Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S v Harmzen and Another [2006] ZAFSHC 7 (11 May 2006)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court correctly convicted the appellants based on the complainant's credible and detailed evidence, corroborated by her emotional state and the absence of any motive for a false accusation. The court held that minor inconsistencies in her testimony were understandable given the trauma she experienced and did not detract from her reliability. However, the appellate court determined that the trial court overemphasized the seriousness of the offence and underemphasized the appellants' personal circumstances, including their status as first offenders and correctional officers with long service records. The court concluded that the sentences of six years' imprisonment were shockingly inappropriate and that corrective supervision under section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act was the suitable sentencing option.

Court disposition

Appeal against conviction dismissed; appeal against sentence upheld.

Orders

  • The appeal against the convictions is dismissed and the convictions are confirmed.
  • The appeal against the sentences succeeds; the sentences of both appellants are set aside.
  • The matter is remitted to the trial court for the imposition of sentences of corrective supervision in terms of section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.

02

Material facts

Parties

Willem Johannes Harmzen

Appellant Counsel: J. Nel

Gustav Martin Nel

Appellant Counsel: J. Nel

The State

Respondent Counsel: J. du P. Botha

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellants argued that the complainant's version contained improbabilities, particularly her conduct during the incident, such as smoking a cigarette and asking for another while allegedly under threat. They contended that the evidence regarding what the complainant told her husband should not have been admitted, and that their own explanations for being at the complainant's house were plausible. On sentence, they submitted that the cases relied upon by the trial court involved more serious circumstances and that corrective supervision was a more appropriate sentence given their personal circumstances and the recommendations of the correctional officer.
Respondent
The respondent maintained that the complainant's evidence was credible, supported by her emotional state after the incident and the details she provided. The respondent argued that the lack of motive for a false accusation and the traumatic impact on the complainant justified the conviction. Regarding sentence, the respondent submitted that the seriousness of the offence, the abuse of trust by correctional officers, and the psychological harm to the complainant warranted direct imprisonment, and that the trial court had properly considered all sentencing options.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Valachia and Another 1945 AD 826

    A conviction may be sustained where the complainant's evidence is credible and supported by surrounding circumstances, even if minor inconsistencies exist due to trauma.

  2. 02

    Section 276(1)(h) Criminal Procedure Act 51 of 1977

    Sentencing must balance the seriousness of the offence, the interests of society, and the personal circumstances of the accused, including the possibility of corrective supervision.

  3. 03

    S v M (2) 1990 (1) SA 456 (N); S v A en 'n Ander 1991 (2) SA 257 (N); S v Ndaba 1993 (1) SA 637 (A); S v D 1995 (1) SA 259 (A); S v Gerber 2001 (1) SA 621 (W); S v Mohlakane 2003 (2) SA 569 (O)

    Comparative case law on indecent assault and sentencing must be considered, but the facts of each case are determinative.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court correctly convicted the appellants based on the complainant's credible and detailed evidence, corroborated by her emotional state and the absence of any motive for a false accusation. The court held that minor inconsistencies in her testimony were understandable given the trauma she experienced and did not detract from her reliability. However, the appellate court determined that the trial court overemphasized the seriousness of the offence and underemphasized the appellants' personal circumstances, including their status as first offenders and correctional officers with long service records. The court concluded that the sentences of six years' imprisonment were shockingly inappropriate and that corrective supervision under section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act was the suitable sentencing option.

Obiter and limits

  • The complainant's relocation and marital breakdown were likely not solely attributable to the assault, but rather to broader personal circumstances.
  • The facts of this case are less severe than those in the authorities cited by the trial court, and the absence of physical injury or lasting emotional harm must be weighed in sentencing.
  • Correctional officers, while part of the criminal justice system, do not occupy the same position of trust as police officers in the context of sentencing for sexual offences.

Court disposition

Appeal against conviction dismissed; appeal against sentence upheld.

