Download PDF

South Africa Judgment

North Gauteng High Court, Pretoria

Barnard v Ras (23443/2015) [2016] ZAGPPHC 1053 (20 December 2016)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the defendant failed to discharge the onus of proving that the dog was provoked by the child. The evidence of Ms Baloyi, who witnessed the incident, was accepted as credible and consistent, and her denial of provocation was preferred over the defendant's version, which was found to be embellished and unsupported. The requirements for liability under actio de pauperie were satisfied: the defendant owned the dog, it was a domesticated animal, the child was lawfully present, and the dog acted contra naturam suam by biting the child without provocation. The defendant's alternative explanations and challenges to the credibility of the plaintiff's witnesses were rejected. Accordingly, the defendant is liable for 100% of the proven or agreed damages suffered by the plaintiff and the minor child.

Court disposition

Plaintiff's claim under actio de pauperie succeeds; defendant held liable for 100% of proven or agreed damages.

Orders

  • The defendant is liable for 100% of the plaintiff and minor child Eli Barnard's proven or agreed damages.
  • The defendant is ordered to pay the plaintiff's costs.

02

Material facts

Parties

M Barnard

Plaintiff Counsel: G D Lubbe

M N Ras

Defendant Counsel: P S A J Jacobsz

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Trial / Merits Separated From Quantum; Judgment on Liability

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff claims damages in his personal capacity and as father and guardian of his minor son Eli, arising from an incident on 16 May 2014 when the defendant's bull terrier bit Eli, then aged 4, in the face. The main claim is based on actio de pauperie, requiring proof that the defendant owned the dog, it was a domesticated animal, it acted contrary to its nature, the injured party was lawfully on the premises, and the plaintiff suffered damages as a result. Negligence is not required. The plaintiff asserts the dog acted contra naturam suam and denies any provocation by the child. The plaintiff and his domestic worker, Ms Baloyi, testified that the child did not provoke the dog and described the dog as dangerous, referencing a prior bite incident involving Ms Baloyi.
Respondent
The defendant denies that the dog acted contra naturam suam and relies on the defence that the dog was provoked by the child, who allegedly teased the dog with a chicken bone. The defendant disputes the dangerousness of the dogs and denies knowledge of any prior bite incident involving Ms Baloyi. He further challenges the credibility of Ms Baloyi's testimony, suggesting bias due to her relationship with the plaintiff and the child, and points to inconsistencies regarding dates and details of the incident and prior events.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    National Employers' General Insurance Co Ltd v Jagers 1984 (4) SA 437 (E) 440D-G

    In civil cases, the party bearing the onus must adduce credible evidence to support their case. Where mutually destructive versions exist, the plaintiff succeeds only if the court is satisfied on a preponderance of probabilities that his version is true and the defendant's is false.

  2. 02

    Common law; actio de pauperie

    Liability under actio de pauperie requires proof that the defendant is the owner of the animal, the animal is domesticated, it acted contrary to its nature, the injured party was lawfully present, and damages resulted. Negligence is not required.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the defendant failed to discharge the onus of proving that the dog was provoked by the child. The evidence of Ms Baloyi, who witnessed the incident, was accepted as credible and consistent, and her denial of provocation was preferred over the defendant's version, which was found to be embellished and unsupported. The requirements for liability under actio de pauperie were satisfied: the defendant owned the dog, it was a domesticated animal, the child was lawfully present, and the dog acted contra naturam suam by biting the child without provocation. The defendant's alternative explanations and challenges to the credibility of the plaintiff's witnesses were rejected. Accordingly, the defendant is liable for 100% of the proven or agreed damages suffered by the plaintiff and the minor child.

Obiter and limits

  • The court noted that minor inconsistencies in witness testimony regarding dates and peripheral details do not render the evidence unreliable where the core facts are consistent and credible.
  • The court observed that the presence of a second dog during the incident was immaterial, as it played no role in the attack.

Court disposition

Plaintiff's claim under actio de pauperie succeeds; defendant held liable for 100% of proven or agreed damages.

  • The defendant is liable for 100% of the plaintiff and minor child Eli Barnard's proven or agreed damages.
  • The defendant is ordered to pay the plaintiff's costs.

