Mbele v S (A198/2010) [2012] ZAFSHC 74 (19 April 2012)
- Citation
- [2012] ZAFSHC 74
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Van Zyl, R, Van Rooyen, WND R
- Case number
- A198/2010
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Van Zyl, R, Van Rooyen, WND R
- Case number
- A198/2010
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appeal court found no basis to interfere with the trial court's credibility findings, noting that the complainants' evidence was corroborated by medical reports and other witnesses. The trial court properly considered the discrepancies in the complainants' evidence and found them understandable given their age and trauma. The appellant's version was found not reasonably possibly true. Regarding sentence, the court held that the prescribed minimum sentence of life imprisonment for rape was applicable and that no substantial and compelling circumstances existed to justify a lesser sentence. The appellant's previous convictions, including for rape, and his status as a habitual offender, were aggravating factors. The sentences for attempted rape were also found to be appropriate. Accordingly, the appeal against both conviction and sentence was dismissed.
Court disposition
Appeal against conviction and sentence dismissed.
Orders
- The appellant's appeal against his convictions and sentences is dismissed.
02
Material facts
Parties
Sello Paulus Mbele
Appellant Counsel: L. SmithThe State
Respondent Counsel: B.G. ClaassensAmounts and remedies
- Appellant's Daily Income Prior to Arrest: ZAR 150
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred in accepting the complainants' evidence and rejecting the appellant's version.
- 02
Whether the absence of DNA evidence undermined the State's case.
- 03
Whether the sentences imposed were shockingly severe and inappropriate.
- 04
Whether there were substantial and compelling circumstances justifying a lesser sentence than the prescribed minimum.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the trial court erred in accepting the complainants' evidence and rejecting his version as not reasonably possibly true. He relied particularly on the absence of DNA evidence linking him to the offences. He further contended that the sentences imposed, especially life imprisonment, were shockingly severe and inappropriate given his personal circumstances and the age of some prior convictions.
- Respondent
- The respondent submitted that the trial court correctly accepted the complainants' evidence, which was corroborated by medical reports and other witnesses. The respondent argued that the absence of DNA evidence did not detract from the overwhelming evidence against the appellant. The respondent maintained that the sentences imposed were appropriate given the seriousness of the offences and the appellant's history as a habitual offender.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Francis 1991 (1) SA 198 (A) at 204 E
An appeal court will only interfere with a trial court's evaluation of oral testimony in exceptional cases where there is a misdirection or irregularity.
- 02
Criminal Law Amendment Act 105 of 1997, section 51
The prescribed minimum sentence for rape involving minors is life imprisonment unless substantial and compelling circumstances exist to justify a lesser sentence.
- 03
General South African criminal law principles
The cautionary rule applies to the evidence of child witnesses, requiring careful scrutiny of their testimony.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appeal court found no basis to interfere with the trial court's credibility findings, noting that the complainants' evidence was corroborated by medical reports and other witnesses. The trial court properly considered the discrepancies in the complainants' evidence and found them understandable given their age and trauma. The appellant's version was found not reasonably possibly true. Regarding sentence, the court held that the prescribed minimum sentence of life imprisonment for rape was applicable and that no substantial and compelling circumstances existed to justify a lesser sentence. The appellant's previous convictions, including for rape, and his status as a habitual offender, were aggravating factors. The sentences for attempted rape were also found to be appropriate. Accordingly, the appeal against both conviction and sentence was dismissed.
Obiter and limits
- The court noted the responsible concessions made by both counsel for the appellant regarding the strength of the State's case and the appropriateness of the sentences.
- The court emphasized the importance of protecting vulnerable child victims and the need for severe sentences in such cases.
Court disposition
Appeal against conviction and sentence dismissed.
- The appellant's appeal against his convictions and sentences is dismissed.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Appélnommer : A198/2010
In die appél tussen:-
SELLO PAULUS MBELE .........................................................Appellant
en
DIE STAAT ...........................................................................Respondent
_____________
CORAM: VAN ZYL, R et VAN ROOYEN, WND R
UITSPRAAK DEUR: VAN ZYL, R
GELEWER OP: 19 APRIL 2012
[1] Appellant het in die Streekhof, Bethlehem, tereggestaan op ses aanklagte van verkragting in terme van Artikel 3, saamgelees met die bepalings van Artikels 56(1), 57, 58, 59, 60 en 61 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), Wet 32 van 72 (hierinlater na verwys as “die Seksuele Misdrywe Wet”), deurdat dit beweer is dat appellant op 4 November 2008 te Bethlehem wederregtelik en opsetlik `n handeling van seksuele penetrasie met ses verskillende klaagsters gepleeg het deur geslagsgemeenskap met elkeen van hulle te hê sonder hulle toestemming. Die klaagsters ten opsigte van die onderskeie aanklagte, is die volgende:
Aanklag 1 – Sebongile Motshoeneng – tien jaar oud.
