Download PDF

South Africa Judgment

North Gauteng High Court, Pretoria

Loots and Another v Lubbe (71481/2011) [2014] ZAGPPHC 1041 (20 November 2014)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the CM 100 form, although signed by Mr Ehrus Lubbe and submitted to the Master as part of the voluntary liquidation process, was not shown to have been communicated to Avello or its representative. There was no evidence that Avello became aware of the acknowledgment of liability contained in the CM 100. Section 14(1) of the Prescription Act requires that the acknowledgment be made to the creditor or its representative. The mere submission of the document to the Master does not satisfy this requirement, nor does the fact that the document could be accessed by interested parties. As the applicants failed to prove that prescription was interrupted, the claim against the respondent based on the suretyship had prescribed.

Court disposition

The applicants' claim is dismissed with costs, including the costs of two counsel.

Orders

  • The claim against the respondent is dismissed.
  • The applicants are ordered to pay the respondent's costs, including the costs of two counsel.

02

Material facts

Parties

P H Loots

Applicant

C B Nel

Applicant

C Lubbe

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Judgment / Trial

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicants argued that the CM 100 form, signed by Mr Ehrus Lubbe and submitted to the Master in the voluntary liquidation of Avello Blyde BK, constituted an acknowledgment of liability under section 14(1) of the Prescription Act. They contended that this acknowledgment interrupted prescription, and that the amounts claimed had not prescribed. They further argued that the submission of the CM 100 to the Master, and its availability to the liquidator and any interested party, satisfied the requirement that the acknowledgment be made to the creditor or its representative.
Respondent
The respondent raised a special plea of prescription, contending that the amounts claimed became due and payable on various dates in 2008, and that more than three years elapsed before service of summons in December 2011. The respondent denied that the CM 100 constituted an acknowledgment of liability to the creditor, arguing that it was not made to Avello or its representative, and therefore did not interrupt prescription. The respondent further denied that any other basis existed to prevent prescription.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Markham v South African Finance & Industrial Co Ltd 1962 (3) SA 669 (AD) 676E-G

    An acknowledgment of liability must be made to the creditor or its representative to interrupt prescription under section 14(1) of the Prescription Act 68 of 1969.

  2. 02

    Pentz v Government of the Republic of South Africa 1983 (3) SA 584 (AD) 594B-E

    A document submitted to the Master in liquidation proceedings does not, without evidence of communication to the creditor, constitute an acknowledgment of liability to the creditor.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the CM 100 form, although signed by Mr Ehrus Lubbe and submitted to the Master as part of the voluntary liquidation process, was not shown to have been communicated to Avello or its representative. There was no evidence that Avello became aware of the acknowledgment of liability contained in the CM 100. Section 14(1) of the Prescription Act requires that the acknowledgment be made to the creditor or its representative. The mere submission of the document to the Master does not satisfy this requirement, nor does the fact that the document could be accessed by interested parties. As the applicants failed to prove that prescription was interrupted, the claim against the respondent based on the suretyship had prescribed.

Obiter and limits

  • It is unnecessary to consider the other defences raised by the respondent in light of the finding on prescription.
  • The statutory requirements for acknowledgment of liability are strict and must be satisfied by clear evidence of communication to the creditor.

Court disposition

The applicants' claim is dismissed with costs, including the costs of two counsel.

  • The claim against the respondent is dismissed.
  • The applicants are ordered to pay the respondent's costs, including the costs of two counsel.

Source and reliance status

North Gauteng High Court, Pretoria

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

North Gauteng High Court, Pretoria

Judgment

[2014] ZAGPPHC 1041

DIE GAUTENG AFDELING VAN DIE HOOGGEREGSHOF,

PRETORIA

SAAK NR: 71481/2011

DATUMS GEHOOR: 7, 10, 12 NOV. 2014

DATUM: 20 NOVEMBER 2014

In die saak tussen:

P H LOOTS..............................................................................................Eerste eiser

C B NEL.................................................................................................Tweede eiser

en

C LUBBE.................................................................................................Verweerder

UITSPRAAK

J W LOUW. R

[1] Op 18 Julie 2003 het Avello (Edms) Bpk ("Avello"), toe bekend as Waterberg Unique (Edms) Bpk, 'n skriftelike kredietooreenkoms gesluit met Straight Lines Trading 14 (Edms) Bpk ("Straight Lines") ingevolge waarvan Avello landbou gifstowwe aan Straight Lines sou verskaf. Laasgenoemde se naam is later verander na Avello Letaba en nog later na Avello Blyde.

