Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Du Toit v Du Plessis en Ander (364/2012) [2013] ZANCHC 10 (3 May 2013)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the respondents, having brought forward the hearing date and failed to provide the requested documents in terms of Rule 35(12) and 35(14), acted unreasonably by refusing the applicant's reasonable request for postponement. The urgency of the matter had diminished, and the respondents' conduct resulted in the matter not being ripe for hearing on 23 March 2012. The applicant was not at fault for the postponement, as he acted promptly in requesting discovery and seeking postponement. The respondents must bear the wasted costs of the day.

Court disposition

The respondents are ordered to pay the wasted costs of 23 March 2012.

Orders

  • The respondents are ordered to pay the wasted costs of 23 March 2012.

02

Material facts

Parties

Jacob Casper Kruger Du Toit

Applicant Counsel: Haarhoffs Inc

Deon Du Plessis

Respondent Counsel: Duncan & Rothman

Middelerf Plaas (Edms) Bpk

Respondent Counsel: Duncan & Rothman

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Costs Determination After Postponement

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant argued that the respondents failed to provide the requested documents in terms of Rule 35(12) and 35(14), which prevented the applicant from filing a final replying affidavit. The applicant requested a postponement and proposed that the costs of 23 March 2012 be costs in the application. The applicant contended that the request for postponement was reasonable given the circumstances and the respondents' delay in providing documents.
Respondent
The respondents argued that the applicant had chosen to approach the court on an urgent ex parte basis without giving notice. They asserted that their notice of bringing forward the hearing date was given with more than the required 24 hours' notice. The respondents claimed that the documents requested were not essential for the applicant's reply and offered to reconsider postponement only if the applicant agreed to vacate the premises immediately. Otherwise, they insisted the matter proceed on 23 March 2012.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Rule 35(12) and 35(14) Uniform Rules of Court

    A party who causes wasted costs by failing to comply with discovery obligations and insisting on proceeding with a hearing that is not ripe may be ordered to pay such costs.

  2. 02

    General principles of costs in South African civil procedure

    The court has discretion to award costs against a party who acts unreasonably in the conduct of litigation, including in relation to postponements.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the respondents, having brought forward the hearing date and failed to provide the requested documents in terms of Rule 35(12) and 35(14), acted unreasonably by refusing the applicant's reasonable request for postponement. The urgency of the matter had diminished, and the respondents' conduct resulted in the matter not being ripe for hearing on 23 March 2012. The applicant was not at fault for the postponement, as he acted promptly in requesting discovery and seeking postponement. The respondents must bear the wasted costs of the day.

Obiter and limits

  • The court noted that in urgent applications, parties must act reasonably and ensure that all necessary documents are provided to facilitate a fair hearing.
  • The respondents' insistence on proceeding without full discovery was not justified, especially given the reduced urgency and their own delays.

Court disposition

The respondents are ordered to pay the wasted costs of 23 March 2012.

  • The respondents are ordered to pay the wasted costs of 23 March 2012.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2013] ZANCHC 10

VERSLAGWAARDIG JA/NEE

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE

SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.: 364/2012

DATUM:03-05-2013

In die saak tussen:

JACOB CASPER

KRUGER DU TOIT ......................................................APPLIKANT

teen

DEON DU PLESSIS ............................................EERSTE

RESPONDENT

MIDDELERF PLAAS (EDMS) BPK ....................TWEEDE

RESPONDENT

(Registrasie Nr: 2001/009523/07)

CORAM: C.C WILLIAMS R:

U I T S P R A A K

WILLIAMS R:

1. Uitspraak in hierdie aansoek is reeds gelewer op 29 Junie 2012. Dit het egter later aan die lig gekom dat die regsverteenwoordigers nagelaat het om my toe te spreek ten opsigte van die koste van die verrigtinge van 23 Maart 2012 wat oorgestaan het vir latere beregting. Hierdie laasgenoemde verrigtinge het gedien voor die Regter President, en aangesien ek nie persoonlik kennis dra van die verloop van sake daardie dag nie, het die regsverteenwoordigers besluit om ‘n gesamentlike voorlegging in verband met die verrigtinge van 23 Maart 2012 in te dien wat opgevolg is met hoofde van betoog sodat hierdie uitstaande dispuut bereg kan word.

2. Die tersaaklike feite kan as volg opgesom word:

2.1. Die applikant het op 27 Februarie 2012 op ‘n dringende en ex parte basis die aansoek gebring waarin ‘n bevel nisi verleen is met keerdatum 20 April 2012.

2.2. Op 14 Maart 2012 het die respondente hulle opponerende eedsverklaring geliasseer.

2.3. Die volgende dag, 15 Maaart 2012, het die respondente, in terme van Reël 6(8) kennis gegee van die vervroeging van die keerdatum na 23 Maart 2012.

2.4. Op 16 Maart 2012 het die applikant ‘n kennisgewing in terme van Reëls 35(12) en 35(14) geliasseer waarin hy sekere dokumentasie na verwys in die opponerende eedsverklaring aanvra vir voorbereiding van die repliserende eedsverklaring.

