Vogelsang v Vogelsang and Another (50980/2009) [2014] ZAGPPHC 73 (28 February 2014)
- Citation
- [2014] ZAGPPHC 73
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- BAM
- Case number
- 50980/2009
More details
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- BAM
- Case number
- 50980/2009
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the applicant's default was primarily due to his attorney's negligence, which was acknowledged by the attorney. However, the applicant himself was not entirely without fault, as he failed to comply with procedural requirements in the current application. The applicant conceded that the partnership had ended and did not have a substantive defence to the dissolution or the appointment of the liquidator. His objections to the liquidator's competence and impartiality were unfounded and premature, as the liquidator's duties and powers were clearly set out in the court order, and legal remedies exist if the liquidator acts improperly. The applicant also failed to meet the requirement of a bona fide defence regarding the cost orders, as his prospects of success on the merits were negligible. Consequently, the application to set aside the previous orders was dismissed with costs.
Court disposition
Application dismissed with costs.
Orders
- The applicant's application is dismissed in its entirety with costs.
02
Material facts
Parties
Henk Vogelsang
Applicant Counsel: SchoemanArie Vogelsang
Respondent Counsel: StoopPetrus Jacobus Maryn van Staden N.O.
Respondent03
Procedural history
Posture
Urgent Application / Application to Set Aside Previous Orders
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the applicant provided a reasonable explanation for his default.
- 02
Whether the applicant has a bona fide defence to the partnership dissolution and appointment of a liquidator.
- 03
Whether the cost orders against the applicant should be set aside due to his attorney's negligence.
Party arguments
- Applicant
- The applicant argued that his default was due to the negligence of his attorney, Meyer, who failed to inform him of the relevant applications and deadlines. He claimed he was unaware of the proceedings and that the partnership had indeed ended, but disputed the identification of certain assets as partnership property. He also challenged the competence and impartiality of the appointed liquidator and sought amendments to the cost orders, arguing they resulted from his attorney's negligence.
- Respondent
- The respondent contended that the applicant was not entirely blameless, as he had also failed to comply with procedural requirements in the current application. The respondent maintained that the liquidator's appointment was proper, the applicant had no substantive defence to the partnership's dissolution, and the cost orders were justified. The respondent argued that the applicant's objections to the liquidator were unfounded and premature, and that remedies exist if the liquidator acts improperly.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Standard principles of South African civil procedure
An applicant seeking to set aside a default judgment must provide a reasonable explanation for the default and demonstrate a bona fide defence.
- 02
Court order and general principles of liquidation
A liquidator appointed by court is bound by the terms of the court order and subject to legal remedies if acting improperly.
- 03
Arbitration Act 42 of 1965
Section 33 of the Arbitration Act 42 of 1965 provides remedies for irregularities and improper awards.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the applicant's default was primarily due to his attorney's negligence, which was acknowledged by the attorney. However, the applicant himself was not entirely without fault, as he failed to comply with procedural requirements in the current application. The applicant conceded that the partnership had ended and did not have a substantive defence to the dissolution or the appointment of the liquidator. His objections to the liquidator's competence and impartiality were unfounded and premature, as the liquidator's duties and powers were clearly set out in the court order, and legal remedies exist if the liquidator acts improperly. The applicant also failed to meet the requirement of a bona fide defence regarding the cost orders, as his prospects of success on the merits were negligible. Consequently, the application to set aside the previous orders was dismissed with costs.
Obiter and limits
- The applicant's repeated late filings and lack of condonation applications reflect an unacceptable pattern that may influence cost considerations.
- The applicant retains ordinary legal remedies should the liquidator fail to perform his duties or act irregularly.
Court disposition
Application dismissed with costs.
- The applicant's application is dismissed in its entirety with costs.
Source and reliance status
North Gauteng High Court, Pretoria
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
North Gauteng High Court, Pretoria
Judgment
IN DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA
Saak nommer: 50980/2009
DATUM: 28 FEBRUARIE
In die saak tussen:
HENK VOGELSANG...........................................................................................Applikant
En
ARIE VOGE LSANG.......................................................................................Respondent
PETRUS JACOBUS MARYN VAN STADEN N.O.........................Tweede Respondent
USTSPRAAK
BAM R
1. Die geskil in hierdie aansoek het as oorsprong 'n vete tussen twee broers oor die beeindiging van hulle verhouding as vennote in 'n vennootskap en die kwelvraag wat presies die bates van die vennootskap is. Hierdie geskil het gelei tot litigasie wat in hierdie Hof beiand het. Die eerste respondent het applikant in hierdie aansoek gedagvaar vir die regshulp dat die vennootskap ontbind word en 'n likwidateur aangestel word om die bates van die vennootskap te beredder. As gevolg van sekere gebeure waarna ek later in meer besonderhede sal verwys, is daar op 2 November 2012, tewyl die applikant in verstek was, 'n bevel in hierdie Hof gemaak waarkragtens die verweerskrif van die applikant geskrap is en die teeneis afgewys is. Die applikant is ook beveel om die koste te betaal. Daarna, op 15 Februarie 2013, terwyl die applikant weereens in verstek was, het hierdie Hof die regshulp w;iarvoor die respondent die applikant aanvanklik gedagvaar het in hierdie Hof toegestaan. Di2 beve! het bevestig dat die vennootskap tot 'n einde gekom het en 'n likwidateur, tweede respondent, is aangestel met sekere pligte en bevoegdhede.
