Visser v Streeklanddros vir die Streekafdeling Noord-Kaap and Others (CA&R 37/05) [2006] ZANCHC 49 (22 September 2006)
The court found that the magistrate was fully aware of his discretion under section 297(7) of the Criminal Procedure Act and had properly considered all relevant factors, including the timing of the offences, the applicant's claims of rehabilitation, and the impact on her family and business. The magistrate's...
Source-derived case information.
- Citation
- [2006] ZANCHC 49
- Parties
- Applicant: Hester A.G. Visser; Respondent: Streeklanddros vir die Streekafdeling Noord-Kaap; Respondent: Direkteur van Openbare Vervolging, Noord-Kaap
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- CA&R 37/05
- Procedural Posture
- Review Application / Judgment on Review of Magistrate's Order Activating Suspended Sentence
- Outcome
- Application dismissed with costs.
- Judges
- Lacock, Williams
- Legal Topics
- Suspended Sentence Activation, Judicial Discretion, Gross Irregularity, Review Proceedings, Costs Order
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Hester A.G. Visser
Applicant
Streeklanddros vir die Streekafdeling Noord-Kaap
Respondent
Direkteur van Openbare Vervolging, Noord-Kaap
Respondent
Procedural Posture
Review Application / Judgment on Review of Magistrate's Order Activating Suspended Sentence
Legal Issues
- 1 Whether the magistrate committed a gross irregularity in activating the suspended sentence without properly exercising judicial discretion.
- 2 Whether the applicant's changed circumstances and rehabilitation justified further suspension of the sentence.
- 3 Whether the magistrate considered all relevant factors in deciding to activate the suspended sentence.
Ratio Decidendi
The court found that the magistrate was fully aware of his discretion under section 297(7) of the Criminal Procedure Act and had properly considered all relevant factors, including the timing of the offences, the applicant's claims of rehabilitation, and the impact on her family and business. The magistrate's reasoning was clear and reflected a balanced consideration of the circumstances. Even if the discretion was exercised differently than this court might have preferred, it did not amount to a gross irregularity or a failure to exercise discretion. The review court is not a court of appeal and cannot interfere merely because it would have reached a different conclusion. The application...
Court Disposition
Application dismissed with costs.
Orders
- The application for review is dismissed with costs.
Full Case Text
Judgment text and source record
117 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: / Case number: CA&R 37/05
Datum verhoor: / Date heard: 18/09/2006
Datum gelewer: / Date delivered: 22/09/2006
In die saak:
VISSER, HAG Applikant
en
DIE STREEKLANDDROS VIR DIE
STREEKAFDELING NOORD-KAAP 1ste Respondent
DIE DIREKTEUR VAN
OPENBARE VERVOLGING 2de Respondent
Coram: Lacock R et Williams R
UITSPRAAK OP HERSIENING
LACOCK R:
Die applikant, me. Hester A.G. Visser, is op 2 Julie 1996 skuldig bevind aan drie aanklagtes van diefstal en is op dieselfde dag as volg gevonnis:
âCounts 32, 33 and 34 taken together for sentence: 4 years imp suspended for 5 years on condition that the accused is not convicted of an offence of which dishonesty is an element committed during the period of suspension where direct imp is imposed without the option of a fine
And
R5084.47 compensation.â
(Aldus die bewoording op haar sogenaamde SAP69 lys van vorige veroordelings).
Dit is gemeensaak dat die applikant destyds in diens was van Teljoy, dat haar skuldigbevindings verband hou met gelde wat sy van haar werkgewer gesteel het, en dat die diefstalle oor ân tydperk plaasgevind het. Die verdere besonderhede van daardie saak is egter onbekend daar dit geblyk het dat die hofleêr daarvan vernietig was.
Vanaf 27 Maart 2001, dit wil sê voordat die opskortingsperiode van 5 (vyf) jaar waarna verwys is in die voorafgaande paragraaf, uitgeloop het, het die applikant weer begin om by verskeie geleenthede wat gestrek het oor ân tydperk van ongeveer ân jaar, gelde van haar werkgewer, toe Griekwaland Wes Koöperasie Bpk, te steel. Sy is op 9 Desember 2004 in die streekhof, Kimberley, skuldig bevind aan 7 aanklagtes van bedrog en waarby ân bedrag van R166 496.36 ter sake was, en ook op 5 aanklagtes van diefstal van ân totale bedrag van R30 279.77. Hierdie aanklagtes is saam geneem vir doeleindes van vonnis, en is die applikant gevonnis tot 6 (ses) jaar gevangenisstraf waarvan 2 (twee) jaar voorwaardelik opgeskort is vir ân periode van 5 (vyf) jaar. Voorts is gelas dat, indien die opgeskorte vonnis van 1996 in werking gestel sou word, twee jaar gevangenisstraf nou opgelê gesamentlik met daardie (opgeskorte) gevangenisstraf uitgedien moes word.
