7. Die volgende artikels word hierby na artikel 4 in die Hoofwet ingevoeg: 20 ‘‘Regte en verpligtinge van huurders 4A. (1) ’n Huurder het die reg om ’n skriftelike kwitansie van die verhuurder te ontvang vir alle betalings wat die verhuurder van die huurder ontvang, welke kwitansie— (a) gedateer moet wees; (b) die adres, met inbegrip van die straatnommer en verdere beskrywing, indien nodig, van ’n woning ten opsigte waarvan betaling gedoen word, duidelik aandui; (c) moet aandui of betaling vir huur, agterstallige huur, deposito of andersins gedoen is; en (d) die tydperk waarvoor die betaling gedoen is, moet aandui. (2) ’n Huurder mag tydens die tydperk van die huurkontrak versoek dat die verhuurder skriftelike bewys ten opsigte van opgelope rente op die betaalde deposito, aan hom of haar verstrek. (3) Behoudens artikel 4B(3) het ’n huurder by die verstryking van ’n huurkontrak die reg om binne sewe dae vanaf die verstryking van die huurkontrak betaling van die deposito plus enige opgelope rente ten opsigte van sodanige deposito sonder enige aftrekking of verrekening te ontvang. (4) Die huurder moet, op versoek van die verhuurder, homself of haarself beskikbaar stel om ’n gesamentlike inspeksie van die woning te doen op ’n tyd wat vir die huurder en verhuurder gepas is, met die doel om vas te stel of enige skade tydens die huurder se okkupasie aan die woning aangerig is, soos in artikel 4B(5) beoog. (5) ’n Huurder het die reg, tydens die huurtydperk, op privaatheid, en sou die verhuurder sy of haar reg op inspeksie wou uitoefen, moet die inspeksie op redelike wyse gedoen word nadat redelike kennis aan die huurder gegee is. (6) Die huurder se regte teen die verhuurder sluit sy of haar reg in dat— (a) (b) sy of haar persoon of woning nie deursoek word nie; sy of haar besittings nie deursoek of op beslag gelê word nie, behalwe ingevolge ’n algemeen geldende regsvoorskrif en op grond van ’n bevinding deur ’n Tribunaal of ’n hofbevel; of (c) die privaatheid van sy of haar kommunikasie nie geskend word nie. 25 30 35 40 45 50 8 No. 38184 Act No. 35 of 2014 GOVERNMENT GAZETTE, 5 November 2014 Rental Housing Amendment Act, 2014 8 (7) The rights set out in subsection (6) apply equally to members of the tenant’s household and to visitors of the tenant. (8) A tenant is liable for rental and other costs agreed upon in the lease upon the due date, but for costs other than those agreed to in the lease, the tenant is only liable upon proof of factual expenditure by the landlord. 5 (9) A tenant may not sublet a dwelling without the consent of the landlord, which consent may not be unreasonably withheld. Rights and obligations of landlords 4B. (1) A landlord may require a tenant, before moving into the dwelling, to pay a deposit which— (a) may not exceed an amount equivalent to an amount specified in the 10 lease or otherwise agreed upon between the parties; (b) must be invested by the landlord in an interest-bearing account with a financial institution: Provided that the rate applicable to such account may not be less than the rate applicable to a savings account with that financial institution; (c) must, subject to subsections (3) or (6), be repaid to the tenant together with any interest accrued to such account on the expiration of the lease; and shall, together with any interest accrued to it, not form part of the assets of the insolvent or deceased estate of the landlord in the event of the insolvency or death of the landlord. (d) (2) Upon request from the tenant during the period of the lease, the landlord must provide him or her with written proof in respect of interest accrued on the deposit referred to in subsection (1): Provided that where the landlord is a registered estate agent as provided for in the Estate Agency Affairs Act, 1976 (Act No. 112 of 1976), the deposit and any interest thereon shall be dealt with in accordance with the provisions of that Act. (3) On the expiration of the lease, the landlord— (a) must, where no amounts are due and owing to the landlord in terms of the lease, refund the deposit together with the accrued interest in respect thereof, to the tenant, without any deduction or set-off, within seven days of expiration of the lease; or (b) may apply such deposit and