Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Mofokeng en Andere (99/94) [1994] ZASCA 188 (30 November 1994)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal found that the evidence of the state witnesses, particularly Sefatsa and Keele, was credible and sufficiently corroborated by other facts, including the ballistics evidence and the conduct of the appellants. The first appellant was directly implicated by Sefatsa, who witnessed the transfer of the murder weapon and overheard incriminating statements. The second appellant was implicated through his own statements and conduct, as well as the testimony of Keele, which described the planning and execution of the murder as a joint enterprise. The court held that the trial court was correct in accepting the evidence of the state witnesses and that the convictions for murder were justified. Regarding sentence, the court found that the aggravating circumstances, including the premeditated killing of a police officer, outweighed any mitigating factors. However, in accordance with precedent, the finalisation of the appeals against the death sentences was postponed pending the Constitutional Court's decision on the validity of the death penalty.

Court disposition

The appeals against the convictions for murder are dismissed. The finalisation of the appeals against the death sentences is postponed pending Constitutional Court review.

Orders

  • The appellants' appeals against their convictions for murder are dismissed.
  • The finalisation of the appeals against the death sentences is postponed to a date to be determined by the Registrar in consultation with the Chief Justice.

02

Material facts

Parties

Jack Mofokeng

Appellant

Isaac Mohomane

Appellant

Phillip Mosia

Appellant

Solomon Sera

Appellant

The State

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the first and second appellants challenged the convictions for murder, arguing that the evidence of the state witnesses, Peter Sefatsa and Rankeboleng Keele, was unreliable and did not sufficiently implicate the appellants. It was contended that the conversations allegedly overheard by the witnesses were either fabricated or did not directly link the appellants to the crime. The defence further argued that even if Sefatsa's evidence was accepted, it did not necessarily prove the second appellant's involvement. The appropriateness of the death sentences was also contested, with reference to the appellants' status as first offenders and the lack of substantial aggravating factors.
Respondent
The respondent maintained that the evidence of Sefatsa and Keele was credible and corroborated by other facts, including the ballistics evidence and the conduct of the appellants before and after the crime. The respondent argued that the conversations described by the witnesses demonstrated a joint enterprise and direct involvement of the first and second appellants in the murder. The respondent further submitted that the aggravating circumstances, including the premeditated killing of a police officer in the execution of his duties, justified the imposition of the death penalty, and that no significant mitigating factors were present.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Makwanvane en 'n Ander 1994 (3) SA 868 (A)

    A conviction may be sustained where credible evidence establishes joint participation in a crime, and where the accused's own statements and conduct corroborate such evidence.

  2. 02

    S v Makwanvane en 'n Ander 1994 (3) SA 868 (A)

    The presence or absence of substantial mitigating factors must be weighed against aggravating circumstances in determining the appropriateness of the death sentence.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal found that the evidence of the state witnesses, particularly Sefatsa and Keele, was credible and sufficiently corroborated by other facts, including the ballistics evidence and the conduct of the appellants. The first appellant was directly implicated by Sefatsa, who witnessed the transfer of the murder weapon and overheard incriminating statements. The second appellant was implicated through his own statements and conduct, as well as the testimony of Keele, which described the planning and execution of the murder as a joint enterprise. The court held that the trial court was correct in accepting the evidence of the state witnesses and that the convictions for murder were justified. Regarding sentence, the court found that the aggravating circumstances, including the premeditated killing of a police officer, outweighed any mitigating factors. However, in accordance with precedent, the finalisation of the appeals against the death sentences was postponed pending the Constitutional Court's decision on the validity of the death penalty.

Obiter and limits

  • The court noted that the appellants' status as first offenders, while generally mitigating, did not justify a lesser sentence in the context of the present crime.
  • The court commended the trial judge for a thorough and careful analysis of the evidence, particularly in relation to the credibility of the witness Keele.
  • The postponement of the appeal against sentence was necessary in light of pending constitutional review of the death penalty.

Court disposition

The appeals against the convictions for murder are dismissed. The finalisation of the appeals against the death sentences is postponed pending Constitutional Court review.

