Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Vlok v Engen Petroleum Ltd (3459/2009) [2012] ZAFSHC 52 (22 March 2012)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the taxing master erred in failing to distinguish between costs attributable to the first and second respondents, as required by the court order. Where costs were clearly referable to the first respondent, they should be allowed in full; where costs were shared or indistinguishable, only half should be allowed. The court reviewed each item in the taxed bills and indicated the correct apportionment or reduction for each. The court also ordered that the costs of the review of taxation be paid by the applicant's attorneys to the first respondent, as these costs were minimal and fairness required such an order.

Court disposition

Review of taxation partially upheld; costs apportioned as indicated for each item. Applicant's attorneys ordered to pay R500.00 to the first respondent for the costs of the review.

Orders

  • The amounts or proportional reductions for each item are as indicated above.
  • The respondent is ordered to pay R500.00 to the applicant as costs of the review of taxation.

02

Material facts

Parties

Jacques Vlok

Applicant Counsel: Maree

Engen Petroleum Limited

Respondent Counsel: Gerdener

Amounts and remedies

  • Costs Taxed (mc Intyre & Van Der Post): ZAR 34,784.85
  • Costs Taxed (lanham Love Attorneys): ZAR 107,857.85
  • Total Taxed Costs: ZAR 142,642.7
  • Costs of Review of Taxation: ZAR 500

03

Procedural history

  1. Posture

    Review Application / Review of Taxation Under Rule 48

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contended that the costs should be apportioned according to the work attributable to each respondent. Where costs are clearly distinguishable, only those relating to the first respondent should be allowed. The applicant argued that the taxing master erred by allowing costs that should have been divided or excluded, referencing the principle that each issue should bear its own costs.
Respondent
The respondent argued that Engen was entitled to claim against both respondents jointly under Rule 10(1), and that the taxing master's discretion should not be interfered with lightly. The respondent maintained that the costs incurred were necessary regardless of the number of respondents and that the full costs should be allowed, except where the court order expressly limited costs to a particular respondent.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    ESTATE WEGE v STRAUSS 1932 AD 76 at 86

    Where costs are easily distinguishable and attributable to a specific respondent, the taxing master must make that distinction.

  2. 02

    PAYEN COMPONENTS SOUTH AFRICA LTD v BOVIC GASKETS CC AND OTHERS 1999 (2) SA 409 (W)

    If costs cannot be easily distinguished, such as counsel's argument relating to multiple parties, only half should be allowed.

  3. 03

    General principle from South African costs jurisprudence

    Standard format documents generally required in litigation should be allowed in full, as their preparation is necessary regardless of the number of respondents.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the taxing master erred in failing to distinguish between costs attributable to the first and second respondents, as required by the court order. Where costs were clearly referable to the first respondent, they should be allowed in full; where costs were shared or indistinguishable, only half should be allowed. The court reviewed each item in the taxed bills and indicated the correct apportionment or reduction for each. The court also ordered that the costs of the review of taxation be paid by the applicant's attorneys to the first respondent, as these costs were minimal and fairness required such an order.

Obiter and limits

  • Parties should not be compensated disproportionately for work done in litigation.
  • The taxing master may lack the litigation experience to assess which submissions relate to which respondent, making apportionment necessary.
  • Agreements between parties on cost apportionment should be accepted by the taxing master.

Court disposition

Review of taxation partially upheld; costs apportioned as indicated for each item. Applicant's attorneys ordered to pay R500.00 to the first respondent for the costs of the review.

  • The amounts or proportional reductions for each item are as indicated above.
  • The respondent is ordered to pay R500.00 to the applicant as costs of the review of taxation.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2012] ZAFSHC 52

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Aansoek Nr. : 3459/2009

In die aansoek van:-

JACQUES

VLOK .................................................................................Applikant

(1ste Respondent in die hoofaksie)

en

ENGEN

PETROLEUM LIMITED .........................................Respondent

(Applikant in die hoofaksie)

_____________

CORAM: KRUGER, R

GELEWER OP: 22 MAART 2011

UITSPRAAK OP HERSIENING VAN TAKSASIE

I INLEIDEND

[1] Hierdie is ’n hersiening van taksasie. Ten einde verwarring te voorkom word die partye beskryf soos in die hoofaksie. Die applikant het die eerste respondent aangespreek vir betaling van ‘n petrolrekening, en die tweede respondent as borg. Jordaan, R het op 9 September 2010 vonnis gegee soos volg:

“2. Against 1st Respondent;

a) The 1st Respondent to pay the amount of R750 000-00 plus interest at the rate of 15,5% per annum from 1 June 2009 till date of payment.

b) 1st Respondent to pay the costs of the application in respect of the claim against 1st Respondent.

