Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

White v Kheis Munisipaliteit (1828/2016) [2016] ZANCHC 38 (9 December 2016)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the applicant's non-compliance with the statutory notice period was due to a combination of severe injuries, lack of awareness, and the incapacitation of the initial attorney. However, the respondent was justified in refusing to accept the late notice based on the inadequate information provided prior to the application. The respondent's conduct was not unreasonable, as further details only emerged in the founding affidavit of the application. The applicant's refusal to accept the respondent's offer that each party bear its own costs led to unnecessary opposition and further costs. Therefore, condonation was granted for the late notice, but the applicant was ordered to pay the costs of the application, including those incurred by the respondent.

Court disposition

Condonation for non-compliance with statutory notice requirements granted; applicant ordered to pay costs of the application.

Orders

  • The applicant's non-compliance with the provisions of section 3(1)(a) of the Institution of Legal Proceedings Against Certain Organs of State Act 40 of 2002 is condoned.
  • Leave is granted to the applicant to proceed with his claim against the respondent under case number 429/2013.
  • The applicant is ordered to pay the costs of the application.

02

Material facts

Parties

Brandon Andrew White

Applicant Counsel: Adv. C H Botha

Kheis Munisipaliteit

Respondent Counsel: Mnr SJ Groenewaldt

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Application for Condonation of Late Statutory Notice and Costs Order

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant argued that the delay in giving statutory notice was due to severe injuries, including a brain injury, prolonged hospitalization, and lack of awareness of the statutory requirement. Further, the applicant's initial attorney was incapacitated by illness, which contributed to the delay and lack of detail in the notice. The applicant contended that the respondent was unreasonable in refusing to accept the late notice and sought a punitive costs order against the respondent.
Respondent
The respondent did not oppose the granting of condonation but opposed the costs order. The respondent maintained that the information provided by the applicant's attorney prior to the application was insufficient to justify acceptance of the late notice. The respondent argued that it was reasonable to insist on a formal application with a sworn affidavit and that the applicant should bear the costs, as is the general principle when a party seeks indulgence from the court.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Institution of Legal Proceedings Against Certain Organs of State Act 40 of 2002

    A party seeking to institute proceedings against an organ of state must comply with the statutory notice period unless condonation is granted for non-compliance.

  2. 02

    Common law and Uniform Rule 22(3)

    The general rule is that a party seeking condonation bears the costs of the application unless the opposing party acts unreasonably.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the applicant's non-compliance with the statutory notice period was due to a combination of severe injuries, lack of awareness, and the incapacitation of the initial attorney. However, the respondent was justified in refusing to accept the late notice based on the inadequate information provided prior to the application. The respondent's conduct was not unreasonable, as further details only emerged in the founding affidavit of the application. The applicant's refusal to accept the respondent's offer that each party bear its own costs led to unnecessary opposition and further costs. Therefore, condonation was granted for the late notice, but the applicant was ordered to pay the costs of the application, including those incurred by the respondent.

Obiter and limits

  • The court observed that organs of state are entitled to insist on reasonable information before accepting late statutory notice, and litigants must provide sufficient detail to justify condonation.
  • The court noted that the applicant's attorney could have provided more comprehensive explanations earlier, which might have avoided the need for a formal application and the associated costs.

Court disposition

Condonation for non-compliance with statutory notice requirements granted; applicant ordered to pay costs of the application.

  • The applicant's non-compliance with the provisions of section 3(1)(a) of the Institution of Legal Proceedings Against Certain Organs of State Act 40 of 2002 is condoned.
  • Leave is granted to the applicant to proceed with his claim against the respondent under case number 429/2013.
  • The applicant is ordered to pay the costs of the application.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2016] ZANCHC 38

IN DIE Hoe HOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Saaknommer: 1828/2016

Saak Aangehoor: 02/12/2016

Datum Gelewer: 09/12/2016

Rapporteerbaar: Nee

Sirkuleer onder Regters: Ja

Sirkuleer onder Landdroste: Nee

Sirkuleer onder Streeklanddroste: Nee

In die saak tussen:

BRANDON

ANDREW WHITE Applikant

en

KHEIS MUNISIPALITEIT Respondent

Coram: Olivier R

UITSPRAAK

Olivier R:

[1]. Die applikant, Mnr Brandon Andrew White, het 'n aksie ingestel teen die respondent, die Kheis Munisipaliteit, as die eerste verweerder, en teen Mnr Jan Mouton as die tweede verweerder .

