Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Ndlovu (CA & R 162/01) [2002] ZANCHC 5 (11 March 2002)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the magistrate erred in concluding that the appellant's defensive act was disproportionate to the attack. The appellant, a woman, was attacked suddenly and violently by a stronger man who threatened her life. She used the nearest available means—a knife—to defend herself, inflicting a single fatal wound. The court held that the appellant's actions were reasonable and proportionate under the circumstances, and that the magistrate's reliance on hindsight and failure to properly apply the objective test for negligence led to a wrongful conviction. The appeal was upheld, and both the conviction and sentence were set aside.

Court disposition

Appeal upheld; conviction and sentence set aside.

Orders

  • The appeal succeeds.
  • The conviction and sentence of the appellant are set aside.

02

Material facts

Parties

Martha Ndlovu

Appellant Counsel: B Titus

The State

Respondent Counsel: S Hinana

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that she acted in self-defence when she stabbed the deceased, who was a stronger male and had attacked her suddenly and violently, threatening her life. She contended that she used the nearest available means—a knife she had been using to prepare food—to repel the attack, and that her actions were reasonable under the circumstances. Her legal representative submitted that the magistrate failed to properly apply the principles of self-defence and the objective test for negligence, and that the conviction and sentence should be set aside.
Respondent
The respondent, represented by Advocate Hinana, argued that the magistrate erred in accepting the appellant's version and should have preferred the State's version of events. He submitted that the appellant's response was disproportionate and that she did not attempt to escape the deceased's grip before resorting to lethal force. However, the court noted that the State did not appeal the factual findings and could only appeal on points of law, rendering these submissions misplaced.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Ex parte Die Minister van Justisie: In re S v Van Wyk 1967(1) SA 488(A)

    The requirements for self-defence include that the defensive act must be necessary and proportionate to the attack, and the test for negligence is objective, measured against the standard of the reasonable person in the accused's position.

  2. 02

    S v Jackson 1963(2) SA 626(A)

    A person may kill an attacker in self-defence not only to protect their own life but also to prevent serious injury, provided there is no other means to avert the attack.

  3. 03

    S v Van As 1976(2) SA 921(A); S v Ngema 1992(2) SASV 651(D)

    The objective test for negligence requires considering what a reasonable person would have done in the accused's circumstances.

  4. 04

    S v T 1986(2) SA 112(O)

    Proportionality in self-defence must be assessed in light of the surrounding circumstances, including the relative strength of the parties, their relationship, gender, age, available means, nature of the threat, and persistence of the attack.

  5. 05

    S v Ntuli 1975(1) SA 429(A)

    Courts must adopt a robust approach in applying self-defence, not seeking to measure with intellectual precision the bounds of legitimate defence or foreseeability of death.

  6. 06

    S v Sataardien 1998(1) SASV 637(K)

    The court should avoid ex post facto analysis and must consider the accused's subjective belief in the threat to life.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the magistrate erred in concluding that the appellant's defensive act was disproportionate to the attack. The appellant, a woman, was attacked suddenly and violently by a stronger man who threatened her life. She used the nearest available means—a knife—to defend herself, inflicting a single fatal wound. The court held that the appellant's actions were reasonable and proportionate under the circumstances, and that the magistrate's reliance on hindsight and failure to properly apply the objective test for negligence led to a wrongful conviction. The appeal was upheld, and both the conviction and sentence were set aside.

Obiter and limits

  • The court emphasized that proportionality in self-defence cannot be determined theoretically but must be assessed on the facts of each case.
  • The court criticized the magistrate's ex post facto approach and stressed the importance of considering the accused's subjective fear for her life.
  • The State's submissions regarding the factual findings were misplaced, as no appeal on facts was lodged by the State.

Court disposition

Appeal upheld; conviction and sentence set aside.

  • The appeal succeeds.
  • The conviction and sentence of the appellant are set aside.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2002] ZANCHC 5

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

Saakno: CA & R 162/01

Datum verhoor: 11/03/2002

Datum gelewer: 11/03/2002

In die appél van:

MARTHA

NDLOVU APPELLANT

versus

DIE

STAAT RESPONDENT

Coram: VAN DER WALT R et

MAJIEDT

R

KONSEP EX TEMPORE UITSPRAAK OP APPéL

MAJIEDT R:

Die Appellant het tereg gestaan op ‘n aanklag van moord. Sy is skuldig bevind aan strafbare manslag en gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar opgeskort is vir ‘n periode van vyf jaar op voorwaarde dat die Appellant nie weer skuldig bevind word aan strafbare manslag gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie. Die Appellant kom nou in hoër beroep teen beide die skuldigbevinding en vonnis.