[2] Op 21 Julie 2003 het Avello en Straight Lines 'n skriftelike konsessie ooreenkoms gesluit ingevolge waarvan Avello vir Straight Lines gelisensieer het om 'n besigheid vir die verspreiding en bemarking van Avello se reeks produkte op te rig en te bedryf in die area wat aangetoon word op 'n kaart wat by die ooreenkoms aangeheg is en wat die Hoedspruit en Letsitele distrikte ingesluit het. Die lisensie het Straight Lines gemagtig om Avello se bedryfstelsel en immaterieel goedereregte (wat onder andere Avello se handelsmerke ingesluit het) te gebruik.

[3] Dit is gemene saak dat Mnr. Ehrus Lubbe, wat op daardie stadium die enigste direkteur en aandeelhouer van Straight Lines was, homself teenoor Avello as borg verbind het vir die verpligtinge van Straight Lines ingevolge die kredietooreenkoms en die konsessie ooreenkoms.

[4] Op 25 Februarie 2004 het Avello en Avello Letaba (voorheen Straight Lines) 'n nuwe skriftlike konsessie ooreenkoms en skriftelike

kredietooreenkoms gesluit. Op dieselfde datum het die verweerder, Mnr. Conrad Lubbe, die broer van Mnr. Ehrus Lubbe, 'n borgakte

onderteken ingevolge waarin hy homself as borg teenoor Avello verbind het vir die behoorlike nakoming deur Straight Lines en Avello Letaba van hul verpligtinge "in terme van die Konsessie-ooreenkoms en Kredietooreenkoms". Dit is gemene saak dat die verweerder op daardie stadium 'n direkteur en aandeelhouer van Avello Letaba was. Dit is verder gemene saak dat die tweede stel ooreenkomste die eerste stel ooreenkomste vervang het, maar dat enige skuldverpligting wat op 25 Februarie 2004 ingevolge die eerste stel ooreenkomste aan Avello verskuldig was, nie deur die aangaan van die tweede stel ooreenkomste op 25 Februarie 2004 uitgewis is nie.

[5] Op 1 November 2004 het Avello Blyde (voorheen Avello Letaba) 'n skriftelike konsessie ooreenkkoms en 'n skriftelike kredietooreenkoms met Avello gesluit. Die terme van hierde derde stel ooreenkomste is bykans identies aan die tweede stel ooreenkomste. Dit is gemene saak tussen die partye dat die derde stel ooreenkomste die tweede stel vervang het maar dat enige skuld wat Avello Blyde op 1 November 2004 teenoor Avello gehad het in terme van die tweede stel ooreenkomste nie uitgewis is deur die aangaan van die derde stel ooreenkomste nie. Dit is verder gemene saak dat die verweerder op 1 November 2004 nie meer 'n direkteur of aandeelhouer van Avello Blyde was nie.

[5] Op 22 Februarie 2011 het Avello al sy regte teen sy debiteure, insluitend Avello Blyde, aan die eisers gesedeer. Op 30 September 2011 het Avello sy regte voortspruitend uit die borgakte wat deur die verweerder onderteken is aan die eisers gesedeer. Die eisers dagvaar die verweerder op grand van die borgakte vir die bedrae wat Avello Blyde aan Avello verskuldig was en nou, uit hoofde van die sessie, aan die eisers verskuldig is. Dit is gemene saak tussen die partye dat a lie bedrae wat op 1 November 2004 deur Avello Blyde verskuldig was, gedelg is voor uitreiking van dagvaarding. Die vraag is dus of die borgakte wat op 1 Novemebr 2004 deur die verweerder onderteken is ook geld ten aansien van Avello Blyde se verpligtinge uit hoofde van die derde stel ooreenkomste.

[6] Die verweerder het verskeie verwere hierteen geopper. Die verweerder het egter ook 'n spesiale pleit van verjaring geopper. Daarin word beweer dat die onderskeie bedrae wat geëis word reeds opeisbaar en betaalbaar was op 30 Junie 2008, alternatiewelik op 16 Julie 2008, alternatiewelik op 13 Oktober 2008. Die eisers se dagvaarding is op 15 Desember 2011 op die verweerder beteken. Die verweerder pleit dat daar derhalwe meer as drie jaar sedert die gemelde datums verloop het op datum van betekening van die dagvaarding en dat die eisers se eis gevolglik verjaar het.

