eerste eis is dat die Appellant beweer dat hy belaster is, alternatiewelik dat sy eer en waardigheid gekrenk is, deurdat die Respondent hom uit sy kantoor verjaag het op 11 Maart 2004. Wat die tweede eis aanbetref is dit gebaseer op die feit dat die Respondent vir die Appellant gesê het

Hierdeur is Appellant belaster, alternatiewelik is sy eer en waardigheid gekrenk, só beweer die Appellant.

Die voormelde samevatting van die agtergrondgebeure en feite kan as grootliks gemeensaak aangemerk word, alhoewel daar minder wesenlike verskille was tussen die partye en hul getuies oor wat gesê is en oor wat gebeur het. Dit kan egter aanvaar word vir doeleindes van hierdie uitspraak dat die voormelde samevatting van gebeure in breë trekke juis is.

Die Respondent het op beide eise verskeie ooreenstemmende verwere geopper, naamlik dat die gewraakte uitlatings:

a) Geuiter is tydens ‘n twis; en/of

b) Insoverre dit neerhalend bevind mag word, nie die tussenkoms van ‘n hof regverdig nie (m.a.w. de minimis non curat lex); en/of

c) Nie gemaak is met die opset om te krenk nie; en/of

d) Nie wederregtelik is nie; en/of

e) Geuiter is in die uitoefening van Respondent se plig teenoor die koöperasie; en/of

f) Gemaak is ter beskerming van die koöperasie se belange;

g) Billike kommentaar daarstel ten aansien van ‘n aangeleentheid van openbare belang;

h) Beskerm word deur die reg van vryheid van uitdrukking soos vervat in art 16(1) van die Grondwet, 108 van 1996.

Die Landdros het die eerste eis laat slaag op die alternatiewe basis en wel op grond daarvan dat die uitjaag van die Appellant uit die Respondent se kantoor, eersgenoemde se eer en waardigheid gekrenk het en derhalwe iniuria daarstel. Hy het dit egter van sodanige geringe aard geag dat hy slegs R300.00 (in teenstelling met R25 000.00 wat daarvoor

geëis is, wat ook die geval was met die tweede eis) toegestaan as skadevergoeding aan die Appellant. Ten aansien van die tweede eis het hy ten gunste van die Respondent bevind en die Appellant se eis afgewys op grond daarvan dat die Respondent geslaag het met sy verweer van billike kommentaar.

Die Respondent het nie ‘n teenappél geliasseer nie. Ek is dit eens met Mnr. Van Tonder wat in hierdie appél vir die Respondent opgetree het (hy was nie die regsverteenwoordiger vir die Respondent tydens die verhoor nie), dat dit ‘n jammerte is dat geen teenappél aanhangig gemaak is nie. Ek is die mening toegedaan, vir die redes wat volg, dat die Landdros gefouteer het deur nie een of meer van die Respondent se verwere, opgewerp ten aansien van die eerste eis, te handhaaf nie.

Die onregmatige daad van iniuria wat ook as “belediging” bekend staan, word as volg van laster onderskei deur die outeurs Van der Merwe en Olivier in hul werk Die Onregmatige Daad in die Suid-Afrikaanse Reg, 6de uitg. te 390:

“Hierdie element van laster as onregmatige daad onderskei dit van ‘n ander verskeidenheidsvorm van iniuria wat as belediging bekend staan. Met belediging het ‘n mens te doen waar die krenkende woorde of gedrag nie aan derdes gepubliseer word nie, maar alleen tussen die dader en die benadeelde plaasvind. Die onderskeid tussen laster en belediging is ons insiens daarin geleë dat verskillende kante van die persoonlikheid geskend word: by laster gaan dit om die skending van die fama van die benadeelde, d.w.s. sy gevoel van die eer en agting wat die gemeenskap of lede daarvan ten opsigte van sy persoonlikheid koester; terwyl by belediging die dignitas van die benadeelde geskend word, dit wil sê sy eie gevoel van eer en agting van sy persoonlikheid. Hieruit volg dan noodwendig dat laster slegs gepleeg kan word deur handelinge of gedraginge wat onder die aandag van die gemeenskap kom en daardeur laasgenoemde se agting vir die benadeelde laat daal, terwyl by belediging ‘n handeling of gedraging van die dader teenoor die benadeelde sonder verdere publikasie reeds die benadeelde se eie eergevoel aantas.”

