Jansen Van Der Merwe v Nedcor Bank Bpk (430/2001) [2002] ZASCA 104; 2003 (1) SA 169 (SCA) (13 September 2002)
- Citation
- [2002] ZASCA 104
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Vivier, Harms, Farlam, Cameron, Brand
- Case number
- 430/2001
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Vivier, Harms, Farlam, Cameron, Brand
- Case number
- 430/2001
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the cession relied upon by Van der Merwe was invalid because it constituted an impermissible splitting of a single claim without the consent of the debtor, Nedcor. The arrangement aggravated Nedcor's position by exposing it to multiple claims regarding the same underlying debt. The court rejected the argument that Van der Merwe could validly contract with himself in this context, but clarified that the main reason for dismissing the appeal was the invalidity of the cession due to the prohibition on splitting claims. As a result, Van der Merwe had no valid defence to Nedcor's claim, and the application to rescind the default judgment was correctly refused.
Court disposition
The appeal is dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
02
Material facts
Parties
Cornelis Jansen Van Der Merwe
AppellantNedcor Bank Beperk
RespondentAmounts and remedies
- Mortgage Loan Amount: ZAR 230,000
- Deposits Paid Under Contracts: ZAR 453,427.6
- Monthly Instalment Amount: ZAR 14,864.47
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Refusal to Rescind Default Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the cession of part of a claim by Kniehalter Boerdery BK to Van der Merwe was valid.
- 02
Whether the prohibition on splitting a claim by cession applies in this case.
- 03
Whether Van der Merwe had a valid defence to Nedcor's claim for payment under the mortgage bond.
Party arguments
- Applicant
- Van der Merwe argued that Kniehalter Boerdery BK, of which he was the sole member, ceded a claim of R230,000 against Nedcor to him. He contended that this cession allowed him to set off the amount against his personal mortgage debt to Nedcor, thereby extinguishing his liability. He relied on the assertion that Kniehalter had a valid claim for repayment of deposits paid under four purchase contracts with Nedcor, which were allegedly invalid or repudiated.
- Respondent
- Nedcor challenged the validity of the cession and the subsequent set-off, arguing that the cession was invalid because it purported to split a single claim between two creditors without Nedcor's consent. Nedcor further contended that Van der Merwe, acting in dual capacities, could not validly contract with himself and that the arrangement aggravated Nedcor's position as debtor by forcing it to defend the same claim on multiple fronts.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
PM Nienaber in The Law of South Africa band 2 (1st reissue) para 259
A right can only be ceded in its entirety unless the debtor consents; cession of part of a debt or apportionment among several cessionaries is invalid as it may impair the debtor's position.
- 02
Vaal Reefs Exploration and Mining Co Ltd v Burger 1999 (4) SA 1161 (SCA)
The prohibition on a representative contracting with himself is not an absolute rule in South African law.
- 03
Spies v Hansford & Hansford Ltd 1940 TPD 1; Blaikie & Co Ltd v Lancashire NO 1951 (4) SA 571 (N); Lief NO v Dettmann 1964 (2) SA 252 (A); Cullinan v Noordkaaplandse Aartappelkernmoerkwekers Koöperasie Beperk 1972 (1) SA 761 (A)
The splitting of a claim by cession without debtor consent is invalid and has been affirmed in multiple decisions.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the cession relied upon by Van der Merwe was invalid because it constituted an impermissible splitting of a single claim without the consent of the debtor, Nedcor. The arrangement aggravated Nedcor's position by exposing it to multiple claims regarding the same underlying debt. The court rejected the argument that Van der Merwe could validly contract with himself in this context, but clarified that the main reason for dismissing the appeal was the invalidity of the cession due to the prohibition on splitting claims. As a result, Van der Merwe had no valid defence to Nedcor's claim, and the application to rescind the default judgment was correctly refused.
Obiter and limits
- The exception to the prohibition on splitting claims in cases of suretyship does not apply to the present matter, which does not concern suretyship.
