Protection from Harassment Act
The court may order police to seize a respondent’s weapon, and police must arrest the respondent or issue notice depending on the circumstances.
- Jurisdiction
- South Africa
- Instrument
- Act or statute
- Citation
- Act 17 of 2011
- Version
- Undated source snapshot
- Language
- en
- Updated
- Official source
- View official record ↗
Statute overview
About this statute
The court may order police to seize a respondent’s weapon, and police must arrest the respondent or issue notice depending on the circumstances. A court may order a South African Police Service member to seize a weapon from a respondent, and the court clerk must send the case record to the National Commissioner for consideration under the Firearms Control Act. Documents under this Act must be served immediately in the prescribed manner by the clerk of the court, sheriff, or a peace officer. A court may make a costs order against a party only if it is satisfied that the party acted frivolously, vexatiously, or unreasonably. Appeal and review rules from the cited courts Acts apply to proceedings under this Act; section 18 creates offences for certain breaches, false statements, unlawful disclosure, and non-compliance, with fines or imprisonment.
Search within this statute
Search all stored provisions in this version.
Legal text
Provisions of Protection from Harassment Act
Showing 14 of 14
Part
part thereof;
- 12 Verify source ↗
The court may order a member of the South African Police Service to seize any
The court may order police to seize a respondent’s weapon, and police must arrest the respondent or issue notice depending on the circumstances.
12. The court may order a member of the South African Police Service to seize any weapon in the possession of or under the control of a respondent and direct the clerk of the court to refer a copy of the record of the evidence concerned to the National Commissioner of the South African Police Service for consideration in terms of the Firearms Control Act, 2000 (Act No. 60 of 2000). 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 STAATSKOERANT, 5 DESEMBER 2011 WET OP BESKERMING TEEN TEISTERING, 2011 Nr. 34818 19 Wet Nr. 17 van 2011 (a) waarby die uitreiking van ’n lasbrief, in die voorgeskrewe vorm, vir die inhegtenisname van die respondent gemagtig word; en (b) waarby die uitvoering van so ’n lasbrief opgeskort word, onderworpe aan die nakoming van enige verbod, voorwaarde, verpligting of bevel ingevolge artikel 10 opgelê. (2) Die lasbrief bedoel in subartikel (1)(a) bly van krag, tensy die beskermingsbevel ingevolge artikel 9(8) verstryk, tersyde gestel word, of na uitvoering gekanselleer word. (3) Die hof kan ’n tweede of verdere lasbrief tot inhegtenisname aan die klaer uitreik, indien die klaer ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm indien waarin vermeld word dat die klaer so ’n lasbrief vir sy of haar beskerming nodig het en dat die bestaande lasbrief tot inhegtenisname— (a) uitgevoer en gekanselleer is; of (b) verlore of vernietig is. (4) (a) ’n Klaer kan die lasbrief tot inhegtenisname, tesame met ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm, waarin vermeld word dat die respondent ’n bepaalde verbod, voorwaarde, verpligting of bevel in ’n beskermingsbevel vervat, oortree het, aan enige lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig. (b) Indien dit vir die betrokke lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens blyk, behoudens subartikel (5), dat daar redelike gronde is om te vermoed dat die klaer of verwante persoon aan dreigende leed blootstaan of mag blootstaan as gevolg van die beweerde verbreking van die beskermingsbevel deur die respondent, moet die lid onverwyld die respondent arresteer vir die beweerde pleging van die misdryf in artikel 18(1)(a) bedoel. (c) Indien die betrokke lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens van oordeel is dat daar nie voldoende gronde is om die respondent ingevolge paragraaf (b) te arresteer nie, moet hy of sy onverwyld ’n skriftelike kennisgewing in die voorgeskrewe vorm aan die respondent oorhandig, wat— (i) die naam, die woon- en werksadres en die beroep of status van die respondent vermeld; (iii) (ii) die respondent aansê om op ’n datum en tyd in die kennisgewing vermeld voor ’n hof te verskyn, op ’n aanklag dat hy of sy die misdryf in artikel 18(1)(a) bedoel, gepleeg het; en ’n deur die betrokke lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondertekende sertifikaat bevat dat hy of sy die oorspronklike kennisgewing aan die respondent oorhandig het en dat hy of sy die betekenis daarvan aan die respondent verduidelik het. (d) Die lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet onverwyld ’n duplikaat- oorspronklike van die kennisgewing in