S v Bosman (102/89) [1989] ZASCA 101; [1990] 1 All SA 289 (A) (11 September 1989)
- Citation
- [1989] ZASCA 101
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- J J F Hefer, Joubert, Nestadt
- Case number
- 102/89
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- J J F Hefer, Joubert, Nestadt
- Case number
- 102/89
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the trial court was correct in finding that there were no mitigating circumstances warranting a lesser sentence. The appellant's psychopathic personality traits and unhappy youth did not substantially influence his conduct on the day of the murder, which was calculated and controlled rather than impulsive. His youthfulness was not a contributing factor, as he acted independently and with full awareness of the wrongfulness of his actions. The trial court's evaluation of the appellant's moral blameworthiness, considering the motive and the gruesome nature of the crime, was reasonable and not open to appellate interference. There was no misdirection or error in the trial court's reasoning, and the appeal was dismissed.
Court disposition
Appeal dismissed.
Orders
- The appeal is dismissed.
02
Material facts
Parties
Willem Jacobus Bosman
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence and Finding of No Mitigating Circumstances
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred in finding no mitigating circumstances in sentencing the appellant to death for murder.
- 02
Whether the appellant's psychopathic personality and youthfulness should have been considered as mitigating factors.
- 03
Whether the trial court's evaluation of the appellant's moral blameworthiness was reasonable.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that his unhappy childhood, psychopathic personality traits, and youthfulness should be considered as mitigating circumstances. It was submitted that these factors contributed to his conduct and diminished his moral blameworthiness. Psychiatric evidence was led to show that the appellant suffered from a serious personality disorder with psychopathic traits, which allegedly influenced his actions.
- Respondent
- The respondent contended that the appellant's conduct was calculated and controlled, not impulsive, and that his psychopathic traits did not substantially diminish his responsibility. The respondent argued that the trial court correctly found that neither his youthfulness nor his personality disorder played a significant role in the commission of the crime, and that the appellant's actions were morally reprehensible and deserving of the sentence imposed.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v N 1968 (2) SA 576 (A) at 580 G-H
A psychopathic personality disorder does not necessarily reduce the blameworthiness of a murderer; the degree and influence of the disorder must be assessed in light of the facts.
- 02
S v Nell 1968 (2) SA 576 (A) at 580 C
The evaluation of moral blameworthiness and the presence of mitigating circumstances is primarily the task of the trial court, and appellate interference is only warranted if no reasonable court could have reached the same conclusion.
- 03
S v Pieterse 1982 (3) SA 678 (A) at 683-684
Youthfulness is a factor to be considered as a possible mitigating circumstance, but only if it played a role in the commission of the crime.
- 04
S v McBride 1988 (4) SA 10 (A) at 24 B-D
The court must consider the motive and the heinousness of the act when evaluating moral blameworthiness.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the trial court was correct in finding that there were no mitigating circumstances warranting a lesser sentence. The appellant's psychopathic personality traits and unhappy youth did not substantially influence his conduct on the day of the murder, which was calculated and controlled rather than impulsive. His youthfulness was not a contributing factor, as he acted independently and with full awareness of the wrongfulness of his actions. The trial court's evaluation of the appellant's moral blameworthiness, considering the motive and the gruesome nature of the crime, was reasonable and not open to appellate interference. There was no misdirection or error in the trial court's reasoning, and the appeal was dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that the presence of a personality disorder does not automatically mitigate criminal responsibility; its actual impact must be carefully assessed.
- Youthfulness is not a mitigating factor unless it demonstrably influenced the commission of the offence.
- The moral reprehensibility of the act and the calculated manner in which it was committed were decisive in the court's assessment.
Court disposition
Appeal dismissed.
- The appeal is dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING In die saak tussen
WILLEM JACOBUS BOSMAN APPELLANT
enDIE STAAT RESPONDENTCORAM : JOUBERT, HEFER et NESTADT ARR. AANGEHOOR : 24 AUGUSTUS 1939. : 11 SEPTEMBER 1989.
UISPRAAK : J J F HEFER AR.
