Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Barnard (209/1984) [1986] ZASCA 23 (24 March 1986)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the appellant failed to prove that the deceased was aware of any intention to arrest him or that he fled to avoid arrest, as required by section 49(2) of the Criminal Procedure Act. The appellant did not make himself sufficiently visible or audible to the deceased, and the circumstances did not justify a reasonable belief that the deceased was a terrorist or that deadly force was the only means to prevent escape. The appellant's actions were found to be negligent, and the statutory justification did not apply. The conviction for culpable homicide was therefore upheld.

Court disposition

Appeal dismissed. Conviction for culpable homicide upheld.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

02

Material facts

Parties

Marthinus Christoffel Barnard

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Fine Imposed: ZAR 3,000
  • Suspended Imprisonment (years): 3

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that he acted under the statutory protection of section 49(2) of the Criminal Procedure Act, believing the deceased to be a terrorist fleeing arrest, and that he had no alternative but to use deadly force to prevent escape. He contended that he made himself visible and issued warnings, and that his actions were reasonable given the circumstances and prior attacks on the courthouse.
Respondent
The State argued that the appellant did not satisfy the requirements of section 49(2), as the deceased was not aware of any intention to arrest him, did not flee to avoid arrest, and the appellant could not reasonably have believed the deceased was a terrorist. The State further contended that the use of deadly force was not the only means to prevent escape and that the appellant's conduct was negligent and unjustified.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Swanepoel 1985 (1) SA 576 (A)

    A person seeking statutory justification under section 49(2) of the Criminal Procedure Act must prove that all requirements of the section are satisfied.

  2. 02

    Macu v Du Toit and Another 1983 (4) SA 629 (A)

    Section 49(2) must be read together with section 49(1), requiring that the person sought to be arrested must be aware of the arrest attempt and must flee with the intention to avoid arrest.

  3. 03

    R v Koning 1953 (3) SA 220 (T)

    Absence of negligence regarding the statutory requirements must be shown by the accused when relying on statutory justification.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the appellant failed to prove that the deceased was aware of any intention to arrest him or that he fled to avoid arrest, as required by section 49(2) of the Criminal Procedure Act. The appellant did not make himself sufficiently visible or audible to the deceased, and the circumstances did not justify a reasonable belief that the deceased was a terrorist or that deadly force was the only means to prevent escape. The appellant's actions were found to be negligent, and the statutory justification did not apply. The conviction for culpable homicide was therefore upheld.

Obiter and limits

  • It is inherently improbable that terrorists would return to the scene and behave in the manner described by the appellant.
  • Even if warnings were issued, it is unlikely they would have been heard by the occupants of the vehicle under the circumstances.
  • The appellant's belief that deadly force was necessary was not reasonable given the facts and probabilities.

Court disposition

Appeal dismissed. Conviction for culpable homicide upheld.

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1986] ZASCA 23

LL Saak No 209/1984

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKAAPPèLAFDELING

Insake die appèl van:

MARTHINUS CHRISTOFFEL BARNARD Appellant

teen

DIE STAAT Respondent

CORAM: JANSEN, VAN HEERDEN ARR et

NESTADT WAR

VERHOORDATUM: 17 MAART 1986

LEWERINGSDATUM: 24 MAART 1986

UITSPRAAK

/VAN HEERDEN AR ...

2.

VAN HEERDEN AR:

Die gebeure wat hul in die vroeë oggendurevan 17 Februarie 1983 in die omgewing van die Hoogge-regshofgebou in Pietermaritzburg afgespeel het, hor-inner aan 'n tragikomedie. Die een oomblik het wyleBrian James Eudey, 'n jong man in die fleur van sy lewe,nog in 'n gees van uitbundigheid die stadstilte rnetterugplowwe van sy voertuig versteur. Die volgendeoomblik is hy noodlottig getref deur koeëls uit diepistool van die appellant, 'n konstabel en eweneens 'njong man. As gevolg van 'n sameloop van omstandighedewat tereg as bizar bestempel kan word, is hy naamlikweens 'n aaklige vergissing verkeerdelik deur die ap-pellant as 'n terroris aangesien.

Hierdie gebeure het gelei tot die appellantse vervolging in die Natalse Provinsiale Afdeling op 'naanklag van moord. Hy is deur Nienaber R en assessore

/aan ..

3.

aan strafbare manslag skuldig bevind en gevonnis totdrie jaar gevangenisstraf, wat voorwaardelik opgeskortis, asook 'n boete van R3 000 of 'n verdere 3 jaar ge-vangenisstraf. Met verlof van hierdie Hof is dieappèl slegs teen die skuldigbevinding gerig.

