Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Gnade (CA & R 125/04) [2004] ZANCHC 88 (1 November 2004)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appeal court found no basis to interfere with the magistrate's credibility findings, noting that the trial court was in a better position to assess the witnesses. The appellant's version of self-defence was contradicted by his own witness, who did not observe any aggressive conduct by the complainant prior to the use of tear gas. The court held that the magistrate correctly applied the standard of proof and that the minor discrepancies in the complainants' statements were not material. Regarding the crimen iniuria charge, the appellant admitted to using the term 'kaffer', and the court found the explanation of provocation improbable, especially as the complainant was unlikely to use a racially derogatory term against a white person. The court confirmed that the use of 'kaffer' is inherently insulting and constitutes crimen iniuria. The appeal against conviction on both counts was dismissed and the sentences confirmed.

Court disposition

Appeal dismissed. Convictions and sentences confirmed.

Orders

  • The appellant's appeal against conviction is dismissed.
  • The convictions and sentences imposed by the magistrate are confirmed.

02

Material facts

Parties

Jacobus Johannes Gnade

Appellant Counsel: Adv JJ Schreuder

The State

Respondent Counsel: Adv E Kammies

Amounts and remedies

  • Assault Fine: ZAR 600
  • Crimen Iniuria Fine: ZAR 1,500

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the conviction for assault was incorrect as he acted in self-defence when the complainant allegedly approached him in a threatening manner, necessitating the use of tear gas. Regarding the crimen iniuria charge, the appellant contended that there was mutual verbal abuse and that his response was provoked by the complainant's alleged use of a derogatory term towards him. He further relied on the defence of compensation, asserting that the complainant's conduct justified his reaction.
Respondent
The respondent maintained that the evidence of the complainants was credible and consistent, and that the appellant's version was improbable and contradicted by his own witness. The respondent argued that the utterance of the term 'kaffer' was inherently insulting and constituted crimen iniuria, regardless of any alleged provocation. The respondent submitted that the magistrate correctly applied the standard of proof and properly rejected the appellant's defences.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Ciliza v Minister of Police and another 1976(4) SA 243 (N) at 247 C-H

    The term 'kaffer' is inherently derogatory and its use against another constitutes crimen iniuria.

  2. 02

    S v Steenberg 1991(1) SASV 594 (N) at 597 e-g

    Crimen iniuria may be committed with dolus eventualis as the form of intent.

  3. 03

    General appellate principle

    An appeal court should be slow to interfere with credibility findings made by the trial court, which is best placed to observe witnesses.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appeal court found no basis to interfere with the magistrate's credibility findings, noting that the trial court was in a better position to assess the witnesses. The appellant's version of self-defence was contradicted by his own witness, who did not observe any aggressive conduct by the complainant prior to the use of tear gas. The court held that the magistrate correctly applied the standard of proof and that the minor discrepancies in the complainants' statements were not material. Regarding the crimen iniuria charge, the appellant admitted to using the term 'kaffer', and the court found the explanation of provocation improbable, especially as the complainant was unlikely to use a racially derogatory term against a white person. The court confirmed that the use of 'kaffer' is inherently insulting and constitutes crimen iniuria. The appeal against conviction on both counts was dismissed and the sentences confirmed.

Obiter and limits

  • The court noted that the use of racially derogatory language remains a serious affront to dignity and is not excused by alleged provocation.
  • Minor discrepancies between witness statements and testimony may indicate a lack of collusion rather than unreliability.

Court disposition

Appeal dismissed. Convictions and sentences confirmed.

  • The appellant's appeal against conviction is dismissed.
  • The convictions and sentences imposed by the magistrate are confirmed.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2004] ZANCHC 88

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

Saakno: CA & R 125/04

Datum gelewer: 2004-11-01

In die appél van:

JACOBUS JOHANNES GNÄDE APPELLANT

versus

DIE

STAAT RESPONDENT

Coram: MAJIEDT R et

WILLIAMS

R

UITSPRAAK

MAJIEDT R:

Die appellant het tereggestaan in die landdroshof op twee aanklagte, te wete aanranding en crimen iniuria. Hy is na ‘n verhoor skuldig bevind op beide aanklagte en gevonnis op die aanrandingsklagte tot R600 of 90 dae gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is vir vier jaar en op die aanklag van crimen iniuria tot R1500 of 150 dae gevangenisstraf wat eweneens voorwaardelik vir vier jaar opgeskort is. Die appellant kom nou in hoër beroep teen die skuldigbevinding op beide die voormelde aanklagte.

Op die aanklag van aanranding is van Staatsweë beweer dat die appellant op 27 Julie 2003 wederregtelik en opsetlik vir die klaer, Samuel Gzima, aangerand het deur hom te spuit met traangas. Op die crimen iniuria aanklag het die Staat beweer dat op dieselfde datum die appellant wederregtelik en opsetlik aan die klaer, Vuyisile Williams, gesê het dat hy ‘n kaffer is met die opset om die klaer in sy eer en waardigheid aan te tas en waardeur die klaer se eer en waardigheid aldus aangetas is.