2. Dis applikant het nou aansoek gedoen dat voormelde twee hofbevele tersyde gestei word. Aternatiewelik tot genoemde regshulp vra die applikant dat daar sekere wysigings aan die tweede hofbevel aangebring word. Hierdie alternatiewe regshulp het hoofsaaklik betrekking op die verdeling van die vennootskapsbates en die kostebevel wat teen die applikant toegestaan is.
3. Dit staan vas dat die applikant, alvorens hy met 'n aansoek vir tersydestelling kan slaag, ee ’stens 'n redelike verduideliking moet verskaf vir sy verstek. In hierdie verband blameer die applikant die prokureur van rekord van die relevante tyd, ene Meyer, vir die versuim om be tyds, of enigsins aandag te gee aan, onder andere, kennisgewings en Hof Reels, wat betrekking gehad het op die iitigasie tussen die broers. Die applikant het in sy stawende verklaring aangevoer dat hy giadnie bewus was van die betrokke twee’aansoeke nie aa;igesien hy nooit deur sy prokureur van rekord daaroor ingelig is nie. Alhoewel die genoemde prokureur hoofsaaklik in 'n Epos-skrywe gedateer 17 April 2013, sy nalate, waarna die applikant verwys het beken het, kan dit nie teengespreek word dat die betrokke prokureur hom duidelik, om die minste te se, aan uiterste onprofessionele gedrag skuldig gemaak het. Alhoewel Mnr Stoop met redelike oortuiging aan die hand gedoen het dat die applikant self nie sonder blaam is nie, is ek van oordeel dat die betrokke prokureur hoofsaaklik vir die applikant se verstek verantwoordelik gehou moet word. Ek vind dit gevolglik onnodig om na al die feite en besonderhede in hierdie verband te verwys. Dit is egter wel verontrustend, en dit tel giadnie in die applikant se guns nie, soos uitgewys deur mnr Stoop, dat die applikant se repliek in hierdie aansoek ook laat was, sonder enige kondasie aansoek, en dat die applikant se betoogshoofde eweneens laat geliasseer was. Dit is inderdaad ’n onaanvaarbare teifidens wat enige koste oorweging mag beTnvloed.
4. Benewens 'n aanvaarbare verduideliking van sy versuim word daar ook van die applikant ve'wag om aan te dui dat hy oor 'n bona fide verweer beskik. In hierdie verband het die applikant duidelik te kenne gegee dat hy dit eens is dat die vennootskapsverhouding inderdaad tot 'n einde gekom het. Dit het die applikant in soveel woorde toegegee.
Gevolglik het die applikant geen verweer teen daardie gedeelte van die tweede hofbevel nie. Die probleem wat die applikant vooropstel is duidelik die vraag na wat presies die bates van die vennootskap is. In hierdie verband voer die applikant aan dat sekere van die bates wat skvnbaar deur die respondent beweer word wel vennootskapbates is, die persoonlike bates van die applikant is.
5. Met betrekking tot die laasgenoemde aspek opper die applikant egter verskeie besware teen die aanstelling van die tweede respondent. Van hierdie besware het betrekking op die tweede respondent se bevoegheid en bekwaamheid om as likwidateur op te tree. Hierdie besware is ongefundeerd. Die verdere besware dat die tweede respondent skynbaar nie behoorlike oorweging aan al die relevante aspekte van die verdeling van die vennootskapsbates sal gee nie is eweneens ongefundeerd en in ieder geval ook prematuur. Die tweede respondent pligte en bevoegdhede word deur die betrokke hofbevel uitgestippel. Hy is verplig om daaraan te voldoen. Die applikant sal regtens die gewone re;nedie he sou die tweede respondent nie sy pligte nakom nie of enigsins homself aan on|reelmatighede skuldig maak.
6. Die argument van Mnr Schoeman, wie vir die applikant verskyn het, dat die applikant sonder remedie sal wees indien die tweede respondent verkeerde besluite neem aangesien die tweede respondent se beslissings, volgens die hofbevel finaal sou wees, is nie korrek nie. In hierdie verband sal artikel 33 van die Arbitrasiewet, no 42 van 1965, wat onder andere betrekking het op onreelmatighede en toekennings wat op 'n onbehoorlike wyse verkry is, ook van toepassing wees.
7. Daar is namens die applikant ook gewag gemaak van die kostebevele teen die applikant wat in die betrokke hofbevele vervat is. Die submissie was dat hierdie bevele teen die applikant gemaak is direk as gevolg van die nalatigheid van sy prokureur van rekord gemaak is.
8. As gevolg van die feit dat die applikant geen vooruitsig het om op die meriete met sy verweer of moontlike teeneis te slaag nie, voldoen die applikant nie aan die tweede vereiste in daardie verband nie. Dit tref ook die aspek van die kostebevele.
BEVEL:
Die aansoek van die applikant word in die geheel afgewys met koste.
A J BAM REGTER
VAN DIE HOE HOF
26 Februarie 2014
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.