Weens die bevinding waartoe ek gekom het, hoefslegs die volgende, bondige weergawe gegee te word vanagtergrondsfeite wat nie in geskil is nie.Twee dae voor die noodlottige gebeure leer dieappellant hoe om sy bakkie te laat terugplof. Hy kandit doen deur die aansluitingsmeganisme van die voertuigaan en af te draai; altans wanneer dit in beweging is.Omstreeks 2 vm op 17 Februarie ry die oorledene en 'nvriendin in die bakkie in Pietermaritzburg rond, o ain Collegeweg wat voor die Hooggeregshofgebou ("diehof") verby loop. (Collegeweg word Wesstraat maargerieflikheidshalwe verwys ek na dié twee strate as eenstraat met eersgenoemde naam.) Op 'n paar geleenthede

/veroorsaak ...

4.

veroorsaak die bakkie as gevolg van terugploffing knal-geluide. Die dame word afgelaai en die oorledene en'n vriend, ene Currie, durf weer die leë strate aan.Soos voorheen word die bakkie deur die appellant be-stuur. Hulle ry weer in Collegeweg verby die hof,draai kort daarna in Park Drive af en ry 'n paar draaiein die omgewing. Die oorledene draai terug in ParkDrive en hou stil by 'n stopteken by die kruising vanhierdie straat en Collegeweg. Tot dusver het dieoorledene telkens die bakkie laat terugplof. Hy draainou regs in Collegeweg, d w s in die teenoorgestelderigting as wat hy sou moes volg indien hy weer by die hofverby wou ry. Alvorens die bakkie 'n afstand van by-kans 60 meter in Collegeweg beweeg het, word die oorle-dene o a in die kop en die hart getref. Hy sterfonmiddellik.

Die appellant was die aand van 16 Februarie op

patrolliediens. Hy was geklee in 'n uniform en het 'n

/polisiepet ...

5.

polisiepet gedra. Hy was in beheer van 'n voertuigmet 'n tweerigting radio. Saam met hom was konstabelMzila. Omstreeks 2 nm op 17 Februarie het radiobeheerhom meegedeel dat skote by die hof afgevuur was. Kortvantevore is 'n aanval op dié gebou deur terroriste ge-loods en die polisie is gewaarsku dat nog aanslagte ophofgeboue te wagte kon wees. As gevolg van dié berigis die appellant na die hof waar die nagwag hom meege-deel het dat iemand met 'n vuurwapen vanuit 'n sportter-rein op hom geskiet het.

Net daarna hoor die appellant skote weergalm.Hy sien 'n bakkie wat regs draai in Collegeweg en in dierigting van die hof beweeg. Hy hoor weer 'n skoot enmeen dat daar vanuit die bakkie op hom geskiet word.Die voertuig draai links in Park Drive en vir die appel-lant klink dit daarna of 'n klein oorloggie aan die gangis soos die nagstilte die knalgeluide oordra. Dieappellant en Mzila klim daarop in hulle voertuig en gaan

/hou ...

6.

hou stil in Collegeweg ongeveer 40 meter kort van diekruising met Park Drive, d w s aan die hof se kant vandie kruising. Nou klim die appellant uit sy voer-tuig. Hy hoor nog verdere skote uit die omgewing vandie agterkant van die hof en sien 'n voertuig in parkDrive indraai en daarna by die reedsgenoemde stoptekentot stilstand kom. Hy is vas onder die indruk datdaar terroriste in die voertuig is. Volgende op in-sidente wat in geskil is, sien hy die voertuig regsdraai in Collegeweg, d w s weg van sy eie voertuig.Hy vuur eers vier skote na die bande van die bewegendevoertuig. Niks gebeur nie en die bakkie ry voort.Nou mik hy doelbewus na die bestuurder. Hy vuur nog'n aantal skote en drie daarvan tref die oorledene. Dieoorledene sak inmekaar en Currie slaag daarin om diebakkie tot stilstand te bring.

In stryd met die appellant se verwagting wordgeen vuurwapen in of naby die bakkie gevind nie. Maar

/die ...

7.

die koeelgate in die bakkie en die oorledene se lyk isstomme getuienis dat die appellant helaas nooit skotevan 'n vuurwapen (behalwe sy eie) gehoor het nie, maarinderdaad slegs knalgeluide wat nes skote geklink het,en dat hy dus as gevolg van 'n tragiese dwaling die oor-ledene se dood veroorsaak het.

