S v Mokoena (SR29/2004) [2004] ZAFSHC 9; 2005 (2) SACR 280 (O) (26 February 2004)
- Citation
- [2004] ZAFSHC 9
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- CB Cillié, M Voges
- Case number
- SR29/2004
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- CB Cillié, M Voges
- Case number
- SR29/2004
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the presiding magistrate in the Sasolburg matter was permanently incapacitated and unable to continue with the trial. In line with established case law, the proceedings are considered abortive and must be set aside. While some authorities suggest that proceedings lapse automatically in such circumstances, the court held that a formal order is appropriate to avoid any uncertainty. The reviewing judge exercised discretion to set aside the proceedings, noting that the accused stands to benefit and that the prosecution may decide whether to institute a new trial before another magistrate.
Court disposition
Proceedings before the Sasolburg magistrate are set aside due to the permanent unavailability of the presiding officer.
Orders
- It is found that the presiding magistrate in Sasolburg case number B1503/2002, S v Philleha Taboho Mokoena, is unavailable to continue with the trial.
- The proceedings to date are set aside.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantPhilleha Taboho Mokoena
Respondent03
Procedural history
Posture
Special Review / Application for Review of Abortive Criminal Proceedings Due to Unavailability of Presiding Magistrate
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the proceedings before the magistrate should be set aside due to the magistrate's permanent unavailability.
- 02
Whether a higher court's order is required to formally set aside abortive proceedings where the presiding officer cannot continue.
- 03
What procedure should be followed when a magistrate becomes permanently incapacitated during a trial.
Party arguments
- Applicant
- The head magistrate requested that the proceedings be set aside, arguing that it is senseless to delay the matter further given the presiding magistrate's permanent incapacity. The applicant relies on established practice allowing a review judge to intervene even where the Criminal Procedure Act does not expressly provide for review in the absence of a conviction.
- Respondent
- No formal argument was submitted by the accused, as the proposed order is clearly to his benefit. The accused's view was not solicited, given the obvious advantage of setting aside the abortive proceedings.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Gwala and Others 1969 (2) SA 227 (N); S v Tlailane and Another 1982 (4) SA 107 (T); S v Lapping 1998 (1) SACR 409 (W); S v Makoni and Others 1976 (1) SA 169 (R); S v Chigumbu 1980 (1) SA 927 (R)
Where a presiding magistrate becomes permanently unavailable to continue with a trial, the proceedings may be set aside as abortive.
- 02
S v Tlailane and Another 1982 (4) SA 107 (T)
The discretion to set aside proceedings in such circumstances rests with the reviewing judge, who must weigh the interests of justice and the practical impossibility of continuing the trial.
- 03
S v De Koker 1978 (1) SA 659 (O); S v Dingaan Raskankane, Review No. 1983/98 (OPA), 28 May 1998
If the presiding officer's unavailability is permanent and certain, the proceedings lapse without the need for a formal order; however, a formal order may be desirable to avoid confusion.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the presiding magistrate in the Sasolburg matter was permanently incapacitated and unable to continue with the trial. In line with established case law, the proceedings are considered abortive and must be set aside. While some authorities suggest that proceedings lapse automatically in such circumstances, the court held that a formal order is appropriate to avoid any uncertainty. The reviewing judge exercised discretion to set aside the proceedings, noting that the accused stands to benefit and that the prosecution may decide whether to institute a new trial before another magistrate.
Obiter and limits
- The accused's view should ordinarily be obtained when a reviewing judge is asked to set aside proceedings due to the presiding officer's unavailability, but in this case, the benefit to the accused is so clear that it was unnecessary.
- No order is required regarding the possibility of a new prosecution; the prosecuting authority retains discretion to proceed de novo before another magistrate.
Court disposition
Proceedings before the Sasolburg magistrate are set aside due to the permanent unavailability of the presiding officer.
- It is found that the presiding magistrate in Sasolburg case number B1503/2002, S v Philleha Taboho Mokoena, is unavailable to continue with the trial.