Die appellant was regsverteenwoordig deur ‘n prokureur en is voorgehou namens hom tydens pleitverduideliking dat op die aanrandingsklagte die verweer een van noodweer is omdat die klaer op ‘n dreigende wyse op die appellant afgestorm het en dat hy genoodsaak was om ter selfverdediging met traangas na die klaer te spuit. Op die crimen iniuria aanklag was die appellant se verweer op rekord geplaas dat daar ‘n oor-en-weer gevloekery tussen hom en die klaer aldaar was. Hy het hom ook beroep op die verweer van sogenaamde kompensasie.

Beide die klaers het getuienis gelewer tydens die Staat se saak. Dit blyk dat die klaers saam op die betrokke dag aangedoen het by die appellant se besigheidsperseel, met die naam van “Koos se plek” te Van der Kloof. Volgens die getuie, Mnr. Gzima, het hy nadat hy betaal het vir sy aankope opgemerk dat Mnr. Williams buitekant hardop lees wat die kafee se naam is, te wete Koos se plek. Die appellant het toe vir die klaer, Mnr. Williams gesê: “Ja, kaffer.” Mnr. Gzima het toe, volgens sy getuienis, vir die appellant gevra waarom het hy nou só gereageer op dit wat Williams buite gelees het. Volgens hom het die appellant toe vir hom gevra: “Soek jy dit?” en het hom toe met traangas in die oë gespuit. Hy en Williams is daar weg en hulle het albei klagtes by die polisiestasie gaan lê.

Mnr. Williams, die klaer op die crimen iniuria aanklag, het hierdie getuienis van Mnr. Gzima in breë trekke bevestig. Hy het getuig dat alhoewel hy trots voel daarop om ‘n swart man te wees, hy gekrenk gevoel het deur die toevoeging van die gewraakte woorde deur die appellant. Dit is na my mening nie nodig om in groot besonderhede te handel met Mnr. Williams se getuienis nie, aangesien dit uiteindelik gemene saak geword het tydens die verhoor dat die appellant wel dié woorde teenoor die klaer gebesig het, alhoewel hy beweer dit in ‘n ander konteks gesê was.

Die appellant het self getuig en het bevestig dat die klaer Mnr. Gzima sekere aankope gedoen het terwyl sy twee vriende, insluitende die klaer op die ander klagte, Mnr. Williams, binne-in die winkel rondbeweeg het. Volgens die appellant was al drie dié mans uiters luidrugtig. Nadat Mnr. Gzima betaal het vir die aankope, het Mnr. Williams vir hom (die appellant) gesê: “Dankie, Koos hotnot”. Volgens die appellant het hy hom hieroor bloedig vererg en het hy sondermeer uit woede en frustrasie die klaer, Mnr. Williams, toegesnou met die woorde: “Ja kaffer”. Hy het verder getuig dat die drie mans uit die winkel beweeg het en het een van hulle (klaarblyklik die klaer, Mnr. Gzima) dadelik teruggedraai met ‘n dreigende houding en het die appellant ter selfverdediging traangas in die klaer se oë gespuit. Die appellant het verder getuig dat hy 66 jaar oud is.

Namens die verdediging is ook die getuienis voorgehou van Me Dehard. Sy het getuig dat sy op die betrokke dag stilgehou het by die appellant se kafee, want haar kind wou roomys gaan koop. Daar het twee swart mans by die kafee uitgekom wat gelag en gesels het met mekaar – hulle het glad nie ongelukkig gelyk nie volgens haar. Kort na hulle het ‘n langerige swart man ook uitgekom by die kafee. Hierdie man het teruggedraai asof hy weer die kafee wil binne-gaan en haar dogtertjie het onmiddellik daarna uitgekom en gesê: “Oom Koos spuit die man met traangas”. Sy het toe dadelik vertrek van die toneel, aangesien haar dogtertjie allergies is vir gas en dies meer.

Namens die appellant het Mnr. Schreuder uitgebreide submissies gemaak in sy betoogshoofde aangaande die meriete van die appél teen skuldigbevinding. Dit gaan grootliks daaroor dat die landdros gefouteer het deur die verkeerde toets toe te pas by die bepaling van die bewyslas wat op die Staat rus, dat die landdros gefouteer het deur die Staatsgetuies as geloofwaardig te aanvaar en laastens dat die landdros gefouteer het deur die appellant se weergawe as vals bo redelike twyfel te verwerp.

Dit is wel so dat die landdros hier gekonfronteer was met twee botsende weergawes, veral ten aansien van die aanrandingsaanklag. Wat betref die skuldigbevinding op crimen iniuria het ek alreeds uitgewys dat dit gemene saak was hierin dat die appellant inderdaad die gewraakte woorde aan die klaer toegesnou het. Die enigste geskilpunt is die omstandighede waarin dit geskied het.