By die verhoor het die appellant hom beroep opdie bepalings van art 49 (2) van clic Strafproseswet 51 van1977 ("die nuwe wet"). 'n Hele aantal regsaspekte is aandie einde van die verhoor gedebatteer, oa of die bewyslasbetreffende die vereistes van die artikel op die appel-lant gerus het en of art 49 (2) saam met art 49 (1) ge-lees moet word. Die verhoorh.of het ten gunste van dieappellant veronderstel dat eersgenoemde subartikel vier-kantig op sy eie bene staan, en dat die respondent moesbewys dat die doodslag nie weens die bepalings daarvan ge-regverdig was nie. Nietemin is bevind dat die respondenthom van dié bewyslas gekwyt het, maar dat wederregtelik-

/heidsbewussyn ...

8.

heidsbewussyn ontbreek het. Vandaar die skulcligbe-vinding aan strafbare manslag in teenstelling tot moord.

Ek keer later in meer besonderhede terug nadie feitlike bevindings van die verhoorhof. Op hier-die stadium is dit egter dienstig om die veronderstel-lings wat gemaak is nader onder oënskou te neem. Dietweede een lewer geen probleme op nie. In S v Swane-poel 1985 (1) SA 576 (A), het hierdie hof naamlikbeslis dat wanneer 'n beskuldigde van moord of strafbaremanslag aangekla word, en hy hom beroep op die beskerm-ing wat art 49 (2) verleen, hy moet bewys dat aan dievereistes daarvan voldoen is.

Wat die eerste veronderstelling betref, isdit nodig om op die bewoording van die twee subartikelste let. Hulle lees soos volg:

"(1) Indien iemand wat ingevolge hierdie Wetgemagtig is om 'n ander in hegtenis teneem of om met sy inhegtenisneming be-hulpsaam te wees, poog om so 'n persoon

/in ...

9.

in hegtenis te neem en so 'n persoon:

(a) hom teen die poging verset en nie sonder die aanwending van geweld in hegtenis geneem kan word nie; of (b) vlug wanneer dit duidelik is dat 'n poging gedoen word om hom in hegtenis te neem, of hom teen die poging verset en vlug,

kan die aldus gemagtigde persoon, teneinde die inhegtenisneming uit te voer,die geweld aanwend wat in die omstandig-hede redelikerwys nodig is om die versette bowe te kom of om die betrokke persoonte verhinder om te vlug.

(2) Waar die betrokke persoon in hegtenis

geneem staan te word weens 'n in Bylae 1bedoelde misdryf of in hegtenis geneemstaan te word op grond daarvan dat hyredelikerwys verdink word so 'n misdryfte gepleeg het, en die persoon wat in-gevolge hierdie Wet gemagtig is om homin hegtenis te neem of om met sy inhegte-nisneming behulpsaam te wees, hom nie op'n ander wyse in hegtenis kan neem of kanverhinder om te vlug as deur hom te doodnie, word die doding geag straffelosedoodslag te wees."

Subartikel 1 slaan op geweld wat nie die dood van'n persoon veroorsaak nie, terwyl die tweede subartikel

/juis ...

10.

juis op doodslag betrekking het. In die onmiddellikevoorganger van art 49, nl art 37 van die Strafproses-wet 56 van 1956 ("die ou wet"), soos ook in art 44 vanWet 31 van 1917, is streng volgens woordlui slegs virdie uitsluiting van strafregtelike aanspreeklikheid tenopsigte van doodslag voorsiening gemaak. Soos BothaAR egter in Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629(A) 640, aangedui het, het daar onsekerheid bestaan oordie trefwydte van art 37 van die ou wet, en meerbepaald oor die vraag of dit in bepaalde gevalle aan-spreeklikheid vir 'n mindere vorm van liggaamsaantastingas doding uitgesluit het. Soos Botha AR tereg aange-toon het, is dit redelik om te aanvaar dat die wetgewerbeoog het om dié onsekerheid uit die weg te ruim deur inart 49 van die nuwe wet twee aparte subartikels vantoepassing te maak op enersyds geweld wat die dood van'n persoon tot gevolg het, en andersyds geweld met 'nandersoortige gevolg, soos bv liggaamlike besering.

/Die ...

11.

