Claasen v Bester in re: Bester v Claasen and Another [2010] ZAFSHC 143 (15 November 2010)
- Citation
- [2010] ZAFSHC 143
- Status
- Ruling
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C. Van Zyl, R
- Case number
- 6686/2007
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C. Van Zyl, R
- Case number
- 6686/2007
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
After considering the arguments and the judgment, the court found that although the original decision addressed all relevant aspects thoroughly, there remains a reasonable possibility that another court may reach a different conclusion regarding both the legal principles and factual findings, particularly on whether the nullity or voidability of the contract is a 'fact' for prescription purposes and whether the respondent/plaintiff had the requisite knowledge. Given the importance and potential impact of the legal question on prescription in contractual claims, leave to appeal should be granted to the Supreme Court of Appeal for clarity and final determination.
Court disposition
Leave to appeal granted to the Supreme Court of Appeal against the whole judgment and order delivered on 23 June 2010 under case number 6686/2007.
Orders
- Leave is granted to the applicant/first defendant to appeal to the Supreme Court of Appeal against the whole judgment and order delivered on 23 June 2010 under case number 6686/2007.
- The costs of the application for leave to appeal are costs in the appeal.
02
Material facts
Parties
Evert Bakkes Claasen
Applicant Counsel: Adv. J.S. SanerMichiel Daniël Bester
Respondent Counsel: Adv. J.P. Daffue SCEvert Bakkes Claasen
Defendant Counsel: Adv. J.S. SanerRegistrateur van Aktes, Bloemfontein
DefendantMichiel Daniël Bester
Plaintiff Counsel: Adv. J.P. Daffue SC03
Procedural history
Posture
Leave to Appeal / Application for Leave to Appeal Against Judgment and Order on Special Plea of Prescription
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the nullity or voidability of the sale contract constitutes a 'fact' for purposes of section 12(3) of the Prescription Act, 68 of 1969.
- 02
Whether the plaintiff/respondent had knowledge of the facts giving rise to the invalidity of the contract more than three years before service of summons, or could reasonably have acquired such knowledge.
Party arguments
- Applicant
- The applicant contended that the nullity or voidability of the contract is a fact for the purposes of section 12(3) of the Prescription Act, relying on previous case law and legal commentary. He argued that the respondent/plaintiff had knowledge of the facts leading to the invalidity of the contract more than three years prior to the summons, or should be deemed to have had such knowledge through reasonable diligence. The applicant submitted that there is a reasonable possibility another court may reach a different conclusion on both the legal and factual findings.
- Respondent
- The respondent argued that the judgment was well-reasoned and correctly distinguished the facts from previous authorities. He maintained that the findings were based on probabilities and correctly made, and that there is no reasonable possibility another court would reach a different conclusion on the legal or factual issues. The respondent submitted that leave to appeal should be refused.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Prescription Act 68 of 1969; VAN DER WALT N.O. v ZWEEL 2008 JDR 1032 (T)
The determination of whether the nullity or voidability of a contract is a 'fact' for purposes of section 12(3) of the Prescription Act is a legal question, informed by previous reported and unreported decisions.
- 02
TRUTER v DEYSEL 2006 (4) SA 168 (SCA)
The principles in TRUTER v DEYSEL regarding prescription in delictual claims may, mutatis mutandis, apply to contractual claims.
- 03
DITEDU v TAYOB 2006 (2) SA 1876 (W)
Distinction between fact and legal opinion for prescription purposes must be made based on the nature of the issue and relevant case law.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
After considering the arguments and the judgment, the court found that although the original decision addressed all relevant aspects thoroughly, there remains a reasonable possibility that another court may reach a different conclusion regarding both the legal principles and factual findings, particularly on whether the nullity or voidability of the contract is a 'fact' for prescription purposes and whether the respondent/plaintiff had the requisite knowledge. Given the importance and potential impact of the legal question on prescription in contractual claims, leave to appeal should be granted to the Supreme Court of Appeal for clarity and final determination.
Obiter and limits
- The matter raises significant questions regarding the application of prescription to contractual claims, which have not yet been decided by the Supreme Court of Appeal.
- It is desirable for the Supreme Court of Appeal to provide clarity on these issues, not only for the parties but for the broader administration of justice.
Court disposition
Leave to appeal granted to the Supreme Court of Appeal against the whole judgment and order delivered on 23 June 2010 under case number 6686/2007.
- Leave is granted to the applicant/first defendant to appeal to the Supreme Court of Appeal against the whole judgment and order delivered on 23 June 2010 under case number 6686/2007.
