Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S v Moholo (19/2014) [2015] ZAFSHC 44 (26 February 2015)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appeal court found that the evidence on count 1 only justified a conviction for the theft of one cow, not three, as only one was recovered in the accused's possession and there was insufficient evidence regarding the other two. The convictions and sentences on counts 2 to 4 were upheld as the evidence was clear and the sentences appropriate given the seriousness of the offences and aggravating factors. The court noted the magistrate's inappropriate remarks and lack of assistance to the unrepresented accused, emphasizing the duty of judicial officers to support unrepresented litigants and avoid intimidation or misdirection. However, these irregularities did not vitiate the fairness of the proceedings to the extent of overturning the convictions and sentences, except for the adjustment on count 1.

Court disposition

Appeal partially upheld: conviction on count 1 amended to theft of one cow; sentence on count 1 set aside and replaced with twelve months' imprisonment; convictions and sentences on counts 2 to 4 confirmed; appeal otherwise dismissed.

Orders

  • The conviction on count 1 for theft of three cattle is amended to theft of one cow.
  • The sentence on count 1 is set aside and replaced with twelve months' imprisonment, deemed to have been imposed on 15 April 2014.
  • The proceedings and sentences on counts 2 to 4 are confirmed and the appeal is otherwise dismissed.

02

Material facts

Parties

The State

Appellant

Mojalefa Shadrack Moholo

Respondent

Amounts and remedies

  • Value of Cattle Stolen (count 1): ZAR 21,000
  • Value of Calf Stolen (count 2): ZAR 5,000
  • Value of Cow Stolen (count 2): ZAR 8,000
  • Value of Cattle Stolen (count 3): ZAR 10,800
  • Value of Cattle Stolen (count 4): ZAR 45,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The State maintained that the evidence established the accused's guilt on all counts of stock theft, supported by positive identification, DNA evidence, and possession of the stolen cattle. The sentences imposed were argued to be appropriate given the seriousness of the offences and aggravating factors such as greed and the impact on the complainants' livelihoods.
Respondent
The accused, initially represented but later self-defended due to lack of funds, challenged the convictions and sentences, particularly on count 1, arguing insufficient evidence for theft of all three cattle and raising concerns about the magistrate's conduct and lack of assistance to an unrepresented accused.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Dhlumavo and Another 1948 (2) SA 677 (A)

    An appeal court should not lightly interfere with the trial court's findings on credibility, as the trial court has the advantage of seeing and hearing witnesses.

  2. 02

    S v Boesak [2000] ZACC 25; 2001 (1) SA 912 (KH)

    Where evidence calls for an answer and the accused remains silent, the court may conclude the evidence is sufficient to prove guilt in the absence of an explanation.

  3. 03

    Muller v State (2006) HHA 41 (RSA)

    A punishment imposed by the trial court is a matter of discretion and should only be altered on appeal if that discretion was not judicially and properly exercised, or if the sentence is disturbingly inappropriate.

  4. 04

    S v Mabuza 1991 (1) SA SV 636 (O); S v Rail 1982 (1) SA 828 (A)

    A presiding officer must not intimidate or mislead an unrepresented accused and must maintain impartiality, fairness, and reasonableness throughout the trial.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appeal court found that the evidence on count 1 only justified a conviction for the theft of one cow, not three, as only one was recovered in the accused's possession and there was insufficient evidence regarding the other two. The convictions and sentences on counts 2 to 4 were upheld as the evidence was clear and the sentences appropriate given the seriousness of the offences and aggravating factors. The court noted the magistrate's inappropriate remarks and lack of assistance to the unrepresented accused, emphasizing the duty of judicial officers to support unrepresented litigants and avoid intimidation or misdirection. However, these irregularities did not vitiate the fairness of the proceedings to the extent of overturning the convictions and sentences, except for the adjustment on count 1.

