Mbele and Another v S (A207/11) [2012] ZAFSHC 184 (27 September 2012)
- Citation
- [2012] ZAFSHC 184
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Kruger, Mocumie, Danzfuss
- Case number
- A207/11
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Kruger, Mocumie, Danzfuss
- Case number
- A207/11
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the evidence against the first appellant, including similar fact evidence and cellphone records, established his involvement in all the hijacking incidents beyond reasonable doubt. The pattern of conduct and the close association between the first appellant and other accused supported the conviction on all counts, including the charge under section 9(2)(a) of the Prevention of Organised Crime Act. In contrast, the evidence against the second appellant on counts 14 to 17 was insufficient; his version that he was innocently present was reasonably possibly true, and there was no corroborating evidence such as cellphone records or direct identification. The benefit of the doubt was given to the second appellant, and his convictions on those counts were set aside.
Court disposition
First appellant's appeal against conviction and sentence is dismissed; convictions and sentences confirmed. Second appellant's appeal succeeds; convictions and sentences on counts 14, 15, 16, and 17 are set aside.
Orders
- The first appellant's appeal against his convictions and sentences is dismissed and his convictions and sentences are confirmed.
- The second appellant's appeal succeeds and his convictions and sentences on counts 14, 15, 16, and 17 are set aside.
02
Material facts
Parties
Bongani Mbele
Appellant Counsel: Adv P W NelSifisa Dludlu
Appellant Counsel: Adv P W NelThe State
Respondent Counsel: Adv M A Mohlala03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the convictions of the first appellant on all counts were supported by evidence beyond reasonable doubt.
- 02
Whether the conviction of the second appellant on counts 14 to 17 was justified or whether his version was reasonably possibly true.
- 03
Whether similar fact evidence could be used to link the first appellant to all the truck hijacking incidents.
- 04
Whether the requirements of section 9(2)(a) of the Prevention of Organised Crime Act were met for a conviction on count 1.
Party arguments
- Applicant
- The first appellant argued that the evidence, particularly the similar fact evidence, was insufficient to link him to all the hijacking incidents. The second appellant contended that his presence in the vehicle during the seventh hijacking incident could be explained innocently and that there was a possible error in translation regarding his involvement. Both appellants challenged the reliability of the identification evidence and the sufficiency of the cellphone records.
- Respondent
- The State argued that there was a striking similarity between the facts of the various hijacking incidents, including the modus operandi, location, timing, and involvement of the same group of individuals. The State relied on cellphone evidence and the pattern of conduct to establish the appellants' involvement in all the offences. The State submitted that the requirements for similar fact evidence were met and that the first appellant's participation was proven beyond reasonable doubt.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v D 1991 (2) SACR 543 (A)
Similar fact evidence may be admitted where there is a striking similarity in the modus operandi and circumstances of the offences, supporting the inference of the accused's involvement.
- 02
S v M 1985 (1) SA 1 (A)
A conviction must be based on evidence that proves the accused's guilt beyond reasonable doubt; where the accused's version is reasonably possibly true, he is entitled to acquittal.
- 03
Prevention of Organised Crime Act 121 of 1998
For a conviction under section 9(2)(a) of the Prevention of Organised Crime Act, it is not necessary to prove membership of a criminal gang, but a pattern of criminal gang activities must be established.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the evidence against the first appellant, including similar fact evidence and cellphone records, established his involvement in all the hijacking incidents beyond reasonable doubt. The pattern of conduct and the close association between the first appellant and other accused supported the conviction on all counts, including the charge under section 9(2)(a) of the Prevention of Organised Crime Act. In contrast, the evidence against the second appellant on counts 14 to 17 was insufficient; his version that he was innocently present was reasonably possibly true, and there was no corroborating evidence such as cellphone records or direct identification. The benefit of the doubt was given to the second appellant, and his convictions on those counts were set aside.
Obiter and limits
- The court noted the importance of accurate translation in criminal proceedings, as errors may materially affect the outcome.