Aanklag 2 – Nthabiseng Mokoena – tien jaar oud.
Aanklag 3 – Majwalane Motaung – geen ouderdom is in die klagstaat vermeld nie.
Aanklag 4 – Bongiwe Magwagwa – geen ouderdom is in die klagstaat vermeld nie.
Aanklag 5 – Ntaoleng Motaung – tien jaar oud.
Aanklag 6 – Sebongile Moloi – agt jaar oud.
[2] Dit kan reeds op hierdie stadium vermeld word dat die onderskeie ouderdomme van die onderskeie klaagsters ten tyde van die beweerde pleging van die misdrywe, deur die Staat as volg bewys is:
2.1 Aanklag 1 – tien jaar oud;
2.2 Aanklag 2 – twaalf jaar oud;
2.3 Aanklag 3 – dertien jaar oud;
2.4 Aanklag 4 – ses jaar oud;
2.5 Aanklag 5 – elf jaar oud;
2.7 Aanklag 6 – agt jaar oud.
[3] Appellant het regsverteenwoordiging in die hof a quo geniet. Hy het onskuldig gepleit op al die ten laste gelegde misdrywe en geen pleitverduideliking aangebied nie. Appellant is egter op aanklagte 1 en 3 skuldig bevind aan verkragting, terwyl hy op aanklagte 2, 4, 5 en 6 skuldig bevind is aan poging tot verkragting.
[4] Ten opsigte van elk van die aanklagte van verkragting, is appellant lewenslange gevangenisstraf opgelê. Ten opsigte van elk van die skuldigbevindings aan poging tot verkragting, is appellant tien (10) jaar gevangenisstraf opgelê. Dit is gelas dat al die vonnisse samelopend uitgedien moet word.
[5] Appellant se appèl is teen sy skuldigbevindings, sowel as die opgelegde vonnisse gerig.
[6] Dit blyk dat appellant se appèl ten opsigte van die skuldigbevindings daarop gebaseer is dat die hof fouteer het deur die klaagsters se getuienis te aanvaar en appellant se getuienis te verwerp as synde nie redelik moontlik waar nie. In besonder steun appellant daarop dat daar geen DNA toetse is ten opsigte waarvan die uitslag daarvan hom verbind met die beweerde pleging van die misdrywe nie.
[7] Ek ag dit doelmatig vir doeleindes van die hantering van hierdie uitspraak om reeds ter aanvang te vermeld dat Mnr van der Merwe, wie die betoogshoofde namens appellant opgestel het, na behoorlike oorweging van al die getuienis en die uitspraak van die verhoorhof, in sy betoogshoofde vermeld het dat dit sy instruksies is dat die verhoorhof fouteer het deur te bevind dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het, maar dat hy geen submissies in die verband aan die hof kan maak nie. Aanvullend tot laasgenoemde verantwoordelike toegewing van Mnr van der Merwe, het Me Smith, wie namens appellant ten tyde van die argumentering van die appèl verskyn het, insgelyks op verantwoordelike wyse van meet af dienooreenkomstig toegegee. Wanneer die getuienis en die bevindings van die hof a quo ten opsigte van die skuldigbevindings van appellant oorweeg word, meen ek dat beide voormelde regsverteenwoordigers tereg die toegewings gemaak het. Me Claassens, wie namens die Staat verskyn het, het ook bogemelde toegewings ondersteun en volstaan met die submissies ten gunste en ter ondersteuning van appellant se skuldigbevindings, soos vervat in haar betoogshoofde.
[8] Dit blyk uit die getuienis van die klaagster dat ene Majoalani hulle die betrokke dag kom haal het om na appellant se huis te gaan ten einde die huis skoon te maak. Dit blyk ook dat hulle vantevore, onder andere, gratis kos by die huis van appellant ontvang het. Daardie betrokke dag was appellant se vrou nie teenwoordig nie. Hulle het die huis skoongemaak, waarna hulle kos gemaak het en geëet het. Op daardie stadium was appellant nie teenwoordig nie. Later die middag het appellant opgedaag, waarna appellant weer die huis verlaat het en teruggekeer het met alkohol (klaarblyklik met, onder andere, tradisionele bier en vodka). Hy het die klaagsters forseer om van die alkohol te drink deur hulle met ‘n panga te dreig en nadat sommige van hulle geslaap het, het hulle later weer na die huis teruggekeer. Dit was op hierdie stadium wat appellant die huis se deur gesluit het en aan die klaagsters gesê het dat hulle die speletjie “hibby” gaan speel. Tydens hierdie speletjie was hulle veronderstel om mekaar aan te raak. Daarna het hy die klaagsters een vir een na sy kamer geneem, waar hy, volgens elkeen van hulle se getuienis, hul verkrag het. Nadat hy daarmee klaar was, is die huis se deur weer oopgesluit, waarna hulle weg is vanaf die huis. Hy het hulle weer met die panga gedreig en gesê dat hy hulle sou doodmaak indien hulle vir enigiemand sou vertel wat gebeur het.
