Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Kruger (298/93) [1994] ZASCA 99 (19 August 1994)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that, despite certain criticisms of the complainant's evidence, her account was credible and supported by her immediate emotional reaction and physical injuries. The alleged motive for a false accusation was improbable, and her explanation for not screaming was satisfactory. The appellant's conduct after the incident, including his repeated apologies, was inconsistent with consensual intercourse. The trial court was justified in accepting the complainant's evidence and rejecting the appellant's version. The sentence imposed was not excessive or improperly influenced. Accordingly, the appeal against both conviction and sentence was dismissed.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

02

Material facts

Parties

Theunis Gertse Kruger

Appellant Counsel: Grobler

The State

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Final Appeal Before Supreme Court of Appeal

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that the complainant failed to disclose previous visits by the appellant to her flat, that her evidence regarding injuries sustained during the alleged rape was unsatisfactory, and that there was a real possibility she had a motive to falsely accuse the appellant to protect her reputation. He further contended that her version contained improbabilities, such as the appellant not seeking intimacy, apologizing during the act, her failure to scream, and the absence of torn clothing.
Respondent
The State maintained that the complainant's evidence was credible and supported by her immediate emotional distress and physical injuries. The alleged motive for a false accusation was rejected as improbable, and her explanation for not screaming was reasonable. The complainant's conduct after the incident and the appellant's subsequent apology were consistent with non-consensual intercourse. The trial court's acceptance of her evidence was justified.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A)

    In sexual offence cases, the cautionary rule applies when the complainant is a single witness, requiring careful scrutiny of her evidence.

  2. 02

    Section 208 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977

    A conviction may be based on the evidence of a single witness if the court is satisfied that the evidence is credible and reliable.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that, despite certain criticisms of the complainant's evidence, her account was credible and supported by her immediate emotional reaction and physical injuries. The alleged motive for a false accusation was improbable, and her explanation for not screaming was satisfactory. The appellant's conduct after the incident, including his repeated apologies, was inconsistent with consensual intercourse. The trial court was justified in accepting the complainant's evidence and rejecting the appellant's version. The sentence imposed was not excessive or improperly influenced. Accordingly, the appeal against both conviction and sentence was dismissed.

Obiter and limits

  • The court noted that the complainant's failure to mention previous visits by the appellant was not an attempt to mislead the court, as she volunteered this information during cross-examination.
  • The court observed that the complainant's emotional state immediately after the incident was incompatible with consensual intercourse.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1994] ZASCA 99

/CCC SAAK NR 298/93

IN DIE HOOGGEREGSHOFVAN SUID-AFRIKA(APPèLAFDELING)In die saak tussen: !

THEUNIS GERTSE KRUGER APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: HEFER, NESTADT et HOWIE ARR DATUM VERHOOR: 15 AUGUSTUS 1994

DATUM GELEWER: 19 AUGUSTUS 1994

UITSPRAAK NESTADT. AR:

Die appellant is in die streekhof gehou te Lichtenburg aan verkragling skuldig bevind. Hy is gevonnis tot vyf jaar

2

gevangenisstraf waarvan die helfte voorwaardelik opgeskort is. Sy appèl teen beide die skuldigbevinding en vonnis na die Transvaalse Provinsiale Afdeling is afgewys. Hierdie is 'n verdere appèl.

Wat die skuldigbevinding betref, is die vraag of die Verhoorhof geregtig was om die appellant se verweer van toestemming te verwerp. Ek is nie van voorneme om die getuienis in dié verband of die landdros se redes vir sy bevinding uiteen te sit nie. Ek veronderstel dat die leser van hierdie uitspraak op hoogte is met die relevante feite. Ek gaan dan onmiddellik oor na 'n oorweging van die aanval deur mnr Grobler namens die appellant op die skuldigbevinding.

Hy het staatgemaak op die klaagster se aanvanklike versuim om die appellant se vorige besoeke aan haar woonstel te

3

openbaar; hy het aangevoer dat die klaagster se getuienis ten opsigte van die beserings wat sy beweer sy in die verkragting opgedoen het onbevredigend was; hy het ter oorweging gegee dat daar 'n wesenlike moontlikheid was dat die klaagster 'n motief gehad het om die appellant valslik van verkragting te beskuldig, naamlik om haar goeie naam en reputasie te beskerm; en, laastens, het hy aan die hand gedoen dat die klaagster se weergawe verskeie onwaarskynlikhede bevat, naamlik dat die appellant nie eers toenadering gesoek het nie; dat, terwyl hy met die klaagster "besig" was, hy ter selfde tyd gesê en herhaal het dat "ek is jammer"; dat sy nooit uitgeroep of gegil het en dat haar klere nie geskeur is nie.

