S v Du Plooy (123/96) [1996] ZASCA 124 (7 November 1996)
- Citation
- [1996] ZASCA 124
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Vivier, Nienaber, Harms
- Case number
- 123/96
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Vivier, Nienaber, Harms
- Case number
- 123/96
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the trial court was correct in accepting the identification evidence against the appellant and rejecting his alibi. The witnesses were credible, had no motive to falsely implicate the appellant, and had ample opportunity to observe him during the attack. However, the appellant only joined the attack after the fatal shot had already been fired at Lindsay. Therefore, he could not be convicted of murder but was guilty of attempted murder, as his subsequent conduct demonstrated a clear intent to kill. Despite the change in conviction, the aggravating circumstances of the attack justified the imposition of the same sentence as originally handed down by the trial court.
Court disposition
Appeal against conviction succeeds in part; conviction for murder set aside and substituted with conviction for attempted murder. Appeal against sentence dismissed; sentence confirmed.
Orders
- The conviction of murder on count 2 is set aside and replaced with a conviction of attempted murder.
- The sentence imposed by the trial court is confirmed.
- The appeal against sentence is dismissed.
02
Material facts
Parties
Benjamin Du Plooy
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court correctly accepted the identification evidence against the appellant.
- 02
Whether the appellant was properly convicted of murder or only of attempted murder.
- 03
Whether the appellant's alibi was credible.
- 04
What is the appropriate sentence for the appellant given the revised conviction.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the identification evidence was unreliable due to the chaotic circumstances of the attack and the possibility of bias from the eyewitnesses, who were sympathetic to the rival gang. He maintained his alibi, claiming he was not present at the scene and only learned of the incident upon his arrest six weeks later. He further contended that the discrepancies in the witnesses' statements regarding the weapon used and his presence at the scene undermined their credibility.
- Respondent
- The State argued that the eyewitnesses had no motive to falsely incriminate the appellant and that their identification was reliable, given their proximity to the appellant and the good lighting conditions. The State highlighted the appellant's known involvement in gang conflicts and his familiarity to the witnesses. The State also pointed out the implausibility of the appellant's alibi and the contradictions in his testimony regarding his knowledge of the incident.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Mgedezi and Others 1989(1) SA 687(A) at 705I-706C
A participant who joins an attack after the fatal wound has been inflicted cannot be convicted of murder but may be convicted of attempted murder if he acts with the requisite intent.
- 02
S v Motaung and Others 1990(4) SA 485(A) at 521B-D
The reliability of identification evidence must be assessed in light of the circumstances, including the opportunity for observation and the witness's familiarity with the accused.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the trial court was correct in accepting the identification evidence against the appellant and rejecting his alibi. The witnesses were credible, had no motive to falsely implicate the appellant, and had ample opportunity to observe him during the attack. However, the appellant only joined the attack after the fatal shot had already been fired at Lindsay. Therefore, he could not be convicted of murder but was guilty of attempted murder, as his subsequent conduct demonstrated a clear intent to kill. Despite the change in conviction, the aggravating circumstances of the attack justified the imposition of the same sentence as originally handed down by the trial court.
Obiter and limits
- The appellant is fortunate that his blows did not cause more serious injuries or result in additional convictions for attempted murder.
- Minor discrepancies in witness testimony are to be expected in chaotic circumstances and do not necessarily undermine credibility.
Court disposition
Appeal against conviction succeeds in part; conviction for murder set aside and substituted with conviction for attempted murder. Appeal against sentence dismissed; sentence confirmed.
- The conviction of murder on count 2 is set aside and replaced with a conviction of attempted murder.
- The sentence imposed by the trial court is confirmed.
- The appeal against sentence is dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Download original filesPDF formatRTF format
Download original files
PDF formatRTF format
PDF format
RTF format
Saak nr 123/96
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPLAFDELING)
LAFDELING)
In die saak tussen:
BENJAMIN DU PLOOY
APPELLANT
- en -
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM: Vivier, Nienaber et Harms ARR. VERHOOR: 7 November 1996. GELEWER: 7 November 1996.
REDES VIR UITSPRAAK GELEWER IN DIE HOF OP 7 NOVEMBER 1996 DEUR VIVIER AR WAARMEE NIENABER AR EN HARMS AR SAAMGESTEM HET.