UITSPRAAK Die appellant is in die hof a quo skuldig bevind aan moord en ter dood veroordeel. Wat in hierdie appèl ter sprake is, is die verhoorhof se bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie.Aá.n die begin van 1987 het die appellant, pas na sy agtiende verjaardag, met sy militêre diensplig begin. 'n Paar maande later is hy bevorder tot onderkorporaal en na Alexandra naby Johannesburg oorgeplaas. Gedurende Augus-tus of September van dieselfde jaar is hy egter weens wan-gedrag van sy rang onthef. Op 11 September 1987 het hy 'n diensgeweer en patrone gesteel en gedros. Hy het 'n paar dae by sy suster in Potchefstroom vertoef en toe geryloop Kaaptoe waar sy ouers gewoon het. Omdat sy pa hom vroeër
.../2
2. die huis belet het, het hy egter nie soontoe gegaan nie maar by ander familielede en vriende tuisgegaan en selfs 'n nag of twee in 'n bos naby Bergrivierstasie deurgebring. Op Saterdag 26 September 1987 het hy, met die gesteeide geweer in 'n drasak versteek, voetgesiaan na Saldanha. Langs die pad het Mnr Izak Coetzee hom opgelaai. Nadat hulle 'n end gery het, het hy die geweer tevoorskyn gebring en Mnr Coetzee gedwing om om te draai en met die grondpad na Kerse-fontein af te draai. Langs die grondpad het hy Coetzee eers uit die motor en toe te voet na die Bergrivier gedwing. Daar het hy hom doodgeskiet, die lyk indie rivier gegooi, en met Coetzee se motor waarin laasgenoemde sy geld agtergelaat het, na 'n vriend se huis in Belville gery. Daar het hy die Saterdag-en Sondagnag geslaap. Maandagoggend het die
/3...........
3. vriend se moeder toevallig 'n radioberig oor Mnr Coetzee se verdwying gehoor. Omdat die beskrywing in die berig van laasgenoemde se voertuig ooreengekom het met die motor waarmee die appellant daar aangekom het, het sy die polisie ontbied en appellant is aangehou. Aanvanklik het hy 'n ieuenagtige verduideliking gehad vir sy besit van Coetzee se voertuig maar later het hy die polisie vertel wat ge-beur het en hulle na die lyk in die Bergrivier geneem.Dit is onnodig om die verduideliking te beskryf wat die appellant by die verhoor aangevoer het vir sy op-trede. Die verhoorhof het dit tereg as leuenagtig verwerp en bevind dat hy iangs die die pad na Saldanha op die uit-kyk was vir iemand wat hy kon beroof en met daardie doel voor oë agter by die oorledene in die motor geklim en later
/4...........
4. die geweer op hom gerig het. Dit is verder bevind dat
hy die oorledene na die rivier geneem het "met as een,
indien nie die enigste, van die moontlikhede, om die mandood te skiet en uit te wis". Ten slotte is bevind dathy die oorledene daarna met direkte opset doodgeskiet het.Benewens die moord is hy ook aan roof skuldig bevind.
Reeds by sy verskyning in die landdroshof is
die appellant vir waarneming na die Valkenberg hospitaalverwys. Die psigiaters wat hom daar ondersoek het, hetbevind dat hy psigopatiese neigings het. Een van die psi-giaters, Dr Zabow, het by die verhoor getuig dat, hoeweldie appellant beskou moet word as "an individual of seriouspersonality disorder functioning with psychopathic traits",hierdie toestand nie primêr bygedra het tot die appellant
.../5
5. se optrede dïe betrokke dag nie. Impuisiwiteit, het Dr Zabow verduidelik, is een van die trekke van 'n psigo-paat. Appellant se optrede die betrokke dag was geen-sins impulsief nie maar beheerst en berekend. "There was a controlled behaviour. There wasn't an impulsive act and then nothing more. There was a sequence of com-plex behaviour and thought out actions", het Dr Zabow ge-tuig. Hy was deeglik bewus van die onregmatigheid van sy optrede en sy psigopatiese toestand het slegs daartoe bygedra tot die mate dat sy egosentrisme en gebrek aan emosie met gepaardgaande gevoelloosheíd teenoor andere hom in staat gestel het om die oorledene koelbloedig in eie belang te vermoor.
Uit die getuienis blyk dit verder dat die
.../6 6.
appellant 'n uiters ongeiukkige jeuglewe gehad het. Daar was voortdurende struwelinge tussen sy ouers en later tus-sen hom en sy vader wat daarop uitgeloop het dat hy sy vader te lyf gegaan het en die huis belet is. Dit was kort voordat hy met sy dienspiig begin het. Hy was 'n on-willige en aggressiewe leerling wat op skool swak presteer het. Uiteindelik het hy in 'n verbeteringskool beland na-dat hy iemand ernstig aangerand het. Daar het hy std 8 deurgekom teen die einde van 1986.
By die verhoor is die appeilant se ongelukkige jeugjare, sy psigopatiese toestand en natuurlik sy jeug-digheid as versagtende omstandighede aan die verhoorhof voorgehou. Die hof het egter bevind dat daar geen versag-tende omstandighede was nie. Wesenlik kom die redes wat
.../7
7. in die uitspraak oor versagtende omstandighede vir hierdie bevinding aangevoer is daarop neer dat, hoewel die appel-lant se ongeiukkige jeugjare enige hof met 'n mate van deer-nis vervul en waarskynlik bygedra het tot die persoonlik-heidsgebrek waaraan hy tans ly, daardie gebrek sy optrede beïnvloed het slegs tot die mate deur Dr Zabow beskryf, en dat sy jeugdigheid geen rol gespeel het nie. In die lig van die beweegrede vi r die moord ( "omdat hy gevoel het dat dit 'n oplossing vir sy probleem is, die probleem synde. dat hy .... op daardie stadium reeds misdadig op-getree het met 'n vuurwapen teenoor hierdie man; dat hy in elk geval 'n voortvlugtige voor die miliitêfe gesag en die gereg was en dat hy bevrees was dat hierdie man hom aan die man sou bring" ) en dat dit appellant se eie
......../8 8.