Wat dignitas aanbetref, wys die voormelde outeurs daarop dat ‘n persoon se dignitas onder andere insluit waardigheidsgevoel, kuisheidsgevoel, piëteitsgevoel en selfrespek van ‘n persoon.

Sien: Van der Merwe en Olivier, op cit te 446.

Sien verder ook: Joubert, The Law of South Africa, Vol 8, Deel 1 te par. [80], p 136.

In Whittaker v Roos 1912 AD 92 is die vereistes vir hierdie vorm van iniuria as volg neergelê deur die Appélhof:

a) ‘n Handeling deur ‘n verweerder, welke ondermeer kan bestaan uit die toevoeging van krenkende woorde, beledigende of spottende gedrag waar die minagting

van ‘n ander persoon geopenbaar word, ontneming van bewegingsvryheid, mishandeling van ‘n persoon ens.

b) Die daad van eerkrenking of belediging moet onregmatig wees, welke geleë is in die skending van die reg op die dignitas of eergevoel van ‘n ander persoon. Die toets van die redelikheid van die gedrag speel in dié geval ‘n deurslaggewende rol.

c) Die vereiste van animus iniuriandi is ook ‘n voorvereiste.

Ek ag dit nodig om, gegewe die belang daarvan in die onderhawige appél, uit te brei op die vereiste van onregmatigheid hierbo na verwys. Onregmatigheid word bepaal aan die hand van die kriterium van redelikheid.

Vergelyk: Ramsay v Minister van Polisie 1981(4) SA 802 (A) te 811;

Delange v Costa 1989(2) SA 857 (A) te 862.

Wat hierdie kriterium aanbetref moet ‘n bepaling gemaak word ten aansien van onredelikheid na gelang van die regsgevoel of die boni mores van die gemeenskap. Daarmee saam moet egter in gedagte gehou word dat aanspreeklikheid slegs sal ontstaan waar ‘n eiser kan bewys dat sy of haar subjektiewe gevoelens gekrenk was. Eers wanneer bepaal is of die eiser inderdaad gekrenk gevoel het in sy eer en waardigheid word beweeg na die volgende beslissing, naamlik of die inbreukmaking op die persoonlikheidsreg van eer en waardigheid sódanig is dat ‘n redelike persoon daardeur beledig sou gevoel het. Dit word verder vereis dat die gewraakte woorde of gedrag krenkend, neerhalend of beledigend moes wees en nie van beuselagtige aard nie, voor dit as onregmatig aangemerk kan word.

Vergelyk in dié verband ondermeer:

Minister of Police v Mbilini 1983(3) SA 705 (A) te 716;

Delange v Costa, supra te 861 C-F.

Die kwessie van redelikheid is in Marais v Richard en ‘n Ander 1981(1) SA 1157 (A) te 1168 C beskryf as die “algemene redelikheidsmaatstaf”. Die toets is derhalwe objektief en moet gemeet word aan die heersende norme van die gemeenskap ten einde te bepaal of sodanige woorde of gedrag as onregmatig aangemerk kan word.

In Delange v Costa, supra, te 862 C-E maak Smallberger AR die belangrike opmerking met verwysing na ‘n uitspraak van Jansen AR in Jackson v SA National Institute for Crime Prevention and Rehabilitation of Offenders 1976(3) SA 1 (A) as volg:

“I do not understand the judgment of Jansen JA to suggest that all that is required for a successful action for damages for iniuria are words uttered animo iniuriandi towards another which offend such person's subjective sensitivities, and in that sense impair his dignitas. If this were so it could lead to the courts being inundated with a multiplicity of trivial actions by hypersensitive persons.”