[9] Soos tereg deur die verhoorhof in sy uitspraak aangespreek, was daar meerdere weersprekings tussen die getuienis van die onderskeie klaagsters. Die verhoorhof het egter op deeglike wyse met elk van hierdie weersprekings gehandel en tot die gevolgtrekking gekom, na my mening heeltemal tereg, dat dit nie afbreuk doen aan die geloofwaardigheid van die klaagsters se getuienis in geheel geoordeel nie. Sien uitspraak, p. 231, reël 1 tot p. 232, reël 19. Die verhoorhof het hom ook deeglik vergewis van die versigtigheidsreël
wat geld ten opsigte van kindergetuies. Sien uitspraak p. 229, reël 24 tot p. 230, reël 24.
[10] Die klaagsters se weergawe is ook gestaaf deur die getuienis van sommige van die klaagsters se moeders, maar meer spesifiek ook deur die getuienis van Dr. Shoan, wie vyf van die ses klaagsters medies ondersoek het en J88 mediese verslae ten opsigte van die ondersoeke voltooi het, welke ingehandig is as bewysstukke. Die een ondersoek is gedoen deur Dr. Essack, ten opsigte waarvan hy ook ‘n J88 mediese verslag voltooi het, welke verslag ingehandig is deur die Staat en erken is deur die verdediging. Uit die mediese getuienis het dit onteenseglik geblyk dat daar duidelike tekens van penetrasie was met betrekking tot die klaagsters in aanklag 1 en aanklag 3, terwyl daar ten opsigte van die ander klaagsters nie sodanige mediese getuienis was ter stawing van penetrasie nie.
[11] Teenoor voormelde het appellant getuig dat hy gedurende die dag by ‘n taverne was waar hy gedrink het en toe hy die middag na sy huis is, het hy gaan slaap. Op die stadium wat hy wakker geword het, was dit reeds donker. Op daardie stadium is hy deur ‘n buurvrou van hom vertel dat die klaagsters by sy huis was en daar gespeel het. Volgens appellant se weergawe het die klaagsters die bewerings teenoor hom opgemaak aangesien ‘n polisiebeampte een van die klaagsters aangerand het, waarna sy haar weergawe verander het en beweer het dat appellant haar verkrag het. Nadat hierdie klaagster dit gedoen het, het die ander klaagsters ook hulle weergawes dienooreenkomstig verander.
[12] Die verhoorhof het al die getuienis as totaliteit geëvalueer ten einde vas te stel of die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het. Die hof het bevind dat die klaagsters en die ander staatsgetuies geloofwaardig is en dat die klaagsters mekaar staaf wat die wesenlike aspekte van hul weergawes betref. Wat betref die weersprekings in hulle getuienis, het ek reeds daarop gewys, met verwysing na die bepaalde gedeeltes uit die uitspraak, dat die verhoorhof bevind het dat sodanige weersprekings verstaanbaar is onder die omstandighede, gegewe die trauma wat die klaagsters ervaar het, die omstandighede waaronder die voorval plaasgevind het en die ouderdom van die klaagsters. Daarteenoor het die verhoorhof bevind dat appellant nie ‘n geloofwaardige getuie was nie en dat sy weergawe nie redelik moontlik waar kan wees in die lig van die oorweldigende getuienis teen hom nie.
[13] Dit is geyk dat ‘n Hof van appél slegs onder beperkte omstandighede met die geloofwaardigheidsbevindings van ‘n verhoorhof kan en sal inmeng. Dit kan slegs gedoen word indien daar ‘n onreëlmatigheid of ‘n mistasting deur die hof begaan is. In S v FRANCIS 1991 (1) SASV 198 (A) op 204 E is dit as volg gestel:
“Bearing in mind the advantage which a trial Court has of seeing, hearing and appraising a witness, it is only in exceptional cases that this Court will be entitled to interfere with a trial Court’s evaluation of oral testimony.”
[14] In die onderhawige geval is ek oortuig dat daar geen basis is op grond waarvan met die verhoorhof se bevindings wat betref die geloofwaardigheid van die onderskeie getuies, ingemeng kan word nie. Gevolglik is ek ook van mening dat die verhoorhof nie fouteer het met sy bevinding dat die Staat appellant se skuld ten opsigte van die onderskeie skuldigbevindings, bo redelike twyfel bewys het nie. Appellant se appèl teen sy skuldigbevindings kan derhalwe nie slaag nie.
