Wambach v Maizecor Industries (Edms) Bpk (505/1991) [1993] ZASCA 28; 1993 (2) SA 669 (AD); [1993] 2 All SA 158 (A) (11 March 1993)
- Citation
- [1993] ZASCA 28
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Van Heerden, Smalberger, Eksteen, F H Grosskopf, Van Coller
- Case number
- 505/1991
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Van Heerden, Smalberger, Eksteen, F H Grosskopf, Van Coller
- Case number
- 505/1991
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the respondent failed to prove it was the owner of the vehicles involved in the collision. The evidence established that the vehicles were registered and purchased in the name of a subsidiary, Maizecor Bemarkingsmaatskappy (Edms) Bpk, and there was no evidence of transfer of ownership or rights to the respondent. The fact that the respondent's directors controlled both companies and could decide on the use and disposal of assets did not make the vehicles the property of the respondent. The court rejected the respondent's reliance on English authorities regarding the lifting of the corporate veil, finding that there was no basis for disregarding the separate legal personalities of the companies involved. Accordingly, the respondent lacked locus standi to claim damages, and absolution from the instance should have been granted at trial.
Court disposition
Appeal upheld; absolution from the instance granted with costs.
Orders
- The order of the trial court is set aside and replaced with: 'Absolution from the instance with costs is granted.'
- The respondent's application for condonation of late filing of power of attorney is granted, and the respondent is ordered to pay the costs of the application.
02
Material facts
Parties
Claude C Wambach
AppellantMaizecor Industries (Edms) Bpk
RespondentAmounts and remedies
- Damages Claimed by Respondent: ZAR 76,567.2
- Insurance Excess Paid: ZAR 5,000
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Trial Court Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the respondent proved ownership of the vehicles involved in the collision.
- 02
Whether the respondent had locus standi to claim damages.
- 03
Whether absolution from the instance should have been granted at trial.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the respondent failed to prove it was the owner of the vehicles involved in the collision and thus lacked locus standi to claim damages. The appellant contended that the evidence showed the vehicles were registered and purchased in the name of a subsidiary, Maizecor Bemarkingsmaatskappy (Edms) Bpk, and not the respondent. The appellant further argued that there was no evidence of transfer of ownership or rights from the subsidiary to the respondent, nor any basis for piercing the corporate veil.
- Respondent
- The respondent argued that it exercised full control over the vehicles through its board of directors, who also directed the subsidiaries, and that commercial reality dictated that the vehicles should be regarded as its property. The respondent relied on the fact that it insured the vehicles in its own name and that the group structure allowed it to decide on the use and disposal of the assets. The respondent also cited English authorities on the lifting of the corporate veil to support its claim to ownership.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Adams and Others v Cape Industries PLC and Another (1990) Ch 433
Ownership must be proved by clear evidence of title or transfer of rights; mere control or group structure does not suffice.
- 02
Adams and Others v Cape Industries PLC and Another (1990) Ch 433
Separate corporate entities must be respected unless there is evidence justifying the lifting of the corporate veil.
- 03
South African law of civil procedure
Absolution from the instance is appropriate where the plaintiff fails to establish a prima facie case on a material element.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the respondent failed to prove it was the owner of the vehicles involved in the collision. The evidence established that the vehicles were registered and purchased in the name of a subsidiary, Maizecor Bemarkingsmaatskappy (Edms) Bpk, and there was no evidence of transfer of ownership or rights to the respondent. The fact that the respondent's directors controlled both companies and could decide on the use and disposal of assets did not make the vehicles the property of the respondent. The court rejected the respondent's reliance on English authorities regarding the lifting of the corporate veil, finding that there was no basis for disregarding the separate legal personalities of the companies involved. Accordingly, the respondent lacked locus standi to claim damages, and absolution from the instance should have been granted at trial.
Obiter and limits
- The court noted the lack of clarity regarding the group structure and the absence of evidence explaining why the vehicles were insured in the respondent's name.