  • The appeal against the convictions is dismissed and the convictions are confirmed.
  • The appeal against the sentences succeeds; the sentences of both appellants are set aside.
  • The matter is remitted to the trial court for the imposition of sentences of corrective supervision in terms of section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2006] ZAFSHC 7

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

A244/2004

In die appèl tussen:

WILLEM JOHANNES HARMZEN Eerste Appellant

GUSTAV MARTIN NEL Tweede Appellant

en

DIE STAAT Respondent

_____________

CORAM: KRUGER R et MATHEBULA WND R

AANGEHOOR OP: 24 APRIL 2006

UITSPRAAK DEUR: KRUGER R

GELEWER OP: 11 MEI 2006

[1] Die appellante het as beskuldigdes 1 en 2 in die Streekhof te Sasolburg tereggestaan. Hulle is skuldig bevind aan huisbraak met die opset om ‘n misdaad onbekend aan die aanklaer te pleeg sowel as aan onsedelike aanranding. Beide appellante is gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf. Met verlof van die Streekhof kom hulle in hoër beroep teen hulle skuldigbevindings en vonnisse.

[2] Die klaagster, Catherine Keyter, het getuig dat sy op die betrokke dag, nadat haar kinders skool toe is, by die huis was. Dit was koud, sy het ‘n kalmeerpil gedrink en gaan slaap. Sy was alleen in die huis. Die agterdeur was gesluit. Die voordeur was net toegetrek, nie gesluit nie.

[3] Sy het geslaap. Iemand het haar wakker gemaak en gesê: “Haai slaapkous, slaap jy nog.” Sy het ‘n uniform gesien. Sy het eers gedink dit is haar man, maar toe sien sy ‘n man met ‘n sonbril.

[4] Sy gaan sit toe op die bed en steek ‘n sigaret aan. Daarna staan sy op en hardloop na die sitkamer. Daar was nog ‘n man. Hy vra toe waar sy gaan. Sy sê sy wil uitgaan. Hy keer haar toe. Hulle staan toe daar by die deur.

[5] Sy sê toe vir hulle haar man gaan nou-nou terug wees en sy wil nie moeilikheid hê nie. Die een man sê toe vir haar, haar man kom eers drie uur; dis nou twee uur.

[6] Appellant nr 2 trek haar trui se mou op en sê hy wil kyk of sy nie inspuitings gebruik nie. Appellant nr 2 sê toe sy moet die hoëtroustel aanskakel en appellant nr 1 stoot haar daarheen. Appellant nr 1 het dit toe aangeskakel.

[7] Appellant nr 1 het haar toe vasgegryp van agter. Hy het sy regterhand in haar broek probeer indruk. Appellant nr 1 druk toe sy vinger in haar vagina.

[8] Appellant nr 2 haal toe sy penis uit en vra: “Do you think she would like a threesome”.

[9] Appellant nr 1 haal toe sy vinger uit en sê vir appellant nr 2 “ruik hoe lekker ruik dit”. Toe los hy haar.

[10] Appellant nr 2 vra toe vir haar of sy van sy penis hou en dit wil hê. Appellant nr 2 het ook sy vinger in haar vagina ingedruk. Hy kon nie daarin slaag om haar broek af te trek nie, want sy het haar broek met haar linkerhand bly vashou terwyl hy probeer het om dit te doen.

[11] Op daardie stadium roep appellant nr 2 na appellant nr 1 wat nie geantwoord het nie. Toe hardloop appellant nr 2 uit.

[12] Net na die gebeure het ene Smiley, ‘n vriend van klaagster, daar aangekom. Kennelik was sy aankoms die rede waarom die appellante die huis verlaat het. Klaagster het gesê sy moet dadelik na Smiley se huis toe gaan, want sy kan nie meer alleen daar bly nie. Sy het hom vertel wat gebeur het.

[13] Later het hulle haar man gekry en appellante is uitgewys. Klaagster het getuig dat appellant nr 2 haar geskakel het ‘n maand of wat na die voorval, en gesê het hy is baie jammer oor wat gebeur het. Hulle het dit as ‘n grappie bedoel.

[14] Op vrae van die landdros het klaagster getuig sy kry baie nagmerries. Sy het haar man verlaat. Sy kan nie meer verdra om in Groenpunt by die gevangenishuise te bly nie.

[15] In kruisondervraging sê klaagster dat toe sy wakker word en sien dit is nie haar man nie, het sy ‘n sigaret opgesteek. Sy gee toe dat sy nie die hele storie vir Smiley du Preez, haar vriend, vertel het nie. Sy het net van een man gepraat wat sy hand in haar broek gedruk het, want sy was al klaar genoeg verneder.

