6 No. 42744 GOVERNMENT GAZETTE, 3 OCTOBER 2019 Act No. 19 of 2019 Electronic Deeds Registration Systems Act, 2019 6 (b) (c) (d) (e) (f) the procedures for electronic record storing by deeds registries; the manner of identification of the person who prepares, executes, lodges, registers or stores any deed or document required or permitted to be prepared, executed, lodged, registered or stored in any deeds registry; the manner in which electronic payment of fees may be introduced; the procedure and manner for accessing the electronic deeds registration system for information purposes only; the authorisation of any user of the electronic deeds registration system, as contemplated in section 4; and 5 (g) any matter that may be necessary to give effect to the objectives of this Act. 10 (2) The Minister must, before making regulations in terms of this Act— (a) publish the proposed regulations in the Gazette for public comments; (b) allow a period of at least 30 days for written comments on the proposed regulations; and consider any such written comments received. (c) 15 (3) The regulations must be published in the Gazette, and shall come into operation on a date specified in the relevant notice, which date must not be less than 30 days from the date of publication thereof. Transitional provisions 6. (1) This Act does not affect the validity of any registrations effected prior to the 20 coming into operation thereof. (2) The Registrar must continue with the registration, execution and filing of deeds and documents as prescribed by the Deeds Registries Act and the Sectional Titles Act, until the electronic deeds registration system or related provisions or regulations are in place, whereafter the registration, execution and filing procedures in terms of the Deeds Registries Act and the Sectional Titles Act will be discontinued in respect of all deeds, documents or deeds registries. (3) A conveyancer, notary public and statutory officer must continue with the preparation and lodgement of deeds and documents as prescribed by the Deeds Registries Act and the Sectional Titles Act, until the electronic deeds registration system or related provisions or regulations are in place, whereafter the preparation and lodgement procedures in terms of the Deeds Registries Act and the Sectional Titles Act will be discontinued in respect of all deeds, documents or deeds registries: Provided that any deed or document electronically executed or registered, shall be deemed to have been executed or registered in the presence of the Registrar by the owner or by a conveyancer authorised by power of attorney to act on behalf of the owner. (4) Notwithstanding subsections (2) and (3), the Chief Registrar of Deeds may issue a directive for the continuation of the preparation, lodgement, registration, execution and filing of deeds and documents manually, as prescribed by the Deeds Registries Act and the Sectional Titles Act, whereupon a conveyancer, statutory officer and notary public may either use the said manual system or the electronic deeds registration system until such period as may be determined by the Chief Registrar. Short title and commencement 7. (1) This Act is called the Electronic Deeds Registration Systems Act, 2019, and comes into operation on a date to be fixed by the President by proclamation in the Gazette. (2) The President may set different dates for the coming into operation of the different provisions of this Act or the different acts of registration under the Deeds Registries Act and Sectional Titles Act. 25 30 35 40 45 (3) The President may set different dates for the coming into operation of any or 50 certain provisions of this Act for the different deeds registries. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za Wet op Elektroniese Stelsel vir Registrasie van Aktes, 2019 Wet No. 19 van 2019 GOVERNMENT GAZETTE, 3 OCTOBER 2019 No. 42744 7 7 (b) die prosedures vir elektroniese berging van rekords deur registrasiekantore; (c) die wyse van identifikasie van die persoon wat enige dokument voorberei, onderteken, indien, registreer of berg wat vereis of toegelaat is om in enige registrasiekantoor voorberei, onderteken, ingedien, geregistreer of geberg te word; (d) die wyse waarop elektroniese betaling van gelde in gebruik geneem kan word; (e) die prosedure en wyse waarop toegang slegs vir inligtingsdoeleindes tot die (f) elektroniese stelsel vir registrasie van aktes gekry kan word; die magtiging van enige gebruiker van die elektroniese stelsel vir registrasie van aktes, soos in artikel 4 beoog; en (g) enige aangeleentheid wat nodig kan wees om aan die oogmerke van hierdie Wet gevolg te gee. (2) Die Minister moet, voor die maak van regulasies ingevolge hierdie Wet— (a) die voorgestelde regulasies in die Staatskoerant publiseer vir openbare kommentaar; ’n tydperk van ten minste 30 dae toelaat vir skriftelike kommentaar oor die voorgestelde regulasies; en enige sodanige skriftelike kommentaar wat ontvang is, oorweeg. (b) (c) (3) Die regulasies moet in die Staatskoerant gepubliseer word, en tree in werking op ’n datum in die tersaaklike kennisgewing gespesifiseer, welke datum nie minder as 30 dae vanaf die publikasie daarvan moet wees nie. Oorgangsmaatreëls 6. (1) Hierdie Wet raak nie die geldigheid van enige registrasies gedoen voordat die Wet in werking getree het nie. (2) Die Registrateur moet met die registrasie, ondertekening en liassering van aktes en dokumente voortgaan soos deur die Registrasie van Aktes Wet en die Wet op Deeltitels voorgeskryf, totdat die elektroniese stelsel vir registrasie van aktes of verwante bepalings of regulasies in plek is, waarna die registrasie-, ondertekenings- en liasseringsprosedures ingevolge die Registrasie van Aktes Wet en die Wet op Deeltitels gestaak sal word ten opsigte van alle aktes, dokumente of registrasiekantore. (3) ’n Transportbesorger, notaris en statutêre beampte moet voortgaan met die voorbereiding en indiening van aktes en dokumente soos voorgeskryf deur die Registrasie van Aktes Wet en die Wet op Deeltitels, totdat die elektroniese stelsel vir registrasie van aktes of verwante bepalings of regulasies in plek is, waarna die voorbereidings- en indieningsprosedures ingevolge die Registrasie van Aktes Wet en die Wet op Deeltitels gestaak sal word ten opsigte van alle aktes, dokumente of registrasiekantore: Met dien verstande dat enige akte of dokument wat elektronies onderteken of geregistreer is, geag sal word in die teenwoordigheid van die Registrateur onderteken of geregistreer te wees deur die eienaar of deur ’n transportbesorger wat by prokurasie gemagtig is om namens die eienaar op te tree. (4) Ongeag subartikels (2) en (3), kan die Hoofregistrateur van Aktes ’n lasgewing uitreik vir die voortsetting van die voorbereiding, indiening, registrasie, ondertekening en liassering van aktes en dokumente per hand, soos voorgeskryf deur die Registrasie van Aktes Wet en die Wet op Deeltitels, waarby ’n transportbesorger, statutêre beampte en notaris óf die genoemde stelsel per hand óf die elektroniese stelsel vir registrasie van aktes kan gebruik vir solank die Hoofregistrateur kan bepaal. Kort titel en inwerkingtreding 7. (1) Hierdie Wet heet die Wet op Elektroniese Stelsel vir Registrasie van Aktes, 2019, en tree in werking op ’n datum deur die President by proklamasie in die Staatskoerant vasgestel. (2) Die President kan verskillende datums vasstel vir die inwerkingtreding van die verskillende bepalings van die Wet of die verskillende handelings van registrasie kragtens die Registrasie van Aktes Wet en die Wet op Deeltitels. (3) Die President kan verskillende datums vasstel vir die inwerkingtreding van enige of sekere bepalings van hierdie Wet vir die verskillende registrasiekantore. 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za