- The court observed that attempts to pierce the corporate veil in this case would lead to confusion rather than commercial reality.
Court disposition
Appeal upheld; absolution from the instance granted with costs.
- The order of the trial court is set aside and replaced with: 'Absolution from the instance with costs is granted.'
- The respondent's application for condonation of late filing of power of attorney is granted, and the respondent is ordered to pay the costs of the application.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak No 505/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
Insake die appél van:
CLAUDE C WAMBACH Appellant
teen
MAIZECOR INDUSTRIES (EDMS) BPK Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, SMALBERGER, EKSTEEN,
F H GROSSKOPF ARR en VAN COLLER Wnd ARVERHOORDATUM: 1 MAART 1993REDES INGEHANDIG: 11 MAART 1993
REDES VIR UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2 Gedurende September 1987 het die appellant sy bakkie op die ou Warmbad-Pretoriapad bestuur. Naby 'n skool het die appellant sy bakkie na regs laat draai. Dit is toe getref deur 'n voorhaker wat 'n sleepwa met 'n tenk daarop ("die kombinasie") getrek het. Die bestuurder van die voorhaker was ene Matsepe. As gevolg van die botsing het die voorhaker en die kombinasie omgeslaan en is hulle vrywel ernstig beskadig.Later het die respondent die appellant in die Transvaalse Provinsiale Afdeling vir betaling van skadevergoeding aangespreek. Die respondent het onder andere beweer dat dit die eienaar van die voorhaker en die kombinasie was, en dat die botsing veroorsaak was deur die nalatigheid van die appel-lant. Laasgenoemde het die tweede bewering ontken en bewys van die eerste geverg. Wat betref die verloop van sake totdat die verhoor begin het, hoef ek nog3 slegs te meld dat tydens die voorverhoorsamesprekingsgenotuleer is dat "die verweerder [die appellant] ... sal ... die eiser [die respondent] se locus standi erken so gou bewys daarvan gelewer is".Nadat die respondent drie ooggetuies van die botsing, insluitende Matsepe, opgeroep het, is 'n dokument by ooreenkoms tussen die partye ingehandig. Daarin het die partye op sekere "feite" ooreengekom. Ene Retief, wat gesê het dat hy vlootbestuurder van die "Maizecor groep" was, het toe ten behoewe van die respondent getuig. 'n Aansoek
om absolusie van die instansie is gerig nadat Retief sy getuienis voltooi en die respondent sy saak gesluit het. Die appellant het toe aangevoer dat nie bewys is dat die respondent die eienaar van die voorhaker en die kombinasie was nie. Hierdie betoog is deur die verhoorhof verwerp. Gevolglik is die aansoek afgewys. Die appellant het vervolgens self getuig en ook ander getuienis aan-4 gaande die plaasvind van die botsing gelei. Aan die einde van die verhoor het die verhoorhof bevind dat die botsing te wyte was aan die uitsluitlike nalatig-heid van die appellant. Vanweë hierdie bevinding, asook sy vorige bevinding dat die respondent genoeg-saam bewys het dat dit die eienaar van die voorhaker en die kombinasie was, is vonnis ten bedrae van R76 567,20 met rente en koste ten gunste van die respondent toegestaan. Met die verlof van hierdie hof kom die appellant in hoër beroep teen daardie bevel.Die eerste vraag wat voor ons beredeneer is, was of die respondent wel sy beweerde eiendomsreg bewys het. Indien nie, was dit vanselfsprekend on-nodig om die nalatigheidsbevindinge te oorweeg.
Bogenoemde dokument lui soos volg:
"Die partye kom oor die volgende feite ooreen:
1) Die perd [die voorhaker] en sleepwa, wat die onderwerp van hierdie geding
5 vorm is:
a) geregistreer in die naam vanMaizecor Bemarkingsmaatskappy(Edms) Bpk
b) aangekoop in die naam van MaizecorBemarkingsmaatskappy (Edms) Bpkd m v 'n huurooreenkoms waarvol-gens lg maatskappy die krediet-opnemer was
c) rekenkundig as 'n bate verreken isvir belastingdoeleindes in dienaam van Silgro Voere (Edms) Bpka g v die feit dat die gemeldevoertuie deur laasgenoemde maat-skappy aangewend is.
