26 No. 41017 GOVERNMENT GAZETTE, 2 AUGUST 2017 Act No. 7 of 2017 Courts of Law Amendment Act, 2017 26 (2) (a) Where a judgment debt, the interest thereon at the rate granted in the judgment and the costs have been paid, whether the consent of the judgment creditor for the rescission of the judgment has been obtained or not, a court may, on application by the judgment debtor or any other person affected by the judgment, rescind that judgment. (b) The application contemplated in paragraph (a)— (i) must be made on a form which corresponds substantially with the form prescribed in the rules; (ii) must be accompanied by reasonable proof that the judgment debt, the interest thereon and the costs have been paid; (iii) must be accompanied by proof that the application has been served on the judgment creditor, at least 10 business days prior to the hearing of the intended application; (iv) may be set down for hearing on any day, not less than 10 business days after service thereof; and (v) may be heard by a judge in chambers. (c) A court may make any cost order it deems fit with regard to an application contemplated in paragraph (a).’’. Transitional provisions 15. (1) All legal proceedings in terms of sections 36, 45, 57, 58, 65, 65E, 65J, 65M, 73 or 86 of the Magistrates’ Courts Act, 1944 (Act No. 32 of 1944), which were instituted prior to the commencement of this Act and which are not concluded before the commencement of this Act, must be continued and concluded in all respects as if this Act had not been passed: Provided that, where applicable, the original judgment, instalment order or emoluments attachment order, upon which the proceedings in question are based, was obtained and granted in accordance with the law. (2) (a) A judgment creditor in whose favour a default judgment has been granted and a subsequent instalment order or emoluments attachment order (hereinafter referred to as a subsequent order) made, based on that default judgment, or a judgment debtor or any other person affected by that default judgment or subsequent order based on that default judgment, who has reason to believe that that default judgment or subsequent order was not obtained and granted in accordance with the law, may apply for the review of that default judgment or subsequent order. (b) This subsection applies only to default judgments and subsequent orders in terms of the Magistrates’ Courts Act, 1944. 5 10 15 20 25 30 35 (c) The application contemplated in paragraph (a)— (i) must be made on a form which corresponds substantially with the form prescribed in the Schedule to this Act; (ii) must be accompanied by a supporting affidavit; (iii) must be accompanied by proof that the application has been served on the other 40 party, at least 10 court days prior to the hearing of the intended application; (iv) may be set down for hearing on any day, being not less than 10 court days after service thereof; and (v) may be heard by a magistrate in chambers. (d) The court must rescind a default judgment or subsequent order contemplated in paragraph (a), if it is proved that the default judgment or subsequent order was not obtained and granted in accordance with the law or may give any other order it deems fit in the circumstances. (e) No cost order shall be made with regard to an application contemplated in paragraph (a): Provided that the judgment debtor or affected person who applies for the review contemplated in paragraph (a) acted reasonably in bringing the application. (f) The clerk or registrar of the court must render reasonable assistance to a party wishing to bring an application contemplated in paragraph (a): Provided that the State or that clerk or registrar shall not be liable for any damage or loss resulting from assistance given in good faith by that clerk or registrar to such party in the compilation or preparation of any process or document. (g) The operation of this subsection shall cease after a period of three years after the date on which this Act, or the date on which the last provisions of this Act, has come into operation. 