interest towards the payment of all amounts for which the tenant is liable under the said lease, including the reasonable cost of repairing damage to the dwelling during the lease period and the cost of replacing lost keys, if any, and the balance of the deposit and interest, if any, must then be refunded by the landlord to the tenant not later than 14 days of restoration of the dwelling to the landlord; and (c) must make available to the tenant for inspection the relevant receipts which indicate the costs which the landlord incurred as contemplated in paragraph (b). (4) The tenant and the landlord must jointly, before the tenant moves into the dwelling, inspect the dwelling to ascertain the existence of any defects or damage, with a view to determining the landlord’s responsibility for rectifying any defects or damage or with a view to registering any such defects or damage. (5) At the expiration of the lease, the landlord must arrange a joint inspection of the dwelling at a mutually convenient time to take place within a period of three days prior to such expiration, with a view to ascertaining if there is any damage caused to the dwelling during the tenant’s occupation: Provided that— 15 20 25 30 35 40 45 50 STAATSKOERANT, 5 November 2014 Wysigingswet op Huurbehuising, 2014 No. 38184 9 Wet No. 35 van 2014 9 (7) Die regte in subartikel (6) uiteengesit is insgelyks van toepassing op lede van die huurder se huishouding en op besoekers van die huurder. (8) ’n Huurder is aanspreeklik vir huurgeld en ander kostes op ooreengekom in die huurkontrak op die betaaldag, maar vir kostes behalwe die kostes waarop in die huurkontrak ooreengekom is, is die huurder slegs aanspreeklik by bewys van werklike uitgawes deur die verhuurder. (9) ’n Huurder mag nie ’n woning sonder die instemming van die verhuurder onderverhuur nie, welke instemming nie onredelik weerhou mag word nie. Regte en verpligtinge van verhuurders 4B. (1) ’n Verhuurder mag vereis dat ’n huurder, voordat hy of sy in die woning intrek, ’n deposito betaal wat— (a) nie meer mag wees as ’n bedrag gelyk aan ’n bedrag in die huurkontrak aangedui of waarop die partye andersins ooreengekom het nie; (b) moet deur die verhuurder by ’n finansiële instelling belê word in ’n rekening wat rente dra: Met dien verstande dat die koers van toepassing op sodanige rekening nie minder mag wees as die koers van toepassing op ’n spaarrekening by daardie finansiële instelling nie; (c) behoudens subartikels (3) of (6), by verstryking van die huurkontrak aan die huurder terugbetaal moet word saam met enige opgelope rente vir sodanige rekening; en saam met enige opgelope rente, nie deel uitmaak van die bates van die insolvente of gestorwe boedel van die verhuurder by die insolvensie of afsterwe van die verhuurder nie. (d) (2) Op versoek van die huurder tydens die huurtydperk, moet die verhuurder hom of haar voorsien van skriftelike bewys van opgelope rente op die deposito in subartikel (1) bedoel: Met dien verstande dat waar die is soos in die Wet op verhuurder ’n geregistreerde eiendomsagent Eiendomsagentskapsaangeleenthede, 1976 (Wet No. 112 van 1976), bedoel, die deposito en enige rente ten opsigte daarvan opgeloop, ooreenkomstig die bepalings van daardie Wet hanteer sal word. (3) By verstryking van die huurkontrak— (a) moet die verhuurder, waar geen bedrae ingevolge die huurkontrak aan die verhuurder verskuldig is nie, die deposito saam met die opgelope rente ten opsigte daarvan, binne sewe dae vanaf die verstryking van die huurkontrak aan die huurder terugbetaal, sonder enige aftrekking of verrekening; of (b) kan die verhuurder sodanige deposito en rente gebruik om al die bedrae te dek waarvoor die huurder kragtens die genoemde huurkontrak aanspreeklik is, met inbegrip van die redelike koste vir die herstel van skade wat tydens die huurtydperk aan die eiendom aangerig is en die koste van vervanging van verlore sleutels, indien enige, en die balans van die deposito en rente, indien enige, moet dan nie later nie as 14 dae nadat die huurder die woning aan die verhuurder terugbesorg het, deur die verhuurder aan die huurder terugbetaal word; en (c) moet die verhuurder die tersaaklike kwitansie wat die kostes wat die verhuurder soos beoog in paragraaf (b) aangegaan