paragraaf (c) bedoel, aanstuur na die klerk van die betrokke hof, en die blote voorlegging aan die hof van so ’n duplikaat-oorspronklike is prima facie-bewys dat die oorspronklike daarvan aan die respondent daarin vermeld, oorhandig is. (5) By die oorweging of ’n klaer of verwante persoon aan dreigende leed blootstaan of mag blootstaan, soos in subartikel (4)(b) bepaal, moet die lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in ag neem— 5 10 15 20 25 30 35 40 (a) die risiko vir die veiligheid of welstand van die klaer of verwante persoon; (b) die erns van die gedrag wat ’n beweerde verbreking van die beskermingsbevel 45 uitmaak; (c) die tydsduur sedert die beweerde verbreking plaasgevind het; en (d) die aard en omvang van die leed wat tevore deur die klaer of verwante persoon gely is. (6) Wanneer ’n lasbrief vir inhegtenisname ingevolge subartikel (4)(a) aan ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig word, moet die lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens die klaer inlig van sy of haar reg om terselfdertyd ’n kriminele klag teen die respondent te lê, indien van toepassing, en aan die klaer verduidelik hoe om so ’n klag te lê. Beslaglegging op wapens - 12 Verify source ↗
Die hof kan ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens beveel om beslag te lê op
A court may order a South African Police Service member to seize a weapon from a respondent, and the court clerk must send the case record to the National Commissioner for consideration under the Firearms Control Act.
12. Die hof kan ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens beveel om beslag te lê op enige wapen wat in die respondent se besit of onder sy of haar beheer is en die klerk van die hof gelas om ’n afskrif van die oorkonde van die betrokke verrigtinge aan die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens te stuur vir oorweging ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No. 60 van 2000). 50 55 60 20 No. 34818 Act No. 17 of 2011 GOVERNMENT GAZETTE, 5 DECEMBER 2011 PROTECTION FROM HARASSMENT ACT, 2011 Variation or setting aside of protection order 13. (1) A complainant or a respondent may, upon notice to the other party and the court concerned, apply for the variation or setting aside of a protection order referred to in section 9 in the prescribed manner. (2) If the court is satisfied that circumstances have materially changed since the granting of the original protection order and that good cause has been shown for the variation or setting aside of the protection order, it may issue an order to this effect: Provided that the court may not grant such an application to the complainant unless it is satisfied that the application is made freely and voluntarily. (3) The clerk of the court must forward a notice as prescribed to the complainant and the respondent if the protection order is varied or set aside as provided for in subsection (1). Jurisdiction 14. (1) Any court within the area in which— (a) (b) (c) the complainant permanently or temporarily resides, carries on business or is employed; the respondent permanently or temporarily resides, carries on business or is employed; or the cause of action arose, has jurisdiction to issue a protection order as provided for in this Act. (2) No specific minimum period is required in relation to subsection (1)(a) or (b). (3) A protection order is enforceable throughout the Republic. Service of documents 5 10 15 20 - 15 Verify source ↗
Service of any document in terms of this Act must be effected immediately in the
Documents under this Act must be served immediately in the prescribed manner by the clerk of the court, sheriff, or a peace officer.
15. Service of any document in terms of this Act must be effected immediately in the prescribed manner by the clerk of the court, the sheriff or a peace officer— 25 (a) as directed by the court in terms of section 3(3)(a) or (4), section 4(2), section 5(2) or section 9(6); or (b) as decided by the clerk of the court in terms of section 3(7). Costs - 16 Verify source ↗
The court may only make an order as to costs against any party if it is satisfied that
A court may make a costs order against a party only if it is satisfied that the party acted frivolously, vexatiously, or unreasonably.
16. The court may only make an order as to costs against any party if it is satisfied that 30 the party in question has acted frivolously, vexatiously or unreasonably. Appeal and review - 17 Verify source ↗
The provisions in respect of appeal and review as provided for in the Magistrates’
Appeal and review rules from the cited courts Acts apply to proceedings under this Act; section 18 creates offences for certain breaches, false statements, unlawful disclosure, and non-compliance, with fines or imprisonment.