[16] Mnr Botes, wat vir appellante verskyn het, wou ‘n verklaring wat Smiley du Preez, ook ‘n bewaarder en ‘n staatsgetuie, aan die appellante laat toekom het aan die getuie stel, maar die hof het gelas dat dit in kruisondervraging aan Du Preez gestel moes word. Op die ou einde het Du Preez nie getuig nie en daar het niks verder van dié verklaring gekom nie. Die aanklaer wou nie vir Du Preez roep nie, omdat hy nie seker was wat Du Preez sou sê en die indruk gewek is dat hy met die appellante saamwerk.

[17] Gevra waarom sy in die sitkamer vir appellante vir ‘n sigaret gevra het, sê klaagster dat as sy op haar senuwees raak, rook sy. Sy sê sy was bang, sy het op daardie oomblik nie reg gedink nie. Sy was doodbang. Sy het geweet hulle is daar vir moeilikheid. Sy het nie geweet wat om te verwag nie.

[18] Dit is aan klaagster gestel dat appellant nr 2 saam met haar die huis verlaat het, wat sy ontken het.

[19] Sy getuig in kruisondervraging dat net nadat sy by die venster vir appellant nr 2 in die motor gestaan en uitkyk het, klop Du Preez aan haar deur en kom leen hy borrie by haar.

[20] Uittreksels van klaagster se verklaring is aan haar gestel en sy het erken dat daar foute in is, hoofsaaklik wat betref die volgorde van die gebeure en ook oor wie presies wat gedoen het. Daardie verklaring is egter nooit ingehandig hoewel dit bewys was. ‘n Mens moet na die geheel van die verklaring kyk ten einde dit behoorlik te kan beoordeel. (Vergelyk R v VALACHIA AND ANOTHER 1945 AD 826 op 835.)

[21] Appellante se weergawe is aan haar gestel. Hulle sê hulle was op soek na die skuurders wat die vloere skuur. Klaagster ontken hierdie weergawe.

[22] Die tweede staatsgetuie was klaagster se man, Anton Keyter. Hy het getuig dat hy en klaagster getroud is. Hulle het een kind. Hulle is vervreem as gevolg van ander gebeure as die voorval waaroor die saak gaan. Hy en appellante is werkskollegas.

[23] Op 11 Junie 2002 het hy om kwart voor drie huistoe gegaan na sy woning op die perseel van die Groenpunt gevangenis. Sy vrou was nie daar nie. Hy het haar gaan soek by haar vriend, Smiley. Toe hy soontoe stap, kom hulle aan. Hulle sien hom en hy kon sien sy vrou het gehuil. Sy sê daar het iets verskikliks gebeur. Sy was bewerig en bleek. Sy het hom by die huis vertel wat gebeur het. Klaagster het baie gebewe; sy was huilerig en sy was nie haarself nie. Sy was geskok. Sy was baie senuweeagtig; sy wou nie meer daar bly nie. Die dokter het haar senuweepille gegee. Sy het net geslaap na die voorval.

[24] In kruisondervraging sê hy klaagster het hom net van een van die persone vertel wat fisies iets met haar gedoen het. Die ander het sy privaatdeel uitgehaal volgens wat sy vertel het.

[25] Die derde staatsgetuie was Inspekteur Anna Kirkpatrick van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens. Sy het op 12 Junie 2002 die klaagster gespreek, haar verklaring geneem en haar na ‘n dokter geneem. Klaagster was erg geskok. Sy was te bang om by haar eie huis te wees.

[26] Na afsluiting van die staatsaak het appellant nr 1 getuig. Hy het getuig dat appellant nr 2 hom versoek het om saam te ry om die kontrakteurs wat die houtvloere skuur te gaan soek. Iemand het vir hulle gesê dat die skuurders moontlik in klaagster se huis was. Klaagster se huis se deur was op ‘n skrefie oop. Appellant nr 2 het geklop. Hy roep toe die twee persone wat hy gesoek het se name in die huis in. Daar was nie antwoord nie. Klaagster het toe in die gang afgekom en gevra wat hulle soek. Appellant nr 1 sê toe vir appellant nr 2 dis die vrou met die slegte naam; hulle moet gaan. Toe draai hulle om en loop. Appellant nr 2 sê toe vir die klaagster, jammer hulle pla, hulle soek die skuurders. Appellant nr 2 was eerste uit. Ongeveer 15 sekondes later kom appellant nr 2 uit met klaagster kort op sy hakke. Sy vra appellant nr 2 toe vir ‘n sigaret. Appellant nr 2 sê toe hy rook nie en hulle is weg. Hy het klaagster se bewerings teen hulle ontken.

