S v Moloi (151/84) [1984] ZASCA 149 (28 November 1984)
- Citation
- [1984] ZASCA 149
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Rabie, Cillie, Galgut
- Case number
- 151/84
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Rabie, Cillie, Galgut
- Case number
- 151/84
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the magistrate erred by placing undue emphasis on the seriousness of the offences and insufficient weight on the appellant's personal circumstances. The appellant did not acquire the firearm for a criminal purpose, had significant family and community responsibilities, and did not use the firearm during a robbery incident. The Court held that, despite the seriousness of unlawful possession of a firearm and ammunition, each case must be considered in light of its particular facts and the accused's circumstances. Accordingly, the sentence was reduced to nine months' imprisonment, suspended for five years on condition that the appellant is not convicted of a similar offence during the period of suspension.
Court disposition
Appeal upheld; sentence reduced.
Orders
- The sentence of 18 months' imprisonment is set aside.
- The appellant is sentenced to nine months' imprisonment, suspended for five years on condition that he is not convicted of an offence under section 2 or section 36 of Act 75 of 1969 during the period of suspension.
02
Material facts
Parties
Hyasinth Moloi
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Appellant's Monthly Income: ZAR 300
- Original Sentence (months): 18
- Reduced Sentence (months): 9
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the sentence of 18 months' imprisonment for unlawful possession of a firearm and ammunition was appropriate in light of the appellant's personal circumstances.
- 02
Whether the magistrate overemphasized the seriousness of the offences at the expense of the appellant's personal circumstances.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the sentence imposed was excessive given his personal circumstances, including his role as a community leader, family responsibilities, and lack of malicious intent in possessing the firearm and ammunition. He contended that he did not acquire the firearm for criminal purposes, but rather found it and kept it without understanding the legal implications. He further argued that the magistrate failed to give sufficient weight to his personal circumstances and the fact that he did not use the firearm during a robbery incident.
- Respondent
- The State maintained that the offences of unlawful possession of a firearm and ammunition are serious and warrant a custodial sentence to deter similar conduct. The respondent argued that the appellant's previous convictions, although not directly related, indicated a disregard for the law and justified a firm sentence. The seriousness of the offences, particularly in urban areas, was emphasized as a factor supporting the original sentence.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v David Rara (unreported, Supreme Court of Appeal, 12 November 1981)
Courts must balance the seriousness of the offence with the personal circumstances of the accused when determining sentence.
- 02
S v Matoma 1981 (3) SA 838
While unlawful possession of firearms and ammunition is generally regarded as serious, care must be taken not to over-emphasize general considerations at the expense of the accused's personal circumstances.
- 03
S v Mkhabela and S v Maseko (judgments delivered on 28 September 1981)
A suspended sentence may be appropriate where the accused did not acquire the firearm for a malicious purpose and personal circumstances justify leniency.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the magistrate erred by placing undue emphasis on the seriousness of the offences and insufficient weight on the appellant's personal circumstances. The appellant did not acquire the firearm for a criminal purpose, had significant family and community responsibilities, and did not use the firearm during a robbery incident. The Court held that, despite the seriousness of unlawful possession of a firearm and ammunition, each case must be considered in light of its particular facts and the accused's circumstances. Accordingly, the sentence was reduced to nine months' imprisonment, suspended for five years on condition that the appellant is not convicted of a similar offence during the period of suspension.
Obiter and limits
- The fact that the appellant did not use the firearm during a robbery incident supports his claim that he did not intend to use it for unlawful purposes.
- Previous convictions should not be overemphasized where they are unrelated and remote in time.
- Business owners may perceive a need for firearms for self-protection, but this does not justify unlawful possession.
Court disposition
Appeal upheld; sentence reduced.
- The sentence of 18 months' imprisonment is set aside.
- The appellant is sentenced to nine months' imprisonment, suspended for five years on condition that he is not convicted of an offence under section 2 or section 36 of Act 75 of 1969 during the period of suspension.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA(APPèLAFDELING)
In die appèl van : -
HYASINTH MOLOI appellant
teen DIE STAAT respondent
Coram: RABIE HH , CILLIE AR et C.GALGUT Wn AR.Datum van verhoor: 16 November 1984
Datum van uitspraak: 28 November 1984
U I T S P R A A K
GALGUT Wn AR:
Die appellant is in die streekhof te Klerks-
dorp aan die onwettige besit van 'n M A B Espanola pistool(klag 1) en vier 7.65 mm patrone (klag 2) skuldig bevind.