Die geleerde Regter verwys dan ook onder andere na Neethling, Persoonlikheidsreg, 2de uitg te 193 en na Melius De Villiers, The Roman-Dutch Law of Injuries, te 37, waar die geleerde outeur dit as volg stel:

“'so long as an act is outwardly lawful it cannot be an injury, with whatever intention or motive it may have been committed. Even when a person entertaining an injurious intention believes an act which he commits to be injurious when it really is not such, his intention will not affect the character of the act.'

As vertrekpunt moet na my mening deeglik in ag geneem word dat die Appellant op sy eie weergawe die kru en onwelvoeglike woord “kak” gebruik het by die aanvang van sy gesprek met die Respondent wat die eerste eis aanbetref. Reeds so lank gelede as 1972 het ons howe erkenning daaraan verleen dat hierdie bepaalde woord in die Afrikaanse taal ‘n uiters onsmaaklike betekenis het en as kru en onwelvoeglik aangemerk kan word. Watermeyer R stel dit as volg in Muller v SA Associated Newspapers Limited 1972(2) SA 589 (C) te 591 D-F:

“The words are so well known in this country that I do not think it is necessary for me to refer to dictionaries or to translate them. No good purpose would be served by commenting on their equivalent, or equivalents, in the English language, and it is enough for me to say that I agree with Mr. Burger, who appeared for the plaintiff, when he submitted that even in these modern times the main offending word has an extremely distasteful meaning to the average reasonable Afrikaans-speaking South African.”

Mnr. Gilliland wat namens die Appellant voor ons verskyn het (hy was nie die advokaat wat by die verhoor vir die Appellant opgetree het nie), moes uiteindelik toegee tydens betoog dat dié bepaalde woord steeds in vandag se moderne samelewing as kru en onwelvoeglik aangemerk kan word. Ek is die mening toegedaan dat hierdie toegewing onafwendbaar is. Ten spyte van al die veranderinge wat in die laaste dekade plaasgevind het ten aansien van moraliteit en sedes in ons land, is ek die mening toegedaan dat die gebruik van hierdie woord steeds as uiters onsmaaklik deur die gemiddelde Afrikaanssprekende toehoorder beleef word. Hierdie is ‘n belangrike aspek, want dit doen na my mening afbreuk aan die Appellant se beroep op sy eer en sy waardigheid as 80-jarige bekende boer in die Loeriesfontein omgewing en 50-jaarlange lid van die koöperasie. Kortweg gestel: wanneer ‘n mens sulke taal besig in ‘n gesprek teenoor ‘n ander in ‘n besigheidsopset (dit moet nie buite die oog verloor word nie dat die Appellant die gesprek met die Respondent gevoer het in laasgenoemde se kantoor op ‘n besigheidsgrondslag, met ander woorde met Appellant as kliënt van die koöperasie en die Respondent as die bestuurder daarvan) dan moet mens verwag dat die toehoorder se dunk en opinie van jou as mens onmiddellik en onvermydelik aansienlik sal afneem. In sulke omstandighede kan ‘n mens, wanneer jy sulke kru en onwelvoeglike taal gebruik, dan beswaarlik daarop aanspraak maak dat jou eer en waardigheid gekrenk word deur ‘n reaksie wat

ontlok word deur jou eie optrede.

14. In Wiese v Moolman 2009(3) SA 122 (T) het dit gegaan oor ‘n aksie vir genoegdoening op grond van die actio iniuriarum vir beweerde owerspel. ‘n Beroep dat ‘n aksie gegrond op owerspel indruis teen die Handves van Menseregte, onder andere teen art 10 daarvan, is deur Du Plessis R verwerp. Op 129 C-D bevind hy die volgende daaraangaande:

“Wat artikel 10 betref, meen ek nie dat die derde daarop aanspraak kan maak dat sy of haar menswaardigheid nie gerespekteer word as daar bevind word dat hy of sy opsetlik met ander mense se privaatverhouding ingemeng het en daarom aanspreeklik is nie.”

