S v Alexander (CA & R 179/03) [2003] ZANCHC 48 (14 November 2003)
- Citation
- [2003] ZANCHC 48
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Majiedt R
- Case number
- CA & R 179/03
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Majiedt R
- Case number
- CA & R 179/03
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that even if the appellant bore the onus to prove exceptional circumstances under section 60(11) of the Criminal Procedure Act, he had succeeded in doing so. The charge sheet was incomplete and did not clearly specify Schedule 5 or 6 offences, which undermined the State's reliance on the higher bail threshold. The State's case against the appellant was weak, relying mainly on the evidence of an accomplice who was also a single witness. The appellant had a fixed address, stable employment, was a first offender, and had dependents. There was no evidence that he posed a flight risk, would interfere with witnesses, or threaten public order. The magistrate's reliance on the mere decision to prosecute as indicative of a prima facie case was a material misdirection. Accordingly, the refusal of bail was set aside and bail was granted subject to agreed conditions.
Court disposition
Appeal upheld; bail granted to the appellant pending trial.
Orders
- The magistrate's decision refusing bail is set aside.
- Bail is granted to the appellant pending the finalisation of his trial, subject to the bail conditions agreed between the parties as set out in the attached document marked 'A'.
02
Material facts
Parties
Kevin Alexander
Appellant Counsel: MM MuhlohlonyeThe State
Respondent Counsel: E van Dyk03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Refusal of Bail
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the magistrate erred in refusing bail to the appellant.
- 02
Whether the appellant bore the onus to prove exceptional circumstances under section 60(11) of the Criminal Procedure Act.
- 03
Whether the charge sheet was sufficiently detailed to trigger the higher bail threshold.
- 04
Whether the State's case against the appellant was strong enough to justify continued detention.
Party arguments
- Applicant
- Counsel for the appellant argued that the magistrate erred by finding that the appellant bore the onus to prove exceptional circumstances for bail under section 60(11) of the Criminal Procedure Act, as the charge sheet did not specify that the offences were Schedule 5 or 6 offences. He contended that deficiencies in the charge sheet could not be remedied by oral evidence and relied on S v Botha and Another 2002 (1) SACR 222 (SCA), which held that the wording of the charge sheet is decisive for the bail onus. He further argued that the appellant had a fixed address and employment, was a first offender, and had dependents, and that the State's case was weak, relying mainly on a single accomplice witness.
- Respondent
- Counsel for the State conceded that the charge sheet was incomplete but maintained that the appellant and his co-accused would stand trial for murder and aggravated robbery. She argued that the State's case was supported by the evidence of an accomplice witness, Neville, who would testify that the appellant was involved in planning the murder and received stolen property. She submitted that the seriousness of the charges justified the refusal of bail, but did not provide substantive arguments to counter the appellant's submissions regarding the deficiencies in the charge sheet or the strength of the State's case.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Botha and Another 2002 (1) SACR 222 (SCA) at 229 d-f
The formulation of the charge in the indictment, if necessary supplemented by a written confirmation under section 60(11A), is decisive for determining whether the accused bears the onus under section 60(11)(a) of the Criminal Procedure Act.
- 02
S v Mauk 1999 (2) SACR 479 (W) at 488 d
The requirement to prove exceptional circumstances for bail under section 60(11) should not be applied so strictly as to make bail unattainable for accused persons.
- 03
S v Botha 2002 (1) SACR 222 (SCA); S v Mauk 1999 (2) SACR 479 (W); S v Mohammed 1999 (2) SACR 507 (C)
Where the State's case relies primarily on the evidence of a single accomplice, the double cautionary rule applies, and the strength of the State's case is a relevant factor in bail applications.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that even if the appellant bore the onus to prove exceptional circumstances under section 60(11) of the Criminal Procedure Act, he had succeeded in doing so. The charge sheet was incomplete and did not clearly specify Schedule 5 or 6 offences, which undermined the State's reliance on the higher bail threshold. The State's case against the appellant was weak, relying mainly on the evidence of an accomplice who was also a single witness. The appellant had a fixed address, stable employment, was a first offender, and had dependents. There was no evidence that he posed a flight risk, would interfere with witnesses, or threaten public order. The magistrate's reliance on the mere decision to prosecute as indicative of a prima facie case was a material misdirection. Accordingly, the refusal of bail was set aside and bail was granted subject to agreed conditions.
