Wessels h/a VR Vervoer v Makelaars (1295/2005) [2007] ZAFSHC 89 (30 August 2007)
- Citation
- [2007] ZAFSHC 89
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C.B. Cillié, R
- Case number
- 1295/2005
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C.B. Cillié, R
- Case number
- 1295/2005
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found, on a balance of probabilities, that the defendant broker did not adequately inform the plaintiff of the exclusion clause requiring an approved tracking system for theft cover under the Regent Insurance policy. The defendant's own testimony was uncertain and did not establish that he had clearly communicated the material change in coverage to the plaintiff. The plaintiff's failure to install a tracking system was consistent with his belief that only a higher excess would apply, not a total exclusion of theft cover. The court held that the broker's failure to notify the plaintiff of the exclusion clause constituted a breach of contract. The plaintiff is entitled to be compensated for the loss suffered as a result of this breach, subject to proof of quantum. The mistaken belief regarding a higher excess is irrelevant to the assessment of damages, which must be based on the actual terms of the policy at the time of the loss.
Court disposition
Plaintiff succeeds on liability; quantum of damages to be determined in subsequent proceedings.
Orders
- Defendant is liable to compensate the plaintiff for such damages as the plaintiff proves he suffered as a result of the defendant's breach of contract.
- Defendant must pay the plaintiff's costs to date.
02
Material facts
Parties
Riebeek Wessels h/a VR Vervoer
Plaintiff Counsel: Adv. J.Y. ClaasenConrad Schoeman Makelaars
Defendant Counsel: Adv. P.U. FischerAmounts and remedies
- Insured Value Threshold for Tracking System Exclusion: ZAR 200,000
03
Procedural history
Posture
Civil Trial / Liability Determination; Quantum Postponed
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the defendant broker failed to inform the plaintiff of the exclusion clause requiring an approved tracking system for theft cover.
- 02
Whether such failure constituted a breach of contract by the defendant.
- 03
Whether the plaintiff suffered damages as a result of the broker's breach.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff contended that the insurance claim for the stolen Mercedes was repudiated because he was not informed by the defendant broker of the exclusion clause requiring an approved tracking system for theft cover. He argued that the broker breached the contract by failing to notify him of this condition, and as a result, he suffered financial loss. The plaintiff maintained that he would have installed the tracking system had he been made aware of the requirement, as the cost was relatively minor compared to the risk.
- Respondent
- The defendant denied breaching the contract or causing any loss. He asserted that the plaintiff was aware of the need for a tracking system, referencing prior communications and attempts to arrange installation. The defendant claimed to have highlighted the change in policy terms when the insurance was moved to Regent Insurance, and that the plaintiff had previously opted to pay a higher excess rather than install tracking devices. The defendant argued that the plaintiff's own conduct and lack of cooperation led to the absence of a tracking system.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Santam Insurance Ltd v Pienaar [1999] 2 All SA 170 (C)
An insurance broker is contractually obliged to inform the insured of material terms and exclusions in the policy, especially those affecting coverage.
- 02
Novick v Comair Holdings Ltd 1979 (2) SA 116 (W)
Damages for breach of contract are assessed on the basis of the actual loss suffered as a result of the breach, not on mistaken beliefs of the parties.
- 03
Mutual & Federal Insurance Co Ltd v Oudtshoorn Municipality 1985 (1) SA 419 (A)
Where a broker fails to notify the insured of a material exclusion, and the insured suffers loss as a result, the broker is liable for damages proven to have been caused by the breach.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found, on a balance of probabilities, that the defendant broker did not adequately inform the plaintiff of the exclusion clause requiring an approved tracking system for theft cover under the Regent Insurance policy. The defendant's own testimony was uncertain and did not establish that he had clearly communicated the material change in coverage to the plaintiff. The plaintiff's failure to install a tracking system was consistent with his belief that only a higher excess would apply, not a total exclusion of theft cover. The court held that the broker's failure to notify the plaintiff of the exclusion clause constituted a breach of contract. The plaintiff is entitled to be compensated for the loss suffered as a result of this breach, subject to proof of quantum. The mistaken belief regarding a higher excess is irrelevant to the assessment of damages, which must be based on the actual terms of the policy at the time of the loss.