Die Staat het inderdaad kragtens die toepaslike voorskrifte van art. 297 van die Strafproseswet, nr. 51 van 1977, aansoek gedoen vir die inwerkingtreding van die 1996 opgeskorte vonnis. Op 8 Februarie 2006 is hierdie vonnis deur dieselfde streekhoflanddros wat die applikante op die tweede geleentheid skuldig bevind en gevonnis het, in werking gestel. Na aanleiding hiervan doen die applikante nou aansoek vir die volgende regshulp:
âDat die bevel gemaak deur die eerste Respondent op 8/2/2006 dat die opgeskorte vonnis opgelê aan die applikant in saaknommer RCO 232/95 op 2 Julie 1996 in werking gestel word, hersien en tersyde gestel moet word en vervang moet word met ân bevel dat die opgeskorte vonnis verder opgeskort word vir ân termyn op gepaste voorwaardes.â
en koste indien die aansoek opponeer sou word. Die streeklanddros is siteer as die eerste respondent en die Direkteur van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap, as die tweede respondent. Laasgenoemde respondent staan die regshulp soos versoek, teen.
Die aansoek is geskoei op die voorskrifte van art. 24(1)(c) van die Wet op die Hooggeregshof, nr. 59 van 1959, en wat as volg lees:
â(1) Die gronde waarop die verrigtings van 'n laerhof voor 'n provinsiale afdeling, of voor 'n plaaslike afdeling wat hersieningsbevoegdheid besit, in hersiening gebring kan word, is-
(a) â¦
(b) â¦
(c) growwe onreëlmatigheid in verband met die verrigtings; en
(d) ⦠â
Dat ân hersiening van hierdie aard ingevolge die voorskrifte van hierdie wetsartikel gedoen kan word, blyk onder andere uit die volgende beslissings van hierdie Afdeling van die Hooggeregshof, naamlik S v Payachee, 1973(4) SA 534 (NK) en Pheiffer v Landdros, Warrenton, 1977(4) SA 127 (NK). Sien ook S v Peskin, 1997(2) SASV 460 (K) te 464 b tot d. Hoewel Mnr. Nel namens die applikant ons uitgenooi het om die vraag te beslis naamlik of so ân aansoek ook gedoen kan word kragtens die voorskrifte van art. 304(4) van die Strafproseswet van 1977 (sien S v S, 1999(1) SASV 608 (W) ), vind ek dit nie nodig om daardie vraag te beslis nie. Vir doeleindes van hierdie saak sal so ân oefening bloot van akademiese belang wees.
Die voorskrifte van art. 297(7) van die Strafproseswet van 1977, lees as volg:
â (7) 'n Hof wat-
(b) die tenuitvoerlegging van 'n vonnis ingevolge subartikel (1) (b) of (4) opgeskort het; of
(c) â¦
hetsy anders saamgestel al dan nie, of 'n hof met gelyke of hoër regsbevoegdheid, kan, indien oortuig dat die betrokke persoon vanweë omstandighede buite sy beheer nie in staat was om 'n betrokke voorwaarde na te kom nie, of weens 'n ander gegronde en voldoende rede, die oplegging van vonnis verder uitstel of die tenuitvoerlegging van 'n vonnis of, na gelang van die geval, die betaling van 'n boete verder opskort, onderhewig aan enige bestaande voorwaarde of sodanige verdere voorwaardes as wat ten tyde van bedoelde uitstel of opskorting opgelê kon gewees het.â
Die applikant se aansoek is uitsluitlik daarop gegrond dat die streeklanddros ân growwe onreëlmatigheid begaan het deurdat hy versuim het om te bevind dat daar â ân ander gegronde en voldoende redeâ bestaan het om die opgeskorte vonnis vir ân verdere periode op te skort kragtens hierdie artikel. Hierdie is dan ook â benewens die koste van die aansoek â die enigste vraag wat ter beslissing voor ons dien.