- The court expressed concern about the lack of detailed evidence regarding the explanation accepted by police for the presence of the vehicle's driver, which could have impacted the assessment of the second appellant's involvement.
Court disposition
First appellant's appeal against conviction and sentence is dismissed; convictions and sentences confirmed. Second appellant's appeal succeeds; convictions and sentences on counts 14, 15, 16, and 17 are set aside.
- The first appellant's appeal against his convictions and sentences is dismissed and his convictions and sentences are confirmed.
- The second appellant's appeal succeeds and his convictions and sentences on counts 14, 15, 16, and 17 are set aside.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Appèlnommer: A207/11
In die appèl tussen:-
BONGANI MBELE .........................................................Eerste Appellant
SIFISA
DLUDLU ..........................................................Tweede Appellant
en
DIE
STAAT ...........................................................................Respondent
_____________
HOF: KRUGER et MOCUMIE, RR et DANZFUSS, WND R
AANGEHOOR OP: 3 SEPTEMBER 2012
GELEWER OP: 27 SEPTEMBER 2012
UITSPRAAK DEUR: KRUGER, R
[1] Hierdie is ‘n appèl deur beskuldigdes 2 en 3 (appellante 1 en 2) teen hulle skuldigbevinding in die Rondgaande Hof, Harrismith. Daar was ses beskuldigdes op verhoor op 19 klagtes. Beskuldigdes 4, 5 en 6 is op alle aanklagte onskuldig bevind en ontslaan. Die klagtes spruit voort uit sewe vragmotorkapings gevalle. Klagte 1 betref bendebedrywighede soos bedoel in artikel 9(2)(a) van die Wet op Georganiseerde Misdaad 121 van 1998, en klagtes 18 en 19 betref die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
[2] Beskuldigde 1 is skuldig bevind op alle klagtes 1 – 17, maar nie op klagtes 18 en 19, betreffende die besit van vuurwapens en ammunisie, nie. Beskuldigde 2 (eerste appellant) is skuldig bevind aan alle klagtes 1 – 19. beskuldigde 3 (tweede appellant) is slegs skuldig bevind aan klagtes 14, 15, 16 en 17 (die sewende kapingsinsident).
[3] Die verhoorhof het beskuldigde 1 se aansoek om verlof om te appelleer afgewys, en hy het dit nie verder gevoer nie. Die verhoorhof het ook beskuldigde 2 se aansoek om verlof tot appèl afgewys, en hy het ‘n petisie na die Hoogste Hof van Appèl gerig wat toegestaan is. Die skuldigbevindings van beskuldigde 2 (eerste appellant) op alle klagtes 1 – 19 is dus voor hierdie hof. Beskuldigde 3 (tweede appellant) is soos vermeld slegs skuldig bevind aan klagtes 14, 15, 16 en 17 en die verhoorhof het sy aansoek om verlof om te appelleer toegestaan.
[4] Dit is dienlik om, soos die verhoorhof ook gedoen het, te begin by klagtes 14 – 17 en met die tweede appellant se saak. Die verhoorhof het verlof tot appèl toegestaan, omdat daar ook ‘n vierde persoon saam met beskuldigdes 1 en 3 in die voertuig was, wat beskuldigde 2 kom oplaai het, toe die beskuldigdes na die sewende kaping gearresteer is. Die verhoorhof het bevind dat beskuldigde 3 se teenwoordigheid in die voertuig dalk op ‘n onskuldige wyse verduidelik kan word.