Source and reliance status

North Gauteng High Court, Pretoria

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

North Gauteng High Court, Pretoria

Judgment

[2016] ZAGPPHC 1053

IN DIE GAUTENG AFDELING VAN DIE HOOGGEREGSHOF,

PRETORIA

SAAK NR: 23443/2015

20/12/2016

Rapporteerbaar: Nee

Van belang vit ander regters: Nee

Hersien

In die saak tussen:

M BARNARD Eiser

en

M N RAS Verweerder

UITSPRAAK

J W LOUW. R

[1] Die eiser eis in sy persoonlike hoedanigheid en in sy hoedanigheid as vader en voog van sy minderjarige seun Eli skadevergoedi ng van die verweerder na aaanleiding van 'n voorval op 16 Mei 2014 toe een van die verweerder se varkhonde (bull terriers) die kind, wat op daardie stadium 4 jaar oud was, in die gesig gebyt het. Die kwantum van die eiser se eis is by ooreenkoms tussen die partye van die meriete geskei en sine die uitgestel.

[2] Die eiser se hoofeis is gebaseer op die actio de pauperie. Die eiser se alternatiewe eis is gegrond op die actio legis Acquiliae. Om te slaag met die actio de pauperie moet 'n eiser bewys dat die verweerder die eienaar van die dier was, dat dit 'n huisdier is, dat die dier contra naturam suam opgetree het, dat die benadeelde persoon regmatig op die perseel was waar die voorval plaasgevind het en dat die eiser as gevolg van die optrede van die dier skade gely het. Nalatigheid aan die kant van die verweerder is nie 'n vereiste nie. Die enigste geskilpunt in die huidige aksie is die vraag of die hond contra naturam suam opgetree het. Die verweerder ontken dit en steun op die verweer dat die hond deur die seun geprovokeeer is.

[3] Dit is gemeensaak dat die eiser 'n gedeelte van 'n woonhuis gelee op 'n plot in Montana Landgoed van die verweerder gehuur het en dat die gedeelte van die woning wat die eiser gehuur het nie van die res van die perseel geskei was nie. Toe die eiser op 16 Desember 2013 ingetrek het, het die verweerder nie meer in die ander gedeelte van die woonhuis gewoon nie, maar was daar nog van sy besittings daar. Die verweerder se twee honde is op die plot in 'n staalhok wat met draad toegespan is, aangehou. Die hok het aan die voorkant twee staal hekke waardeur die honde uitgelaat kon word. Aan die agterkant van die hok is daar 'n oop kamp wat met draad toegespan is en met gras beplant is waarin die honde kon rond beweeg.

[4] Die eiser, wat die afgelope 5 jaar in 'n rolstoel is, het getuig dat hy tydens die voorval in die sitkamer van die huis op sy rolstoel middagete gesit en eet het. Die seun en die eiser se huishulp, wat ook die seun se versorger is, Me Johanna Baloyi, het op die steep direk voor die sitkamer by 'n tafel gesit en eet. Dit was hulle daaglikse roetine. Die sitkamer en die steep is met 'n skuifdeur van mekaar geskei. Vanwaar die eiser gesit het, kon hy nie vir Me Baloyi en die seun sien nie. Hy het skielik 'n geskree gehoor en sy rolstoel vinnig agteruit gerol om hulle te kan sien. Hy het gesien hoe Me Baloyi die een hond aan die nek gryp en wegstoot van Eli. Die ander hond was by hulle voete. Eli het geskree en Me Baloyi het horn opgetel en op die eiser se skoot gesit. Die eiser en Me Baloyi het daarna met Eli na die Montana hospitaal gery waar Eli gestabiliseer is voordat die eiser horn na die Eugene Marais hospital geneem het waar hy opgeneem is.

[5] Die eiser het getuig dat een van die honde voorheen vir Me Baloyi gebyt het en dat dit daarom 'n huisreel was dat nie een van hulle naby die honde mag gaan nie. Hy het die honde as gevaarlik beskryf. Hy het, nadat Me Baloyi gebyt is, vir die verweerder gevra om 'n heining om die swembad en tuingedeelte wat deur die eiser benut en is op te sit. Die verweerder het toe 'n houtheining daar opgerig. Die verweerder het ontken dat ky enige kennis dra van die feit dat Me Baloyi gebyt is en het getuig dat die rede waarom die eiser vir die oprigting van 'n heining gevra het, was omdat die eiser gese het dat die honde op die banke op die eiser se stoep klim en hul hare die stoep bemors. Die eiser het ontken dat daar ooit enige bank of banke op die stoep was.