Ten tye van die aansoek vir die inwerkingstelling van die opgeskorte vonnis het die applikant asook haar verloofde, Mnr. John Eckenberg getuig. Hul getuienis word betroubaar as volg saamgevat in die voormelde ondersteunende eedsverklaring van die applikant:
Ek het self in die aansoek getuig en het ek die verhoorhof verseker van my opregte berou en dat ek werklik ân les geleer het en reeds gerehabiliteer is sedert ek op 29/11/05 my vonnis uitgedien het.
Ek het ook aan die Verhoorhof voorgehou dat my drie kinders wie tans by hulle vader woon en wie tans nie ân vaste betrekking beklee nie, baie swaar kry.
Ek het verder aan die Verhoorhof voorgehou dat my omstandighede sedert die pleeg van die laaste misdrywe drasties verander het. Ek het saam met my verloofde, wie my as sy gelyke behandel, ân winsgewende besigheid begin waardeur miljoene rande se buitelandse geld jaarliks in die land belê word.
Ek het ook aan die Verhoorhof voorgehou dat, alhoewel ek nie die blaam van my wil afskuif nie, my vorige eggenoot ân groot invloed gehad het tydens die pleeg van daardie misdrywe soos duidelik aangetoon was in die deskundige verslae.
My situasie het tans so ingrypend verander dat daar feitlik geen risiko is dat ek weer by soortgelyke of enige misdrywe betrokke sal raak nie.
My verloofde, John Ekkenberg, het bogenoemde bevestig. Hy het reeds ongeveer agt miljoen rand in Suid-Afrika belê. Hy is afkomstig van Denemarke. Die besigheid wat ons saam begin het, is besig om agteruit te gaan omdat hy nie Afrikaans magtig is nie en glad nie Engels kan lees of skryf nie en ek ân baie groot aandeel het in die organisering en bedryf van die besigheid veral wat die organisering in Suid-Afrika betref. Hy is meer betrokke by die werwing van oorsese kliënte.
Die Tweede Respondent het geen getuienis aangevoer ter weerlegging van die getuienis wat deur my aangevoer was nie.â
Die onderneming waarna hierin verwys word, is ân jag- en foto safari onderneming bekend as Amakulu Safaris.
In haar ondersteunende eedsverklaring tot die kennisgewing van mosie grond die applikant haar aansoek op die volgende beweringe:
Ek word geadviseer dat die verhoorhof se bevel nie onderhewig is aan appèl nie, maar slegs op hersiening geneem kan word op sekere gronde waaronder die begaan van ân growwe onreëlmatigheid in verband met die verrigtinge resorteer.
Ek word geadviseer en is dit my bewering dat die Verhoorhof ân growwe onreëlmatigheid begaan het deur nie sy diskresie om die opgeskorte vonnis in werking te stel of verder op te skort juridies uit te oefen nie, maar dit bloot te sien dat dit outomaties inwerking gestel moet word omdat dit verbreek is.
Ek word verder adviseer dat die Verhoorhof die ondervermelde aspekte hoegenaamd nie in ag geneem het nie of weinig gewig daaraan geheg het.
Die eerste oortreding, waarvoor die inwerkinggestelde opgeskorte vonnis opgelê was, is gepleeg op 20/10/1993. ân Termyn van ongeveer twaalf jaar en 4 maande het verstryk sedert die pleging van die misdrywe tot en met die vonnis inwerking gestel is. Ek word dus nou effektief gevonnis vir misdrywe wat reeds meer as twaalf jaar gelede plaasgevind het.
Verder, soos reeds aangedui, is die opskortingstermyn vir die maksimum van vyf jaar. Ek is gevonnis op 2/7/1996 en het toe weer die nuwe misdrywe gepleeg vanaf 27/3/2001. ân Termyn van vier jaar en agt maande en vyf en twintig dae het verstryk tussen die oplegging van die vonnis en die pleging van die verdere misdrywe. Dit was dus heel aan die einde van my opskortingstermyn.
Ek is reeds, soos deur die Verhoorhof aanvaar, gerehabiliteer en moet nog steeds my vonnis van vier jaar gevangenisstraf uitdien. Die uitdien van ân verdere termyn gevangenisstraf sal dus nie verder bydra tot my rehabilitasie nie, maar sal slegs bydra tot onnodige kostes vir die Staat en die Gevangenisse.