Ek handel vervolgens eerste met die appél teen die skuldigbevinding op aanranding. Die beperkte bevoegdhede van ‘n hof van appél vir soverre dit geloofwaardigheidsbevindinge aanbetref is welbekend en behoef geen herhaling hierin nie. Die verhoorlanddros was in die baie meer gunstige posisie om self die getuies waar te neem en hulle geloofwaardigheid te bepaal. Daar is na my mening geen aanduiding op die oorkonde dat die geloofwaardigheidsbevindinge wat die landdros gemaak het foutief of aanvegbaar is nie. Verder het die prokureur wat namens die appellant tydens die verhoor verskyn het, groot gewag gemaak van die verskille tussen die Staatsgetuies se viva voce getuienis en hul getuieverklarings aan die polisie. Ek is die mening toegedaan dat die verhoorlanddros korrek was in sy bevinding dat dié afwykings nie wesenlik van aard was nie. Ten minste dui dit daarop dat daar nie ‘n samespanning was tussen die twee klaers om hul weergawes só aan te pas dat dit presies ooreenstem in die besonderhede daarvan nie.

Die landdros het die ongelukkige opmerking gemaak in sy uitspraak dat:

“en die getuies gesamentlik geneem, is die Staat se weergawe vir die Hof meer aanvaarbaar en voel die Hof dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het.”

Mnr. Schreuder het aan die hand gedoen dat hierdie dui op ‘n oorwig van waarskynlikhede maatstaf. Dit mag op die oog af so voorkom, maar wanneer die res van die uitspraak oorweeg word, is dit baie duidelik dat die landdros deeglik bewus was van wat die bewysmaatstaf was en het hy die betrokke bewysmaatstaf na my mening korrek toegepas. Van groot belang hierin is dat die weergawe van die appellant dat die klaer op aanklag 1, te wete Mnr. Gzima, ‘n dreigende houding ingeneem het en dat die appellant homself toe moes verdedig, direk teenstrydig is met die van sy eie getuie, Mev. Dehard. Op laasgenoemde se weergawe kan daar geen sprake wees daarvan dat die klaer ‘n aggressiewe of dreigende houding kon inneem nie, want hy is met die traangas gespuit nét nadat hy terugbeweeg het in die kafee. Verder is dit hoogs onwaarskynlik dat hierdie selfde aggressiewe aanvaller die hasepad sou kies net nadat hy met traangas gespuit is.

Ek is derhalwe die mening toegedaan dat die skuldigbevinding op aanranding regtens in orde is.

Wat die crimen iniuria aanklag aanbetref, het die appellant toegegee dat hy die gewraakte woorde toegevoeg het aan die klaer. Dit is solank gelede as in 1976 alreeds beslis deur ons howe dat die term “kaffer” neerhalend is en dat dit crimen iniuria daar sou stel indien dit gebesig word teen ‘n ander persoon; sien in die verband:

Ciliza v Minister of Police and another 1976(4) SA 243 (N) te 247 C-H.Sien ook:

S v Steenberg 1991(1) SASV 594 (N) te 597 c-d.

Die misdryf van crimen iniuria kan ook met dolus eventualis as opsetvorm gepleeg word. Sien S v Steenberg, supra, te 597 e-g.

Die appellant het sy pleitverduideliking bevestig in sy mondelinge getuienis, naamlik die sogenaamde “kompensasie” verweer. Hy het, soos alreeds aangedui, beweer dat die klaer, Mnr. Williams, vir hom gesê het:: “Dankie Koos hotnot” en het hy hom toe die gewraakte woorde toegevoeg. Ek stem met die verhoorlanddros saam dat dit heeltemal onwaarskynlik is dat die klaer vir die appellant “hotnot” sou noem, ‘n neerhalende term wat veral in die vorige apartheidsbedeling gebruik is teenoor sogenaamde kleurlinge (‘n aspek wat die appellant toegegee het tydens kruisondervraging), terwyl die appellant ‘n blanke man is. Die weergawe soos voorgehou deur die klaer is eerder meer waarskynlik dat hy bloot die naam van die plek gelees het as “Koos se plek” en toe die woorde toegesnou is.

Ek is derhalwe die mening toegedaan dat die verhoorlanddros die appellant korrek skuldig bevinding het aan crimen iniuria op aanklag 2.

Bygevolg word die appellant se appél teen skuldigbevinding afgewys. Die appellant se skuldigbevindings en vonnisse word bekragtig.

___

SA

MAJIEDT

REGTER

Ek stem saam:

_____

CC

WILLIAMS

Namens Appellant : Adv JJ Schreuder

Namens Respondent : Adv E Kammies

Datum van Uitspraak :

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Ciliza v Minister of Police and another 1976(4) SA 243 (N)

Case cited

S v Steenberg 1991(1) SASV 594 (N)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.