[6] Me Baloyi het getuig dat sy en die seun ten tye van die insident op die stoep gesit en eet het. Toe sy opkyk, het sy die hond gesien. Die hond het vinnig opgedaag nadat hy onderdeur die hout tralies gekruip het. Op daardie stadium het die seun 'n hoender boudbeen wat in sy bord was opgetel. Toe hy dit in sy mond plaas, het die hond direk na sy gesig gegryp. Dit is gemeensaak dat dit die manlike hond was. Sy weet nie hoe sy dit reggekry het nie, maar sy het die hond met beide hande aan die nek beetgekry en horn na regs gesmyt. Sy en Eli het beide geskree. Sy het ontken dat Eli die hond geterg het met die hoenderbeen en gese sy glo nie 'n hond sal iemand byt wat horn iets gee om te eet nie. Dit is in kruisverhoor aan haar gestel dat die verweerder sou getuig dat sy vir horn gese het dat Eli die hond met 'n hoenderbeen geterg het. Sy het dit ontken. Dit is aan haar gestel dat die honde nie kwaai was nie. Sy het met 'n teenvraag geantwoord: Hoekom, as hulle nie kwaai was, het 'n hond haar op die voet gebyt? Sy het getuig dat die hond haar in Februarie 2014 gebyt het en dat die verweerder daarna die

hooutheining opgerig het.

[7] Me Baloyi het 'n baie goeie indruk op my gemaak en was baie seker oor dit waaroor sy getuig het. Dit is namens die verweerder betoog dat haar getuienis met versigtigheid oorweeg moet word as gevolg van haar persoonlike verbintenis met die eiser en Eli. Sy het sekerlik as gevolg van die voorval baie simpatie met Eli gehad, maar ek het niks in haar getuienis gevind wat enigsins daarop gedui het dat sy nie die waarheid praat of dat sy bevooroordeeld is nie. Sy is oor sekere aspekte van haar getuienis in kruisverhoor gekritiseer. Die eerste aspek was dat sy op foto 62 in Bewysstuk "B" 'n paal in die draadheining om die honde se kamp uitgewys het waar die verweerder volgens haar die draadheing van bo tot ender losgehaak het om die honde uit te laat, terwyl sy tydens die inspeksie in loco wat op versoek van die verweerder gehou is[1] 'n ander paal uitgewys het. Toe die verweerder se prokureur tydens die inspeksie uitgewys het dat die draadheining nie by die eersgenoemde paal losgemaak kan word nie, het Me Baloyi onmiddellik aangedui dat dit nie die paal is waarvan sy gepraat het nie en het sy toe die laasgenoemde paal uitgewys en aangedui waar die draadheining deur die eiser afgehaak is om die honde uit te laat. Die draad hakies waarmee die heining van bo tot ender los- en vasgehaak kan word, is steeds daar. Haar uitwysing in die hof van eersgenoemde paal op die foto is na my

mening waarskynlik die gevolg van 'n verkeerde interpretasie van die foto eerder as 'n doelbewuste onwaarheid. Daar is geen logiese rede waarom sy doelbewus 'n verkeerde paal op die foto sou uitwys terwyl sy tydens die inspeksie presies geweet het, en aangedui het, waar die draad losgehaak kon word. Die eiser is tydens kruisverhoor gevra waar die honde uitgekom het. Sy antwoord was dat hulle, volgens Me Baloyi, deur 'n gat in die heining gekom het wat die eiser gese het links is van die person wat op foto 64 van Bewysstuk "B" gesien kan word. Die person staan duidelik nie by die eersgenoemde paal nie, en is nader aan die laasgenoemde paal wat deur Me Baloyi tydens die inspeksie uitgewys is. Me Baloyi het verder tydens die inspeksie uitgewys dat die heining tans op daardie plek met stukkies binddraad vasgeheg is, maar gese dat die binddraad nie tydens die voorval daar was nie.

