Wessels NO v De Jager NO and Another (657/98) [2000] ZASCA 44; 2000 (4) SA 924 (SCA) ; [2000] 4 All SA 440 (A) (22 September 2000)
- Citation
- [2000] ZASCA 44
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Van Heerden, Smalberger, Olivier, Zulman, Farlam
- Case number
- 657/98
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Van Heerden, Smalberger, Olivier, Zulman, Farlam
- Case number
- 657/98
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the insolvent does not acquire a right to the insurance policy benefit or inheritance until he accepts the benefit. Prior to acceptance, he only has a competency, not a right, and this competency does not vest in the curator of the insolvent estate. The court found the appellant's argument that such a competency constitutes a right to be unfounded. The appeal was dismissed with costs, and a special costs order was made against the appellant for including unnecessary documents in the appeal record.
Court disposition
Appeal dismissed with costs; special costs order against the appellant for unnecessary inclusion of documents.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
- The appellant's attorneys may not recover any costs from the appellant attributable to the inclusion of volume 2 in the appeal record.
02
Material facts
Parties
GF Wessels NO
AppellantCJ De Jager NO
RespondentJF Peyper NO
Respondent03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From the Free State Provincial Division
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Does the right to accept an insurance policy benefit or inheritance vest in the curator of an insolvent estate before the insolvent has accepted the benefit?
- 02
Is the power to accept such benefits a right or merely a competency that vests in the curator?
- 03
Should costs be awarded against the appellant for unnecessarily including irrelevant documents in the appeal record?
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the rights to accept the insurance policy benefit and inheritance are 'movable property' as defined in the Insolvency Act and thus vest in the curator of the insolvent estate. He contended that the insolvent acquires a conditional right to the benefit, which the curator may exercise by accepting the benefit on behalf of the estate.
- Respondent
- The respondents maintained that the insolvent only acquires a competency, not a right, to accept the benefit. Until acceptance, there is no obligation on the offeror, and the right does not vest in the insolvent or the curator. They argued that the inclusion of unnecessary documents in the appeal record was unjustified and warranted a special costs order.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Insolvency Act 24 of 1936, section 20(2)(b)
Property that would otherwise accrue to an insolvent during insolvency vests in the insolvent estate and the curator, but only if it constitutes a right and not merely a competency to accept a benefit.
- 02
De Groot 3.1.6; Voet 5.1.73; De Wet and Van Wyk, Kontraktereg en Handelsreg, 5th ed, vol 1, p 35
A right in law cannot exist in the abstract; it is one pole of a legal relationship, the other being an obligation. Until acceptance of an offer, there is only a competency, not a right.
- 03
De Wet and Van Wyk, Kontraktereg en Handelsreg, 5th ed, vol 1, p 35; Voet 42.8.16
An offer lapses upon the death of the offeror unless accepted before death; the offer does not survive as an obligation in the deceased's estate.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the insolvent does not acquire a right to the insurance policy benefit or inheritance until he accepts the benefit. Prior to acceptance, he only has a competency, not a right, and this competency does not vest in the curator of the insolvent estate. The court found the appellant's argument that such a competency constitutes a right to be unfounded. The appeal was dismissed with costs, and a special costs order was made against the appellant for including unnecessary documents in the appeal record.
Obiter and limits
- The court reiterated its previous warnings that special costs orders would be made where unnecessary documents are included in appeal records, noting that such warnings have often been ignored.
- The court clarified that the distinction between a right and a competency is fundamental in determining what vests in an insolvent estate.
Court disposition
Appeal dismissed with costs; special costs order against the appellant for unnecessary inclusion of documents.
- The appeal is dismissed with costs.
- The appellant's attorneys may not recover any costs from the appellant attributable to the inclusion of volume 2 in the appeal record.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Rapporteerbaar
DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 657/98
Insake die appèl vanGF WESSELS NO AppellantenCJ DE JAGER NO 1ste RespondentJF PEYPER NO 2de Respondent
HOF: Van Heerden WndHR, Smalberger, Olivier, Zulman ARR en Farlam WndAR
Verhoordatum: 15 Augustus 2000
Leweringsdatum: 22 September 2000
UITSPRAAK
HJO VAN HEERDEN WndHR
[1] Die vraag wat ter beslegting in hierdie appèl opduik, kan soos volg geformuleer word. Na die sekwestrasie van sy boedel, maar voor sy rehabilitasie, neem ‘n insolvent se vrou, met wie hy buite gemeenskap van goed getroud is, ‘n versekeringspolis op haar lewe uit. Sy wys daarin die insolvent aan as die bevoordeelde in geval van haar dood. Sy kom dan sonder ‘n testament te sterwe wat meebring dat die insolvent ‘n intestate erfgenaam van haar is. Daarna weier die insolvent om die versekeringsvoordeel of die erfenis te aanvaar. Het die twee voordele nou in die kurator van die insolvente boedel gevestig in die sin dat hy die bevoegdheid verkry het om self die voordele te aanvaar? Indien die antwoord nee is, soos Beckley R in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling bevind het, kan die appèl nie slaag nie. [2] Dit is welbekend dat, ingevolge art 20 (2) (b) van die Insolvensiewet 24 van 1936, vir sover ter sake, “goed” wat gedurende sy insolvensie ‘n insolvent andersins sou toegeval het, in sy insolvente boedel beland en dus vestig in die kurator daarvan. Dit is ewe bekend dat “roerende goed” in art 2 omskryf word as elke soort goed wat nie onroerend is nie. Volgens dieselfde artikel beteken “goed” “roerende goed . . . en omvat voorwaardelike regte op goed . . . ” [3] Die appellant se betoog is dat die “regte” wat die insolvent in die gepostuleerde geval verkry het, roerende goed is.
