S v Matsabu [2005] ZAFSHC 94 (18 August 2005)
- Citation
- [2005] ZAFSHC 94
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- H.M. Musi, C.H.G. van der Merwe
- Case number
- A312/2004
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- H.M. Musi, C.H.G. van der Merwe
- Case number
- A312/2004
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court found no fault with the trial court's acceptance of Inspector Wilbers' evidence and rejection of the appellant's version as false beyond reasonable doubt. The evidence established that the appellant, a municipal traffic officer, received marked money from Inspector Wilbers in exchange for not issuing a traffic summons, and that his conduct constituted an offence under section 1(1)(b) of the Corruption Act, 1992. The court held that Inspector Wilbers' conduct did not go beyond creating an opportunity for the appellant to commit the offence, and therefore her evidence was admissible. The appellant's argument regarding entrapment was rejected, and the conviction was confirmed.
Court disposition
Appeal dismissed; conviction confirmed.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The conviction is confirmed.
02
Material facts
Parties
Thabo Paulus Matsabu
Appellant Counsel: Adv. W.J. EdelingThe State
Respondent Counsel: Adv. A. De BeerAmounts and remedies
- Sentence (imprisonment, Months): 24
- Amount Involved (rand): ZAR 300
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant was correctly convicted under section 1(1)(b) of the Corruption Act, 1992.
- 02
Whether the conduct of the police officer went beyond creating an opportunity for the commission of an offence as contemplated in section 252A of the Criminal Procedure Act.
- 03
Whether the evidence of Inspector Wilbers was admissible.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that Inspector Wilbers' conduct went beyond merely creating an opportunity for the commission of an offence, as contemplated in section 252A of the Criminal Procedure Act, and that her evidence should therefore be inadmissible. He further contended that he did not solicit or accept a bribe, but that the money was forced upon him by Inspector Wilbers without his consent.
- Respondent
- The respondent maintained that Inspector Wilbers only created an opportunity for the appellant to commit the offence and did not actively induce or persuade him to do so. The respondent argued that the appellant's version was improbable and that the trial court correctly accepted the evidence of Inspector Wilbers and rejected the appellant's account as false beyond reasonable doubt.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Section 252A of the Criminal Procedure Act, 51 of 1977
The test for entrapment is whether the law enforcement officer played an active role in inducing or persuading the accused to commit the offence; if not, only an opportunity was created.
- 02
S v ODUGO 2001 (1) SACR 560 (W) at 566f–567a; S v MAKHANYA AND ANOTHER 2002 (3) SA 201 (N) at 206H–207B
The credibility of witnesses and the acceptance or rejection of their evidence is primarily a matter for the trial court, and an appellate court will only interfere if convinced that the findings are wrong.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court found no fault with the trial court's acceptance of Inspector Wilbers' evidence and rejection of the appellant's version as false beyond reasonable doubt. The evidence established that the appellant, a municipal traffic officer, received marked money from Inspector Wilbers in exchange for not issuing a traffic summons, and that his conduct constituted an offence under section 1(1)(b) of the Corruption Act, 1992. The court held that Inspector Wilbers' conduct did not go beyond creating an opportunity for the appellant to commit the offence, and therefore her evidence was admissible. The appellant's argument regarding entrapment was rejected, and the conviction was confirmed.
Obiter and limits
- The statement by Inspector Wilbers that her husband would 'kill her' over the fine was not meant to be taken literally and did not form part of any inducement or offer of a bribe.
- The appellant's version was found to be highly improbable and contrived, especially given his adjustments under cross-examination.
Court disposition
Appeal dismissed; conviction confirmed.
- The appeal is dismissed.
- The conviction is confirmed.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A312/2004
In die saak tussen:
THABO
PAULUS MATSABU Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: H.M. MUSI R et VAN DER MERWE R
AANGEHOOR OP: 15 AUGUSTUS 2005
UITSPRAAK: VAN
DER MERWE R
GELEWER OP: 18 AUGUSTUS 2005
[1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b) van die Wet op Korrupsie, No. 94 van 1992. Op 28 Junie 2004 is die appellant gevonnis tot 24 maande gevangenisstraf ingevolge die bepalings van Artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, No. 51 van 1977. Die appèl, met verlof van die verhoofhof, is slegs gerig teen die skuldigbevinding.
