Le Riche v S (A316/2010) [2010] ZAWCHC 342 (3 December 2010)
- Citation
- [2010] ZAWCHC 342
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Fortuin, Goliath
- Case number
- A316/2010
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Fortuin, Goliath
- Case number
- A316/2010
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court found that the trial magistrate correctly evaluated the evidence and that the conviction for driving under the influence was justified. The appellant's own admission of alcohol consumption and the corroborating evidence of erratic driving and physical symptoms supported the finding. The sentence of a R10,000 fine or 18 months' imprisonment was deemed appropriate, as the trial court properly considered the seriousness of the offence, community interests, and the appellant's personal circumstances. The suspension of the appellant's driving licence for six months was also upheld, as the trial court exercised its discretion under section 35(3) of the National Road Traffic Act, taking into account the appellant's employment needs but not exempting him from suspension. The appeal against conviction, sentence, and licence suspension was dismissed.
Court disposition
Appeal dismissed. Conviction, sentence, and licence suspension confirmed.
Orders
- The appeal against conviction and sentence is dismissed.
- The suspension of the appellant's driving licence for six months is confirmed.
02
Material facts
Parties
Christopher Le Riche
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Fine Imposed: ZAR 10,000
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction, Sentence, and Licence Suspension
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the conviction for driving under the influence was proven beyond reasonable doubt.
- 02
Whether the sentence imposed by the trial court was appropriate.
- 03
Whether the suspension of the appellant's driving licence was justified and properly exercised.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the State failed to prove its case beyond reasonable doubt. He contended that discrepancies existed in the State witnesses' evidence, particularly regarding his physical condition and behaviour. He claimed to have participated in a marathon on the day, suffered sunburn, consumed only four beers, and did not hear the police siren due to his radio being on. He asserted that his erratic driving was due to lighting a cigarette and not intoxication. He further argued that the suspension of his licence was excessive given his personal circumstances and employment requirements.
- Respondent
- The State maintained that the evidence of the police officers and medical expert established the appellant's intoxication and erratic driving. The State argued that the trial court correctly evaluated the evidence and found the appellant guilty. It further submitted that the sentence and licence suspension were appropriate, considering the seriousness of the offence, the interests of the community, and the appellant's personal circumstances. The State relied on established case law regarding appellate interference with findings of fact and sentence discretion.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Mlumbe & Another 1991 (1) SA 235 (A) at 249b-250b
An appellate court will only interfere with a trial court's findings of fact if convinced that the evaluation of the evidence was incorrect.
- 02
S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A); S v Swart 2004 (2) SACR 370 (A) at 377E-F
Sentencing discretion is entrusted to the trial court and should not be interfered with unless not reasonably and properly exercised.
- 03
National Road Traffic Act 93 of 1996, section 35(3)
Section 35(3) of the National Road Traffic Act allows a court to suspend a driving licence for a shorter period if circumstances justify deviation from the prescribed period.
- 04
S v (?) and Five Similar Cases 2002 (1) SACR 391 (O)
Magistrates should not lightly exempt offenders from licence suspension unless a driver's licence is essential for employment.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court found that the trial magistrate correctly evaluated the evidence and that the conviction for driving under the influence was justified. The appellant's own admission of alcohol consumption and the corroborating evidence of erratic driving and physical symptoms supported the finding. The sentence of a R10,000 fine or 18 months' imprisonment was deemed appropriate, as the trial court properly considered the seriousness of the offence, community interests, and the appellant's personal circumstances. The suspension of the appellant's driving licence for six months was also upheld, as the trial court exercised its discretion under section 35(3) of the National Road Traffic Act, taking into account the appellant's employment needs but not exempting him from suspension. The appeal against conviction, sentence, and licence suspension was dismissed.
Obiter and limits
- Magistrates should be cautious in exempting offenders from licence suspension, as such exemptions may undermine deterrence.
- Only those who can show that a driver's licence is essential for employment, such as taxi or delivery drivers, should be considered for exemption from suspension provisions.
Court disposition
Appeal dismissed. Conviction, sentence, and licence suspension confirmed.
- The appeal against conviction and sentence is dismissed.
