Esterhuysen v JE Enviro Services CC Abattoir (A275/2010) [2011] ZAFSHC 54 (10 March 2011)
- Citation
- [2011] ZAFSHC 54
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Hancke, R, Fischer, WND R
- Case number
- A275/2010
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Hancke, R, Fischer, WND R
- Case number
- A275/2010
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the respondent failed to discharge the burden of proof regarding the existence of a contract with the appellant in his personal capacity. The evidence showed that the appellant acted on behalf of Basic Meats BK and that the respondent's employee, Elaine, was aware of the corporate status. There was no misrepresentation or basis for estoppel, and section 63(a) of the Close Corporations Act was not applicable. The respondent's failure to call Elaine as a witness was fatal to its case. Consequently, the appeal succeeded, and the Magistrate's Court's judgment was set aside and replaced with an order dismissing the respondent's claim with costs.
Court disposition
Appeal upheld; respondent's claim dismissed with costs.
Orders
- The appeal succeeds with costs.
- The Magistrate's Court judgment is set aside and replaced with an order dismissing the respondent's claim with costs.
02
Material facts
Parties
Albie Esterhuysen
Appellant Counsel: Adv. J.Y. Claasen SCJE Enviro Services CC Abattoir
Respondent Counsel: Adv. S. GroblerAmounts and remedies
- Claim Amount Abandoned to Fit Jurisdiction: ZAR 6,087.15
- Original Claim Amount: ZAR 106,087.15
- Claim Amount Sued for: ZAR 100,000
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Magistrate's Court
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant contracted in his personal capacity or as a representative of Basic Meats BK.
- 02
Whether the respondent proved the existence of a contract with the appellant personally.
- 03
Whether estoppel applies to prevent the appellant from denying personal liability.
- 04
Whether the respondent discharged the burden of proof regarding the contracting party.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that he never contracted in his personal capacity and that all transactions were conducted on behalf of Basic Meats BK, a separate legal entity. He maintained that the respondent's employee, Elaine, was fully aware of the corporate status and that all necessary documentation had been provided to her. The appellant denied any misrepresentation and asserted that there was no basis for personal liability.
- Respondent
- The respondent contended that it was never made aware that the appellant was acting on behalf of a close corporation and believed it was contracting with the appellant personally. The respondent relied on section 63(a) of the Close Corporations Act and estoppel, arguing that the appellant created the impression of acting in his personal capacity and should be prevented from denying liability. The respondent abandoned part of its claim to bring the matter within the jurisdiction of the Magistrate's Court.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
KRIEGLER v MINITZER AND ANOTHER 1949 (4) SA 821 (A)
In actions based on contract, the plaintiff bears the burden of proving the existence of the contract, performance of conditions precedent, breach, and damages.
- 02
STOCKS & STOCKS (PTY) LTD v T J DALY & SONS (PTY) LTD 1979 (3) SA 754 (A)
A plaintiff who sues on a contract must prove the contract and with whom it was concluded.
- 03
TOPAZ KITCHENS (PTY) LTD v NABOOM SPA (EDMS) BPK 1976 (3) SA 470 (A)
The burden of proof includes establishing the identity of the contracting party.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the respondent failed to discharge the burden of proof regarding the existence of a contract with the appellant in his personal capacity. The evidence showed that the appellant acted on behalf of Basic Meats BK and that the respondent's employee, Elaine, was aware of the corporate status. There was no misrepresentation or basis for estoppel, and section 63(a) of the Close Corporations Act was not applicable. The respondent's failure to call Elaine as a witness was fatal to its case. Consequently, the appeal succeeded, and the Magistrate's Court's judgment was set aside and replaced with an order dismissing the respondent's claim with costs.
Obiter and limits
- It is generally advisable for a plaintiff to sue in the name reflected on invoices and documentation and to use procedural rules to identify the responsible entity.
- The respondent's decision not to call the key witness, Elaine, undermined its case and left critical factual disputes unresolved.
Court disposition
Appeal upheld; respondent's claim dismissed with costs.
- The appeal succeeds with costs.