- The proceedings to date are set aside.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsnommer : SR29/2004
In die Spesiale Hersiening van:
DIE STAAT
versus
PHILLEHA TABOHO MOKOENA
CORAM: CILLIé R et
VOGES WR
UITSPRAAK: CILLIé
R
DATUM GELEWER: 26 FEBRUARIE 2004
[1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te Sasolburg ân aanvang geneem op 11 November 2002. Getuienis is voor die landdros gelei en die verrigtinge is meganies opgeneem. Op 4 Desember 2002 is die verhoor hervat en daarna uitgestel na 4 Februarie 2003 vir verdere voortsetting van die verhoor. Op laasgemelde datum kon die verhoor nie voortgaan nie omdat âlanddros afsiek vandagâ. Sedertdien is die saak op tien geleenthede uitgestel vanweë die landdros se ongesteldheid. Die hooflanddros van daardie kantoor rapporteer nou dat die verhoorlanddros in Maart 2003 ân hartomlyningoperasie ondergaan het en in die proses is om medies ongeskik verklaar te word. Hy is sedert 19 Junie 2003 nie meer op kantoor nie.
Die hooflanddros het nou die saak op spesiale hersiening gestuur en versoek dat die verrigtinge tersyde gestel word omdat dit âsinneloos blyk te wees om die aangeleentheid nog verder te vertraagâ. Ek aanvaar dat daar ân praktyk gevestig het dat ân Hersieningsregter op hierdie wyse oorweging aan die aangeleentheid kan gee ten spyte daarvan dat artikels 301 tot 304 van Wet 51 van 1977 wat met hersienings van strafverrigtinge in laer howe handel, beperk is tot gevalle waar daar ten minste ân skuldigbevinding was.
[2] Artikel 118 van Wet 51 van 1977 voorsien dat waar ân Regter of landdros voor enige getuienis aangehoor is âom enige rede nie beskikbaar is om die verhoor voor te sit nieâ kan die verhoor voor ân ander Regter of landdros voortgesit kan word. Artikel 147 van Wet 51 van 1977 reël die posisie waar ân assessor gedurende ân verhoor sterf of onbekwaam raak om as assessor voort te gaan. Die regsposisie wanneer ân landdros na getuienis reeds aangehoor is en vir een of ander rede nie met die verhoor kan voortgaan nie word egter nie statutêr gereël nie.
[3] Dit moet nou aanvaar word dat die vraag in sulke gevalle is of so ân landdros âonbeskikbaarâ is om met die verhoor voort te gaan. Vgl STAAT v GWALA AND OTHERS 1969(2) SA 227 (N) en die volbank uitspraak in STAAT v TLAILANE EN âN ANDER 1982(4) SA 107 (T) waarin die uitspraak in REX v MHLANGA 1959(2) SA 220 (T) omvergewerp is. Hierdie uitsprake handel met gevalle waar die landdros wat tot op daardie stadium die getuienis aangehoor het uit die distrik verplaas is. In STAAT v LAPPING 1998(1) SASV 409 (W) het die hof te doen gehad met ân landdros, wat nadat getuienis aangehoor was, gearresteer is en verhoor moes word op klagtes van bedrog. Daardie landdros was as gevolg hiervan geskors van diens. Cloete R se bevinding was dat die landdros onbeskikbaar is om die verhoor voort te sit en is gelas dat die verrigtinge tot op daardie tydstip tersyde gestel word. Insgelyks is soortgelyke bevele gemaak waar die landdros ernstig siek geword het. Vergelyk STAAT v MAKONI AND OTHERS 1976(1) SA 169 (R) en STAAT v CHIGUMBU 1980(1) SA 927 (R) alhoewel in laasgenoeme geval dit skyn asof die bevel ietwat voortydig gemaak was. In STAAT v TLAILANE (supra) het Van Reenen R op bl 110H tot 111A aangedui dat die vraag of die siekte langdurig genoeg is om ân herverhoor te gelas telkens aan die diskresie van die Hersieningsregter oorgelaat moet word.