DIE GETUIENIS TEEN BESKULDIGDE 3 OP KLAGTES 14 – 17
[5] Klagte 14 betref die kaping van ‘n vragmotor waar Petrus Nene die klaer was op 15 Junie 2009. Petrus Nene getuig dat hy op daardie dag sy perd en sleepwa vanaf Johannesburg na Durban bestuur het. Hy het geen vrag gehad nie en sy twee susters was saam met hom. By die Villiers tolhek was daar ‘n probleem met sy kaart. Die dame by die tolhek het hom laat deurry, maar hy moes terugstap en sy bestuurderslisensie vir haar gaan toon. Toe Nene terugklim in sy voertuig, was daar ‘n persoon agter hom wat ‘n vuurwapen op hom gerig het. Daardie persoon het saam met hom in die trok geklim. Daar was drie rowers; twee het aan die linkerkant van die vragmotor ingeklim. Hulle het hom en sy twee susters vasgebind en op die bed in die trok laat lê. Een van die rowers het die trok bestuur tot by die Frankfort afrit. Hulle het langs ‘n windmeule gestop en vir Nene en sy twee susters beveel om af te klim. Een persoon het daar by hulle drie agtergebly en die ander twee het weggery. Na ‘n lang tyd het Nene daarin geslaag om homself los te maak en die vuurwapen van hulle bewaker af te neem. Nene het vir een van sy susters na die pad gestuur om verbygaande voertuie te probeer stop. Nene en sy suster het die rower met sy eie skoenveters vasgebind. Na ses ure het die polisie aangekom. Nene het beskuldigde 2 uitgewys as hulle bewaker op ‘n uitkenningsparade. Nene kon ook beskuldigde 1 uitwys omdat beskuldigde 1 ‘n baie abnormale oog het, waarvan die ooglid hang en hy kon dit net halfpad oopmaak. Nene het getuig dat beskuldigde 2 op sy selfoon gepraat het tydens die roof en aanhouding. Hy het gehoor beskuldigde 2 sê op die foon dat hulle moet terugkom en hom kom haal, want hy kry koud. Nene het beskuldigde 2 se selfoon aan die polisie gegee.
[6] In kruisondervraging, namens beskuldigde 1, sê Nene dat hy op die uitkenningsparade vir beskuldigde 1 uitgewys het, sowel as ene Samuel Tsotetsi, wat nie ‘n beskuldigde voor die hof was nie. Hy wys egter beskuldigde 2 in die hof uit as die persoon wat hom en sy twee susters aangehou het. Hy noem glad nie beskuldigde 3 se naam nie.
[7] Inspekteur Van der Merwe het getuig dat hy die nag van 15 Junie 2009 om kwart voor twaalf deur sy stasiebevelvoerder gebel is om na die polisiestasie te gaan waar beskuldigde 2 reeds in arres was. Hy het beskuldigde 2 ondervra. Beskuldigde 2 se selfoon het kort-kort gelui en Inspekteur Van der Merwe het afgelei dat hy met ene Wiseman praat (beskuldigde 1 heet Wiseman). Inspekteur Van der Merwe het uit die gesprekke, wat deur ‘n kollega vir hom getolk is, afgelei dat beskuldigde 1 op pad was om vir beskuldigde 2 te kom oplaai. Inspekteur Van der Merwe is toe weg om beskuldigde 1 te gaan inwag. Dit was eenuur in die oggend. Inspekteur Van der Merwe, Inspekteur Mokoena en beskuldigde 2 het op ‘n grondpad ingetrek en in die donker gesit en wag. Beskuldigde 2 se selfoon het kort-kort gelui en hulle kon vasstel waar beskuldigde 1 was. Beskuldigde 2 het telkens self gepraat oor sy selfoon. Die voertuig het verbygekom. Van der Merwe het dit agtervolg. Die ander voertuig het weggejaag. Hy moes 160 km/h ry om by te hou en het die voertuig ingehaal. Van der Merwe het die voertuig van die pad afgedruk. Toe stop die voertuig. Daar was drie insittendes in die voertuig. Hulle het die drie persone laat uitklim en hulle gevisenteer. By beskuldigde1 is twee selfone gekry, een met ‘n simkaart en een sonder ‘n simkaart. Bewysstuk 3 is die foon met die simkaart. Die een sonder die simkaart is bewysstuk 4.
