Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Molefe (94/87) [1987] ZASCA 92 (22 September 1987)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal found that the trial court did not err in its approach to sentencing, as it considered only the appellant's own acts and not those of other ANC members. The finding that the appellant fired at the police during his arrest was upheld, as the trial court was entitled to accept the evidence of the state witnesses in light of the probabilities and the physical evidence, despite some deficiencies in their testimony. The expert evidence of Professor Helm was properly considered, with the trial court limiting its reliance to facts confirmed by the appellant. The sentence of fifteen years' imprisonment was deemed appropriate given the appellant's senior role in the ANC, his expertise in explosives, his active involvement in training others, and the seriousness of the offence. None of the grounds advanced by the appellant's counsel justified interference with the sentence imposed by the trial court.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

Orders

  • The appeal against sentence is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

02

Material facts

Parties

Jacob Molefe

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Sentence (years Imprisonment): 15

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant's counsel argued that the trial court improperly considered acts committed by other ANC members, specifically the establishment of hideouts and weapon caches near Alberton, for which there was no evidence of the appellant's involvement or knowledge. It was further contended that the trial court erred in finding that the appellant fired at the police during his arrest, as the evidence from state witnesses was unsatisfactory and the appellant denied firing the weapon. The counsel also submitted that the trial court failed to fully consider Professor Helm's expert testimony on the sociological factors influencing the appellant's conduct. Lastly, it was argued that the sentence of fifteen years' imprisonment was disproportionately severe given the circumstances.
Respondent
The respondent maintained that the trial court's findings were justified. The court did not consider the acts of other ANC members in sentencing but focused solely on the appellant's own conduct. The finding that the appellant fired at the police was supported by the probabilities and the physical evidence at the scene. The trial court properly evaluated Professor Helm's evidence, taking into account only those facts confirmed by the appellant's own testimony. The respondent argued that the sentence was appropriate given the seriousness of the offence, the appellant's expertise in explosives, his leadership role in the ANC, and his active participation in preparing for violent attacks.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Molotsi and Molefe (Trial Court Judgment)

    A court must sentence an accused based on his own acts and proven conduct, not on acts of others unless joint liability is established.

  2. 02

    R v Blom 1939 AD 188

    The credibility of witnesses and the probabilities of the case are central to factual findings, especially where direct evidence is contested.

  3. 03

    S v Ramgobin and Others 1986 (4) SA 117 (N)

    Expert evidence is only admissible to the extent that it is based on facts confirmed by the accused or otherwise proven.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal found that the trial court did not err in its approach to sentencing, as it considered only the appellant's own acts and not those of other ANC members. The finding that the appellant fired at the police during his arrest was upheld, as the trial court was entitled to accept the evidence of the state witnesses in light of the probabilities and the physical evidence, despite some deficiencies in their testimony. The expert evidence of Professor Helm was properly considered, with the trial court limiting its reliance to facts confirmed by the appellant. The sentence of fifteen years' imprisonment was deemed appropriate given the appellant's senior role in the ANC, his expertise in explosives, his active involvement in training others, and the seriousness of the offence. None of the grounds advanced by the appellant's counsel justified interference with the sentence imposed by the trial court.

Obiter and limits

  • The appellant's leadership and technical skills in explosives made him a significant threat to public safety.
  • The fact that the appellant was prevented from reaching the weapon cache was fortuitous and does not mitigate the seriousness of his conduct.
  • The sociological factors influencing the appellant's conduct, while relevant, do not excuse participation in violent acts against the state.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

  • The appeal against sentence is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1987] ZASCA 92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

saak tussen

JACOB MOLEFE APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENTCORAM : HEFER AR, BOSHOFF et STEYN WRN ARR. AANGEHOOR : 18 SEPTEMBER 19 87. GELEWER

UITSPRAAK HEFER AR :

