S v Montzinger (CA&R 215\03) [2005] ZANCHC 101 (22 September 2005)
- Citation
- [2005] ZANCHC 101
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- MAJIEDT R, LACOCK R
- Case number
- CA&R 215\03
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- MAJIEDT R, LACOCK R
- Case number
- CA&R 215\03
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the trial magistrate correctly distinguished between the appellant and his co-accused, noting that the appellant was significantly older and played a leading role in the commission of the offences. The appellant did not plead guilty, unlike his co-accused, and was the instigator of the robbery and attempted rape. The magistrate had already exercised leniency by finding substantial and compelling circumstances to deviate from the prescribed minimum sentence and by ordering that the sentence for the firearm offence run concurrently with the robbery sentence. The cumulative effect of the sentences, though severe, was not found to be shockingly inappropriate given the gravity of the offences, the vulnerability of the victim, and the appellant's conduct. The appeal was therefore dismissed and the convictions and sentences confirmed.
Court disposition
The appeal against sentence is dismissed. The convictions and sentences imposed on the appellant are confirmed.
Orders
- The appellant's appeal against sentence is dismissed.
- The convictions and sentences imposed on the appellant are confirmed.
02
Material facts
Parties
David Montzinger
Appellant Counsel: Adv A Van TonderThe State
Respondent Counsel: Adv TE BarnardAmounts and remedies
- Value of Stolen Items: ZAR 1,000
- Appellant's Fortnightly Earnings: ZAR 370
- Appellant's Age at Sentencing: 32
- Appellant's Age at Offence: 30
- Sentence for Count 1 (robbery): years 10
- Sentence for Count 2 (attempted Rape): years 3
- Sentence for Count 3 (firearm Offence): years 1
- Effective Sentence Imposed: years 13
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the cumulative effect of the sentences imposed on the appellant is shockingly inappropriate.
- 02
Whether the trial court erred in distinguishing between the appellant and his co-accused regarding sentence.
- 03
Whether substantial and compelling circumstances justified deviation from the prescribed minimum sentence for robbery with aggravating circumstances.
Party arguments
- Applicant
- Counsel for the appellant conceded that there is little fault to be found with the individual sentences imposed for each count. However, he argued that the cumulative effect of the sentences, amounting to 13 years' imprisonment, is shockingly inappropriate.
- Respondent
- Counsel for the respondent maintained that the trial magistrate correctly distinguished between the appellant and his youthful co-accused, and that the cumulative sentence is justified given the seriousness of the offences and the appellant's leading role.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)
An appeal court may only interfere with a sentence if it is vitiated by irregularity or misdirection, or if it is disturbingly inappropriate.
- 02
Section 51(3) of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997
Substantial and compelling circumstances may justify deviation from the prescribed minimum sentence for robbery with aggravating circumstances.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the trial magistrate correctly distinguished between the appellant and his co-accused, noting that the appellant was significantly older and played a leading role in the commission of the offences. The appellant did not plead guilty, unlike his co-accused, and was the instigator of the robbery and attempted rape. The magistrate had already exercised leniency by finding substantial and compelling circumstances to deviate from the prescribed minimum sentence and by ordering that the sentence for the firearm offence run concurrently with the robbery sentence. The cumulative effect of the sentences, though severe, was not found to be shockingly inappropriate given the gravity of the offences, the vulnerability of the victim, and the appellant's conduct. The appeal was therefore dismissed and the convictions and sentences confirmed.
Obiter and limits
- The prevalence and seriousness of offences such as robbery with aggravating circumstances and attempted rape in the region warrant stern sentences to deter would-be offenders.
- The intervention of a passing motor vehicle likely prevented the commission of a completed rape, underscoring the seriousness of the appellant's conduct.
Court disposition
The appeal against sentence is dismissed. The convictions and sentences imposed on the appellant are confirmed.
- The appellant's appeal against sentence is dismissed.
- The convictions and sentences imposed on the appellant are confirmed.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R 215\03
Datum verhoor: 2005-09-22
Datum gelewer: 2005-09-22
In die appél van:
DAVID
MONTZINGER APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram: MAJIEDT R et LACOCK R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die appellant is in die plaaslike streekhof skuldig bevind op die volgende aanklagte:
Aanklag 1: Roof met verswarende omstandighede soos omskryf in artikel 1 van die Strafproseswet.
Aanklag 2: Poging tot verkragting.
Aanklag 3: Oortreding van die bepalings vervat in artikel 2(1) van Wet 71 van 1968.
Die appellant is op die voormelde aanklagte as volg gevonnis:
Aanklag 1: 10 jaar gevangenisstraf;
Aanklag 2: 3 jaar gevangenisstraf;
Aanklag 3: 1 jaar gevangenisstraf.
Die verhoorhof het verder gelas dat die vonnis op aanklag 3 tesame met die vonnis op aanklag 1 uitgedien moet word, met die gevolg dat die appellant ân effektiewe vonnis van 13 jaar gevangenisstraf opgelê is.
Die appellant kom nou in hoër beroep teen die voormelde vonnisse hom opgelê.