Obiter and limits
- The plaintiff's continued use of the defendant as broker after the theft and until receipt of the summons suggests no immediate awareness of the breach.
- The court rejected the defendant's argument that damages should be limited to 75% of the loss, as there was no contractual basis for such apportionment under the Regent policy.
Court disposition
Plaintiff succeeds on liability; quantum of damages to be determined in subsequent proceedings.
- Defendant is liable to compensate the plaintiff for such damages as the plaintiff proves he suffered as a result of the defendant's breach of contract.
- Defendant must pay the plaintiff's costs to date.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 1297/2005
In die saak tussen:-
RIEBEEK WESSELS h/a VR VERVOER Eiser
en
CONRAD SCHOEMAN MAKELAARS Verweerder
AANGEHOOR OP: 23 MEI 2006
UITSPRAAK DEUR: CILLIé R
GELEWER OP: 30 AUGUSTUS 2007
[1] Agtergrond:
Op 10 Junie 2004 is eiser se Mercedes Benz meganiese voorhaker met registrasienommer CSY934FS, hierna âdie Mercedesâ genoem, geskaak en gesteel. Dit was deel van eiser se vloot van voertuie waarmee hy ân vervoerbedryf beoefen. Die versekering van eiser se voertuie was te alle relevante tye deur verweerder as makelaar hanteer. Die Mercedes was op daardie tydstip by Regent Insurance verseker. Die polis het ân uitsluitingsklousule bevat wat vereis dat voorhakers met ân versekerde waarde van meer as R200 000,00 met ân goedgekeurde opsporingstelsel toegerus moet wees ten einde dekking te hê teen diefstal. Eiser het ân eis vir sy verlies ingedien by gemelde versekeringsmaatskappy. Die eis is repudieer.
[2] Die Eis:
In sy besonderhede van eis beweer eiser dat
âdie versekeraar die eis repudieer het weens eiser se versuim om ân opsporingstelsel in die voertuig te installeer.â
In paragraaf 11 van die besonderhede van eis beweer eiser dat
âVerweerder het kontrakbreuk gepleeg deur nie eiser van hierdie voorwaarde en beperkings in eiser se nuwe poliskontrak in te lig of eiser se aandag op hierdie beperkende voorwaarde te vestig nie.â
Dit word opgevolg in paragraaf 13 van eiser se besonderhede van eis met ân bewering dat eiser skade gely het in ân genoemde bedrag as gevolg van verweerder se voormelde beweerde kontrakbreuk.
[3] Die Verweer:
Verweerder ontken in paragraaf 11 van sy verweerskrif die beweerde kontrakbreuk en skade.
[4] Geskilpunte:
Die geskil tussen die partye is dus die vraag of verweerder die eiser ingelig het van die tersaaklike bepalings in die versekeringspolis.
[5] Gemene saak:
Beide partye aanvaar dat die uitsluitingsklousule van toepassing was op die tersaaklike Mercedes en dat die versekeraar regmatig die eis repudieer het. Die partye is dit eweneens eens dat eiser die las dra om verweerder se beweerde nalate, soos voormeld, te bewys.
[6] Reël 33(4)
By die aanvang van die verrigtinge is op versoek van die partye beveel dat die omvang van eiser se beweerde skade sal oorstaan vir latere beregting. Verweerder se beweerde aanspreeklikheid, soos hierbo uiteengesit, is die enigste geskilpunt waarop tans ân beslissing van die hof gevra word.