Die omstandighede waaronder ek die laaste misdrywe gepleeg het en die omstandighede wat sal heers na my vrylating verskil so drasties dat daar weinig risiko is dat ek verdere misdrywe sal pleeg. Deur die vonnis verder op te skort sal dit verder dien as afskrikmiddel vir my om weer betrokke te raak by die pleeg van misdrywe.
Die Verhoorhof se versuim om sy diskresie juridies uit te oefen en alle faktore behoorlik in ag te neem kom neer op ân growwe onredelike uitoefening van sy diskresie en word ek adviseer dat die Verhoorhof daardeur ân growwe onreëlmatigheid begaan het.â
Die begrip, âgrowwe onreëlmatigheid in die verrigtingeâ, slaan nie slegs op tegniese onreëlmatighede nie, maar omvat ook (growwe) onreëlmatighede in die voer van die saak wat tot ân regskending gely het, of, anders gestel, tot gevolg gehad het dat reg en geregtigheid nie geskied het nie.
âAn incorrect judgment is not an irregularity: an irregularity refers to the method of conducting the trial and to be gross it must be of such a serious nature that the case was not fully and fairly determined.â
(Harms, âCivil Procedure in the Supreme Courtâ Vol I te B-373).
âAs a rule, where the complaint is against the âresultâ of the proceedings, the appropriate remedy is by way of appeal; where the âmethodâ of the proceedings is attacked, the remedy is to bring the matter in reviewâ.
(Erasmus, âSuperior Court Practiceâ te A1-70)
â⦠where a decision is so grossly unreasonable as to warrant the inference that the decision-maker had failed to apply his mind to the matter in accordance with the behests of the statute and the tenets of natural justice, can this be brought home under para (c) of s 24(1) - 'gross irregularity in the proceedings'? That expression is not confined to defects in the procedure as such. It covers the case where the decision-maker through an error of law misconceives the nature of his functions and thus fails to apply his mind to the true issues in the manner required by the statute, with the result that the aggrieved party is in that respect denied a fair hearing (see, for example, Goldfields Investment Ltd and Another v City Council of Johannesburg and Another 1938 TPD 551; Visser v Estate Collins 1952 (2) SA 546 (C) ). That being a reviewable irregularity under s 24(1)(c), it may be argued (I put it no higher) that a failure properly to apply the mind to the issues, due to a reason other than an error of law, but found to have occurred by way of inference from the gross unreasonableness of the decision, could also be brought home under the section.â
Paper, Printing, Wood & Allied Workers Union v Pienaar NO & Others, 1993(4) SA 621 (A) te 638G â 639A.
Sien ook De Condeicao de Jesus v Magistrate Du Toit NO, [2003]2 All SA 376 (K) te par. 12.
Wat die applikant in wese aanvoer, is eerstens dat die eerste respondent hom gebonde ge-ag het om die opgeskorte vonnis in werking te stel sonder om oorweging te gee aan sy statutêre diskresie verleen in art. 297(7) van die Strafproseswet; alternatiewelik dat hy sy diskresie so willekeurig uitgeoefen het dat dit regtens geensins aangemerk kan word as ân uitoefening van sy diskresie nie. Sou die applikant korrek wees in enigeen van hierdie submissies, sal hierdie Hof geregtig wees om op hersiening in te meng met die beslissing van die eerste respondent daar ân versuim om ân statutêr verleende diskresie uit te oefen, ân onreëlmatigheid in die wyse waartoe tot ân beslissing geraak is, daarstel, en nie neerkom op bloot ân verkeerde uitoefening van ân diskresie nie. Sou sodanige versuim om sy diskresie uit te oefen deur die eerste respondent ân wesenlike regskending tot gevolg hê, het ân growwe onreëlmatigheid geskied. Union Government (Minister of Mines & Industries) v Union Steel Corporation (S.A) Ltd, 1928 AD 220 te 234 â 235; Computer Investors Group v Minister of Finance, 1979 (1) SA 879 (T) te 894 H tot 895 B; Kabuika & Another v Minister of Home Affairs & Others 1997 (4) SA 341 (K) te 344 A â D; Oosthuizen v Landdros, Senekal, en Andere, 2003(4) SA 450 (O) te 454 I â 455 D. Sien ook Paper Printing, Wood & Allied Workers Union v Pienaar NO & Others (supra aangehaal).
Vervolgens ontleed ek die hersieningsgronde waarop die applikant steun en soos hierbo aangehaal.