Obiter and limits
- The court expressed concern at the poor quality and incompleteness of the charge sheet drafted by the State in such a serious matter.
- The court noted that the co-accused had repeatedly exculpated the appellant and incriminated himself, including to a social worker and prison warden, and was willing to make a confession before a magistrate.
- The court observed that the main State witness was in a witness protection programme, reducing any risk of interference by the appellant.
Court disposition
Appeal upheld; bail granted to the appellant pending trial.
- The magistrate's decision refusing bail is set aside.
- Bail is granted to the appellant pending the finalisation of his trial, subject to the bail conditions agreed between the parties as set out in the attached document marked 'A'.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno:CA & R 179/03
Datum verhoor: 2003-11-12
Datum gelewer: 2003-11-14
In die appél van:
KEVIN
ALEXANDER APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die Appellant, wat tereg sal staan op ân aanklag van moord, ân aanklag van roof met verswarende omstandighede sowel as aanklagte onder die Wet op Vuurwapens, het by drie geleenthede in die Hof a quo onsuksesvol aansoek gedoen om op borgtog vrygelaat te word hangende sy verhoor. Hy kom nou in hoër beroep teen die voormelde weiering.
Ter aanvang is dit nodig om te verwys na die klagstaat soos dit verskyn in die oorkonde van die verrigtinge wat voor die landdros gedien het. Die klagstaat lees as volg:
âMOORD: Klagte 1
Beskuldigdes is skuldig aan Moord deurdat op 6/11/02 en te erf 127 Sanddrift distrik Namakwaland die beskuldigdes wederregtelik en opsetlik vir ............ ân man gedood het deur hom te skiet met ân pistool.
GEWAPENDE ROOF: Klagte 2â
Dit dien vermeld te word dat die Appellant as beskuldigde 2 gesiteer was in die Hof a quo. Sy medebeskuldigde, ene Petro Stuurman, is ân 17-jarige wat saam met hom teregstaan op die voormelde aanklagtes.
Voor die landdros is daar viva voce-getuienis gelei en is sekere dokumente ook ingehandig tydens die eerste borgaansoek. Tydens daardie aansoek het die Appellant, sowel as sy medebeskuldigde Stuurman namens die Appellant getuig. Die Staat het die getuienis gelei van die ondersoekbeampte, Inspekteur Grobbelaar. Bondig opgesom was die getuienis van die Appellant se kant die volgende:
Die Appellant het ân vaste woonadres te Upington en het ook ân vaste betrekking by die Gordonia-hospitaal waar hy ân administratiewe klerk is.
Die Appellant het hom te Sanddrift in Namakwaland se distrik bevind waar hy hom klaarblyklik besig gehou het met onwettige diamant delwery saam met andere. Op die dag van die voorval was hy nie teenwoordig op die toneel nie, maar het in sy kamer gelê en slaap. Hy het ook getuig dat hy ân gelisensieerde houer is van ân vuurwapen, welke vuurwapen hy vermis het tydens sy verblyf te Sanddrift. Hy het hierdie vermiste vuurwapen nie aangemeld by die Polisie nie tot tyd en wyl hy enkele dae later teruggekeer het in Upington en bewus geword het van probleme rondom die voorval.
Volgens hom het beskuldigde 1, Stuurman, aan hom vertel dat ene Neville die vuurwapen gesteel het onder die matras waar die Appellant dit versteek het te Sanddrift in sy kamer. Volgens die Appellant het hy Neville ontmoet deur beskuldigde 1 en dié Neville het vir hom ân bedrag geld asook ân selfoon oorhandig. Hy was nie bewus daarvan dat die selfoon gesteel was nie en het eers agterna uitgevind toe die Polisie hom daaroor konfronteer in Upington.