optrede was wat hom in hierdie situasie laat beland het,
en die weersinwekkende manier waarop hy die oorledene om
die lewe gebring het, was die hof van oordeel dat appel-
lant moreel nie minder verwytbaar is vir sy optrede nie.Die verhoorregter het die hof se sienswyse soos volg ge-
formuleer:
"In agternabeskouing op die waarskynlikhede van alles, is dit vir ons duidelik dat die beskul-digde daar gestaan en wag het vir die regte per-soon om op te daag sodat hy hom kon beroof. Om hierdie man dan onder bedreiging van 'n geweer in sy eie motor te neem en vir myle te laat ry tot by 'n afgeleë plek, hom te laat uitklim en dan amper 'n kilometer ver deur moerasgebied aan te jaag tot in die afgeleë dele van die rivierval-lei en hom daar koelbloedig dood te skiet sodat die man hom nie later kan identifiseer nie. Die geheelbeeld en omstandighede en onderliggende motiewe aan die moord, kom ons in ons waarde-bepaling van die morele aspekte van hierdie mis-dryf so weersinwekkend en aaklig voor dat ons
.../9
9. die feit dat hy tot 'n mate deur sy psigopatiese gebreke in die posisie geplaas is waarin hy hier-die ding begin en beëindig het, dat ons dit nie as versagting kan sien nie Jeugdigheid of onvolwassenheid is 'n faktor wat ons baie deeg-lík oorweeg het, maar ons kom tot die gevolgtrek-king dat sy jeugdigheid in hierdie geval hoege-naamd geen verband hou met die pleging van hier-die misdryf nie. Daar was geen druk op hom ge-plaas óf deur omstandighede óf deur ander persone wat vanweë sy jeugdigheid en onervarenheid, hom hierdie misdrywe laat pleeg het nie. Hy het op sy eie hieroor besin. Hy het dit gedoen omdat hy geld nodig gehad het, omdat hy waarskyniik ook 'n motor nodig gehad het ommee rond te ry. Sy jeugdigheid of onvolwassenheid het in hierdie besluit om hierdie misdrywe te pleeg ten einde dit te bekom, in ons oordeel geen rol gespeel nie." Appellant se advokaat in hierdie hoí kon geen
mistasting in die verhoorhof se redenasie aan ons uitwys
nie en ek kan ook geen mistasting daarin vind nie. Uit
beslissings soos dié in S_v_Ne__ 1968(2) S A 576 (A) op
.../10
10. 580 G-H en S v Pieterse 1982(3) S A 678 (A) op 683 'n -684 C blyk dit dat 'n psigopatiese persoonlikheidsgebrek van 'n moordenaar nie noodwendig sy optrede minder laak-baar maak nie en dat dit in elke geval die taak van die verhoorhof is om die laakbaarheid van sy optrede te beoor-deel in die lig van die feite. By hierdie beoordeling speel die graad van die gebrek en die mate waartoe dit die optrede beïnvloed het klaarblyklik 'n belangrike rol. In die onderhawige geval was die appellant ten spyte van sy gebrek, in staat tot volkome wiisbeheersing en om die onregmatigheid van sy optrede ten volle te besef. Sy optrede die besondere dag openbaar geeh teken van impul-siwiteit nie; alle aanduidings is, inteendeel, dat hy met kille berekening te werk gegaan het. Met die ver-
... 11 11.
hoorhof se bevinding oor die beperkte rol wat appellant se persoonlikheidsgebrek gespeel het, kan nie fout gevind word nie. Dieselfde geld vir die bevinding dat sy jeug-digheid geen rol gespeel het nie. In sy evaluering van die morele laakbaarheid van appeilant se optrede het die verhoorhof tereg sy beweegrede en die weersinwekkenheid van sy daad in aanmerking geneem (S v M cBride 1988(4) 10 ( A ) op 24 B-D). By gebrek aan enige mistasting sal hierdie hof nie met die verhoorhof se evaluering inmeng nie tensy dit een is wat geen redelike hof kon gemaak het nie (S v Nell (supra) op 580 C, S v McBride (supra)op 19 A-B). Van die bevinding in hierdie geval kan dit hoe-genaamd nie gesê word nie en daar bestaan dus geen rede vir inmenging nie.
.../12
12. Die appèl word van die hand gewys. J J F HEFER AR.
JOUBERT AR
STEM SAAM.
NESTADT AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.