Basson v S (A413/2006) [2010] ZAWCHC 334 (25 May 2010)
- Citation
- [2010] ZAWCHC 334
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- N C Erasmus, Samela
- Case number
- A413/2006
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- N C Erasmus, Samela
- Case number
- A413/2006
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant, a member of the South African Police Service fingerprint unit, was correctly convicted of fabricating fingerprint evidence in six cases. The trial court's credibility findings were justified, as the appellant was a poor witness and his version was not supported by the evidence. The motive for the fabrication was established through testimony that positive identifications contributed to career advancement, creating a dangerous incentive for fraud. The appellate court held that there was no basis to interfere with the conviction or the sentence imposed, which was six months' imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act. The appeal was dismissed and both the conviction and sentence were confirmed.
Court disposition
Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The conviction and sentence are confirmed.
02
Material facts
Parties
Anton Basson
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Imprisonment Term: ZAR 6
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant was correctly convicted of fabricating fingerprint evidence.
- 02
Whether the trial court's credibility findings regarding the appellant's testimony were justified.
- 03
Whether the imposed sentence was appropriate under the circumstances.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that he was falsely implicated by a colleague, Mr Turner, who had a motive to fabricate evidence against him due to prior disputes. He denied any wrongdoing and claimed that the evidence against him was unreliable and motivated by internal police politics.
- Respondent
- The State contended that the appellant was one of several police officers identified as potential fraudsters in the fingerprint unit. The State presented evidence that the appellant had manipulated fingerprint records in at least six cases, and argued that the motive was linked to career advancement targets. The State maintained that the trial court's findings were correct and the conviction and sentence should be upheld.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Francis 1991 (1) SA 198 (A)
An appellate court should not readily interfere with the trial court's credibility findings unless there is a clear misdirection.
- 02
S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)
Sentences imposed by trial courts should only be interfered with if they are disturbingly inappropriate or if the trial court misdirected itself.
- 03
Criminal Procedure Act 51 of 1977
Section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act allows for imprisonment under certain conditions.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant, a member of the South African Police Service fingerprint unit, was correctly convicted of fabricating fingerprint evidence in six cases. The trial court's credibility findings were justified, as the appellant was a poor witness and his version was not supported by the evidence. The motive for the fabrication was established through testimony that positive identifications contributed to career advancement, creating a dangerous incentive for fraud. The appellate court held that there was no basis to interfere with the conviction or the sentence imposed, which was six months' imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act. The appeal was dismissed and both the conviction and sentence were confirmed.
Obiter and limits
- The court expressed concern about the broader implications of police officers fabricating evidence, noting the risk of innocent persons being wrongfully convicted.
- The court remarked that setting targets for positive identifications in law enforcement creates fertile ground for corruption and fraud.
Court disposition
Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.
- The appeal is dismissed.