2
VIVIER AR:
Die appellant ("beskuldigde 2") en twee ander
("beskuldigdes 1 en 3") is in die Kaapse Provinsiale Afdeling deur Irish WR en assessore aan moord (aanklag 2) skuldig bevind. Op 'n verdere aanklag van moord (aanklag 1) is beskuldigdes 2 en 3 onskuldig bevind en is beskuldigde 1 aan die onwettige rig van 'n vuurwapen skuldig bevind. Op die moordaanklag is beskuldigdes 1 en 3 elk tot 20 jaar gevangenisstraf en beskuldigde 2 tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. In die geval van beide beskuldigdes 2 en 3 is 5 jaar van hul vonnisse voorwaardelik opgeskort. Met die verlof van die Hof a quo appelleer beskuldigde 2 na hierdie Hof teen sy skuldigbevinding en vonnis. Die feite wat gemeensaak was of nie langer in geskil is nie, kan as volg saamgevat word. Op Sondagaand 6 Oktober 1991 was'n aantal persone in 'n bakkie onderweg huis toe in Ottery naby Kaapstad nadat hulle 'n oefening van die Kaapse Klopse bygewoon
3
het. Onder die ongeveer 15 persone agter op die bakkie was Joseph Bedeker (die oorledene in aanklag 1), Steven Lindsay (die oorledene in aanklag 2) en twee ooggetuies wat by die verhoor namens die Staat in camera getuig het en na wie ek, soos die Hof a quo, as getuies A en B onderskeidelik sal verwys. Die voertuig het 'n kappie oor die bak gehad maar was agter oop. Naby 'n perseel waarop'n hele aantal woonstelgeboue geleis, het 'n motor agter die bakkie ingedraai en dit gevolg tot waar die bakkie voor een van die woonstelgeboue gestop het om mense af te laai. Die motor het agter die bakkie gestop en beskuldigdes 1 en 3 het uit die motor geklim en na die bakkie gehardloop. Beskuldigde 1 het met 'n vuurwapen eers na Bedeker en toe drie skote na Lindsay gevuur. Bedeker is nie geraak nie maar al drie die skote het Lindsay getref, een waarvan die brein binnegedring en sy dood veroorsaak het. Beskuldigde 1 het toe 'n mes uitgehaal en daarmee na die mense
is, het 'n motor agter die bakkie ingedraai en dit gevolg tot waar die bakkie voor een van die woonstelgeboue gestop het om mense af te laai. Die motor het agter die bakkie gestop en beskuldigdes 1 en 3 het uit die motor geklim en na die bakkie gehardloop. Beskuldigde 1 het met 'n vuurwapen eers na Bedeker en toe drie skote na Lindsay gevuur. Bedeker is nie geraak nie maar al drie die skote het Lindsay getref, een waarvan die brein binnegedring en sy dood veroorsaak het. Beskuldigde 1 het toe 'n mes uitgehaal en daarmee na die mense
4
agter op die bakkie begin steek. Nadat die noodlottige skoot Lindsay getref het, is 'n derde aanvaller die eerste keer op die toneel gewaar. Getuies A en B het hom as beskuldigde 2 uitgeken terwyl beskuldigde 2 in sy getuienis ontken het dat hy ooit op die toneel was. Volgens getuie A het beskuldigde 2 hom met 'n Tomahawk, wat hy as '11 soort byl beskryf het, op sy kop gekap en begin om daarmee na die mense agter op die bakkie te kap en te steek. Getuie A het getuig dat beskuldigde 2 na beide oorledenes met herdie wapen gesteek het maar hy kon nie swaar op hul liggame hy hulle getref het en of hy hulle hoegenaamd getref het nie. Getuie A het ook getuig dat beskuldigdes 1 en 2 probeer het om vir Lindsay van die bakkie af te trek maar nie daarin geslaag het nie omdat die ander insittendes hom vasgehou het. Daarna het al drie beskuldigdes weggehardloop. Getuie 13 het soortgelyke getuienis gegee behalwe dat hy geshet dat beskuldigde 2 nie na
erdie wapen gesteek het maar hy kon nie swaar op hul liggame hy hulle getref het en of hy hulle hoegenaamd getref het nie. Getuie A het ook getuig dat beskuldigdes 1 en 2 probeer het om vir Lindsay van die bakkie af te trek maar nie daarin geslaag het nie omdat die ander insittendes hom vasgehou het. Daarna het al drie beskuldigdes weggehardloop. Getuie 13 het soortgelyke getuienis gegee behalwe dat hy geshet dat beskuldigde 2 nie na
waar op hul liggame hy hulle getref het en of hy hulle hoegenaamd getref het nie. Getuie A het ook getuig dat beskuldigdes 1 en 2 probeer het om vir Lindsay van die bakkie af te trek maar nie daarin geslaag het nie omdat die ander insittendes hom vasgehou het. Daarna het al drie beskuldigdes weggehardloop. Getuie 13 het soortgelyke getuienis gegee behalwe dat hy geshet dat beskuldigde 2 nie na
het dat beskuldigde 2 nie na
5
Bedeker gesteek het nie en dat hy gedink het dat beskuldigde 2 met 'n mes gewapen was.