Die rede waarom dit goed gevind is om in dienuwe wet sodanige voorsiening te maak, lê voordie hand.Die wetgewer het naamlik beoog dat doodslag onstraf-waardig moet wees slegs ten opsigte van "ernstiger" mis-dade, d w s misdrywe vermeld in die eerste bylae totdie wet. Daar is dus geen rcde om te vermoed nie datdie wetgewer van die vereistes vir 'n geslaagde beroepop die bepalings van art 37 van die ou wet, en wat inart 49 (1) van die nuwe wet beliggaam is, nie ook inge-volge art 49 (2) vir geregverdigde doodslag wou laatgeld nie.Die vraag wat pertinent in hierdie appêl tersprake kom, is of die vereiste van art 49 (1) dat diete gearresteerde persoon moet "vlug wanneer dit duide-lik is dat 'n poging gedoen word om hom in hegtenis teneem", ook van toepassing is vir die doeleindes van art49 (2). Hierdie vraag is bevestigend beantwoord deurBotha AR in sy minderheidsuitspraak in Macu, supra. Hy

/het ...

12.

het sy gevolgtrekking soos volg geformuleer (op pp641-2):

"Ek het reeds daarop gewys hoe die bewoord-

ing van die ou art 37 (1) in die nuwe art49 (2) gewysig is. Die inleidende woordevan art 49 (2):

'Waar die betrokke persoon in hegte-

nis geneem staan te word ...',

verwys klaarblyklik, soos ek reeds gesê het,na die persoon wat genoem word in art 49 (1):dit is 'n persoon ten opsigte van wie 'n pogingaangewend word om hom in hegtenis te neem enwat

'(a) hom teen die poging verset ennie sonder die aanwending vangeweld in hegtenis geneem kanword nie; of

(b) vlug wanneer dit duidelik is dat'n poging gedoen word om hom inhegtenis te neem ...'

(Die verdere woorde 'of hom teen die pogingverset en vlug' behoef geen bespreking nie,omdat dit klaarblyklik slegs beoog om voor-siening te maak vir 'n geval waar die omstan-dighede van sowel para (a) as para (b) aan-wesig is.) Dit is duidelik, volgens mymening, dat die beperkende woorde van para(b), wat 'n voorvereiste daarstel vir die aan-wending van geweld wanneer iemand vlug, ookvan krag is by die toepassing van art 49 (2).Dit is waar dat hierdie vertolking neerkom opdie aanvaarding van 'n nuwe bepcrking op diemagtiging van die gebruik van geweld by 'n

/inhegtenisneming ...

13.

inhegtenisneming, wat nie voorheen bestaan het nie, maar so 'n resultaat is myns insiens onvermydelik aan die hand van die nuwe be- woording van die wetsbepalings. Dit sou on- logies wees om die verwysing na 'die betrokke persoon' te lees as 'n verwysing bloot na 'n persoon wat vlug, sonder die bykomende ver- eiste 'wanneer dit duidelik is dat 'n poging gedoen word om hom in hegtenis te neem', net soos daar geen rede is nie om die verwysing na 'n persoon wat hom verset te lees sonder die bykomende gedagte van 'en nie sonder die aanwending van geweld in hegtenis geneem kan word nie'."

Hierdie motivering van Botha AR is nie in strydmet enigiets wat in die meerderheidsuitspraak gesê is nie,en ek vereenselwig my volmondig daarmee. Ek sou egterook die volgende oorweging opper. In beide die meerder-heids- en minderheidsuitsprake is beslis dat die sinsnede(in art 49(1) (b)) "vlug wanneer dit duidelik is dat 'n poginggedoen word om hom in hegtenis te neem" meebring dat ditvir die persoon wat gearresteer staan te word duidelikmoet wees dat die gemagtigde poog om hom te arresteer(Macu pp 633 en 644). Hy moet dan vlug met die opset

/om ...

14.

om die poging te fnuik. Indien dié vereistes nieby art 49 (2) betrek sou word nie, sou dit tot die on-houdbare resultaat lei dat mindere vereistes vir reg-verdiging van doodslag geld as vir, sê, 'n ligte graadvan verwonding binne die raamwerk van art 49 (1).Derhalwe het die appellant se advokaat in hierdie hoftereg toegegee dat art 49 (2) saam met eersgenoemdesubartikel gelees moet word.

Ingevolge art 40 (1) (b) van die nuwe wetkan 'n vredesbeampte iemand sonder lasbrief in hegtenisneem indien hy dié persoon redelikerwyse verdink dat hy'n in die eerste bylae bedoelde misdryf gepleeg het(behalwe een omskrewe misdryf wat nie ter sake is nie).Die appellant was 'n vredesbeampte wat sonder 'n lasbriefopgetree het, en dit staan vas dat hy die insittendesvan die bakkie verdink het van sodanige misdryf (ter-roristiese bedrywighede binne die raamwerk van wet 7 4van 1982). In die lig van die voorgaande kan die

/vereistes ...