[8] Die volgende aspek waaroor Me Baloyi gekritiseer is, is dat sy in haar getuienis gese het dat, afgesien van die skuifslotte waarmee die twee hekke van die hondehok togesluit is, daar ook slotte was waarmee die hekke gesluit is waarvoor daar sleutels was, terwyl dit tydens die inspeksie geblyk het dat daar geen slotte is nie en dat die skuifslotte nie oopsluitslotte kan akkomodeer nie. Dit beteken egter nie dat die hekke nie op 'n ander manier met slotte gesluit kon gewees het nie, byvoorbeeld deur 'n ketting te gebruik. In haar getuienis het sy gese dat die slotte daar was toe hulle daar gewoon het en dat dit verwyder is nadat hulle getrek het. Sy is nie in die hof of tydens die inspeksie gevra om te verduidelik hoe daardie slotte gewerk het nie. Die verweerder het getuig daar geen rede was om die hekke met slotte te sluit nie aangesien die honde nie aggressief was nie. Enige persoon, ook Eli, kon die skuifslotte oopmaak. Daarteenoor het die verweerder getuig dat Eli en sy maats die motorhek in die heining oopmaak om by 'n voelhok te kom, en dat hy toe die honde in die hok gesit het vir die veiligheid van die kind. Wat van belang is in hierdie verband is dat indien die honde by een van die hekke uitgelaat sou word, hulle onmiddellik binne die eiser se afgekampte gedeelte van die perseel sou wees, terwyl dit nie die geval sou wees indien hulle deur die draadheining op die plek wat deur Me Baloyi uitgewys is, uitgelaat sou gewees het nie.

[9] Die volgende aspek waaroor Me Baloyi gekritiseer is, is dat sy getuig het dat die verweerder slegs op Vrydae na die perseel gekom het om die honde te voer, terwyl dit uit die verslae van die eiser se voertuigopsporingsmaatskappy (Netstar) geblyk het dat hy meer dikwels by die perseel was, ook gedurende Mei 2014 toe die voorval plaasgevind het. Op daardie stadium het Me Baloyi drie dae per week vir die eiser gewerk. Sy sou die eiser dus nie op enige van die ander dae gesien het nie. Dit is ook moontlik dat die eiser op geleenthede slegs na sy gedeelte van die woning gegaan het en nie na die hondehokke waar Me Baloyi horn sou gesien het nie. Daar blyk nie enige rede te wees waarom Me Baloyi oor hierdie aspek, wat niks met die voorval te doen het nie, doelbewus nie die waarheid sou vertel nie. Die eiser se getuienis was oak dat die verweerder een keer per week na die perseel gekom het om vir die honde kos en watter te gee. Hy het verder getuig dat die eiser soms op 'n Saterdag gekom het om tyd met die honde te spandeer. Hierdie getuienis van die eiser is nie in kruisverhoor betwis nie. Hy is slegs verwys na die item op die Netstar verslag wat aantoon dat die verweerder op die dag van die insident om 13h50 met sy voertuig by die perseel was. Dit is nie deur die eiser betwis nie.

[10] 'n Verdere aspek waaroor Me Baloyi gekritiseer is, is dat sy nie in staat was om die beedigde verklaring wat sy op 5 Mei 2016 afgele het, wat in Afrikaans getik is, te lees of te verstaan nie. Dit is namens die verweerder betoog dat haar weergawe van gebeure in die verklaring aan haar voorgese is. Daar is geen basis vir hierdie submissie nie. Afrikaans is nie Me Baloyi se huistaal nie. Haar hoogste skoolopleiding is Graad 5. Sy het getuig dat sy Afrikaans verstaan, maar "nie so duidellik nie". Toe sy gevra is om die verklaring te lees, het sy gese sy verstaan nie wat in die dokument staan nie, maar as die verweerder se advokaat dit vir haar lees, sal sy verstaan. Sy sal dan ja of nee kan se. Die verklaring is toe nie aan haar voorgelees nie. Die inhoud daarvan strook met haar weergawe in die hof.