AD VONNIS:
[15] Wat die opgelegde vonnisse betref is dit so dat ten opsigte van die skuldigbevindings aan verkragting op aanklagte 1 en 3, die voorgeskrewe minimum vonnis in terme van Artikel 51 van die Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997, lewenslange gevangenisstraf is. Voortspruitend uit laasgenoemde wetgewing, kan ‘n mindere vonnis ten opsigte van hierdie aanklagte slegs opgelê word indien daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van sodanige mindere vonnis regverdig en noodsaak. In die onderhawige geval het die verhoorhof bevind dat daar geen sodanige wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is nie.
[16] Alvorens ek verder met die opgelegde vonnisse handel, ag ek dit weereens doelmatig om te vermeld dat Mnr van der Merwe in sy betoogshoofde aangedui het dat dit appellant se instruksies is dat die opgelegde vonnisse skokkend swaar en onvanpas is, in besonder wat betref die vonnisse van lewenslange gevangenisstraf. Mnr van der Merwe het egter weereens op verantwoordelike wyse toegegee dat in besonder in die lig van die vorige veroordelings van appellant, hy nie submissies ter ondersteuning hiervan kan maak nie. Me Smith het ten tyde van haar mondelinge argumentering van die appèl namens appellant, weereens ook van meet af aan hierdie verantwoordelike toegewing tereg gemaak.
[17] Wat die persoonlike omstandighede van appellant betref, was appellant 40 jaar oud ten tyde van vonnisoplegging, ongetroud en met geen kinders. Voorafgaande sy arres, het hy skrootmetaal verkoop ten opsigte waarvan hy ongeveer R150-00 per dag verdien het. Hoewel hy ongetroud was, was hy in ‘n saamleefverhouding met ene Pendiwe, wie werkloos was en was appellant gevolglik die broodwinner ten opsigte van haar en ook haar minderjarige kind. Hy het ook finansieel bygedra tot sy moeder se lewenskoste, aangesien sy moeder ook werkloos was. Verdermeer was appellant ongeveer sewentien maande as verhoorafwagtende in hegtenis.
[18] Wat erg strafverswarend in die onderhawige omstandighede is en wat ook aldus deur die verhoorhof in aanmerking geneem is, is appellant se vorige veroordelings. Sy vorige veroordelings wat bestaan uit meerdere skuldigbevindings aan diefstal, twee skuldigbevindings aan aanranding, een skuldigbevinding aan roof en een skuldigbevinding aan onsedelike gedrag in die openbaar, het reeds in 1982 ‘n aanvang geneem. Dit het tot gevolg gehad dat toe hy gedurende 1992 op aanklagte van roof en verkragting skuldig bevind is, is hy tot gewoonte misdadiger verklaar. Hoewel dit in aanmerking geneem word dat sommige van hierdie vorige oortredings ouer as tien jaar is voor die datum van die onderhawige oortredings, word dit steeds gemeld ten einde te verduidelik waarom appellant tot gewoonte misdadiger verklaar is. Op 8 April 2005 is appellant vrygelaat “on special remission of sentence until 2005-10-08”. Slegs ongeveer vier maande daarna, synde op 20 Augustus 2005, het appellant weer aanranding met die opset om ernstig te beseer gepleeg, ten opsigte waarvan hy ‘n opgeskorte vonnis opgelê is. Gegewe die voormelde lys van vorige veroordelings, in besonder inaggenome dat dit ook ‘n aanklag van verkragting insluit, saamgeneem met die aard en erns van die onderhawige misdrywe, is ek dit eens met die verhoorhof dat daar nie wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van ‘n mindere vonnis dan die voorgeskrewe lewenslange gevangenisstraf regverdig nie. Appellant is duidelik ‘n persoon wat permanent uit die samelewing verwyder moet word.
[19] Wat betref die ander vonnisse van tien jaar gevangenisstraf ten opsigte van elk van die skuldigbevindings op ‘n aanklag van poging tot verkragting, is ek van mening dat hierdie vonnisse nie skokkend swaar en onvanpas is nie en dat daar geen basis is op grond waarmee daarmee op appèl ingemeng kan word nie.
[20] Gevolglik kan appellant se appèl teen sy opgelegde vonnisse ook nie slaag nie.
[21] Derhalwe word appellant se appèl teen sy skuldigbevindings en die opgelegde vonnisse van die hand gewys.
_____
C. VAN ZYL, R
Ek stem saam:
________
P.C.F. VAN ROOYEN, WND R
Namens die Appellant: Me L. Smith
In opdrag van:
Regssentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die Respondent: Adv B.G. Claassens
Direkteur van Openbare
Vervolging
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.