Die appellant en ene Molotsi het voor MOLL R

in 2

2in die Transvaalse Provinsiale Afdeling tereg gestaan op 'n aanklag van hoogverraad en sekere alternatiewe aanklagte. Hulle is skuldig bevind aan hoogverraad. Appellant is veroordeel tot vyftien jaar en Molotsi tot agtien jaar gevangenisstraf. Appel-lant het in hoër beroep gekom teen die opgelegde vonnis. Na aan-hoor van sy advokaat se betoog is die appèl afgewys. Die hof het onderneem om die redes vir die afwysing van die appèl later in te handig. Hier volg die redes.Die skuldigbevinding het voortgespruit uit appellant en Molotsi se lidmaatskap van die African National Congress (die "ANC"), 'n organisasie met die geweldadige omwerping van die staatsgesag in Suid-Afrika as doelstelling, en uit hulle dade, sowel as die dade van ander lede van die A N C binne Suid-Afrika,

ter 3

3.ter verwesenliking van daardie doel . Volgens appellant se eie ge-tuienis het hy die land gedurende 1976 verlaat en na Botswana gegaan waar hy kennis gemaak het met persone wat klaarblyklik werwingsamptenare van die A N C was. Nadat hy ingelig is oor die doelstellings van die organisasie, het hy daarby aangesluit sodat hy kon leer om"like a soldier" te veg en later na Suid-Afrika terug te keer en sy militêre vaardigheid teen die Suid-Afrikaanse polisie aan te wend. Daarvandaan is hy na Angola waar hy oor 'n tydperk van sewe jaar opleiding ondergaan het onder andere in die gebruik van vuurwapens, handgranate en spring-stowwe, en gevorder het tot die rang van kompanjiebevelvoerder en ingenieur/instrukteur. In daardie hoedanigheid het hy ander rekrute onderrig in die gebruik van springstowwe. Dit het

alles 4

4.

alles geskied met die oog op, soos hy dit in sy "getuienis

gestel het, "the national liberation of South Africa" wat

tot sy wete sou behels dat hy "would have to fight against

the govermnent of this country". Uiteindelik is hy na Ma-

puto gestuur waar hy opdrag ontvang het om saam met Molotsi

en ene Lazi die Republiek via Swaziland binne te sypel. Sy

getuienis was dat hy eers in Suid-Afrika van Molotsi sou

verneem het wat die doel van die sending was maar die ver-

hoorhof het bevind dat hy góed geweet het dat die oogmerk

was om skuilplekke en wapenopslagplekke vir "opgeleide ter-

roriste" te bou en toe te rus vanwaar aanvalle geloods kon

word en "om dade van sabotasie te pleeg deur installasies

soos brandstofopslagplekke, kragstasies en: rioolstelsels

op.....55op te blaas". Vroeg die oggend van 16 Februarie 1983

het die appellant, Molotsi en Lazi die grens tussen Suid-

Afrika en Swaziland naby Piet Retief oorgesteek. Daar

het hulle hul vasgeloop teen lede van die veiligheidspolisie.

Na 'n skietgeveg is appellant in hegtenis geneem. Molotsi

en Lazi het weggekom maar Molotsi is die volgende dag aan-

gekeer. Die dag daarna het Molotsi 'n skuilplek vir terro-

riste en 'n opslagplek waar 'n hoeveelheid wapens (insluiten-

de vyf A K 47 gewere met ammunisie, agtien handgranate en

sekere onderdele van 'n missiel lanseerder) en springstof

begrawe was, naby Alberton aan die polisie uitgewys.

Die aanval deur appellant se advokaat in hier-

die Hof teen die opgelegde vonnis is onder vier hoofde

geloods.....6

6

geloods. Ek sal met elkeen afsonderlik handel. Die

eerste een spruit voort uit die uitwysing deur Molotsi van

die skuilplek en die wapenopslagplek waarna so pas verwys

is, en uit 'n bewering wat in paragraaf 6 van aanhangsel

"A" tot die akte van beskuldiging gemaak is. Dit is in

die akte van beskuldiging beweer dat die beskuldigdes die

dade wat in aanhangsel "A" uiteengesit is, gepleeg het

en/of bewus was dat dit gepleeg sou word of reeds gepleeg

was en versuim het om dit aan die owerheid te rapporteer,

met die gemeenskaplike opset en in die uitvoering van 'n

sameswering tussen die beskuldigdes en die A N C of sy lede

en aktiewe ondersteuners, en tussen die beskuldigdes onder-

ling, om die doelstellings van die A N C uit te voer. Para-

graaf...7

7

graaf 6 van aanhangsel "A" lui soos volg:

"Gedurende die periode 1982 tot 1983 (die presiese datums is aan die Staat onbekend) en ter uitvoering van bogenoemde doelstel-ling van die A.N.C. en sameswering sypel die beskuldigdes en ander onbekende terroriste en/of aktiewe ondersteuners van die A.N.C., ooreenkomstig die beplanning en voorberei-ding in die basis te Maputo, die Republiek van Suid-Afrika binne en vind en bou skuil-plekke, wapenopslagplekke en 'Dead Letter Boxes' te of naby Alberton in die distrik van Alberton vir gebruik deur opgeleide ter-roriste of lede of ondersteuners van die A.N.C. vanwaar gewapende aanvalle, dade van oorlogvoering en/of sabotasie teen polisie-stasies en die ander teikens hierbo genoem geloods moes word."

Hieraangaande het die verhoorhof bevind :

"Dat die beskuldigdes, nr. 1 en nr. 2, te alle tersaaklike tye saamgesweer het met A.N.C. of sy lede en aktiewe ondersteuners

en.....8

8

en met mekaar om die bovermelde doelstel-ling van die A.N.C. uit te voer, en ter uit-voering van genoemde sameswering die dade waarna ek in Aanhangsel 'A' tot die klag-staat sal verwys,gepleeg het."

(Elders in die uitspraak is paragraaf 6 van aanhangsel "A" spesifiek as bewese bevind).

Appellant se advokaat het aangevoer dat dieappellant in die afwesigheid van getuienis dat hy betrokke was by die oprigting van die skuilplekke en die verberging van die wapens by Alberton, of van kennis wat hy op enige stadium van die bestaan daarvan gehad het, nie daarvoor verantwoordelik gehou kon word nie sodat dit buite reke-ning gelaat moes gewees het by die oorweging van 'n gepaste vonnis. Ek is nie van plan om hierdie betoog of die

vraag.: 9

9.

vraag tot watter mate die appellant vir doeleindes van

skuldigbevinding aanspreeklik gehou kon word vir dade

deur ander lede van die A N C gepleeg, volledig te be-

spreek nie. Die appèl is slegs teen die vonnis gerig

en die werklike vraag is of die verhoorhof die dade van

ander A N C lede enigsins in ag geneem het in die oorwe-

ging van 'n gepaste vonnis. Word die hof se uitspraak

oor vonnis sorgvuldig gelees, blyk dit dat dit nie die

geval was nie en dat die appellant gevonnis is suiwer

en alleen op grond van sy eie dade. Die feit dat skuil-

plekke opgerig en wapens by Alberton versteek is, het nie

ter sprake gekom by die oorweging van die vonnis nie en,

waar dit derhalwe nie 'n rol gespeel het nie bied dit geen

regverdiging...10

10.

regverdiging vir inmenging met die vonnis deur hierdie

Hof nie.

Appellant se advokaat het voorts betoog dat

die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat die appellant

tydens die skietgeveg wat op 16 Februarie 1983 naby Piet

Retief plaasgevind het, op die polisie geskiet het. Ter

verduideliking dien vermeld te word dat twee getuies wat

lede van die patrollie was wat die betrokke oggend met die

appellant en sy makkers slaags geraak het, getuig het dat

appellant eers gevlug het maar toe omgedraai het en 'n skoot

op hulle geskiet het. Appellant het in sy getuienis erken

dat hy inderdaad 'n pistool in sy hand gehad het toe hy

gevlug het. Sy bewering was egter dat hy die pistool

weggegooi...... 11

11.