[2]. Die skuldoorsaak waarop daarin gesteun word, is dat die applikant skade gely het weens beserings wat hy opgedoen het in 'n botsing wat volgens horn veroorsaak is deur die teenwoordigheid van die tweede verweerder se perd in 'n pad. Die eerste respondent word aanspreeklik gehou op grond van die nie-nakoming van 'n beweerde regsplig om die heining langs die betrokke pad in stand te hou.

[3]. Weens die bepalings van die Wet op die lnstel van Regsgedinge teen Staatsorgane[1] ("die Wet") was die applikant in die omstandighede verplig om binne 6 maande na die betrokke ongeluk aan die respondent kennis te gee van die voorgenome eis. Die ongeluk het na bewering op 4 April 2010 plaasgevind, maar die statutere kennisgewing, in die vorm van 'n skrywe deur die applikant se prokureur, is eers versend op 15 Februarie 2011,meer as 10 maande na die datum van die ongeluk.

[4]. In die besonderhede van vordering het die applikant die bewering gemaak dat die betrokke statutere vereiste nagekom is. In reaksie hierop het die respondent slegs gepleit dat kennis geneem word van die betrokke bewering. Dit is dus nie ontken nie. Die versuim om dit te ontken sou argumenteerbaar ingevolge Eenvormige Hofreel 22(3) geag moes word 'n erkenning te wees van die betrokke bewering in die besonderhede van vordering. Ek vermoed egter dat die rede waarom die applikant nooit gepoog het om die respondent aan die geagte erkenning gebonde te hou nie, is omdat daar ooglopend, minstens wat betref die periode wat verstryk het voordat kennis gegee is, nie voldoen is aan die voorgeskrewe periode waarbinne sodanige kennis gegee moes gewees het nie.

[5]. Op 2 Maart 2016 het daar 'n Reel 37 konferensie plaasgevind,waar die applikant verteenwoordig is deur sy prokureur, Mnr Van Niekerk van Elliott Maris Wilmans & Hay,Kimberley, en die respondent deur Mnr Groenewaldt van Towell & Groenewaldt Prokureurs, Kimberley. By daardie geleentheid, en op 'n vraag van Mnr Van Niekerk,het Mnr Groenewaldt aangedui dat die respondent nie op daardie stadium bereid was om voldoening aan die betrokke bepalings van die Wet te erken nie. Die twee prokureurs het toe ooreengekom,ender andere,dat Mnr Van Niekerk 'n afskrif van die betrokke kennisgewing, en ook redes waarom dit nie binne 6 maande gegee is nie,aan Mnr Groenewaldt sou voorsien,wat dan op sy beurt sou aandui watter nadeel die respondent daardeur gely het of sou ly.

[6]. Op 23 Maart 2016 het Mnr Van Niekerk dan ook in hierdie verband 'n skrywe gerig aan Mnr Groenewaldt. In bree trekke is in die betrokke skrywe die volgende voorgehou as redes vir die feit dat die statutere kennisgewing laat was:

6.1 Daar is gemeld dat die applikant vir 'n periode van 76 dae na die ongeluk in die hospitaal was, tot ongeveer die middel van Julie 2010.