het, aandui, aan die huurder beskikbaar stel vir inspeksie. (4) Die huurder en die verhuurder moet die woning, voordat die huurder in die woning intrek, saam inspekteer om die bestaan van enige gebreke of skade vas te stel, met die oog daarop om die verhuurder se verant- woordelikheid vir die regstelling van enige gebreke of skade vas te stel of met die oog daarop om enige sodanige gebreke of skade te registreer. (5) By die verstryking van die huurkontrak moet die verhuurder ’n gesamentlike inspeksie van die woning reël op ’n tyd wat albei partye pas om drie dae voor sodanige verstryking plaas te vind, met die oog daarop om te bepaal of enige skade tydens die huurder se okkupasie aan die woning aangerig is: Met dien verstande dat— 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60 10 No. 38184 Act No. 35 of 2014 GOVERNMENT GAZETTE, 5 November 2014 Rental Housing Amendment Act, 2014 10 (a) (b) failure by the landlord to inspect the dwelling in the presence of the tenant as contemplated in this subsection, is deemed to be an acknowledgement by the landlord that the dwelling is in a good and proper state of repair and the landlord will have no further claim against the tenant; or should the tenant fail to respond to the landlord’s request for an inspection as contemplated in this subsection, the landlord must, within seven days from the expiration of the lease, inspect the dwelling in order to assess any damages or loss which occurred during the tenancy. (6) The landlord, in the circumstances contemplated in— (a) (b) subsection (5)(a), must refund the full deposit plus interest to the tenant; subsection (5)(b), without detracting from any other right or remedy— (i) may deduct from the tenant’s deposit the reasonable cost of repairing damage to the dwelling and the cost of replacing lost keys, if any; (ii) must refund the balance of the deposit and interest, if any, after deduction of the amounts contemplated in subparagraph (i), to the tenant not later than 21 days after expiration of the lease; and (iii) must make available the relevant receipts which indicate the costs which the landlord incurred, as contemplated in subpara- graph (i), to the tenant for inspection. (7) Should the tenant vacate the dwelling before expiration of the lease, without notice to the landlord, the lease is deemed to have expired on the date that the landlord established that the tenant had vacated the dwelling, in such event the landlord retains all his or her rights arising from the tenant’s breach of the lease. (8) A landlord may inspect the dwelling during the course of the lease, but in doing so must respect the tenant’s right to privacy during the lease period and may only exercise his or her right of inspection in a reasonable manner after giving reasonable notice to the tenant. (9) Landlords’ rights against tenants include his or her right to— 5 10 15 20 25 30 (a) prompt and regular payment of rental or any charges that may be 35 (b) (c) payable in terms of a lease; recover unpaid rental or any other amount that is due and payable where the tenant fails or refuses to make payment on demand, after obtaining a ruling by the Tribunal or an order of a court of law; terminate the lease in respect of a dwelling or rental housing property on grounds that do not constitute an unfair practice and are specified in the lease; (d) on termination of the lease— (i) have the tenant vacate the dwelling or rental housing property immediately upon expiration of the lease and to receive such dwelling or rental housing property in a good state of repair, except for fair wear and tear; and (ii) where the tenant fails or refuses to vacate the dwelling, evict the tenant from such dwelling or rental housing property after having obtained an order of court in accordance with the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act, 1998 (Act No. 19 of 1998); and (e) claim compensation for damage to the dwelling or rental housing property and damage to any other improvements on the land on which the dwelling is situated, if any, caused by the tenant, a member of the tenant’s household or a visitor of the tenant. (10) Landlords must ensure that the provisions of sections 5(6), (7) and (8) regarding the lease are complied