- The conviction and sentence are confirmed.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A413/2006
DATUM: 25 MEI 2010
In die saak tussen:
ANTON
BASSON …...............................................................Appellant
en
DIE
STAAT …....................................................................Respondent
UITSPRAAK N C ERASMUS, R: Ek gaan die uitspraak in Afrikaans gee omdat die verrigtinge in Afrikaans was en die appellant klaarblyklik Afrikaanssprekend is. Die feite in hierdie appel is van so 'n aard dat dit my, as regsprekende beampte, wat soms strafsake verhoor en in appelle sit waar vingerafdrukgetuienis aangebied is, tot diep kommer strek. Dit blyk uit hierdie feite dat dit nie net die appellant wat beskuldig was daarvan dat hy getuienis gefabriseer het wat die moontlikheid gehad het om onskuldige persone tot so 'n mate in kriminele oortredings te impliseer dat dit feitlik onafwendbaar was dat hulle sou skuldig bevind word in V> hof nie. Die gevolge van sulke optrede laat my hare rys. Dit is ook deur die Staatsadvokaat aan ons nou meegedeel dat daar verskeie polisiebeamptes van die vingerafdrukeenheid, om die leke-beskrywing daarvan te gebruik, uitgelig was as potensiele bedrieers in hierdie verband en steeds voor die howe verskyn en in sommige gevalle is appelle hangend. Dit net ter inleiding. Die appellant in hierdie aangeleentheid was Vi lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en werksaam by die sogenaamde vingerafdrukeenheid te Bellville. Daar was vasgestel deur die provinsiale eenheid van die polisie dat daar na bewering onreelmatighede plaasgevind het by die vingerafdrukseksie van die Suid-Afrikaanse Polisie, by verskeie kantore in die provinsie. Daar is Yi
ondersoek geloods waarop vergelykings gedoen was en alle leers, blyk dit, waar persone positief geidentifiseer was, oor 'n tydperk is getrek. Verskeie sake was verdag en daardie beamptes was geskors en verdere ondersoeke is gedoen. Die appellant was een van hulle, en in sy geval was daar ten minste ses leers uitgelig wat die onderwerp van hierdie aanklagte teen horn was. Daar is baie gewag gemaak in hierdie appel van of appellant Vi motief sou he. Na my mening word die motief gevind in die getuienis van sy eie seniors en veral die getuienis van Dreyer wat dit duidelik aan die hof gestel het dat daar doelwitte aan die lede gestel was en dat die positiewe identifisering van sake Vi rol sou speel by hulle bevordering. Dit, na my mening, as h doelwit, is Vi baie gevaarlike doetwit om te stel vir wetstoepassers en aanvullende dienste daartoe. Dit is die teelaarde van moontlike korrupsie en bedrog. Om terug te keer na die feite in hierdie saak. In elk van die gevalle was die aanvanklike lig van vingerafdrukke en die plasing in die gepaste leers die onderwerp wat hanteer was deur die appellant. Die staat het verskeie getuies geroep wat die moontlikheid van die vervalsing uitsluit om ten minste tot so Vi mate beperk wanneer dit buite die hande van die appellant sou kom. Dit was gegooi oor die boeg van die 24 uur inspeksie periode. Feitlik geen van hierdie getuienis is aangeval nie,
behalwe dat die appellant aangevoer het dat een van sy kollegas wat ook die onderwerp was van 'n ondersoek en aangekla is en klaarblyklik skuldig bevind is (daar is 'n appel hangend deur die staat teen sy vonnis) dat hy 'n onderonste met die appellant gehad het drie jaar voor dit en die appellant dit aan die groot klok gehang het. Mnr Turner, appellant se kollega, is volgens horn Yi bedrteer en daarom het mnr Turner ook valstik op sy leers vir horn probeer impliseer. Die appellant het self getuig, hy het getuies geroep. Die landdros het in detail elke aspek van sy getuienis evalueer en deurgegaan in haar uitspraak en tot die gevolgtrekking gekom dat sy dit verwerp. Ek stem daarmee saam. Nie net as gevolg van die regsbeginsets wat ek moet toepas om nie maklik in te meng met Vi geloofwaardigheidsbevinding van Vi verhoorhof nie, maar omdat ek self die rekord gelees het. Om die minste daarvan te se, dit het my herinner aan hierdie Amerikaanse boksers wat hy uitkom vol bravade, maar net in die lug slaan en wanneer sy opponent doelgerig, soos die aanklaer in hierdie geval, op horn af kom, dan sien jy dat dit was maar net vermaak. Die appellant, na my mening, was Vi swak getuie en die landdros was korrek om die getuienis te verwerp. En dan gaan kyk ons na of die landdros die korrekte bevinding gemaak het, of dit die enigste redelike afleiding onder die omstandighede is dat
die appellant die vervalser was. Dit is, soos reeds aangetoon, gemene saak wat die proses was en daar was nie ander moontlikhede nie. Dit laat net een afleiding, dat die landdros korrek was om te bevind dat appellant aandadig was aan die vervalsings in al ses die gevalle. Om daardie rede sal ek die skuldigbevinding bekragtig. Om te keer na die vonnis. Appellant is 'n vonnis opgelS waar die aanklagte saamgeneem is en ingevolge die bepalings van artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet gevonnis. In effek sou hy ses maande gevangenisstraf uitdien. Ek verstout my om te se die vonnis grens aan onvanpas aan die ligte kant. Daar was oorweging daaraan geskenk om die appellant te versoek om redes aan te voer hoekom die vonnis nie verhoog moet word nie. In die lig van die feit dat appellant reeds Vi geruime tyd terug gevonnis is, te wete amper ses jaar, in September 2004, en al hierdie tyd verloop het, was ek in my gemoed oortuig dat dit nie die korrekte besluit sou wees om te vra om die vonnis te verhoog nie. Sou die appel vroeSr aangehoor word, sou ek inderdaad so 'n versoek aan die appellant gerig het oor hoekom die vonnis nie verhoog moet word nie.