3. Against 2nd Respondent;

a) The 2nd Respondent to pay the amount of R2385,58 plus interest at prime + 2% per annum from 30 March 2007 till date of payment.

b) Applicant to pay the costs in respect of the claim against 2nd Respondent.”

Wat die verweer betref wys Mnr Maree namens die applikant daarop dat die respondente se Opponerende Beëdigde verklaring in die hoofaksie aan dui dat die 1ste Respondent in die hoofaksie slegs op die geldigheid al dan nie van die sertifikaat wat sertifiseer welke bedrag verskuldig is gesteun het. Die 2de Respondent se verweer was dat hy onthef is van sy borgstelling en was hy suksesvol met hierdie verweer wat meegebring het dat ‘n kostebevel in sy guns verleen is.

[2] Dus, wat die koste betref, is die eerste respondent gelas om die koste van die aansoek ten opsigte van die eis teen die eerste respondent, te betaal. Wat die tweede respondent se koste betref, is applikant gelas om dit te betaal. Taksasie is deur die takseermeester Mnr Paul Modise gedoen op 9 September 2011. Daarin is eerste respondent gelas om aan applikant te betaal:

Mcintyre & Van Der Post – R 34 784,85

Lanham-Love Prokureurs – R 107 857,85

R 142 642,70

[3] Wat die tweede respondent se koste betref, waar die Hof gelas het dat applikant tweede respondent se koste betaal, is die kosterekening onderling geskik.

[4] Al wat dus relevant is, is die bedrag wat eerste respondent aan applikant moet betaal. Die probleem ontstaan by die interpretasie van die hofbevel met betrekking tot die bedoeling oor die toedeling van koste aan die tweede respondent. Die eerste respondent se prokureurs, Schoeman Maree, veg in hulle aansoek om hersiening van taksasie 46 items aan.

[5] Die takseermeester, Mnr Modise is nie meer in die staatsdiens nie, en in sodanige geval is die huidige praktyk by hierdie hof dat die regter en die partye probeer om konsensus te bereik oor hoe om met die aangeleentheid te handel. Ek het beide prokureurs gespreek en hulle was dit eens dat hier nie ’n gestelde saak nodig was nie en dat ek die Hersiening van Taksasie in kamers sonder enige betoog kan afhandel met gebruik van die volgende dokumente:

(i) Die twee getakseerde rekeninge met die takseermeester se notas daarop soos getakseer op 9 September 2011.

(ii) Kennisgewing van Hersiening van Taksasie ingevolge Hofreël 48(1) gedateer 5 Oktober 2011.

(iii) Antwoord op Kennisgewing van Hersiening van Takasie ingevolge Hofreël 48(1) gedateer 9 Maart 2012.

(iv) Applikant se Replikasie gedateer 12 Maart 2012.

[6] Wat die interpretasie van die Hofbevel betref, sê Mnr Maree namens eerste respondent dat die algemene reël wanneer

geskilpunte onderskeibaar is, elke geskilpunt sy eie koste dra, met verwysing na ESTATE WEGE v STRAUSS 1932 AD 76 te 86.

[7] Mnr Gerdener, namens die respondent in die taksasie (Engen, applikant in die Hoofaansoek) se standpunt is dat Engen geregtig was om die twee respondente saam aan te spreek soos bedoel in Hofreël 10(1). Verder sê Mnr Gerdener dat die hof nie geredelik inmeng met die uitoefening van die takseermeester se diskresie nie. Omdat die tweede respondent substantieel suksesvol was in die Hoofaksie, sê Mnr Gerdener dat die hof se bedoelding was dat tweede respondent se koste uitgesluit moes word by bepaling van die koste wat eerste respondent aan applikant moet betaal.

Dit is moeilik om toe te gee aan die deskundige kennis van die takseermeester waar die redes vir die takseermeester se besluit nie voor die hof is nie, soos hier, waar die partye ooreengekom het dat daar nie ‘n gestelde saak hoef te wees nie.