Dieselfde geld ten aansien van die onderhawige saak. Wanneer ‘n mens deur jou eie woorde en/of gedrag afbreuk doen aan ander mense se siening van jou (d.w.s. jou eie menswaardigheid) kan jy jou nie dan op jou eer en waardigheid beroep wanneer daar ‘n teenreaksie is op jou woorde en/of gedrag nie.

Wat nou saamhang met my opmerkings in die vorige paragraaf, is dat die Respondent na my mening nie net geregtig was om die Appellant te vra om sy kantoor te verlaat in die lig van sy kru taalgebruik nie, maar kan die aangeleentheid ook as beuselagtig aangemerk word. Wanneer ‘n mens die omringende feite en omstandighede in ag neem en, gedagtig daaraan dat die Appellant as’t ware die “aggressor” was die bepaalde dag, dan lyk dit vir my dat die reaksie van die Respondent nie van sodanige ernstige aard was dat dit ingryping deur die howe regverdig nie. Die uitjaag van iemand uit jou kantoor wat kru en onwelvoeglike taal gebesig het kan na my mening in vandag se samelewing, met inagneming van bestaande norme en boni mores, as heeltemal aanvaarbaar beskou word. Ek is derhalwe die mening toegedaan dat die Landdros, wat hierdie eerste eis aanbetref, die verweer van de minimis non curat lex ten gunste van die Respondent moes gehandhaaf het.

Daar is nie in hierdie saak ‘n teen-appél nie, soos ek alreeds uitgewys het. Dit beteken dat hierdie Hof op appél slegs kan beslis op die geskil voor hom, naamlik die kwessie van die kwantum op die eerste eis en die afwysing van die tweede eis. Dit is geyk dat ‘n Hof nie beslissings kan maak ten aansien van bevele wat nooit deur die partye aangevra is nie en/of dat ‘n Hof op appél aspekte kan beslis wat nie op appél voor hom is nie.

Sien in die algemeen ondermeer die feitestel en beslissing in Queenstown Girls’ High School v MEC for Education, Eastern Cape 2009(3) SA 268 (CkHC) te 275 C.

Ek moet desnieteenstaande die opmerking maak dat die Landdros se toekenning van kwantum in die bedrag van slegs R300,00 (terwyl, soos gesê, ‘n bedrag van R25 000,00 gevorder is deur die Appellant) sterk aanduidend is daarvan dat hy in elk geval die mening toegedaan was dat hierdie krenking van die Appellant se eer en waardigheid baie gering was. Hoe dit ookal sy, die slotsom waartoe ek kom is dat daar nie met die toekenning van R300,00 ingemeng kan word op appél nie.

Daar is nog ‘n verdere grond waarop ek meen die Respondent se verweer suksesvol op die eerste eis gehandhaaf moes word. Dit is ten aansien van onregmatigheid. Alhoewel die Respondent dit gepleit het as ‘n afwesigheid van wederregtelikheid, meen ek dat die verweer van afwesigheid van onregmatigheid in die uitjaag van die Appellant uit die kantoor, wel sou kon slaag. Soos hierbo aangedui, word onregmatigheid bepaal aan die hand van die heersende regsoortuiginge van die gemeenskap of anders gestel, die boni mores van die algemene publiek. Ek het alreeds tot ‘n groot mate daarmee gehandel hierbo en volstaan ek daarmee deur die bevinding dat die deursnee burger dit nie as onregmatig sal beskou om ‘n persoon wat vloekwoorde gebruik in jou kantoor uit te jaag nie. Dit verbaas my glad nie dat, soos toegegee deur Mnr. Gilliland tydens sy betoog, daar geen gerapporteerde beslissings bestaan waar die uitjaag van iemand uit jou kantoor as ‘n iniuria bevind is en waarvoor skadevergoeding toegeken is nie.