Die medebeskuldigde Stuurman het in sy getuienis bevestig dat die Appellant se weergawe korrek is, naamlik dat hy (die Appellant) nie aanwesig was tydens die voorval nie aangesien die Appellant gelê en slaap het in sy kamer.
Volgens Stuurman se getuienis was dit hyself (Stuurman) en dié vriend van hom (Neville) wat die oorledene gedood het deur hom te skiet en hom daarna toe beroof het van ân selfoon en geld. Hy het ook getuig dat die Polisie die vuurwapen opgespoor het deurdat Neville hulle gaan wys het waar hy dit begrawe het.
In kruisondervraging is die Appellant se verweer van ân alibi glad nie getoets nie. Belangriker nog, die Staatsaanklaer het heeltemal versuim om enigsins die Appellant te konfronteer met die getuienis wat van Staatsweë teen die Appellant bestaan het en waarna ek binnekort sal verwys wanneer ek dit getuienis van inspekteur Grobbelaar, die ondersoekbeampte, bespreek. Dieselfde versuim ten aansien van getuienis van Staatsweë wat die Appellant inkrimineer is ook nie gestel aan die medebeskuldigde (Stuurman) nie.
Soos ek voorheen aangedui het, het die Staat die getuienis van die ondersoekbeampte, Inspekteur Grobbelaar, gelei. Sy het getuig dat die Staat se saak grootliks, indien nie uitsluitlik nie, berus op die getuienis van ân sogenaamde artikel 204-getuie, d.w.s. ân medepligtige wat namens die Staat gaan getuig en ten behoewe van wie die Staat gaan aansoek doen vir vrywaring van vervolging. Uit die getuienis is dit oorvloediglik duidelik dat hierdie medepligtige Staatsgetuie die persoon met die naam van Neville is na wie ek vroeër verwys het. Die Staat se getuienis by monde van Neville sal wees dat die Appellant deel gehad het aan die beplanning om die oorledene te dood en dat die oorledene inderdaad geskiet is met die Appellant se pistool deur Neville en dat die medebeskuldigde Stuurman aanwesig was daar. Die getuienis van Neville sal verder wees dat die vuurwapen begrawe is deur die Appellant en dat hy (Neville) die Polisie gaan wys het waar die vuurwapen is. Die verdere getuienis sal wees dat die Polisie die oorledene se selfoon in die besit van die Appellant gevind het in Upington. Volgens Neville is die geroofde geld en selfoon van die oorledene aan die Appellant oorhandig deur hom en Stuurman.
Die hoogwatermerk van die Staat se saak teen die Appellant, soos dit hoofsaaklik gevoer sal word by monde van Neville, is na my mening die volgende:
Dat die oorledene met die Appellant se vuurwapen geskiet is;
Dat die Appellant versuim het om vir ân hele aantal dae aan te meld dat sy vuurwapen vermis is, soos wat hy beweer;
Dat die oorledene se selfoon in die Appellant se besit gevind is.