[7] Die eisers het 'n repliek op die spesiale pleit van verjaring geliasseer. Daarin word gepleit dat Avello Blyde op 29 April 2009

ingevolge die Wet op Beslote Korporasies omgeskakel is na 'n beslote korporasie, dat Mnr. Ehrus Lubbe, wat te alle relevante tye 'n lid van die beslote korporasie was, op 21 Mei 2009 skriftelik bevestig het dat Avello Blyde BK teenoor Avello aanspreeklik is vir betaling van die bedrae wat nou van die verweerder gevorder word en dat Avello Blyde BK op 1 Julie 2009 by wyse van 'n spesiale besluit gelikwideer is. Die eisers pleit dat die skriftelike bevestiging 'n erkenning van aanpreekllikheid soos bedoel in art. 14(1) van die Verjaringswet 68 van 1969 was wat verjaring gestuit het. Die skriftelike bevestiging waarop die eisers steun is 'n vorm CM 100, synde 'n uiteensetting van die toestand van sake (statement of affairs) van die beslote korporasie soos deur art. 363 van die Maatskappywet 61 van 1973 ("die Wet") vereis by vrywillige likwidasie en wat op 21 Mei 2009 deur Mnr Ehrus Lubbe onderteken is. Die bedrae wat Avello Blyde BK aan Avello verskuldig is blyk uit die CM 100.

[8] Die partye is dit eens dat indien die CM 100 nie 'n erkenning van aanspreeklikheid soos bedoel in art. 14(1) van die Verjaringswet is nie, die eisers se eis teen die verweerder verjaar het. Die partye is dit verder eens dat 'n erkenning van aanspreeklikheid, ten einde effektief te wees, gemaak moet word aan (teenoor) die skuldeiser of sy verteenwoordiger.1 Die verweerder het erken dat die CM 100 deur Mnr. Ehrus Lubbe onderteken is vir doeleindes van die besluit om Avello Blyde BK vrywillig te likwideer, dat die dokument voor die lede van die beslote korporasie gedien het wat die besluit geneem het en dat die

besluit by die Meester ingedien is soos vereis deur art. 356(2) van die Wet. Die verweerder het egter ontken dat die erkenning van aanspreeklikheid aan of teenoor Avello gemaak is.

[9] Dit is namens die eisers geargumenteer dat daar aan die vereiste dat die erkenning van aanspreeklikheid aan of tenoor Avello gemaak moes gewees het, voldoen is deurdat die vorm CM 100 by die Meester ingedien is, die Meester ingevolge art. 363(5) van die Wet by die aanstelling van 'n likwidateur 'n afskrif van die vorm CM 100 aan die likwidateur moet voorsien, en enige persoon ingevolge art. 363 (6) van die Wet geregtig is om, teen betaling van die voorgeskrewe gelde, die vorm CM 100 in te sien of aansoek te doen om 'n afskrif daarvan of 'n uittreksel daaruit.

[10] Na my mening is daar geen meriete in hierdie argument nie. Artikel 363 vereis nie dat die CM 100 deur die betrokke beslote korporasie of deur die Meester aan die krediteure van die beslote korporasie voorsien moet word nie. Daar is ook geen verpligting op 'n krediteur om, indien hy van die vrywillige likwidasie van die beslote korporasie bewus sou word, aansoek te doen om die CM 100 in te sien of om 'n afskrif daarvan aansoek te doen nie. Die eisers het geen getuienis aangebied dat die vorm CM 100 op enige stadium tot die kennis van Avello gekom het nie. Dit volg dat die eisers nie bewys het dat die vorm CM 100 die loop van verjaring gestuit het nie. Die gevolg daarvan is dat die eisers se eis teen die verweerder verjaar het.

[10] In die lig van hierdie bevinding is dit nie nodig om die ander verwere wat deur die verweerder geopper is te oorweeg nie.

[11] Die eisers se eis word gevolglik van die hand gewys met koste, insluitend die koste van twee advokate.

1 Sien Markham v South African Finance & Industrial Co Ltd 1962 (3) SA 669 (AD) 676E-G; Pentz v Government of the Republic of South Africa 1983 (3) SA 584 (AD) 594B-E.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Markham v South African Finance & Industrial Co Ltd 1962 (3) SA 669 (AD)

Case cited

Pentz v Government of the Republic of South Africa 1983 (3) SA 584 (AD)

Case cited

Prescription Act 68 of 1969

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Companies Act 61 of 1973

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.