Twis (rixa) kan ook ‘n volkome verweer daarstel in ‘n aksie vir genoegdoening soos die onderhawige geval.

Sien ondermeer: Kernick v Fitzpatrick 1907 TS 389 te 393-4;

Jeftha v Williams 1981(3) SA 678 (C) te 683 C-F.

Ek is van mening dat Mnr. Van Tonder namens die Respondent korrek is in sy submissie dat hierdie onsmaaklike voorval tussen die Appellant en die Respondent wat die eerste eis aanbetref, wel as ‘n twis tussen hulle aangemerk kan word. Mnr. Gilliland het tot die teendeel betoog, maar is dit nie volhoubaar nie. In hierdie geval meen ek dat die Respondent met reg verontwaardig gevoel het aangaande die Appellant se taalgebruik en was hy na my mening geregtig om sy humeur te verloor en die Appellant aan te sê om sy kantoor te verlaat. Dit was grootliks gemeensaak tydens die verhoor (Mnr. Gilliland het namens die Appellant sterk daarop gesteun in sy betoog) dat die Respondent kwaad was en met ‘n harde stemtoon gepraat het toe hy die Appellant gelas het om sy kantoor te verlaat en derhalwe met ‘n mate van aggressie opgetree het. Wat na my mening vasstaan egter is dat die Appellant eweneens kwaad was toe hy by die kantoor van die Respondent aangedoen het – sodanige gegriefdheid het gegaan oor die ongerief wat na sy mening hom aangedoen is deur die Respondent. Gevolglik is ek die mening toegedaan dat twis ook deur die Landdros as ‘n verweer teen die Appellant se eerste eis gehandhaaf kon en moes word.

Ek sluit die bespreking ten aansien van die eerste eis af deur samevattend aan te dui dat na my mening die appél nie kan slaag nie, omrede ek die mening toegedaan is dat een of meer verwere van die Respondent soos hierbo aangedui, suksesvol gehandhaaf moes word deur die Landdros. Aangesien daar geen teen-appél is nie, moet die appél teen die kwantum van die eis wat toegestaan is, afgewys word. Bowendien en in elk geval moet ek byvoeg dat ‘n Hof van Appél uiters beperkte bevoegdheid het om in te meng by die kwantum wat deur ‘n verhoorhof bepaal is in die geval van laster en ander eise vir vergoeding soos bv. vir genoegdoening soos in die onderhawige geval.

In Neethling v Du Preez and Others 1995(1) SA 292(A) te 301 C stel Hoexter AR dit as volg:

“The general rule is that the determination of damages is a function peculiarly within the province of the trial Court. Although in a particular case the interests of justice and convenience will best be served by the determination of damages by an appellate tribunal, the exercise of such power by the latter nevertheless represents an encroachment upon a function which is intrinsic to the trial Court.”

In die onderhawige appél is daar na my mening geen gronde om in te meng met die bevinding en kwantum vasgestel deur die verhoorhof nie.

Ek wend my nou na die tweede eis. Daar sal onthou word dat die Landdros die Respondent se verweer van billike kommentaar gehandhaaf het en die Appellant se eis afgewys het. In Marais v Richard en ‘n Ander, supra te 1167, is die vereistes vir hierdie verweer as volg uiteengesit:

a) Die verklaring wat geuiter is moet kommentaar wees en nie ‘n feitestelling nie;

b) Dit moet billik wees;

c) Die feite waarop dit gebaseer is moet waar wees;

d) Die kommentaar moet verband hou met aangeleenthede van openbare belang.

Sien verder ook:

Crawford v Albu 1917 AD 102-114;

Johnson v Beckett and Another 1992(1) SA 762(A) te 778J – 779D.

Vir soverre daar enigsins twyfel kan wees dat die betrokke woorde van die Respondent (“as jy sê ek lieg dan sê ek jy lieg ook”) wel neerkom op kommentaar, kan verwys word na die beslissing in Crawford v Albu, supra te 114 waar Innes HR dit as volg gestel het:

“Inasmuch as it is the expression of opinion only which is safeguarded, it follows that the operation of the doctrine must be confined to comment. It cannot protect mere allegations of facts. It is possible, however, for criticism to express itself in the form of an assertion of fact deduced from other clearly indicated facts. In such cases it will still be regarded as comment for the purpose of this defence.”