[4] Ek aanvaar dat in die onderhawige geval die gesondheidstoestand van die landdros sodanig is dat hy permanent ongeskik is om die verhoor voort te sit. In navolging van die bovermelde uitsprake sou dit dan lei tot ân bevel soos die hooflanddros van Sasolburg aanvra. In STAAT v DE KOKER 1978(1) SA 659 (O) het hierdie Hof by monde van Flemming WnR (soos hy toe was) egter die vraag geopper of dit hoegenaamd nodig is dat enige bevel deur ân Hersieningsregter gemaak moet word in gevalle waar dit onmoontlik is om die verrigtinge tot sy normale einde deur te voer. Die gevolgtrekking van Flemming WnR was dat âvolgens die regspraak bring onmoontlikheid daarvan om met die verhoor voort te gaan weens onbeskikbaarheid van die landdros mee dat die verrigtinge sonder meer as abortief beskou word en verval sonder die noodsaak van enige tersydestelling deur ân hoër hofâ (vgl bl 660H). In al die beslissings supra na verwys, is sodanige bevel egter wel deur die Hersieningsregter gemaak. In STAAT v CHIGUMBU (supra bl 929A-B) het Gubbay R obiter te kenne gegee dat daar veel te sê is vir Flemming WnR se sienswyse. Dit skyn egter asof Cloete R in STAAT v LAPPING (supra bl 416d-e) nie heeltemal hiermee saamstem nie.
[5] Ek meen dat die antwoord sinvol afhanklik gestel kan word van die sekerheid waarmee gesê kan word dat die verhoor voor die verhoorlanddros nooit sal kan voortgaan nie. Indien die verhoorlanddros byvoorbeeld te sterwe kom, sou daar myns insiens geen nodigheid wees dat ân Hersieningsregter genader word vir enige bevel nie. Die verrigtinge verval dan eenvoudig vanself. In die ongerapporteerde uitspraak in S v DINGAAN RASKANKANE, Hersieningsnommer 1983/98 (OPA) gedateer 28 Mei 1998 het hierdie Hof by monde van Theron WnR met wie Hancke R saamgestem het inderdaad so beslis. Andersyds, as die graad of omvang van die verhoorlanddros se onbeskikbaarheid ter sprake is en die vraag ontstaan of die punt bereik is dat dit in die algemene belang van regspleging is dat nie toegelaat behoort te word dat die verhoor onbepaald sloer totdat die landdros eendag, indien ooit, weer beskikbaar raak nie, is dit nodig dat die geval âaan die diskresie van die betrokke hersieningshof oorgelaat word want dit sal ân deurdagte opweging van die voor- en nadele van uitstel teenoor herverhoor verg wat van die omstandighede in elke geval afhangâ. (Vgl STAAT v TLAILANE (supra bl 110A â 111A).) ân Bevinding of die landdros onbeskikbaar is om met die verhoor voort te gaan is dan nodig. ân Landdroshof kan nie beslis oor die geldigheid van sy eie verrigtinge nie. ân Bevinding hieroor deur ân hoër hof is dus noodsaaklik.
[6] Of so ân bevinding indien positief, ook opgevolg moet word met ân bevel wat die verrigtinge tot op daardie tydstip tersyde stel, skyn my ân bloot teoretiese debat met geen praktiese effek te wees nie. Dit is duidelik dat die hoër hof wel die bevoegdheid het tot die maak van so ân bevel. Ten einde enige moontlike verwarring te vermy mag dit egter wenslik wees dat so ân bevel wel gemaak word en ek is voornemens om dit te doen.
[7] Ten slotte moet gemeld word dat die beskuldigde ân belang het by gevalle waar ân bevinding dat die verhoorlanddros onbeskikbaar geword het van ân Hersieningsregter geverg word. Normaalweg behoort sy siening in gevalle waar so ân bevel van ân Hersieningsregter aangevra word, verkry te word en tesame met die stukke aan die Hersieningsregter voorgelê te word. In die onderhawige geval is dit egter so klaarblyklik tot voordeel van die beskuldigde dat die bevel wat hierna volg, gemaak behoort te word, dat daarvan afgesien word. Die vervolgingsgesag moet in die posisie geplaas word om in die lig van omstandighede wat beste aan sigself bekend is, self te besluit of daar
met ân vervolging de novo voor ân ander landdros voortgegaan moet word. Geen bevel in hierdie verband is nodig nie.
Bygevolg word bevind dat die verhoorlanddros in Sasolburg saak nr B1503/2002, S v PHILLEHA TABOHO MOKOENA onbeskikbaar is om met die verhoor voort te gaan. Die verrigtinge tot dusver word tersyde gestel.
____
CB CILLIé, R
EK STEM SAAM:
______
M VOGES, WR
/Jacobs
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.