Greyling v ISCOR (233/83) [1984] ZASCA 156 (29 November 1984)
- Citation
- [1984] ZASCA 156
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Wessels, Jansen, Eloff
- Case number
- 233/83
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Wessels, Jansen, Eloff
- Case number
- 233/83
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the respondent failed to prove any contractual, regulatory, or common law basis for recovering the salary paid to the appellant for sick leave taken in excess of his entitlement. The relevant leave regulation only allowed for deduction from future leave, not repayment upon termination. Furthermore, the respondent did not establish that the payments were made due to a reasonable mistake, as required for condictio indebiti. The respondent also failed to discharge the burden of proof regarding its counterclaim based on the promissory note, as the appellant's evidence of incapacity due to injury was not refuted. Consequently, the appellant's claim for unpaid salary succeeded, and the respondent's counterclaims were dismissed.
Court disposition
Appeal upheld; appellant's claim for unpaid salary succeeds; respondent's counterclaims dismissed.
Orders
- The appeal succeeds with costs.
- The magistrate's judgment is replaced with an order in favour of the appellant for payment of R578.00, interest at 11% per annum from 1 May 1977 until date of payment, and costs.
- The respondent is ordered to pay the costs of the appeal to the Northern Cape Provincial Division.
02
Material facts
Parties
J M Greyling
AppellantISCOR
RespondentAmounts and remedies
- Unpaid Salary Awarded: ZAR 578
- Interest Rate Per Annum: ZAR 11
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Provincial Division After Leave Granted
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the respondent was entitled to recover salary paid to the appellant for sick leave taken in excess of his entitlement.
- 02
Whether the respondent proved its counterclaims based on alleged overpayment and promissory note.
- 03
Whether the appellant's claim for unpaid salary upon termination of employment should succeed.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that although he received sick leave in excess of his entitlement, the respondent failed to establish any contractual or regulatory basis for recovering the salary paid during that period. He further contended that the respondent did not prove the factual or legal grounds for its counterclaims, and that he was entitled to payment of the outstanding salary for April 1977.
- Respondent
- The respondent maintained that the appellant had received more sick leave than permitted and was therefore obliged to repay the salary for those days, relying on its leave regulations and an alleged agreement. The respondent also claimed repayment under a promissory note for financial assistance, asserting that the conditions for immediate repayment upon termination were met.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Union Government (Minister of Finance) v Gowar 1915 AD 426; Recsey v Rieche 1927 AD 554; Le Riche v Hamman 1946 AD 648; Voet 12.6.6 and 7
Recovery of undue payment (condictio indebiti) requires proof that payment was made due to a reasonable mistake and that the recipient was not entitled to the amount.
- 02
ISCOR Leave Regulation 27 (quoted in judgment)
Leave regulations that provide for deduction of excess leave from future entitlement do not necessarily create a right to recover salary upon termination if no further entitlement accrues.
- 03
General principles of South African civil procedure
The burden of proof rests on the party alleging entitlement to repayment or set-off to establish the factual and legal basis for such claims.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the respondent failed to prove any contractual, regulatory, or common law basis for recovering the salary paid to the appellant for sick leave taken in excess of his entitlement. The relevant leave regulation only allowed for deduction from future leave, not repayment upon termination. Furthermore, the respondent did not establish that the payments were made due to a reasonable mistake, as required for condictio indebiti. The respondent also failed to discharge the burden of proof regarding its counterclaim based on the promissory note, as the appellant's evidence of incapacity due to injury was not refuted. Consequently, the appellant's claim for unpaid salary succeeded, and the respondent's counterclaims were dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that speculation about the intentions or assumptions of the responsible official regarding future entitlement to sick leave cannot substitute for evidence of a reasonable mistake.
- The court observed that the appellant's explanation for stating 'personal reasons' on his termination form was plausible and unchallenged, and should not have been rejected without contrary evidence.
Court disposition
Appeal upheld; appellant's claim for unpaid salary succeeds; respondent's counterclaims dismissed.
- The appeal succeeds with costs.
- The magistrate's judgment is replaced with an order in favour of the appellant for payment of R578.00, interest at 11% per annum from 1 May 1977 until date of payment, and costs.
- The respondent is ordered to pay the costs of the appeal to the Northern Cape Provincial Division.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
SAAK NR. 233/83/CCC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
J M GREYLING APPELLANT
en
ISCOR RESPONDKNT
Coram: WESSELS, JANSEN ARR et ELOFF Wnde AR
Verhoor: 6 November 1984
Gelewer: 29 November 1984
UITSPRAAK
ELOFF, Wnde AR/
2.