Die ten laste gelegde misdryf is na bewering gepleeg op 12 Desember 1999 toe die Appellant na bewering wederregtelik en opsetlik die oorledene gedood het deur hom met ‘n mes te steek. Die Appellant was regsverteenwoordig tydens die verhoor deur mnr Titus wat ook vir haar verskyn het in die appél voor ons. Namens haar is ingevolge die bepalings vervat in art 115 van die Strafproseswet ‘n pleitverduideliking aangebied tot dien effekte dat sy ‘n verweer van noodweer opwerp. Sekere formele erkennings ten aansien van die identiteit van die oorledene en die korrektheid van die lykskouingsverslag is ook deur haar erken by monde van haar regsverteenwoordiger.

In sy uitspraak het die landdros bevind dat hy nie op die Staat se weergawe ‘n bevinding kon maak nie en is die Appellant inderdaad op haar eie weergawe skuldig bevind aan strafbare manslag. Die Staat, by monde van mnr Hinana voor ons, het die verrassende houding ingeneem dat die landdros gefouteer het in hierdie voormelde bevinding en voer mnr Hinana aan dat die landdros inderdaad gefouteer het in dié opsig en dat die Staat se weergawe aanvaar moes gewees het. Meneer Hinana versoek dat ons op appél die Staat se weergawe aanvaar en dié van die Appellant verwerp. Daar is voor ons geen appél van die kant van die Staat ingevolge die bepalings vervat in art 310 van die Strafproseswet nie. Ingevolge daardie artikel mag die Staat in elk geval slegs appelleer ten aansien van regsaspekte en nie feitebevindinge nie. Meneer Hinana se submissies is derhalwe heeltemal misplaas en is daar geen basis waarop ons kan voldoen aan sy versoek dat die landdros se bevindinge in dié verband omvergewerp word nie. Gevolglik moet hierdie appél benader word op die basis dat oorweging daaraan geskenk moet word of die landdros korrek was al dan nie in sy bevinding dat die Appellant op haar eie weergawe skuldig is aan strafbare manslag deurdat sy nalatig opgetree het.

Die Appellant se weergawe onder eed a quo was dat sy en die oorledene mekaar die oggend van 12 Desember 1999 raakgeloop het by welke geleentheid die oorledene versoek het om op sy vrou se rekening drank op krediet te koop by haar. Die Appellant bedryf ‘n drankhuis. Die Appellant het dié versoek van die oorledene van die hand gewys waarop die oorledene haar gevloek en beledig het. Later daardie selfde aand het sy gehoor dat die oorledene moeilikheid maak by die drankhuis en ene Douglas, ‘n sekuriteitswerker by die drankhuis, het die oorledene by die perseel uitgesit. Volgens die Appellant het sy toe besig geraak met die voorbereiding van kos en was om omstreeks 20:00 in haar kombuis besig om groente te skil toe sy eensklaps van agter deur ‘n persoon om die nek vasgegryp en verwurg is. Sy het gespook om los te kom en geskree dat die persoon haar moet los. Sy het daarin geslaag om van sy greep te ontkom, het omgedraai en opgemerk dat dit die oorledene is. Die oorledene het haar weer met die regterhand van voor aan haar keel gegryp en haar gewurg en gesê dat hy haar sou doodmaak. Sy het na agter op ‘n rak gevoel en ‘n mes in die hande gekry wat sy vroeër gebruik het om mee groente te skil en die oorledene een keer daarmee gesteek. Dié steekhou was in die oorledene se nek en het geblyk uiteindelik die fatale wond te wees.

Die landdros het die Staatsgetuies se weergawe verwerp soos ek alreeds aangedui het en het toe voortgegaan om die Appellant se verweer van noodweer noukeurig te evalueer. Hy het veral aandag geskenk aan die vereistes waaraan die afweershandeling by noodweer moet voldoen. Die landdros het voor oë gehou dat die toets ten aansien van nalatigheid ‘n objektiewe toets is gemeet aan die maatstaf van die redelike man. Die landdros het toe tot die slotsom gekom dat die Appellant die perke van noodweer oorskry het deurdat sy geen pogings aangewend het om van die oorledene se greep te ontstnap nie en bloot ‘n mes gegryp het en die oorledene op ‘n uiters gevaarlike plek, te wete sy nek, gesteek het. Hy het daarop klem gelê dat die oorledene nooit enige wapens in sy besit gehad het nie.