17. The provisions in respect of appeal and review as provided for in the Magistrates’ Courts Act, 1944 (Act No. 32 of 1944), and the Supreme Court Act, 1959 (Act No. 59 of 1959), apply to any proceedings in terms of this Act. 35 Offences 18. (1) Notwithstanding the provisions of any other law, any person who— (a) contravenes any prohibition, condition, obligation or order imposed in terms (b) of section 10(1) or (2); or in an affidavit referred to in section 11(4)(a), makes a false statement in a material respect, is guilty of an offence and liable on conviction to a fine or imprisonment for a period not exceeding five years. (2) Any person who reveals the identity or address of any person in contravention of section 8(1)(b) or who publishes any information in contravention of section 8(1)(c), is guilty of an offence and liable on conviction to a fine or to imprisonment for a period not exceeding two years. (3) Any person who contravenes or fails to comply with section 7(3) is guilty of an offence and is liable on conviction to a fine or to imprisonment not exceeding three months. 40 45 50 STAATSKOERANT, 5 DESEMBER 2011 WET OP BESKERMING TEEN TEISTERING, 2011 Nr. 34818 21 Wet Nr. 17 van 2011 Wysiging of tersydestelling van beskermingsbevel 13. (1) ’n Klaer of ’n respondent kan, by kennisgewing aan die ander party en die betrokke hof, op die voorgeskrewe wyse om die wysiging of tersydestelling van ’n beskermingsbevel in artikel 9 bedoel, aansoek doen. (2) Indien die hof tevrede is dat omstandighede wesenlik verander het sedert die toestaan van die oorspronklike beskermingsbevel en dat goeie gronde aangevoer is vir die wysiging of tersydestelling van die beskermingsbevel, kan die hof ’n bevel uitreik wat daaraan gevolg gee: Met dien verstande dat die hof nie so ’n aansoek aan die klaer mag toestaan nie, tensy die hof oortuig is dat die aansoek ongedwonge en uit vrye wil gedoen is. (3) Die klerk van die hof moet ’n kennisgewing soos voorgeskryf aan die klaer en die respondent stuur indien die beskermingsbevel gewysig of tersyde gestel word soos in subartikel (1) bepaal. Regsbevoegdheid 14. (1) Enige hof binne die gebied waarin— 5 10 15 (a) die klaer permanent of tydelik woon, besigheid bedryf of in diens is; (b) die respondent permanent of tydelik woon, besigheid bedryf of in diens is; of (c) die eisoorsaak ontstaan het, het regsbevoegdheid om ’n beskermingsbevel soos in hierdie Wet bepaal, uit te reik. (2) Geen spesifieke minimum tydperk word met betrekking tot subartikel (1)(a) of (b) 20 vereis nie. (3) ’n Beskermingsbevel is in die hele Republiek afdwingbaar. Betekening van dokumente - 15 Verify source ↗
Die betekening van enige dokument ingevolge hierdie Wet word onverwyld op
Documents under this Act must be served promptly in the prescribed way by the court clerk, sheriff, or a peace officer, when ordered or decided under the listed sections.
15. Die betekening van enige dokument ingevolge hierdie Wet word onverwyld op die voorgeskrewe wyse uitgevoer deur die klerk van die hof, die balju of ’n vredesbeampte— 25 (a) (b) soos deur die hof ingevolge artikel 3(3)(a) of (4), artikel 4(2), artikel 5(2) of artikel 9(6) gelas; of soos deur die klerk van die hof ingevolge artikel 3(7) besluit word. Koste 30 - 16 Verify source ↗
Die hof kan slegs ’n kostebevel teen ’n party maak indien hy tevrede is dat so ’n
The court may make a cost order against a party only if it is satisfied that the party acted frivolously, vexatiously, or unreasonably.
16. Die hof kan slegs ’n kostebevel teen ’n party maak indien hy tevrede is dat so ’n party op ’n beuselagtige, kwelsugtige of onredelike wyse opgetree het. Appèl en hersiening - 17 Verify source ↗
Die bepalings ten opsigte van appèlle en hersienings soos in die Wet op
This provision makes the Act’s appeals/review rules apply to proceedings under it, creates several offences, and gives the Minister and certain officials power to issue regulations or directives.