II BEGINSELS

[8] Waar die koste van meerdere partye bepaal word, omdat net seker partye se kostes toegelaat is, geld die volgende beginsels:

(i) Waar koste maklik onderskeibaar en identifiseerbaar aan ‘n spesifieke respondent toegedig kan word, moet die takseermeester daardie onderskeide tref.

(ii) Waar die koste nie maklik onderskei kan word, byvoorbeeld op watter party se saak ‘n advokaat se betoog betrekking het, word eenvoudig die helfte toegelaat. Dit is dikwels moeilik, of onmoontlik om te bepaal watter gedeelte van ‘n advokaat se betoog op een applikant of respondent se saak betrekking het, en watter deel op die ander.

(iii) Dokumente met ‘n standaard formaat wat oor die algemeen ‘n gemiddelde aantal bladsye beslaan ten spyte van die hoeveelheid respondente en wat in elk geval opgestel sou moes word, word ten volle toegelaat, soos byvoorbeeld ‘n Kennisgewing van Mosie of Enkelvoudige Dagvaarding.

(iv) Die partye kan dikwels ooreenkom watter persentasie van ‘n betrokke party se koste toegelaat moet word, en dan sal die takseermeester daardie ooreenkoms aanvaar en dienooreenkomstig takseer.

(v) Mens moet in gedagte hou dat die takseermeester nie noodwendig die litigasie ervaring het wat hom of haar instaat stel om te beoordeel welke feitlike bewerings of submisisies op watter respondent (of op albei) betrekking het nie.

(vii) Partye moet nie buite verhouding vergoed word vir die werk wat hulle gedoen het nie (PAYEN COMPONENTS SOUTH AFRICA LTD v BOVIC GASKETS CC AND OTHERS 1999 (2) SA 409 (W)). Eweneens moet parye nie vergoed word vir meer as wat die hof bedoel het dat hulle vergoed word nie.

[9] Dit wil voorkom of die takseermeester op sterkte van die argument ten behoewe van die applikant, wat in die antwoord op die kennisgewing van die hersiening van taksasie herhaal word, aangedui het dat die applikant in die hoofaksie geregtig is op sy volle koste van die geheel van die aansoek ondanks die bevel wat deur die verhoorhof gemaak is. Dit lyk of die takseermeester se denke was dat die koste aangegaan moes word, maak nie saak of daar een of twee respondente was nie. Hierdie uitgangspunt gee nie gevolg aan die bedoeling van die hof toe hy die kostebevel gemaak het, en uitdruklik slegs ‘n gedeelte van die koste toegelaat het.

III MCINTYRE & VAN DER POST REKENING

[10] Item 2

Bloemfontein prokureur ontvang Kennisgewing van Mosie, Funderende Eedsverklaring en Aanhangsels en gaan dit deur.

Die beswaar is dat slegs 30 bladsye van die Funderende Eedsverklaring en 53 blaaie van die aanhangsels van toepasing is op eerste respondent. 128 bladsye is deur die takseermeester toegelaat. Die stukke is deur die opdraggewer opgestel, en moes deur die Bloemfontein korrespondent deurgelees word.

Die hof het slegs die koste ten opsigte van die eerste respondent toegelaat. Hierdie is ‘n geval waar koste ten opsigte van die eerste en tweede respondente duidelik onderskeibaar is. Net 30 bladsye van die Funderende Eedsverklaring moes toegestaan gewees het, en net 53 bladsye van die aanhangsels. Dit beteken dus dat R1 455,00 afgetakseer moet word.

[11] Item 3

Afskrifte gemaak vir self en betekening.

Dieselfde proses moet hier geld.

30 plus 53 bladsye se afskrifte x 3 moet toegelaat word.

[12] Item 18 – 21

Betekening op die tweede respondent.

By hierdie items is die bedrae deur die takseermeester afgetakseer ten opsigte van betekening op die tweede respondent. Niks is toegelaat nie. Daar is dus nie ‘n rede om beswaar teen hierdie items aan te teken nie.

[13] Items 24

Telefoniese konsultasie met opdragewende prokureur.

Hier was ‘n beswaar. Die takseermeester se nota sê oor hierdie R 118,30 en R 21,20 “Allowed due to settlement”.