- The Magistrate's Court judgment is set aside and replaced with an order dismissing the respondent's claim with costs.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Appèlnommer : A275/2010
In die appèl van:-
ALBIE
ESTERHUYSEN ............................................................Appellant
en
J E ENVIRO SERVICES CC - ABATTOIR ...........................Respondent
CORAM: HANCKE, R et FISCHER, WND R
AANGEHOOR OP: 7 MAART 2011
_____________
UITSPRAAK DEUR: HANCKE, R
GELEWER OP: 10 MAART 2011
[1] Die respondent (die eiser in die Hof a quo) het dagvaarding in die landdroshof te Kroonstad uitgereik teen die appellant (as verweerder) vir die betaling van R100 000.00, tesame met rente en koste. Dit is respondent se saak dat hy goedere verkoop en gelewer het aan die appellant in die bedrag van R106 087.15 en het die respondent die bedrag van R6 087.15 abandoneer ten einde die eis binne die jurisdiksie van die landdroshof te bring.
[2] Appellant in sy verweerskrif ontken dat daar ‘n koopkontrak tussen respondent en appellant tot stand gekom het; dat die goedere aan die appellant verkoop en gelewer is en dat hy bewus was dat goedere waarna verwys word in die dagvaarding, wel gelewer is aan ‘n beslote korporasie, naamlik Basic Meats BK, wat ‘n aparte entiteit is.
[3] In repliek antwoord respondent dat dit nooit tot die respondent se kennis gekom het dat die appellant, as a beslote korporasie, of ‘n ander entiteit, besigheid doen behalwe in sy persoonlike hoedanigheid nie en dat artikel 63(a) van die Wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984, van toepassing is, omdat daar nêrens op enige plek aangedui is dat appellant as ‘n beslote korporasie besigheid gedoen het nie. Dus is die appellant in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik. Verder steun die respondent in repliek op estoppel, naamlik dat appellant voorgegee het dat hy in sy persoonlike naam besigheid doen en dat as gevolg van hierdie skyn wat verwek is, hy nou estop word om daarop te steun dat die besigheid ‘n beslote korporasie is, naamlik Basic Meats BK.
[4] Mnr. Johannes Phillipus Jacob Engelbrecht getuig dat hy die bestuurder van die respondent is en verantwoordelik is vir verkope en finansies. Hy verwys na sekere dokumentasie van die respondent wat insluit ‘n faktuur en ‘n vragbrief waarop die kontraktant aangegee word as “Basic Meats”. Daar was ook ‘n betaling ten bedrae van R37 193.50 wat gemaak is deur “Basic Meats”. Die tersaaklike dokumente het slegs betrekking op dokumente van die respondent self en is daar geen dokumente wat afkomstig is van Basic Meats nie. Dit is belangrik om daarop te let dat volgens die respondent se getuienis die appellant nooit, op enige stadium, met Engelbrecht gepraat het nie. Die persoon wat namens die respondent onderhandel het, is ‘n sekere Elaine wat vanaf ‘n firma in Senekal na die respondent verskuif het as ‘n werknemer. Dit is ook Elaine wat hulle gevra het om vleis af te lewer aan Basic Meats. Dit is ook sy wat hom onder die indruk gebring het dat Albie Esterhuysen is Basic Meats.
[5] Na afhandeling van die respondent se saak het Albertus Markus Esterhuysen getuig en verklaar dat hy ‘n lid is van ‘n besigheid bekend as Basic Meats BK. Die aankope namens die BK is gedoen deur hyself, sy vrou Sarie en ‘n derde persoon. Die kontakpersoon by Senekal abattoir was ‘n dame met die naam van Elaine. Hulle het vir ongeveer twee jaar kontak met Elaine vir hulle aankope vanaf die Senekal abattoir, waarna sy hulle meegedeel het sy gaan skuif na Bothaville abattoir en is appellant in kennis gestel dat hulle in die toekoms daarvandaan vleis deur haar by die Bothaville abattoir kon aankoop. Elaine het vir ongeveer twee jaar lank met “Basic Meats” besigheid gedoen en selfs verskeie kere kom kuier en was daar verskeie korrespondensie gewees. Die fakture van Senekal abattoir was ook uitgemaak aan “Basic Meats”.
[6] Appellant getuig dat hy op geen stadium besigheid in sy persoonlike hoedanigheid gedoen het nie. Hy het ook nie handel gedryf as “Basic Meats” nie. Hy getuig dat Elaine bewus was van die feit van die bestaan van “Basic Meats BK”.
