Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Natal Laeveld Boerdery BK v Kommissaris van Binnelandse Inkomste (55/96) [1997] ZASCA 80; 1998 (1) SA 639 (SCA); [1998] 1 All SA 5 (A); (26 September 1997)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the dominant purpose of the loan was to enable the appellant to buy out a member's interest and resolve a dispute, not to produce income. The expenditure was not wholly and exclusively incurred for the purposes of the appellant's farming business. The interest paid on the loan was therefore not deductible under section 11(a) of the Income Tax Act, as it failed to meet the requirement of being incurred in the production of income. The appeal was dismissed with costs, including the costs of two counsel.

Court disposition

Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs, including the costs of two counsel.

02

Material facts

Parties

Natal Laeveld Boerdery BK

Appellant

Kommissaris van Binnelandse Inkomste

Respondent

Amounts and remedies

  • Purchase Price of Member's Interest: ZAR 1,800,000
  • Loan Amount From Syfrets: ZAR 2,300,000
  • Outstanding Debt to First National Bank: ZAR 442,500
  • Balance (fees): ZAR 57,500

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Provincial Division

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the loan was taken to enable the corporation to expand its farming operations and thereby increase its income. The removal of the dissenting member was a method to achieve this goal, not the primary purpose. Therefore, the interest paid should be deductible as it was incurred in the production of income.
Respondent
The respondent contended that the loan's dominant purpose was to resolve an irreconcilable dispute between members by buying out one member's interest. The expenditure was not wholly and exclusively for the business purposes of the corporation, but rather to facilitate a change in membership. Thus, the interest paid was not deductible under the Income Tax Act.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Income Tax Act 58 of 1962, section 11(a) and section 23(g)

    For interest on a loan to be deductible, the dominant and exclusive purpose of the expenditure must be for the production of income, not for capital or personal purposes.

  2. 02

    Commissioner for Inland Revenue v Drakensburg Garden Hotel (Pty) Ltd 1960 (2) SA 475 (A)

    The intention behind incurring the expenditure is decisive in determining deductibility; the expenditure must be wholly and exclusively for business purposes.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the dominant purpose of the loan was to enable the appellant to buy out a member's interest and resolve a dispute, not to produce income. The expenditure was not wholly and exclusively incurred for the purposes of the appellant's farming business. The interest paid on the loan was therefore not deductible under section 11(a) of the Income Tax Act, as it failed to meet the requirement of being incurred in the production of income. The appeal was dismissed with costs, including the costs of two counsel.

Obiter and limits

  • Even if the appellant's intention was to expand the farming business, the method chosen—buying out a member—was not sufficiently connected to the production of income to justify deductibility.
  • The facts of Commissioner for Inland Revenue v Drakensburg Garden Hotel (Pty) Ltd are distinguishable and do not support the appellant's case.

Court disposition

Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.

  • The appeal is dismissed with costs, including the costs of two counsel.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1997] ZASCA 80

Download original filesPDF formatRTF format

Download original files

PDF formatRTF format

PDF format

RTF format

Saaknommer: 55/96 (TPD) Insake die appl van

l van

Natal Laeveld Boerdery BK

Appellant

enKommissaris van Binnelandse Inkomste

Respondent

Coram: Van Heerden AHR, Eksteen, Howie, Scott en Plewman ARR

Verhoordatum: 23 September 1997

Leweringsdatum: 26 September 1997

UITSPRAAK

2VANHEERDENAHR:

VANHEERDENAHR:

Die appellant is 'n beslote korporasie wat boerderybedrywighede beoefen op sy plaas, Roosmaryn, naby Komatipoort. Tot September 1987 het menere Van Dyk en Van Veyeren as enigste lede 'n gelyke belang in die appellant gehad. Eersgenoemde het die boerderyaktiwiteite behartig terwyl laasgenoemde in 'n raadgewende hoedanigheid opgetree het maar mettertyd al hoe minder by die bestuur van die appellant se sake betrokke geraak het. Om redes wat nie tans ter sake is nie, het Van Dyk in 1986 besluit om 200 hektaar van Roosmaryn met piesangs te beplant en om suikerriet van ander boere teen vergoeding te vervoer ten einde die appellant se inkomste te verhoog. Van Veyeren was hierteen gekant. Sy vemaamste besware was dat piesangboerdery te riskant was en dat die voorgestelde vervoer inbreuk op Van Dyk se fisiese boerderyaktiwiteite sou maak.