17. Die bepalings ten opsigte van appèlle en hersienings soos in die Wet op Landdroshowe, 1944 (Wet No. 32 van 1944), en die Wet op die Hooggeregshof, 1959 (Wet No. 59 van 1959), bepaal, is op enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet van toepassing. 35 Misdrywe 18. (1) Ondanks die bepalings van enige ander wet, is ’n persoon wat— (a) enige verbod, voorwaarde, verpligting of bevel ingevolge artikel 10(1) of (2) 40 (b) opgelê, oortree; of in ’n beëdigde verklaring in artikel 11(4)(a) bedoel, ’n valse verklaring in ’n wesenlike opsig maak, aan ’n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens vyf jaar. 45 (2) ’n Persoon wat die identiteit of adres van enige persoon strydig met artikel 8(1)(b) openbaar of wat enige inligting strydig met artikel 8(1)(c) publiseer, is aan ’n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar. (3) Enige persoon wat artikel 7(3) oortree of versuim om daaraan te voldoen, is aan ’n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens drie maande. 50 22 No. 34818 Act No. 17 of 2011 GOVERNMENT GAZETTE, 5 DECEMBER 2011 PROTECTION FROM HARASSMENT ACT, 2011 (4) (a) Any electronic communications service provider or employee of an electronic communications service provider who— (i) fails to furnish the required information within five ordinary court days from the time that the direction is served on such electronic communications service provider to a court in terms of section 4(3)(a) or such extended period allowed by the court in terms of section 4(3)(b); (ii) makes a false statement in an affidavit referred to in section 4(1)(b), (3)(b) or (4)(b) in a material respect; or fails to comply with section 4(6), (iii) is guilty of an offence. (b) Any electronic communications service provider or employee of an electronic communications service provider who is convicted of an offence referred to in paragraph (a), is liable, in the case of— (i) an electronic communications service provider, to a fine not exceeding R10 000; or (ii) an employee of an electronic communications service provider to a fine or to imprisonment for a period not exceeding six months. (5) Any person who in terms of section 6(2) is requested to furnish his or her name and address or any other information to a member of the South African Police Service and who fails to do so or who furnishes a false or incorrect name and address or other information, is guilty of an offence and is liable on conviction to a fine or imprisonment not exceeding six months. Regulations 19. (1) The Minister may make regulations regarding— (a) any form required to be prescribed in terms of this Act; (b) financial assistance to be provided by the State— (i) to a complainant who does not have the means to pay the fees of any service in terms of this Act; or to a witness who attends any proceedings in terms of this Act; (ii) any matter required to be prescribed in terms of this Act; and (c) (d) any other matter which the Minister deems necessary or expedient to be 5 10 15 20 25 30 prescribed in order to achieve the objects of this Act. (2) Any regulation made under subsection (1)— (a) must be submitted to Parliament prior to publication thereof in the Gazette; (b) which may result in expenditure for the State, must be made in consultation 35 with the Cabinet member responsible for finance; and (c) may provide that any person who contravenes a provision thereof or fails to comply therewith is guilty of an offence and on conviction be liable to a fine or to imprisonment for a period not exceeding one year. Policy directives 20. (1) (a) The National Director of Public Prosecutions referred to in section 10 of the National Prosecuting Authority Act, 1998 (Act No. 32 of 1998), in consultation with the Minister and after consultation with the Directors of Public Prosecutions referred to in section 13 of that Act, must issue directives regarding the institution of prosecutions in respect of any offence arising out of this Act. (b) The Minister must submit any directives issued in terms of paragraph (a) to Parliament before those directives take effect. (2) (a) The National Commissioner of the South African Police Service referred to in section 6 of the South African Police Service Act, 1995 (Act No. 68 of 1995), must issue national instructions as provided for in section 25 of that Act, with which its members must comply in the execution of their functions in terms of this Act, and any instructions so issued must be published in the Gazette. (b) The Cabinet member responsible for policing must submit any national instructions issued in terms of paragraph (a) to Parliament before those instructions take effect. 