/ Kragtens
2Kragtens art 2, gelees met (; artikels 39(2) en 40, van Wet75 van 1969 ("die Wet") rnag geen persoon 'n wapen in sy be-sit hê nie tensy hy 'n lisensie hou om daardie wapen te besit.Kragtens art 36 van dle Wet mag geen persoon in besit vanammunisie wees nie tensy hy in regmatige besit is van 'n
wapen waaruit die ammunisie afgeskiet kan word. Die twee
aanklagte is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en 'n vonnisvan agtien maande gevangenisstraf is hom opgeLê. 'n Appelteen die vonnis na die TransvaaJ.se Provinsiale Afdeling ("TPA")is afgewys . Met verlof van die TPA is die onderhawige appêlteen die genoemde vonnis gerig.
Appellant het ten tyde van die summiere verhoorin die streekhof op beide aanklagte skuldig gepleit. Daarná,en in ooreenstemming met art 112(2) van Wet 51 van 1977, hethy die volgende skriftelike erkennihgs gemaak:
"Ek, HYASINTH MOLOI, erken hiermee:
1. dat ek op 3 Augustus 1978 en te Klerks-dorp wederregtelik en onwettiglik in besit
/ was .
3 was van 'n M.A.B. Espanola pistool sonder dat ek die houer van 'n lisensie is om gemelde wapen te besit , welke wapen in werkende toestand is; 2. dat ek op die voormelde datum en te Klerksdorp wederregtelik en onwettiglik in besit was van 4 (vier) 7.65 rondtes ammunisie; 3. dat ek nie 'n gelisensiëerde handelaar is nie ;
4 . dat ek nie in wettige besit was van 'nwapen waaruit die ammunisie afgeskiet kanword nie."
Die erkennings is uitgelees en ingelewer as bewysstuk A .Vervolgens is hy skuldig bevind aan beide aanklagte.
Áppellant het, ter vcrsagting van vonnis,getuienis afgelê. Dit blyk dat hy die vuurwapen (enpatrone) vir nege maande in sy besit gehad het. Hy het ditop 'n voetpad naby die Skoonspruit in Klerksdorp opgetel.Sy reaksie op die vonds blyk uit die volgende getuienis:
"Toe jy dit optel, wat wou jy daarmeemaak?— Ek vvas baie biy gewees, Ek woumos sê dis nou vny geluk .
Hoekom was jy baie bly en gedink disjou geluk? - - Want ek het al in die koerant
/ gelees
4
gelees, Edelagbare, dat besigheidsmanne
vuurwapens kan besit en toe ek dit optelhet ek bly geword en gesê nou het ek maareen vir myself.
Wat het jy met hierdie vuurwapen gemaaktoe jy dit opgetel het?-- Ek het niks daar-mee gedoen nie Edelagbare; ek het dit altyd in my voertuig gehou Edelagbare ; ek hetsomtyds daarvan vergeet want ek het baiedinge wat ek doen .
Waar in die voertuig het jy dit gehou?-- .Onder die sitplek Edelagbare .
Weet jy hoe 'n vuurwapen werk?-- NeeEdelagbare, ek het dit nooit gebruik nie enek weet nie hoe dit werk nie."
Hy het getuig dat hy 42 jaar oud is; dat hy getroud is ;dat sy vrou nie werk nie ; dat hy drie kinders het; dateen op universiteit is en twee op skool; dat sy susteroorlede is en dat hy vir haar kinders sorg; dat hy vir sy sewentigjarige moeder sorg ; dat hulle almal saam met,hom in sy huis bly ; dat hy die eienaar is van 'n melkerywaar hy melk verkoop en vanwaar hy melk aflewer aan klante;dat hy heeltyd van vroeg in die oggend tot elfuur die aandin die winkeltjie moet wees; dat die inkomste van die melkery
/ R300
5R300 per maand is; dat hy in Jouberton, die dorp waar hy woon,'n bekende persoon is; dat hy vir elf jaar eers raadslid entoe voorsitter van die Jouberton Adviserende Raad was en
die afgelope ses jaar president van die Kamer van Kleinhandel.Appellant het ook getuig van 'u voorval wat by sy winkel.gebeur het . Die volgende uittreksel uit sy getuienis
is veelseggend:
"Dit was eendag, ongeveer 1.1-uur die oggend, Edelagbare, was ek daar besig met die geld gewees, die geld moes gebank gaan word Edel- agbare. Daar het toe vier persone ingekom en hulle het die geld gevat , en het toe met die geld weggehardloop. Ek het hulle toe met hierdie voertuig van my gevolg waarin die vuurwapen was. Ek het die een gevolg wat die geld gevat het en toe ek by hom kom, het hy toe gestaan; ek het by die voordeur uitgeklim en ek het toe reguit na hom toe gegaan. Hy het toe'n mes uitgepluk en hy het toe probeer om my daarmee aan te val. Ek het toe my gedagte gebruik, Edelagbare, om hom te wen. Ek het hom toe arresteer en na die polisie toe gebring. Maar ek weet nie wat het toe van daardie saak geword nie Edelagbare.