ELOFF, Wnde AR:
Hierdie appèl vind sy herkoms in 'n
siviele geding wat die appellant (eiser) teen die
respondent (verweerder) in die Landdroshof van
Postmasburg ingestel het. Sy eise het voortgespruit
uit sy diensverhouding met die verweerder, by wie hy
van 22 September 1976 tot 30 April 1977 in diens was
Slegs een van sy eise is tans ter sprake. Dit was
vir betaling van die som van R578, synde deel van die
eiser se loon vir die maand van April 1977, betaling
waarvan die verweerder met diensbeëindiging weerhou
het. In antwoord op die dagvaarding het, die ver-
weerder 'n pleit asook 'n teeneis liaseer. Die teeneis
het/ ........
3.
het twee eise gestel. Die eerste daarvan het gesen-
treer om die bewering dat terwyl die eiser by die ver-
weerder in diens was, hy vir meer dae met siekteverlof
afwesig was as wat hy op geregtig was, en dat hy nieteen-
staande sy volle loon ontvang het. Die bedrag van
die beweerde oorbetaling was R743,60, dit wil sê, R165,60
meer dan eiser se eis. Die verweerder het toegegee
dat hy teenoor eiser die bedrag van R578 verskuldig ge-
word het ten opsigte van April 1977 se loon, en hy het
betaling van die verskil van Rl65,60 van die eiser geëis
Die tweede eis was vir betaling van die bedraq van
R296,33 uit hoofde van 'n promesse vir R800 wat die
eiser op 24 September 1976 ten gunste van die verweerder
geteken het. Die promesse is aan die verweerder
oorhandig/......4.oorhandig in terme van 'n ooreenkoms waarkragtensdie verweerder finansiële bystand aan die eiser souverleen ten einde laasgenoemde in staat te stel omsy meubels na sy werksplek te laat vervoer. Dieooreenkoms het onder meer bepaal dat die bedrag vanenige balans verskuldig aan die verweerder in termevan die promesse ten volle betaalbaar sou wees indiensy dienste by laasgenoemde beeindig word vir redesander dan dood, of dat die eiser ongeskik raak virwerk, of dat verweerder besluit op 'n vermindering vanpersoneel. Volgens die teeneis het geeneen van diéomstandighede voorgeval toe eiser in April 1977 uitdie verweerder se diens getree het nie, en het dievolle bedrag uitstaande in terme van die promesse
verskuldig/ 5.verskuldig geword. Die verweerder het beweer dat
die eiser geregtig was op sekere krediete (die be-
sonderhede daarvan is nie nou ter sake nie) latende
'n balans van R296,33. In sy pleit het die verweerder
onder meer beweer dat die eiser se eis deur skuld-
vergelyking op grond van die twee gemelde eise gedelg
is. Ek sal later meer in besonder die formulering van
die eise in rekonvensie en die getuienis wat daaromtrent
gelei is, bespreek.
Die uitslag van die geding in die land-
droshof was dat die twee genoemde eise in rekonvensie
bewese bevind is, en dat die pleit van skuldvergelyking
geslaag het. Na 'n onsuksesvolle appèl na die
Noordkaapse/ .......
6.
Noordkaapse Provinsiale Afdeling, wat vervolgens
verlof tot verdere appèl geweier het, kom die eiser
in hoër beroep na hierdie hof nadat verlof in terme
van artikel 21(3)(a) van Wet 59 van 1959 verleen is
Die kwessie wat allereers oorweging
verg, is of die hof a quo en die landdros korrek was
in hulle gevolgtrekking dat die eerste teeneis vir
R743,60 gegrond was. Vir doeleindes van sy betoog
het die eiser se advokaat toegegee dat aan die eiser
siekteverlof vir 39 dae meer as sy regmatige aanspraak
toegestaan is, maar hy het dit bevraagteken of die
verweerder regsgronde gehad het vir die verhaal van
lone wat in die tyd aan die eiser betaal was. Die
basis/ ........