[27] In kruisondervraging sê appellant nr 1 dat niemand die deur oopgestoot het nie, dit het oopgegaan as gevolg van die klop. Hy word gekonfronteer oor wat hy vir appellant nr 2 gesê het dat hulle maar moet loop of dit was “dit is daardie Keyter vrou” of “daardie vrou met die slegte naam”. Sy weergawes verskil.

[28] Toe hulle weg is, het klaagster vir hulle gewaai. Hy weet nie wat haar motief was vir die valse aanklagte teen hulle nie. Hy weet ook nie waarom sy so ontsteld was na die voorval nie.

[29] Appellant nr 2 het ook getuig. By die huis het hy geklop en die name geroep van die skuurders. Klaagster het toe nors voorgekom. Hy sê toe vir haar hy is jammer, hy soek die mense wat die vloere skuur. Appellant nr 1 het gesê hulle moet loop. Hy wil niks met hierdie vrou te doen hê nie. Hy het gepraat van “daardie fokken Keyter vrou”.

[30] Appellant nr 2 sê hy het by die deur die name van die skuurders in ‘n normale stem ge-uiter. Later sê hy hy onthou nie teen watter desibels hy gepraat het nie. Appellant nr 2 ontken ook die bewerings wat klaagster teen hulle maak.

[31] Namens die verdediging het ene Rantie getuig, ook ‘n bewaarder. In kruisondervraging blyk dat hy op 11 Junie met verlof was. Sy getuienis voer die saak nie eenkant of anderkant toe verder nie.

[32] In sy uitspraak vind die landdros die appellante skuldig soos voormeld. Na ‘n volledige opsomming van die getuienis doen die landdros ‘n deurtastende ondersoek daarvan. Hy vind in die lig van al die getuienis die appellante se weergawes nie redelik moontlik waar nie.

[33] Mnr Nel het voor ons betoog dat hier ‘n aantal onwaarskynlikhede in die klaagster se saak is en in besonder het hy verwys na die feit dat sy ‘n sigaret opsteek toe daar mense in haar kamer is en wat sy nie weet wat gaan gebeur nie. Sy vra hulle vir ‘n sigaret in die sitkamer terwyl haar eie pakkie daar naby is. Hy sê ook dat die getuienis oor wat sy vir haar man gesê het, nie toegelaat moes gewees het nie. Daardie getuienis is egter relevant met betrekkinng tot haar toestand en die feit dat sy hom vertel het van wat met haar gebeur het.

[34] Die doodslag vir die verdediging is soos mnr Botha vir die Staat tereg betoog, dat op hulle weergawe, die klaagster hulle valslik inkrimineer. Daar is egter geen motief nie. Die getrouheidswaarborg vir die klaagster se getuienis is geleë in die besonderhede wat sy gee, juis die onwaarskynlike getuienis wat sy gee. As dit ‘n opgemaakte storie is, dan sou sy tog sekerlik, sê mnr Botha tereg, die onwaarskynlike elemente weggelaat het, naamlik spesifiek die opsteek van die sigaret en die vra van ‘n sigaret. Sy is ‘n eenvoudige vrou met ‘n standerd agt en uit haar getuienis blyk dit dat sy eenvoudig die verhaal vertel soos wat dit gebeur het. Die ontstelde toestand waarin Smiley en haar eggenoot haar aangetref het, staaf ook haar weergawe. Die teenstrydighede in haar getuienis doen nie afbreuk aan haar geloofwaardigheid nie. Sy het erge trauma deurgegaan en ‘n mens sou nie verwag dat sy spesifiek insident na insident woordeliks elke keer korrek kon herhaal nie. Ek vind dit nie vreemd dat sy vir Smiley en haar man nie die hele insident vertel het nie, want sy sê sy was al genoeg verneder. Na my mening is daar geen twyfel oor die korrektheid van hierdie skuldigbevinding nie. Die landdros het ‘n deurtastende, deeglike analise van die getuienis gedoen en die appellante is korrek skuldig bevind.

