S v Gabatlhole (B3358/02) [2002] ZANCHC 35; 2004 (2) SACR 270 (NC) (4 December 2002)
- Citation
- [2002] ZANCHC 35
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- SA Majiedt, FD Kgomo
- Case number
- B3358/02
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- SA Majiedt, FD Kgomo
- Case number
- B3358/02
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the failure of the magistrate to inform the unrepresented accused of the reverse onus presumption under section 1(1)(b) read with section 1(2) of the Intimidation Act, 72 of 1982, constituted a procedural irregularity. This irregularity prejudiced the accused and rendered the proceedings in respect of the intimidation charge not in accordance with justice. The conviction on the intimidation charge was therefore set aside. The conviction for housebreaking with intent to steal and attempted theft was confirmed, and the matter was remitted to the regional court for sentencing on that charge.
Court disposition
Conviction for housebreaking with intent to steal and attempted theft confirmed; conviction for intimidation under section 1(1)(b) of Act 72 of 1982 set aside; matter remitted for sentencing on charge 1.
Orders
- The accused's conviction on the charge of housebreaking with intent to steal and attempted theft is confirmed.
- The accused's conviction for contravening section 1(1)(b) of Act 72 of 1982 is set aside.
- The matter is referred back to the Regional Court, Kimberley, for finalization of sentence on charge 1.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantPeter Gabatlhole
Respondent03
Procedural history
Posture
Review Application / Special Review
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the accused was properly informed of the reverse onus presumption under section 1(1)(b) read with section 1(2) of the Intimidation Act, 72 of 1982.
- 02
Whether the failure to inform the unrepresented accused of the shifted burden of proof constitutes a procedural irregularity.
- 03
Whether the conviction for intimidation should stand given the procedural irregularity.
Party arguments
- Applicant
- The magistrate referred the matter for special review, expressing concern that the accused, who was unrepresented, was not properly informed of the consequences of the reverse onus presumption under the Intimidation Act. The applicant argued that this omission constituted a procedural irregularity that may have prejudiced the accused.
- Respondent
- The presiding magistrate acknowledged that the provisions of section 2 of Act 72 of 1982 were not explained to the accused. He argued that since the accused consistently denied the allegations and the burden of proof remained on the State, the accused was not prejudiced by the omission.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Motshari 2001 (1) SACR 550 (NC) at 554 e-f
A presiding officer has a duty to inform an unrepresented accused of the burden of proof that rests upon him under section 1(1)(b) read with section 1(2) of the Intimidation Act, 72 of 1982. Failure to do so constitutes an irregularity.
- 02
S v Kester 1996 (1) SACR 461 (B) at 472 j-474 g
The shifted onus under section 1(2) of the Intimidation Act applies to offences under both section 1(1)(a) and 1(1)(b), despite the wording anomaly.
- 03
S v Oliphant (unreported, case no. 105/02, delivered 3/5/02); S v Booysen (unreported, case no. 27/01, delivered 7/12/01)
Procedural irregularities that prejudice the accused may justify setting aside the conviction.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the failure of the magistrate to inform the unrepresented accused of the reverse onus presumption under section 1(1)(b) read with section 1(2) of the Intimidation Act, 72 of 1982, constituted a procedural irregularity. This irregularity prejudiced the accused and rendered the proceedings in respect of the intimidation charge not in accordance with justice. The conviction on the intimidation charge was therefore set aside. The conviction for housebreaking with intent to steal and attempted theft was confirmed, and the matter was remitted to the regional court for sentencing on that charge.
Obiter and limits
- There is serious doubt as to whether the reverse onus provision in the Intimidation Act is constitutional, but it was not necessary to decide this issue for the purposes of this case.
- Magistrates in the Northern Cape Division are bound by the Motshari decision and must ensure that unrepresented accused are properly informed of the burden of proof under the Intimidation Act.
- The Director of Public Prosecutions is requested to bring the Motshari judgment to the attention of prosecutors.
