9. Die volgende artikels word hierby na artikel 31 in die Hoofwet ingevoeg: ‘‘Wyse waarop sekere ondersoeke ingestel kan word 31A. (1) Indien die registrateur dit nodig ag vir die bereiking van die oogmerke van hierdie Wet en vir die vasstelling van meer feite, kan hy of sy ’n ondersoek instel of laat instel— (a) na enige beweerde oortreding van, of versuim om te voldoen aan, (b) enige bepaling van hierdie Wet; ten einde vas te stel of enige bepaling van hierdie Wet van toepassing is op of oortree is deur enige geregistreerde persoon; en (c) na enige aanklag, klagte of bewering van onprofessionele gedrag deur enige geregistreerde persoon. (2) Behoudens subartikel (1), kan die registrateur met die goedkeuring van die raad— (a) ’n beampte van die raad as ’n ondersoekbeampte vir ’n bepaalde ondersoek aanstel; of (b) enige persoon behalwe ’n beampte van die raad en wat nie in voltydse diens van die raad is nie, as ondersoekbeampte aanstel vir ’n bepaalde ondersoek of om die beampte in paragraaf (a) beoog by te staan. (3) ’n Persoon ingevolge subartikel (2)(b) aangestel moet, vir die doel van die betrokke ondersoek, dieselfde bevoegdhede en pligte hê as ’n beampte in subartikel (2)(a) bedoel. (4) Die registrateur moet aan elke ondersoekbeampte aangestel ingevolge subartikel (2)(a) of (b), na gelang van die geval, ’n sertifikaat onderteken deur die registrateur uitreik wat die naam van daardie beampte of persoon bevat asook ’n verklaring te dien effekte dat— (a) die beampte of persoon aldus aangestel is; en (b) hy of sy gemagtig is om enige werksaamheid te verrig of ’n ondersoek te doen ingevolge hierdie Wet. (5) Wanneer ’n ondersoekbeampte enige bevoegdheid uitoefen of enige werksaamheid verrig ingevolge hierdie Wet, moet hy of sy— (a) in besit wees van ’n aanstellingsertifikaat ingevolge subartikel (4) uitgereik; en (b) daardie sertifikaat voorlê aan enige persoon wat deur sy of haar handeling geraak word. (6) (a) Die registrateur of ’n ondersoekbeampte wat ’n ondersoek kragtens hierdie Wet doen, moet ’n verslag van die ondersoek saamstel, en ’n verslag deur ’n ondersoekbeampte saamgestel, word aan die registrateur voorgelê. (b) Indien sodanige verslag— (i) prima facie bewyse blootlê van onprofessionele gedrag in hierdie Wet beoog en geen klagte of aanklag is ingedien nie of geen bewering betreffende die betrokke gedrag is gemaak vir die doel van ’n ondersoek ingevolge artikel 31 nie, word sodanige verslag geag ’n klagte te wees wat vir daardie doel gemaak is, en die registrateur moet ’n afskrif daarvan op die betrokke geregistreerde persoon beteken; (ii) prima facie bewyse blootlê wat die instel van ’n ondersoek ingevolge artikel 31 wenslik maak, moet die registrateur ’n afskrif daarvan aanstuur na ’n komitee ingevolge artikel 12(1) ingestel, om die aangeleentheid verder te ondersoek en ingevolge hierdie Wet te hanteer. (c) Indien sodanige verslag nie enige prima facie bewyse van onprofes- sionele gedrag in hierdie Wet beoog, blootlê nie, moet die registrateur ’n afskrif daarvan op die voorgeskrewe wyse aan die betrokke geregistreerde persoon beteken. (d) Tot die mate wat sodanige verslag verklarings van getuies bevat wat as mondelinge getuienis by enige ondersoek ingevolge artikel 31 toelaat- baar sou wees, is die bepalings van artikel 213 van die Strafproseswet, 1977 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 12 No. 35980 Act No. 16 of 2012 GOVERNMENT GAZETTE, 10 December 2012 Veterinary and Para-Veterinary Professions Amendment Act, 2012 12 1977 (Act No. 51 of 1977), shall apply mutatis mutandis in respect of those statements at such inquiry. (7) Any person who carries out or assists with an investigation in terms of this Act shall keep or assist in preserving confidentiality in respect of all facts which come to his or her notice in the performance of his or her duties, and shall not disclose any such fact to any person