- The costs of the application for leave to appeal are costs in the appeal.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Ruling
VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer : 6686/2007
In die saak tussen:-
EVERT BAKKES
CLAASEN ....................................................Applikant
en
MICHIEL DANIËL
BESTER ..................................................Respondent
In Re:
MICHIEL DANIËL
BESTER .............................................................Eiser
EVERT BAKKES CLAASEN .....................................Eerste Verweerder
REGISTRATEUR VAN AKTES,
BLOEMFONTEIN .....................................................Tweede Verweerder
_____________
UITSPRAAK DEUR: VAN ZYL, R
AANGEHOOR OP: 5 NOVEMBER 2010
GELEWER OP: 15 NOVEMBER 2010
Hierdie is ʼn aansoek van applikant/eerste verweerder om verlof om te appelleer na die Volbank van hierdie afdeling; alternatiewelik na die Hoogste Hof van Appèl, teen die geheel van die uitspraak en bevel deur myself verleen onder bogemelde saaknommer op 23 Junie 2010, in terme waarvan ek die volgende bevele gemaak het:
1. Eerste verweerder se spesiale pleit van verjaring word van die hand gewys, met koste.
2. Mnr. M.D. Bester, mev. L. Bester en mev. L. Muller word as noodsaaklike getuies verklaar.
Soos blyk uit my uitspraak, het respondent/eiser (en sy eggenote) en applikant/eerste verweerder op of omtrent 26 September 2001 ʼn skriftelike koopkontrak te Frankfort gesluit in terme waarvan applikant/eerste verweerder sekere onroerende eiendom geleë in die distrik van Heilbron vanaf respondent/eiser (en sy eggenote) aangekoop het. Die regshulp wat deur respondent/eiser gevorder word, is onder andere ʼn verklarende bevel dat die koopkontrak nietig is, alternatiewelik ʼn verklarende bevel dat die koopkontrak vernietigbaar is en aldus nietig verklaar word, tesame met ʼn bevel dat applikant/eerste verweerder gelas word om die tersaaklike onroerende eiendom terug te transporteer aan respondent/eiser teen gelyktydige terugbetaling van die koopprys wat applikant/eerste verweerder aan respondent/eiser betaal het. Respondent/ eerste verweerder het ʼn spesiale pleit van verjaring in sy verweerskrif geopper en is daar by die aanvang van die verhoor by ooreenkoms tussen die partye versoek dat ek ooreenkomstig die bepalings van Reël 33(4) gelas dat die spesiale pleit ten opsigte van verjaring eerste en afsonderlik bereg
word, wat ek aldus gedoen het. Die uitspraak en bevel waarteen applikant/eerste verweerder nou wens te appelleer, het dus die
beregting van die spesiale pleit behels.
Die gronde waarop verlof om teen die tersaaklike regsbeslissings en/of feitebevindings te appelleer versoek word, is volledig in die kennisgewing van aansoek om verlof om te appelleer uiteengesit en is ek nie voornemens om dit in detail hierin te herhaal nie. Hierdie aspekte is ten tyde van die aanhoor van mondelinge betoë met betrekking tot die aansoek om verlof om te appelleer volledig deur mnr. Saner, bygestaan deur mnr. Louw, aangespreek, ook met verwysing na die tersaaklike gesag waarna ek in my uitspraak verwys het, sowel as met verwysing na enkele addisionele uitsprake.
Dit het egter wel ten tyde van die mondelinge betoog geblyk dat daar twee aspekte is wat in wese die kruks van die aansoek om verlof om te appelleer omsluit, synde:
4.1 of, soos ek in paragraaf 25 van my uitspraak bevind het, die nietigheid, alternatiewelik vernietigbaarheid van die koopkontrak ʼn “feit” is vir doeleindes van Artikel 12(3) van die Verjaringswet, Wet 68 van 1969; en
4.2 of, in die feite van die onderhawige geval, die eiser/ respondent meer as drie jaar voor die betekening van die dagvaarding kennis gedra het van die feite waaruit die skuld ontstaan het of geag moet word sodanige kennis te gedra deurdat hy deurdat dit deur die uitoefening van redelike sorg kon bekom het.
Wat die voormelde eerste aspek betref, is dit uit en uit ʼn regsvraag wat ek beslis het aan die hand van my interpretasie van algemene riglyne in die verband soos in voorheen gerapporteerde hofbeslissings uiteengesit en addisioneel daartoe het ek my beslissing ook baseer op die ongerapporteerde Volbank uitspraak van VAN DER WALT N.O. vs ZWEEL 2008 JDR 1032 (T), wat `n beslissing op die presiese punt is. Soos in paragraaf 24 van my uitspraak uitgewys, is daar in Prescription in South African Law, John Saner, losblad diensuitgawe 15, gedateer Augustus 2009, ook op laasgenoemde beslissing gesteun vir `n soortgelyke gevolgtrekking as waartoe ek in my uitspraak gekom het.
Mnr. Saner het egter ten tyde van sy betoog daarop gewys dat in die meer onlangse opgedateerde weergawe van Prescription in South African Law, losblad diensuitgawe 16, gedateer September 2010, op p. 3-63, saamgelees met voetnotas 325 tot 330, die gevolgtrekking waartoe in VAN DER WALT N.O. vs ZWEEL gekom is en waartoe ek ook in my uitspraak gekom het, bevraagteken word met verwysing na die uitspraak in TRUTER vs DEYSEL 2006(4) SA 168 (SCA).
Mnr. Saner het dus in sy betoog onder andere ook sterk gesteun op laasgenoemde uitspraak in TRUTER vs DEYSEL en aan die hand gedoen dat hoewel daardie uitspraak handel met ʼn deliktuele vordering, die beginsels daarin neergelê mutatis mutandis van toepassing is in die geval van `n kontraktuele vordering soos die onderhawige.