Hierdie betoog is so klaarblyklik ongegrond dat nie veel daaroor gesê hoef te word nie. [4] Die appellant het geredelik toegegee dat indien sy betoog op vaste rots gebou is, die “reg” om gedurende insolvensie ‘n skenkingsaanbod te aanvaar, ook ‘n “reg” is wat in die kurator setel. ‘n Reg in regsterminologiese taal kan egter nie in die abstrak bestaan nie. Dit is maar een pool van ‘n verbintenis waarvan die ander ‘n verpligting is, o.a. weens ‘n kontraktuele band. As bogenoemde aanbod aan die insolvent gemaak word, verkry hy ‘n bevoegdheid om dit aan te neem. Tot dan rus daar geen verpligting op die aanbieder nie. Trouens, behalwe in die oneigentlike geval van ‘n opsie, kan hy die aanbod te eniger tyd voor aanname herroep. Dus, die insolvent verkry slegs ‘n bevoegdheid, in teenstelling tot ‘n reg, om die aanbod voor herroeping daarvan te aanvaar. [5] Wat die versekeringsvoordeel betref, word op die keper beskou deur medewerking van twee partye ‘n aanbod aan die insolvent gemaak. Denkbaar kan elk van die twee so ‘n aanbod maak. In die eerste geval doen die gebonde party wel ‘n verpligting op, maar nie teenoor enigiemand anders as sy medekontraktant nie, totdat die aanbod aanvaar word. Ook hier is daar gevolglik geen sprake van ‘n reg wat die derde onmiddellik by sluiting van die kontrak tot sy voordeel verkry nie. ‘n Mens het dus maar weer met ‘n blote bevoegdheid te doen. [6] Ek
kom dan by die erfenis. Weereens is daar in die geval van ‘n testate of intestate bevoordeling by die dood van die testateur slegs ‘n bevoegdheid en geen reg nie, wat die insolvent toeval. ‘n Reg verkry hy eers as hy die bevoordeling aanvaar. [7] Die appellant betoog dat in so ‘n geval die insolvent ‘n voorwaardelike reg verkry, die voorwaarde synde die aanvaarding van die voordeel. Hoe gekunsteld hierdie argument is, blyk uit die volgende voorbeelde: ‘n Legaat word aan ‘n erfgenaam nagelaat op voorwaarde dat hy vir ‘n jaar nie Kaapstad verlaat nie. Word hierdie toewysing aanvaar, verkry die insolvent ‘n voorwaardelike reg. Maar voor dan het hy ‘n blote bevoegdheid om te adieer. Gestel voorts dat ‘n groot som geld aan ‘n insolvent nagelaat word op voorwaarde dat hy vir, sê, 10 jaar sy jonger broertjie in sy woning sal huisves. As die kurator nou die “reg” aanvaar, in wie setel dan die ooreenstemmende “verpligting”? [8] Meer nog, as die appellant dit juis het, behoort die “reg” die dood van die aanbieder te oorleef. Dit is egter nie die geval nie (De Groot 3.1.6, Voet 5.1.73). In hierdie verband sê De Wet en Van Wyk, Kontraktereg en Handelsreg, 5de uitgawe, vol 1, p 35:
“Tog meen ek dat die aanbod deur die aanbieder se dood verval, en wel omdat die aanbod nog nie ‘n verpligting is wat as ‘n las deel vorm van die oorledene se boedel nie.” Raadpleeg ook Voet 42.8.16. [9] Uit bostaande volg vanself dat Kellerman NO v Van Vuuren 1994(4) SA 336 (T), en Klerck and Schärges NNO v Lee 1995(3) SA 340 (SE) juis, en Boland Bank v Du Plessis 1995 (4) SA 113 (T) verkeerd, beslis is. [10] Om bogenoemde redes is die appèl na aanhoor daarvan met koste afgewys. Daar is egter nog ‘n verdere bevel wat gemaak moet word. Die hele band 2 van die oorkonde bestaan uit die partye se betoogshoofde in die hof a quo en was dus, soos die appellant geredelik toegegee het, totaal onnodig vir die beslegting van die appèl. Hy kon ook geen rede aanvoer waarom ‘n spesiale kostebevel ten opsigte van die insluiting van band 2 nie gemaak moet word nie. Hierdie hof het nou reeds oor ‘n geruime tyd gewaarsku dat sulke bevele gemaak sou word, en dit inderdaad in ‘n aantal appèlle gedoen. Die waarskuwings het egter blykbaar in heelwat gevalle op dowe ore geval. [11] Aangesien ‘n verdere bevel aangewese is, is dit verkieslik om dit te notuleer saam met die bevel wat reeds gemaak is. [12] Die resultaat is dat die appèl met koste afgewys word en dat die appellant se prokureurs geen koste van hom mag verhaal wat toe te skryf is aan die insluiting van band 2 in die oorkonde van die appèl nie.
HJO VAN HEERDEN
Waarnemende HoofregterStem saam:Smalberger AROlivier ARZulman ARFarlam WndAR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.