Hierdie item word dus nie weer oorweeg nie. ‘n Party kan nie by ‘n hersiening van taksasie besware teen items opper waarteen nie by taksasie beswaar gemaak is nie (Reël 48(1)).

[14] Item 25

Ontvang en deurlees van applikant se Aanvullende Verklaring met aanhangsels, 101 bladsye.

Die takseermeester het die volle bedrag van R 3 585,50 toegelaat. Die beswaarmaker sê hier moes slegs helfte toegelaat gewees het. Die item is nie maklik deelbaar nie, en slegs die helfte moet toegelaat word. Hierdie bedrag moet halveer word.

[15] Item 26

Kopiee.

Hierdie item loop saam met item 25 en die bedrag moet ook halveer word.

[16] Item 31

Tweede respondent se Antwoordende Eedsverklaring.

Die hoof Antwoordende Eedsverklaring is deur tweede respondent gemaak, en eerste respondent het dit net bevestig. Hier is nie ‘n duidelike onderskeid en die koste moet halveer word.

Dus: R 2 946,50 ÷ 2 = R 1 473,25.

[17] Item 32

Kopieer van Antwoordende Eedsverklaring.

Hierdie item loop saam met item 31, en moet ook halveer word.

[18] Item 47

Repliserende Verklaring.

Hierdie koste is in totaal toegelaat, Mnr Maree sê slegs vier bladsye is aan eerste respondent gewy.

Hierdie item is nie maklik onderskeibaar nie, en slegs die helfte moes toegelaat gewees het.

Dus: R 2 520,50 ÷ 2 = R 1 260,25.

[19] Item 63

Deurlees van Applikant se Betooghoofde.

Hierdie bedrag moet halveer word.

Dus: R 688,00 ÷ 2 = R 344,00.

[20] Item 65

Hierdie volle bedrag was reeds afgetakseer.

[21] Item 66

Deurlees Respondent se Betooghoofde.

Hier moet die helfte afgetakseer word.

Dus: R 602,00 ÷ 2 = R 301,00.

[22] Item 67

Hierdie item loop saam met item 66, net helfte moet toegelaat word.

Dus: 28 ÷ 2 = 14 bladsye.

IV LANHAM-LOVE PROKUREURS REKENING

(Opdraggewende Prokureur van Engen)

[23] Item 1

Telefoonoproep – instruksie van kliënt.

Hier is R710,00 toegelaat. Hier moet die helfte afgetakseer word.

Dus: R 710,00 ÷ 2 = R 355,00.

[24] Item 2

Deurlees van aanhangsels tot die aansoek.

Vir 85 Bladsye was R 3 017,50 was toegelaat. Hier is dit duidelik bepaalbaar watter bladsye op die eerste respondent betrekking het, en watter op die tweede respondent. Hier moes slegs 53 bladsye toegelaat word.

Dus: 53 Bladsye = R 1 881,50.

[25] Item 3

Opstel van Funderende Eedsverklaring.

Hier is 36 bladsye toegelaat, slegs 30 moes toegelaat gewees het. Dit is ‘n onderskeid wat duidelik bepaalbaar is.

Dus: 36 Bladsye = R 6 390,00,

Word: 30 Bladsye = R 5 325,00.

[26] Item 5

Advokaat skik Funderende Eedsverklaring.

36 bladsye was toegelaat teen R 1 278,00, slegs 30 moes tegelaat gewees het.

Dus: 30 Bladsye = R 1 065,00.

[27] Item 6

Afskrifte gemaak van aanhangsels by Funderende Eedsverklaring.

Die Aanhangsels by die Funderende Eedsverklaring is reeds hierbo bespreek in die Mcintyre & Van Der Post Rekening, item 2. Slegs 53 bladsye van die aanhangsels het betrekking op eerste respondent.

Slegs 53 bladsye x 3 moet toegelaat word.

[28] Item 8

Opstel van Kennisgewing van Mosie.

Die beswaarmaker sê hy moet slegs die helfte betaal. Feitlik die geheel van die Kennisgewing van Mosie handel met die eerste

respondent. Een paragraaf handel met die tweede respondent. Die Kennisgewing van Mosie is ’n standaard tipe dokument, waarvan

die koste in die geheel toegelaat moet word omdat dit, veral in hierdie geval, ‘n baie klein verskil maak dat twee respondente

betrokke was. Die koste is tereg toegelaat deur die takseermeester.