6.2 Verder is dit gestel dat die applikant "nog nie van so 'n aard gewees (het) om enigsins aandag te gee en/of om instruksies aan 'n Prokureur te gee nie" omdat hy:

6.2.1 'n breinbesering opgedoen het "en nog nie normaal was nie";

6.2.2 nie kon loop nie;

6.2.3 vanaf 16 Julie 2010 tuis fisioterapie moes kry vir ongeveer 3 maande; en

6.2.4 onbewus was van die betrokke statutêre vereiste.

6.3 Dit is gestel dat die applikant "so vroeg as wat hy moontlik daartoe in stoat kon gewees het om 'n Prokureur te sien en die nodige afspraak hierin gelewer het'' ; wat dit ook al mag beteken het.

[7]. Mnr Groenewaldt is versoek om op grand van hierdie inligting die laat kennisgewing te aanvaar, soos wat die Wet dan ook voor voorsiening maak,in welke geval die applikant nie sou nodig gehad het om die Hof te nader om die laat kennisgewing te kondoneer nie.

[8]. Die gemelde skrywe is op 8 April 2016 opgevolg deur 'n verdere skrywe waarin die respondent se prokureur op terme geplaas is om teen nie later nie as 13 April 2016 aan te dui of die respondent bereid sou wees om die laat statutere kennisgewingte aanvaar. Die betrokke skrywe het verder gelui dat, indien die respondent nie bereid sou wees om in te stem tot die aanvaarding van die laat kennisgewing nie,die Hof genader sou word om kondonasie,en ook om 'n bestraffende kostebevel teen die respondent.

[9]. In 'n skrywe gedateer 13 April 2016 het Mnr Groenewaldt toe uitgelig dat Mnr Van Niekerk in die skrywe van 23 Maart 2016 nie gemeld het wanneer die applikant dan toe wel 'n prokureur gaan spreek het nie. Verder is uitgewys dat daar ook geen bewyse verskaf is vir die bewering dat die applikant, eerstens, 'n breinbesering gehad het en, tweedens, as gevolg daarvan nie 'n prokureur van instruksies kon voorsien nie. Dit is ook gemeld dat die skrywe van 23 Maart 2016 nie die vertraging tussen middel Julie 2010 en Februarie 2011 verduidelik het nie. Mnr Groenewaldt het die applikant se prokureur oak uitgenooi om teen 26 April 2016 rekords van die tyd wat hy by die werk afwesig was met siekverlof, ter stawing van die verduideliking beskikbaar te stel.

[10]. Mnr Van Niekerk se reaksie hierop was 'n skrywe gedateer 14 April 2016, wat eers op 26 April 2016 per hand afgelewer is by Mnr Groenewaldt se kantoor. Daarin het hy eenvoudig betwis dat die periode tussen Julie 2010 en Februarie 2011nie in sy skrywe van 23 Maart 2016 verduidelik is nie. Mnr Van Niekerk het in die betrokke skrywe gehandel met die onbeskikbaarheid van hospitaalrekords, maar geen melding gemaak van die bestaan, aldan nie,van rekords van siekverlof by die applikant se werkgewer nie. Hy het origens bloot maar weer verwys na die verduidelikings vervat in die skrywe van 23 Maart 2016, en nie gepoog om enige verdere besonderhede as dit te verstrek nie.

[11]. Eers ongeveer 4 maande later, op 18 Augustus 2016, het die applikant die funderende eedsverklaring in hierdie aansoek onderteken, en is die betrokke aansoek uitgereik op 24 Augustus 2016. Daar is geen duidelike rede in die stukke vir hierdie vertraging nie. Die stelling is deur die applikant gemaak dat sy prokureur probeer het om die hofaansoek te vermy. Of hierdie stelling ook sou geslaan het op hierdie periode en vertraging, is nie heeltemal duidelik nie, maar selfs al sou dit, sou daar eweneens geen detail gewees het van daardie pogings nie.

[12]. In hierdie aansoek word kondonasie van die nie-nakoming van die betrokke statutere bepalings versoek,met gepaardgaande regshulp, en dan ook dat die respondent gelas moet word om die koste van die aansoek te betaal op die skaal van prokureur en klient.