In hierdie saak is die Respondent se woorde klaarblyklik in reaksie gesê op dit wat deur die Appellant voorgehou is. Hy stel dit duidelik as kommentaar deur te begin met die woord “As”. Aldus beskou, meen ek dat daar geen twyfel kan wees in die omstandighede dat hierdie ‘n brokkie kommentaar was wat die Respondent gelewer het op die Appellant se opinie, naamlik dat as die Appellant die opinie huldig dat die Respondent lieg, dan huldig hý (die Respondent) dieselfde opinie aangaande dít wat die Appellant sê.

Mnr. Gilliland het groot klem gelê in sy betoog op die feit dat daar nie gesê kan word dat hierdie woorde in die openbare belang gesê is nie. Openbare belang moet na my mening nie eng uitgelê word in hierdie verband nie. Daar kan beswaarlik betoog word dat die koöperasie nie ‘n semi-openbare instelling is in dié sin dat dit gebruik word deur lede van die algemene publiek nie. In dié opsig dus beklee die Respondent ‘n posisie in die bestuur van ‘n semi-openbare instelling, wat gebruik word deur die publiek waar sy kommentaar wel gesê kan word in openbare belang is, ten minste vir soverre dit die lede, direksie en kliënte van die koöperasie aanbetref. Gevolglik meen ek dat die Landdros korrek was om dié verweer te handhaaf.

Ek is bowendien en in elk geval die mening toegedaan dat die Appellant se tweede eis ook afgewys kon word met ‘n suksesvolle beroep op die verwere van de minimis non curat lex en twis (rixa) vir die redes alreeds hierbo uiteengesit ten aansien van die eerste eis.

Wat die tweede eis dus aanbetref meen ek dat die Landdros se bevinding en beslissing onaanvegbaar is en dat die appél afgewys moet word. Al wat oor bly is die kwessie van koste. Dit spreek vanself dat die koste die uitslag moet volg. Die Appellant se appél behoort afgewys te word ten aansien van beide eise en gevolglik behoort hy die koste van die appél te dra.

Ek reik die volgende bevel uit:

Die appél word afgewys met koste.

______

SA MAJIEDT

REGTER

Ek stem saam:

CC WILLIAMS

NAMENS APPELLANT : ADV

JG GILLILAND

IN OPDRAG VAN : VAN DE WALL & VENNOTE

NAMENS RESPONDENT : ADV

AG VAN TONDER

IN OPDRAG VAN : DUNCAN & ROTHMAN

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Whittaker v Roos 1912 AD 92

Case cited

Ramsay v Minister van Polisie 1981 (4) SA 802 (A)

Case cited

Delange v Costa 1989 (2) SA 857 (A)

Case cited

Minister of Police v Mbilini 1983 (3) SA 705 (A)

Case cited

Jackson v SA National Institute for Crime Prevention and Rehabilitation of Offenders 1976 (3) SA 1 (A)

Case cited

Muller v SA Associated Newspapers Limited 1972 (2) SA 589 (C)

Case cited

Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T)

Case cited

Queenstown Girls’ High School v MEC for Education, Eastern Cape 2009 (3) SA 268 (CkHC)

Case cited

Neethling v Du Preez and Others 1995 (1) SA 292 (A)

Case cited

Marais v Richard and Another 1981 (1) SA 1157 (A)

Case cited

Crawford v Albu 1917 AD 102-114

Case cited

Johnson v Beckett and Another 1992 (1) SA 762 (A)

Case cited

Kernick v Fitzpatrick 1907 TS 389

Case cited

Jeftha v Williams 1981 (3) SA 678 (C)

Case cited

Constitution of the Republic of South Africa, 1996, section 16(1)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.