40 45 50 55 STAATSKOERANT, 5 DESEMBER 2011 WET OP BESKERMING TEEN TEISTERING, 2011 Nr. 34818 23 Wet Nr. 17 van 2011 (4) (a) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer of ’n werknemer van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat— (i) versuim om die vereiste inligting binne vyf gewone hofdae vanaf die tyd toe die lasgewing ingevolge artikel 4(3)(a) op sodanige elektroniese kommunikasie- diensverskaffer beteken is of sodanige verlengde tydperk wat ingevolge artikel 4(3)(b) deur die hof toegelaat word, aan die hof te voorsien; ’n valse verklaring in ’n wesenlike opsig in ’n beëdigde verklaring in artikel 4(1)(b), (3)(b) of (4)(b) bedoel, maak; (ii) (iii) versuim om aan artikel 4(6) te voldoen, is aan ’n misdryf skuldig. (b) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer of werknemer van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat aan ’n misdryf in paragraaf (a) bedoel skuldig bevind word, is strafbaar, in die geval van— (i) (ii) ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer, met ’n boete van hoogstens R10 000; of ’n werknemer van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer, met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens ses maande. (5) Enige persoon wat ingevolge artikel 6(2) versoek word om sy of haar naam en adres of enige ander besonderhede aan ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens te verskaf en wat nalaat om dit te doen of wat ’n vals of verkeerde naam en adres of ander inligting verskaf, is aan ’n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens ses maande. Regulasies 19. (1) Die Minister kan regulasies uitvaardig betreffende— (a) enige vorm wat ingevolge hierdie Wet voorgeskryf moet word; (b) finansiële bystand wat deur die Staat verleen moet word— (i) aan ’n klaer wat nie oor die middele beskik om die fooie vir enige betekening ingevolge hierdie Wet te betaal nie; of (ii) aan ’n getuie wat enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet bywoon; (c) enige aangeleentheid wat ingevolge hierdie Wet voorgeskryf moet word; en (d) enige ander aangeleentheid wat die Minister noodsaaklik of dienstig ag om voor te skryf ten einde die oogmerke van hierdie Wet te verwesenlik. (2) ’n Regulasie kragtens subartikel (1) uitgevaardig— (a) moet aan die Parlement voorgelê word alvorens dit in die Staatskoerant gepubliseer word; (b) wat uitgawes vir die Staat kan meebring, moet in oorleg met die lid van die Kabinet verantwoordelik vir finansies uitgevaardig word; en (c) kan bepaal dat iemand wat ’n bepaling daarvan oortree of versuim om daaraan te voldoen, aan ’n misdryf skuldig is en by skuldigbevinding strafbaar is met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens een jaar. Beleidsvoorskrifte 20. (1) (a) Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings bedoel in artikel 10 van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, 1998 (Wet No. 32 van 1998), moet in oorleg met die Minister en na oorleg met die Direkteure van Openbare Vervolgings bedoel in artikel 13 van daardie Wet, voorskrifte uitreik betreffende die instelling van vervolgings ten opsigte van enige misdryf wat uit hierdie Wet voortspruit. (b) Die Minister moet enige voorskrifte wat kragtens paragraaf (a) uitgevaardig is aan die Parlement voorlê voordat sodanige voorskrifte in werking tree. (2) (a) Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens bedoel in artikel 6 van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995 (Wet No. 68 van 1995), moet nasionale instruksies uitreik soos bepaal in artikel 25 van daardie Wet, wat deur sy lede by die uitvoering van hulle werksaamhede ingevolge hierdie Wet nagekom moet word, en enige instruksies aldus uitgereik, moet in die Staatskoerant gepubliseer word. (b) Die lid van die Kabinet verantwoordelik vir polisiëring moet enige nasionale instruksies wat ingevolge paragraaf (a) uitgevaardig is aan die Parlement voorlê voordat sodanige instruksies in werking tree. 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 24 No. 34818 Act No. 17 of 2011 GOVERNMENT GAZETTE, 5 DECEMBER 2011 PROTECTION FROM HARASSMENT ACT, 2011 (3) (a) The Director-General: Justice and Constitutional Development must issue directives which clerks of the court must comply with in the execution of their functions in terms of this Act, and any directives so issued must be published in the Gazette. (b) The Minister must submit any directives issued in terms of paragraph (a) to Parliament before those directives take effect. (4) The directives and instructions referred to in this section must provide that adequate disciplinary steps will be taken against a prosecutor, clerk of the court or police official who fails to comply with any directive or instruction, as the case may be. (5) Any directive or instruction issued under this section may be amended or withdrawn in like manner. 5 10 Amendment of section 102 of Act 60 of 2000, as amended by section 30 of Act 28 of 2006 - 21 Verify source ↗
Section 102 of the Firearms Control Act, 2000, is hereby amended by the insertion
This section amends section 102 of the Firearms Control Act, 2000 by adding a new paragraph about final protection orders issued under the Protection from Harassment Act, 2011.