[13]. Op 20 September 2016, en ooglopend nadat die aansoek beteken is, het Mnr Groenewaldt skriftelik aangedui dat die regshulp met betrekking tot kondonasie nie geopponeer sou word nie, maar dat die respondent nie bereid was om die koste van die aansoek te betaal nie. Daar is in die betrokke skrywe verwys na die algemene beginsel dat 'n party wat 'n vergunning verlang, die koste daaraan verbonde behoort te betaal. Die aanbod is egter gemaak,nietemin en op daardie stadium,dat elke party sy eie koste betaal. Daardie aanbod is nie aanvaar nie en dit is nie meer op hierdie stadium op die tafel nie.

[14]. Op 22 September 2016 het Mnr Van Niekerk in 'n skrywe gereageer. Die aanbod is nie aanvaar nie. Mnr Van Niekerk het verder in die skrywe aan Mnr Groenewaldt gesag voorgehou dat, anders as in ander gevalle waar 'n party kondonasie verlang,die howe in gevalle soos hierdie al kostebevele toegestaan het teen instansies wat onredelik geweier het om laat of gebrekkige kennisgewing te aanvaar, en so op 'n onredelike wyse aansoeke om kondonasie genoodsaak het. Daar is weereens versoek dat die respondent instem om die applikant se koste te betaal,by gebreke waaraan die applikant, so is berig, die inhoud van die betrokke skrywe aan die hof sou openbaar.

[15]. Wat die meriete van die aansoek om kondonasie betref, het die applikant in sy funderende eedsverklaring nou ver meer inligting

verstrek oor die versuim as wat Mnr Van Niekerk voorheen in korrespondensie bereid was om te doen. Ek sal hierna terugkeer.

[16]. Dit blyk nou dat 'n baie groat deel van die vertraging, en spesifiek ook dan tot 'n groot mate in die periode vanaf middel Julie 2010 tot Februarie 2011,veroorsaak is deur die versuim van die applikant se aanvanklike korrespondent-prokureur, wat oor daardie periode verstandelik geaffekteer is deur 'n siekte wat intussen sy lewe geeis het.

[17]. Omdat dieselfde prokureur toe ook uiteindelik die statutere kennisgewing opgestel en versend het, sou dit waarskynl ik ook

daardie siektetoestand gewees het wat gelei het tot die totale gebrek aan besonderhede in daardie kennisgewing. Dit het nie eers

besonderhede vervat oor waar en wanneer die ongeluk na bewering gebeur het nie.

[18]. Die respondent het horn egter nog nooit beroep op daardie gebrek aan besonderhede nie, en het ook nooit die houding ingeneem dat die respondent daardeur benadeel is nie.

[19]. Die respondent het nie 'n antwoordende eedsverklaring afgelewer nie en het inteendeel sedertdien by monde van Mnr Groenewaldt en by wyse van submissies in sy hoofde van betoog, uitdruklik toegegee, weereens, dat kondonasie verleen behoort te word. Hierdie,na my oordeel,is 'n billike en verantwoordelike toegewing.

[20]. Ek meen dus dat die regshulp in paragrawe 1 en 2 van die kennisgewing van mosie toegestaan behoort te word.

[21]. Die opponering deur die respondent van hierdie aansoek gaan egter nou uitsluitlik oor koste, en dit het die applikant al teen 20 September 2016 geweet. Die applikant het verkies om nie die aanbod te aanvaar dat elke party sy eie koste dra nie en het verkies om hierdie aansoek voort te sit op die basis dat die respondent onredelik was om nie in te stem tot die aanvaarding van die laat kennisgewing nie. Dit is op hierdie basis wat die applikant verlang dat die respondent die koste van die aansoek moet betaal,ook nou tot op datum en geopponeerd,en verder steeds dat daardie koste op 'n bestraffende skaal toegestaan moet word.