[35] Wat vonnis betref, sê mnr Nel dat S v M (2) 1990 (1) SASV 456 (N) en S v A EN ‘N ANDER 1991 (2) SASV 257 (N) waarop die streeklanddros steun, was veel erger gevalle as hierdie. Daardie gevalle het beide gehandel met polisiebeamptes. Mnr Nel sê dat S v NDABA 1993 (1) SASV 637 (A); S v D 1995 (1) SASV 259 (A); S v GERBER 2001 (1) SASV 621 (W) en S v MOHLAKANE 2003 (2) SASV 569 (O) toon dat korrektiewe toesig ‘n gepaste vonnis in hierdie geval sou wees. Hy sê appellante is goeie mensemateriaal en daar was geen rede om hulle gevangenisstraf op te lê nie. Die korrektiewe beampte het korrektiewe toesig aanbeveel.

[36] Die persoonlike omstandighede van die appellante is: Beide is eerste oortreders. Beide is korrektiewe beamptes. Appellant nr 1 het 18 jaar diens by Groenpunt gevangenis; appellant nr 2 het 14 jaar diens by korrektiewe dienste. Appellant nr 1 was 37 jaar oud by vonnisoplegging; appellant nr 2 was 33 jaar oud by vonnisoplegging. Beide is getroud. Appellant nr 1 het twee minderjarige seuns; appellant nr 2 het ‘n minderjarige dogter.

[37] Mnr Nel sê dat ‘n korrektiewe beampte nie op dieselfde vlak geplaas moet word as ‘n polisiebeampte soos wat die geval was in die sake waarop die landdros gesteun het en spesifiek die saak van S v M (2) waar die hof ses jaar gevangenisstraf opgelê het vir ‘n geval waar ‘n polisiebeampte ‘n klaagster opgelaai het in sy voertuig. Hy het orale seks met haar gehad en haar toe anaal gepenetreer. In daardie geval het die hof gesê dit is ‘n baie erge geval van onsedelike aanranding. Die landdros in hierdie geval sê hierdie geval is erger as M se geval. Mnr Nel stem nie saam nie. Mnr Nel sê bewaarders is nie wetstoepassingsbeamptes nie. Hulle is net daar om gevangenes op te pas en verder sê hy hierdie klaagster is nie fisies aangerand nie en daar is nie blywende emosionele skade nie.

[38] Mnr Nel sê die landdros het die vierde element van vonnisoplegging, naamlik genade, buite rekening gelaat. Hy het buite rekening gelaat dat hierdie appellante goeie mensemateriaal is wat so ver as moontlik uit die gevangenis gehou moet word en hy sê dat korrektiewe toesig die korrekte vonnisopsie sou wees.

[39] Mnr Botha sê die volgende faktore is van belang om die straf te regverdig:

Die voorval het in klaagster se eie huis plaasgevind.

Dit het plaasgevind terwyl sy geslaap het. Sy was weerloos.

Dit is aan klaagster gesê dat sy dopgehou was. Sy was ‘n sagte teiken. Die aanval was beplan.

Appellante se aanmatigende optrede. Hulle druk hulle vingers in haar privaatdeel. Voortdurend maak hulle vulgêre opmerkings en lag vir haar, feite wat die klaagster nie eers volledig in haar getuienis wil weergee nie.

Hierdie insident sal haar lewe lank vir klaagster bybly. Sy het psigiese letsels wat sy sal saamneem met haar.

Die appellante toon geen berou nie.

Korrektiewe beamptes is in die hiërargie van die regstoepassing en van rehabilitasie. Hulle fasiliteer rehabilitasie.

[40] Die landdros verwys in sy uitspraak na twee sake:

1. S v A EN ‘N ANDER 1991 (2) SASV 257 (N) waar ‘n verdagte gedwing is om ten aanskoue van ‘n vroulike polisieoffisier homself te bevredig. Die vonnis vir onsedelike aanranding was twee jaar waarvan ses maande opgeskort was. Daar was ook ‘n ander insident en daardie vonnis moet ook inaggeneem word. Die onsedelike aanranding was maar ‘n gedeelte van die insident.