Obiter and limits

  • The cumulative effect of failing to assist an unrepresented accused can be destructive to the validity of a trial, even if the accused is guilty.
  • Presiding officers must be vigilant about their own weaknesses, such as impatience and personal views, and must always manifest impartiality and fairness, especially towards unrepresented accused.

Court disposition

Appeal partially upheld: conviction on count 1 amended to theft of one cow; sentence on count 1 set aside and replaced with twelve months' imprisonment; convictions and sentences on counts 2 to 4 confirmed; appeal otherwise dismissed.

  • The conviction on count 1 for theft of three cattle is amended to theft of one cow.
  • The sentence on count 1 is set aside and replaced with twelve months' imprisonment, deemed to have been imposed on 15 April 2014.
  • The proceedings and sentences on counts 2 to 4 are confirmed and the appeal is otherwise dismissed.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2015] ZAFSHC 44

VRYSTAAT HOë HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBL1EK VAN SUID-AFRIKA

Appélnommer: 19/2014

In die aansoek tussen:

DIE STAAT

en

MOJALEFA

SHADRACK MOHOLO

CORAM: MOCUMIE, R et S J REINDERS, Wnd R

AANGEHOOR OP: 2 FEBRUARIE 2015

GELEWEROP: 26 FEBRUARIE 2015

S J Reinders (Wnd.)

[1] In die Streekhof te Welkom het Mnr Moholo (hierna “die beskuldigde genoem”) tereg gestaan op vier aanklagte van die diefstal van vee ingevolge die bepalings van Artikel 11 van die Veediefstalwet 57 van 1959. Nieteenstaande sy pleite van onskuldig op al die aanklagte op 24 April 2012, is hy skuldig bevind op al die aanklagte op 27 Maart 2014 en op 15 April 2014 gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf op elke aanklag waarvan twee jaar op elke aanklag opgeskort is vir ‘n periode van vyf jaar. Voormelde het die gevolg dat hy effektief vir ‘n periode van agt jaar na die gevangenis verwys is. Hy is voorts bevind onbevoeg te wees om ‘n vuurwapen te besit in terme van die bepalings van Artikel 103 van Wet 60 van 2000.

[2] Op die 20ste Junie 2014 het die Streeklanddros verlof aan die Beskuldigde verleen om na hierdie Hof te appelleer teen beide die skuldigbevindings sowel as die vonnisse hom opgelê.

[3] Die Beskuldigde was aanvanklik regsverteenwoordig maar skynbaar as gevolg van ‘n gebrek aan fondse, het hy mettertyd sy eie verdediging waargeneem.

[4] Wat aanklag 1 aanbetref, het die Staat beweer dat die beskuldigde op die 6de Julie 2010 naby Boschrand plaas, drie beeste tot die waarde van R21 000.00 synde die eiendom van Lydia Booyens gesteel het. Klagte 2 het die beskuldigde ten laste gelê dat hy op 10 Julie 2010 naby Monyakeng, een kalf tot die waarde van R5 000.00 en een koei tot die waarde van R8 000.00 synde die eiendom van Ndoyisile Windvoël gesteel het. Klagte 3 het behels dat op dieselfde datum as in aanklag 2, naby Boschrand plaas die beskuldigde vyf beeste tot die waarde van R10 800.00, die eiendom van Stoffel Mahlwane gesteel het. Wat aanklag 4 aanbetref is dit beweer dat die Beskuldigde op 2 September 2010 naby Blesbokfontein plaas, drie beeste ter waarde van R15 000.00 synde die eiendom van Mnr Erasmus gesteel het. Die getuienis het egter aangetoon dat die beeste R15 000.00 elk werd is en was die totale waarde daarvan R45 000.00.

[5] Die eienaars van die onderskeie vee ten opsigte van elke aanklag het getuig en in elke geval is die tersaaklike vee behoorlik geïdentifiseer. Addisioneel daartoe wat aanklagte 1 en 4 aanbetref, was DNA-toetse wat geneem is ook positief. Die beskuldigde was in besit van ai die vee (uitgesiuit twee beeste in aanklag 1). Hierdie besit het onder andere daaruit bestaan dat hy dit in ’n kraal van horn aangehou het en was die vee in aanklag 4 agterop ’n bakkie. Van die vee is ook gevind met die brandmerk van die beskuldigde daarop.

