26 No. 48432 GOVERNMENT GAZETTE, 17 ApRil 2023 Act no. 01 of 2023 Electoral Amendment Act, 2023 26 terms of item 5(i) and the result indicates that party’s provisional allocation of the seats referred to in item 1(b). If no recalculation of provisional allocations is required in terms of item 7 in respect of the seats referred to in paragraph (d), the provisional allocation of such seats in terms of paragraph (d) becomes the final allocation of such seats to the various parties, and if such a recalculation is required, the provisional allocation of such seats, as adjusted in terms of item 7, becomes the final allocation of seats to the various parties. In terms of paragraph (e), the seats finally allocated to a party, must be filled from its national list. (e) (f) Insufficient names on party lists and independent candidates provi- sionally allocated more than one seat 7. (1) If a party has submitted a national or a regional list containing fewer names than the number of its provisional allocation of seats which would have been filled from such list in terms of item 5 or item 6 had such provisional allocation been the final allocation, it forfeits a number of seats equal to the deficit. (2)(a) If, following the provisional allocation in item 5, an independent candidate stands to be allocated more than one seat in a region, he or she is only allocated one seat and forfeits any additional seats. (b) If, following the provisional allocation in item 5, an independent candidate stands to be allocated a seat in more than one region, he or she is only allocated a seat in the region where he or she received the highest proportion of votes and shall forfeit any additional seats. (3) In the event of any forfeiture of seats in terms of subitem (1) and subitem (2) affecting the provisional allocation of seats in respect of any particular region in terms of item 5(e), such allocation must be recalculated as follows: (a) The party or independent candidate forfeiting seats must be disre- garded in such recalculation, and its provisional allocation of seats in terms of item 5(e) for the region in question, minus the number of seats forfeited by it, becomes its final allocation in respect of the seats reserved for such region in terms of item 4. (b) An amended quota of votes per seat must be determined in respect of such region by dividing the total number of votes cast in the region, minus the number of votes cast in such region in favour of the party or independent candidate referred to in paragraph (a), by the number of seats, plus one, reserved for such region under item 4, minus the number of seats finally allocated to the said party or independent candidate, in terms of paragraph (a). (c) The results plus one, disregarding fractions, is the amended quota of votes per seat in respect of such region for purposes of the said recalculation. (d) The number of seats to be awarded for the purposes of paragraph (f) in respect of such region to a party or independent candidate participat- ing in the recalculation, must, subject to paragraph (e), be determined by dividing the total number of votes cast in favour of such party or independent candidate in such region by the amended quota of votes per seat indicated by paragraph (c) for such region. (e) Where the result of the calculation referred to in paragraph (d) yields seats not absorbed by the number awarded to parties or independent candidates, the surplus of votes accruing to any party, parties or 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za Kieswysigingswet, 2023 Wet no. 01 van 2023 STAATSKOERANT, 17 ApRil 2023 No. 48432 27 27 ingevolge item 5(i) en die uitslag dui daardie party se voorlopige toewysing van die setels bedoel in item 1(b) aan. Indien geen herberekening van voorlopige toewysings ingevolge item 7 vereis word ten opsigte van die setels in paragraaf (d) bedoel nie, word die voorlopige toewysing van sodanige setels ingevolge paragraaf (d) die finale toewysing van sodanige setels aan die verskeie partye, en indien so ’n herberekening vereis word, word die voorlopige toewysing van sodanige setels, soos ingevolge item 7 aangepas, die finale toewysing van setels aan die verskeie partye. Ingevolge paragraaf (e), moet die setels finaal aan ’n party toegewys, uit die party se nasionale lys gevul word. (e) (f) Onvoldoende name op partylyste en onafhanklike kandidate aan wie meer as een setel voorlopig toegeken is 7. (1) Indien ’n party ’n nasionale of ’n streeklys ingedien het met minder name op as die getal van die party se voorlopige toewysing van setels wat vanuit sodanige lys gevul sou word ingevolge item 5 of item 6 indien sodanige voorlopige toewysing die finale toewysing sou wees, verbeur die party ’n getal setels gelyk aan die tekort. (2)(a) Indien, ná afloop van die voorlopige toewysing in item 5, ’n onafhanklike kandidaat meer as een setel in ’n streek staan te kry, word slegs een setel aan hom of haar toegewys en enige bykomende setels word verbeur. (b) Indien, ná afloop van die voorlopige toekenning in item 5, ’n onafhanklike kandidaat ’n setel in meer as een streek staan te kry, word slegs een setel aan hom of haar toegewys in die streek waar hy of sy die hoogste persentasie van stemme gekry het en verbeur enige bykomende setels. (3) Indien enige verbeuring van setels ingevolge subitem (1) en subitem (2) die voorlopige toewysing van setels ten opsigte van enige bepaalde streek ingevolge item 5(e) raak, moet sodanige toewysing soos volg herbereken word: (a) Die party of onafhanklike kandidaat wat setels verbeur, word in sodanige herberekening buite rekening gelaat, en die voorlopige toewysing van setels ingevolge item 5(e) vir die betrokke streek, minus die getal verbeurde setels, word hulle finale toewysing ten opsigte van setels wat ingevolge item 4 vir sodanige streek gereserveer is. ’n Gewysigde kwota van stemme per setel moet bepaal word ten opsigte van sodanige streek deur die totale getal stemme wat in die streek gebring is, minus die getal stemme wat in sodanige streek vir die party of onafhanklike kandidaat bedoel in paragraaf (a) gebring is, te deel deur die getal setels, plus een, wat kragtens item 4 vir sodanige streek gereserveer is, minus die getal setels finaal toegewys aan die vermelde party of onafhanklike kandidaat, ingevolge paragraaf (a). (b) (c) Die uitslae plus een, sonder om breukdele in ag te neem, is die gewysigde kwota van stemme per setel ten opsigte van sodanige streek vir doeleindes van die vermelde herberekening. (d) Die getal setels wat vir die doeleindes van paragraaf (f) ten opsigte van sodanige streek aan ’n politieke party of onafhanklike kandidaat wat aan die herberekening deelneem, toegeken staan te word, behoudens paragraaf (e), word bepaal deur die totale getal stemme wat in sodanige streek ten gunste van sodanige party gebring is, te deel deur die gewysigde kwota van stemme per setel deur paragraaf (c) vir daardie streek aangedui. (e) Waar die uitslag van die berekening in paragraaf (d) bedoel, setels oplewer wat nie deur die getal setels aan partye of onafhanklike kandidate toegeken, geabsorbeer is nie, ding die surplus stemme wat 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za