3 Desondanks het Van Dyk vanaf einde 1986 piesangs begin aanplant en

ook 'n kontrak aangegaan om sy buurman se suikerriet te vervoer. Dit

het gelei tot groot ontevredenheid aan die kant van Veyeren en

uiteindelik tot 'n ooreenkoms waarvolgens die appellant Van Veyeren se

belang teen Rl,8 miljoen aangekoop het. Uitvoering van hierdie

ooreenkoms het behels dat Van Dyk vanwedie bepalings van artikel 38

die bepalings van artikel 38

van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 die enigste lid van die

appellant geword het.

Die appellant het nie die fondse gehad om die koopprys aan Van

Veyeren te betaal nie en was inteendeel die som van R442 500 aan

Eerste Nasionale Bank verskuldig. Derhalwe het die appellant 'n bedrag

van R2,3 miljoen by 'n finansile instelling ("Syfrets") geleen en as

le instelling ("Syfrets") geleen en as

sekuriteit 'n verband oor Roosmaryn laat registreer. Die opbrengs van

die lening is aangewend om die appellant se skuld teenoor Eerste

4 Nasionale Bank te vereffen en om Van Veyeren te betaal. (Die balans

van R57 500 het na bewering heffingsfooie verteenwoordig). Na die

aangaan van die lening moes die appellant uiteraard rente aan Syfrets

betaal.

In sy opgawes vir die belastingjare 1988, 1989 en 1990 het die

appellant rentebetalings aan Syfrets teen sy inkomste in verrekening

gebring. Die respondent het egter geweier om die aftrekkings toe te laat

en hulle dus nie in die betrokke aanslae in ag geneem nie. Na 'n

onsuksesvolle beswaar het die appellant toe appl aangeteken na die

l aangeteken na die

Transvaalse Inkomstebelasting Spesiale Hof ("die Spesiale Hof'). Die

enigste tersaaklike getuienis wat by die verhoor van die appel gelei is,

was divan Van Dyk. Daaruit blyk dat hy die volgende wou bereik: hy

van Van Dyk. Daaruit blyk dat hy die volgende wou bereik: hy

wou as't ware van Van Veyeren ontslae raak sodat hy sonder teenstand

die boerderyaktiwiteite van die appellant kon voortsit, veral deur

5volgehoue aanplanting van piesangs, omdat hy geglo het dat sodoende

volgehoue aanplanting van piesangs, omdat hy geglo het dat sodoende

die appellant se inkomste sou toeneem. Die Spesiale Hof het egter in

hoofsaak die appl afgewys op grond van die volgende bevindings:

l afgewys op grond van die volgende bevindings:

"Die beslote korporasie se bedryf is divan boerdery en die aangaan van die lening en/of die verpligting om rente daarop te betaal vorm nie deel van die appellant se bedryf te wete boerdery nie. Daar bestaan geen duidelike en noue kousale verband tussen die betaling van rente en voortbrenging van inkomste vanuit die bedryf van die appellant nie.

van boerdery en die aangaan van die lening en/of die verpligting om rente daarop te betaal vorm nie deel van die appellant se bedryf te wete boerdery nie. Daar bestaan geen duidelike en noue kousale verband tussen die betaling van rente en voortbrenging van inkomste vanuit die bedryf van die appellant nie.

Die rentebetalings is nie geheel en al of uitsluitlik vir die bedryfsdoeleindes van die appellant bestee of uitgegee nie."

Aangesien die partye egter ooreengekom het dat die respondent wel aftrekkings moes toegelaat het ten opsigte van rente wat betaalbaar was op 'n gedeelte van die lening - naamlik die bedrag wat voorheen aan Eerste Nasionale Bank verskuldig was - is die aanslae nietemin na die respondent terugverwys om die nodige aanpassings te maak.

'n Verdere appl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling is ook

l na die Transvaalse Provinsiale Afdeling is ook

6 afgewys. Die motivering blyk uit die volgende passasies in die uitspraak:

"Die rede vir die lening was dus om Van Dyk in staat te stel om Van Veyeren se ledebelang te bekom. Die appellant is vir hierdie doel gebruik.

