Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Mtolo (23/05) [2005] ZANCHC 77 (31 January 2005)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The sentence imposed by the magistrate, consisting solely of a fine or imprisonment in the alternative, was unlawful because the statute requires mandatory imprisonment for offences under section 5(b) of Act 140 of 1992. The review court has the authority to set aside the unlawful sentence and remit the matter for the imposition of a lawful and appropriate sentence, which must include imprisonment, possibly suspended, and may be accompanied by a fine. The interests of justice and fairness require that the accused be present and have an opportunity to make representations when the new sentence is considered.

Court disposition

The conviction is confirmed, but the sentence is set aside and the matter is remitted to the magistrate for the imposition of a lawful and appropriate sentence.

Orders

  • The conviction is confirmed.
  • The sentence is set aside.
  • The matter is referred back to the magistrate at De Aar for the imposition of a lawful and appropriate sentence, to be reconsidered in the presence of the accused.

02

Material facts

Parties

The State

Applicant

Jetro Nkosenye Mtolo

Respondent

Amounts and remedies

  • Fine Imposed: ZAR 6,000
  • Imprisonment (alternative to Fine, Original Sentence): 3
  • Quantity of Cannabis: 9.75

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Review / Special Review

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The magistrate imposed a fine of R6000 or three years imprisonment for dealing in 9.75 kg of cannabis, and the accused paid the fine and was released. The head of office at De Aar submitted that this sentence was not legally permissible under the relevant statutory provisions, which require mandatory imprisonment for such offences.
Respondent
No formal argument from the accused is recorded, as the matter was referred on special review. The accused pleaded guilty and accepted the sentence imposed, paying the fine as ordered.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 17(e) of Act 140 of 1992

    For contraventions of section 5(b) of Act 140 of 1992, the statute prescribes mandatory imprisonment, which may be accompanied by a fine, but a fine alone is not permissible.

  2. 02

    Section 304 of Act 51 of 1977

    A review court has wide powers under section 304 of the Criminal Procedure Act to correct unlawful sentences, even if this results in a harsher sentence.

  3. 03

    S v Nxumalo 1992 (2) SASV 268 (O); S v Mohome 1993 (1) SASV 504 (T); S v Baliso 1991 (2) SASV 366 (T); S v Zwane 2004 (2) SASV 291 (N)

    Prior case law erroneously allowed a fine as an alternative to imprisonment, but subsequent decisions clarified that imprisonment is mandatory and a fine may only be imposed in addition.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The sentence imposed by the magistrate, consisting solely of a fine or imprisonment in the alternative, was unlawful because the statute requires mandatory imprisonment for offences under section 5(b) of Act 140 of 1992. The review court has the authority to set aside the unlawful sentence and remit the matter for the imposition of a lawful and appropriate sentence, which must include imprisonment, possibly suspended, and may be accompanied by a fine. The interests of justice and fairness require that the accused be present and have an opportunity to make representations when the new sentence is considered.

Obiter and limits

  • The review court should avoid being prescriptive but may suggest that, given the accused has already paid R6000, a suspended term of imprisonment with a fine of R6000 may be appropriate.
  • Automatic review does not afford the accused an opportunity to be heard, but fairness dictates that the accused should be present when a new sentence is considered.

Court disposition

The conviction is confirmed, but the sentence is set aside and the matter is remitted to the magistrate for the imposition of a lawful and appropriate sentence.

  • The conviction is confirmed.
  • The sentence is set aside.
  • The matter is referred back to the magistrate at De Aar for the imposition of a lawful and appropriate sentence, to be reconsidered in the presence of the accused.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2005] ZANCHC 77

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

Hooggeregshof Hersieningsnr: 23/05

Landdros Saaknr: 1040/2004

Datum gelewer: 2005-01-31

In die hersieningsaak van:

DIE

STAAT

versus

JETRO

NKOSENYE MTOLO BESKULDIGDE

Coram: MAJIEDT R et

OLIVIER R

UITSPRAAK

OP SPESIALE HERSIENING

MAJIEDT R:

Hierdie aangeleentheid is op spesiale hersiening deur die kantoorhoof te De Aar versend. Dit blyk uit die kantoorhoof se dekbrief dat die vonnis wat die beskuldigde hierin opgelê is, regtens ongeoorloof is.

Die beskuldigde het tereggestaan op ‘n aanklag van handeldryf in 9.75 kg dagga. Hy het skuldig gepleit aan die ten laste gelegde misdryf wat in die klagstaat as volg verwoord is:

“Dat die beskuldigde(s) skuldig is aan ‘n misdryf van artikel 5(b) gelees met artikel 6, artikel 7, artikel 13, artikel 14, artikel 17(c), artikel 18, artikel 19, artikel 21, artikel 22 van Wet 140 van 1992.”

Die beskuldigde is daarna gevonnis tot ‘n boete van R6000.00 of drie jaar gevangenisstraf. Die beskuldigde het daarna die voormelde boete betaal en is vrygelaat.

Die misdryf van handeldryf in ‘n ongewenste afhanklikheidsvormende stof (m.a.w. ‘n oortreding van artikel 5(b) voormeld), is kragtens artikel 17(e) van die voormelde Wet strafbaar as volg:

“Iemand wat aan ‘n misdryf ingevolge hierdie Wet skuldig bevind word, is strafbaar ... in die geval van ‘n misdryf in artikel 13(f) bedoel, met gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogstens 25 jaar, of met sowel daardie gevangenisstraf as die boete wat die hof goedvind om op te lê.

Artikel 13 van die bepaalde Wat lui as volg:

“Iemand wat ... ‘n bepaling van artikel 5(b) oortree, is aan ‘n misdryf skuldig.”