2.5. Op 20 Maart 2012 is die dokumente versoek, soos hierbo na verwys, nog nie deur die respondente voorsien nie en het die applikant se prokureurs in die lig van onder andere die beperkte tyd oorgelaat (met inagneming daarvan dat 21 Maart 2012 ‘n openbare vakansiedag was), ‘n skrywe gerig aan die respondente se prokureurs met die volgende voorstelle:

“(a) Dat die aansoek Vrydag uitgestel word tot die eerste beskikbare datum wat die Hof en die partye pas.

(b) Dat u kliënt met in agneming van die hofdatum ons tydiglik van die Reël 35 dokumentasie voorsien.

(c ) Dat ons kliënt genoegsame tyd het om sy Repliek te liasseer.

(d) Dat die koste van Vrydag koste in die aansoek is.

2.6. Op bogenoemde skrywe is daar dieselfde dag as volg geantwoord deur die respondente se prokureurs:

1. Ons kliënte neem kennis van die inhoud van u telefaks. U kliënt het verkies om die Hof ex parte op ‘n dringende basis te nader sonder om enige kennis hoegenaamd aan ons kliënte te gee

2. Ons kliënte se kennisgewing van vervroeging in terme van Reël 6(8) is met baie meer as die vereiste 24 uur kennisgewing aan u gegee.

3. Die dokumente soos deur u versoek in terme van Reël 35(12) en (14) is nie onontbeerlik vir die opstel van u kliënt se Repliek hierin nie.

4. Indien u kliënt sou toestem tot die opheffing van die bevele nisi soos toegestaan op 27 Februarie 2012 met onmiddellike werking en die perseel bekend as Central Garage, Upington onverwyld ontruim en verlaat, sal u versoek om uitstel van die aansoek op 23 Maart 2012 heroorweeg word.

5. Indien paragraaf 4 hierbo nie vir u kliënt aanvaarbaar is nie, sal die aansoek soos geplaas vir aanhoring op 23 Maart 2012 voortgaan,”

2.7. Op 23 Maart 2012 het die applikant, in die afwesigheid van die dokumentasie aangevra in die Reël 35(12) en 35(14) Kennisgewing, ‘n voorlopinge repliserinde eedsverklaring gelewer.

2.8. Die Regter President was egter nie bereid om die aansoek aan te hoor nie en is die saak uitgestel na die oorspronklike keerdatum van 20 April 2012 met die koste van 23 Maart 2012 oor te staan vir latere beregting.

3. Daar is aan my geen redes verskaf waarom die Regter President nie bereid was om die aansoek aan te hoor nie. In die applikant se betoogshoofde word dit gemeld dat die Regter

President nie redes gegee het nie en dat daar ook nie redes aangevra is deur enige van die partye nie.

4. Ek meen egter ek kan aanvaar, na aanleiding van die feite voorgelê, dat die Reger President van oordeel was dat die aansoek nie ryp was vir verhoor nie. Daar was nog geen antwoord op die applikant se Reël 35(12) en 35(14) versoek nie, met die gevolg dat die applikant nog nie finaal gerepliseer het nie.

5. Ek meen nie die skuld vir hierdie stand van sake kan voor die applikant se deur gelê word nie. Binne twee dae na ontvangs van die opponerende eedsverklaring is die Reël 35(12) en 35(14) kennisgewing geliasseer, terwyl die respondente ‘n week daarna op 23 Maart nog nie daarop geantwoord het nie.

6. Die respondente het natuurlik die reg gehad om die keerdatum te vervroeg, maar in ‘n geval soos die huidige waar die dringendheid toe al afgewater is soos blyk selfs uit die respondente se houding (dit het hulle twee weke geneem om die opponerende eedsverklaring te liaseer waarna daar nog ‘n week verloop het voor die vervroegde keerdatum) kan die responente nie bloot aanvaar dat die hof die aangeleentheid sal aanhoor sonder volledige stukke nie.

7. Die respondente het die keerdatum vervroeg, hulle het versuim om die aangevraagde dokumentasie te verskaf voor die vervroegde keerdatum, hulle het geweier om gehoor te gee aan die uitstelvoorstelle van die applikant, wat in die omstandighede nie onredelik was nie, en met die risiko dat die saak nie aangehoor sou word nie, die applikant op 23 Maart 2012 hof toe gebring. Na my mening is dit net reg dat die respondente verantwoordelik gehou word vir die verspilde koste van die dag.

Die volgende bevel word gemaak.

Die respondente word gelas om die verspilde koste van 23 Maart 2012 te betaal.

_______

C.C WILLIAMS

REGTER

Nms. Applikant: Haarhoffs Ing

Nms. Respondent: Duncan & Rothman

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Rule 35(12) Uniform Rules of Court

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Rule 35(14) Uniform Rules of Court

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Rule 6(8) Uniform Rules of Court

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.