[6] Die getuienis van die klaers was onbetwis en het die verhoorlanddros al die staatsgetuies bevind as goeie, geloofwaardige en eerlike getuies. ‘n hof van appêl moet ingedagte hou dat die verhoorhof die getuies sien in persoon en daarom behoort ‘n hof van appêl nie ligtelik met die verhoorhof se geloofwaardigheidsbevindinge in te meng nie. R v Dhlumavo en ‘n Ander 1948 (2) SA 677 (A).

Geen kritiek is op appél voor ons aangevoer wat hierdie betrokke bevindinge van die verhoorlanddros aanbetref nie, en kon ek ook geen kritiek in die verband vind nie.

[7] Daar was getuienis teen die beskuldigde aangevoer welke beslis ‘n antwoord van horn geverg het. In S v Boesak [2000] ZACC 25; 2001 (1) SA 912 (KH) te 923 E - F, word dit as volg gestel:

“If there is evidence calling for an answer, and an Accused person chooses to remain silent in the face of such evidence, a Court may well be entitled to conclude that the evidence is sufficient in the absence of an explanation to prove the guilt of the Accused.”

Die verhoorlanddros het hierdie benadering gevolg en kan dus nie gefouteer word nie.

[8] Die getuienis op aanklag 1 is egter dat hoewel die klaer op die 6de Julie 2012 gevind het dat drie beeste vermis word, slegs een van hierdie beeste terug gevind is in die besit van die beskuldigde (in ‘n kraal) op 14 Julie 2010. Die ander twee beeste was steeds vermis en daar was geen verdere getuienis hieromtrent nie. Die klaagster se getuienis is dat hierdie beeste nie deur haar in ‘n kraal aangehou is nie, maar in die oop veld. In die omstandighede is ek van oordeel dat bovermelde feite tot gevolg het dat die verhoorlanddros nie as enigste redelike afleiding kon maak dat die beskuldigde al drie die beeste hierin gesteel het nie. Ek is van oordeel dat die skuldigbevinding wat aanklag 1 aanbetref, gewysig moet word tot die diefstal van een bees. Origens is ek tevrede dat die skuldigbevindings bekragtig moet word.

[9] In die ongerapporteerde uitspraak S v Matlakala 2011 JDR 0956 (FB) is ‘n vonnis van ses en dertig maande gevangenisstraf ten opsigte van vyf Bonsmara koeie ter waarde van R24 000.00 bekragtig op appêl. In die hersieningsuitspraak die Staat v Khiba Mofo (Hersieningsnommer 444/2012) (FB) gelewer op 7 Maart 2013, is twaalf maande gevangenisstraf bekragtig vir die diefstal van vee. Dit is nie irit die uitspraak duidelik watse vee en hoeveel gesteel is nie. In S v Oosthuizen en ‘n Ander 1996 (1) SA 4475 (O) is die tweede appellant, synde ‘n eerste oortreder gevonnis tot twaalf maande gevangenisstraf vir die diefstal van ses skape. In S v Molenbeek en Andere 1997 (2) SA 4346 (O) is die twee appellante wie in vertrouens posisies was, onderskeidelik vir negentien en ses skape gevonnis op elke aanklag tot agtien maande gevangenisstraf waarvan ‘n deel opgeskort is.

[10] ln S v Truyens 2012 (1) SASV 79 (HHA), was egter in daardie besonderse omstandighede bevind dat die hof van appêl verkeerd was om die vonnis te verskerp waar die verhoorlanddros van oordeel was dat vyf jaar gevangenisstraf ‘n gepaste vonnis sou wees opgelê in terme van Artikel 276(1 )(i) van die Strafproseswet 51 van 1977.