Soos ek reeds aangedui het, was die oorsaak van Lindsay se dood die skietwond van die kop. Geen steekwonde is op sy liggaam gevind wat tot sy dood bygedra het nie, maar op sy rug is vier klein oppervlakkige ronde punktuurwonde van 2 mm elk in deursnit gevind wat volgens die mediese getuienis oor die nadoodse ondersoek moontlik deur die skerp punt van 'n byl of soortgelyke voorwerp veroorsaak kon gewees het. Die oorsaak van Bedeker se dood was 'n steekwond van die bors wat die regterlong binnegedring het.
Die Hof a quo het die getuienis van getuies A en B dat beskuldigde 2 aan die aanval deelgeneem het, as betroubaar aanvaar en beskuldigde 2 se alibi verwerp. Die eerste vraag is gevolglik of hierdie bevinding van die Verhoorhof korrek was.
6
Namens beskuldigde 2 is voor ons beklemtoon dat hierdie 'n bende-aanval was deur lede van die sogenaamde Mongrel-bende op lede van die sogenaamde Eurocats-bende in die loop van voortslepende vyandigheid en gevegte tussen hulle in die Ottery-omgewing. Daar is betoog dat die ooggetuies in die omstandighede 'n sterk motief gehad het om beskuldigde 2 valslik te inkrimineer. Al drie die beskuldigdes het in hul getuienis erken (alhoewel beskuldigde 3 dit later weer ontken het), dat hulle lede van die Mongrel-bende is en beskuldigde 2 het verder erken dat hy voor die gebeure aan verskeie gevegte teen die Eurocats in Ottery deelgeneem het by welke geleenthede hy gewoonlik met 'n panga gewapen was. Dit was verder nie in geskil dat beskuldigde 3 se pa die plaaslike leier van die Mongrels was, dat Lindsay 'n leier van die Eurocats was, dat geeneen van getuies A en B bendelede was en dat benewens Lindsay daar die betrokke aand nog twee
7
ander lede van die Eurocats agter op die bakkie was nie.
Volgens getuie A het hy vir beskuldigde 2 goed geken en het hy hom voorheen verskeie kere gesien deelneem aan gevegte tussen die twee bendes in Ottery. By hierdie geleenthede het hy gesien dat beskuldigde 2 met 'n panga of 'n mes gewapen was. Getuie 13 het ookgetuig dat hy beskuldigde 2 goed geken het alhoewel hy nooit voorheen met hom gepraat het nie. Volgens hom het beskuldigde 2 gereeld deelgeneem aan bende-gevegte in die omgewing en was hy algemeen bekend as Lang Bennie. Die betrokke aand het hy beskuldigde 2 se gesig duidelik gesien.
Al drie die beskuldigdes het getuig dat hulle nie op die toneel was nie en niks met die aanval te doen gehad het nie. Beskuldigde 2 het getuig dat hy in 'n ander woongebied, Lavender Hill, woon maar hy kon nie swaar hy die betrokke aand was nie. Hy is ongeveer ses weke later, op 18 November 1991, gearresteer en het
waar hy die betrokke aand was nie. Hy is ongeveer ses weke later, op 18 November 1991, gearresteer en het
8
toe vir die eerste keer van die betrokke aanval gehoor. Hy het nooit voorheen van Lindsay gehoor nie. Hy ken die ander twee beskuldigdes goed en beskuldigde 3 se suster is met sy broer William getroud.