[7] Wat my ondersteuning op die uitspraak in DITEDU vs TAYOB 2006(2) SA 1876 (W) betref, het mnr. Saner betoog dat dit onderskeibaar is van die feite in die onderhawige geval deurdat dit, aldus sy betoog, in daardie geval gehandel het met `n feite-opinie en nie `n regsopinie soos in die onderhawige geval nie. Mnr. Saner het egter ook in ieder geval (met respek) betoog dat laasgenoemde uitspraak foutief beslis is.
Mnr. Saner het verdermeer volledige betoë aan my voorgehou met betrekking tot die feitelike getuienis, op grond waarvan hy aan die hand gedoen het dat indien die nietigheid van die kontrak nie `n “feit” is vir doeleindes van artikel 12(3) van die Verjaringswet nie, die respondent/eiser kennis gedra het van die feite wat aanleiding gegee het tot die ongeldigheid van die kontrak meer as drie jaar voor die datum van die betekening van die dagvaarding; alternatiewelik moet hy geag word sodanige kennis te gedra het deurdat hy dit deur die uitoefening van redelike sorg kon bekom het.
Mnr. Saner het gevolglik aan die hand gedoen dat daar ʼn redelike moontlikheid bestaan dat ʼn ander hof tot ʼn ander gevolgtrekking kan kom wat beide die regsbeslissings en/of die feite bevindings deur my gemaak, betref.
Mnr. Daffue, namens respondent/eiser, het daarenteen op soortgelyke volledige wyse betoog en aan die hand gedoen dat wat elk van voormelde aspekte betref, my uitspraak ʼn weldeurdagte uitspraak is wat duidelik uiteensit hoekom die feite in die onderhawige geval in sekere opsigte onderskeibaar is van uitspraak in VAN STADEN vs FOURIE 1989(3) SA 200 (A) en verdermeer ook duidelik uiteensit waarom daar tereg op die ongerapporteerde beslissings waarna in paragraaf 24 van die uitspraak verwys is, in die onderhawige geval gesteun kan word.
Wat betref die feitelike bevindings deur my gemaak, het hy insgelyks betoog dat hierdie bevindings op waarskynlikhede gebaseer is en korrek aldus gemaak is.
Mnr. Daffue het gevolglik betoog dat die aansoek om verlof om te appelleer van die hand gewys behoort te word deurdat daar nie ʼn redelike moontlikheid bestaan dat ʼn ander hof tot ʼn ander gevolgtrekking sal kom wat die tersaaklike regsbeslissings en/of feitebevindings betref nie.
Na behoorlike oorweging van die onderskeie argumente aan my voorgehou, saamgelees met my uitspraak, is ek oortuig dat hoewel ek na my mening met iedere en elke relevante aspek op deeglike wyse in my uitspraak gehandel het, ek nie tot die gevolgtrekking kan kom dat daar nie ʼn redelike moontlikheid bestaan dat ʼn ander hof tot ʼn ander gevolgtrekking kan kom wat die tersaaklike regsbeginsels en/of feitebeslissings betref nie. Ek ag my gevolglik genoodsaak om wel verlof tot appèl te verleen.
Verdermeer is ek van mening dat in die feite en omstandighede van die onderhawige geval dit nodig en doelmatig is om sodanige verlof te verleen teen die geheel van die uitspraak en die bevel.
Wat betref die Hof waarheen sodanige verlof verleen behoort te word, was beide mnr. Saner en mnr. Daffue dit eens dat indien ek wel aldus verlof verleen, die aangeleentheid deur die Hoogste Hof van Appèl bereg behoort te word gegewe dat die regsvraagstuk hierin ter sprake, nog nie deur die Hoogste Hof van Appèl bereg is nie en die potensiaal het om ʼn wesenlike effek te hê op die verjaringsreg wat betref kontraktuele vorderings. Ek is dit met hulle eens dat hierdie ʼn gepaste geval is waar dit wenslik is dat die Hoogste Hof van Appèl duidelikheid en uitsluitsel gee wat betref die wesenlike geskille in hierdie aangeleentheid, nie net in belang van reg en geregtigheid tussen die partye nie, maar ook in belang van regspleging in die breë.
Met betrekking tot die koste van die aansoek om verlof om te appelleer, was beide advokate dit eens dat sodanige koste, koste in die voorgenome appèl moet wees.
Gevolglik word die volgende bevele gemaak:
Verlof word aan die applikant/eerste verweerder verleen om na die Hoogste Hof van Appèl te appelleer ten die geheel van die uitspraak en bevel gelewer op 23 Junie 2010 onder saaknommer 6686/2007.
Die koste van die aansoek om verlof om te appelleer, is koste in die appèl.
_____
C. VAN ZYL, R
Namens die applikant/
eerste verweerder: Adv. J.S. Saner
Bygestaan deur Adv. N.J. Louw
In opdrag van:
Schoeman Maree Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent/eiser: Adv. J.P. Daffue SC
Symington & De Kok
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.