Met wat het jy hom oorweldig?— Ek hetso 'n little of karate gebruik Edelagbare.
Waar was die rewolwer op daardie stadium?--Dit was onder die sitplek gewees .
/ Hoekom
6
Hoekom het jy nie die rewolwer gevat om te oorweldig?-- Ek het heeltemal daarvanvergeet, Edelagbare, dat ek 'n vuurwapen het ."
Die landdros het etlike vrae aan die appellantgestel. Ek heg waarde aan die volgende tersaaklike vraeen antwoorde daarop:
"Het jy ooit aansoek gedoen om 'nvuurwapenlisensie?-- Nee, ek het nooitprobeer aansoek doen nie Edelagbare.
Waarom nie?- Omdat ons by ons vergaderingsin die sakekamer daar ooreengekom het, Edel- agbare , dat ons as 'n komitee aansoek sal doenvir vuurwapens vir ons mense wat besighedehet. Na hierdie vergadering was daar weerverkiesings gewees Edelagbare, en toe was ek nieweer die president gewees nie en net daarna hetek toe in hierdie moeilikheid beland en ek isbaie jammer daaroor.
Maar waarom het jy nie persoonlik aansoekgedoen om 'n vuurwapenlisensie nie?-- Ek hetnie daaraan gedink om dit persoonlik te doennie Edelagbare.
Omdat jy nie 'n vuurwapen nodig gehad hetnie?-- Verskoon Edelagbare?
Omdat jy nie 'n vuurwapen nodig gehad hetnie?-- Ek het dit nodig Edelagbare, maar ekhet toe gedink in dié dat ons as 'n komiteeaansoek sal doen , sal dit meer aanvaarbaar weesas wat ek dit alleen moet doen. . '
Hoe Lank is jy in hierdie besigheid?—Sestien jaar Edelagbare.
/ En.............
7 En al sestien jaar het jy klaargekom sonder 'n vuurwapen?-- Ja Edelagbare, maar gedurende hierdie tyd was daar al nege roofsake wat ek hangend gemaak het by die Polisie wat nooit toe afgehandel was nie. Maar ek volg jou nie. Jy vertel die hof jy het 'n vuurwapen nodig vir noodv/eer of self- beskerming maar jy gebruik nie hierdie een wat jy het nie?-- Ek het dit nie gebruik nie Edelagbare, want ek het dit nie wettiglik in my besit nie en my bedoeling is ook nie om dood te maak nie en ek weet ook nie hoe dit werk nie ."
Appellant is nie 'n eerste oortreder nie. Syvorige veroordelings en vonnisse is soos volg:
1956 - 6 weke gevangenisstraf vir ontsnapping;
1965 - R60 of 9 dae gevangenisstraf vir diefstal; 1966 - 180 dae gevangenisstraf vir diefstal ;
1974 - R40 of 20 dae gevangenisstraf - Geentransportsertifikaat of vrystelling.
Soos later sal blyk, het die landdros met die opleggingvan vonnis die erns van die onderhawige misdade beklemtoon. Hyhet aangehaal uit 'n hele aantal gewysdes waarin op die erns vandie onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie gewys word.Dit is langs hierdie weg wat hy tot die gevolgtrekking geraak
/ het
8het dat 'n vonnis van 18 maande gevangenisstraf gepas sou wees.
IN sy redes vir die oplegging van die vonnis het die landdrosappellant se persoonlike omstandighede uiteengesit en ookmelding gemaak van die nege roofsake wat appellant by diepolisie aanhangig gemaak het . Die volgende aanhalings uit
die landros se redes vir vonnis is belangrik (die nommers deur my aangebring)
( 1 ) "Die Hof moet nie hierdie vorige veroordelingste veel beklemtoon nie . Daar is nie 'n enkelevorige veroordeling wat dergelik is aan die onderhawige twee misdrywe nie en dan is ditook nodig dat die hof in aanmerking moet neem dat behalwe die laaste veroordeling in 1974 wat gegaan het oor 'n betreklikegeringe misdryf onder die motortransportasiewet, is die ander vorige veroordelings reeds oud en,soos tereg betoog deur jou raadsman, toe jy die diefstal en ontsnapping gepleeg het was jy 'nvee1 jonger man."