except the registrar, the president of the council or the public prosecutor concerned, in the case of the investigation of an offence in terms of this Act, or by an order of a court. Entry and search 31B. (1) An investigation officer contemplated in section 31A(2) may, on the authority of a warrant contemplated in subsection (4) and without prior notice— (a) at any time reasonable for the proper performance of his or her duties in terms of this Act, enter upon and search any premises or veterinary facility where clinical veterinary services are rendered and specified in the warrant to carry out an investigation and make any enquiry, as he or she deem necessary; (b) while he or she is on the premises or at any other time, request the person whose conduct is being investigated to immediately or at a time and place determined by him or her or the registrar— (i) produce to him or her such records or electronic data or both relating to, or which he or she on reasonable grounds believes to relate to, the matter which he or she is investigating, and such records or electronic data or both are or were present on the premises, or are or were in the possession or custody or under the control of that person or his or her employee or agent; and furnish such explanations to him or her as he or she may require in respect of any such records or electronic data or both; (ii) (c) at any time and at any place— (i) request any person who has or is suspected on reasonable grounds of having in his or her possession or custody or under his or her control any records or electronic data or both relating to the matter which is being investigated to produce such records or electronic data or both immediately or at a time and place determined by the registrar or him or her; examine such records or electronic data or both; (ii) (iii) make extracts from and copies of such records or electronic (iv) data or both; and request any person to furnish such explanations to him or her as he or she may require, (2) An investigation officer contemplated in subsection (1) may, where necessary, be accompanied by a police official. (3) An investigation officer or a person assisting an investigation officer contemplated in subsection (1) who removes or seizes anything from the premises or facility being searched, shall— (a) issue a receipt for it to the owner or person in control of the premises or facility; and (b) unless it is an item prohibited in terms of the Act or the rules, return it as soon as practicable after achieving the purpose for which it was removed or seized. (4) A warrant referred to in subsection (1) may be issued by a magistrate or a judge of a court of law with competent jurisdiction if it appears from information on oath or affirmation that there are reasonable grounds to believe that there is evidence available in or upon such premises or facility of a contravention or alleged contravention of this Act or the rules. (5) No person is entitled to compensation for any loss or damage arising out of any bona fide action by an investigation officer, a person assisting an investigation officer or police official referred to in subsection (2) of this section. 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60 GOVERNMENT GAZETTE, 10 Desember 2012 Wysigingswet op Veterinêre en Para-veterinêre Beroepe, 2012 No. 35980 13 Wet 16 Van 2012 13 (Wet No. 51 van 1977), mutatis mutandis van toepassing ten opsigte van daardie verklarings by sodanige ondersoek. (7) ’n Persoon wat ’n ondersoek ingevolge hierdie Wet doen of daarmee help, moet vertroulikheid ten opsigte van alle feite waarvan hy of sy te wete kom in die verrigting van sy of haar pligte behou of help behou, en mag nie enige sodanige feit aan enige persoon buiten die registrateur, die president van die betrokke raad of staatsaanklaer openbaar maak nie, waar ’n misdryf ingevolge hierdie Wet of ’n hofbevel ondersoek