- The suspension of the appellant's driving licence for six months is confirmed.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO: A316/2010
DATUM: 3 DESEMBER 2010
In die saak tussen:
CHRISTOPHER
LE RICHE …..................................................................Appellant
en
DIE
STAAT …......................................................................................Respondent
UITSPRAAK FORTUIN, R: Die appellant het in die landdroshof te Bredasdorp tereggestaan op Vi aanklag van die oortreding van artikel 65(1)(A) van die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996 ("die Wet"), naamlik dronkbestuur, alternatiewelik die oortreding van artikel 65(2)(a) van die Wet, naamlik h oormatige hoeveelheid alkohol in die bloed. Die appellant is op 1 Desember 2009 skuldig bevind op die hoofaanklag en op dieselfde datum gevonnis tot Yi boete van R10 000 of 18 maande gevangenisstraf. Die appellant se rybewys is ingevolge artikel 35 van die Wet opgeskort vir n periode van ses (6) maande. Op 17 Desember 2009 is verlof tot appe! teen skuldigbevinding en vonnis en opskorting van bestuurderslisensie toegestaan. Die appellant kom nou in hoer beroep teen beide skuldigbevinding en vonnis. Op 7 Oktober 2006 het die appellant na bewering te Hoofweg, Struisbaai, Vi motorvoertuig met registrasienommer CS6404 bestuur terwyl hy onder die invloed van sterk drank was. Dit is gemene saak dat die appellant se voertuig in 'n swaaibeweging van links na regs oor die pad beweeg het. Die appellant het nie onmiddellik sy voertuig tot stilstand gebring toe die polisievoertuig horn agtervolg en beveel om te stop nie. Die appellant het verder oor Vi stopstraat gery sonder om te stop en is deur die polisie van die pad afgetrek. Dit is verder gemene saak dat die appellant voor die voorval sterk drank ingeneem het en dat sy asem na drank geruik het. Die staatsgetuies kan soos volg opgesom word: 1. Volgens die polisiebeampte was die appellant onvas op sy voete, was hy rooi in sy gesig en was sy spraak belemmer.
2. Die appellant se voertuig het heen en weer oor die pad beweeg en net byna teen die voertuig voor die patrollievoertuig gebots.
3. Na die voertuig agternagesit is, het die voertuig sonder om te stop oor 'n stopstraat beweeg.
4. Dr Bosch se getuienis oor die kliniese ondersoek het die volgende addisionele aspekte aan die lig gebring: 4.1. Fyn nistagmus wat kan dui op onder andere ooginfeksie of moegheid; 4.2. Die appellant se spraak was heeltemal normaal. 4.3. Die appellant se loop en omdraai was normaal. 4.4. Die appellant was "waarskynlik" lig onder die invloed van alkohol. 4.5. Die appellant was goed georienteerd ten opsigte van tyd en plek. 4.6. Die appellant se gesig kon rooi gewees het omdat hy heeldag in die son was. Die appellant se weergawe is in kort dat hy die betrokke dag aan "n marathon deelgeneem het en die heeldag sonder beskerming in die son was en sodoende sonbrand opgedoen het. Hy het vier biere gedrink. Hy het nie die polisievoertuig se sirene gehoor nie, aangesien sy radio aangeskakel was. Hy het wel heen en weer oor die pad beweeg omdat hy besig was om h sigaret aan te steek. Hy het links in Duikerweg afgedraai omdat hy van mening was dat die polisie wou verbykom omdat hulle op pad was na Yi ander misdaadtoneel. Die gronde van appel ten opsigte van skuldigbevinding is in kort dat die Staat se saak nie bo redelike twyfel bewys is nie. Dit is belangrik om te beklemtoon onder watter omstandighede h hof van appel met die skuldigbevinding deur 'n verhoorhof sal inmeng. Dit is geykte reg dat sodanige inmenging slegs sal geskied waar die hof van appel oortuig is dat die evaluasie van