[7] Eiser se getuienis:
Die eiser se getuienis was dat ân ander makelaar tevore sy versekering behartig het. Toe was sy versekeraar Trade & General. Vir tans ontersaaklike redes het hy sy portefeulje oorgeplaas na verweerder as makelaar. In Maart 2004 het verweerder hom ingelig dat hulle beter diens by Regent Insurance sal ontvang en is aanbeveel dat hy van versekeraar verander. Hy het ingestem. Hy is ook ingelig dat verweerder deur AON Risiko Dienste werk. Later ontvang hy die polis bewysstuk âB11â â âB36â onder dekking van ân begeleidende brief van verweerder. Hy aanvaar dat hierdie polis op âB29â die gewraakte uitsluitingsklousule bevat. Sy aandag is egter nie in die begeleidende brief deur verweerder daarop gevetig nie. Ook is hy nie mondeling daarvan ingelig nie. Hy was dus onbewus van die bestaan van hierdie uitsluitingsklousule. Na die diefstal van die voertuig ontvang hy bewysstuk âB99â wat wel melding maak van so ân vereiste. Dit is gepos aan hom vanaf verweerder. As hy van so ân vereiste geweet het, sou hy die vereiste opsporingstelsel geïnstalleer het in die Mercedes, want die koste daarvan is, volgens hom, relatief gering. Hy het wel in ander voertuie van hom opsporingstelsels, besonderlik ook ân BMW motorvoertuig, geïnstalleer. Dit het hy gedoen omdat verweerder by versekering daarvan aan hom gesê het om dadelik so ân stelsel te installeer. Die BMW motorvoertuig se versekering is egter by ân ander versekeraar.
Na die Mercedes vermis geraak het, skakel hy dadelik die verweerder en meld dat hy vermoed die voertuig is gekaap. Die verweerder vra hom toe wat Netstar sê waar is die voertuig. Hy antwoord toe dat die voertuig nie ân opsporingstelsel in het nie. Die verweerder meld toe dat daar een in moet wees. Hy sê toe dat die verweerder hom net ingelig het dat die versuim om so iets te installeer net die omvang van sy bybetaling affekteer.
[8] Verweerder se Getuienis:
ân Egpaar Mostert, destyds verbonde aan Fitment Centre te Bethlehem, wat installasie van opsporingstelsels in voertuie doen, het beide namens verweerder getuig. Ek vind dit nie nodig om in detail met hul getuienis te handel nie. Die belangrikheid van hul getuienis is bloot dat daar verskeie kere gepoog was om met eiser te reël vir die installering van opsporingstelsels in sy voertuie. Betreffende die Mercedes is die getuies ingelig deur verweerder dat dit ân hoë risiko voertuig is en is hulle versoek om eiser te kontak vir die installering van ân opsporingstelsel. Die eiser is ten aansien van hierdie Mercedes gekontak, maar elke keer was die voertuig óf nie beskikbaar nie óf moes dit ân ander werk doen. Verweerder het elke keer versoek dat ân ander datum gereël moet word. Gedurende Julie 2004 is daar wel so ân stelsel in een van eiser se ander voertuie installeer. Die effek van die getuienis was dat die verweerder altyd versoek het dat ân opsporingstelsel binne 7 dae in voertuie installeer moes word. Die eiser het egter nie sy samewerking gegee dat die installasie in die Mercedes spoedig of hoegenaamd geskied nie. Die getuie, Mostert, bevestig dat hy op ân stadium na Vereeniging is om ân opsporingstelsel uit ân ingeruilde vragmotor van eiser te verwyder en dit in die Mercedes te installeer. Te Vereeniging het hy gevind dat die ingeruilde voertuig reeds verkoop en op pad na Upington toe was.
Die verweerder self se getuienis was dat eiser sy portefeulje na hom geskuif het ongeveer September 2002. Op daardie stadium was eiser by Truck & General verseker. Vanweë redes ontersaaklik vir hierdie uitspraak is die versekering op 1 Maart 2004 geskuif na Regent Insurance. Dit alles het geskied met verweerder se medewete en instemming. Reeds toe die dekking nog by Truck & General was, was daar al vereistes vir ân opsporingstelsel. Die nie-installering daarvan het egter destyds net die bybetaling affekteer. Die eiser het ân houding van ongeërgdheid daaroor gehad en wou eerder die ekstra bybetaling doen as om die koste vir ân opsporingstelsel aan te gaan. Verweerder getuig dat toe die versekering geskuif is na Regent Insurance het hy na die eiser gery
â... By hom gaan sit en vir hom gaan meedeel die polis gaan verander, dit gaan na Regent toe en pertinent by hom genoem is al wat wesenlik verskil op hierdie polis is dat die opsporingstelsels moet geïnstalleer word, dit is nie van toepassing soos by die ou polis waar hy wel dekking het vir diefstal al het hy nie ân opsporing in nie, dat hy net ân hoër bybetaling gaan betaal nie. In hierdie geval soos die klousule wys in die bybetaling skedule, gaan hy nie diefstaldekking hê nie. Nee ekskuus, ek praat nou verkeerd, ja dit is reg, nee â waar is ek nou? By die nuwe polis.