word. Betreding en deursoeking 31B. (1) ’n Ondersoekbeampte in artikel 31A(2) beoog kan, op gesag van (b) (c) ’n lasbrief in subartikel (4) beoog, en sonder vooraf kennisgewing— (a) te eniger tyd wat redelik is vir die deeglike verrigting van sy of haar pligte ingevolge hierdie Wet, enige perseel of veterinêre fasiliteit in die lasbrief gespesifiseer waar veterinêre dienste verrig word, betree en deursoek om ’n ondersoek te doen en enige navraag doen wat hy of sy nodig ag; terwyl hy of sy op die perseel is of enige ander tyd die persoon wie se optrede ondersoek word, versoek om onmiddellik of op ’n tyd en plek wat deur hom of haar of die registrateur vasgestel word— (i) aan hom of haar sodanige rekords of elektroniese data of beide voorlê wat betrekking het op, of wat hy of sy op redelike gronde oortuig is verband hou met, die aangeleentheid wat hy of sy ondersoek, en sodanige rekords en elektroniese of beide op die perseel teenwoordig is of was, of in besit of bewaring of onder beheer van daardie persoon of sy of haar werknemer of agent is of was; en (ii) sodanige verduidelikings aan hom of haar voorsien wat hy of sy kan vereis ten opsigte van enige sodanige rekords of elektroniese data of beide; te eniger tyd en op enige plek— (i) ’n persoon wat in sy besit of op redelike gronde daarvan verdink word dat hy of sy in sy of haar besit of bewaring of onder sy of haar beheer enige rekords of elektroniese data of beide het wat verband hou met die aangeleentheid wat ondersoek word, versoek om sodanige rekords of elektroniese data of beide onmiddellik of op ’n tyd en plek deur die registrateur of hom of haar vasgestel, te voorsien; (ii) sodanige rekords of elektroniese data of beide bestudeer; (iii) uittreksels uit en afdrukke van sodanige rekords of elektroniese data of beide maak; en (iv) enige persoon versoek om sodanige verduidelikings aan hom of haar te voorsien wat hy of sy mag nodig hê. (2) ’n Ondersoekbeampte in subartikel (1) beoog kan, waar nodig, deur ’n polisiebeampte vergesel word. (3) ’n Ondersoekbeampte of ’n persoon wat ’n ondersoekbeampte in subartikel (1) beoog bystaan wat enige iets van die perseel of fasiliteit wat deursoek word, verwyder of daarop beslag lê— (a) moet ’n ontvangsbewys daarvoor aan die eienaar of persoon in beheer (b) van die perseel of fasiliteit uitreik; en tensy dit ’n verbode item ingevolge die Wet of die reëls is, dit so gou prakties moontlik terugbesorg nadat die doel waarvoor dit verwyder of op beslag gelê is, bereik is. (4) ’n Lasbrief in subartikel (1) bedoel kan deur ’n landdros of ’n regter van ’n bevoegde hof uitgereik word indien dit uit inligting onder eed of verklaring blyk dat daar redelike gronde is om te glo dat bewyse beskikbaar is in of op sodanige perseel of fasiliteit van ’n oortreding of beweerde oortreding van hierdie Wet of die reëls. (5) Geen persoon is geregtig op skadevergoeding vir enige verlies of skade wat voortvloei uit enige bona fide handeling deur ’n ondersoek- beampte, ’n persoon wat ’n ondersoekbeampte of polisiebeampte in subartikel (2) van hierdie artikel bedoel, bystaan nie. 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60 14 No. 35980 Act No. 16 of 2012 GOVERNMENT GAZETTE, 10 December 2012 Veterinary and Para-Veterinary Professions Amendment Act, 2012 14 (6) An investigation officer who enters and searches any premises under this section must conduct the entry and search with strict regard to decency and good order, including regard for each person’s right to dignity, freedom and security and privacy. (7) During any search under this section, only a female investigation officer or police officer may search a female person, and only a male investigation officer or police officer may search a male person.’’. 5 Amendment of section 33 of Act 19 of 1982, as amended by section 12 of Act 19 of 1989, section 4 of Act 13 of 1993 and section 11 of Act 10 of 2002