2) Die Eiser is die houermaatskappy van die Maizecor groep. Beide Silgro Voere (Edms) Bpk en Maizecor Bemark- ingsmaatskappy (Edms) Bpk is vol- filiale van die Eiser; dus die Eiser hou 100% aandeelhouding in die twee maatskappye.
3) Die Eiser is 'n filiaal van 'n ander maatskappy d w s 'n ander maatskappy het ook aandeelhouding in Eiser, maar nie uitsluitlik nie.
4) Die Versekeraar van die betrokke voertuie het aan die Eiser die verlies voortspruitend uit die tersaaklike botsing, minus 'n bybetaling van R5 000,00, betaal ... 6
5) Elke maatskappy hierbo vermeld dien 'n aparte belastingopgawe in."
Die huurooreenkoms waarna in para l(b)verwys word, is nie voor die verhoorhof geplaas nie.'n Mens weet dus nie of dit 'n meganisme bevat hetwaarvolgens die "huurder" eienaar van die verhuurdesake kon word nie. Ten gunste van die respondentveronderstel ek egter dat op een of ander stadium voor die botsing een van die maatskappye in die Maizecor-groep wel eienaar van die verhuurde goed geword het.Retief se getuienis is nie van veel waarde nie. Hy was nie lid van die direksie van die res-pondent of enige van sy filiale nie en was slegs in beheer van die vloot voertuie wat deur die groep gebruik is. Van die finansiële betrekkinge tussen lede van die groep het hy geen kennis gehad nie. Sy eerstehandse informasie kan soos volg opgesom word:
7
(a) Die respondent se direksíe, by monde van mnr Johann Roode wat die houer van 90% van die respondent se aandele is, het hom opdrag gegee om die voorhaker en die kombinasie "aan te koop". Dit moes hy doen namens Maizecor Bemarkingsmaatskappy (Edms) Bpk ("Bemarkings"). (b) Die kontrak (of moontlik kon-trakte) waarvolgens die bates "aangekoop" is, is aangegaan tussen Bemarkings en 'n ongeïdentifiseerde bank. (c) Bemarkings het die verskuldigde bedrae betaal. (d) Alle voertuie wat deur die groep gebruik is, is deur die jare deur Bemarkings aange-koop. (e) Die respondent het ongeveer 13 filiale, insluitende Bemarkings, gehad en sy direksie het besluit welke filiaal 'n bepaalde voertuig sou
8 gebruik.(f) Roode en die bestuurders van Bemarkings en Silgro Voere (Edms) Bpk ("Silgro") was die direkteure van die respondent.Retief het ook gesê dat Bemarkings nie ' n eie direksie gehad het nie, en dat daar slegs ' n
"Maizecor direksie" was. Sy getuienis hieroor isalles behalwe duidelik, maar 'n mens kan aflei datdie direksie van die respondent effektief as direksie van elke filiaal opgetree het.Die verhoorhof se motivering vir die afwys van die aansoek om absolusie van die instansie is, met eerbied, moeilik begrypbaar. Dit is dus onnodig om daarby stil te staan.Wat vasstaan, is dat die tersaaklike kon-trak aangegaan is tussen die verhuurder en Bemark-ings; dat laasgenoemde die betaalbare bedrae vereffen het, en dat dit geskied het in opdrag van9 persone wat as direkteure van die respondent en Bemarkings fungeer het. Benewens die bank was Bemarkings dus prima facie die enigste kontraksparty. En indien iemand vanweë die kontrak eienaar van die verhuurde goed geword het, was dit Bemarkings. Dit is natuurlik moontlik dat Bemarkings as verteen-woordiger van 'n ongeopenbaarde prinsipaal - die respondent - opgetree het. Geen getuienis ter ver-gestalting van hierdie moontlikheid is egter gelei nie. Inteendeel spreek die feit dat Bemarkings die verskuldigde bedrae betaal het teen sodanige hipo-tese.
