S v Mutloe (A47/2003) [2005] ZAFSHC 74 (17 February 2005)
- Citation
- [2005] ZAFSHC 74
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C. Van Zyl, C.H.G. Van der Merwe
- Case number
- A47/2003
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C. Van Zyl, C.H.G. Van der Merwe
- Case number
- A47/2003
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the complainant's identification of the appellant as the perpetrator was reliable, given the opportunity for observation during the incident, the favourable impression made on the trial court, and the corroboration by the other two accused who placed the appellant at the scene. The appellant's alibi was not reasonably possibly true, as it was contradicted by the evidence of the other accused and lacked supporting testimony. The trial court correctly evaluated the evidence with the necessary caution, and there was no basis to interfere with the conviction or sentence. The appeal was therefore dismissed, and the conviction and sentence confirmed.
Court disposition
Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.
02
Material facts
Parties
Thumelo Riligion Mutloe
Appellant Counsel: K. PretoriusThe State
Respondent Counsel: H. AmodAmounts and remedies
- Value of Stolen Cigarettes: ZAR 150
- Value of Stolen Cash: ZAR 170
- Sentence Imposed (years): 8
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant was correctly identified as the perpetrator of the armed robbery.
- 02
Whether the appellant's alibi defence creates reasonable doubt as to his guilt.
- 03
Whether the conviction and sentence imposed by the trial court should be upheld.
Party arguments
- Applicant
- The appellant denied being present at the scene and raised an alibi, claiming he was in Edenburg at the time of the offence. He argued that the complainant's identification was unreliable, as it was based on a brief observation and the complainant had not previously known him. The appellant also questioned why the other accused would falsely implicate him and maintained that there was insufficient evidence to support his conviction.
- Respondent
- The State contended that the complainant's evidence was credible and supported by the testimony of the other two accused, who placed the appellant at the scene. The State argued that the identification was reliable, given the circumstances and opportunity for observation. The State maintained that the alibi was not reasonably possibly true and that the conviction and sentence were justified based on the totality of the evidence.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A)
Evidence of a single witness must be approached with caution and evaluated carefully, especially when it relates to identification.
- 02
S v Mthethwa 1972 (3) SA 766 (A)
Identification evidence must be tested for reliability, considering factors such as lighting, opportunity for observation, and corroboration.
- 03
S v Hlapezula and Others 1965 (4) SA 439 (A)
There is no onus on an accused to prove an alibi; the alibi must be assessed against the totality of the evidence.
- 04
S v Bester 1990 (2) SACR 325 (A)
Evidence of possible accomplices must be approached with caution and evaluated for reliability.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the complainant's identification of the appellant as the perpetrator was reliable, given the opportunity for observation during the incident, the favourable impression made on the trial court, and the corroboration by the other two accused who placed the appellant at the scene. The appellant's alibi was not reasonably possibly true, as it was contradicted by the evidence of the other accused and lacked supporting testimony. The trial court correctly evaluated the evidence with the necessary caution, and there was no basis to interfere with the conviction or sentence. The appeal was therefore dismissed, and the conviction and sentence confirmed.
Obiter and limits
- The court emphasised the importance of evaluating single witness evidence with caution, particularly in cases involving identification.
- The reliability of identification evidence depends on the totality of circumstances, not on any single factor.
- The absence of corroborating alibi witnesses undermined the appellant's defence.
Court disposition
Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.
- The appeal is dismissed.
- The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr.: A47/2003
In die strafappèl tussen:
THUMELO RILIGION MUTLOE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
_____________
AANGEHOOR OP: 7 FEBRUARIE 2005
CORAM: VAN DER MERWE R et
VAN ZYL WND R
UITSPRAAK: VAN
ZYL WND R
GELEWER OP: 17 FEBRUARIE 2005
Appellant het in die Streekhof te Bloemfontein saam met 2 mede beskuldigdes tereggestaan op 2 aanklagte, synde roof met verswarende omstandighede en poging tot moord. Ten opsigte van die aanklag van roof met verswarende omstandighede, het die Staat beweer dat appellant en die ander 2 beskuldigdes op 23 Mei 2001 te Bloemfontein wederregtelik en opsetlik vir Benjamin Seaketse (hierin later na verwys as âdie klaerâ) aangerand en met geweld van sy persoon sigarette ter waarde van R150,00 en kontant ter waarde van R170,00 geneem het, ten tyde van welke roof ân vuurwapen gebruik is. Ten opsigte van die aanklag van poging tot moord, het die Staat beweer dat appellant en die ander twee beskuldigdes op dieselfde geleentheid wederregtelik en opsetlik gepoog het om die klaer te dood deur hom te skiet. Appellant en die ander twee beskuldigdes het onskuldig gepleit op beide aanklagte. Appellant is skuldig bevind op die aanklag van roof met verswarende omstandighede en onskuldig bevind op die aanklag van poging tot moord. Die ander twee beskuldigdes is op beide die aanklagte onskuldig bevind en ontslaan. Appellant is ingevolge Artikel 276(1)(b) van Wet 51 van 1977 tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis.