Ja. --- Dit is korrek.
Dit is nou by bladsy 29. --- Dit is reg, jammer daaroor.
En wat was sy houding in dié verband? --- Elke keer as ons gepraat het oor Netstar produkte, het hy net vir my gesê hy is bewus daarvan, hy moet dit in hê, hy is besig met Netstar op die goed, hy toets dit en hy het twee in en hy is besig met Netstar met die goed.
Het hy op enige stadium vir u die indruk gegee dat hy nie die aard en omvang van sy versuim om hierdie bepaling na te kom, besef het nie, dat hy in onkunde voortgaan met sy transportbesigheid of vervoerbesigheid? --- Hy het vir my net gesê hy is baie duidelik bewus dat hy nie diefstaldekking gaan hê in daardie nie, want ek het dit vir hom pertinent uitgewys en weereens beklemtoon dit is nie soos by die vorige polis wat hy net ân hoër bybetaling gaan hê nie.â
Volgens die verweerder het die eiser aan hom genoem dat daar wel ân opsporingstelsel in ân voertuig van hom is wat hy te Vereeniging aan die verkoop was. Die verweerder het toe self met die Mosterts van Fitment Centre van Bethlehem gereël dat dit te Vereeniging uitgehaal moet word en in die Mercedes geïnstalleer moet word. Hy was onder die indruk dit is toe wel gedoen.
Volgens verweerder het eiser hom geskakel toe die voertuig vermis geraak het. Hy het aan eiser gevra watter tipe opsporingstelsel is geïnstalleer. Die eiser het toe geantwoord dat hy ân afspraak met Netstar gehad het vir ân demonstrasiemodel, maar nie die afspraak kon nakom nie. Hy het daarop die eiser aanbeveel na ân kundige privaat opspoorder om die Mercedes te soek. ân Eis is namens eiser ingedien in die hoop dat dit suksesvol sou wees, welke hoop soos verwag was, egter beskaam het. Hy kon egter daarin slaag om die vrag op die sleepwaens asook die sleepwaens self uitbetaal te kry. Die verweerder was baie pertinent in sy getuienis dat die eiser hom op daardie stadium nooit verkwalik het dat verweerder hom nie sou ingelig het van die gewraakte uitsluitingsklousule nie. Na die diefstal van die Mercedes het eiser voortgegaan om sy versekering deur verweerder te doen. Eers toe die dagvaarding uit die bloute deur hom ontvang is, het eiser sy mandaat aan verweerder as sy makelaar gekanselleer.
[9] Bespreking:
Dit is duidelik uit die getuienis dat daar by verskeie geleenthede aandrang by die eiser was om ân opsporingstelsel te installeer. Selfs eiser aanvaar dat die Mosterts en verweerder by tye so gedoen het. Vir soverre as wat eiser en die Mosterts se getuienis in hierdie verband weersprekend is, het ek geen huiwering om die getuienis van die Mosterts te aanvaar nie. Hulle is onafhanklike getuies wat met dokumente hul weergawe kon staaf. Dit is egter van belang om te onderskei tussen ân situasie waar eiser by versuim om ân opsporingstelsel te installeer enersyds geen dekking sou hê nie, teenoor andersyds ân verhoogde bybetaling ingeval van intrede van die risiko. Dit is gemene saak dat eiser se versekering aanvanklik sodanig was dat slegs ân verhoogde bybetaling betaalbaar sou wees en dat eiser deeglik daarvan bewus was. Op welke stadium dit verander het na geen dekking, is ietwat onduidelik. Die verweerder beweer dat dit reeds toe die versekering nog by Truck & General was deur middel van endossemente sodanig gewysig was. Verskeie dokumente in eiser se bundel âAâ spreek egter tot die teendeel. Die aard en formaat van die beweerde endossemente deur verweerder voorgelê, pas ook nie mooi in by die Truck & General polis nie en skep twyfel hieroor. Dit is moeilik om ân bevinding te maak op die voorgelegde getuienis of ân geen-dekking situasie al gegeld het in die Truck & General tydperk al dan nie. Feit van die saak is egter dat toe die versekering verskuif is na Regent die eiser sonder dekking gelaat sou wees as hy nie ân opsporingstelsel in die Mercedes het nie en die vraag in hierdie saak is of eiser by inwerkingtreding van die Regent polis pertinent deur verweerder hiervan ingelig was.