45 50 55 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za GOVERNMENT GAZETTE, 2 AUGUST 2017 No. 41017 27 Wysigingswet op Geregshowe, 2017 No. 7 van 2017 27 (2) (a) Waar ’n vonnisskuld, die rente teen die koers waarvoor vonnis verleen is en die koste, ten volle betaal is, hetsy die toestemming van die vonnisskuldeiser vir die tersydestelling van die vonnis verkry is al dan nie, kan ’n hof, op aansoek van die vonnisskuldenaar of enige ander persoon wat deur die vonnis geraak word, daardie vonnis tersyde stel. (b) Die aansoek in paragraaf (a) beoog— (i) moet gebring word op ’n vorm wat wesenlik moet ooreenstem met die vorm soos in die reëls voorgeskryf; (ii) moet vergesel wees van redelike bewys dat die vonnisskuld, die rente en die koste betaal is; (iii) moet vergesel wees van bewys dat die aansoek aan die vonnisskuldeiser beteken is, ten minste 10 sakedae voor die aanhoor van die beoogde aansoek; (iv) kan ter rolle geplaas word vir verhoor op enige dag nie minder nie as 10 sakedae na betekening daarvan; en (v) kan in kamers deur ’n regter aangehoor word. (c) ’n Hof kan enige kostebevel maak wat hy goed ag rakende ’n aansoek in paragraaf (a) beoog.’’. Oorgangsbepalings 15. (1) Alle geregtelike verrigtinge ingevolge artikels 36, 45, 57, 58, 65, 65E, 65J, 65M, 73 of 86 van die Wet op Landdroshowe, 1944 (Wet No. 32 van 1944), wat voor die inwerkingtreding van hierdie Wet ingestel is en wat nie voor die inwerkingtreding van hierdie Wet afgehandel is nie, moet in alle opsigte voortgaan en afgehandel word asof hierdie Wet nie deurgevoer is nie: Met dien verstande dat, waar toepaslik, die oorspronklike vonnis, paaiementsbevel of besoldigingbeslagbevel waarop die betrokke verrigtinge berus, ooreenkomstig die reg verkry en aangeteken is. (2) (a) ’n Vonnisskuldeiser in wie se guns ’n verstekvonnis verleen is of ’n daaropvolgende paaiementsbevel of besoldigingbeslagbevel (hierna ’n daaropvolgende bevel genoem) gemaak is, wat op daardie verstekvonnis berus, of ’n vonnisskuldenaar of enige ander persoon wat deur daardie verstekvonnis of daaropvolgende bevel wat op daardie verstekvonnis gegrond is, geraak word, wat rede het om te glo dat daardie verstekvonnis of daaropvolgende bevel nie ooreenkomstig die reg verkry of toegestaan is nie, kan aansoek doen vir die hersiening van daardie verstekvonnis of daaropvolgende bevel. 5 10 15 20 25 30 (b) Hierdie subartikel is net op verstekvonnisse en daaropvolgende bevele ingevolge 35 die Wet op Landdroshowe, 1944, van toepassing. (c) Die aansoek in paragraaf (a) beoog— (i) moet gebring word op ’n vorm wat wesenlik moet ooreenstem met die vorm soos voorgeskryf in die Bylae tot hierdie Wet; (ii) moet vergesel wees van ’n ondersteunende eedsverklaring; (iii) moet vergesel wees van bewys dat die aansoek aan die ander party beteken is, ten 40 minste 10 hofdae voor die aanhoor van die beoogde aansoek; (iv) kan ter rolle geplaas word vir verhoor op enige dag nie minder nie as 10 dae na betekening daarvan; en (v) kan in kamers deur ’n landdros aangehoor word. (d) Die hof moet ’n verstekvonnis of daaropvolgende bevel in paragraaf (a) beoog, tersyde stel as dit bewys word dat die verstekvonnis of daaropvolgende bevel nie ooreenkomstig die reg verkry of toegestaan is nie of kan enige ander bevel gee wat die hof in die omstandighede goed ag. (e) Geen kostebevel word gemaak met betrekking tot ’n aansoek in paragraaf (a) beoog nie: Met dien verstande dat die vonnisskuldenaar of geraakte persoon wat aansoek doen om die hersiening in paragraaf (a) beoog, redelik gehandel het by die doen van die aansoek. (f) Die klerk of griffier van die hof moet redelike bystand verleen aan ’n party wat ’n aansoek in paragraaf (a) beoog, wil bring: Met dien verstande dat die Staat of daardie klerk of griffier nie aanspreeklik is vir enige skade of verlies voortspruitend uit bystand wat ter goeder trou deur daardie klerk of griffier aan daardie party in die samestelling of voorbereiding van enige prosesstuk of dokument, gegee is nie. (g) Die werking van hierdie subartikel kom tot ’n einde na ’n tydperk van drie jaar na die datum waarop hierdie Wet, of die datum waarop die laaste bepalings van hierdie Wet, in werking getree het. 45 50 55 60 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za