Eerstens. Het die eerste respondent geoordeel dat hy verplig was om die opgeskorte vonnis in werking te stel en sodoende versuim om sy diskresie ontleen aan art. 297(7) van die Strafproseswet van 1977 hoegenaamd uit te oefen?
Na my mening is daar geen meriete in hierdie argument nie.
Uit die uitspraak blyk dit ondubbelsinnig duidelik dat die eerste respondent terdeë bewus was daarvan dat hy ân diskresie het ten aansien van die inwerkingstelling van die opgeskorte vonnis. Die volgende aanhalings uit die uitspraak bevestig dit:
âMnr Nel het die hof toegespreek en ook verwys na gesag en ân hele aantal ander aspekte en hy is dan van mening dat die Hof sy diskresie so moet uitoefen, dat die opgeskorte vonnis nie vandag in werking gestel word nie, maar net vir ân tydperk verder opgeskort sal word.â
(p. 57)
âDie vraag is nou of die Hof sy diskresie so moet uitoefen om u vonnis vandag verder op te skort.â
(p. 59)
âEk kan nie vir een oomblik glo dat u nie besef het, dat daar ân opgeskorte vonnis is wat moontlik inwerking gestel kan word nie, want per slot van sake is u ân baie intelligente persoon.â
(p. 60)
âEk is steeds van mening, ondanks Mnr Nel se betoog hier, dat dit ân verkeerde besluit van die Hof sou wees indien die Hof vandag besluit om sy diskresie uit te oefen tot die mate dat die Hof net u opgeskorte vonnis opgelê, gedurende 1996, indien dit net verder opgeskort sal word.â
(p. 61)
Voorts spreek die geheel van die uitspraak daarvan dat die eerste respondent alle argumente aangevoer namens die applikant oorweeg het en daarna tot die gevolgtrekking geraak het dat dit verkeerd sou wees om sy diskresie ten gunste van die applikant uit te oefen.
Tweedens. Het die eerste respondent versuim om behoorlike oorweging te gee aan alle tersaaklike faktore, of oorweging gegee aan ontersaaklike faktore wat ân afleiding regverdig dat hy versuim het om sy diskresie regtens uit te oefen?
Die applikant beweer eerstens dat die eerste respondent versuim het om in ag te neem dat haar eerste oortreding gepleeg was op 20 Oktober 1993, dit wil sê ongeveer 12 jaar en 4 maande voordat die opgeskorte vonnis in werking gestel is. Die oorkonde toon aan dat die lys van vorige veroordelings van die applikant voor die eerste respondent was tydens hierdie verrigtinge. Trouens, die eerste respondent het in sy bevel daaruit aangehaal. Op hierdie SAP69 vorm kom die datum waarop die vorige oortredings gepleeg is, duidelik voor. Tydens getuienislewering en in argument is ook verwys na hierdie datum. In sy uitspraak maak die eerste respondent pertinent melding daarvan dat die tweede reeks misdrywe begin pleeg is âbykans op die stadium toe die opgeskorte vonnis al uitgeloop het.â Die eerste respondent was dus ooglopend bewus en het oorweging verleen aan die lang tydsverloop tussen die pleeg van die eerste oortredings en die inwerkingstelling van die opgeskorte vonnis.
In iedere geval is die meer tersake tydsverloop â en soos deur die eerste respondent oorweeg â die tydperk wat verloop het tussen die datum waarop die aanvanklike vonnis opgeskort is (in casu 2 Julie 1996) en die datum waarop die applikant weer soortgelyke misdrywe gepleeg het. Die eerste respondent het ooglopend â anders as aangevoer deur die applikant in par. 4.3.2 van haar funderende eedsverklaring, deeglik oorweging gegee aan die feit dat die applikant die latere misdrywe begin pleeg het enkele maande voordat die opskortingstydperk van die opgeskorte vonnis sou verstryk.
Dat hierdie faktor oorweging moes geniet het, blyk onder andere uit S v Olyn, 1982(3) SA 31(B) te 32.
Die applikant beweer ook dat sy reeds gerehabiliteer was ten tye van die inwerkingstelling van die opgeskorte vonnis, dat die eerste respondent dit so aanvaar het, en dat ân verdere termyn van gevangenisstraf geen doel sou dien nie.