[29] Item 10

Advokaat se koste vir skik van Funderende Eedsverklaring.

Die Advokaat se fooi is nie deelbaar nie. R 5 130,00 moet deur twee gedeel word, en slegs helfte van die advokaat se fooi moet toegelaat

word omdat slegs die eerste respondent se koste toegelaat is.

[30] Items 13 - 17

Applikant se Aanvullende Eedsverklaring.

Net soos by item 25 op McIntyre & Van Der Post se rekening, moet hierdie bedrae halveer word:

Item 13 = R 2 769,00 ÷ 2 = R 1 384,50.

Item 14 = R 3 017,50 ÷ 2 = R 1 508,75.

Item 15 = R 245,50 ÷ 2 = R 122,75.

Item 16 = R 710,50 ÷ 2 = R 355,25.

Item 17 = R 603,50 ÷ 2 = R 301,75.

[31] Item 18

Afskrifte van aanhangsels by hierdie verklarings.

Hierdie items is dieselfde as McIntyre & Van Der Post se rekening, item 26, en moet ook halveer word. Slegs drie stelle is geëis.

Dus: R 561.60 ÷ 2 = R 280,50.

[32] Item 24

Deurlees van die respondente se Antwoordende Eedsverklaring.

Hierdie item is soortgelyk aan item 31 op McIntyre & Van Der Post se rekening. Hier is nie ‘n duidelike onderskeid tussen die dele wat op eerste respondent betrekking het, en dele wat met tweede respondent se saak handel nie. Die bedrag moet halveer word.

Dus: R 3 017,50 ÷ 2 = R 1 508,75.

[33] Item 25

Afskrifte van die respondente se Antwoordende Eedsverklaring.

Hierdie item loop saam met item 24 en moet halveer word.

[34] Item 26

Waardeerder se betaling en deurlees van sy rekening, ten opsigte van ‘n waardasie by die Repliserende Eedsverklaring.

Hierdie item betref ‘n waardasie van Erf 726, Barret Straat, Frankfort. Bede 3 van die Kennisgewing van Mosie handel met ‘n

Dekkingsverband wat die eerste respondent gegee het oor daardie erf. Bede 4 van die Kennisgewing van Mosie handel met ‘n

Sekuriteitswaarborgverband wat die eerste respondent oor daardie selfde erf gegee het. Dus het hierdie waardasie betrekking op die saak teen eerste respondent. Daar is wel ‘n persoonlike borgakte (bladsy 124 van die hofstukke) wat die tweede respondent

geteken het. Dit het op die oog af niks met die waardasie te doen nie. Hierdie was koste van die eerste respondent en is tereg deur die takseermeester toegelaat. Die bedrae van R 106,50 vir die deurlees, en uitgawe R 1 500,00 is tereg toegelaat.

[35] Item 27

Aanhangsels tot Repliserende Eedsverklaring.

Die nie moontlik vir ‘n takseermeester om hier onderskeide te tref oor watter dele betrekking het op die eerste respondent, en watter met die tweede respondent handel, en hierdie eis moet halveer word.

Dus: R 1 562,00 ÷ 2 = R 781,00.

[36] Item 28

Opstel van applikant se Repliserende Eedsverklaring.

Hierdie item loop saam met item 27 en moet halveer word.

Dus: R 3 372,50 ÷ 2 = R 1 686,25.

[37] Item 30 en 31

Twee konsultasies met Advokaat om Repliserende Eedsverklaring te skik.

Twee items van elke 3 ure word geëis.

Die praktiese oplossing is om slegs een toe te laat wat dieselfde effek sal hê as om die koste te halveer. Dus moet ten opsigte van items 30 en 31 slegs R 2 130,00 toegelaat word.

[38] Item 32

Deurlees van Repliserende Eedsverklaring soos geskik deur Advokaat.

Hierdie bedrag moet halveer word.

Dus: R 674,50 ÷ 2 = R 337,25.

[39] Item 38

Afskrifte van aanhangsels tot Applikant se Repliserende Eedsverklaring.