[11] Die volgende aspek van haar getuienis waaroor Me Baloyi gekruisverhoor is, is dat sy getuig het dat sy reeds in Februarie 2014 deur een van die verweerder se honde gebyt is, terwyl die eiser se getuienis was dat Me Baloyi gedurende April 2014 gebyt is. Toe Me Baloyi met hierdie verskil tussen haar getuienis en die van die eiser gekonfronteer is, was haar antwoord dat die eiser miskien vergeet het, dat sy die person is wat gebyt is en dat sy nie sal vergeet nie. Dat Me Baloyi se weergawe van die datum waarskynlik

korrek is, word gestaaf deur die stelling wat aan haar gemaak is dat die verweerder die houtheining in Februarie 2014 opgerig het, wat sy bevestig het en gese het dat dit gedoen is nadat die hond haar gebyt het. Hierdie verskil tussen Me Baloyi se getuienis en die van die eiser is na mening van geen belang nie. Dit maak nie enige van hulle se getuienis ongeloofwaardig soos wat betoog is nie. Die feit dat Me Baloyi deur een van die honde gebyt is was nie gedurende die kruisverhoor van die eiser of Me Baloyi in geskil geplaas nie. Die verweerder het egter in kruisverhoor gese dat hy nie glo dat Me Baloyi gebyt is nie omdat die datums wat sy en die eiser genoem het waarop dit sou gebeur het, verskil.

[12] Die laaste punt van kritiek teen Me Baloyi se getuienis is dat sy nie in haar hoofgetuienis, anders as in kruisverhoor, melding gemaak het van die vroulike hond se teenwoordigheid tydens die voorval nie. Ek vlnd dit nie vreemd nie. Die vroulike hond het geen rol in die voorval gespeel nie.

[13] Die enigste getuienis wat deur die eiser aangebied is om sy verweer van provokasie van die hond te bewys, was dat Me Baloyi vir horn gese het dat die kind die hond met 'n hoenderbeen geterg het. Soos reeds gemeld, het Me Baloyi dit ontken. Die verweerder het getuig dat Me Baloyi vir horn gese het dat Eli die hond met 'n been geterg het en dat, toe hy een keer die been na sy mend terugvat, die hond horn "skrams gebyt het". Hy het dit in kruisverhoor herhaal. Dat Me Baloyi vir die verweerder sou gese het dat die hond vir Eli skrams gebyt het, kan net nie waar wees indien daar gekyk word na die foto's van Eli se gesig wat deel vorm van Bewysstuk "A" nie. Dit is ook nie aan Me Baloyi in kruisverhoor gestel dat sy aan die verweerder gese het dat die hond die kind "skrams" gebyt het nie, en is duidelik 'n nagedagte wat die verweerder in die getuiebank uitgedink het. In kruisverhoor het hy nog verder gegaan en gese dat Me Baloyi vir horn gese dat sy vir Eli gese het om nie die hond te terg nie. Dit is ook nie aan Me Baloyi gestel nie en is ook klaarblyklik 'n nagedagte wat hy in die getuiebank uitgedink het. Toe hy verwys is na Me Baloyi se getuienis dat sy die hond gegryp en weggestoot het (wat ook die eiser se getuienis was), was sy antwoord dat hy nie kon sien hoe sy dit sou kon regkry om 'n aggressiewe hond om die nek te gryp nie. Die eiser en Me Baloyi se getuinis in hierdie verband was egter onbetwis.

[14] Die verweerder het my nie as 'n getuie be'indruk nie. Hy was argumentatief en het getuienis van die eiser en Me Baloyi sender