[22]. Die eenvoudige vraag is dus of die respondent en sy prokureur Mnr Groenewaldt wel so onredelik was deur nie in reaksie op die inligting wat Mnr Van Niekerk aan horn voorgehou het namens die applikant,toe te stem tot die aanvaarding van die laat kennisgewing nie.

[23]. Soos wat sal blyk,was Mnr Groenewaldt hoegenaamd nie onredelik in sy reaksie nie. Selfs al sou hy moontlik ook die algemene benadering tot koste in aansoeke om kondonasie verkeerdel ik beskou het as ongekwalifiseerd toepaslik op gevalle ingevolge die Wet, het die brief van 23 Maart 2016 in elk geval geensins voldoende besonderhede verstrek nie, onder omstandighede waar 'n mens op die oog af sou verwag het sulke besonderhede beskikbaar sou gewees het, indien dan nie aan Mnr Van Niekerk nie, wel aan die prokureur wat op daardie stadium sy korrespondent was. Andersins kon Mnr Van Niekerk minstens in daardie skrywe verduidelik het waarom verdere besonderhede rakende die aard van die abnormaliteit en die stadium waarop wel instruksies ontvang is om stappe te neem teen die respondent, nie beskikbaar was op daardie stadium nie. Selfs op die stadium toe Mnr Groenewaldt duidelik verdere besonderhede versoek het, is geen so 'n verduideliking deur Mnr Van Niekerk voorgehou nie.

[24]. Wat het die stelling,wat eintlik ook maar meer 'n konklusie was as 'n feitestelling,dat die applikant na sy ontslag uit die hospitaal nie "normaal" was nie, beteken? Die applikant verduidelik nou inderdaad in sy funderende eedsverklaring dat hy geheueverlies gehad het. Wat het Mnr Van Niekerk verhoed om minstens dit dan as 'n verduideliking aan te bied, indien nie in sy skrywe van 23 Maart 2016 nie, dan minstens in sy skrywe gedateer 14 April 2016?

[25]. Waarom het Mnr Van Niekerk nie, toe Mnr Groenewaldt horn so versoek het,gereageer deur bewyse te verskaf van die applikant se afwesigheid by sy werk in die tersaaklike periode nie, of minstens dan darem verduidelik dat ook dit nie moontlik was nie? Dit blyk nou duidelik,uit die applikant se funderende eedsverklaring,dat hy wel lank by sy werk afwesig moes gewees het.

[26]. Hoe sou die feit dat die applikant op 'n stadium nie kon loop nie, horn verhoed het om tydig kennis te gee van sy eis?

[27]. Watter verduideliking is op daardie stadium vir Mnr Groenewaldt gegee vir die periode tussen middel Julie 2010 en Februarie 2011? Hoe sou die feit dat die applikant in daardie tyd ongeveer 3 keer tuis fisioterapie moes ondergaan het, in sy weg gestaan het om tydig kennis te gee?

[28]. 'n Ander baie relevante faktor, wat ook nou eers in die applikant se aansoek na vore gekom het,is die rol wat die ongesteldheid van die applikant se destydse prokureur gespeel het. Waarom kon Mnr Van Niekerk nie al teen 23 Maart 2016 hieroor behoorlike instruksies

gehad het van sy korrespondent nie, want dan sou hy al toe die siekte van die applikant se destydse prokureur in sy skrywe aan Mnr Groenewaldt kon gemeld het.

[29]. Hoekom het Mnr Van Niekerk nie in die betrokke skrywe vir Mnr Groenewaldt vertel wanneer daar dan die eerste keer met 'n prokureur

gepraat is nie. Daar is ook nie gemeld wanneer die applikant dan weer "normaaf' genoeg was om te kon instruksies gee aan 'n prokureur nie. Dit sou mos ooglopend gehelp het om te oordeel of daar by die eerste redelike geleentheid kennis ingewin is van die statutere vereiste,en toe daaraan voldoen is.