“Elaine het wel daarvan geweet want ek het vorms by Elaine ingevul wat dit vir haar gesê het dat ek ‘n BK is.”
Dit blyk uit sy getuienis dat hy die feit van die bestaan van ‘n beslote korporasie aan Elaine openbaar het, dat sy al die nodige vorms met al die inligting gehad het en dat sy geweet het met wie die respondent besigheid gedoen het en wat die beskrywing van die besigheid was. Hy het nooit op enige stadium dit probeer wegsteek nie; inteendeel sou dit nie tot sy voordeel gewees het om dit weg te steek nie. Hy het vas geglo dat hulle geweet het met wie die respondent besigheid doen. Hy ontken ook enige wanvoorstelling en is dit Elaine wat vir die respondent gewerk het wat ten volle bewus was van die korrekte beskrywing van die BK.
[7] In sy uitspraak bevind die landdros dat die bewyslas op die appellant gerus het om aan te toon dat daar ‘n BK bestaan het. Die hof aanvaar dat dit nie bewys is dat ‘n BK bestaan het nie, omdat daar geen dokumentêre bewys vir die bestaan van ‘n BK voorgelê is nie. Die landdros vra homself die vraag af as daar geen BK bestaan het nie of die appellant in sy private hoedanigheid gedagvaar kan word as “kontakpersoon”.
[8] Wat die bewyslas betref, word in KRIEGLER v MINITZER AND ANOTHER 1949 (4) SA 821 (A) die volgende op 827, met verwysing na Phipson Evidence verklaar:
“'. . . in actions of contract, proof of the contract, performance of conditions precedent, breach and damages is upon the plaintiff.'”
[9] In die kontraktereg is die ligging van die bewyslas van ‘n persoon wat op ‘n kontrak dagvaar duidelik, naamlik
“... a plaintiff who sues on a contract must prove his or her contract ...”
(STOCKS & STOCKS (PTY) LTD v T J DALY & SONS (PTY) LTD 1979 (3) SA 754 (A) te 762 G – H.) Sien ook TOPAZ KITCHENS (PTY) LTD v NABOOM SPA (EDMS) BPK 1976 (3) SA 470 (A) te 472 – 474.
Ingeslote by die bewyslas moet die respondent ook bewys met wie hy die kontrak gesluit het.
[10] Dit blyk dat respondent in die omstandighede te alle relevante tye oor ‘n firma-naam beskik het en desondanks besluit het om direk teen die appellant in persoon op te tree. Die korrekte situasie sou wees om in gewone omstandighede die betrokke firma in die firma-naam, soos dit op die fakture en dokumentasie voorgekom het, te dagvaar en van Landdroshofreël 54 gebruik te maak om dan later aansoek te doen om die persoon of persone of entiteite te openbaar wat hierdie besigheid aldus bedryf het. Dit het die respondent nie gedoen nie. In die huidige saak waar daar egter klaarblyklik sekerheid bestaan het by die respondent se werknemer, Elaine, dat respondent met Basic Meats BK gekontrakteer het, is hierdie opsie in elk geval nie regtens beskikbaar nie.
[11] Dit blyk uit die getuienis dat Elaine die enigste persoon is, namens die respondent, wat onderhandelinge gevoer het. Volgens die appellant was Elaine bewus van die korrekte status van Basic Meats BK. Daar was dus ook geen sprake van wanvoorstelling of estoppel, waar appellant getuienis aangebied het omtrent die onderhandelinge met Elaine wat nie daarop dui dat die appellant in sy persoonlike hoedanigheid besigheid gedoen het nie en wat ook nie betwis is nie. Verder was die regsverteenwoordigers dit eens dat artikel 63(a) van gemelde Wet nie van toepassing is nie. Geeneen van die feite verwys na in die respondent se repliek (sien par. [3] supra) is bewys nie. In die omstandighede was dit dus fataal vir die saak van die respondent om nie Elaine te roep nie met die gevolg dat die respondent as bewyslasdraer die onderspit moet delf.
[12] Bygevolg word die volgende bevele verleen:
1. Die appèl slaag met koste.
2. Die landdros se uitspraak word gewysig en vervang met die volgende:
“Die eiser se eis word van die hand gewys met koste.”
____
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
_______
P.U. FISCHER, WND R
Namens die appellant: Adv. J.Y. Claasen SC
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv. S. Grobler
Symington & De Kok
/sp
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.