Hierdie stelling is nie heeltemal korrek nie. Wat die eerste respondent hieraangaande gesê het, is die volgende:
âDerhalwe moet die vraag nou gaan rakende die moontlikheid van rehabilitasie. U het hier aangevoer dat u nou wel gerehabiliteer is, u besef u moet boet vir dit wat u verkeerd gedoen het. En dat u nou nie weer by sulke misdaad betrokke sal raak nie. Wel ek vertrou dit is die posisie, maar die feit van die saak is die verlede het ons natuurlik nou die teendeel geleer.â
Hierdie benadering van die eerste respondent kom my uiters redelik voor. Dit is so dat die applikant getuig het dat sy nou volkome sogenaamd haar les geleer het. Feit is egter dat, ten spyte daarvan dat sy met haar eerste oortredings ân geleentheid tot rehabilitasie gebied is, die realiteite getoon het dat sy nie gerehabiliteer het nie, maar inteendeel heengegaan het en nog binne die opskortingstyd weer enorme bedrae geld van haar werkgewer gaan steel het â en dit oor ân tydperk van ongeveer ân jaar.
Die applikant voer voorts aan dat haar omstandighede waaronder die laaste misdrywe gepleeg is en haar huidige omstandighede (dit wil sê voordat sy haar vonnis begin uitdien het) sodanig verskil dat dit die risiko op herhaling van soortgelyke misdrywe negeerbaar maak, en dat die eerste respondent versuim het om oorweging hieraan te gee.
Die eerste respondent het egter deeglik oorweging gegee aan die omstandighede van die applikant soos dit was voordat sy begin het met die uitdien van haar vonnis. Hy sê die volgende hieraangaande:
âMe Visser, die feit van die saak is, dit is nie dat ek nie simpatie vir u het nie, ek het inderdaad simpatie vir u.
Ek het simpatie vir u kinders ook. Miskien die meeste vir hulle, want hulle het niks verkeerd gedoen nie, en as gevolg van u optrede word hulle gestraf, en dit gaan nog vir baie jare ân invloed op hulle hê. So ek aanvaar, sou dit gebeur dat ek u opgeskorte vonnis vandag inwerking stel, dat hierdie kinders nadelig daardeur getref gaan word. U natuurlik ook. Ek het ook gehoor die getuienis van Mnr Eckenberg, rakende die probleme wat hy ervaar noudat u gevangenisstraf uitdien. Dit is praktiese probleme wat hy het.
Dit is inderdaad so dat van hierdie probleme natuurlik vervang kan word indien ander maatreëls getref word, maar die feit van die saak is, en dit is wat ek nou wil sê, is dat dit bring praktiese komplikasies mee, die feit dat u in die gevangenis is. Nie net vir wat julle persoonlike verhouding betref nie, maar dan ook wat die besigheid spesifiek aangaan.â
(p. 57-58)
Dit is ook aan ons voorgehou deur Mnr Nel dat die eerste respondent versuim het om in ag te neem dat die vonnis wat die applikant opgelê is in 1996 ân buitengewoon swaar vonnis was. Dat ook hierdie faktor oorweging geverg het, blyk onder andere uit die uitspraak in S v Peskin, 1997(2) SASV 460 (K) te 464.
Eerstens moet daarop gewys word dat die eerste respondent inderdaad oorweging aan hierdie faktor verleen het. Hy sê die volgende hieraangaande in sy uitspraak:
âDit is inderdaad natuurlik so, dat om my nou uit te laat oor die misdrywe wat u nou gepleeg het gedurende 1993, baie moeilik sal wees as gevolg van die feit dat die inligting nou nie voor ons is nie. En ek wil nie daaroor spekuleer nie. Op die oog af dink ek Mnr Nel is reg dat, kan dalk gesien word as ân swaar vonnis. En ek dink hy verwys spesifiek daarna as gevolg van die bedrag wat u aan Teljoy moes terug betaal. Wat die inhoud van die res van die aanklagte betref, dit is nie duidelik voor die Hof nie. Maar ek stem saam, so op die oog af kom dit swaar voor.