  • The appellants' appeals against their convictions for murder are dismissed.
  • The finalisation of the appeals against the death sentences is postponed to a date to be determined by the Registrar in consultation with the Chief Justice.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1994] ZASCA 188

99/94/mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen

JACK MOFOKENG EERSTE APPELLANTISAAC MOHOMANE TWEEDE

APPELLANTPHILLIP MOSIA DERDE APPELLANT

SOLOMON SERA VIERDE APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM : BOTHA, KUMLEBEN ARR et NICHOLAS

WnAR

VERHOORDATUM : 21 NOVEMBER 1994

LEWERINGSDATUM : 30 NOVEMBER 1994

UITSPRAAK

KUMLEBEN AR/.....2

KUMLEBEN AR:Die vier appellante het voor Malherbe R en twee assessore in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling tereggestaan in verband met 'n voorval wat gedurende die vroeë ure van Saterdag 5 Junie 1993 plaasgevind het. Hulle was aangekla dat hulle aan moord skuldig is deurdat hulle speurdersersant Makau en 'n vroue polisiebeampte, speurdersersant Mosebi, opsetlik en wederregtelik gedood het (aanklagte 1 en 2 onderskeidelik) en dat hnlle onwettiglik in besit was van vuurwapens en ammunisie (aanklagte 3 en 4 onderskeidelik). Elkeen is op al vier aanklagte skuldig bevind en soos volg gevonnis: aanklag 1, ter dood veroordeel; aanklag 2, twaalf jaar gevangenisstraf; aanklagte 3 en 4 gesamentlik, twaalf maande gevangenisstraf. Hierdie appèl is egter beperk tot die skuldigbevindings en vonnisse op aanklag 1, die eerste moord aanklag wat betref eerste en tweede appellante en die vonnisse van die derde en vierde appellante op

3

dieselfde aanklag.Die skietvoorval wat tot die moordaanklagte aanleiding gegee hel, is beskryf deur die getuie Margaret Selepe. Die twee oorledenes het haar restaurant verlaat en na hul voertuig gestap. Terwyl hulle besig was om in hul voertuig te klim, is op hulle geskiet. Sy het 'n manspersoon met 'n handwapen by die deur van die voertuig opgemerk. Sy kon hom nie uitken nie. 'n Tweede persoon het by die venster van die voertuig ingeloer en in Zoeloe gesê: "Dit lyk asof dit nie die korrekte persoon is nie." Tydens die aanval het menige skote die oorledenes getref as gevolg waarvan hulle op die toneel beswyk het. Die ballistiese getuienis het aangetoon dat 'n pistool, wat as bewysstuk 2 by die verhoorhof ingehandig is, in die aanval gebruik was.

Die getuienis het onteenseglik bewys dat die derde en vierde appellante vir die moord op die oorledenes aanspreeklik is. Mnr Marais,

4

namens eerste en tweede appellante, het die skuldigbevindings van hierdie twee appellante op die eerste moordaanklag aangeveg. Die saak teen hulle is hoofsaaklik gegrond op die aanvaarding van die getuienis van twee staatsgetuies, Peter Sefatsa en Rankeboleng Keele, en die gesprekke wat hulle sou aangehoor het.Peter Sefatsa is 'n daggahandelaar. In die loop van sy besigheid het hy gedurende die week van die voorval die huis van die derde appellant gereeld besoek. Op die aand van Vrydag 4 Jnnie 1993 was hy daar gewees tesame met, onder andere, die eerste en derde appellante en ene Shooter. Hy, Sefatsa, het gesien dat die derde appellant die pistool (bewysstuk 2) aan eerste appellant oorhandig. Die volgende oggend, d w s die oggend na die voorval, het Bofana, Shooter en Sefatsa per motor na tweede appellant se hnis gegaan en hom opgelaai. Hulle is toe voort na derde appellant se woning. Terwyl hulle daar saam met eerste en derde

5

appellante gesit en drink het, het eerste appellant gesê dat "ons" die vorige aand byna in die moeilikheid beland het ("gisteraand het ons amper kak getrap"); dat daar 'n stadium was toe "ons" en die polisie na mekaar geskiet het; dat hulle op die polisie geskiet het omdat "daardie polisiebeampte" vir die tweede appellant in verband met 'n gewapende roof aanklag gearresteer en gemartel het; en dat daardie vorige nag 'n tweede "polisieman" geskiet is. (Dit is deur ander getuienis bewys dat die oorledene as ondersoekbeampte in 'n gewapende roofsaak opgetree het waarin tweede appellant betrokke was.) Hierdie uitlatings was gemaak ten aanhoor van die ander drie appellante en, soos Sefatsa dit gestel het, "hulle het dit nie betwis nie". Later die Saterdag is Sefatsa, Bofana, tweede appellant en Shooter gearresteer en saam in 'n sel geplaas. Die volgende dag, die Sondag, het'n verdere gesprek in die sel plaasgevind. Die tweede appellant het Shooter gevra hoekom hy so bekommerd voorkom. Shooter