[11] Gevangenisstraf vir die diefstal van vee is gevolglik nie onvanpas nie. Die landdros in die oplegging van vonnis het tereg met verwysing na die beslissing van Staat v Oosthuizen 1996 (1) SA 475 (O) in aanmerking geneem dat die misdaad ‘n ernstige misdaad is. Hy het in aanmerking geneem dat hierdie misdade gepleeg is uit hoofde van gierigheid, tereg bevind dat dit ‘n verswarende faktor is. Tereg het die landdros daarna verwys dat die

tweede en derde klaers as gevolg van die beskuldigde se optrede byna ontneem is van hulle inkomste. Die landdros het versigtig die verskillende vonnis opsies oorweeg en tot die gevolgtrekking gekom dat die beskuldigde gevonnis moet word tot gevangenisstraf op elke aanklag en het hy dit getemper deur ‘n gepaste deel daarvan op tê skort.

[12] In die ongerapporteerde uitspraak van Muller v Staat (2006) HHA 41 (RSA), welke gelewer is op 29 Maart 2006, het die hof as volg opgemerk:

"A punishment in respect of the offence committed by the Appellant was a matter for the discretion of the Court and should only be altered on appeal if that discretion had not been judicially and properly exercised. That will be the case if the discretion is vitiated by irregularity or misdirection or if the sentence is disturbingly inappropriate. ”

[13] Na my oordeel het die verhoorlanddros geen wanvoorligting begaan nie, en, is ons gevolglik nie geregtig op appêl om in te meng met die opgelegde vonnisse wat aanklagte 2 tot 4 aanbetref nie.

[14] Wat aanklag 1 aanbetref, moet opnuut vonnis opgelê word. Die beskuldigde is slegs skuldig bevind aan die diefstal van een bees. Inaggenome dat die beskuldigde reeds effektief ses jaar op aanklagte 2 tot 4 uitdien, en die feit dat slegs een bees hier ter sprake is, wat teruggevind is, is ek van oordeel dat ‘n gepaste vonnis op aanklag 1 twaalf maande gevangenisstraf is.

[15] ’n Bekommerniswaardige aspek is egter die landdros se ongeduld met die beskuldigde wat nie ‘n regsgeleerde is nie. Tydens kruisverhoor van die beskuldigde van die getuie Inspekteur Swart, maak die landdros die volgende opmerking:

“Laat ek net inmeng, <daardie papier wat u sit en goed aflees bêre hom, as u wit kruisverhoor vra vrae wat sin maak uit u kop uit, nie goed wat afgeskryf is deur u of iemand anders nie, wat u daar staan en uitlees nie."

En later:

“DNA word nie net van bloed geneem nie, dit kan van baie dinge geneem word, as jy dit nie weet nie, waaroor DNA gaan nie dan moet jy maar iemand kry wat weet waaroor dit gaan.”

In latere kruisverhoor van Inspekteur Swart deur die beskuldigde, maak die landdros die volgende aanmerking:

“U moet nie vals steilings maak nie, ek gaan ‘n nadelige afieiding maak van die feit dat u biy vals bewerings maak, ek waarsku vir u."

Tydens verdere kruisverhoor van Inspekteur Swart lees die rekord as volg:

"Beskuldigde:

Ek vra die Hof om my te help by watter beeste is die DNA geneem?

Hof:

Ek is nie hier om u te help nie, u het verkies om uself te verdedig u moet weet wat ‘n prokureur weet en oor die vermoë beskik."

Steeds tydens die kruisverhoor van Swart deur die beskuldigde lees die rekord as volg:

"Hof:

Ek het vir jou al gesê die man wat getuies roep is die Aanklaer, hou nou op om vir my ‘n lesing te wil gee hierso, wil jy vrae vra of wil jy nie vrae vra nie, wat relevant is."