15.

vereistes van art 49 (2) wat vir die doeleindes vanhierdie appèl ter sake is, nou soos volg getabuleerword:

(a) Die appellant moes die insittendes redelíkerwyse van die pleging van die betrokke misdryf verdink het. (b) Die oorledene (en Currie) moes in hegtenis geneem staan te gewees het. (c) Die oorledene moes bewus gewees het van 'n voorneme van die appellant, wat dus kenbaar ge- maak moes gewees het, om hom in hegtenis te neem. (d) Die oorledene moes met daardie bewussyn gevlug het, dws gepoog het om inhegtenisneming te ont- duik deur ontvlugting. (e) Ten einde uiteindelike ontvlugting te verhoed moes daar geen uitweg gewees het anders as om die oorledene te dood nie.

/Indien ...

16.

Indien die appellant bewys het dat al vyfvereistes bevredig was, sou hy nie aan enige misdaadskuldig bevind kon word nie. Hy sou hom dan met suk-ses op 'n statutêre regverdigingsgrond kon beroep hetomdat hy bewys het dat die doodslag nie onregmatig wasnie. Dit volg egter nie dat indien nie aan een ofmeer van die vereistes voldoen is nie, die appellantwel 'n misdaad gepleeg het nie. Hy is juis nie aanmoord skuldig bevind nie omdat wederregteliksheidsbe-wussyn ontbreek het. Al was die doodslag wederreg-telik, sou die nodige skuldvorm gevolglik aanwesigmoes wees ten einde strafregtelike aanspreeklikheidmee te bring. Wat strafbare manslag betref, waar dieskuldvorm nalatigheid is, sou die appellant derhalwenie aldus aanspreeklik gewees het nie "indien hy rede-likerwyse geglo het" dat al die genoemde vereistes be-vredig was. (Ek gebruik die frase in aanhalings-tekens as 'n elliptiese maar gerieflike ekwivalent van

/"indien ...

17.

"indien 'n redelike persoon in sy plek sou geglo het".)

In Swanepoel, supra, het die Hoofregtertwyfel uitgespreek aangaande die juistheid van 'n be-toog dat indien 'n gemagtigde wat 'n persoon wil arres-teer op redelike gronde glo dat laasgenoemde vlug, diepersoon dan inderdaad beskou moet word as iemand watvlug. Dié betoog is egter benader met die oog op dieregverdigingsvereistes van art 49 (2) en nie met ver-wysing na die skuldvraag nie. Dit kom my dan ookmet eerbied voor dat in R v Koning 1953 (3) SA 220 (T)225, Ramsbottom R betreffende 'n statutêre bepaling soortgelykaan art 49 nagelaat het om die onderskeid tussen weder-regtelikheids- en skuldvereistes voor oë te hou.

Normaalweg moet die Staat die nodige skuld-vorm bewys. In 'n geval soos die onderhawige meen ekegter dat in die lig van die oorwegings geopper inSwanepoel dit vanself volg. dat die beskuldigde dieafwesigheid van skuld met betrekking tot die vereistes

/van ...

18.

van art 49 (2) moet aantoon, altans wat nalatigheidbetref. 'n Beroep op die afwesigheid van skuld inso 'n geval sluit immers onregstreeks 'n beroep op diesubartikel in, sodat die wederregtelikheidsvraag endie skuldvraag grotendeels, en betreffende die al ofnie aanwesigheid van nalatigheid feitlik altyd, in dielig van dieselfde feite beantwoord moet word. Indiendie bewyslas onder bespreking op die Staat sou rus,sou die onhoudbare situasie kon ontstaan dat die onusrakende een en dieselfde feitekompleks nou op die be-skuldigde en dan weer op die Staat sou rus. Gestelbyvoorbeeld dat indien XYZ bestaan, dit die afleidingregverdig dat die te gearresteerde persoon gevlug hetom inhegtenisneming te vermy. Gestel voorts dat indie afwesigheid van XYZ dit duidelik is dat 'n redelikepersoon nie sou gedink het dat bedoelde persoon inder-daad gevlug het nie. Ten einde op geregverdigdedoodslag ooreenkomstig art 49 (2) te steun, sou die

/beskuldigde ...19.

beskuldigde XYZ moes bewys. Indien hy hom nie vanhierdie las sou kwyt nie, sou 'n bevinding van onreg-matige doding volg. Maar indien die bewyslas betref-fende skuld met betrekking tot die vereistes van diesubartikel op die Staat sou rus, sou dit daarna op sybeurt die afwesigheid van XYZ moes aantoon ten eindenalatigheid en derhalwe strafregtelike aanspreeklik-heid te bewys!