weggegooi het sonder om te skiet en dat een van die poli-sie getuies dit opgetel en self 'n skoot op hom (appellant) gevuur het - vandaar die feit dat die dop van 'n patroon wat met die pistool gevuur-is, op die toneel gevind is. Die verhoorregter het appellant se weergawe verwerp en bevind dat dit appellant was wat die skoot afgevuur het. Die feit dat hy dit gedoen het, is verswarend teen hom in ag geneem by die oplegging van vonnis.Ek stem met appellant se advokaat saam dat die getuienis van die betrokke twee staatsgetuies alles behalwe bevredigend was. Trouens, een van hulle was so onbevredigend dat die verhoorregter sy getuienis nie wou aanvaar behalwe vir soverre dit gestaaf was nie. Die

probleem 12.

12.probleem is egter dat die verhoorregter, terdeë bewus van die gebreke in die getuienis van die ander een, nogtans bereid was om sy getuienis te aanvaar in die lig van die waarskynlikhede, in die lig van die plek waar die patroon-dop gevind is (dit is nie nodig om besonderhede hiervan te verskaf nie),en in die lig van appellant se eie leuen-agtige getuienis oor ander aspekte van die saak. Met in-agneming van hierdie faktore kan hierdie Hof nie bevind dat die verhoorhof se bevinding verkeerd was nie.'n Verdere grond waarop aangevoer is dat die verhoorregter fouteer het, was dat hy die getuienis van professor B Helm nie ten volle in ag geneem het nie. Pro-fessor Helm, 'n sosioloog, het getuig oor die faktore

(voortspruitende..13

13.

(voortspruitende hoofsaaklik uit die gebeure in Soweto

gedurende 1976) wat bygedra het tot appellant se besluit

om die land të verlaat, by die A N C aan te sluit, oplei-

ding te ondergaan en deel te hê aan 'n geweldadige aanslag

teen die Suid-Afrikaanse owerheid en sommige van sy mense.

Haar getuienis was gebaseer deels op haar eie waarnemings,

deels op mededelings aan haar deur die appellant en lede

van sy familie en deels op haar deskundige kennis. Vir

sover sy oor feite getuig het wat die appellant aan haar

meegedeel het en waarvan sy self geen kennis- gedra het nie,

het die verhoorhof haar getuienis slegs in ag geneem tot

die mate waartoe dit deur appellant se eie getuienis onder

eed bevestig is. Met hierdie benadering kan geen fout

gevind 14

14.

gevind word nie. Professor Helm se getuienis is terdeë

in ag geneem in die opsigte waarin dit in ag geneem kon

word.

Laastens het appellant se advokaat aangevoer

dat die vonnis buitensporig swaar is. Ek stem nie saam

nie. Appellant is nie bloot 'n lakei van die A N C nie.

Hy is 'n man met deskundige bedrewenheid in die gebruik

van springstof wat seker die mees effektiewe middel is

by die pleeg van dade van terreur waaronder onskuldige

en niksvermoedende landsburgers meesal ly. Hy was klaar-

blyklik saam met Molotsi op pad na die voorrade wat naby

Alberton versteek was. Gelukkig is hy uitgeskakel voor-

dat hy dit kon bereik. Boonop het hy ander lede van sy

organisasie 15

15.organisasie opgelei en toegerus met dieselfde kundigheid waaroor hy beskik en hy moes met groot entoesiasme en toe-wyding (soos spreek uit die rang wat hy in die organisasie beklee het) deelgeneem het aan die voorbereiding vir die geweldadige aanslag waarna reeds verwys is. Dat hy deur sy gevangeneming verhoed is om verder deel daaraan te hê, is bloot toevallig.Geeneen van die gronde waarop appellant se advokaat gesteun het, het enige regverdiging gebied vir 'n ligter vonnis as die een wat deur die verhoorhof opge-lê is nie en die appèl kon gevolglik nie slaag nie.

J J F HEFER AR.Ek stem saam : W G BOSHOFF WAR.

M T STEYN WAR.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Blom 1939 AD 188

Case cited

S v Ramgobin and Others 1986 (4) SA 117 (N)

Case cited

S v Molotsi and Molefe (Trial Court Judgment)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.