Uit die voorafgaande is dit dus duidelik dat die primêre geskilpunt wat bereg moet word op appél die landdros se benadering ten aansien van die afweershandeling van die Appellant is. Dit is amper vanselfsprekend dat daar eweredigheid moet wees wat betref die graad van die aanval teenoor die graad van die afweershandeling. Ten einde te bepaal wat sodanige eweredigheid moet wees, kan nie teoreties geformuleer word nie en sal uiteraard in die praktyk afhang van die feite van elke bepaalde saak. Soos aangedui in die toonaangewende beslissing in ons reg ten aansien van noodweer te wete Ex parte Die Minister van Justisie: In re S vs Van Wyk 1967(1) SA 488(A), is daar gevalle waar ‘n aangevallene sy/haar aanvaller kan dood ter beskerming van sy/haar besittings. Eweneens kan ‘n aangevallene sy/haar aanvaller in noodweer dood, nie net ter beskerming van sy/haar eie lewe nie, maar ook om te voorkom dat hy/sy ernstige beserings toegedien word, mits die aangevallene natuurlik in die omstandighede geen ander wyse het om die aanval af te weer nie. Sien in dié verband:

S v Jackson 1963(2) SA 626(A) te 629 C-D.

Die toets by nalatigheid, te wete die redelike man maatstaf moet natuurlik toegepas word as wat die redelike man sou doen in die posisie waarin die betrokke beskuldigde in elke geval verkeer het.

Sien: S v Van As 1976(2) SA 921(A) te 929;

S v Ngema 1992(2) SASV 651(D) te 656 i.

Toegepas op die feite in die onderhawige geval moet na my mening die volgende nie buite die oog verloor word nie:

Die Appellant is ‘n vrouepersoon en haar aanvaller, die oorledene, ‘n manspersoon wat ook op die getuienis op die oorkonde groter en aansienlik sterker was as sy;

Die aanval het eensklaps en sonder vooraf waarskuwing plaasgevind;

Die Appellant is van agter aangeval deur die oorledene wat haar om die nek beetgekry het met sy arm;

Die landdros het in sy uitspraak, heeltemal tereg na my mening, die Appellant se getuienis aanvaar dat sy die mes waarmee sy vroeër groente geskil het, gegryp het om die aanval af te weer;

Die Appellant het aanvanklik met die eerste aanval haarself probeer losruk uit die oorledene se greep, waarin sy geslaag het en is toe onmiddellik daarna weer van voor af verwurg;

Die Appellant se getuienis dat sy gevrees het vir haar lewe en dat die oorledene inderdaad gesê het dat hy haar gaan doodmaak is deur die landdros aanvaar.

Wanneer oorweeg word of ‘n afweershandeling in ‘n redelike verhouding tot die aanval gestaan het, moet daar gekyk word na die omringende omstandighede, ondermeer die relatiewe sterkte van die partye, hulle verhouding tot mekaar, hulle geslag, ouderdom, die middele tot hul beskikking, die aard van die dreigement, die waarde van die bedreigde belang en die hardnekkigheid van die aanval.

Sien:

S v T 1986(2) SA 112(O) te 129.

Wanneer hierdie kriteria toegepas word op die afweershandeling in casu, is ek die mening toegedaan dat die landdros gefouteer het deur te bevind dat die Appellant se afweershandeling oneweredig was in verhouding tot die aanval op haar. Per slot van sake was hier ‘n groter, sterker manspersoon wat ‘n hardnekkige aanval uit die bloute geloods het, tot dié mate dat sy subjektief geglo het dat haar lewe in gevaar is. Sy het voortgegaan om die naaste en geskikste middel tot haar beskikking, te wete die mes waarmee sy groente geskil het, aan te wend om die aanval af te weer. Van belang verder is dat sy slegs een steekwond toegedien het wat weliswaar fatale gevolge gehad het.

Na my mening het die landdros die fout gemaak om ‘n leunstoelbenadering aan te wend met sy ex post facto-nabetragting van die gebeure. In dié verband is die opmerkings van Holmes AR in S v Ntuli 1975(1) SA 429(A) te 437 van toepassing:

“In applying these formulations to the flesh-and-blood facts, the Court adopts a robust approach, not seeking to measure with nice intellectual calipers the precise bounds of legitimate self-defence or the foreseeability or foresight of resultant death.”

Sien verder ook: S v Sataardien 1998(1) SASV 637(K) te 644.

In die omstandighede en vir die redes voormeld sou ek derhalwe die appél laat slaag en die Appellant se skuldigbevinding en vonnis ter syde stel.

___

SA MAJIEDT

REGTER

Ek stem saam:

____

JC VAN DER WALT

VERSKYNING NAMENS APPELLANT: MNR B TITUS

VERSKYNING NAMENS RESPONDENT: ADVOKAAT S HINANA

DATUM VAN VERHOOR: 11/3/02

DATUM VAN UITSPRAAK: 11/3/02

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Ex parte Die Minister van Justisie: In re S v Van Wyk 1967(1) SA 488(A)

Case cited

S v Jackson 1963(2) SA 626(A)

Case cited

S v Van As 1976(2) SA 921(A)

Case cited

S v Ngema 1992(2) SASV 651(D)

Case cited

S v T 1986(2) SA 112(O)

Case cited

S v Ntuli 1975(1) SA 429(A)

Case cited

S v Sataardien 1998(1) SASV 637(K)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.