[8] Op die toneel sit Van der Merwe toe die gebreekte simkaart wat hy langs beskuldigde 1 gekry het in bewysstuk 4. Vanaf beskuldigde 2 se foon bel hy toe die nommer wat die heeltyd vir beskuldigde 2 gebel het. Toe lui bewysstuk 4, wat by beskuldigde 1 gevind is, met die gebreekte simkaart daarin. Beskuldigde 2 was toe in die voertuig by die polisie op die toneel. Die ander persoon wat saam met beskuldigde 1 was, was beskuldigde 3. Die polisie het niks by hom gekry nie. Die polisie het die bestuurder van die motor later vrygelaat. Die verhoorhof het verlof tot appèl toegestaan, omdat daar moontlik verwarring kon wees tussen beskuldigde 3 en die bestuurder van die voertuig.
[9] Adjudant Offisier Mosia was op patrolliediens op 15 Junie 2009, toe hy om 22h00 ‘n oproep vanaf die Villiers polisiestasie kry. Langs die pad het hy twee vroue gekry wat hom van die kaping vertel het en ook meegedeel het dat die kaper onder bewaking was. Hulle het beskuldigde 2 daar gekonfronteer. Hulle is polisiestasie toe waar hy beskuldigde 2, beskuldigde 2 se selfoon en pistool aan Inspekteur Van der Merwe oorhandig het. Later die nag het Inspekteur Van der Merwe hulle gebel en laat weet dat hy ‘n voertuig met die verdagtes agtervolg. Mosia en sy kollega het by die jaagtog aangesluit. Waar Van der Merwe die ander voertuig laat stop het, het Mosia en sy kollega net vir moontlike bystand gestop. Daar was drie persone in die Conquest voertuig wat Inspekteur Van der Merwe afgetrek het. Mosia was nie by die arrestasie betrokke nie. Adjudant Offisier Mosia impliseer nie vir beskuldigde 3 nie, want hy wys niemand uit nie.
[10] Adjudant Offisier Bierman getuig dat die bestuurder van die Conquest voertuig, Sabelo, wat gearresteer was saam met beskuldigdes 1, 2 en 3, se verduideliking vir sy teenwoordigheid saam met beskuldigde 1, nagegaan is en bevestig is. Die polisie het hom toe vrygelaat.
[11] ‘n Verdere oorweging wat in ag geneem moet word, is die getuienis van beskuldigde 3. Hy getuig dat op die nag van 15 Junie 2009 het beskuldigde 1 hom gebel en gesê daar is iemand wat ‘n probleem met sy voertuig het. Beskuldigde 3 neem toe vir beskuldigde 1 na een van beskuldigde 3 se vriende (Sabelo) wat ‘n motor het. Sabelo was nie bereid om alleen met beskuldigde 1 te gaan nie en beskuldigde 3 moes ook saamgaan. Toe hulle verby Heidelberg is, het beskuldigde 3 aan die slaap geraak. Hy het wakker geword toe die polisie die motor gestop het. By die polisiestasie is Sabelo, die bestuurder van die motor vrygelaat. In kruisondervraging namens beskuldigde 1 sê beskuldigde 3 dat toe beskuldigde 1 daar aangekom het in die nag, het hy ‘n BMW voertuig bestuur en daarmee is hulle na Sabelo. Op ‘n vraag wat verkeerd was met die BMW sê beskuldigde 3 dat dit oorverhit het. Dit word dan aan hom gestel dat hy in hoofgetuienis gesê het dat beskuldigde 1 vir hom sou gesê het dat ‘n ander persoon, wat beskuldigde 1 ken, ‘n probleem met ‘n voertuig het. Op hierdie vraag van die verhoorregter antwoord beskuldigde 3 dat hy nooit gesê het dat daar is iemand wat ‘n probleem met ‘n motor het nie. “He only said to me he needs transport”. Hierdie getuienis is teenstrydig met wat beskuldigde 3 in sy hoofgetuienis gesê het “He told me that there is somebody who has just called him and that that
somebody is having a problem with his vehicle”. Beskuldigde 3 sê die tolk het dalk ‘n fout gemaak. Adv Reyneke, vir beskuldigde 1, stel dit dat die storie van die motor was op 12 Junie, nie op 15 Junie nie en dit wil voorkom of beskuldigde 3 daarmee saamstem. In kruisondervraging deur die Staat blyk dit dat dit beskuldigde 2 was wat beskuldigde 1 gebel en vir vervoer gevra het. Volgens beskuldigde 3 is hy en beskuldigde 1 toe na Sabelo, wat hulle twee na beskuldigde 2 toe geneem het.
