S v Gopal (89/91) [1993] ZASCA 126 (17 September 1993)
- Citation
- [1993] ZASCA 126
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Harms, Hefer, Eksteen
- Case number
- 89/91
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Harms, Hefer, Eksteen
- Case number
- 89/91
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant failed to comply with the procedural requirement to notify the clerk of the magistrate's court of the amendment to the notice of appeal, thereby depriving the magistrate of the opportunity to provide supplementary reasons. No explanation or condonation was sought for this failure. The attorney's explanation for the delay was inadequate, and the appellant did not advance any personal grounds for the failure. The evidence against the appellant was overwhelming and unchallenged, and there were no reasonable prospects of success on appeal. Accordingly, the refusal of condonation by the court a quo was correct, and the appeal was dismissed.
Court disposition
Appeal dismissed.
Orders
- The appeal is dismissed.
02
Material facts
Parties
Surendra Gopal
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal From Refusal of Condonation for Late Filing of Amended Notice of Appeal
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant provided an acceptable explanation for the failure to comply with the rule requiring notice of amendment to the clerk of the magistrate's court.
- 02
Whether condonation for the late filing of the amended notice of appeal should have been granted.
- 03
Whether there were reasonable prospects of success on appeal against conviction and sentence.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that his attorney lost his notes between the date of conviction and sentence, which prevented the timely filing of a complete notice of appeal. He relied on his attorney's explanation and did not personally advance any grounds of ignorance or innocence. The amended notice of appeal introduced new grounds, including a challenge to the conviction based on the identity of the complainant and alleged lack of prejudice.
- Respondent
- The respondent contended that the appellant failed to comply with Rule 67(5) by not notifying the clerk of the magistrate's court of the amendment, depriving the magistrate of the opportunity to provide supplementary reasons. No explanation or condonation was sought for this failure. The respondent further argued that the attorney's explanation was unconvincing and that there were no reasonable prospects of success on appeal, as the evidence against the appellant was overwhelming and unchallenged.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Magistrates' Court Rule 67(5)
A notice of appeal may be amended by notice to the clerk of the magistrate's court to allow the magistrate to provide supplementary reasons.
- 02
S v Tsedi 1984 (1) SA 565 (A)
Where an applicant fails to comply with procedural rules and provides no acceptable explanation, condonation may be refused.
- 03
S v Absalom 1989 (3) SA 154 (A)
An applicant has an automatic right of appeal to the Supreme Court of Appeal against the refusal of condonation for late noting of appeal, even if the refusal is based on lack of prospects of success.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant failed to comply with the procedural requirement to notify the clerk of the magistrate's court of the amendment to the notice of appeal, thereby depriving the magistrate of the opportunity to provide supplementary reasons. No explanation or condonation was sought for this failure. The attorney's explanation for the delay was inadequate, and the appellant did not advance any personal grounds for the failure. The evidence against the appellant was overwhelming and unchallenged, and there were no reasonable prospects of success on appeal. Accordingly, the refusal of condonation by the court a quo was correct, and the appeal was dismissed.
Obiter and limits
- The case highlights the undesirable inconsistency between the provisions of the Criminal Procedure Act and the Supreme Court Act regarding appeals and condonation.
- If the Supreme Court of Appeal finds that the lower court erred in its assessment of prospects of success, the matter may be remitted for reconsideration, but the lower court would do so knowing the higher court's non-binding view on the merits.
Court disposition
Appeal dismissed.
- The appeal is dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
SAAKNOMMER: 89/91 J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:SURENDRA GOPAL APPELLANTenDIE
STAAT RESPONDENT
CORAM: HEFER, EKSTEEN, ARR et HARMS, Wnd AR
VERHOORDATUM: 13 SEPTEMBER 1993 LEWERINGSDATUM: 17 SEPTEMBER 1993
UITSPRAAK
HARMS, Wnd AR:
Hierdie appèl illustreer die ongewenstheid van die (vermoedelik onvoorsiene) teenstrydigheid tussen
2
die bepalings van die Strafproseswet 51 van 1977 t a v appélle en art 21(1) saamgelees met art 22(2) van die Hooggeregshofwet 59 van 1959. Meer spesifiek, indien 'n persoon in die landdroshof aan 'n misdryf skuldig bevind en gevonnis word en sy appèl na die provinsiale (of, indien van toepassing, die plaaslike) afdeling van die hooggeregshof misluk, mag hy alleen met die nodige verlof na hierdie hof appelleer. As hy egter sou nalaat om sy eerste appèl na behore voort te sit en dit nodig is om kondonasie te verkry (soos bv vir die laat aantekening van appèl) en dié aansoek misluk, het hy 'n outomatiese reg van appèl teen die afwys van sy aansoek na hierdie hof. Dit geld selfs indien sy aansoek vanweë 'n gebrek aan vooruitsigte op appèl afgewys is. S v Tsedi 1984(1) SA 565 (A); S v Absalom 1989(3) SA 154 (A). En sou hierdie hof argumentsonthalwe bevind dat die hof a quo verkeerd was in sy beoordeling van die kanse op sukses, en die appèl slaag, moet die strafappèl
3
dan waarskynlik deur daardie hof bereg word met die wete dat hierdie hof reeds 'n oordeel, wat nie bindend is nie, oor die meriete uitgespreek het.Die appellant het in die streekhof te Vereeniging tereggestaan op aanklagte van motordiefstal en omkopery. Hy is aan beide skuldig bevind op 26 Junie 1990. Op 16 Augustus 1990 is hy gevonnis: vier jaar gevangenisstraf (waarvan 1 jaar opgeskort is) t a v die motordiefstal en 1 jaar vir die omkopery. Op dieselfde dag het hy 'n volmag onderteken waarin hy sy destydse prokureur, wat hom tydens die hele verhoor bygestaan het, gemagtig het om teen die "skuldigbevinding en vonnis" te appelleer. Die prokureur het dit egter goedgedink om die kennisgewing van appél, wat ook 16 Augustus gedateer is, net teen die vonnis te rig. Hy het op 10 Januarie 1991 'n gewysigde kennisgewing van appêl, vergesel van 'n kondonasie-aansoek, geliaseer. Dit was pas voor die
4
verhoor van die appèl op 11 Februarie 1991. Hierin is die skuldigbevinding op aanklag 1 en die vonnisse op beide aanklagte aangeval.Die Transvaalse Provinsiale Afdeling (per Van Schalkwyk R met wie Weyers R saamgestem het) het die kondonasie-aansoek afgewys. Daarna is die appèl teen vonnis oorweeg en afgewys. Die huidige appèl is teen die eerste bevel gerig; die hof a quo het verlof tot appèl teen die bekragtiging van die vonnisse geweier en die appellant het daardie deel van die saak daar gelaat.