2. S v M (2) 1990 (1) SASV 456 (N) waar beskuldigde ‘n vrou langs die pad opgelaai het en haar toe gedwing het om orale seks met hom te hê en haar daarna ook anaal verkrag het. Die Streekhof het agtien maande gevangenisstraf opgelê wat deur die Hooggeregshof verander is na ses jaar gevangenisstraf. Belangrik van daardie saak wat die landdros nie in sy uitspraak vermeld nie, is dat die beskuldigde in S v M (2) die oggend voor die tyd ‘n argument met sy vrou gehad het, daarom ontsteld was, gedrink het en ook onder die invloed van drank was tydens die begaan van daardie voorval. Hy was dus ‘n polisieman wat onder die invloed van drank was, wat in ‘n sekere emosionele toestand verkeer het toe hy die misdrywe gepleeg het. In hierdie geval is daar geen sprake dat die appellante enigsins gedryf was tot hierdie voorval deur emosionele voorvalle buite of dat drank enigsins ‘n rol gespeel het nie. By baie onsedelike aanranding sake is daar een of ander persoonlikheidsprobleem of homoseksualiteit of pedofilie. Hier was geen aanleiding of enigiets wat appellante kon ontstel nie.

[41] By die oorweging van vonnis het die landdros alle vonnisopsies oorweeg, naamlik ‘n totale opgeskorte vonnis, ‘n boete, korrektiewe toesig en wat hy bevind het nie ‘n ligte straf is nie en direkte gevangenisstraf.

[42] Die klaagster is in die veiligheid van haar eie huis in ‘n beskutte area waar alleen korrektiewe beamptes en hul gesinne woon op “die plaas” aangeval deur mense wat sy sou verwag deel te wees van die beskermingsnetwerk daar.

[43] Mens moet egter na die geheel van die feite kyk:

1. Daar is niks wat daarop dui dat hierdie nie 'n onbesonne daad was nie. Daar is niks wat 'n bevinding regverdig dat hulle na die huis is met die opset om die klaagster te gaan aanrand nie. Dit is redelik moontlik dat hulle wel op soek was na die skuurmasjiene en toe toevallig op die klaagster afgekom het.

2. Sy was op haar eie weergawe dan ook nie besonder geskok deur hul verskyning in haar huis nie, soos blyk uit die feit dat sy 'n sigaret vra en rook terwyl hulle daar is. Sy skree nie of maak andersins alarm nie, selfs met die appellante se vertrek, maar gaan eerder na haar vriend, Smiley du Preez.

3. Daar is ook eintlik niks wat die verhoorhof se bevinding regverdig dat die klaagster blywende emosionele letsels sal oorhou nie - en as daar wel sou wees, kan dit nouliks toegeskryf word aan 'n betreklik skadelose voorval wat geen liggaamlike letsels kon gelaat het nie.

4. Haar verhuising van Groenpunt af het ook waarskynlik (minstens redelikerwys moontlik) nie sy oorsprong in die onderhawige aanranding nie maar in die verbrokkeling van haar huwelik - wat op sy beurt nie na die voorval teruggevoer kan (of moet) word nie.

5. Mens het hier met ‘n heelwat minder strafwaardige voorval te make as in die sake wat deur die verhoorhof geopper is.

[44] Ek meen dus dat die landdros appellante se persoonlike omstandighede onderbeklemtoon het en die erns van die misdaad oorbeklemtoon het en dat daar wel wesenlike mistastings was sodat die vonnis in ieder geval skokkend onvanpas is.

[45] Na my mening sal ‘n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge artikel 276(1)(h) van pas wees.

[46] Die volgende bevel word gemaak:

Die appèl teen die skuldigbevindings word afgewys en hulle word bekragtig.

Die appèl teen die vonnisse slaag en die vonnisse van beide appellante word tersyde gestel en die saak word na die verhoorhof terugverwys vir die oplegging van ‘n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge die bepalings van artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet 1977.

____

KRUGER, R

Ek stem saam.

_______

M.A. MATHEBULA, WND R

Namens die appellante: Adv. J. Nel

In opdrag van:

Naudes

BLOEMFONTEIN

Namens die respondent: Adv. J. du P. Botha

DOV

/sp

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Valachia and Another 1945 AD 826

Case cited

S v M (2) 1990 (1) SA 456 (N)

Case cited

S v A en 'n Ander 1991 (2) SA 257 (N)

Case cited

S v Ndaba 1993 (1) SA 637 (A)

Case cited

S v D 1995 (1) SA 259 (A)

Case cited

S v Gerber 2001 (1) SA 621 (W)

Case cited

S v Mohlakane 2003 (2) SA 569 (O)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.