(2) "Die hof kan nie uit die oog verloor, beskuldigde,dat jy nie 'n eerste oortreder is nie alhoewel diehof nie te veel klem wil laat val op jou vorigeveroordelings nie."
(3) "Jou eie woorde is dat jy soms vergeet het vanhierdie vuurwapen . Die hof is ook nie deur jou getuienis oortuig van die noodsaaklikheidom 'n vuurwapen te besit nie want toe jy noutuidens jou eie getuienis beroof is van geld,
/ het..........
9
het jy geensins die wapen gebruik nie. Sonder
'n vuurwapen het jy daarin geslaag om 'n man
wat jou geld geneem het in hegtenis te neemofskoon hy 'n mes gehad het."
(4) "Na sorgvuldige oorweging van al die omstan-dighede van hierdie saak is dit die hof sebevinding dat die klem wel moet val op dieerns van die misdaad. Die hof se bevindingis dat die enigste gepaste vonnis gevangenis-straf in die omstandighede van die saak is."
Ad (1) en (2) hierbo:
Ek is van mening dat maar min klem gelê moesgewees het op die vorige veroordelings en wel om die redesuiteengesit in (1).
Ad (3) hierbo:Met alle eerbied kan ek nie met die landdros
se
beredenering saamstem nie. As die bovermelde roof en dienege sake wat by die polisie aanhangig gemaak is in gedagtegehou word, dan, na my mening, is dit goed te verstaan datdie appellant wel gedink het dat dit ten minste baie wenslik is,indien nie noodsaaklik nie, om 'n vuurwapen te besit. Die
/ feit
10
feit dat appellant ten tyde van die agtervolging van dierower die vuurwapen nie gebruik het nie, tel in die gunsvan die appellant. Hy het die rower met sy (appellant)voertuig agtervolg; die vuurwapen was in die voertuig;die feit dat hy dit nie gebruik het nie versterk appellantse weergawe dat hy nie die moeite gedoen het om te leer hoeom di e vuurwapen te hanteer nie en dat hy wel by tye daarvanvergeet het. Uie landdros het gefouteer om nie die appellantse optrede in die lig van wat hierbo gese is te beoordeelnie. Myns insiens was dit 'n wesentlike mistasting.
Ad (4) hierbo:
Dit is onbetwis dat die appelant nie die
vuurwapen opsetlik verkry het nie en dat hy nie die vuurwapenvir 'n kwade doel verkry of besit het nie . Dit blyk dat diesakekamer in beginsel aanvaar het dat dit wenslik is dat eienaars van besighede vuurwapens moet besit en dat appellantbeïnvloed was deur dié mening van die sakekamer. Dit is
/ duidelik ...........
11duidelik uit die landdros se redes vir vonnis dat hy niegenoegsame oorweging aan hierdie feite gegee het nie.Ek is van mening dat hy gefouteer het om dit nie te doennie.In S v David Rara, 'n ongerapporteerde saakwat in hierdie hof op 12 November 1981 beslis is, hetTROLLIP Wn AR die volgende gesê :
"I turn now to the question as to what sen-tence we should substitute. This problemhas been recently considered by this Courtin S v Matoma 1981 (3) SA 838, S v Mkhabela and S v Maseko (judgments delivered on 28.9. 1981)These cases point out that , while such offences should generally be regarded by courts asserious, especially in or in connection witbBlack urban residential areas, care must beexercised not to over-emphasize such generalconsiderations at the expense of the personalcircumstances of the particular accused orthe peculiar circumstances of the particularcase , since those factors may otherwise getoverlooked, ignored or be given insufficientweight . "
By ontleding van die landdros se benadering
blyk dit dat hy die erns van die oortredings oorbeklemtoon
12
het in die omstandighede van dié geval. Elke saak moetin die lig van die beskuldigde se persoonlike omstandighedeen van die besondere omstandighede van die geval oorweeg wordGesien wat in (3) en (4) hierbo uiteengesit is, en appellantse persoonlike omstandighede in ag genome , is ek van mening, nieteenstaande die feit dat die onwettige besit van 'n vuur-wapen en ammunisie 'n ernstige oortreding is , dat 'n opgeskortevonnis van 9 maande in dié geval voldoen aan die doelstellingsvan strafoplegging.
Die appèl slaag en die vonnis van 18 maande
gevangenisstraf word gewysig om te lees:
"9 maande gevangenisstraf opgeskort virvyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigdenie skuldig bevind word aan 'n oortredingvan art. 2 of art- 36 van Wet 75 van 1969gepleeg gedurende die tydperk van opskortingnie".
O GALGUT
RABIE, HR) STEM SAAMCILLIE, AR)
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.