Ek kan nou nie sê dat dit enigsins buitensporig is nie as gevolg van die feit, soos ek reeds gesê het, dat die feite nou nie voor ons is nie.â
(p. 58-59)
Tweedens is dit soos die eerste respondent opgemerk het dat die feitelike omstandighede van die eerste saak nie voor hom geplaas was nie. ân Vonnis van 4 jaar gevangenisstraf (selfs in die geheel opgeskort) kom swaar voor vir ân eerste oortreder vir diefstal wat gepaardgaan met ân vergoedingsbevel van R5 084.47. Wat egter totaal onseker is, is of die applikant slegs skuldig bevind was van die drie klagtes van diefstal waarvan die totale slegs R5 000.00 beloop het, en of sy skuldig bevind was aan diefstalle van veel hoër bedrae, maar toe nog slegs R5 000.00 aan Teljoy verskuldig was. Ook is dit onseker of sy skuldig of onskuldig gepleit het, en of sy byvoorbeeld enige berou getoon het. Ook is die aard van die pleeg van die misdrywe onbekend en of dit byvoorbeeld gepaard gegaan het met enige mate van geslepenheid. Ook is die tydperk waaroor dit gepleeg is, onbekend.
Laastens, moet ook in gedagte gehou word dat geen appèl teen daardie vonnis aangeteken is nie.
Die applikant het ook nie tydens getuienislewering in die onderhawige aangeleentheid, enige verdere lig gewerp op die omstandighede van die eerste saak op grond waarvan ân oorwoë mening aangaande die onvanpastheid al dan nie van daardie vonnis gevorm kon word nie. Enige afleiding deur die eerste respondent sou alleen spekulatief van aard wees.
Ten slotte wys ek daarop dat die vonnis deur die eerste respondent die applikant opgelê op die tweede saak, en waarkragtens hy onder andere gelas het dat 2 jaar van daardie vonnis saam uitgedien moes word met die tydperk van die opgeskorte vonnis indien dit in werking gestel sou word, op appèl voor twee regters van hierdie Afdeling gedien het. Die geheel van daardie vonnis is op appèl oorweeg en is die appèl van die hand gewys.
Uit hoofde van die voorgaande is ek geensins oortuig dat die eerste respondent ân growwe onreëlmatigheid soos bedoel in art. 24(1)(c) van die Wet op die Hooggeregshof, nr. 59 van 1959, hierin gepleeg het nie. Trouens, ek is tevrede dat hy sy diskresie ontleen aan art. 297(7) van die Strafproseswet van 1977 behoorlik verstaan en uitgeoefen het. Selfs al sou gesê kan word dat hy sy diskresie verkeerdelik uitgeoefen het of dat hierdie Hof moontlik die diskresie anders sou uitgeoefen het, regverdig dit nie inmenging op hersiening nie. Hierdie is nie ân Hof van appèl nie.
âIt is important, when considering a matter such as this, to bear in mind the main distinction between an appeal and a review, and that is that the Court will on appeal set aside a decision when it is satisfied that it was wrong on the facts or the law, whilst judicial review is in essence concerned not with the decision but with the decision-making process.â
Anchor Publishing Co. Ltd. v Publications Appeal Board, 1987(4) SA 708 (T) te 728 D.
Die aansoek kan dus nie slaag nie.
Mnr Nel het ons versoek om geen bevel ten aansien van koste hierin te maak nie en wat ook al die resultaat van die aansoek. Mnr Schreuder namens die tweede respondent het daarteenoor aangevoer dat daar geen rede is om nie die normale bevel ten aansien van koste te verleen nie, naamlik dat koste die resultaat van die aansoek sal volg nie.
Ek meen dat Mnr Schreuder gelyk gegee behoort te word. Selfs al sou die aard van die aansoek soos deur Mnr Nel betoog, âân strafregtelike karakterâ bevat, bly dit in wese ân siviele aangeleentheid. Die normale reëls toepaslik op herieningsaansoeke is steeds geldend en is ook deur die partye toegepas en nagevolg. Die kennisgewing van mosie bevat dan ook ân bede vir koste ingeval die aansoek teengestaan sou word.
Bygevolg is daar myns insiens geen rede waarom die applikant nie gelas behoort te word om die koste van die aansoek te betaal nie. Sien Pheiffer v Landdros, Warrenton, 1977(4) SA 127 (NKA) te 135 A.
Vervolgens word die volgende bevel hierin verleen:
DIE AANSOEK WORD VAN DIE HAND GEWYS MET KOSTE.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek stem saam.
CC Williams
Namens appellant: Adv IJ Nel (i.o.v. André Potgieter & Vennote, Kimberley)
Namens respondent: Adv JJ Schreuder (i.o.v. Elliott, Maris, Wilmans & Hay, Kimberley)