Soos reeds genoem, het die Hoofregter inSwanepoel dit onnodig gevind om uitsluitsel te geeoor die aanvaarbaarheid van 'n betoog dat aan die be-trokke regmatigheidsvereiste van art 49 (2) voldoenword indien die beskuldigde redelikerwyse dink dat diete gearresteerde persoon vlug. Daarna het hy dievolgende gesê (op p 590):

"Ek is gevolglik van mening dat die appellant se beroep op art 49 nie kan slaag nie. Hierdie bevinding maak natuurlik nog nie 'n einde aan die saak nie: dit beteken

/slegs ...

20.

slegs dat die appellant nie geregtig is op die beskerming wat art 49 (2) bied nie. Die Staat moet nog steeds bewys dat hy skuldig is aan moord of aan 'n ander mis- daad waaraan hy by 'n aanklag van moord skuldig bevind kan word." Dit is duidelik, meen ek, dat die Hoofregter

nie die bewyslas betreffende die aan- of afwesigheidvan skuld met betrekking tot die meermaal genoemde ver-eistes in gedagte gehad het nie. In Swanepoelwas die appellant (beskuldigde) se weergawe naamlikdat hy nie sy vuurwapen op die oorledene gerig het toehy die noodlottige skoot afgevuur het nie. Al wat dusin die aangehaalde passasie te kenne gegee is, was datdie Staat skuld moes bewys het in die sin dat die ap-pellant die dood van die oorledene opsetlik of nalatigveroorsaak het. In verband met daardie kwessie wasart 49 (2) nie eens onregstreeks ter sprake nie. Ge-volglik is die passasie geensins in stryd met die ge-volgtrekking waartoe ek hierbo gekom het nie.

/Ek ...

21.

Ek kom dan by die aspekte van die gebeureonmiddellik voor die noodlottige skietery wat in ge-skil is, en die verhoorhof se bevindings dienaangaande.Die appellant getuig dat nadat hy sy voertuig in Col-legeweg geparkeer en uitgeklim het, hy sy passasieraangesê het om aan die sypaadjiekant van die voertuigte skuil. Hy self het stelling voor die voertuig in-geneem. Die hoofligte daarvan het gebrand, alhoeweldié verdof was, en bowendien was hy feitlik direk onder'n straatlamp. Toe die bakkie ongeveer 14 - 15 metervanaf die reedsgenoemde stopteken was, het hy nog 'nskoot gehoor. Hy het geskrik want hy het geglo daarword op hom gevuur. Hy het dus gekoets. Toe diebakkie by die stopteken stilhou, het hy orent gekom,sy regterhand in die lug gesteek en geskreeu: "Halt,police. Come here." Dit het hy tweekeer gedoen.Die bakkie het egter weggetrek en daar het weer 'nskoot weergalm. Hy het onmiddellik op sy knieë

/gesak ...

22.

gesak, sy vuurwapen uit die skede getrek en vier skoteop die bakkie se wiele gevuur. Toe die bakkie egtersy draai vanuit Park Drive in Collegeweg voltooi het,het hy na die bestuurder geskiet.

Hierdie weergawe is tot 'n mate deur die ge-tuienis van die passasier, Mzila, gestaaf. Hy beaamdat die appellant wel voor hul voertuig gestaan het,sy hand opgelig het en die insittendes van die bakkiebeveel het om te stop. Hy sê egter dat die appellantnooit op sy knieë gestaan het nie, en meld dat dieappellant se rewolwer op 'n stadium grondwaarts gewyshet.

Currie ontken dat die bakkie teruggeplof hetnadat dit verby die stopteken beweeg het en sê dat hygeen knalgeluid gehoor het nie voordat die bakkie feit-lik sy draai na regs in Collegeweg voltooi het.Daarna was daar wel sodanige geluide wat hom laat dinkhet dat die bakkie terugplof. Uit die oorledene se

/reaksie ...

23.

reaksie was dit vir hom duidelik dat dit ook eersge-noemde se indruk was.