Die Hof a quo het bevind dat, ten spyte van sekere teenstrydighede tussen die getuienis van getuies A en B en tussen die getuienis van getuie A en sy polisieverklaring, beide getuies seuitkenning van beskuldigde 2 geloofwaardig was. Die Hof a quo het bevind dat hulle geen motief gehad het om beskuldigde 2 valslik te inkrimineer nie en dat albei getuies baie naby aan beskuldigde 2 was en hom goed kon sien waar hy vlak agter die bakkie gestaan het. Beskuldigde 2 se weergawe is as vals verwerp.
Dit is onnodig om na al die teenstrydighede wat deur die Hof a quo genoem word en waarop in hierdie Hof namens beskuldigde 2 gesteun is, te verwys. Die meeste daarvan, soos dibetreffende
betreffende
9
die rigting waarin die beskuldigdes na die aanval weggehardloop het en of beskuldigde 2 ookna Bedeker gesteek het of nie, beskou ek nie as belangrik nie en is te verwagte in die omstandighede. 'n Teenstrydigheid waarop sterk namens beskuldigde 2 gesteun is, betref die wapen wat beskuldigde 2 sou gebruik het. In sy polisieverklaring het getuie A gesdat hy 'n panga gebruik het terwyl hy in sy getuienis gepraat het van 'n wapen wat soos 'n byl gelyk het. Volgens getuie B het hy nie die wapen gesien waarmee beskuldigde 2 na Lindsay gesteek het nie maar hy het vermoed dat dit 'n mes was. Na my mening is die verskil tussen getuie A se polisieverklaring en sy getuienis nie beduidend nie en is getuies A en B se getuienis nie op hierdie aspek teenstrydig nie. In sy polisieverklaring het getuie A gesdat beskuldigde 2 by die toneel in die motor wat agter die bakkie gestop het, aangekom het, terwyl hy dit in sy getuienis baie duidelik gestel het dat hy nie vir
dat hy 'n panga gebruik het terwyl hy in sy getuienis gepraat het van 'n wapen wat soos 'n byl gelyk het. Volgens getuie B het hy nie die wapen gesien waarmee beskuldigde 2 na Lindsay gesteek het nie maar hy het vermoed dat dit 'n mes was. Na my mening is die verskil tussen getuie A se polisieverklaring en sy getuienis nie beduidend nie en is getuies A en B se getuienis nie op hierdie aspek teenstrydig nie. In sy polisieverklaring het getuie A gesdat beskuldigde 2 by die toneel in die motor wat agter die bakkie gestop het, aangekom het, terwyl hy dit in sy getuienis baie duidelik gestel het dat hy nie vir
dat beskuldigde 2 by die toneel in die motor wat agter die bakkie gestop het, aangekom het, terwyl hy dit in sy getuienis baie duidelik gestel het dat hy nie vir
10
beskuldigde 2 in die motor gesien het nie. Dit is duidelik dat sy stelling in die polisieverklaring bloot 'n afleiding was.
Namens beskuldigde 2 is betoog dat die getuies min geleentheid gehad het vir 'n betroubare waarneming. Ek stem nie saam nie. Daar was sekerlik paniek en wanorde agter op die bakkie. Die aanval het egter 'n hele rukkie geduur terwyl die aanvallers na die twee oorledenes gekap en gesteek het en daar gepoog is om Lindsay van die bakkie af te trek. Die hele tyd was beskuldigdes 1 en 2 baie naby aan die getuies. Die beligting was baie goed en beskuldigde 2 was goed bekend aan die getuies. Hulle het hom reeds op die toneel gesien voordat hy begin steek het na die passasiers.
Daar is voorts betoog dat getuies A en B die Eurocats goedgesind was en dat die identiteit van beskuldigde 2 na die tyd aan hulle deur Eurocats-gesinde persone gesuggereer is. Daar is
11
geen feitebasis vir die betoog nie. Verder was dit gemene saak dat die aanvallers lede van die Mongrel-bende was en geen rede is voor ons aangevoer waarom dit tot voordeel van die Eurocats was om juis beskuldigde 2 valslik te inkrimineer nie.