Mnr. Muhlohlonye wat namens die Appellant voor my verskyn het, het aangevoer dat die landdros gefouteer het deur te bevind dat die Appellant die bewyslas dra om aan te toon dat hy op borgtog vrygelaat behoort te word deur buitengewone omstandighede aan te toon soos bedoel in art 60(11) van die Strafproseswet, 51 van 1977. Hierdie submissie berus daarop dat Mnr. Muhlohlonye aanvoer dat, soos wat die klagstaat lees, daar geen aanduiding is dat hierdie ân skedule 6 of ân skedule 5 misdryf is waarvan die Appellant aangekla was nie. Hy het ook aangevoer dat hierdie leemtes in die klagstaat nie aangevul kan word deur mondelinge getuienis nie. In dié verband het hy verwys na die beslissing in S v Botha en ân ander 2002(1) SASV 222 (HHA) te 229 d-f, par. 16 waar as volg gesê is:
âNamens beskuldigdes 1 en 3 is ter aanvang voor ons betoog dat die Wetgewer nie kon bedoel het dat 'n blote bewering in die akte van beskuldiging dat 'n beskuldigde aan 'n Bylae 6 misdryf skuldig is, voldoende is om art 60(11)(a) van die Wet van toepassing te maak nie. Volgens die betoog moet die Hof wat die borgaansoek aanhoor, self eers die feite evalueer ten einde te bepaal of die Staat by die verhoor 'n Bylae 6 misdryf sal kan bewys, voordat art 60(11)(a) toepassing vind. Ek kan nie met die betoog saamstem nie. Die bewoording van die subartikel is duidelik en ondubbelsinnig en is vir net een uitleg vatbaar. Dit is dat die formulering van die aanklag in die akte van beskuldiging, indien nodig aangevul deur 'n skriftelike bevestiging ingevolge art 60(11A), beslissend is vir die vraag of 'n beskuldigde hom van die bewyslas in art 60(11)(a) moet kwyt om sy vrylating op borgtog te verkry.â
Hierdie beslissing het volgens Mnr. Muhlohlonye die beslissing in S v Shezi 1996(1) SASV 715(T) te 718 c se benadering vervang waar bevind is dat getuienis wel leemtes in ân klagstaat kan aanvul by die toepassing van die bepalings van art 60(11) van die Strafproseswet.
Na my mening is daar aansienlike meriete in hierdie betoog van Mnr. Muhlohlonye. Me Van Dyk, wat namens die Staat voor my verskyn het, het in haar betoogshoofde melding daarvan gemaak dat die Appellant en sy medebeskuldigde in die Rondgaande Hof van hierdie Afdeling te Springbok tereg sal staan gedurende Februarie 2004 op die aanklagtes waarna ek verwys het in par 1 van hierdie uitspraak. Dié bepaalde inligting is heeltemal ontersaaklik vir die beregting van hierdie borgappél, aangesien dit die klagstaat soos dit voor die landdros was en wat ek volledig aangehaal het hierbo, is wat van belang is. Ek vind dit verbasend en heeltemal onaanvaarbaar dat die Staat in so ân ernstige saak so ân absoluut patetiese en onvolledige klagstaat kon opstel soos wat ek hierbo uiteengesit het. Daar bestaan in elk geval nie ân misdryf soos âGewapende roofâ soos wat dit in klagte 2 van die klagstaat voor die landdros vervat is nie. Verder meen ek dat daar veel te sê is vir die betoog van Mnr. Muhlohlonye dat die klagte van moord op aanklag 1 in elk geval vatbaar is vir ân beswaar ingevolge art 84 van die Strafproseswet aangesien dit geen melding maak van wie die slagoffer van die moord was nie. Me. Van Dyk het toegegee dat die klagstaat heeltemal onvolledig was. Sy het bloot halfhartige submissies gemaak oor hierdie betrokke argument van Mnr. Muhlohlonye.
Ek meen egter dat dit nie nodig is om ân bevinding te maak ten aansien van hierdie interessante argument wat deur Mnr.
Muhlohlonye voorgehou is nie. Ek kom tot daardie gevolgtrekking omdat ek die mening toegedaan is dat, selfs aanvaar ek vir die oomblik dat die Appellant die bewyslas gedra het ingevolge art 60(11) van die Strafproseswet, hy by uitstek daarin
geslaag het om sodanige buitengewone omstandighede aan te toon.
In die eerste plek is ân belangrike faktor wat in ag geneem moet word die feit dat die Staat ân bra swakkerige saak het teen die Appellant. Hierdie is uiteraard ân faktor wat in ag geneem moet word ten gunste van die Appellant in ân borgaansoek soos die onderhawige.
Vergelyk in dié verband: S v Botha supra; te 230 h-i, par. 21
S v Mauk 1999(2) SASV 479 (W) te 488 a-d;
S v Mohammed 1999(2) SASV 507 (K).