Currie getuig voorts dat terwyl die bakkieby die stopteken stilgestaan het, hy na links inCollegeweg gekyk het om te sien of daar aankomendeverkeer was. Hy het 'n geparkeerde voertuig (klaar-blyklik dié van die appellant) gesien maar het niemandin of buite die voertuig opgemerk nie. Hy het ookniemand hoor skreeu nie. Hoewel hy van mening wasdat die hoofligte van die voertuig nie gebrand het nie,het hy toegegee dat sy indruk moontlik verkeerd konwees. Die appellant sou egter 'n leuen vertel, aldussy getuienis, indien hy sou sê dat hy voor die gepar-keerde voertuig gestaan het.

Die verhoorhof het bevind dat Currie 'n eer-like getuie was maar dat sy getuienis met omsigtigheidbenader moet word; hoofsaaklik omdat hy 'n vriend vandie oorledene was, hy tot 'n mate onder die invloed van

/drank ...

24.

drank was en hy "kennelik fouteer" het deur te sê datdie appellant nie buite sy voertuig was nie. Laas-genoemde punt van kritiek is na my mening ongegrondwant Currie het nooit betwis dat die appellant uit syvoertuig geklim het nie. Al waaroor hy onvermurf-baar was, was dat die appellant op die tersaakliketydstip nie voor die geparkeerde voertuig gestaan hetnie.

Mzila se getuienis moet volgens die oordeelvan die verhoorhof met nog groter omsigtigheid benaderword. Hy was, aldus die uitspraak, alles behalwe 'nbetroubare getuie op wie se waarnemings peil getrekkon word. Ek vind dit egter onnodig om in besonder-hede te verwys na die geregverdigde kritiek wat teensy getuienis uitgespreek is.

Aangaande die appellant is bevind dat hynie 'n "doelbcwuste, leuenagtige" getuie was nie. Daarwas egter onbevredigende aspekte in sy getuienis en

25.

die hof se indruk was dat hy soms oordryf het en sygetuienis aangepas het al na gelang dit sy verweerdie beste gepas het. Hoe hierdie indruk te rym ismet die eerste bevinding is nie so duidelik nie,tensy die hof van mening was dat die appellant latereerlik, maar verkeerdelik, geglo het dat sekere dingeal of nie gebeur het.

Na ontleding van die getuienis en diewaarskynlikhede het die hof oa bevind dat die appel-lant hom nie so opsigtelik gemaak het as wat hy voor-gegee het nie. Voorts is bevind dat die appellantnie redelikerwyse kon geglo het dat die insittendesvan die bakkie terroristiese bedrywighede gepleeg hetnie, en ook dat die doodskiet van die oorledene inelk geval nie die enigste wyse was waarop die appel-lant kon verhoed dat die verdagtes ontvlug nie.

Omdat die verhoorhof ten gunste van dieappellant veronderstel het dat art 49 (2) van die

/nuwe ...

26.

nuwe wet as't ware op sy eie bene staan, is geen defi-nitiewe mening uitgespreek aangaande vereistes (c) en(d) hierbo nie. Dit ly egter geen twyfel nie datdie oorledene nie bewus was van enige voorneme van dieappellant om hom in hegtenis te neem nie, en derhalweook nie gevlug hek om inhegtenisneming te fnuik nie.Indien die appellant dus nie redelikerwyse gedink hetdat die twee vereistes wel bevredig was nie, volg ditdat die appèl nie kan slaag nie.

Waarskynlik om bogenoemde rede ontbreek ook'n omlyning deur die verhoorhof van sy bevinding datdie appellant hom nie so opsigtelik gemaak het as wathy voorgegee het nie. Die mate waartoe die appellantwel opsigtelik was, indien enige, is egter van deur-slaggewende belang in die verband onder bespreking.

Soos reeds genoem, sê die appellant dat hyin die gloed van sy motor se hoofligte en 'n oorhoofsestraatlamp voor die geparkeerde voertuig stelling

/ingeneem ...

27.

ingeneem het. Currie het dié voertuig gesien, enindien die appellant wel op die bewuste plek gestaanhet, moes Currie hom gewaar het. Die weergawes vanCurrie en die appellant rakende hierdie aspek is daar-om direk teenstrydig. Na my mening spreek die waar-skynlikhede egter oorweldigend ten gunste van Curriese weergawe.