die getuienis nie korrek was nie. (Sien in hierdie verband S v Mlumbe & ti Ander 1991(1) SASV 235 (A) en veral te 249b-250b.) Dit is inderdaad so dat daar verskille tussen die weergawes van die Staat was, onder andere, inspekteur Davids se getuienis oor presies hoe onvas die appellant op sy voete was. Dit is egter so dat die gunstige geloofwaardigheidsbevinding ten opsigte van inspekteur Jumat korrek blyk te wees. Ek is in ooreenstemming met die verhoorlanddros dat inspekteur Jumat se getuienis tot Yi groot mate stawing vir inspekteur Davids bied. Op die appellant se eie weergawe het hy sterk drank ingeneem voordat hy die voertuig bestuur het. Ek is van mening dat die verhoorlanddros se evaluasie van die getuienis korrek was en dat daar nie "n mistasting begaan is nie. Ek sou gevolglik nie met die skuldigbevinding inmeng nie. Dit is geykte reg dat vonnis aan die verhoorhof toevertrou word en dat 'n hof van appel nie geredelik sal inmeng nie, behalwe waar daardie diskresie nie redelik en behoorlik uitgeoefen is nie. By oorweging van die diskresie moet die hof van appel in aanmerking neem of die welbekende faktore in S v Zinn 1969(2) SA 537 (A) en wat ook in latere beslissings herhaal is onder andere in S v Swart 2004(2) SASV 370 (A) te 377E-F naamlik die erns van die misdryf, die belange van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die oortreder behoorlik en ewewigtig
oorweeg is. By oorweging van die boete van R10 000 of 18 maande gevangenisstraf, is ek oortuig dat die verhoorhof die faktore behoorlik en ewewigtig oorweeg het en as gevolg daarvan nie daarmee inmeng nie. Ek is ook van mening dat toe die appellant se bestuurslisensie opgeskort is, die diskresie in artikel 35(3) behoorlik toegepas is. Artikel 35(3) van die Wet bepaal dat waar Yi hof oortuig is dat daar omstandighede bestaan wat nie die opskorting van n lisensie regverdig nie, of vir Yi korter periode opgeskort behoort te word, daardie Hof so n bevel mag maak Of sodanige omstandighede inderdaad teenwoordig is, is 'n feitlike vraag. Waar sodanige omstandighede bestaan, kom die uitoefening van die hof se diskresie ter sprake. (In hierdie geval sien S v Mapu 1995(1) SASV 209 (O).) In casu het die verhoorlanddros die appellant se persoonlike omstandighede, onder andere dat die appellant se werk vereis dat hy bestuur en dat sy besigheid die reis na en van potensiele nuwe kliente behels oorweeg, en sy diskresie toegepas deur nie die voorgeskrewe vyf jaar opskorting te beveel nie. Daar behoort nie ligtelik met die voorgeskrewe periode van opskorting ingemeng te word nie. In hierdie geval, sowel as onder watter omstandighede sy bestuurderslisensie noodsaaklik is, sien S v (?) and Five Similar Cases 2002(1) SASV 391 (OK): "I also believe that the magistrates are too easily enduced to
order that the suspension of licences should not follow upon a conviction. Potential offenders are less likely to drive and drink if they know that, if caught, they will be precluded from driving their vehicle for six months and that they will have to be fetched and carried by chauffeurs or members of their family on a daily basis until the period of suspension is over. Perhaps only those who can show that a driver's licence is essential for the performance of their employment, such as a taxi driver or a driver of a truck used for deliveries or long distance haulage, should be given the privilege of exemption from the provisions of section 35(1). Convicted offenders who must use a vehicle to drive to and from their place of employment, should perhaps not be exempted and rather be compelled to employ a driver for the period of suspension." Na my mening is die omstandighede hier teenwoordig van so h aard dat daar met die voorgeskrewe periode van opskorting ingemeng moet word. Artikel 35(1) skryf vyf jaar voor in die geval van Yi tweede oortreding. Die verhoorlanddros het wel afgewyk van artikel 35(3) en slegs n periode van ses maande opgele. In die omstandighede word die appel ten opsigte van skuldigbevinding en vonnis asook ten opsigte van die opskorting van die bestuurderslisensie van die hand gewys. FORTUIN, J GOLIATH, R: Ek stem saam en dit word so beveel. Die appel teen skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys, die opskorting van appellant se rybewys vir 'n periode van ses maande word bekragtig. GOLIATH,
R
UITSPRAAK
FORTUIN, R:
Die appellant het in die landdroshof te Bredasdorp tereggestaan op Vi aanklag van die oortreding van artikel 65(1)(A) van die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996 ("die Wet"), naamlik dronkbestuur, alternatiewelik die oortreding van artikel 65(2)(a) van die Wet, naamlik h oormatige hoeveelheid alkohol in die bloed.