Die beswaarmaker meen dat geen van die aanhangsels op die eerste respondent betrekking het nie. Die aanhangsels het egter wel betrekking op die eerste respondent; byvoorbeeld bewys ten opsigte van die eiendom waar beide respondente betrokke was.

Hierdie item loop saam met item 27, en moet halveer word.

[40] Item 39

Advokaatsfooie vir oorweging van die Antwoordende Eedsverklaring en skik van Repliserende Eedsverklaring.

Die takseermeester het die volle bedrag toegelaat. Die beswaarmaker sê hierdie bedrag moet pro rata verdeel word.

Dit is nie moontlik om ‘n onderskeid te tref nie, en die item moet halveer word.

Dus: R 16 245,00 ÷ 2 = R 8 122,50.

[41] Item 44

Advokaatsfooie vir skik van Antwoordende Eedsverklaring.

Dit is nie moontlik om ‘n onderskeid te tref, en die bedrae moet halveer word.

Dus: R 1 710,50 ÷ 2 = R 855,25.

[42] Item 49

Betooghoofde van Advokaat.

Dit is nie moontlik om ‘n onderskeid te tref tussen watter dele op die eerste respondent betrekking het, en watter op die tweede nie. Die takseermeester het die volle bedrag toegelaat. Die eis moet halveer word.

Dus: R 731,00 ÷ 2 = R 365,50.

[43] Item 50

Afskrifte van Betooghoofde.

Dieselfde oorwegings as by item 49 geld. Net drie stelle afskrifte moet toegelaat word.

Dus: R 136,00 ÷ 2 = R 68,00.

[44] Item 53

Deurlees van respondente se Betooghoofde.

Dit takseermeester het die volle bedrag toegelaat. Dis nie moontlik om ‘n onderskeid te tref nie. Die eis moet halveer word.

Dus: R 602,00 ÷ 2 = R 301,00.

[45] Item 54

Die bedrag moet halveer word.

Dus: R 28,50 ÷ 2 = R 14,00.

[46] Item 55

Reis en bywoning van hof.

McIntyre & Van Der Post (Bloemfontein Prokureurs) het nie die hof bygewoon nie. Dus was Lanham-Love Prokureurs (die korrespondent) geregtig om die hof by te woon. Hierdie koste moet halveer word.

Dus: R 1 704,00 ÷ 2 = R 852,00.

[47] Item 56

Reiskoste van Gauteng Advokaat.

Die deurlees van die rekening val weg. Die takseermeester het die uitgawe van R 8 487.27 vir vlug- en reiskoste toegelaat. Normaalweg is ‘n party nie geregtig op die reiskoste van ‘n buite-advokaat by ‘n hof waar ‘n balie is nie. Die beswaarmaker bied R3,50 per kilometer aan. Vir 1000km is dit dus = R 3 500,00.

Hier moet dus R 3 500,00 toegelaat word.

[48] Item 59

Advokaatsfooie vir voorbereiding en betoog.

Die aantal ure wat die advokaat in die hof is affekteer nie sy fooi nie, en ook nie of daar een of twee respondente is nie. Omdat slegs een respondent se koste toegelaat is deur die hof, moet slegs helfte van die item toegelaat word.

Dus: R 22 230,00 ÷ 2 = R 11 115,00.

V KOSTE VAN HERSIENING VAN TAKSASIE

Ingevolge Eenvormige Reël 48(7) kan ek ‘n bedrag bepaal vir die koste van die Hersiening van Taksasie. Die koste van hierdie hersiening was betreklik gering, en ek meen dat dit billik is dat die prokureurs van die applikant in die hoofaansoek gelas word om R500,00 aan die eerste respondent in die Hoofaansoek te betaal.

VI BEVEL

1. Die bedrae of verhoudingsgedeeltes wat by die onderskeie items afgetakseer moet word, of toegelaat moet word, word by die individuele items hierbo aangedui.

2. Die respondent word gelas om R500,00 aan die applikant te betaal as koste van die Hersiening van Taksasie.

___

A. KRUGER, R

Geen verskynings.

/wm

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

ESTATE WEGE v STRAUSS 1932 AD 76

Case cited

PAYEN COMPONENTS SOUTH AFRICA LTD v BOVIC GASKETS CC AND OTHERS 1999 (2) SA 409 (W)

Case cited

Uniform Rule 48

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.