[30]. Daar is ook nie eers in die betrokke skrywe melding daarvan gemaak dat dit eintlik die applikant se vader was wat die betrokke prokureur aanvanklik genader het nie. Dit blyk nou eers uit die funderende verklaring.

[31]. Dit blyk, van selfs meer belang, ook nou uit 'n skrywe[2] dat die applikant se korrespondent-prokureurs al so lank terug as op 13 Augustus 2010 aan Mnr Van Niekerk berig het dat die applikant se vader reeds aan hulle instruksies gegee het. Oat die applikant se vader prokureurs genader het, kon al opsigself 'n baie sterk

aanduiding daarvan gewees het dat die applikant self nie op daardie stadium in staat was om so te doen nie. Nou moes die respondent en sy prokureur egter eers in die funderende eedsverklaring sien hoe en wanneer die applikant se vader gaan regsadvies inwin het. Mnr Van Niekerk sou uit die skrywe van 13 Augustus 2010 mos geweet het wanneer en deur wie instruksies gegee is.

[32]. Oat die applikant se vader wel al op 4 Augustus 2010 sy korrespondent-prokureurs gaan raadpleeg het, laat die vraag ontstaan

hoe die applikant se beweerde tydelike onvermoë om instruksies te voorsien 'n verduideliking sou kon gewees het vir die feit daar vanaf Augustus 2010 tot Februarie 2011nie kennis gegee kon word aan die respondent nie. Hoekom sou die vereiste kennisgewing nie op die vader se instruksies gegee kon gewees het nie? Daar is eenvoudig geen verduideliking hiervoor nie.

[33]. Dit gaan egter selfs nog verder as dit. Die applikant se vader het die korrespondent-prokureur in Olifantshoek ongeveer 4 maande na die ongeluk gaan sien,en dus nog ruim voor die verstryking van die voorgeskrewe 6 maande periode. Dit blyk nou, eweneens uit korrespondensie waarvan afskrifte aangeheg is by die applikant se eie funderende verklaring, dat die Olifantshoek prokureur toe na aanleiding daarvan in die skrywe van 13 Augustus 2010 vir Mnr Van Niekerk versoek het om te adviseer oor die wenslikheid van stappe teen die respondent. Mnr Van Niekerk het eers op 14 Oktober 2010, byna 2 weke na die verstryking van die 6 maande periode, gereageer in 'n skrywe waarin hy geadviseer het dat stappe regtens moontlik was en,van meer belang,dat die 6 maande periode reeds verstryk het en dat hulle "mettertyd (indien hulle later die punt opper) aansoek (kon) doen vir Kondonasie".

[34]. Die 6 maande periode het dus verstryk nadat die aangeleentheid byna 2 maande al in die hande was van Mnr Van Niekerk,en daar is selfs tot op hierdie stadium geen verduideliking hiervoor nie.

[35]. Wat ook hieruit duidelik is, is dat die beweerde onkunde van die applikant geensins 'n verduideliking sou kon gebied het onder die omstandighede van hierdie geval nie.

[36]. Die feit dat die Wet dit vir instansies soos die respondent moontlik maak om laat kennisgewing te aanvaar, beteken darem ook nie dat 'n litigant soos die applikant nie minstens redelike inligting aan so 'n instansie moet verstrek om te verduidelik waarom die kennisgewing laat was nie.

[37]. Na my oordeel kan Mnr Groenewaldt se weiering,wat gekwalifiseer was tot die mate dat hy wel oop was vir die voorlegging van verdere inligting, hoegenaamd nie aangemerk word as onredelik nie. lnteendeel, na my oordeel sou dit selfs as roekeloos aangemerk kon word indien hy bereid sou gewees het om toe te stem tot laat aanvaarding van die kennisgewing, namens sy klient, op die basis van die tipe inligting wat Mnr Van Niekerk aan horn voorgehou het in die brief van 23 Maart 2016.