Hoewel die appèl teen beide die skuldigbevinding en die vonnis gerig is, het Juf. Pretorius, namens appellant, reeds in haar betoogshoofde toegegee dat sy geen sinvolle submissies aan die hof kan voorhou ter ondersteuning van die appèl teen die vonnis nie. Hierdie toegewing is deur Mnr. Pretorius, wie tydens die aanhoor van die appèl ingestaan het in die plek van Juf. Pretorius, in die hof herhaal. Na my mening is hierdie toegewings heeltemal korrek gemaak, aangesien daar regtens geen basis is waarop met die opgelegde vonnis ingemeng kan word nie.
Wat die skuldigbevinding betref, is dit gemeensaak dat daar ân gewapende roof plaasgevind het op die tyd en plek soos deur die Staat beweer en dat die goedere soos deur die Staat beweer, inderdaad tydens die rooftog geroof is. Die enigste geskilpunt is die vraag of appellant by die rooftog betrokke was, aldan nie, aangesien hy ontken het dat hy op die toneel was en ân alibi as verweer geopper het.
Die klaer het getuig dat hy op 23 Mei 2001 by sy woning was, vanwaar hy ook ân snoepwinkel bedryf. Dit bestaan uit ân sinkstruktuur, met ân karavaan wat aan die kant daarvan staan, asook ân seil wat opgerig is ten einde ân afdak te vorm. Om ongeveer 8h00 die oggend, terwyl hy in die sinkstruktuur besig was om koffie te maak, het appellant en die ander twee beskuldigdes opgedaag en hom meegedeel dat hulle iets wou koop om pynappelbier mee te maak. Appellant het hierdie woorde geuiter terwyl hy naby die deur van die sinkstruktuur gestaan het, terwyl die ander twee beskuldigdes buitekant onder die seil gestaan het. Die klaer het hulle aangesê om na ân ander winkel te gaan, aangesien hy nie die betrokke items aanhou nie. Hulle is toe daar weg. Hy het nie verder ag geslaan op hulle nie, maar toe hy die kamer wou binnegaan, het hy gehoor dat hulle hom weer roep. Hulle was buitekant. Hy het in die sinkstruktuur gestaan en gesê dat hulle na hom toe moes kom. Appellant het toe in die deur van die sinkstruktuur kom staan, terwyl die ander twee beskuldigdes weer buite onder die seil gestaan het. Appellant het ân vuurwapen te voorskyn gebring, die klaer beveel om stil te staan en toe ân skoot afgevuur wat die klaer in sy gesig getref het. Die klaer was deurmekaar en het rondgeval in die sinkstruktuur. Appellant het daarop die sinkstruktuur binnegekom en ân klein pienk
brandkluisie waarin ongeveer R170,00 kontant was, geneem. Die klaer het toe volgens hom gehoor dat die ander twee beskuldigdes die karavaan binnegaan, aangesien hy hulle voetstappe gehoor het. Dit het egter later in sy getuienis geblyk dat hy hulle nie gesien het die karavaan binnegaan nie en dat dit bloot ân afleiding was wat hy gemaak het na aanleiding van die voetstappe wat hy in die karavaan gehoor het. Die klaer het gesien toe die drie persone weghardloop en het hy die huis binne gestrompel. Tydens hierdie voorval was sy vrou in die slaapkamer en het sy nie gesien wat gebeur het nie. Die polisie en die ambulans het daarna opgedaag. Hy het later vasgestel dat ongeveer R150,00 se sigarette uit die karavaan verwyder was.