Sekere van mnr Grobler se stellings is nie ongegrond nie. Die klaagster se getuienis is wel vir kritiek vatbaar. Dit moet ook

4

in gedagte gehou word dat sy 'n enkel getuie was en dat ons te doen het met 'n geslagsmisdaad. Bygevolg is die versigtigheidsreël van toepassing. Aan die ander kant egter is daar verskeie oorwegings wat in die Staat se guns tel. Hulle is die volgende: (a) Die beweerde motief wat haar sou geweeg het om 'n saak van verkragting teen die appellant te versin is tereg deur die landdros verwerp. Dit is onwaarskynlik dat die appellant net na hulle gemeenskap gehou het, aan die klaagster sou gesê het dat hy met Heleen gaan trou. Dit was 'n ongeleë geleentheid om so 'n opmerking te maak. Hierbenewens was sy getuienis dat hy so pas besluit het om nie met haar te trou nie. In ieder geval het die klaagster reeds geweet van die verhouding tussen die appellant en Heleen. En laastens, op hierdie punt, is dit

5

moeilik verstaanbaar wat dit die klaagster sou gebaat het om 'n saak teen die appellant te versin. Niemand het geweet van wat tussen hulle gebeur het nie. (b) Dit is juis dat in haar getuienis in hoof die klaagster geen melding van enige vorige besoeke deur die appellant aan haar woonstel maak nie. Maar heel aan die begin van haar kruisverhoor het sy vrywillig aangebied dat "hy was by my woonstel ook gewees twee keer". Ek kan bygevolg nie saamstem dat sy die hof probeer mislei het ten aansien van die omstandighede waaronder sy die appellant voorheen gesien het nie.

(c) Dit is onwaarskynlik dat die klaagster sou ingestem het om geslagsomgang met die appellant te hê. Voordat die appellant

6

aan haar venster geklop het, was sy vas aan die slaap en omdat sy op medikasie was vir haar senuwees was sy "heel deurmekaar". Ek kan ook nie die appellant se getuienis dat daar alreeds 'n intieme verhouding tussen hulle was, aanvaar nie. (d) Na my mening het die klaagster 'n bevredigende verduideliking gegee vir hoekom sy nie geskreeu het nie. En wat die appellant se buitengewone optrede betref, blyk dit dat hy in 'n besondere bui was. Die klaagster sê dat hy nie soos sy hom geken het was nie; sy oë was "so half verwilderd gewees, hy was nie vir my normaal nie". (e) Onmiddellik na die insident het die klaagster by 'n buurman gaan kla en beweer dat sy verkrag is. Sy was in 'n emosionele

7

toestand. Sy het gehuil en gebewe en sy was "redelik bleek in haar gesig". Hierdie getuienis is nooit aangeval nie. Dit is klaarblyklik onversoenbaar met die appellant se relaas dat gemeenskap met toestemming plaasgevind het. (f) Wat die klaagster verder staaf is die beserings waarvan sy getuig het, dws die blou kolle op haar bene en op haar bors. Ek stem nie saam dat sy haar hier weerspreek nie. Toe sy na die dokter is, was die blou kolle nog nie sigbaar nie. Hulle het eers die volgende dag na vore gekom. Dit kan nie betwyfel word dat sy hierdie beserings in die voorval opgedoen het nie (kyk in dié verband na speurder adj offisier Geldenhuys se getuienis).

(g) Boonop is daar sy optrede wat net as 'n bekentenis deur die

8

appellant beskou kan word. Ek verwys na sy besoek aan die

klaagster nadat hy dieselfde aand deur die polisie gesoek is. Dit was te verwagte dat hy sou ontken het dat hy haar verkrag het of dat hy haar sou gevra het hoekom sy hierdie aanklag teen hom gebring het. In plaas daarvan sê hy weer dat hy jammer was - en dit nadat sy vir hom gesê het "maar ek het vir jou gesê jy moenie".

Op 'n algemene oorsig van die getuienis bly ek onoortuig dat die landdros se aanvaarding van die klaagster se getuienis verkeerd was. Hy was deur haar beïndruk en het goeie redes gehad om die appellant se weergawe te verwerp. Sy uitspraak is 'n deeglike een. Na my mening kan die appèl teen die skuldigbevinding nie slaag nie.

9

Die appèl teen vonnis kan kortliks afgehandel word. Dit kan nie gesê word nie dat die vonnis óf buitensporig swaar is óf dat die landdros hom wanvoorgelig het. In dié opsig ook moet die

appèl faal.

Die appèl word afgewys.

NESTADT. AR

HEFER, AR )

) STEMSAAM HOWIE, AR )

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.