Die appellant sê dat volgens voorligting wathy as polisieman ontvang het, hy geweet het dat ter-roriste waarskynlik nie geredelik sal oorgee nie enhul weg uit 'n bedreiging van hul vryheid sal probeeroopskiet. Hy sê ook dat hy bedag was op die moontlik-heid dat handgranate na sy geparkeerde voertuig gegooikon word. Hy verkondig voorts dat toe die bakkie bydie stopteken stilhou en hy die reedsgenoemde bevelgeskreeu het, hy besef het dat "daar ... 'n 100% kans[was] dat hulle my daar sou doodskiet", en dat hy geentwyfel hoegenaamd gehad het nie dat "die mense ... [my] /... ...

28.

... gaan afmaai." Nieteenstaande verkondig hy dathy doodsveragtend oop en bloot in 'n helder ligkolstelling ingeneem het! Boonop staan hy aldus metsy pistool in sy skede tot nadat die bakkie vanaf diestopteken wegtrek en is hy dus nie eens in 'n posisieom die verwagte skote op hom in gelyke munt te beant-woord nie.

'n Mens hoef net die essensie van die weer-gawe te konstateer om dit sonder huiwering te verwerp.Dit is inherent onaanvaarbaar. Wat veel meer aan-neemlik is in die lig van Currie se getuienis, is datdie appellant aan die linker voorkant van sy motorweggekruip het ten einde nie vir die vermeende ter-roriste sigbaar te wees nie, en eers begin skiet hetnadat die bakkie in Collegeweg in 'n teenoorgestelderigting begin wegdraai het.

Insoverre Mzila die appellant se wecrgaweonder bespreking steun, moet sy getuienis ook op grond

29.

van die inherente waarskynlikhede verwerp word. Dieappellant het egter heel moontlik op 'n stadium voordathy die bakkie in aantog in Park Drive opgemerk het,voor sy geparkeerde voertuig gestaan, en indien wel,pas dit in by Mzila se getuienis. Laasgenoemde hetegter toe gaan wegkruip, was sekerlik vreesbevange, enhet in alle waarskynlikheid nie daarna gesien wat ge-beur het nie. Dit word bevestig deur die feit datvolgens hom (maar verkeerdelik) i) die bakkie nie bydie stopteken stilgehou het nie, en ii) die appellantuit 'n staande posisie geskiet het.

Ek het sterk twyfel of die appellant ooit diebeweerde waarskuwingskrete geuiter het, want dit sou vol-gens sy oortuiging die aandag op hom gevestig en totspervuur op hom gelei het. Maar al het hy dit gedoen,kon hy nie redelikerwyse gedink het dat dit oor 'n af-stand van bykans 40 meter hoorbaar sou wees vir dieinsittendes van die bakkie waarvan die

/enjin ...

30.

enjin geluier het en trouens volgens die appellant metdie wegtrek vanaf die stopteken kwaai gewentel het,terwyl hy nie eens waargeneem het of die vensters vandie bakkie oop of toe was nie.

Die appellant het dus nie bewys nie dat ver-eistes (c) en (d) bevredig was, of dat hy redelikerwysegemeen het dat dit wel die geval was. Derhalwe is hytereg skuldig bevind en is dit onnodig om die andervereistes te behandel. Ek kan egter noem dat ekakkoord gaan met die verhoorhof se bevinding dat dieappellant nie redelikerwyse die insittendes van diebakkie van terroristiese bedrywighede kon verdink hetnie. In dié verband hoef slegs gewys te word op dieonaanneemlikheid dat terroriste op die hof sal skiet; salvertrek en na 'n hele rukkie weer terugkeer om die aan-val te hervat; daarna kruis en dwars in die omgewingagter die hof sal ry en 'n oorlog in die kleine maak,en dan, met die stellige wete dat die polisie van hul

/bedrywighede ...

31.

bedrywighede verwittig is en hulle naby die toneelmoet bevind, ewe getroos en wetsgehoorsaam in dievroeë oggendure by 'n stopteken sal stilhou terwyldaar geen verkeer in Collegeweg in aantog is nie.Meer nog: op die appellant se weergawe van waar enhoe hy voor sy voertuig stelling ingeneem het souenige redelike persoon in sy plek die stellige ver-wagting gehad het dat indien die insittendes van diebakkie terroriste was, hulle op hom, wat duidelik aspolisieman kenbaar was, sou vuur terwyl diebakkie stilstaande by die stopteken was.

Die appèl word afgewys.

H.J.O. VAN HEERDEN

AR

JANSEN AR STEM SAAMNESTADT WAR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Swanepoel 1985 (1) SA 576 (A)

Case cited

Macu v Du Toit and Another 1983 (4) SA 629 (A)

Case cited

R v Koning 1953 (3) SA 220 (T)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.