Die appellant is op 1 Desember 2009 skuldig bevind op die hoofaanklag en op dieselfde datum gevonnis tot Yi boete van R10 000 of 18 maande gevangenisstraf. Die appellant se rybewys is ingevolge artikel 35 van die Wet opgeskort vir n periode van ses (6) maande.
Op 17 Desember 2009 is verlof tot appe! teen skuldigbevinding en vonnis en opskorting van bestuurderslisensie toegestaan. Die appellant kom nou in hoer beroep teen beide skuldigbevinding en vonnis.
Op 7 Oktober 2006 het die appellant na bewering te Hoofweg, Struisbaai, Vi motorvoertuig met registrasienommer CS6404 bestuur terwyl hy onder die invloed van sterk drank was. Dit is gemene saak dat die appellant se voertuig in 'n swaaibeweging van links na regs oor die pad beweeg het. Die appellant het nie onmiddellik sy voertuig tot stilstand gebring toe die polisievoertuig horn agtervolg en beveel om te stop nie. Die appellant het verder oor Vi stopstraat gery sonder om te stop en is deur die polisie van die pad afgetrek. Dit is verder gemene saak dat die appellant voor die voorval sterk drank ingeneem het en dat sy asem na drank geruik het.
Die staatsgetuies kan soos volg opgesom word:
1. Volgens die polisiebeampte was die appellant onvas op sy voete, was hy rooi in sy gesig en was sy spraak belemmer.
2. Die appellant se voertuig het heen en weer oor die pad beweeg en net byna teen die voertuig voor die patrollievoertuig gebots.
3. Na die voertuig agternagesit is, het die voertuig sonder om te stop oor 'n stopstraat beweeg.
4. Dr Bosch se getuienis oor die kliniese ondersoek het die volgende addisionele aspekte aan die lig gebring:
4.1. Fyn nistagmus wat kan dui op onder andere ooginfeksie of moegheid;
4.2. Die appellant se spraak was heeltemal normaal.
4.3. Die appellant se loop en omdraai was normaal.
4.4. Die appellant was "waarskynlik" lig onder die invloed van alkohol.
4.5. Die appellant was goed georienteerd ten opsigte van tyd en plek.
4.6. Die appellant se gesig kon rooi gewees het omdat hy heeldag in die son was.
Die appellant se weergawe is in kort dat hy die betrokke dag aan "n marathon deelgeneem het en die heeldag sonder beskerming in die son was en sodoende sonbrand opgedoen het. Hy het vier biere gedrink. Hy het nie die polisievoertuig se sirene gehoor nie, aangesien sy radio aangeskakel was. Hy het wel heen en weer oor die pad beweeg omdat hy besig was om h sigaret aan te steek. Hy het links in Duikerweg afgedraai omdat hy van mening was dat die polisie wou verbykom omdat hulle op pad was na Yi ander misdaadtoneel.
Die gronde van appel ten opsigte van skuldigbevinding is in kort dat die Staat se saak nie bo redelike twyfel bewys is nie. Dit is belangrik om te beklemtoon onder watter omstandighede h hof van appel met die skuldigbevinding deur 'n verhoorhof sal inmeng. Dit is geykte reg dat sodanige inmenging slegs sal geskied waar die hof van appel oortuig is dat die evaluasie van die getuienis nie korrek was nie. (Sien in hierdie verband S v Mlumbe & ti Ander 1991(1) SASV 235 (A) en veral te 249b-250b.)
Dit is inderdaad so dat daar verskille tussen die weergawes van die Staat was, onder andere, inspekteur Davids se getuienis oor presies hoe onvas die appellant op sy voete was. Dit is egter so dat die gunstige geloofwaardigheidsbevinding ten opsigte van inspekteur Jumat korrek blyk te wees.