21. Section 102 of the Firearms Control Act, 2000, is hereby amended by the insertion after paragraph (a) of subsection (1) of the following paragraph: ‘‘(aA) a final protection order has been issued against such person in terms of the 15 Protection from Harassment Act, 2011;’’. Amendment of Schedule 2 to Act 60 of 2000 - 22 Verify source ↗
Schedule 2 to the Firearms Control Act, 2000, is hereby amended by the insertion
This section amends Schedule 2 to the Firearms Control Act, 2000 by adding a new paragraph (e) to item 7.
22. Schedule 2 to the Firearms Control Act, 2000, is hereby amended by the insertion after paragraph (d) of item 7 of the following paragraph: ‘‘(e) in terms of section 18(1)(a) of the Protection from Harassment Act, 2011.’’. 20 Short title and commencement - 23 Verify source ↗
This Act is called the Protection from Harassment Act, 2011, and comes into
The Act starts on a date set by the President, and the Director-General and Minister must issue and table directives, with disciplinary steps required for non-compliance.
23. This Act is called the Protection from Harassment Act, 2011, and comes into operation on a date fixed by the President by proclamation in the Gazette. STAATSKOERANT, 5 DESEMBER 2011 WET OP BESKERMING TEEN TEISTERING, 2011 Nr. 34818 25 Wet Nr. 17 van 2011 (3) (a) Die Direkteur-generaal: Justisie en Staatkundige Ontwikkeling moet voorskrifte uitreik wat deur klerke van die hof nagekom moet word in die uitvoering van hulle werksaamhede kragtens hierdie Wet, en enige voorskrifte aldus uitgevaardig moet in die Staatskoerant gepubliseer word. (b) Die Minister moet enige voorskrifte wat ingevolge paragraaf (a) uitgevaardig is 5 aan die Parlement voorlê voordat sodanige instruksies in werking tree. (4) Die voorskrifte en instruksies in hierdie artikel bedoel, moet voorsiening maak dat voldoende dissiplinêre stappe gedoen sal word teen ’n aanklaer, klerk van die hof of polisiebeampte wat versuim om aan enige voorskrif of instruksie, na gelang van die geval, te voldoen. (5) Enige voorskrif of instruksie wat kragtens hierdie artikel uitgereik word, kan op 10 soortgelyke wyse gewysig of ingetrek word. Wysiging van artikel 102 van Wet 60 van 2000, soos gewysig deur artikel 30 van Wet 28 van 2006 - 21 Verify source ↗
Artikel 102 van die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000, word hierby gewysig
This provision amends section 102 of the Firearms Control Act, 2000 by adding a new paragraph dealing with a final protection order issued under the Harassment Act, 2011.
21. Artikel 102 van die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000, word hierby gewysig 15 deur die invoeging in subartikel (1) na paragraaf (a) van die volgende paragraaf: ‘‘(aA) ’n finale beskermingsbevel teen sodanige persoon ingevolge die Wet op die Beskerming teen Teistering, 2011, uitgereik is;’’. Wysiging van Bylae 2 tot Wet 60 van 2000 - 22 Verify source ↗
Bylae 2 tot die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000, word hierby gewysig deur
This provision amends Schedule 2 of the Firearms Control Act, 2000 by inserting a new paragraph reference after paragraph (d).
22. Bylae 2 tot die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000, word hierby gewysig deur 20 die invoeging in item 7 na paragraaf (d) van die volgende paragraaf: ‘‘(e) ingevolge artikel 18(1)(a) van die Wet op die Beskerming teen Teistering, 2011.’’. Kort titel en inwerkingtreding - 23 Verify source ↗
Hierdie Wet heet die Wet op Beskerming teen Teistering, 2011, en tree in werking
This section says the Act is called the Wet op Beskerming teen Teistering, 2011, and starts on a date set by the President by proclamation in the Gazette.
23. Hierdie Wet heet die Wet op Beskerming teen Teistering, 2011, en tree in werking 25 op ’n datum deur die President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal.
Provision text is displayed from LexChat’s stored statute record. Use the official source links to verify amendments, commencement, and current legal force.
Ask AI about this statute
Protection from Harassment Act
Sign in to ask AI about this statute
Sign in to start authenticated, citation-grounded statute research.
Sign inLexChat organizes source-backed legal information for research. Verify amendments, commencement, and current legal force with the official publisher before relying on it.