[12] Op al die getuienis is beskuldigde 3 se weergawe dat hy ‘n onskuldige party was, redelik moontlik waar. Daar was moontlik ‘n fout met die vertolking. Wat pla oor die skuldigbevinding van beskuldigde 3 is die teenwoordigheid van die bestuurder van die voertuig waarin beskuldigdes 1 en 3 was. Daardie bestuurder het teen nagenoeg 160 km/h van die polisie weggejaag. Al wat uit die rekord blyk, is dat die polisie die bestuurder se verduideliking aanvaar het. Wat daardie verduideliking was, weet mens nie. Daar is geen ander getuienis wat beskuldigde 3 verbind nie, soos byvoorbeeld selfoongetuienis nie. Die gesprek in die tronk wat beskuldigde 4 gehoor het waarin beskuldigde 3 homself sou inkrimineer, is deur die verhoorhof buite rekening gelaat. Daar is onvoldoende getuienis om te bevind dat beskuldigde 3 se weergawe nie redelik moontlik waar is nie. Hy moet die voordeel van die twyfel kry. Beskuldigde 3 is op sy ontslag geregtig.
[13] Die ander klagtes waaroor daar nie twyfel oor beskuldigde 2 se skuld is nie, betref die sesde kapingsinsident, klagtes 11, 12 en 13, waar die klaer Percy Malinga was, wat op 12 Junie 2009 plaasgevind het. Volgens beskuldigde 2 se selfoonstate, waaroor Bierman getuig het, toon dat hy en beskuldigde 1 om tien voor sewe in die aand in dieselfde area was, naby die Bothasberg toring. Die state het ook getoon dat beskuldigde 2 die klaer se selfoon gebruik het wat geroof was.
[14] Wat die ander vyf kapingsinsidente betref, sê die verhoorhof die volgende:
“Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat beskuldigdes 1 en 2 se aandadigheid aan al sewe die gevalle van kaping bo redelike twyfel bewese is. Ek verloor nie uit die oog dat beskuldigde 2 se teenwoordigheid op die toneel, anders as die van beskuldigde 1, net in twee van die gevalle deur selfoon getuienis gestaaf word. Dit is egter duidelik dat die verbintenis tussen beskuldigdes 1 en 2 so nou is dat dit aanvaar kan word dat hy ook by die ander gevalle betrokke was.”
[15] Mnr Mohlala, namens die Staat, regverdig die skuldigbevindings van beskuldigde 2 op die basis van die soortgelyke aard van die insidente:
31
“It is submitted that there is a striking similarity between the facts relating to the offences in counts 11 to 17 and the facts relating to the offences in counts 2 to 9.
31.1 The offences were committed in the same area, namely Villiers area or areas in the vicinity thereof.
31.2 The offences were committed at approximately the same time, namely between 17:00 and 19:00.
31.3 The offences were committed by more or less the same number of people, namely three people.
31.4 After each robbery the victims were kept captive by one of the robbers armed with a firearm, and the following morning a vehicle would come to fetch the captor. (except count 2).
31.5 After each robbery the victims are kept captive in the veld not far from the road.
31.6 At least three of the trucks were found the following day (the day after the robbery) at Vivo, Beitbrigde and Musina on their way to Musina and the drivers had mentioned that they got the trucks from accused 1 in the court a quo who had a strong link with the first Appellant.