Wat die getuienis van beskuldigde 2 betref, vind ek dit haas ondenkbaar dat hy, soos hy getuig het, eers ses weke later van die aanval gehoor het nadat hy gearresteer is. Hy was 'n aktiewe lid van die Mongrels en het gereeld aan gevegte teen die Eurocats in Ottery deelgeneem. Die dood van twee lede van die Eurocats sou sekerlik binne enkele dae tot sy kennis gekom het. Beskuldigde 2 het nog verder gegaan en gesdat nie eens die polisieman wat hom arresteer het hom van die aanval vertel het nie. Dit het hy eers van die Landdros gehoor toe hy in die hof verskyn het. Hierdie getuienis is nie alleen onwaarskynlik nie maar is weerspreek deur die betrokke polisiebeampte wat vir beskuldigde 2 gearresteer het.
dat nie eens die polisieman wat hom arresteer het hom van die aanval vertel het nie. Dit het hy eers van die Landdros gehoor toe hy in die hof verskyn het. Hierdie getuienis is nie alleen onwaarskynlik nie maar is weerspreek deur die betrokke polisiebeampte wat vir beskuldigde 2 gearresteer het.
12
Soos die Hof a quo vind ek verder beskuldigde 2 se vaagheid oor waar hy die betrokke aand was, onbevredigend.
Vir die bogemelde redes is daar, na my mening, onvoldoende grond om met die Hof a quo se aanvaarding van die uitkennings-getuienis teen beskuldigde 2 en die verwerping van sy eie getuienis in te meng.
Die verdere vraag betref die aanspreeklikheid van beskuldigde 2 vir die dood van Lindsay. Volgens die getuienis van beide getuies A en B het beskuldigde 2 op die toneel verskyn nadat die dodelike skoot reeds vir Lindsay getref het. Daama, terwyl Lindsay nog gelewe het, het beskuldigde 2 tot die aanval op hom toegetree en na hom gesteek met die klaarblyklike opset om hom te dood, maar geen wonde wat hy toegedien het, het die intrede van Lindsay se dood verhaas nie. Deur sy optrede het beskuldigde 2 hom dus met die ander aanvallers se gemeenskaplike oogmerk om
13
Lindsay te dood, vereenselwig op die stadium toe Lindsay reeds die dodelike wond opgedoen het, en is beskuldigde 2 as laatkommer skuldig aan poging tot moord en nie aan moord soos deur die Verhoorhof bevind is nie. Sien S v Mgedezi and Others 1989(1) SA 687(A) op 705 I - 706 C en S v Motaung and Others 1990(4) SA 485(A) op 521 B-D. Op dieselfde grondslag kan beskuldigde 2 homself gelukkig ag dat hy nie ook skuldig bevind is aan poging tot moord op Bedeker nie.
Hierdie Hof moet gevolglik opnuut besluit oor 'n gepaste vonnis vir beskuldigde 2. Sy persoonlike omstandighede is dat hy 26 jaar oud is, tot in std 7 op skool gevorder het, getroud is en die vader is van drie minderjarige kinders. Hy moet as 'n eerste oortreder behandel word. Na my mening is daar erge verswarende faktore in die huidige saak aanwesig. Die aanval was 'n koelbloedige en genadelose een op weerlose mense. Beskuldigde
14
2 se totale verontagsaming van die lewe van ander blyk uit die feit dat hy, volgens die aanvaarde getuienis, aangehou het om met 'n dodelik gevaarlike wapen na die mense agter op die bakkie te kap en te steek. Hy kan homself gelukkig ag dat die hou op getuie A se kop hom slegs skrams getref het en dat van sy ander houe nie getref het of groter wonde veroorsaak het nie. In al die omstandighede sou ek dieselfde vonnis oplas wat deur die Verhoorhof opgelis.
as wat deur die Verhoorhof opgelis.
is.
Gevolglik het beskuldigde 2 se appl teen sy skuldig-bevinding geslaag en is sy skuldigbevinding op aanklag 2 ter syde gestel en vervang met een van skuldig aan poging tot moord. Nietemin is dieselfde vonnis as dideur die Hof a quo opgel. Sy appl teen sy vonnis op aanklag 2 is afgewys.
l teen sy skuldig-bevinding geslaag en is sy skuldigbevinding op aanklag 2 ter syde gestel en vervang met een van skuldig aan poging tot moord. Nietemin is dieselfde vonnis as dideur die Hof a quo opgel. Sy appl teen sy vonnis op aanklag 2 is afgewys.
deur die Hof a quo opgel. Sy appl teen sy vonnis op aanklag 2 is afgewys.
. Sy appl teen sy vonnis op aanklag 2 is afgewys.
l teen sy vonnis op aanklag 2 is afgewys.
W. VIVIER AR.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.