Vrystaat Kooperasie Bpk. v Cronje (409/91) [1993] ZASCA 27 (11 March 1993)
- Citation
- [1993] ZASCA 27
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- F H Grosskopf, Hoexter, Van Heerden, Kumleben, Howie
- Case number
- 409/91
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- F H Grosskopf, Hoexter, Van Heerden, Kumleben, Howie
- Case number
- 409/91
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the appellant failed to prove its claim against the respondent. The pleadings did not adequately set out the basis for the claim for interest, nor was there evidence that the alleged terms regarding interest applied to Nicsyl Landgoed. The appellant relied on a later account reflecting debits and credits after the date pleaded, including substantial interest, but failed to amend its pleadings or prove the calculation and extent of the interest. Furthermore, payments and credits made after the pleaded date exceeded the amount claimed, extinguishing any possible balance. The appellant did not attempt to calculate or prove any remaining amount due after these payments. Accordingly, the appeal was dismissed, and absolution from the instance was granted with costs.
Court disposition
Appeal dismissed with costs; absolution from the instance granted.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
- The order of the trial court is substituted with an order of absolution from the instance with costs.
02
Material facts
Parties
Vrystaat Kooperasie Beperk
AppellantGert Stephanus Cronje
RespondentAmounts and remedies
- Original Claim Amount: ZAR 313,358.34
- Amount Paid After Pleaded Date: ZAR 321,193.24
- Interest Debited (1 April 1984 to 30 April 1989): ZAR 227,968.06
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From the Orange Free State Provincial Division
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant proved its claim against the respondent as surety and co-principal debtor for Nicsyl Landgoed's debts.
- 02
Whether the claim for interest was properly pleaded and substantiated.
- 03
Whether the appellant was entitled to judgment for the amount claimed, considering payments and credits after the pleaded date.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the respondent was bound as surety and co-principal debtor for Nicsyl Landgoed's debts, and that the amount claimed included interest accrued on overdue amounts. The appellant relied on certified statements of account and contended that the terms of sale entitled it to charge interest. It was submitted that, even if some interest was excluded, a balance remained due and payable.
- Respondent
- The respondent denied knowledge of the correctness of the appellant's claims and put the appellant to the proof thereof. It was argued that the appellant's pleadings did not adequately set out the basis for the claim for interest, nor did they specify how the interest was calculated or its extent. The respondent further contended that subsequent payments and credits extinguished any balance due, and that the appellant failed to prove any remaining indebtedness.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Union Government v Sykes 1913 AD 156
A party must plead and prove all material facts forming the basis of its claim, including the basis for interest claimed.
- 02
Suretyship agreement between parties
A certified statement of account may constitute prima facie proof of indebtedness if so provided in the suretyship agreement.
- 03
General principles of accounting in debt claims
Where payments and credits after the pleaded date exceed the amount claimed, the claim is extinguished unless properly recalculated and pleaded.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the appellant failed to prove its claim against the respondent. The pleadings did not adequately set out the basis for the claim for interest, nor was there evidence that the alleged terms regarding interest applied to Nicsyl Landgoed. The appellant relied on a later account reflecting debits and credits after the date pleaded, including substantial interest, but failed to amend its pleadings or prove the calculation and extent of the interest. Furthermore, payments and credits made after the pleaded date exceeded the amount claimed, extinguishing any possible balance. The appellant did not attempt to calculate or prove any remaining amount due after these payments. Accordingly, the appeal was dismissed, and absolution from the instance was granted with costs.
Obiter and limits
- The reference to sales conditions in the particulars of claim was insufficient to establish the right to claim interest as a material component of the debt.
- No evidence was led to show that the alleged sales conditions regarding interest were ever agreed to or applied to Nicsyl Landgoed.
- The appellant's failure to amend its pleadings or to prove the calculation of interest was fatal to its claim.
Court disposition
Appeal dismissed with costs; absolution from the instance granted.
- The appeal is dismissed with costs.
- The order of the trial court is substituted with an order of absolution from the instance with costs.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saak nr 409/91
E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:VRYSTAAT KOÖPERASIE BEPERK Appellant
en
GERT STEPHANUS CRONJE Respondent
Cgram: HOEXTER, VAN HEERDEN, KUMLEBEN, F H GROSSKOPF ARR
et HOWIE Wn ARVerhoordatum: Lewerinqsdatum:
4 Maart 1993. 11 Maart 1993.
2
UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:Daar sal in hierdie uitspraak na die appellant as eiser en na die respondent as verweerder verwys word. Die verweerder het hom op 4 Mei 1983 as borg en medehoofskuldenaar teenoor die eiser verbind vir die behoorlike betaling van Nicsyl Landgoed (Edms) Beperk, later Nicsyl Landgoed BK, ("Nicsyl") se skulde aan die eiser. Nicsyl het versuim om sy verpligtinge teenoor die eiser behoorlik na te kom, en op 1 Augustus 1985 neem die eiser vonnis by verstek teen Nicsyl. Op 15 April 1987 dagvaar die eiser die verweerder as borg en medehoofskuldenaar vir betaling van die bedrag van R313 358,34, "synde balans verskuldig deur verweerder aan eiser vir goedere verkoop en gelewer deur eiser aan Nicsyl ... tot en met 27 Augustus 1986". In die eiser se deklarasie word die bewering herhaal dat die bedrag van
3R313 358,34 aan die eiser verskuldig is "ten aansien van goedere gelewer en verkoop" deur die eiser aan Nicsyl. Nóg die dagvaarding nóg die deklarasie bevat egter enige bewering dat die eiser en Nicsyl ooit ooreengekom het dat Nicsyl ook verplig sou wees om rente op agterstallige bedrae aan die eiser te betaal. Hoewel dit gemene saak is dat die eis van R313 358,34 wel opgehoopte rente insluit, is daar geen verwysing na sodanige rente in die eiser se pleitstukke nie, en is dit ook nie uiteengesit op watter basis Nicsyl vir die betaling van enige rente aanspreeklik sou wees nie. Dit blyk uit die getuienis van die eiser se eertydse kredietbestuurder dat Nicsyl se rekening 'n ou rekening was, en dat reeds in 1984 selfs soveel as helfte van die totale skuld uit rente kon bestaan het. Hoe daardie rente bereken is, en wat die omvang daarvan was, is egter nie in die pleitstukke uiteengesit nie - en trouens ook nie in die loop van getuienis opgeklaar nie.
Die verweerder het in sy verweerskrif gepleit
4dat hy geen kennis dra van die korrektheid van die eiserse bewerings in hierdie verband nie, en die eiser totbewys daarvan gestel.
Die eiser se advokaat (wat nie self die
pleitstukke opgestel het nie) het betoog dat die kwessie
van rente wel in die nadere besonderhede tot die eiser se
deklarasie ter sprake kom. Dit word naamlik in die
nadere besonderhede beweer dat die eiser Nicsyl se aanbod
om te koop telkens aanvaar het op die terme wat op die
keersy van die betrokke verkoopsfaktuur uiteengesit is.
Daar is 'n dokument by die eiser se nadere besonderhede
aangeheg waarop sekere "verkoopsvoorwaardes" uiteengesit
word. Een van daardie "voorwaardes" is dat die eiser hom
die reg voorbehou om binne sy diskresie goedere op
rekening aan klante te verskaf,
"op voorwaarde dat die klant aan wie die goedere op rekening verskaf word ooreenkom en instem dat sodanige goedere deur die klant op rekening geneem word ingevolge die bepalings van die kredietbeleid soos van tyd tot tyd deur die Raad van Direkteure van die Kooperasie [die eiser] vasgestel en om rente op agterstallige bedrae voorspruitende uit hierdie verkope te
5
betaal teen 'n koers soos van tyd tot tyd deur die Raad van Direkteure van die Koöperasie vasgestel".
Hierdie sydelingse verwysing in die nadere besonderhede na sekere verkoopsvoorwaardes is na my oordeel heeltemal ontoereikend om een van die belangrikste bestanddele van die gevorderde bedrag, nl. van rente, te fundeer. Ek kan terloops noem dat daar in elk geval geen getuienis tydens die verhoor aangebied is wat toon dat hierdie verkoopsvoorwaardes hoegenaamd op die onderhawige geval van toepassing is nie, of dat die gemelde voorwaarde dat Nicsyl "ooreenkom en instem" ooit nagekom is nie.
Dit blyk dus dat die betaling van rente op agterstallige bedrae nooit deel uitgemaak het van die eiser se eisoorsaak nie. Die dagvaarding bevat wel 'n eis vir sogenaamde ooreengekome rente teen 15% per jaar vanaf 1 Maart 1987 tot datum van betaling op die gevorderde bedrag van R313 358,34. Dit is egter gemene saak dat geen so 'n ooreenkoms met betrekking tot rente
6
bewys is nie. In die deklarasie word daar wel rente a tempore morae geëis.Die eiser se eis van R313 358,34, soos uiteengesit in sy pleitstukke, was klaarblyklik gebaseer op 'n rekening wat aangetoon het dat Nicsyl 'n bedrag van R313 358,34 op 1 Maart 1987 aan die eiser verskuldig was. Daardie rekening is deur die eiser se prokureur as korrek gesertifiseer en tydens die verhoor as bewysstuk ingehandig. Die borgakte wat die verweerder geteken het, het trouens bepaal dat 'n rekening wat deur die eiser se prokureurs gesertifiseer is, "prima facie bewys (sal) wees van die juistheid van die gegewens uiteengesit in sodanige rekening". By die verhoor van die saak in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling het die eiser egter nie op daardie rekening gesteun nie, maar wel op 'n latere rekening wat getoon het dat daar na inagneming van verdere debiete en krediete, 'n balans van R252 503,53 deur Nicsyl aan die eiser verskuldig was. Hierdie rekening, wat ook deur die eiser se prokureur as korrek7 gesertifiseer is, het die posisie weergegee soos op 30 April 1989, 'n datum meer as twee jaar na uitreiking van dagvaarding. Die verhoorhof het na aanhoor van getuienis, en op sterkte van laasgenoemde rekening, vonnis ten gunste van die eiser toegestaan ten bedrae van R244 924,54, tesame met rente daarop teen 15% per jaar vanaf 1 Mei 1989 tot datum van betaling, en koste.