7.
basis van die betrokke eis is soos volg in die teen-eis uiteengesit -
"Die Eiser het volle besoldiging vir syafwesigheid van diens vir die tydperkin paragraaf 4 hierbo, ontvang en interme van die genoemde verlofregulasies,alternatiewelik by uitdruklik, alternatiewe-lik stilswyende ooreenkoms tussen diepartye verder alternatiewelik kragtensdie Gemene Reg is verweerder geregtigop terugbetaling van besoldiging watdeur Eiser ontvang is, ten opsigtevan 'n tydperk van 39 dae. "
Ten aansien van die eerste van die grondevan sy eis , naamlik die bepalings van die verweerderse verlofregulasies, het die verweerder aan sy naderebesonderhede afskrifte geheg van wat na bewering dieverweerder se verlofregulasies was, sonder dat hy
enige/ 8.enige besondere een van die regulasies identifiseer
het as die wat die beweerde reg tot "terugbetaling
van besoldiging daarstel", en sonder om uiteen te sit
wat, na bewering, die status van die regulasies is.
Tydens die verhoor het ene Loock, 'n amptenaar in diens
van die verweerder wat in beheer was van sy rekords ,
onder andere die brief van verweerder se aanstelling
as 'n bewysstuk ingehandig- Dit wil van die bewoording
daarvan voorkom dat die verweerder se verlofregulasies
deel was van die eiser se diensvoorwaardes. Loock het
ook afskrifte van die betrokke regulasies ingehandig as
bewysstukke. Hy het egter ook nie verwys na enige
spesifieke regulasie wat die reg daarstel waarop die
verweerder/ ........
9.
verweerder hom in sy teeneis verlaat het nie.In sy uitspraak het die landdros nie 'n regulasie ge-noem wat 'n verhaalsreg inhou soos voorgestaan in dieteeneis nie; en die uitspraak van die hof a quo ver-meld ook nie so 'n regulasie nie. Tydens betoog voor onsis die verweerder se advokaat gevra om te sê watterregulasie hy hom spesifiek op verlaat. Hy het regulasie27 aangehaal, wat soos volg lui -
"LEAVE GRANTED IN EXCESS:
27. In the event of any leave being grantedto and taken by an employee in excess ofthe amount permissible under these regula-tions, such leave granted in excess shallbe deducted from that employee's subsequentleave."
Ek dink self dat die regulasie die naaste kom aan
die/ .......
10.
die daarstelling van 'n reg ingeval 'n werknemer van
die verweerder meer siekteverlof ontvang as wat hy op
geregtig is. Dit sal egter gesien word dat dit
slegs die beperkte reg skep om,waar 'n werknemer
siekverlof toegeken word vir meer dan wat voorgeskryf
word, 'n regstelling te laat doen ten opsigte van siekte-
verlof wat later verwerf word. Dit behandel nie 'n
situasie soos die onderhawige nie, waar die werknemer
se diensverhouding beëindíg word voordat hy 'n voldoende
aanspraak op verdere siekteverlof verkry het. Die regulasies
skyn geen voorsiening te maak vir 'n geval soos dié
tans onder bespreking nie.
Die vraag is tydens redenasie in hierdie
hof/ ........
11.
hof geopper of dit nie implisiet is in regulasie27 dat ingeval 'n werknemer se diensverhouding be-ëindig word voordat- hy voldoende siekteverlof verwerfom die oortoekenning uit te wis, hy 'n proporsioneleterugbetaling moet maak van die lone wat hy ontvanghet. Die antwoorde, myns insiens, is dat so 'nimpl ikasie nie gepleit. is nie, en dat dit in iedergeval nie moontlik is om te sê dat dit 'n noodwendigeimplikasie van die regulasie is nie. Ek kom tot diegevolgtrekking dat die verweerder nie getoon het datsy eerste teeneis in sy verlofregulasies gefundeerkan word nie .
Ek wend my vervolgens na die bewering
in/
12.
in die teeneis dat: daar 'n bepaling in die partyese ooreenkoms was wat die verweerder die reg onder behande-ling gee. Dit het uit die dokumentasie wat as bewys-stukke voor die landdros geplaas was geblyk dat dieeiser se aanstelling geskied het na 'n skriftelikeaansoek gevolg deur brief van aanstelling . Daarwas geen suggestie van 'n mondelinge ooreenkoms buitedie dokumentasie nie . Ek kon nie in die betrokkedokumente enigiets vind wat die betrokke teeneiskon fundeer nie. In sy uitspraak maak die landdrosgewag van die volgende voorwaarde wat die eiser insy aansoek om sy betrekking aanvaar het. -
"4 Enige bedrae om watter rede ook a1
deur my aan die Korporasie verskuldig,
sal/ ......