UITSPRAAK
N C ERASMUS, R:
Ek gaan die uitspraak in Afrikaans gee omdat die verrigtinge in Afrikaans was en die appellant klaarblyklik Afrikaanssprekend is. Die feite in hierdie appel is van so 'n aard dat dit my, as regsprekende beampte, wat soms strafsake verhoor en in appelle sit waar vingerafdrukgetuienis aangebied is, tot diep kommer strek. Dit blyk uit hierdie feite dat dit nie net die appellant wat beskuldig was daarvan dat hy getuienis gefabriseer het wat die moontlikheid gehad het om onskuldige persone tot so 'n mate in kriminele oortredings te impliseer dat dit feitlik onafwendbaar was dat hulle sou skuldig bevind word in V> hof nie.
Die gevolge van sulke optrede laat my hare rys. Dit is ook deur die Staatsadvokaat aan ons nou meegedeel dat daar verskeie polisiebeamptes van die vingerafdrukeenheid, om die leke-beskrywing daarvan te gebruik, uitgelig was as potensiele bedrieers in hierdie verband en steeds voor die howe verskyn en in sommige gevalle is appelle hangend. Dit net ter inleiding.
Die appellant in hierdie aangeleentheid was Vi lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en werksaam by die sogenaamde vingerafdrukeenheid te Bellville. Daar was vasgestel deur die provinsiale eenheid van die polisie dat daar na bewering onreelmatighede plaasgevind het by die vingerafdrukseksie van die Suid-Afrikaanse Polisie, by verskeie kantore in die provinsie. Daar is Yi ondersoek geloods waarop vergelykings gedoen was en alle leers, blyk dit, waar persone positief geidentifiseer was, oor 'n tydperk is getrek. Verskeie sake was verdag en daardie beamptes was geskors en verdere ondersoeke is gedoen. Die appellant was een van hulle, en in sy geval was daar ten minste ses leers uitgelig wat die onderwerp van hierdie aanklagte teen horn was.
Daar is baie gewag gemaak in hierdie appel van of appellant Vi motief sou he. Na my mening word die motief gevind in die getuienis van sy eie seniors en veral die getuienis van Dreyer wat dit duidelik aan die hof gestel het dat daar doelwitte aan die lede gestel was en dat die positiewe identifisering van sake Vi rol sou speel by hulle bevordering. Dit, na my mening, as h doelwit, is Vi baie gevaarlike doetwit om te stel vir wetstoepassers en aanvullende dienste daartoe. Dit is die teelaarde van moontlike korrupsie en bedrog.