Ek is die mening toegedaan dat die Staat ân swak saak het teen die Appellant, veral as in ag geneem word dat die Staat se saak, soos ek gesê het, grootliks berus op die getuienis van ân medepligtige wat ook ân enkelgetuie is. Daar sal dus by die verhoor asât ware ân dubbele versigtigheidsreël van toepassing wees op die betrokke getuie.
Verder is dit insiggewend en van groot belang dat die medebeskuldigde (Stuurman) die Appellant verontskuldig en homself inkrimineer.
Hierdie medebeskuldigde het nie net in sy getuienis voor die landdros nie, maar ook vir die maatskaplike werker tydens ân assesseringsverslag en ook aan ân bewaarder te Upington-gevangenis aangedui dat hy aandadig was in die pleging van die misdrywe en dat die Appellant onskuldig is daaraan. Belangriker nog, die medebeskuldigde het aan die voormelde bewaarder te Upington-gevangenis laat blyk dat hy bereid is om ân bekentenis in dier voege voor ân landdros te gaan maak.
Na my mening en in die lig van die getuienis waarna ek alreeds verwys het, kan nie sondermeer gesê word dat die Appellant se alibi-verweer tydens ân verhoor verwerp sal word as vals bo redelike twyfel nie. So gesien dus, moes die landdros in die Appellant se guns in ag geneem het dat die Staat ân betreklike swak saak teen hom het.
Die landdros het breedvoerige redes verskaf waarom hy borgtog geweier het aan die Appellant. Een van hierdie redes stel ân flagrante mistasting daar: die landdros bevind naamlik dat die blote feit dat die Direkteur van Openbare Vervolgings besluit het om die Appellant aan te kla van moord en roof met verswarende omstandighede aanduidend daarvan is dat daar ân prima facie saak teen die Appellant is. Hierdie flagrante mistasting het uiteraard tot gevolg dat die noodwendige afleiding gemaak kan word dat die landdros nie behoorlike oorweging geskenk het aan die getuienis voor hom nie.
Daar is geen getuienis op rekord dat die Appellant:
a) ân vlugrisiko is nie;
b) sal inmeng met Staatsgetuies nie (hier moet ek daarop wys dat die Staat se belangrikste getuie, die artikel 204-getuie, Neville, huidiglik homself in ân getuiebeskermingsprogram bevind);
c) dat die Appellant se vrylating die openbare orde sal versteur nie;
d) dat die Appellant met die behoorlike funksionering van die regspleging sal inmeng nie.
Ek het alreeds daarop gewys dat die Appellant ân vaste woonadres te Upington en ân vaste werksadres te Gordonia Hospitaal, ook te Upington, het. Hy is ân eerste oortreder en het twee afhanklike kinders asook ân moeder wat hy versorg.
In S v Mauk supra te 488 d het Snyders R daarop gewys dat die bepalings van art 60(11) van die Strafproseswet, waar die bewys van buitengewone omstandighede vereis word, nie sodanig toegepas moet word dat dit ân onmoontlike bewyslas op ân beskuldigde plaas en dus verkryging van borg deur ân applikant ingevolge art 60(11)(a) ân blote illusie maak nie.
Sien ook: S v Dlamini; S v Dladla and others; S v Joubert; S v Schietekat 1999(2) SASV 51 (KH).
Alles inaggenome, is ek derhalwe die mening toegedaan dat ek ingevolge die bepalings vervat in art. 65(4) van die Strafproseswet die landdros se beslissing tersyde kan stel aangesien ek oortuig is dat sy beslissing verkeerd is.
Bygevolg word borgtog aan die Appellant toegestaan hangende die afhandeling van sy verhoor onderhewig aan die borgvoorwaardes soos ooreengekom tussen die Advokaat vir die Staat en die Advokaat vir die Appellant soos vervat in die dokument hierby aangeheg (gemerk âAâ).
___
SA
MAJIEDT
REGTER
NAMENS APPELLANT : ADV MM MUHLOHLONYE
NAMENS RESPONDENT : ADV E VAN DYK
DATUM VAN VERHOOR : 2003-11-12
DATUM VAN UITSPRAAK : 2003-11-14
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.