13
sal by my diensbeëindiging on-middellik opeisbaar en betaalbaarwees."
Ek dink nie dat die bepaling die verweerder help nie.
Dit gaan oor bedrae wat inderdaád verskuldig is; die
vraagstuk wat tans ondersoek word is of daar hoegenaamd
enige bedrae, deur die eiser verskuldig was.
Die verweerder se advokaat het daarna
verwys dat, toe die eiser getuig het, hy skynbaar aan-
vaar het dat die oormaat van siekteverlof wat aan hom
toegestaan is, later "verreken" sou moes word. Dit
is so, die eiser het bevestigend geantwoord op die
volgende vraag -
"V. U het verstaan siekteverlof is
vooruit,/ .......
14.
vooruit, dit beteken u kry ietswaarop u nie geregtig is nie, maarsal later verreken word?A. Korrek."
Dit is egter nie vir my duidelik of die eíser slegsdie soort van verrekening in gedagte gehad het soos watRegulasie 27, wat ek vroeër aangehaal het, reël nie.In ieder geval korn die aangehaalde gedeelte van diegetuienis slegs neer op die uitspreek van 'n opinie,en is nie van waarde by die onderhawige ondersoek nie.Ek kom tot die gevolgtrekking dat die ver-weerder nie die grondslag van sy eerste teeneis in syverlofregulasies, of die ander bepalings van eiser sediensvoorwaardes, kon toon nie. Die enigste oorblywendebasis vir die eis is die condictio indebiti. Dit is
die/
15.
die grond waarop die hof a quo bevind het dat die
eerste teeneis tereg toegestaan is.
Die kernvraag in dié verband is of
die verweerder bewys het dat die betaling aan die
eiser van sy volle lone vir die maande van Desember
1976, en Januarie tot Maart 1977 weens 'n redelike
fout geskied het (vgl. Union Government (Minister of
Fiance) v Gowar 1915 A A 426 to 445; Recsey v Rieche,
1927 AA 554 to 556; Le Riche v Hamman 1946 AA 648 to
656; Voet 12.6.6. en 7). Sover ek kon oordeel is
weinig aandag aan hierdie kwessie tydens die landdros-
hof verhoor gegee. Ek vind geen getuienis om die
feit te verduidelik dat, hoewel die eiser nie op
siekteverlof/ .......
16.
siekteverlof geregtig is nie, verlof tog aan hom toe-
gestaan was en sy volle loon tog betaal was. In
die afwesigheid van getuienis van 'n amptenaar in
áie verweerder se betrokke departement, is dit nie
moontlik om te bepaal hoekom die eiser deurgaans
tot die einde van Maart 1977 sy volle loon betaal is
nie. Die redelike moontlikheid dat die betaling van
lone geskied het, terwyl die verantwoordelike amptenaar
of amptenare ten volle bewus was van al die tersaaklike
omstandighede, is m.i. nie uitgeskakel nie. Hierdie
aspek van die saak was nie in die landdros se uitspraak
behandel nie. In die uitspraak van die hof a quo is
die kwessie onder bespreking behandel na aanleiding van
17.
die hof se bespreking van die getuienis van ene
Roets, wat indertyd in die verweerder se personeel
afdeling werksaam was. Roets het gesê dat hy vroeg in
1977 aanwesig was tydens 'n gesprek tussen die eiser en
die hoof van verweerder se personeelafdeling te Sishen,
ene Haarhoff. Die onderhoud het plaasgevind met verwysing
na 'n aansoek om siekteverlof vir die tydperk van 25
Januarie tot 1 Februarie 1977. Haarhoff het die
eiser meegedeel dat hy toe reeds heelwat meer siekte-
verlof ontvang het as wat hy op geregtig was.