Court disposition
Conviction for housebreaking with intent to steal and attempted theft confirmed; conviction for intimidation under section 1(1)(b) of Act 72 of 1982 set aside; matter remitted for sentencing on charge 1.
- The accused's conviction on the charge of housebreaking with intent to steal and attempted theft is confirmed.
- The accused's conviction for contravening section 1(1)(b) of Act 72 of 1982 is set aside.
- The matter is referred back to the Regional Court, Kimberley, for finalization of sentence on charge 1.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Hersieningsnr: 705/2002
Saaknr: B3358/02
Datum gelewer: 2002-12-04
In die hersieningsaak van:
DIE
STAAT
versus
PETER
GABATLHOLE BESKULDIGDE
Coram: Kgomo RP et Majiedt R
UITSPRAAK
OP SPESIALE HERSIENING
MAJIEDT R:
Hierdie aangeleentheid is op spesiale hersiening na hierdie Hof deurgestuur deur ân Streekhoflanddros ingevolge die bepalings vervat in artikel 116(3)(a) van die Strafproseswet. Die Streekhoflanddros was nie tevrede dat die verrigtinge ooreenkomstig die reg is nie en het gevolglik die aangeleentheid na hierdie Hof gestuur op spesiale hersiening.
Die beskuldigde wat onverteenwoordig was, het tereggestaan op ân aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal en ân aanklag van intimidasie. Die aangeleentheid is na die streekhoflanddros verwys vir vonnis nadat die beskuldigde skuldig
bevind is op beide aanklagte. Die onderwerp van die streekhoflanddros se twyfel is aanklag 2, dié van intimidasie. Sy navraag aan die landdros wat die skuldigbevinding uitgebring het, lees as volg:
âSkrywer verwys na bogemelde saak, waarvan hy die notule behoorlik nagegaan het. Skrywer het geen probleem met die skuldigbevinding t.o.v. klagte 1, maar t.o.v. klagte 2, verlang skrywer die landdros se kommentaar t.o.v. die volgende:
Waarom het die landdros nie vir die beskuldigde behoorlik ingelig van die gevolge van die âreverse onus presumptionâ, wetende dat beskuldigde onverteenwoordig was.â
Die landdros het as volg daarop gereageer:
âEk verwys na u skrywe gedateer 5/11/02. Ek het nie die bepalings soos vervat in art 2 Wet 72 van 1982 aan die beskuldigde verduidelik nie. Ek merk op art. 2 maak melding van âdie bestaan van ân wettige redeâ. Slegs art. 1(1)(a) en nie art. 1(1)(b) nie lees as volg: âIemand wat â (a) sonder wettige rede ..... laat vaar .....â. Dit is vreemd dat die woorde âsonder wettige redeâ, nie ook in sub. art. 1(1)(b) genoem word nie. Dit blyk egter uit die bewoording van art. 2 dat lg. in beide gevalle aanwending vind. In die onderhawige saak het die beskuldigde van meet af die bewering teen hom ontken. Die bewyslas was deurgaans op die staat. Sy ontkenning dat hy die woorde geuiter het, het hy tot en met die finalisering van die saak mee volstaan. Derhalwe is hy nie en kon hy nie benadeel word nie.
Uit die getuienis blyk dit dat die beskuldigde op heterdaad betrap is deur die klaer in sy huis. Dit is duidelik dat die staat die misdryf op aanklag 1 bewys het. Nadat hy, met behulp van sy swaer, die beskuldigde vasgetrek het, is die klaer as volg gedreig deur die beskuldigde (volgens die klaer se getuienis):
âToe ons hom vasgemaak het op die grond ook, het hy verskeie kere vir my gesê, my vrou en swaer dat hy en sy bandiet tjommies sal terugkomâ.
Volgens die klaer het hy gevrees dat die beskuldigde en sy vriende terug sal keer en vir hom en sy familie leed aandoen.