31.7 The victims were kept captive in more or less the same area:
See: S v D 1991 (2) SACR 543 (A) at 546 G – 547 B
S v Masilela 1987 (4) SA 1 (A) at 5 B – E
S v M 1985 (1) SA 1 (A) at 4 A
Goldberg v Standard General Insurance 1980 (3) SA 200 (A) at 207
R v Bond 1906 (2) KB 398 at 424.
32
It is, therefore, submitted that considering the evidence as a whole the State succeeded to prove beyond reasonable doubt the first Appellant was one of the robbers in counts 2 to 13.”
In S v D (supra) het die hof bevind dat die reeks verkragtings en rowe opvallende ooreenkomste vertoon het, veral ook omdat die aanvaller telkens vir sy slagoffers gesê het “Sleep down”. Dis ‘n ongewone frase en is markant. In S v MASILELA EN ‘N ANDER (supra) was daar getuienis dat ‘n betrokke persoon nie by die een misdryf betrokke was nie. Die misdrywe was dus nie in alle gevalle deur dieselfde persone gepleeg nie (5 B – F). Daar was nie sprake van ‘n bende wat altyd uit dieselfde groep bestaan het nie (5 F). By S v M (supra) was daar onvoldoende getuienis van soortgelyke feite betreffende tyd en plek, kenmerke van optrede, nie. In GOLDBERG se saak (supra) het dit gegaan oor die normale of gewone optrede van ‘n persoon waaruit afleidings gemaak kan word.
[16] Die vraag is of die soortgelyke feite getuienis beskuldigde 2 se deelname aan al die kapingsgevalle bo redelike twyfel bewys. Die kapings het almal in dieselfde area plaasgevind. Die modus operandi was soortgelyk. Beskuldigde 1 was telkens betrokke by die ontslae raak van die gekaapte voertuie. Daar is geen basis om by daardie bevinding in te meng nie. Beskuldigde 2 se skuldigbevindings op klagtes 2 – 17 is in orde.
[17] Wat klagte 1 betref, is die vraag of die beskuldigdes skuldig is aan ‘n oortreding van artikel 9(2)(a). Beskuldigde 2 is skuldig bevind aan onder andere sewe klagtes van roof met verswarende omstandighede en menseroof. Roof en menseroof is misdrywe bedoel in Bylae 1. Al sewe misdrywe is gepleeg na die datum van inwerkingtreding van Hoofstuk 4. Die sewe misdrywe het almal plaasgevind binne ‘n periode wat korter as drie jaar is. Al sewe misdrywe is gepleeg op verskillende geleenthede. Bygevolg voldoen die optrede van beskuldigde 2 aan die omskrywing van “patroon van kriminele bende-aktiwiteite”.
[18] Beskuldigde 2 het verskeie handelinge verrig wat daarop gemik is om twee of meer rooftogte te pleeg binne die tydperk in die woordomskrywings artikel vervat en wel op verskillende geleenthede. Hy is dus skuldig aan oortreding van artikel 9(2)(a) van die gemelde Wet. Vir doeleindes van ‘n skuldigbevinding van oortreding van hierdie subartikel is dit nie nodig om te bewys dat die beskuldigde ‘n lid was van ‘n kriminele bende nie. Gevolglik moet beskuldigde 2 se appèl teen sy skuldigbevinding op klagte 1 misluk.
VONNIS
[19] Die beskuldigdes is soos volg gevonnis:
[20] BEVEL
1. Eerste appellant se appèl teen sy skuldigbevinding en vonnisse word afgewys en sy skuldigbevinding en vonnisse word bekragtig.
2. Tweede appellant (beskuldigde 3) se appèl slaag en sy skuldigbevinding en vonnisse op klagtes 14, 15, 16 en 17 word tersyde gestel.
_____
KRUGER, R
Ek stem saam.
___
B.C. MOCUMIE, R
_______
F.W.A. DANZFUSS, WND R
Namens die appellante: Adv P W Nel
In opdrag van:
Bloemfontein Justice Centre
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv M A Mohlala
In opdrag van:
Direkteur Openbare Vervolgings
/sp
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.