Verdere siekteverlof is toe nietemin toegestaan, en die
rede "onvoldoende siekverlof" is aangeteken. Na
aanleiding hiervan het die Hof a quo hom soos volg
uitgespreek/ .......18uitgespreek -
"Dit is duidelik dat Eiser op3.2.1977 alreeds meer as die gemelde3 9 dae siekteverlof met volle be-taling geniet het; vandaar dan ookdie genoemde rede waarom vir verdereverlof aansoek gedoen word, nl.'onvoldoende siekverlof'. Dievroegste datum waarop Verweerder dusbewus geword het daarvan dat Eiseralreeds meer siekteverlof gehad hetas dié waarop hy geregtig was, is dusop of net voor 3 Februarie 1977 . Opdaardie datum was die salarisbetalings(of te wel betaling t o v siekteverlof)wat Eiser van Verweerder ontvang het,dus reeds gemaak, en dit is duidelikdat dit geskied het sonder dat Ver-weerder geweet het dat Eiser nie opdaardie betaalde siekteverlof geregtigwas nie want Haarhoff het dan juis virEíser laat kom omdat daar meer siekte-verlof aan hom toegestaan was as diéwaarop hy ooreenkomstig die siekteverlof-regulasies geregtig was sodat om
verdere/
19.
verdere vakansieverlof aansoek gedoenmoes word. ".
Met respek, ek begryp nie die redenasie nie. Dit volg
m.i, nie uit Roets se beskrywing van die gesprek dat
daar tot op daardie tydstip onkunde in die personeel-
afdeling geheers het oor die feit dat aan die eiser siekte-
verlof toegestaan is sonder dat hy daarop geregtig was nie.
In ieder geval was Haarhoff blykbaar die man om te ge-
tuig oor wat hy geweet of nie geweet het nie, en oor
die tydstip waarop sy afdeling van die volle feite
bewus geword het. Haarhoff is egter nie geroep nie
Die hof a quo het ook die feit dat die
eiser siékteverlof toegestaan is sonder dat hy daarop
geregtig was, in verband gebring met die feit dat die
eiser/ ........
20.
eiser op 'n stadium aangevoer het dat hy met siekteverlof
van sy werk afwesig was omdat hy tydens sy diensver-
rigtinge beseer was. Hierdie bewering was reeds in
die eiser se dagvaarding gemaak, en hoewel dit 'n
onnodige bewering was {die partye se advokate was dit
tydens redenasie voor ons daaroor eens) het dit 'n
omvangryke feitedispuut in die landdroshof ontketen:
Die getuienis wat die verweerder in die verband gelei
het, het eiser se stelling probeer ontsenu op die basis
dat die eiser nie indertyd gekla het dat hy op diens
beseer was nie. Dit was, in kort, juis die verweerder
se saak dat eiser se stelling nie korrek kon wees nie
want die verweerder se verantwoordelike amptenare was,
in/.......
21.
in die tyd, daarvan onbewus dat die eiser dalk op
diens beseer was. Hulle het gemeen dat die eiser
se besering veroorsaak was deur 'n valskermbesering wat
hy voorheen opgedoen het, en wat weer las gegeehet. In die lig hiervan vind ek dit moeilik om dievolgende verdere gedeelte van die hof a quo se uit-spraak te volg -
"Dit is eweneens duidelik dat Verweerder opdáárdie stadium ook nog gladnie bewus daar-van was nie dat Eiser se beserings en dienagevolge daarvan op grond waarvan hy be-taalde siekteverlof bekom het, wel aan syvalskermsprong te wyte was, en nie aan syval op diens nie, en het Verweerder dus opdaardie stadium ook nog gladnie geweet datEiser, ooreenkomstig Verweerder se bepalingsaangaande siekteverlof, op gladgeen siekte-verlof hoegenaamd geregtig was nie. Onder dié
omstandighede/
22.
omstandighede kan daar dus nie bevindword dat die betalings wat Verweerderaan Eiser gemaak het en waarop Eiser niegeregtig was nie (soos hierbo bevind is),deur Verweerder gemaak was met die vollewete en kennis dat sodanige betalingsnie deur Verweerder aan Eiser verskuldigwas nie. Trouens, die hele siekteverlofis eers ná die val op die loopplank (wataan die begin van Desember 1976 plaasgevindhet) opgeloop."
Niemand het getuig dat die eiser se aansoeke om siek-verlof aanvaar was omdat die verweerder se verantwoorde-like amptenare gemeen het dat die eiser in die loopvan sy diensplig beseer was nie.Dit kan wees dat siekteverlof aan die eisertoegestaan was met regulasie 27 van die verweerderse verlofregulasies, wat ek vroeër aangehaal het,
in/........