Om terug te keer na die feite in hierdie saak. In elk van die gevalle was die aanvanklike lig van vingerafdrukke en die plasing in die gepaste leers die onderwerp wat hanteer was deur die appellant. Die staat het verskeie getuies geroep wat die moontlikheid van die vervalsing uitsluit om ten minste tot so Vi mate beperk wanneer dit buite die hande van die appellant sou kom. Dit was gegooi oor die boeg van die 24 uur inspeksie periode. Feitlik geen van hierdie getuienis is aangeval nie, behalwe dat die appellant aangevoer het dat een van sy kollegas wat ook die onderwerp was van 'n ondersoek en aangekla is en klaarblyklik skuldig bevind is (daar is 'n appel hangend deur die staat teen sy vonnis) dat hy 'n onderonste met die appellant gehad het drie jaar voor dit en die appellant dit aan die groot klok gehang het. Mnr Turner, appellant se kollega, is volgens horn Yi bedrteer en daarom het mnr Turner ook valstik op sy leers vir horn probeer impliseer.
Die appellant het self getuig, hy het getuies geroep. Die landdros het in detail elke aspek van sy getuienis evalueer en deurgegaan in haar uitspraak en tot die gevolgtrekking gekom dat sy dit verwerp. Ek stem daarmee saam. Nie net as gevolg van die regsbeginsets wat ek moet toepas om nie maklik in te meng met Vi geloofwaardigheidsbevinding van Vi verhoorhof nie, maar omdat ek self die rekord gelees het. Om die minste daarvan te se, dit het my herinner aan hierdie Amerikaanse boksers wat hy uitkom vol bravade, maar net in die lug slaan en wanneer sy opponent doelgerig, soos die aanklaer in hierdie geval, op horn af kom, dan sien jy dat dit was maar net vermaak. Die appellant, na my mening, was Vi swak getuie en die landdros was korrek om die getuienis te verwerp.
En dan gaan kyk ons na of die landdros die korrekte bevinding gemaak het, of dit die enigste redelike afleiding onder die omstandighede is dat die appellant die vervalser was. Dit is, soos reeds aangetoon, gemene saak wat die proses was en daar was nie ander moontlikhede nie. Dit laat net een afleiding, dat die landdros korrek was om te bevind dat appellant aandadig was aan die vervalsings in al ses die gevalle. Om daardie rede sal ek die skuldigbevinding bekragtig.
Om te keer na die vonnis. Appellant is 'n vonnis opgelS waar die aanklagte saamgeneem is en ingevolge die bepalings van artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet gevonnis. In effek sou hy ses maande gevangenisstraf uitdien. Ek verstout my om te se die vonnis grens aan onvanpas aan die ligte kant. Daar was oorweging daaraan geskenk om die appellant te versoek om redes aan te voer hoekom die vonnis nie verhoog moet word nie. In die lig van die feit dat appellant reeds Vi geruime tyd terug gevonnis is, te wete amper ses jaar, in September 2004, en al hierdie tyd verloop het, was ek in my gemoed oortuig dat dit nie die korrekte besluit sou wees om te vra om die vonnis te verhoog nie. Sou die appel vroeSr aangehoor word, sou ek inderdaad so 'n versoek aan die appellant gerig het oor hoekom die vonnis nie verhoog moet word nie.
Dit gese, is dit baie duidelik dat, na my mening, daar geen ruimte bestaan om in te meng met die opgelegde vonnis nie. DAAROM SAL EK DIE APPEL VAN DIE HAND WYS, DIE SKULDIGBEVINDING EN DIE VONNIS BEKRAGTIG. SAMELA, WnR: Ek stem saam. SAMELA, WnR ERASMUS. R: Dit word so gelas, die appel word van die hand gewys en skuldigbevinding en vonnis word bekragtig. N C ERASMUS, R
Dit gese, is dit baie duidelik dat, na my mening, daar geen ruimte bestaan om in te meng met die opgelegde vonnis nie. DAAROM SAL EK DIE APPEL VAN DIE HAND WYS, DIE SKULDIGBEVINDING EN DIE VONNIS BEKRAGTIG.
SAMELA, WnR: Ek stem saam.
SAMELA, WnR
ERASMUS. R: Dit word so gelas, die appel word van die hand gewys en skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.
N C ERASMUS, R
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.