Die landdros het glad nie op enige stadium tydens die verhoor vir die beskuldigde ingelig van die verskuifde bewyslas vervat in artikel 1(1)(b) saamgelees met artikel 1(2) van die Wet op Intimidasie, 72 van 1982 (âdie Wetâ) nie. Volgens daardie bepalings rus die onus op ân beskuldigde om die âbestaan van ân wettige redeâ vir bepaalde optrede aan te toon. Die distrikhoflanddros verwys tereg na die anomalie in die Wetsbepalings deurdat die woorde âsonder wettige redeâ voorkom in artikel 1(1)(a) maar nie in artikel 1(1)(b) nie [in casu is die beskuldigde aangekla van ân oortreding van artikel 1(1)(b)]. Wanneer die bepalings van artikel 1(2) onder die loep geneem word, is dit egter duidelik dat hierdie verskuifde onus ook by ân artikel 1(1)(b)-oortreding geld.
In S v Motshari 2001(1) SASV 550 (NK) te 554 e-f het Kgomo R (soos hy toe was) obiter bevind dat daar ân plig rus op ân voorsittende beampte om ân onverteenwoordigde beskuldigde in te lig van die onus wat op hom rus uit hoofde van die bepalings vervat in artikel 1(1)(b) saamgelees met artikel 1(2) van die Wet en dat só ân nalate ân onreëlmatigheid daarstel.
Vergelyk ook die ratio decidendi in S v Kester 1996(1) SASV 461 (B) te 472 j-474 g.
Ek is dit respekvol eens met die benadering voorgehou in die voormelde sake.
Daar is by my ernstige twyfel of hierdie bepaling in die Wet grondwetlik is. Ek vereenselwig my respekvol daaraangaande met Kgomo R se siening in S v Motshari, supra te 554 d-e. Dit is vir doeleindes van die beregting van die onderhawige saak egter nie nodig om dié aspek te beslis nie.
Uit hoofde van die voorafgaande is ek daarvan oortuig dat die distrikhoflanddros se nalate soos voormeld, ân onreëlmatigheid daarstel. Ek is verder tevrede dat dit die beskuldigde dermate benadeel het dat die verrigtinge tersyde gestel behoort te word.
Vergelyk: S v Oliphant (ongerapporteerde hersieningsuitspraak, saaknr. 105/02, gelewer op 3/5/02);
S v Booysen (ongerapporteerde hersieningsuitspraak, saaknr. 27/01, gelewer op 7/12/01).
Daar is ân verdere rede waarom die verrigtinge voor die distrikhoflanddros nie ooreenkomstig die reg is nie. Soos Kgomo R bevind het in S v Motshari, supra, is ek ook die mening toegedaan dat die bepalings van artikel 1(1) van die Wet nie bedoel was vir minder ernstige gevalle soos hierdie nie. Ek betwyfel dit sterk dat ân skuldigbevinding van intimidasie in ân verhoor de novo regtens die toets soos neergelê in die voormelde gewysde sal deurstaan.
Die Direkteur van Openbare Vervolgings word versoek om S v Motshari supra pertinent onder die aandag van aanklaers te bring. (Die âincriminationsâ op 560 b moet lees ârecriminationsâ). Landdroste moet, na aanhoor van al die getuienis, die aanklaers vra om hulle behoorlik toe te spreek op die vraag of genoemde Wet op Intimidasie (72 van 1982) op die saak voor hulle ân aanwending vind al dan nie. Landdroste in die Noord-Kaapse Afdeling is gebonde aan die Motshari-uitspraak.
Sien: Ex Parte Minister of Safety and Security and Others: In re: Walters and Another 2002(4) SA 613 (CC) te 643 G â 646 H (paras 55-61).
Bygevolg reik ek die volgende bevel uit:
10.1 Die beskuldigde se skuldigbevinding op die aanklag van huisbraak met die opset om te steel en poging tot diefstal word bekragtig.
10.2 Die beskuldigde se skuldigbevinding aan ân oortreding van artikel 1(1)(b) van Wet 72 van 1982 word tersydegestel.
10.3 Die aangeleentheid word terugverwys na die Streekhof, Kimberley, vir afhandeling van die vonnis op aanklag 1, soos in 9.1 hierbo uiteengesit.
___
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.