Die getuienis van die Mosterts lewer nie werklik ân bydrae om hierdie vraag te beslis nie. Dit is ewe versoenbaar met die situasie van ân blote verhoogde bybetaling. Dit noodsaak ân noukeurige oorweging van die getuienis van die eiser self teenoor die verweerder self in hierdie verband. Volgens verweerder se hoofgetuienis het hy toe die Regent polis in werking getree het, spesiaal ân besoek by die eiser afgelê en het plaasgevind dit wat supra aangehaal is. Tydens kruisverhoor en daarna tydens ondervraging deur die hof lyk daardie getuienis egter as volg:
âToe die Mercedes aangekoop is, het u vir Melanie die lead gegee dat ân opspoorstelsel in die voertuig aangebring moet word? --- Dit is korrek.
Daarna rapporteer Melanie aan u terug dat dit kon nie ingesit word nie, want die kliënt het nie die afspraak nagekom nie? --- Dit is korrek en sy sal weer ân afspraak reël.
Het sy enigiets daarna weer aan u terug rapporteer of nie? --- Soos ek gesê het, u Edele, sy het een keer vir my gesê hy het nie die afspraak nagekom nie, maar sy sal met hom reël.
Ja, maar dit is nou die enige, die keer, né? --- Dit is die twee kere.
Sy sê sy sal nou weer met hom reël? --- Dit is reg.
My vraag is het sy daarna weer na u toe teruggekom en iets gerapporteer of nie? --- Nie wat ek van kan onthou nie.
Toe tree die Regent polis in werking hier in Maart 2004? --- Dit is korrek.
Toe gaan sien u vir die eiser? --- Dit is korrek.
Op daardie stadium het u nie geweet of Melanie toe wel die opspoorstelsel laat installeer het nie? --- Ek was nie bewus of hy in of uit, u weet, ek aanvaar hy is in.
Vra u toe vir die eiser toe u daar by hom kom, jong het Melanie toe hierdie ding kom insit? --- Ek kan nie onthou of ons daardie gesprek gehad het nie.
Maar die hele doel van u besoek is dan nou juis om vir hom te kom inlig dat Regent vereis nou dat so ân stelsel moet in wees? --- Dit is korrek.
En u sê u het nie sekerheid van Melanie gekry dat die stelsel wel in is nie? --- Nee.
Maar sê u toe nie vir hom, maar kyk man, Melanie het vir my gesê dat sy kon nie die eerste afspraak nakom nie omdat jy dit gekanselleer het en sy het toe vir my gesê sy het weer ân latere afspraak en ek wil nou net van jou weet of die stelsel in is of nie, want as hy nie in is nie, dan moet ek vir jou sê dan het jy nie dekking nie. --- Dit is korrek, nee, ek kan nie onthou ...(tussenbei).
Nee, wat? --- Ek kan nie onthou dat so pertinent gepraat is nie. Soos ek getuig het elke keer as ons gepraat het oor Netstar en opsporingprodukte, het mnr. Wessels elke keer vir my gesê hy en Melanie is besig en hulle onderhandel, hy sal sorg daarvoor.
Nee, my vraag op hierdie stadium is eintlik net, toe u nou, gewapen met die Regent polis die man gaan spreek, toe het u nie duidelikheid of die stelsel ingesit is of nie? --- Dit kan ek nie onthou nie. Soos ek gesê het ek kan nie onthou of dit definitief daar toe gepraat is nie.
Maar niemand het aan u gerapporteer dat dit ingesit is nie? --- Ons het aanvaar dit is in.
Vra u toe vir hom is dit in, want dis is mos nou die hele doel van u besoek om vir hom in te lig dit moet in wees? --- Dit is reg. Soos ek gesê het as ons gepraat het op daardie punt.