[38]. lndien daardie tipe verduideliking al was wat in hierdie aansoek en in die funderende eedsverklaring aan die Hof voorgehou is vir doeleindes van 'n aansoek om kondonasie, sou die aansoek heel waarskynlik onsuksesvol gewees het. Net hoe gebrekkig daardie inligting in die omstandighede was, blyk duidelik uit die besonderhede wat nou na vore gekom het in die funderende verklaring.

[39]. Na my oordeel was die respondent volkome geregtig om, in die omstandighede en op die inligting wat Mnr Van Niekerk bereid was om te verskaf, daarop aan te dring dat die applikant by wyse van 'n beedigde verklaring, en in 'n aansoek, die Hof nader om die betrokke kondonasie te versoek.

[40]. Die applikant het toe die aansoek gebring en, soos wat ek reeds aangedui het, in die eedsverklaring baie meer besonderhede verstrek van waarom die statutere kennisgewing laat gegee is. Dit was op sterkte van daardie inligting wat Mnr Groenewaldt toe wel namens sy klient aangedui het dat die toestaan van kondonasie nie geopponeer sou word nie, maar die applikant het verkies om desnieteenstaande die aansoek voort te sit net ten aansien van koste.

[41]. Daar is na my oordeel geen rede hoegenaamd waarom die respondent enige koste van die aansoek moet dra in die omstandighede van hierdie geval nie, laat staan nog bestraffende koste. Dit is destemeer nou nog die geval waar die respondent nou genoodsaak was om verdere koste aan te gaan in die opponering van hierdie aansoek, wat in wese toe net gegaan het daaroor dat die respondent gelas moet word om bestraffende koste te betaal.

[42]. Die billike posisie ten aansien van koste, na my oordeel, sal inteendeel wees dat die applikant gelas word om die koste van die aansoek te betaal, insluitende die van die respondent,soos wat ook nou in die betoogshoofde en by die aanhoor van argument namens die respondent versoek is.

[43]. Mnr Botha, die advokaat vir die applikant, het die respondent daarvoor verkwalik dat omgedraai is, vanaf 'n aanbod dat elke party sy eie koste betaal,na die standpunt dat die applikant die koste van die aansoek moet betaal. Na my oordeel kan die respondent glad nie daaroor verwyt word nie. Toe die applikant die aanbod geweier het dat elke party sy eie kostes betaal, het die posisie gebly dat die applikant oppad Hof toe was vir 'n bevel dat die respondent ook die applikant se koste moes betaal,en wel op 'n bestraffende skaal. Die respondent kon in die omstandighede niks anders doen nie as om die aansoek te opponeer. Gelukkig vir die applikant het die respondent besluit om so te doen op die applikant se eie stukke, anders was daar ook nag die koste verbonde aan antwoordende stukke.

[44]. Bygevolg word die volgende bevele hierin gemaak:

1.

DIE APPLIKANT SE NIE-NAKOMING VAN DIE BEPALINGS VAN ARTIKEL 3(1)(a) VAN DIE

WET OP DIE INSTEL VAN REGSGEDINGE TEEN SEKERE STAATSORGANE, 40 VAN 2002, WORD GEKONDONEER.

2.

VERLOF WORD AAN DIE

APPLIKANT VERLEEN OM SY EIS TEEN DIE RESPONDENT VOORT TE SIT OP DIE

PLEITSTUKKE SOOS BETEKEN EN GELIASSEER ONDER SAAKNOMMER 429/2013.

3.

DIE APPLIKANT WORD GELAS OM DIE KOSTE VAN DIE AANSOEK TE BETAAL.

_______

C

J OLIVIER

REGTER

NOORD-KAAPSE

AFDELING

Nms Applikant: ADV. C H BOTHA

(Elliott Maris Wilmans & Hay Prokureurs)

Nms Respondent: MNR SJ GROENEWALDT

(Towell & Groenewaldt Prokureurs)

[1] 40 van 2002

[2] Aangeheg by die applikant se funderende eedsverklaring.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Institution of Legal Proceedings Against Certain Organs of State Act 40 of 2002

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.