- Further investigation into the merits of Nedcor's other objections to the enforceability of Kniehalter's claim, the validity of the cession, and the validity of the subsequent set-off is unnecessary given the dispositive finding on the invalidity of the cession.
Court disposition
The appeal is dismissed with costs.
- The appeal is dismissed with costs.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
SAAKNO: 430/2001
In die saak tussen:
CORNELIS JANSEN VAN DER MERWE Appellant
en
NEDCOR BANK BEPERK Respondent
________________
CORAM: VIVIER Wne AP, HARMS, FARLAM, CAMERON en BRAND ARR
Verhoor datum: 5 September 2002
Datum gelewer: 13 September 2002
Sessie - splitsing van vordering - ongeldig.
U I T S P R A A K
BRAND AR
BRAND AR
[1] Die appellant ('Van der Merwe') het R230 000 op verband by die respondent ('Nedcor') geleen. Toe hy in gebreke bly om sy paaiemente ooreenkomstig die terme van die verband te betaal, het Nedcor hom in die Transvaalse Provinsiale Afdeling vir betaling van die volle verbandskuld aangespreek. Weens Van der Merwe se versuim om hierdie aksie te verdedig, is vonnis by verstek teen hom toegestaan. Sy daaropvolgende aansoek om tersydestelling van hierdie verstekvonnis was onsuksesvol omdat hy, na die oordeel van die Hof benede (Jooste Wne R) geen regsgeldige verweer teen Nedcor se eis openbaar het nie. Teen hierdie beslissing kom Van der Merwe nou, met verlof van hierdie Hof, in hoër beroep.
[2] Die verweer teen Nedcor se eis wat deur die Hof a quo geweeg en te lig bevind is, is gebaseer op skuldvergelyking van 'n gesedeerde vordering. Hiervolgens het 'n beslote korporasie, Kniehalter Boerdery BK ('Kniehalter'), waarvan Van der Merwe die enigste lid was, ân vordering van R230 000 teen Nedcor aan hom gesedeer waarna die verbandskuld deur die werking van skuldvergelyking uitgewis is. Kniehalter se vordering het, volgens Van der Merwe, sy oorsprong gehad in vier koopkontrakte wat Kniehalter op 28 April 1998 met Nedcor aangegaan het. Ingevolge elkeen van die vier kontrakte het Kniehalter 'n Volvo voorhaker op afbetaling van Nedcor gekoop en 'n deposito van R113 356,90 daarop aan Nedcor betaal. Die restant van die koopprys was betaalbaar by wyse van maandelikse paaiemente ten bedrae van R14 864,47 elk. Hoewel Kniehalter blykbaar sommige van hierdie maandelikse paaiemente betaal het, is dit nie duidelik presies hoeveel daarvan betaal is nie. Wat vasstaan, is dat Kniehalter op 'n stadium agterstallig geraak het en dat Nedcor op grond daarvan, in Oktober 1998, kennis gegee het dat hy die vier ooreenkomste beeïndig. Volgens Van der Merwe het dit op daardie stadium tot sy kennis gekom dat die vier koopkontrakte, weens 'n wesenlike dwaling aan sy kant aangaande die terme daarvan, van meet af aan ongeldig was; of, alternatiewelik, dat Nedcor die vier kontrakte, deur sy
beweerde beëindiging daarvan, gerepudieër het welke repudiasie deur Kniehalter aanvaar is. In ieder geval, so voer Van der Merwe in sy aansoek om tersydestelling aan, het Kniehalter 'n eis teen Nedcor gehad vir die terugbetaling van die vier deposito's, in 'n gesamentlike bedrag van R453 427,60, wat hy uit hoofde van die kontrakte betaal het. Vervolgens verwys Van der Merwe in sy aansoek om tersydestelling na 'n brief deur sy prokureurs aan Nedcor waarin, onder meer, die volgende gesê word:
â3. Soos verder vermeld is u klient op al vier die trokke, waar ons klient die repudiasie aanvaar het, die deposito is verskuldig aan Kniehalter Boerdery BK, synde depositoâs in die bedrag van R113 356,90 wat ten aansien van die vier trokke ân gesamentlike bedrag van R453 427,60 daarstel.