Nee, my vraag is net vra u toe vir hom is die stelsel in? --- Ek kan dit nie pertinent onthou nie, maar wanneer ons daaroor gepraat het, het hy altyd vir my gesê hy onderhandel daarmee self. Dit kan ek nie onthou nie. Hy sal sorg daarvoor.
Maar kyk soos ek nou dink hoe logika werk, is u gaan nou soontoe spesiaal om hom te sien oor die Regent polis en die vereiste dat so ân stelsel moet in wees. --- Dit is korrek.
En u weet nou dat Melanie vroeër aan u gerapporteer het dat die man het nou allerlei verskonings gehad toe sy dit die eerste keer wil insit en dat sy toe ân latere afspraak weer met hom gehad het. --- Dit is korrek.
Nou my logika sê vir my dat die eerste ding wat ân man eintlik vir die kliënt sal vra is, jong, maar is die stelsel nou ingesit, want ek is eintlik hier om vir jou te kom sê dat die nuwe polis vereis dit dat dit moet in wees? --- Dit is aanvaarbaar so, dit is reg.
Dat u dit so vir hom gesê het? --- Soos ek gesê het ek kan dit nie onthou of dit so definitief gesê is nie.â
Hierdie getuienis van verweerder laat by my ernstige twyfel of die eiser hoegenaamd deur die verweerder by intrede van die Regent polis ingelig was van die uitsluitingsklousule. Trouens, die gedeelte uit verweerder se getuienis hierbo aangehaal, is aanduidend van die onsekerheid waarin die verweerder self verkeer of hy so iets gedoen het. Die eiser se laksheid om ân opsporingstelsel te installeer, word nié deur my uit die oog verloor nie. Dit is egter soos reeds aangedui ewe versoenbaar met ân opvatting dat dit finansieel beter is om die verhoogde bybetaling te doen as wat dit is om die koste van die installering van ân opsporingstelsel aan te gaan. Dit is juis die eiser se getuienis dat hy bereid was om die risiko van ân verhoogde bybetaling te aanvaar, maar nie die risiko van geen dekking sou aanvaar nie.
Die eiser se getuienis was ook nie vlekkeloos nie, maar na oorweging van al die getuienis het ek tot die gevolgtrekking gekom dat op die waarskynlikhede die eiser nooit pertinent ingelig was dat hy geen dekking sou hê as ân opsporingstelsel nie in die Mercedes installeer was nie.
[10] Mnr. Fischer, namens die verweerder, het in sy betoogshoofde meen ek ook heeltemal tereg toegegee dat daar nie veel peil op die verweerder se getuienis getrek kan word aangaande die vraag of hy die eiser ingelig het van hierdie uitsluitingsklousule nie. Hy gee egter vir oorweging dat die waan waaronder die eiser verkeer het, naamlik dat hy aanspreeklik is vir ân verhoogde bybetaling in die geval waar geen opsporingstelsel in die Mercedes geïnstalleer is nie, teen hom toegepas moet word. Uit die getuienis is dit duidelik dat daardie verhoogde bybetaling eintlik beteken dat die versekerde (die eiser) 25% van die waarde van die uitbetaling sou verbeur. Mnr. Fischer vra my dan vir ân bevel dat die verweerder slegs aanspreeklik is om eiser 75% van sy skade te betaal.
Ek is nie bewus van enige regsgrondslag waarop so ân bevel by ân kontraktuele eis gemaak kan word nie. Die vraag is tog bloot wat die terme van die versekeringsooreenkoms tussen eiser en Regent was op die tydstip toe die risiko realiseer het. Daardie ooreenkoms het op daardie tydstip geen term bevat dat eiser die 25% voormeld sou verbeur nie. Sy skade weens verweerder se kontrakbreuk moet op daardie basis bereken word. Die waan waaronder hy verkeerdelik was, is vir hierdie doeleindes irrelevant.
Dit word dan as volg beveel:
1. Verweerder is verantwoordelik om eiser sodanige skade te vergoed as wat eiser bewys hy gely het as gevolg van verweerder se bevinde kontrakbreuk.
Verweerder moet eiser se koste tot dusver betaal.
____
C.B. CILLIé, R
Namens die eiser: Adv. J.Y. Claasen
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die verweerder: Adv. P.U. Fischer
A.P. Pretorius en Vennote
/sp
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.