Ek is in ooreenstemming met die verhoorlanddros dat inspekteur Jumat se getuienis tot Yi groot mate stawing vir inspekteur Davids bied. Op die appellant se eie weergawe het hy sterk drank ingeneem voordat hy die voertuig bestuur het.
Ek is van mening dat die verhoorlanddros se evaluasie van die getuienis korrek was en dat daar nie "n mistasting begaan is nie. Ek sou gevolglik nie met die skuldigbevinding inmeng nie.
Dit is geykte reg dat vonnis aan die verhoorhof toevertrou word en dat 'n hof van appel nie geredelik sal inmeng nie, behalwe waar daardie diskresie nie redelik en behoorlik uitgeoefen is nie.
By oorweging van die diskresie moet die hof van appel in aanmerking neem of die welbekende faktore in S v Zinn 1969(2) SA 537 (A) en wat ook in latere beslissings herhaal is onder andere in S v Swart 2004(2) SASV 370 (A) te 377E-F naamlik die erns van die misdryf, die belange van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die oortreder behoorlik en ewewigtig oorweeg is.
By oorweging van die boete van R10 000 of 18 maande gevangenisstraf, is ek oortuig dat die verhoorhof die faktore behoorlik en ewewigtig oorweeg het en as gevolg daarvan nie daarmee inmeng nie.
Ek is ook van mening dat toe die appellant se bestuurslisensie opgeskort is, die diskresie in artikel 35(3) behoorlik toegepas is. Artikel 35(3) van die Wet bepaal dat waar Yi hof oortuig is dat daar omstandighede bestaan wat nie die opskorting van n lisensie regverdig nie, of vir Yi korter periode opgeskort behoort te word, daardie Hof so n bevel mag maak
Of sodanige omstandighede inderdaad teenwoordig is, is 'n feitlike vraag. Waar sodanige omstandighede bestaan, kom die uitoefening van die hof se diskresie ter sprake. (In hierdie geval sien S v Mapu 1995(1) SASV 209 (O).) In casu het die verhoorlanddros die appellant se persoonlike omstandighede, onder andere dat die appellant se werk vereis dat hy bestuur en dat sy besigheid die reis na en van potensiele nuwe kliente behels oorweeg, en sy diskresie toegepas deur nie die voorgeskrewe vyf jaar opskorting te beveel nie. Daar behoort nie ligtelik met die voorgeskrewe periode van opskorting ingemeng te word nie. In hierdie geval, sowel as onder watter omstandighede sy bestuurderslisensie noodsaaklik is, sien S v (?) and Five Similar Cases 2002(1) SASV 391 (OK):
"I also believe that the magistrates are too easily enduced to order that the suspension of licences should not follow upon a conviction. Potential offenders are less likely to drive and drink if they know that, if caught, they will be precluded from driving their vehicle for six months and that they will have to be fetched and carried by chauffeurs or members of their family on a daily basis until the period of suspension is over. Perhaps only those who can show that a driver's licence is essential for the performance of their employment, such as a taxi driver or a driver of a truck used for deliveries or long distance haulage, should be given the privilege of exemption from the provisions of section 35(1). Convicted offenders who must use a vehicle to drive to and from their place of employment, should perhaps not be exempted and rather be compelled to employ a driver for the period of suspension."
Na my mening is die omstandighede hier teenwoordig van so h aard dat daar met die voorgeskrewe periode van opskorting ingemeng moet word. Artikel 35(1) skryf vyf jaar voor in die geval van Yi tweede oortreding. Die verhoorlanddros het wel afgewyk van artikel 35(3) en slegs n periode van ses maande opgele.
In die omstandighede word die appel ten opsigte van skuldigbevinding en vonnis asook ten opsigte van die opskorting van die bestuurderslisensie van die hand gewys.
FORTUIN, J
GOLIATH, R: Ek stem saam en dit word so beveel. Die appel teen skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys, die opskorting van appellant se rybewys vir 'n periode van ses maande word bekragtig.
GOLIATH, R
/IM /...
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.