â¦
6. 'Ons gee u verder kennis dat Kniehalter Boerdery BK aan en ten gunste van CJ van der Merwe, die reg om R230 000,00 te vorder vanaf Nedcor Bank, gesedeer het, en dat CJ van der Merwe sodanige bedrag wat hy van Nedcor Bank kan vorder, afsit en skuldvergelyking toepas teenoor die bedrag van R229 783,00 wat CJ van der Merwe in sy persoonlike hoedanigheid [uit hoofde van die verband] verskuldig is. Dit word derhalwe op rekord geplaas dat mnr CJ van der Merwe geen verdere bedrag ⦠verskuldig is aan Nedcor Bank nie â¦â.
Kort na hierdie beweerde sessie is Kniehalter onder voorlopige likwidasie geplaas wat later finaal gemaak is.
[3] Ter bestryding van Van der Merwe se aansoek om tersydestelling van die verstekvonnis het Nedcor verskeie besware teen die geldigheid van die beweerde sessie en die daaropvolgende beroep op skuldvergelyking geopper. se eie weergawe, geskied het ingevolge 'n ooreenkoms wat hy met homself gesluit het. So 'n ooreenkoms, sou regtens onbestaanbaar wees. Die feit dat Van der Merwe volgens sy weergawe by die sluiting van die ooreenkoms in twee hoedanighede, te wete in sy persoonlike hoedanigheid en in sy hoedanigheid as verteenwoordiger van Kniehalter opgetree het, het volgens Nedcor se betoog, hieraan geen verskil gemaak nie.
[4] Hierdie betoog van Nedcor is deur die Hof a quo aanvaar. Inderdaad is dit die enigste rede vir die Hof se beslissing dat Van der Merwe geen regsgeldige verweer teen die vonnisskuld openbaar het nie. Vir sy aanvaarding van Nedcor se betoog het die Hof veral steun gevind in Gutman NO v Standard General Insurance Co Ltd 1981 (4) SA 114 (C) 119A wat weer gebaseer was op die volgende stelling van prof JC de Wet in Joubert (red) The Law of South Africa band 1 para 107:
'As a contract is a juristic act for which expressions of a common intention by at least two persons are required, one person cannot as a representative of another conclude a contract with himself. Where a representative purports to conclude a contract with himself the purported contract is simply a nullity.'
(Sien ook The Law of South Africa band 1 (1ste heruitgawe) para 106.)
[5] Wat ongelukkig nie onder die aandag van die Hof a quo gebring is nie, is dat hierdie Hof in Vaal Reefs Exploration and Mining Co Ltd v Burger 1999 (4) SA 1161 (SCA) 1170G - 1171B pertinent beslis het dat die aangehaalde stelling deur prof De Wet nie 'n juiste siening van ons reg reflekteer nie en dat dit verkeerdelik in Gutman se saak toegepas is. In hierdie lig is tereg op appèl namens Nedcor toegegee dat die Hof a quo om 'n verkeerde rede die aansoek vir die tersydestelling van die verstekvonnis van die hand gewys het.
[6] Uiteraard is dit nie die einde van die ondersoek na die korrektheid van die Hof a quo se uiteindelike beslissing nie. Die eerste vraag wat ontstaan is of die sessie waarop Van der Merwe hom beroep nie weens ân ander rede ongeldig is nie. By oorweging van hierdie vraag is 'n regsreël wat sigself onmiddellik vir moontlike toepassing aan die hand doen, dié wat blyk uit die volgende stelling deur PM Nienaber in The Law of South Africa band 2 (1ste heruitgawe) para 259:
'Except with the consent of the debtor a right can be ceded only in its entirety : a cession of part of a debt or a cession purporting to apportion the debt among several cessionaries is invalid. The reason is that cession must not impair the debtor's position. His position would be aggravated if he were to be confronted not, as before, with a simple creditor, but unexpectedly with a multiplicity of creditors. It follows that the fragmentation of a claim is possible only with the consent of the debtor'.