6

het verduidelik dat die polisie 'n vuurwapen en magasyn by hom gevind het wat aan "die polisieman wat eerste geskiet was" behoort het. Shooter vra toe vir tweede appellant of hulle "nou ordentlik gewerk het". Sy antwoord was dat hulle geen fout gemaak het nie "want ons het 'Cooper hats' [balaclava's] oor ons hoofde gehad", bedoelende dat hulle nie uitgeken kon word nie. Tydens kruisondervraging is aan Sefatsa gestel dat eerste en tweede appellante die Vrydagaand glad nie in sy teenwoordigheid was nie; dat die drie van hulle die tweede appellant die Saterdagoggend eers langs die pad opgelaai het en nie by sy huis nie; en dat hy nooit die beweerde gesprek met Shooter in die sel gevoer het nie.

Keele en die vierde appellant is verlangs familie. Op laasgenoemde se aandrang het Keele saam met hom 'n vuurwapen (bewysstuk 3) versteek. Later het Keele die polisie gewys waar hulle dit begrawe het. So het dit gebeur dat hy as 'n verdagte in die Harrismith

7

gevangenis aangehou is. Soms was hy saam met die vier appellante, en andere, saam in een sel gewees. Hy het getuig oor 'n sekere geleentheid toe die derde appellant by hom gekla het dat die tweede en vierde appellante hom in die moeilikheid laat beland het; dat hulle na hom toe gegaan het om hom te vertel dat die oorledene Makau by die betrokke restaurant was; dat hy die ondersoekbeampte in "hulle" roofsaak was; en dat hulle soontoe moes gaan om hom te skiet. Die derde appellant het verder beskryf dat hulle hieroor ooreengekom het en soontoe gegaan het waar hulle in die straat langs die restaurant die aanval op die oorledene beplan het; die posisie wat elkeen sou inneem en wat van hom verwag word. Die eerste appellant was in besit van die derde appellant se vuurwapen en die tweede appellant het een van sy eie gehad. Toe die oorledene Makau na sy voertuig gestap het, het die eerste appellant op hom geskiet. Die derde appellant se rol was om die vuurwapen van die mense te verwyder nadat

8

hulle geskietis en die vierde appellant het hul voertuig bestuur. Na die aanval het die eerste en tweede appellante die twee vuurwapens aan die vierde appellant oorhandig sodat hy dit in die voertuig kon bêre. Tydens hierdie gesprek was die ander drie appellante deurgaans aanwesig en soos Keele dit gestel het, "dit het vir my gelyk asof hulle ooreenstem wat daar gesê was". In sy relaas het Keele ook gesê dat 'n skynverhoor in die gevangenis te Harrismith gereël is. Tydens die verrigtinge het "elkeen" van die appellante vertel waarvoor hy gearresteer is en raad gevra oor hoe hulle by die werklike verhoor valse getuienis kon aflê om hulle "onskuld" te bewys. Hoewel die skynhof op 'n toneelspeel neergekom het, was hulle ernstig oor die doel wat hulle daardeur wou bereik, naamlik, om aanvaarbare, hoewel valse, getuienis in die hofaak te lewer.

Die hof het Sefatsa as 'n geloofwaardige getuie aanvaar. In Keele se geval was daar wel gebreke in sy getuienis: soveel so dat een van

9

die assessore van mening was dat dit onraadsaam sou wees om op sy getuienis enigsins staat te maak. Malherbe R het egter op 'n besondere deeglike - en prysenswaardige - wyse elke oënskynlike onbevredigende aspek van Keele se getuienis haarfyn ondersoek en tot klaarheid gebring. Mnr Marais kon nie enige kritiek in hierdie verband op die geleerde Regter se benadering lewer nie. Ek is tevrede dat die getuienis van Sefatsa en Keele - laasgenoemde s'n deur die meerderheid van die lede van die hof -tereg aanvaar is.

Op dié grondslag is die saak teen die eerste appellant oortuigend, inderdaad verdoemend. Afgesien van enige ander getuienis wat hom betrek, het Sefatsa gesien dat die pistool (bewysstuk 2) waarmee geskiet is, die Vrydagaand in voorbereiding vir die aanval aan hom oorhandig is. Uit eie mond het hy die Saterdagoggend by die derde appellant se huis homself geinkrimineer.