Tydens kruisverhoor deur Mnr. Vorster, namens die ander twee beskuldigdes, is hul pleitverduideliking aan die klaer gestel, synde dat hulle buite die snoepwinkel vir appellant gewag het, dat appellant die sinkstruktuur binnegegaan het, dat ân skoot geklap het, dat appellant toe uitgehardloop het en gesê het dat hulle moet weghardloop. Hulle het ontken dat hulle enige voorafkennis van of deelname aan die roof gehad het. Tydens kruisverhoor deur Mnr. Boshofff, namens appellant, is ontken dat appellant op die toneel was en is dit namens appellant gestel dat hy te Edenburg was op daardie stadium. Tydens verdere kruisverhoor het die klaer die volgende getuienis met betrekking tot die identifisering van appellant aangebied:
Hy het appellant in die beskuldigde bank identifiseer as die rower wat hom met die vuurwapen verwond het.
Die dag van die voorval was die eerste keer dat hy die drie aanvallers gesien het.
Hy het appellant aan sy lengte asook die voorkoms van sy gesig herken.
Hoewel hy appellant nie aan ân spesifieke kenmerk eien nie, âhet hy sy gesig gesienâ.
Hy het appellant vir ân paar sekondes gesien, nie minute nie.
Dit het die klaer se getuienis afgesluit. Die J.88 mediese vorm ten opsigte van die mediese ondersoek wat deur Dr. van Wyk op die klaer uitgevoer is, is formeel deur die verdediging erken en ingehandig as bewysstuk âAâ. Die dokument toon ân ingangswond en uitgangswond op die klaer se gesig aan en het die dokter die gevolgtrekking gemaak dat die wond inderdaad deur ân vuurwapenskoot veroorsaak is.
Die ander twee beskuldigdes se weergawes tydens hulle getuienis was min of meer soortgelyk aan mekaar. Hulle het getuig dat hulle saam met appellant wou gaan sigarette koop by die klaer se snoepwinkel. Appellant het na binne gegaan, terwyl hulle buite eenkant gestaan het. Daar het toe drie ouer manspersone opgedaag, wie ook die snoepwinkel binngegaan het. ân Skoot het toe geklap, waarop appellant uitgehardloop gekom het en hulle het toe ook weggehardloop. Tydens kruisverhoor waaraan hulle onderwerp was, het hulle beide ontken dat appellant in Edenburg sou gewees het en weer bevestig dat hy beslis op die toneel was en binne die sinkstruktuur was om sigarette te koop toe die skoot geklap het.
Appellant het getuig dat die polisie aanvanklik by hom opgedaag het op soek na sy broer as synde die persoon wat sou geroof het. Appellant het enige kennis van die voorval ontken en getuig dat hy op 14 Desember 2000 na Edenburg is en eers op 12 Junie 2001 daarvandaan teruggekeer het. Hy het bevestig dat die ander twee beskuldigdes aan hom bekend is en inderdaad sy vriende is, maar het ontken dat hy saam met hulle op die toneel was soos deur hulle beweer. Volgens hom het hy hulle, voordat hy Desembermaand Edenburg toe is, meegedeel dat hy daarheen gaan.
Tydens kruisverhoor het hy getuig dat hy kouse, pette en soortgelyke artikels in Edenburg gaan verkoop het. Hy kon egter nie vir die hof die naam van die plek in Edenburg noem waar hulle goedere sou verkoop het nie. Hy kon ook nie aan die hof ân redelike verduideliking verskaf oor waarom die ander twee beskuldigdes hom valslik sou impliseer nie. Op verdere vrae van die hof het hy getuig dat hy op daardie stadium eintlik woonagtig was in ân sinkhuis te Rocklands in Bloemfontein, waar hy saam met sy meisie gewoon het, maar gedurende die tydperk wat hy in Edenburg was, het hy nooit teruggekom Bloemfontein toe om te kom kuier nie. Volgens hom was sy meisie gedurende daardie tydperk by haar ouerhuis.
Hoewel appellant aanvanklik aangetoon het dat hy ene Thato Lekweneya as getuie sou roep om te bevestig dat hy te Edenburg was, was die getuie onopspoorbaar en het appellant derhalwe sy saak gesluit sonder om verdere getuies te roep.