Hierdie reël is reeds in verskeie beslissing van ons howe toegepas (sien, byvoorbeeld, Spies v Hansford & Hansford Ltd 1940 TPD 1 te 8; Blaikie & Co Ltd v Lancashire NO 1951 (4) SA 571 (N) 576 A-D). Ook hierdie Hof het al by meer as een geleentheid met instemming na hierdie reël verwys. (Sien, byvoorbeeld, Lief NO v Dettmann 1964 (2) SA 252 (A) 275 F-G; Cullinan v Noordkaaplandse Aartappelkernmoerkwekers Koöperasie Beperk 1972 (1) SA 761 (A) 771 B-G).
[7] Soms word gesê dat daar by borgtog 'n uitsondering op hierdie reël is deurdat mede-borge wat verplig word om 'n enkele hoofskuld te betaal, elkeen op sessie van 'n gedeelte van daardie hoofskuld kan aandring, waardeur die enkele hoofskuld dan effektiewelik tussen verskillende skuldeisers gesplits word. (Sien byvoorbeeld Miller's Trust Foreshore Properties (Pty) Ltd v Kasimov 1960 (4) SA 953 (C) 958 C-D; RH Christie The Law of Contract, 4de Uitgawe, 544.) Dat hierdie uitsondering op die gestelde reël - indien dit werklik 'n uitsondering is - nie in die onderhawige geval toepassing kan vind nie, spreek vanself. Hierdie saak het met borgtog niks te make nie.
[8] Wat wel oorweging verdien het was die moontlikheid dat die sessie, by 'n behoorlike ontleding van die aangehaalde prokureursbrief asook Van der Merwe se weergawe daaromtrent, nie neergekom het op die splitsing van een vorderingsreg tussen twee skuldeisers nie, maar op die oordrag van ân aparte vordering wat op sy eie bene gestaan het. So 'n sessie van 'n aparte vordering sou uiteraard nie in stryd wees met die verbod op splitsing nie. Oorweging van die prokureursbrief en Van der Merwe se weergawe lei egter tot die slotsom dat die sessie waarop Van der Merwe hom beroep vir slegs een uitleg vatbaar is, naamlik dat hy beoog het om, namens Kniehalter, 'n gedeelte van een enkele vordering aan homself te sedeer terwyl Kniehalter steeds die skuldeiser ten opsigte van die restant van dieselfde vordering sou bly. So gesien, kan die beoogde sessie nie die verbod op splitsing vryspring nie. Dit is nêrens gesuggereer dat Nedcor as skuldenaar tot hierdie splitsing toegestem het nie. Dat Nedcor se posisie deur die splitsing verswaar is, lê myns insiens voor die hand. Soos te verwagte, betwis Nedcor die bestaan van Kniehalter se kontensieuse vordering. As gevolg van die sessie is Nedcor in die posisie geplaas waarin hy hierdie stryd om die bestaan van wat aanvanklik een vordering was, nou op twee fronte moet voer. Hierdie gevolg is 'n klassieke voorbeeld van wat die verbod op splitsing
van 'n vorderingsreg deur sessie probeer verhoed. Bygevolg is die sessie wat die hoeksteen vorm van Van der Merwe se verweer, regtens ongeldig. Dit is die einde van die saak. Enige verdere ondersoek na die meriete van die ander besware wat Nedcor teen die die afdwingbaarheid van Kniehalter se vordering, die geldigheid van die sessie en die geldigheid van die daaropvolgende beroep op skuldvergelyking geopper het, is onnodig. Die aansoek om tersydestelling van die verstekvonnis het dus tereg nie geslaag nie.
[9] Die appèl word van die hand gewys met koste.
_____
FDJ BRAND
APPèLREGTER.
STEM SAAM:
VIVIER Wne AP
HARMS AR
FARLAM AR
CAMERON AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.