goeie rede betwis. Ek verwys na die feit da thy ontken het dat Me Baloyi deur 'n hond gebyt is. 'n Ander voorbeeld is dat hy ontken het dat Me Baloyi saam met die eiser gery het toe die eiser vir Eli na die Montana hospital geneem het. Die eiser se getuienis was dat hy die motor bestuur het en dat hy vir Me Baloyi saamgeneem het, maar dat hy haar by die huis afgelaai het voordat hy vir Eli na die Eugene Marais hospital geneem het. Die verweerder het in kruisverhoor gese dat dit onwaar was dat Me Baloyi saam na die hospitaal gery het, en dat hy die eiser se weergawe oor die Montana hospitaal en dat hy vir Me Baloyi afgelaai het betwis. Die verweerder se weergawe was dat die eiser horn geskakel het en meegedeel het dat sy hond vir Eli geby het, dat hy dadelik van sy kantoor na die perseel gery het, dat hy die eiser by die perseel se hek by die straat teegekom het en dat slegs die eiser en Eli in die eiser se voertuig was. Die verweerder se getuienis sluit nie die moontlikheid uit dat die eiser met Eli by die Montana hospitaal was voordat hy die verweerder by die hek van die eiendom ontmoet het nada thy Me Baloyi aafgelaai het nie, maar die verweerder was nie bereid om dit toe te gee nie. Hy het gese dat hy in soortgelyke omstandighede sy vriendin sou gevra het om die kind in die motor vas te hou omdat hy 'n besorgde ouer is, maar hy weet nie wat die eiser sou gedoen het nie. Daardeur het hy te kenne gegee dat die eiser nie 'n besorgde ouer was nie. Daar was geen regverdiging vir so 'n suggestie nie en

dit spreek van kwaadwilligheid.

[16] In National Employers' genereal insurance Co Ltd v Jagers[2] het die hof die volgende gese:

"It seems to me, with respect, that in any civil case, as in any criminal case, the onus can ordinarily only be discharged by adducing credible evidence to support the case of the party on whom the onus rests. n a civil case the onus is obviously not as heavy as it is in a criminal case, but nevertheless where the onus rests on the plaintiff as in the present case, and where there are two mutually destructive stories, he can only succeed

if he satisfies the Court on a preponderance of probabilities that his version is true and accurate and therefore acceptable, and that the other version advanced by the defendant is therefore false or mistaken and falls to be rejected.In deciding whether that evidence is true or not the Court will weigh up and test the plaintiff's allegations against the general probabilities. The estimate of the credibility of a witness will therefore be inextricably bound up with a consideration of the probabilities of the case and, if the balance of probabilities favours the plaintiff, then the Court will accept his version as being probably true. f however the probabilities are evenly balanced in the sense that they do not favour the plaintiff's case any more than they do the defendant's, the plaintiff can only succeed if the Court nevertheless believes him and is satisfied that his evidence is true and that the defendant's version is false."

[17] Die verweerder, op wie die bewyslas rus, het na my oordeel nie daarin geslaag om op 'n oorwig van waarskynlikhede aan te toon dat sy weergawe dat die hond deur Eli geprovokeer is, waar is en dat die weergawe van Me Baloyi daarom vals is en verwerp moet word nie. Die verweerder het, soos hierbo gemeld, ender kruisverhoor sy weergawe aangedik met byvoegings wat hy uitgedink het soos wat hy verder getuig het. Ek is nie bereid om sy weegawe te aanvaar as meer waarskynlik as die weergawe van Me Baloyi nie.

[18] Dit volg dat die die verweerder horn nie van sy bewyslas gekwyt het nie en dat die eiser se eis gebaseer op die actio de pauperie moet slaag. In die lig hiervan, is dit nie nodig om oorweging te skenk aan die eiser se alternatiewe eis gebaseer op die actio legis Acquiliae, waarvoor nalatigheid deur die verweerder 'n vereiste is, of die getuienis van die partye in hierdie verband nie.

[19] Die volgende bevel word gemaak:

[a] Die verweerder is aanspreeklik vir 100°/o van die eiser en die minderjarige kind Eli Barnard se bewese of ooreengekome skade.

[b] Die verweerder word gelas om die eiser se koste te betaal.

Eiser se advokaat: G D Lubbe

In opdrag van: Nell, Kotze & van Dyk, Pretoria

Verweerder se advokaat: P S A J Jacobsz

In opdrag van: Erasmus Ing., Pretoria

[1] 'n Oorkonde van die uitwysings wat tydens die inspeksie deur die teenwoordige persone gemaak is, is deur my griffier opgestel en die korrektheid daarvan is deur die partye aanvaar. Die oorkonde vorm gevolglik deel van die rekord van die hof se verrigtinge.

[2] 1984 (4) SA 437 (E) 440D-G

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

National Employers' General Insurance Co Ltd v Jagers 1984 (4) SA 437 (E)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.