Weliswaar is die inkomste van die appellant hierdeur geraak. Dit blyk ook dat Van Dyk se menings vrugte vir die appellant afgewerp het en dat sy inkomste uiteindelik daardeur verbeter is. Dit beteken egter nie dat dit die doel van die lening was nie. Die doel van die lening was om 'n onversoenbare meningsverskil onder die appellant se lede op te los. Anders gestel, die lening was nie om die vermote bekom om inkomste te verdien nie, maar om een van die lede van die appellant alleen in staat te stel om die metode waarby inkomste verdien sou word te bepaal. Daar was dus geen duidelike en noue kousale verband tussen die betaling van rente op daardie lening en die voortbrenging van inkomste uit die bedryf van die appellant nie".

te bekom om inkomste te verdien nie, maar om een van die lede van die appellant alleen in staat te stel om die metode waarby inkomste verdien sou word te bepaal. Daar was dus geen duidelike en noue kousale verband tussen die betaling van rente op daardie lening en die voortbrenging van inkomste uit die bedryf van die appellant nie".

En:

"In die onderhawige geval is die lening, soos alreeds deur my aangedui, aangegaan om die ledebelang van Van Veyeren te bekom. Dit was ten minste die dominante of oorheersende doelwit. Dit volg dus dat dit nie uitsluitlik vir doeleindes van die appellant se boerderybedryf aangegaan is nie".

7Hierna het die Transvaalse Provinsiale Afdeling aan die appellant

Hierna het die Transvaalse Provinsiale Afdeling aan die appellant

verlof verleen om na hierdie hof te appelleer.

Soos welbekend is, bepaal art ll(a) van die Inkomstebelastingwet

58 van 1962 soos volg:

"11. By die vasstelling van die belasbare inkomste deur 'n persoon verkry uit die beoefening van 'n bedryf in die Republiek, word daar as aftrekkings van so 'n persoon se aldus verkreinkomste toegelaat -

inkomste toegelaat -

(a) onkoste en verliese werklik in die Republiek aangegaan of gely by die voortbrenging van die inkomste, mits sodanige onkoste en verliese nie van 'n kapitale aard is nie;".

Art 23(g), soos dit destyds gelui het, het egter voorgeskryf dat geen aftrekking kon plaasvind ten opsigte van "geld geis as 'n aftrekking uit inkomste uit 'n bedryf verkry, wat nie geheel en al of uitsluitlik vir bedryfsdoeleindes bestee of uitgegee is nie".

is as 'n aftrekking uit inkomste uit 'n bedryf verkry, wat nie geheel en al of uitsluitlik vir bedryfsdoeleindes bestee of uitgegee is nie".

Dit blyk uit talle gewysdes dat die vernaamste kriterium by

8 beoordeling van die vraag of art ll(a) wel, en art 23(g) nie, van

toepassing is, die oogmerk is waarmee die betrokke transaksie aangegaan

is. Indien die al of nie aftrekbaarheid van rente wat op 'n lening betaal

is ter sprake kom, moet dus primr gelet word op die doelwit (of

r gelet word op die doelwit (of

doelwitte) waarvoor die geld geleen is. Daardie doelwit - en wat betref

art 23(g) die enigste doelwit - moet wees om inkomste aan die

belastingpligtige te laat toeval. Op appl voor ons is deur die

l voor ons is deur die

appellant betoog dat die hof aquo(en klaarblyklik ook die Spesiale Hof)

quo

misgetas het deur by beantwoording van bogenoemde vraag nie te

onderskei nie tussen die oogmerk waarmee die Syfretslening aangegaan

is en die metode waardeur daardie oogmerk bereik is. Die oogmerk sou

gewees het om die appellant instaat te stel om sy boerdery uit te brei en

aldus sy inkomste te vermeerder, en die metode die verwydering van

Veyeren as die struikelblok in die bereiking van daardie doelwit. Die

9 verkryging deur Van Dyk van die enigste belang in die appellant was, so

is voorts betoog, slegs 'n gevolg van die gekose metode. In hierdie

verband is gesteun op Van Dyk seipse dixitdat die Syfretslening

ipse dixit

aangegaan is sodat die appellant onbelemmerd sy boerdery kon uitbrei

en sodoende meer inkomste kon genereer.