Die verweerder het met verlof van die verhoorhof na die volle hof van die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling geappelleer, terwyl die eiser daarna met spesiale verlof na hierdie hof geappelleer het.
Die hof a quo het bevind dat die rekening van 30 April 1989 waarop die eiser in die verhoorhof gesteun het, debiete in berekening gebring wat ná uitreiking van dagvaardiging ontstaan het en wat dus nooit geëis was nie. Daarbenewens het hierdie rekening verskeie debietitems bevat wat geensins tuisgebring kon word onder die eiser se eisoorsaak van "goedere verkoop en gelewer", soos in sy pleitstukke uiteengesit nie. Dit blyk uit die
8uitspraak van die hof a quo dat die eiser se advokaat in daardie hof toegegee het dat die getuienis voor die verhoorhof buite die pleitstukke gegaan het, maar dat hy desnieteenstaande nie om wysiging van die pleitstukke gevra het nie. Ook in hierdie hof was daar geen aansoek om wysiging van die eiser se pleitstukke nie.
Rente is die belangrikste van die debiete in die rekening van 30 April 1989 wat nie deur die eiser se pleitstukke gedek is nie. Die rente wat Nicsyl volgens hierdie rekening verskuldig is, bedra R227 968,06. Dit is rente wat vir die tydperk 1 April 1984 tot 30 April 1989 teen Nicsyl se rekening gedebiteer is. Die eiser se
advokaat het betoog dat selfs indien hierdie rente buiterekening gelaat sou word, en dus afgetrek sou word van die bedrag van R244 924, 54 wat die verhoorhof aan die eiser toegestaan het, die eiser in elk geval geregtig sou wees op vonnis vir 'n bedrag van R16 956,48. Daardie argument verloor egter uit die oog dat daar ook voor 1 April 1984 rente teen Nicsyl gehef is, wat-dan eweneens
9
van die eiser se eis afgetrek moet word. Dit is egter onseker watter bedrag daardie vroeëre rente beloop het, met die gevolg dat die eiser steeds nie die omvang van die balans van sy eis, indien enige, bewys het nie. Ek stem derhalwe met respek saam met die hof a quo se bevinding dat die eiser nie sy eis bewys het nie, en dat die bevel van die verhoorhof vervang moet word met 'n bevel van absolusie van die instansie met koste.
Daar is ook ' n ander rede waarom die onderhawige appél na my mening nie behoort te slaag nie. Die eiser volhard steeds met die bewering in sy dagvaarding dat die gevorderde bedrag van R313 358 ,34 die balans verteenwoordig wat Nicsyl op 27 Augustus 1986 aan die eiser verskuldig was. Dié bewering is waarskynlik foutief, maar daar was geen aansoek om bostaande datum in die eiser se dagvaardiging te wysig nie. Die bewering soos dit staan, bring mee dat alle inbetalings of krediete op Nicsyl se rekening na 27 Augustus 1986, ook tot voordeel van die verweerder
10gereken moet word. Dit is gemene saak dat 'n totale bedrag van R321 193 ,24 gedurende die tydperk 20 Oktober 1986 tot 1 September 1988 op Nicsyl se rekening afbetaal is en dus teen die rekening gekrediteer moet word. Daarbenewens is die partye dit eens dat die verweerder op verdere krediete van ten minste B2 253, 80 geregtig is. Daardie krediete beloop meer as die eiser se totale eis van R313 358 ,34 en sou die eis heeltemal uitgewis het. Die eiser het egter rente a tempore morae in sy deklarasie geëis. Indien sodanige rente bereken word vanaf datum van dagvaarding, teen die voorgeskrewe koerse, en op die balans bedrag wat van tyd tot tyd verskuldig was, sou daar na die laaste afbetaling op Nicsyl se rekening op 1 September 1988 slegs 'n paar duisend rand aan die eiser verskuldig gewees het. Die eiser het nie hierdie bedrag probeer bereken nie. Die omvang van enige balans bedrag wat nog verskuldig mag wees, is dus nie bewys nie. Ook op hierdie basis moes die yerhoorhof na my oordeel dus 'n bevel van absolusievan die instansie gegee het. Die hof a quo het die bevel van die verhoorhof reeds dienooreenkomstig gewysig.
Die appél word gevolglik van die hand gewys met koste.
F H GROSSKOPF, AR
HOEXTER AR)
VAN HEERDEN AR)
KUMLEBEN AR) Stem saam.
HOWIE Wn AR)
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.