[2] Die appellant was op die betrokke tydstip ân munsipale verkeersbeampte en het saam met kollegas van hom op die betrokke dag ân sogenaamde spoedlokval beman. Die wese van die aanklag teen die appellant is dat hy geld ontvang het om nie ân skriftelike kennisgewing om in die hof te verskyn soos bedoel in Artikel 56 van die Strafproseswet ten opsigte van ân spoedoortreding, by die verhoor en geriefshalwe hierna ân verkeersdagvaarding genoem, uit te reik nie. Dit is gemeensaak dat op die betrokke dag ân lokvaloptrede met betrekking tot verkeersbeamptes wat omkoopgeld aanvaar, plaasgevind het en dat daartydens inspekteur Juliana Cornelia Wilbers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens doelbewus die toepaslike snelheidsgrens van 100km/h oorskry het deur teen ongeveer 150km/h te ry. Dit is ook gemeensaak dat as gevolg hiervan die appellant inspekteur Wilbers se voertuig voorgekeer en afgetrek het maar dat ân verkeersdagvaarding nie aan haar uitgereik is nie. Dit is verder gemeensaak dat R300 se gemerkte note wat tydens hierdie optrede gebruik is, in die appellant se besit gevind is.
[3] Inspekteur Wilbers het getuig dat die appellant hierdie bedrag geld van haar ontvang het in ruil daarvoor om nie ân verkeersdagvaarding uit te reik nie op grond van die suggestie van die appellant, soos hieronder meer volledig weergegee. Die appellant se getuienis daarenteen was dat inspekteur Wilbers die voorstel gemaak het dat hy omkoopgeld aanvaar, dat hy geweier het om so te doen, en dat inspekteur Wilbers toe die R300 in sy broeksak gedruk het en weggery het voordat hy enigiets daaromtrent kon doen.
[4] Die verhoorlanddros het die getuienis van inspekteur Wilbers aanvaar en die van die appellant verwerp as bo redelike twyfel vals. Op appèl kan in hierdie saak met hierdie bevindinge slegs ingemeng word indien ons oortuig is daarvan dat dit verkeerd is. Ek kan egter geen fout met hierdie bevindinge vind nie. Volgens die oorkonde is die getuienis van inspekteur Wilbers oortuigend afgelê terwyl die appellant sy getuienis aangepas het telkens wanneer hy onder druk verkeer het. Op die totaliteit van die getuienis kom die weergawe van die appellant myns insiens ook so onwaarskynlik en vergesog voor dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie.
[5] Namens die appellant is egter aangevoer dat die optrede van inspekteur Wilbers verder gegaan het as die skepping van ân geleentheid om ân misdryf te pleeg, soos bedoel in artikel 252A van die Strafproseswet en dat haar getuienis dus ontoelaatbaar was.
[6] Ek kan nie met hierdie betoog saamstem nie. Alhoewel die bewoording van artikel 252A(2)(a)(b) en (c) in hierdie verband problematies is, meen ek dat die toets is of die betrokke wetstoepassingbeampte ân aktiewe rol gespeel het om die beskuldigde te beweeg of te oorreed om ân misdryf te pleeg; so nie is slegs ân geleentheid geskep om ân misdryf te pleeg. In hierdie verband stem ek met eerbied saam met die beslissings van S v ODUGO 2001(1) SASV 560 (W) op 566f â 567a en S v MAKHANYA AND ANOTHER 2002(3) SA 201 (N) op 206 H â 207 B.
[7] Gemelde vraag moet in hierdie appèl natuurlik beantwoord word aan die hand van die getuienis wat aanvaar is, te wete dié van inspekteur Wilbers. Hiervolgens het wensenlik die volgende gebeur nadat die appellant die voertuig afgetrek het:
ïgHy het vir my gevra of ek weet wat is die boete om so vinnig te ry, toe sê ek vir hom nee, ek weet nie. Hy het sy boek gehad by hom waar hy die boetes ingeskryf het. Hy het egter die boek heel agter oopgemaak en vir my gewys hoe die kiloâs werk as jy byvoorbeeld 100 ry en jy ry 110, die grens gaan tot by 110 of by 111, daarna begin hulle die mense te vang en wat die bedrae is wat die mense beboet word vir die kiloâs wat hulle ry. Toe het hy vir my uitgewerk en my boete het uitgewerk op R900,00. Ek het toe aan hom gevra, hy was besig om te skryf in sy boeteboek en ek het hom gevra of hy nou regtig vir my ân boete gaan skryf waarop hy vir my gevra het wat wil ek maak.
Watter taal het u gepraat? --- Afrikaans.
En beskuldigde? --- Afrikaans.