10

Mnr Marais het aan die hand gedoen dat selfs met aanvaarding van die getuienis van Sefatsa, sy getuienis nie noodwendig bydra om die saak teen tweede appellant te bewys nie. Aangaande die gesprek die Saterdagoggend het hy verwys na die opmerking van eerste appellant dat "ons en die polisie na mekaar geskiet het" en dat 'n "tweede polisieman" geskiet is. Hy het aangevoer dat die eerste appellant moontlik nie na hierdie voorval verwys het nie omdat slegs die aanvallers geskiet het en die tweede slagoffer 'n vroumens was. Maar in sy geheel beskou laat die gesprek geen ruimte vir hierdie stelling nie. Die oorledene Makau was inderdaad die persoon wat die tweede appellant in verband met 'n roofaanklag gearresteer het, soos eerste appellant in die gesprek gesê het, en die verwysing na die "vorige aand" is verdere bevestiging dat dit hierdie voorval was waarvan eerste appellant vertel het. Mnr Marais het verder betoog dat die "ons" waarvan die eerste appellant by dié geleentheid gepraat

11

het, nie noodwendig die tweede appellant ingesluit het nie en dat sy versuim om op eerste appellant se inkriminerende stellings te reageer, of om sy betrokkenheid te ontken, derhalwe nie teen hom gebruik kan word nie. Die antwoord hierop is dat die eerste appellant in sy gesprek met Shooter die rede vir die beplande aanval verduidelik het: dat die oorledene Makau die tweede appellant gearresteer en gemartel het. In die samehang van hierdie gesprek moes die verwysing na "ons" ten minste prima facie die tweede appellant ingesluit het. Sy besluit om nie hierdie afleiding deur getuienis te weerspreek of te weerlê nie, het dié gevolgtrekking tot bewys bo redelike twyfel van sy medepligtigheid verhef. Wat meer is, in die gesprek wat Keele aangehoor het, was daar nie net sprake van "ons" of "hulle" nie: hy het pertinent na tweede appellant verwys as synde die persoon wat 'n vuurwapen hanteer het en aan die moord deelgeneem het. Hierdie twee Staatgetuies het dus die aanspreeklikheid van die

12

tweede appellant oortuigend bewys veral, soos reeds genoem, in die afwesigheid van enige weersprekende getuienis.

Soos voormeld, het al vier appellante voor ons die toepaslikheid van die opgelegde doodvonnisse ten opsigte van klagte 1 aangeveg. Die verswarende faktore, wat vir elkeen geld, is ooglopend en van 'n uiters ernstige aard. Die appellante het almal deelgeneem aan 'n voorbedagte en fyn uitgewerkte moord op 'n polisieman om hom in die uitvoering van sy pligte te fnuik of uit wraak vir die arres van die tweede appellant of vir albei wanmotiewe. (Daar bestaan geen aanvaarbare getuienis dat Makau inderdaad die tweede appellant gemartel het nie: die eerste appellant se stelling in dié verband is uiteraard hoorsê en is deur niemand onder eed bevestig nie.) Nie een van die appellante het ter versagting getuig dat hy oorreed is om hierdie misdryf te pleeg of dat hy 'n ondergeskikte rol in die uitvoering daarvan gespeel het nie. Die getuienis

13

het die teendeel bewys. Hulle is, na my mening, ewe aanspreeklik vir hierdie koelbloedige moord. Ons is daarop gewys dat in die geval van die tweede en vierde appellante die een vorige veroordeling van elkeen 'n relatief onbeduidende een is: die verhoorhof het hulle tereg as eerste oortreders beskou. Hierdie oorweging, hoewel normaalweg versagtend kan, teen die agtergrond van die huidige misdaad, nie in hnlle geval 'n mindere straf regverdig nie.

Ek is tevrede dat die ooglopend verswarende omstandighede, in die afwesigheid van enige wesentlike versagtende faktore, tot gevolg het dat die doodvonnis die enigste gepaste een is. Maar, soos die beslissing van hierdie hof in S v Makwanvane en 'n Ander 1994(3) SA 868 (A) D -E daarop wys, moet verdere oorweging van die appèlle teen die vonnisse, om die redes in daardie beslissing genoem, uitgestel word totdat die Konstitnsionele Hof 'n uitspraak oor die geldigheid van die doodvonnis in

14

gevalle soos hierdie gegee het.

Die volgende bevel word dus uitgereik.

1. Die appellante se appèlle teen hulle skuldigbevindings van moord word afgewys.

2. Die afhandeling van die appèlle teen die doodvonnisse word uitgestel tot 'n datum wat deur die Griffier in oorleg met die Hoofregter bepaal sal word.

M E KUMLEBEN APPèLREGTER

BOTHA AR

- Stem saam NICHOLAS WnAR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Makwanvane en 'n Ander 1994 (3) SA 868 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.