Die kantoorhoof wys tereg in sy dekbrief daarop dat kragtens die voormelde bepalings daar nie voorsiening gemaak word vir ‘n

boetestraf soos bedoel in artikel 276(1)(f) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, nie. Die oplê van gevangenisstraf is verpligtend. Dit kan gekoppel word aan ‘n boete en die opgelegde gevangenisstraf kan in sy geheel of gedeeltelik opgeskort word.

Die kantoorhoof wys ook heeltemal tereg daarop in sy dekbrief dat die voormelde strafbepaling gelykluidend is met die strafbepaling vervat in die vorige Wetgewing, te wete artikel 2 van Wet 41 van 1971 soos gewysig deur artikel 1(a) van Wet 78 van 1990.

In S v Nxumalo 1992(2) SASV 268(O) 271 b-c het Claassen WnR beslis dat daar geen aanduiding is in die Wetgewing dat ‘n boetekeuse uitgesluit is nie. Hy beroep hom as gesag hiervoor op S v Snyders 1991(1) SASV 453(K) en S v Bokbaard 1991(2) SASV 622(K).

In S v Mohome 1993(1) SASV 504(T) te 505 b – 506 c het Smit R (Preiss R samestemmend), beslis dat Nxumalo, supra, verkeerd beslis is en wys die geleerde Regter, tereg na my respekvolle mening, daarop dat die beslissings van Snyders

en Bokbaard supra, glad nie gesag is vir die standpunt wat Claassen WnR ingeneem het in Nxumalo nie. In die Snyders-saak is die beskuldigde op hersiening ‘n vonnis van ‘n boete plus ‘n bykomende tydperk van gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is opgelê, soos wat ook die geval was in Bokbaard.

In S v Baliso 1991(2) SASV 366(T) te 369 j het Goldstein R beslis dat die wysiging van die betrokke artikel deur Wet 78 van 1990 gevangenisstraf verpligtend gemaak het en dat die Hof daarbenewens gemagtig word om bykomend ‘n boete op te lê. Wat die bestaande Wetgewing aanbetref is in S v Zwane 2004(2) SASV 291(N) beslis deur Msimang R dat die strafbepaling in artikel 17(e) supra dit ten doel het dat gevangenisstraf verpligtend is en dat ‘n boete bykomend daartoe opgelê kan word. Die geleerde Regter bevind op 292 f dat die opgelegde vonnis van ‘n boete van R3000 of, by wanbetaling van die boete, 15 maande gevangenisstraf vir ‘n skuldigbevinding aan ‘n oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 (soos wat ook die geval is in casu) ‘n ongeoorloofde vonnis is.

Ek is dit derhalwe eens met die kantoorhoof waar hy die mening uitspreek dat Nxumalo supra verkeerd beslis is en dat die opgelegde vonnis in casu ‘n ongeoorloofde vonnis is. Die volgende vraag wat ontstaan is: Wat staan hierdie Hof te doen op Hersiening?

‘n Hersieningshof het wye bevoegdhede soos uiteengesit in artikel 304 van die Strafproseswet. Een van die bevoegdhede wat ‘n

Hersieningshof egter nie het nie is om ‘n vonnis te verswaar. Waar ‘n opgelegde vonnis egter ongeoorloof is, het hierdie Hof op Hersiening wel die bevoegdheid om daardie vonnis te korrigeer al lei dit ook tot ‘n swaarder vonnis. Vergelyk Hiemstra SA Strafproses, 6de uitg. te 808 en sake daar aangehaal.

Alhoewel hierdie Hof self die die gekorrigeerde vonnis kan oplê, meen ek dat die belange van die regspleging asook billikheid en regverdigheid teenoor die beskuldigde vereis dat dit in sy teenwoordigheid gedoen word, sodat hy inspraak daartoe kan verkry wanneer ‘n geoorloofde en gepaste vonnis opnuut oorweeg word.

Vergelyk in dié verband die siening van die geleerde outeurs van die gemelde SA Strafproses, te 807 waar die volgende voorgehou word:

“ ’n Beskuldigde het by outomatiese hersiening geen inspraak nie.”

Gevolglik is ek die mening toegedaan dat hierdie aangeleentheid eerder terug verwys moet word sodat die landdros ‘n geoorloofde en gepaste vonnis kan oplê. Die landdros word daarop gewys dat ‘n geoorloofde vonnis byvoorbeeld een sal wees van gevangenisstraf met ‘n maksimum van 25 jaar welke gevangenisstraf in geheel of gedeeltelik opgeskort kan word, tesame met ‘n boete. Sonder om absoluut voorskriftelik te wees wil dit my voorkom asof vir doelmatigheidsredes die boete bepaal behoort te word in die bedrag van R6000.00 (gegewe die feit dat die beskuldigde alreeds dié bedrag betaal het) en dat ‘n bepaalde termyn van gevangenisstraf, in geheel opgeskort op bepaalde voorwaardes, van pas sal wees in hierdie saak.

Dit word as volg gelas:

Die skuldigbevinding word bekragtig, maar die vonnis word tersyde gestel. Die aangeleentheid word terug verwys na die landdros te De Aar vir die oplegging van ‘n geoorloofde, gepaste vonnis wat opnuut oorweeg moet word deur die landdros.

___

SA

MAJIEDT

REGTER

Ek stem saam:

CJ

OLIVIER

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Nxumalo 1992 (2) SASV 268 (O)

Case cited

S v Snyders 1991 (1) SASV 453 (K)

Case cited

S v Bokbaard 1991 (2) SASV 622 (K)

Case cited

S v Mohome 1993 (1) SASV 504 (T)

Case cited

S v Baliso 1991 (2) SASV 366 (T)

Case cited

S v Zwane 2004 (2) SASV 291 (N)

Case cited

Act 140 of 1992

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 276(1)(f) of Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 304 of Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.