with. 40 45 50 55 STAATSKOERANT, 5 November 2014 Wysigingswet op Huurbehuising, 2014 No. 38184 11 Wet No. 35 van 2014 11 (b) (a) versuim deur die verhuurder om die woning in die teenwoordigheid van die huurder te inspekteer soos in hierdie subartikel beoog, geag word ’n erkenning deur die verhuurder te wees dat die woning in ’n toestand van goeie en behoorlike instandhouding is en dat die verhuurder geen verdere eis teen die huurder sal hê nie; of sou die huurder versuim om op die verhuurder se versoek om ’n inspeksie soos in hierdie subartikel beoog te reageer, moet die verhuurder, binne sewe dae vanaf die verstryking van die huurkontrak, die woning inspekteer ten einde skade of verliese wat tydens die huurtydperk voorgekom het, vas te stel. (6) Onder die omstandighede beoog in— (a) (b) subartikel (5)(a), moet die verhuurder die volle deposito plus rente aan die huurder terugbetaal; subartikel (5)(b), sonder om aan enige ander reg of verhaal afbreuk te doen— (i) kan die verhuurder die redelike koste vir die herstel van skade aan die woning en die koste vir die vervanging van verlore sleutels, indien enige, van die huurder se deposito aftrek; (ii) moet die verhuurder die balans van die deposito en rente, indien enige, na aftrekking van die bedrae in subparagraaf (i) beoog, nie later nie as 21 dae na die verstryking van die huurkontrak, aan die huurder terugbetaal; en (iii) moet die verhuurder die tersaaklike kwitansie wat die kostes aandui wat die verhuurder aangegaan het, soos in subparagraaf (i) beoog, vir inspeksie aan die huurder beskikbaar stel. (7) Sou die huurder voor die verstryking van die huurkontrak die woning sonder kennisgewing aan die verhuurder ontruim, word die huurkontrak geag op die datum te verstryk waarop die verhuurder vasgestel het dat die huurder die woning ontruim het, in welke geval die verhuurder al sy of haar regte behou wat voortspruit uit die huurder se verbreking van die huurkontrak. (8) ’n Verhuurder mag die woning deur die loop van die huurkontrak inspekteer, maar moet in die proses die huurder se reg op privaatheid tydens die huurtydperk respekteer en mag slegs sy of haar reg op inspeksie op ’n redelike wyse uitvoer nadat redelike kennis aan die huurder gegee is. (9) Die verhuurder se regte teen huurders sluit in sy of haar reg— (a) op stipte en gereelde betaling van huurgeld of enige heffings wat ingevolge ’n huurkontrak betaalbaar mag wees; (b) van verhaling op onbetaalde huurgeld of enige ander bedrag, nadat ’n beslissing deur die Tribunaal of ’n hofbevel verkry is, wat verskuldig en betaalbaar is waar die huurder versuim of weier om ’n betaling op aanvraag te doen; (c) op beëindiging van die huurkontrak ten opsigte van ’n woning of huurbehuisingseiendom op gronde wat nie ’n onregverdige praktyk daarstel nie en in die huurkontrak bepaal is; (d) by beëindiging van die huurkontrak— (i) om die huurder die woning of huurbehuisingseiendom onmiddellik by verstryking van die huurkontrak te laat ontruim en om sodanige woning of huurbehuisingseiendom in ’n goeie toestand van instandhouding, behalwe redelike slytasie, te ontvang; en (ii) waar die huurder versuim of weier om die woning te ontruim, die huurder uit sodanige woning of huurbehuisingseiendom te ’n hofbevel ooreenkomstig die Wet op die sit nadat Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, 1998 (Wet No. 19 van 1998), verkry is; en (e) om vergoeding te eis vir skade aan die woning of huurbehuisings- eiendom en skade aan enige ander verbeterings op die grond waarop die woning geleë is, indien enige, wat deur die huurder, ’n lid van die huurder se huishouding of ’n besoeker van die huurder, aangerig is. (10) Verhuurders moet verseker dat die bepalings van artikels 5(6), (7) en (8) aangaande die huurkontrak, aan voldoen word. 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60 12 No. 38184 Act No. 35 of 2014 GOVERNMENT GAZETTE, 5 November 2014 Rental Housing Amendment Act, 2014 12 (11) A landlord must provide a tenant with a dwelling that is in a habitable condition, as well as maintain the existing structure of the dwelling and where possible facilitate the provision of basic services to the dwelling.’’. Amendment of section 5 of Act 50 of 1999, as amended by section 3 of Act 43 of 2007 5