2.1 Tydens sy verhoor was die appellant regsverteenwoordig en het hy op al die aanklagte onskuldig gepleit.
2.2 Die appellant en twee makkers, ene Steven Jacobs en Montrole Rogers, het die klaagster, ân 15-jarige dogter, beroof terwyl sy vanaf die winkel op pad was huis toe gedurende die aand. Die appellant het ân voorwerp in sy besit gehad wat die verhoorhof bevind het soos ân vuurwapen voorgekom het (vandaar die skuldigbevinding op aanklag 3) en hy het die klaagster daarmee gedreig. Sy is toe beroof van haar seilskoene (tekkies), ringe, baadjie en ân t-hemp. Die waarde van die voormelde artikels is altesaam R1000,00.
2.3 Wat die tweede aanklag betref het die appellant en sy makkers onmiddellik ná afloop van die voormelde gewapende roof die klaagster na ân veld getrek en het daar gepoog om haar te verkrag. Die verskyning van ân motorvoertuig op die toneel het hulle voormelde poging gefnuik.
2.4 Die appellant se twee makkers, Jacobs en Rogers, was albei jeugdig ten tyde van die voorval en het in vroeëre verrigtinge skuldig gepleit aan gewapende roof en is hulle elk 6 jaar gevangenisstraf daarvoor opgelê.
In sy vonnisuitspraak het die verhoorlanddros bevind dat die appellant aansienlik ouer was as sy twee makkers en het hy ook die leidende rol gespeel in die voorval. Die verhoorlanddros het dit ook as bewese bevind dat die appellant in besit was van ân voorwerp wat gelyk het soos ân vuurwapen waarmee hy die klaagster gedreig het.
Die appellant se persoonlike omstandighede is as volg:
4.1 Hy was 32 jaar oud tydens vonnisoplegging en 30 jaar oud ten tyde van die voorval.
4.2 Hy was ongetroud, dog die vader van een kind.
4.3 Die appellant het standerd 9 op skool geslaag.
4.4 Die appellant was werksaam by ân myn waar hy R370 elke twee weke verdien het.
4.5 Hy is ân eerste oortreder.
Die verhoorlanddros het bevind dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat hom magtig om af te wyk van die statutêr voorgeskrewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf wat aanklag 1 aanbetref. Dié wesenlike en dwingende omstandighede was die gebrek aan vooraf beplanning en die feit dat die klaagster nie daadwerklik aangerand is nie. Die verhoorlanddros het egter klem gelê op die erns van die misdryf en die veelvuldige voorkoms daarvan in sy streekafdeling.
Namens die appellant het Mnr. Van Tonder geredelik toegegee dat daar eintlik maar min fout te vind is met die opgelegde vonnisse op die drie aanklagte. Hy doen egter aan die hand dat die kumulatiewe effek van die opgelegde vonnisse, te wete 13 jaar gevangenisstraf, skokkend onvanpas is.
ân Geregshof se bevoegdhede om op appél met ân opgelegde vonnis in te meng is só welbekend dat dit nie hierin herhaling behoef nie. Daar is geen mistasting voor die deur van die streeklanddros gelê deur Mnr. Van Tonder in sy betoog nie â tereg só. Die enigste aspek wat eintlik maar beregting verg hierin is of die kumulatiewe effek van die vonnis van 13 jaar gevangenisstraf wel skokkend onvanpas is aldan nie. Na my mening was die verhoorlanddros korrek om tydens sy oorweging van ân gepaste vonnis vir die appellant ân onderskeid te tref tussen die appellant en sy twee jeugdige makkers. Behalwe vir die feit dat Jacobs en Rogers nog jeugdiges was, is die verdere belangrike onderskeidende faktor dat hulle twee, anders as die appellant, skuldig gepleit het. Daar moet ook deeglik in ag geneem word dat die appellant op die bewese feite die voortou geneem het tydens die gebeure. Die klaagster het daaroor getuig en so ook Steven Jacobs, wat bevestig het dat dit die appellant se idee was om die roof te pleeg en dat hy deurgaans die voorbok was. Dit is dus heeltemal te verstane dat die appellant ân aansienlik swaarder vonnis opgelê is op aanklag 1 as wat sy twee trawante vroeër opgelê is.
Die opgelegde vonnisse is weliswaar swaar, veral wat aanklagte 1 en 2 betref, maar vind ek die kumulatiewe effek daarvan nie skokkend onvanpas nie. Die appellant en sy makkers het ân weerlose tienermeisie beroof en het hulle boonop nog gepoog om haar te verkrag ook. Ek het geen twyfel nie dat, soos die streeklanddros tereg na my mening bevind het, die klaagster verkrag sou gewees het indien ân motorvoertuig nie op daardie stadium by die toneel opgedaag het nie. Die verhoorlanddros het alreeds die appellant tegemoet gekom deur wesenlike en dwingende omstandighede te bevind op aanklag 1 en deur verder te gelas dat die vonnis op aanklag 3 samelopend uitgedien moet word met die vonnis op aanklag 1.
Bygevolg is ek van mening dat die appél ontdaan is van enige meriete. Ek reik die volgende bevel uit:
9.1 Die appellant se appél teen vonnis word afgewys.
9.2 Die skuldigbevindings en vonnisse die appellant opgelê word bekragtig.
_____
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
HJ LACOCK
NAMENS APPELLANT : ADV A VAN TONDER
NAMENS RESPONDENT : ADV TE BARNARD
DATUM VAN VERHOOR : 2005-09-22
DATUM VAN UITSPRAAK : 2005-09-22
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.