Wat die evaluering van die getuienis betref, is daar enkele bewysregtelike aspekte waaraan aandag gegee moet word. Die klaer was ân enkelgetuie met betrekking tot die gebeure tydens die rooftog. Gevolglik moet sy getuienis met versigtigheid en omsigtigheid benader word. Sien S v SAULS AND OTHERS 1981(3) SA 172 (A) op 180 E-G, soos met goedkeuring aangehaal in S v HLONGWA 1991(1) SASV 583 (A) op 586J tot 587B. Omdat die klaer se getuienis terselfdertyd gerig was daarop om die identiteit van die aanvallers te bewys, moet sy getuienis voorts met die versigtigheid van toepassing op identifiserende getuienis, evalueer word. In die verband is as volg in S v MTHETWA 1972(3) SA 766 (A) op 768 A-C beslis:
âBecause of the fallibility of human observation, evidence of identification is approached by the Courts with some caution. It is not enough for the identifying witness to be honest: the reliability of his observation must also be tested. This depends on various factors, such as lighting, visibility, and eyesight; the proximity of the witness; his opportunity for observation, both as to time and situation; the extent of his prior knowledge of the accused; the mobility of the scene; corroboration; suggestibility; the accusedâs face, voice, build, gait and dress; the result of identification parades, if any; and, of course, the evidence by or on behalf of the accused. The list is not exhaustive. These factors, or such of them as are applicable in a particular case, are not individually decisive, but must be weighed one against the other, in the light the totality of the evidence, and the probabilitiesâ¦. .â
Die hof a quo het inderdaad aan die hand van voormelde versigtigheidsreëls die klaer se getuienis evalueer, in besonder die betroubaarheid daarvan. In die verband het die hof a quo die volgende waarnemings gemaak:
Die klaer het ân gunstige indruk op die hof a quo gemaak en sy getuienis op ân sistematiese wyse afgelê.
2. Die feit dat die persoon met die vuurwapen die huis van die klaer binnegegaan het, met hom gepraat het, uitgegaan het en weer binnegekom het, het die klaer meer as voldoende tyd gegee om ân behoorlike waarneming van die persoon te maak.
3. Die voorval het helder oordag plaasgevind en versterk derhalwe die betroubaarheid van die klaer se weergawe.
Ek meen dat die hof a quo nie enigsins fouteer het met bogemelde waarnemings en bevindings nie.
Soos tereg deur die hof a quo opgemerk, moet bogemelde getuienis egter ook evalueer word teen die agtergrond dat appellant ân alibi as verweer opwerp, terwyl die ander twee beskuldigdes hom spesifiek op die toneel plaas.
Wat ân alibi betref, rus daar inderdaad geen bewyslas op appellant met betrekking tot die bewys van ân alibi nie. Die wyse van benadering ten opsigte van alibi getuienis, is korrek deur die hof a quo uiteengesit, waar daar verwys is na S v HLAPEZULA EN ANDERE 1965(4) SA 439 (A) op 442 F. Die alibi getuienis moet inderdaad teen die agtergrond van die totaliteit van die getuienis beoordeel word. Sien ook S v VAN ECK 1996(1) SASV 130 (A) op 135 A â C.
In die onderhawige geval sluit die totaliteit van die getuienis, uiteraard ook die getuienis van die ander twee beskuldigdes in. Soos tereg deur die hof a quo opgemerk, moet hulle getuienis, as synde die getuienis van moontlike medepligtiges, ook met versigtigheid benader word. Sien S v BESTER 1990(2) SASV 325 (A) op 328 A â E en S v HLONGWA, supra op 588 A â H. Na my mening was die wyse waarop die hof a quo die getuienis van die ander twee beskuldigdes evalueer het, korrek. Gevolglik kan ek ook geen fout vind met die hof a quo se gevolgtrekking dat ten spyte daarvan dat die ander twee beskuldigdes gepoog het om appellant te verontskuldig, hulle steeds ân goeie indruk op die hof gemaak het en nie versinsels voorgehou het deur hulself en appellant op die toneel te plaas nie. Dit is inderdaad ook tereg deur die hof a quo bevind dat die klaer en die ander twee beskuldigdes mekaar oor en weer staaf oor die feit dat appellant wel op die toneel was, wat dan ook ân waarborg van betroubaarheid aan die klaer sowel as die ander twee beskuldigdes, se getuienis hieromtrent daarstel. Gevolglik is ek van oordeel dat die klaer se identifisering van appellant op die toneel, inderdaad korrek en betroubaar is.
In die lig van die totaliteit van die getuienis, kan appellant se alibi derhalwe nie geag word redelik moontlik waar te wees nie. Na my mening het die Staat bo redelike twyfel bewys dat appellant die persoon op die toneel was wie ân skoot op die klaer afgevuur het en die goedere geroof het.
Gevolglik word die appèl afgewys en die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.
_____
C. VAN ZYL, WND R
Ek stem saam.
________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Namens Appellant: Mnr. K. Pretorius
In opdrag van:
Bloemfontein Regsentrum
Namens Respondent: Adv. H. Amod
Direkteur: Openbare Vervolgings
/em
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.