'n Ander moontlikheid is dat Bemarkings na die aangaan van die kontrak sy regte daarvolgens aan die respondent oorgedra het. Weer eens is daar egter geen getuiênis wat daarop dui dat dit wel gebeur het nie.
Die respondent se advokaat het nietemin
10 betoog dat eiendomsreg van die voorhaker en kombina-sie in die respondent gesetel het omdat, so is aan-gevoer, sy direksie die volle beskikkingsreg daaroor gehad het, en veral omdat die direksie kon besluit oor die aanwending en vervreemding daarvan. Die feit dat die direksie van 'n kontrolerende maatskappy effektiewelik oor die lotgevalle van 'n bate van 'n filiaal besluite kan neem, bring egter nie mee dat dit daarom 'n bate van die kontrolerende maatskappy is nie. Spesifiek wat vervreemding betref, bly die betrokke saak 'n bate van die filiaal totdat gevolg gegee word aan 'n vervreemdingsbesluit. Dan ook kon die direkteure van die respondent nie as sulks Bemarkings regtens bind nie. Hulle kon dit slegs doen indien, en dan omdat, hulle tegelykertyd ook direkteure van Bemarkings was.
Maar welke bevoegdhede die direksie van die respondent ook al ten opsigte van bates van Bemark-
11
ings kon uitoefen, is daar geen getuienis van uit-oefening daarvan nie. Op sy beste vir die respondent was die posisie van sy direksie analoog tot dié van'n agent wat deur sy prinsipaal gemagtig is om laas-genoemde se bate te vervreem. Totdat vervreemding geskied, bly die saak die eiendom van die prinsi-paal.Die respondent se advokaat het tereg aan-vaar dat die respondent en Bemarkings afsonderlike entiteite is, elk met sy eie regte en verpligtinge. Hy het hom egter beroep op 'n aantal - meestal Engelse - gewysdes waarin, so is aangevoer, daar 'n ontsluiering van korporatiewe identiteite plaasgevind het ten einde gevolg te gee aan kommersiële realiteite. Nie een van dié gewysdes is in die onderhawige geval van nut nie. Enige poging tot ontsluiering lei tot totale duisternis. 'n Mens weet nie wat die bestaansreg van Bemarkings is nie. ,Ook12 nie waarom nou juis Bemarkings, en nie, sê, die respondent, die een kontraksparty was nie. Ook nie of die voorhaker en kombinasie in die finansiële state van die respondent en Bemarkings as bates van die een of die ander aangetoon word nie. En ten slotte ook nie waarom die respondent die voertuie blykbaar in eie naam verseker het nie.In die verbygaan kan ek meld dat in Adams and Others v Cape Industries PLC and Another (1990) Ch 433 op 532 en 543, die Court of Appeal klaarblyk-lik nie akkoord gegaan het nie met uitlatings in vroeëre beslissings aangaande ontsluiering waarop die respondent se advokaat peil probeer trek het.Die respondent het gevolglik nie bewys nie dat dit die eienaar van die voorhaker en kombinasie was, of trouens op enige stadium een of ander reg daarop verkry het.
Om bogenoemde redes is die appél by die13
verhoor daarvan met koste gehandhaaf en is die bevel
van die verhoorhof met die volgende vervang:
"Absolusie van die instansie met koste word verleen."
Ten slotte word geboekstaaf dat tydens die
beredenering van die appél die respondent se aansoek
om kondonasie van sy versuim om tydig ingevolgeAppélhofreël 5(3)(c) 'n volmag te liasseer, toege-
staan is, en dat die respondent gelas is om die kostemeegebring deur die aansoek te betaal.
H J O VAN HEERDEN AR
SMALBERGER AR
EKSTEEN AR ARSTEM SAAM F H GROSSKOPF AR
VAN COLLER Wnd AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.