23.
in gedagte. Dalk het die verantwoordelike amptenaar
gemeen dat waar die eiser vir meer as sy regmatige
aanspraak siekteverlof toegestaan word, 'n regstelling
later kan geskied wanneer die eiser met verloop van tyd
wel voldoende siekteverlof verdien. Indien dit dít is
wat gebeur het kan daar volgens my oordeel nie sprake
wees daarvan dat die oorbetalings van salaris weens 'n
fout geskied het nie. Verweerder se advokaat het
betoog dat die fout waarskynlik daarin gelê het dat
die verantwoordelike amptenaar gedink het dat die
eiser nog vir 'n lang genoeg tydperk in diens sou bly
om genoegsame siekteverlof te verdien. Ek dink dat
dit blote spekulasie is. In ieder geval, selfs al
het/ .......
24
het die betrokke amptenaar 'n assumpsie gemaak aan-
gaande die vraag hoe lank die eiser nog in diens sou
bly (wat in die lig van latere gebeure geblyk het nie
korrek te wees nie) volg dit nie dat op die tydstip toe
hy die betrokke oorbetalings gemaak het, hy onder Vi
feitelike wanindruk verkeer het nie.
Die feit dat dit op die beskikbare bewys-
materiaal nie moontlik is om te bepaal waarom eiser
oorbetalings ontvang het nie, kan nie weggeredeneer word
nie. Ek meen dat die verweerder nie bewys het dat hy
geregtig was om die condictio indebiti aan te wend nie.
Dit beteken dat die eerste teeneis van die hand gewys
moes qewees het.
Dit/ .........
25.
Dit laat die tweede teeneis vir oorweging.
Die eiser se antwoord daarop was dat hy kennis van
diensbeëindiging gegee het omdat hy, vanweë sy skouer-
beserings, ongeskik geraak het vir sy werk. Die ver-
weerder het dit ontken. Die hof a quo het dié geskil-
punt teen die eiser besleg, hoofsaaklik vanweë die
feit dat by voltooiing van die vorm wat by diens-
beëindiging ingedien moes word, die eiser in deel van
die vorm geskrywe het dat hy dit om "persoonlike redes"
doen. In sy getuienis het die eiser verklaar dat hy
dit gedoen het op advies van die personeelbeampte,
Haarhoff, na wie ek vroeër verwys het. Die hof a quo
het die verduideliking as verwerplik bejeen. Ek kan
my/........
26.
my nie met die benadering vereenselwig nie. Nie alleen
was die eiser se getuienis in die verband nooit aangeveg
nie, maar Haarhoff was nie geroep om eiser se bewering
te ontken nie. Dit is m.i. nie onwaarskynlik dat Haar-
hoff wel die advies gegee het nie, en daar was m.i. nie
voldoende rede om die eiser se getuienis te betwyfel
nie. Ek dink ook dat daar gewigtige redes was vir die
eiser om nie met sy werk by die verweerder voort te gaan nie.
Dr Badenhorst, wat die ortopediese werk in verband met
die eiser se arm gedoen het, het getuig dat hy nie 'n
persoon in die eiser se toestand sou aanraai om in myne
te werk of om sy arm te gebruik nie. Hy het verklaar
dat die arm "sensitief en gevaarlik" was, en dat dit
maklik/ ......
27.
maklik weer beseer sou kon word. Die eiser self het
getuig dat hy dit moeilik gevind het om steeds sy werk
te doen. En hy was daarvan oortuig dat hy nie sou kon
voortgaan nie. Die verweerder het hom nie ander werk
aangebied nie, en hy was nie bewus van enige ander werk
wat hy by die verweerder sou kon doen nie. Daar was m.i
onvoldoende rede om hierdie getuienis te verwerp, en
niks om dit te weerlê nie. Ek meen dat die verweerder
hom wat betref dié betrokke eis, nie van die bewyslas
gekwyt het nie.
In die omstandighede dink ek dat die ver-
weerder nie die twee eise wat hy as skuldvergelyking
wou opper, bewys het nie. Die eiser derhalwe slaag
in/......2
8
in sy eis. Ek sou die volgende bevele verleen -
1 . Die appèl slaag met koste;
2 . Die uitspraak van die landdros word vervang meteen van uitspraak ten gunste van die eiser in diesom van R578,00; rente daarop teen 11% per jaarvanaf 1 Mei 1977 tot datum van betaling; en gedings-koste; en
3. Verweerder (respondent) betaal die koste van dieappèl na die Noord-Kaapse Provinsiale Afdeling.
ELOFF, Wnde AR
WESSELS Wnde AR) ) STEM SAAMJANSEN AR )
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.