[16] Bovermelde is enkele aanhalings van opmerkings wat deur die verhoorlanddros (aldus die rekord) teenoor die beskuldigde gedoen is. ‘n Voorsittende beampte het (selfs in die geval van uiterste frustrasie) die plig om ‘n onverdedigde beskuldigde by te staan. Dit sluit in die verpligting om horn nie te intimideer of horn te mislei nie. Die opmerking deur die landdros dat hy nie die beskuldigde sal help nie en dat hy ‘n nadelige afleiding sal maak indien hy weer verkeerde stellings maak, is onvanpas en selfs juridies verkeerd. Die landdros kan geen nadelige afleiding maak nie, en hierdie opmerking het ten doel om die beskuldigde as ‘n onverdedigde beskuldigde te intimideer. Die stelling deur die landdros dat die beskuldigde die kennis van ‘n prokureur moet hê, is waarskynlik tot kennis van die landdros onjuis.

[17] In S v Mabuza 1991 (1) SA SV 636 (O) te 638 het Hattingh R met verwysing na S v Rail 1982 (1) SA 828 (A) te 831 - 833 B, die standaarde wat ’n regspreker moet handhaaf opgesom in kort as volg:

“(a) Die Hof moet nie sy ondervraging op so ’n wyse doen dat sy onpartydigheid bevraagteken of betwyfel kan word nie;

(b) Hy moet nie in so ’n mate aan die saak deelneem dat die stof in die arena sy visie verduister en hy dan in die onvermoë is om die geskilpunte behoorlik te beoordeel nie;

(c) Hy moet nie ’n getuie of die Beskuldigde intimideer of ontstel sodat sy antwoorde verswak word of sy geioofwaardigheid afgetakel word nie;

(d) Hy moet derhalwe die verhoor so hanteer dat sy onpartydigheid, sy onbevangenheid, sy billikheid en redelikheid aan almal gemanifesteer word wat belang by die verhoor het, besonderlik die Beskuldigde.’’

Hierdie veeleisende en maatskaplike belangrike plig kan die regspreker slegs nakom as hy waaksaam is oor homself, aandagtig is aan sy eie swakhede, soos ongeduld, en persoonlike sienings en nukke en hulle steeds beteuel. Mabuza supra te 639.

[18] Die kumulatiewe effek van nie-nakoming van sodanige verpligting, kan vernietigend van die regsgeldigheid van ’n beskuldigde se verhoor wees nieteenstaande die feit dat hy wel skuldig mag wees aan al die aanklagte en word die streeklanddros vermaan om die bovermelde beginsels in gedagte te hou as ’n regsprekende beampte.

[19] Gevolglik maak ek die volgende bevele:

19.1 Die skuldigbevinding op aanklag 1 aan drie beeste word gewysig na een bees.

19.2 Die opgelegde vonnis op aanklag 1 word tersyde gestel en vervang met twaalf maande gevangenisstraf welke geag moet word opgeiê te gewees het op 15 April 2014.

19.3 Die verrigtinge word origens bekragtig en die appêl origens afgewys.

S.J.REINDERS, Wnd R

Ek stem saam.

B.C.MOCUMIE, R

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Dhlumavo and Another 1948 (2) SA 677 (A)

Case cited

S v Boesak [2000] ZACC 25; 2001 (1) SA 912 (KH)

Case cited

S v Matlakala 2011 JDR 0956 (FB)

Case cited

State v Khiba Mofo (Review No. 444/2012) (FB)

Case cited

S v Oosthuizen and Another 1996 (1) SA 475 (O)

Case cited

S v Molenbeek and Others 1997 (2) SA 4346 (O)

Case cited

S v Truyens 2012 (1) SASV 79 (SCA)

Case cited

Muller v State (2006) HHA 41 (RSA)

Case cited

S v Mabuza 1991 (1) SA SV 636 (O)

Case cited

S v Rail 1982 (1) SA 828 (A)

Case cited

Stock Theft Act 57 of 1959

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Firearms Control Act 60 of 2000

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.