Landdroshofreël 67(5) bepaal dat 'n kennisgewing van appèl gewysig kan word deur kennisgewing aan die klerk van die landdroshof. Die rede hiervoor is dat dit die landdros die geleentheid bied om aanvullende redes te verstrek. In dié geval het die appellant nie aan die reël voldoen nie. Geen verduideliking vir die versuim is verstrek nie. Geen
5
kondonasie is t a v hierdie versuim aangevra nie. In die huidige geval was daar goeie rede waarom die reël nagekom moes word: die appellant se saak het in die gewysigde kennisgewing nuwe wendings geneem: nie alleen is die skuldigbevindings opnuut aangeval nie maar ook op 'n nuwe grondslag bv dat die persoon wat volgens die klagstaat van die voertuig ontdoen is nie volgens die getuienis die klaer was nie. Dit opper die vraag of die klagstaat nie gewysig kon word nie omdat daar geen benadeling beweer is nie - 'n vraag wat die aandag van die landdros geverg het.
Die prokureur se verduideliking waarom hy die appellant se opdrag om appél teen die skuldigbevinding aan te teken, nie tydig nagekom het nie, is onoortuigend. Dit is slegs dat tussen die datum van skuldigbevinding en vonnis sy notas verlore geraak het en hy dus nie 'n "volledige" kennisgewing kon opstel nie. Waarom hy nie 'n "onvolledige" een kon
6
formuleer nie, sê hy nie. Ook nie waarom dit ses maande geneem het om sy opdrag na te kom nie. Die appellant self pleit nie eens onkunde of onskuld nie. Hy verwys bloot na sy prokureur se verduideliking. Ek stem dus met Van Schalkwyk R saam dat daar nie 'n aanvaarbare verduideliking vir die versuim was nie.
Die kanse op sukses op appèl is ook deur Van Schalkwyk R in ag geneem by die afwys van die aansoek. Hy het naamlik geoordeel dat daar geen vooruitsig was dat dit kon slaag nie.
Hoewel die staatsaak op 'n lomp en verwarrende wyse aangebied is, is die essensie van die getuienis die volgende: Ene Du Plessis, 'n werknemer van Dorbyl Structural Engineering, het getuig dat sy firma 'n Toyota Hi-Ace 16-sitplek bussie met registrasienommer LSZ 552 T besit het. Die nommer was op die ruite gegraveer gewees. Hierdie voertuig het gedurende November 1987 vermis geraak.
7
Twee persone verbonde aan die firma Car Den, Bekker en Nel, het die relaas voortgesit. Volgens Nel het die appellant gedurende 1987 (hy is nie gevra om die datum naderby te bepaal nie) met hom 'n reeling getref om 'n Toyota bussie LSZ 552 T te spuitverf. Nadat die werk gedoen is, het die appellant die voertuig afgehaal. Daarna het die appellant 'n Toyota paneelwa ingebring. Dit het die naam Superb Dry Cleaners op gehad. Dit is gemeensaak dat die appellant 'n finansiële belang in daardie besigheid gehad het. Hoe dit ook al sy, die appellant het hom versoek om die panele van die wa te gebruik om 'n bussie in 'n paneelwa te omskep, maar hy het gereël dat die appellant dit self op die perseel van Car Den sou doen. Volgens Bekker het die appellant toe een Saterdag-oggend aan die einde van 1987 opgedaag, die panele verwyder en in 'n bussie wat hy saamgebring het, ingebou. Die bussie se ruite is op die perseel gelaat waar hulle deur die polisie gevind is. Hulle was met
8
die registrasie-nommer LSZ 552 T gegraveer. Dit het verder geblyk dat 'n Toyota wat deur Superb Dry Cleaners gekoop is, se enjin in die voormalige paneelwa by Car Den was. Die appellant, aan die ander kant, is in besit gevind van 'n paneelwa wat uit 'n 16-sitplek bussie gebou is met 'n vervalste enjinnommer wat ooreengestem het met dié van Superb Dry Cleaners se gemelde paneelwa. Ek vind dit nie nodig om verder te gaan nie want nie alleen is bg getuienis nie in enige wesenlike opsig tydens ondervraging aangeval nie maar die appellant het ook geswyg. Ook het hy gepoog om die polisiebeampte om te koop om die opsigtelik gesteelde voertuig aan hom terug te besorg. Dit volg dus dat die hof a quo reg in sy beoordeling van die kanse op sukses was. Die appèl word afgewys.
L T C HARMS WAARNEMENDE APPèLREGTER
HEFER, AR )
) STEM SAAM EKSTEEN, AR )
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.