En toe? --- Hy het toe weer geskryf en vir my gevra of ek ân lisensie het. Ek het my lisensiekaart aan hom getoon en ek het weer aan hom gevra of hy vir my ân boete gaan uitskryf, toe sê hy vir my ja, maar wat wil ek daaromtrent doen. Toe sê ek vir hom ek weet nie, ek sê hulle weet mos beter as wat ek weet. So ân rukkie daarna het ek vir hom gevra kan ek nie maar die boete op die toneel betaal nie, waarop hy vir my gevra het hoeveel geld ek by my het. Ek het my ID-boek uitgehaal, die note uitgehaal, want die note was in my ID-boek gewees. Ek het die geld afgetel, die gemerkte geld afgetel en vir hom gesê ek het slegs R300 by my. Hy het vir my gesê dit is reg. Voordat hy die geld gevat het by my het hy vir my gevra of ek nie polisie toe sal gaan en vir hom moeilikheid sal maak as hy die geld sou vat nie. Ek het toe vir hom gesê ek gaan moeilikheid hê as ek met daardie boete by die huis aanbring, so ek betaal eerder nou R300 as wat ek R900 moet betaal en ek het toe vir hom die geld gegee.
Hoe het u die geld vir hom gegee? --- Soos dit nou, het ek vir hom die note net so gegee.
U wys dat die note gevou is, in die helfte deur gevou is, die hele pakkie. --- Ja, hy was gevou. Ek het die geld so vir hom gegee.
U hou dit in u regterhand vas en hou u elmboog so half gebuig, is dit korrek? --- Ja, dit is hoe ek dit vir hom gegee het.
Hoe het die beskuldigde dit gevat? --- Hy het dit met sy linkerhand gevat, dit net so gevat. Hy het dit nie eers getel nie en dadelik onder sy boek ingesit. Terwyl hy die geld so gevat het, was hy besig om te skryf, maar met sy rug, want daar was ander twee verkeersbeamptes ook gewees, het hy met sy rug na hulle toe gestaan, maar hy het geskryf in sy boek.
Waar was die ander twee persone gewees? --- Hulle was by die voertuie gewees omtrent so 10 meter van ons af was hulle besig om te skryf. Terwyl hy nou so geskryf het, het ek vir hom gevra gaan hy nou vir my die boete uitskryf nadat ek vir hom die geld gegee het, toe sê hy vir my hy maak net asof hy skryf sodat sy kollegas nie kan sien dat hy die geld gevat het nie. En toe het hy vir my gesê dit is reg, ek kan maar gaan, maar voordat ek gery het, het hy weer vir my gevra gaan ek nie vir hom moeilikheid maak omrede hy die geld gevat het nie, toe sê ek vir hom nee. Voordat ek vertrek het, het ek in my regtertruspieël gekyk net voordat ek weggery het, toe het hy omgedraai en hy het weggeloop en hy het die geld gevat en in sy linkerbroeksak gesit.â
[8] Gedurende kruisverhoor het inspekteur Wilbers bygevoeg dat voordat sy gevra het of sy nie die boete op die toneel kan betaal nie, sy ook gesê het dat haar man haar gaan vermoor oor die boete wat sy gaan kry.
[9] Ontleding van die voormelde getuienis toon myns insiens aan dat inspekteur Wilbers se mededelings aanvanklik hoogstens daarop gerig was om die uitreik van ân verkeersdagvaarding en gevolglike aanspreeklikheid vir betaling van ân boete, te verhoed. Dit was heeltemal binne die diskresie van die appellant om hieraan gehoor te gee, volgens die onbetwiste getuienis van verkeersinspekteur Nel. Op die vrae van inspekteur Wilbers of die appellant haar gaan beboet, het die appellant egter telkens geantwoord op ân wyse wat ân suggestie van die kant van inspekteur Wilbers probeer uitlok het. Op die daaropvolgende objektief onskuldige vraag of die boete dan op die toneel betaal kan word, het die appellant die inisiatief geneem wat gelei het tot die oorhandiging van die geld. So gesien en met opweging van die toepaslike faktore vermeld in artikel 252A(2) van die Strafproseswet, het die onderhawige optrede nie verder gegaan as die skepping van ân geleentheid om ân misdryf te pleeg nie. Dit volg dat die bepalings van artikel 252A(3) nie ter sprake kom nie.
[10] Namens die appellant is klem gelê op die mededeling van inspekteur Wilbers dat haar man haar gaan vermoor oor die boete wat sy gaan kry. Na my oordeel is hierdie klem misplaas. Die mededeling behels eerstens ân uitdrukking wat geen redelike persoon letterlik kon opneem nie, dit was nie die getuienis van die appellant dat hy dit letterlik verstaan het nie en het tweedens in ieder geval in konteks soos reeds vermeld nie deel gevorm van ân aanbieding van omkoopgeld of aanstigting tot aanvaarding daarvan nie.
[11] Na my oordeel moet die appèl dus afgewys word en die skuldigbevinding bekragtig word.
________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Ek stem saam en dit word so beveel.
____
H.M. MUSI, R
Namens die appellant: Adv. W.J. Edeling
In opdrag van:
Rosendorff Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv. A. De Beer
Kantoor van die Dirketeur: Openbare Vervolgings
/em
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.