Selfs indien slegs op Van Dyk se dryfvere gelet word, is die

onderskeid wat die appellant se advokaat getrag het om te trek tussen

Van Dyk se doelwit en die metode waardeur dit verwesenlik is nie vir my

houdbaar nie. Dit kom my naamlik voor dat op die beste vir die

appellant Van Dyk 'n primre en 'n sekondre oogmerk gehad het. Die

re en 'n sekondre oogmerk gehad het. Die

re oogmerk gehad het. Die

eerste was om van Van Veyeren ontslae te raak en sodoende die enigste

lid van die appellant te word. Die sekondre oogmerk was om as enigste

re oogmerk was om as enigste

belanghebbende die boerderyaktiwiteite van die appellant sonder enige

belemmernis voort te sit. Dit was met hierdie oogmerke dat Van Dyk

10 sy boekhouer genader het om vas te stel hoe hy Van Veyeren se belang

kon verkry. Hy getuig:

"Ek het toe my boekhouer genader en gesdat ek nou ontslae wil raak van Van Veyeren sodat ek die boerdery van Natal Laeveld kan beplan en doen soos wat ek dit die beste gedink het".

dat ek nou ontslae wil raak van Van Veyeren sodat ek die boerdery van Natal Laeveld kan beplan en doen soos wat ek dit die beste gedink het".

Toe die boekhouer voorgestel het dat die appellant 'n lening moes aangaan ten einde Van Veyeren as't ware uit te koop, het Van Dyk dan ook ter bereiking van bogenoemde oogmerke die voorstel aanvaar.

Die appellant se advokaat het steun vir sy betoog probeer vind in die beslissing van hierdie hof inCommissioner for Inland Revenue v Drakensburg Garden Hotel (Pty) Ltd1960(2) SA 475 (A). Die beroep op hierdie saak is egter misplaas. Nie alleen is die feite wat daarin ter sprake was heel verskillend van divan die onderhawige appl nie, maar het die spesiale hof in daardie saak 'n feitlike bevinding gemaak

Commissioner for Inland Revenue v Drakensburg Garden Hotel (Pty) Ltd

van die onderhawige appl nie, maar het die spesiale hof in daardie saak 'n feitlike bevinding gemaak

l nie, maar het die spesiale hof in daardie saak 'n feitlike bevinding gemaak

11 aangaande die oogmerk waarmee die betrokke transaksie aangegaan is,

welke bevinding nie op appl na hierdie hof aangeveg is nie en trouens

l na hierdie hof aangeveg is nie en trouens

op slegs 'n baie beperkte grondslag aangeveg kon word.

Ek het dit tot dusver gehad oor Van Dyk se oogmerk(e). Die

appellant stuit egter voor 'n verdere probleem. Toe die lening

aangegaan is, was Van Veyeren nog 'n lid van die appellant. Om vas te

stel wat die oogmerk(e) van die appellant was, moet dus op die

ingesteldheid van beide Van Dyk en Van Veyeren gelet word. Die heil

van die appellant nadat sy belang aangekoop was, kon klaarblyklik nie

vir Van Veyeren van enige betekenis gewees het nie. Sy medewerking

tot die aangaan van die lening was dus terug te voer na slegs een

oogmerk, naamlik om betaling vir sy belang in die appellant te ontvang,

en sekerlik nie om die appellant instaat te stel om sy inkomstepotensiaal

te vergroot nie. Insoverre daar 'n gesamentlike oogmerk van die twee

12 lede was, was dit derhalwe slegs om deur die aangaan van die lening die

posisie te bereik waarin Van Veyeren van die toneel sou verdwyn en Van

Dyk die enigste belanghebbende in die appelant sou word.

lant sou word.

Die appl word afgewys met koste, insluitende die koste van twee

l word afgewys met koste, insluitende die koste van twee

advokate.

Van Heerden AHR

Stem saam: Eksteen AR Howie AR Scott AR Plewman AR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Commissioner for Inland Revenue v Drakensburg Garden Hotel (Pty) Ltd 1960 (2) SA 475 (A)

Case cited

Income Tax Act 58 of 1962, section 11(a)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Income Tax Act 58 of 1962, section 23(g)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Close Corporations Act 69 of 1984, section 38

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.